Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 3 gegewensblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 







View all



Physical Sciences P1 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Physical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Physical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 22
- File size
- 661.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 22
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
die ANTWOORDEBOEK neer.
2. Hierdie vraestel bestaan uit 10 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
7. Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.
8. Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.
9. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
10. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
11. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (AD)
langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 E.
1.1 'n Konstante netto krag word op 'n blok toegepas. Watter EEN van die
volgende stellings is KORREK?
Die blok sal met 'n … beweeg.
A konstante snelheid
B konstante versnelling
C konstant toenemende versnelling
D konstant afnemende versnelling (2)
1.2 'n Krat met massa m is stilstaande op 'n skuinsvlak, wat 'n hoek van θ met die
horisontaal maak.
m
θ
Watter EEN van die volgende stellings oor die grootte van die wrywingskrag
wat op die krat inwerk, is KORREK?
Die grootte van die wrywingskrag wat op die krat inwerk, is …
A gelyk aan die komponent van die gewig van die krat wat parallel aan die
skuinsvlak is.
B groter as die komponent van die gewig van die krat wat parallel aan die
skuinsvlak is.
C gelyk aan die komponent van die gewig van die krat wat loodreg op die
skuinsvlak is.
D groter as die komponent van die gewig van die krat wat loodreg op die
skuinsvlak is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2023
NSS
1.3 'n Bal word vertikaal opwaarts vanaf die boonste rand van 'n gebou
geprojekteer. Punte P, Q, R en S stel verskillende posisies tydens die
beweging van die bal voor, soos in die diagram hieronder getoon.
Q
P R
S
Grond
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
Tussen watter twee punte sal die bal die grootste verandering in kinetiese
energie ondergaan?
A P en S
B P en R
C R en S
D Q en S (2)
1.4 'n Bal word vanaf hoogte h laat val en tref die vloer met momentum p. Die bal
word daarna vanaf hoogte ½h laat val.
h
½h
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
Watter EEN van die volgende verteenwoordig die momentum van die bal
wanneer dit die vloer tref nadat dit vanaf hoogte ½h laat val is?
A p
1
B p
2
1
C p
2
D 2p (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2023
NSS
1.5 'n Boks beweeg op 'n horisontale oppervlak. Die diagram hieronder toon al
die kragte wat op die boks inwerk.
P Q
S
R
Watter EEN van die volgende kombinasies van kragte verrig arbeid op die
boks?
A Slegs P en R
B Slegs Q en S
C Slegs Q, R en S
D P, Q, R en S (2)
1.6 'n Trein wat teen 'n konstante snelheid na 'n stilstaande luisteraar beweeg,
stel klankgolwe met 'n konstante frekwensie vry.
Watter EEN van die volgende stellings oor die waargenome klankgolwe deur
die luisteraar is KORREK?
Die waargenome ...
A frekwensie is hoër as die vrygestelde frekwensie.
B golflengte is langer as die vrygestelde golflengte.
C frekwensie is laer as die vrygestelde frekwensie.
D golflengte is gelyk aan die vrygestelde golflengte. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2023
NSS
1.7 Verwys na die diagram hieronder.
Q en R is klein sfere wat aan ligte, geïsoleerde toutjies hang.
Wanneer 'n negatief gelaaide staaf naby aan sfeer Q gebring word, word
sfeer Q afgestoot. Wanneer die negatief gelaaide staaf naby aan sfeer R
gebring word, word sfeer R aangetrek.
- - - -
- Q - R
Watter EEN van die kombinasies hieronder kan moontlik wees vir die aard
van die ladings op sfere Q en R?
AARD VAN LADING AARD VAN LADING
OP SFEER Q OP SFEER R
A Negatief Negatief
B Positief Neutraal
C Neutraal Positief
D Negatief Neutraal (2)
1.8 Vier voltmeters, V1, V2, V3 en V4, word in 'n stroombaan verbind, soos in die
diagram hieronder getoon.
V1
ε
R V2
V4 A
S
V3
Watter voltmeter(s) sal dieselfde lesing as voltmeter V1 hê wanneer die
skakelaar oop is?
A Slegs V2
B Slegs V3
C Slegs V4
D V2 en V4 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2023
NSS
1.9 'n Splitringkommutator verbind die spoel van 'n generator met 'n eksterne
stroombaan.
Watter EEN van die kombinasies hieronder is KORREK vir die grootte en
rigting van die geïnduseerde stroom in die eksterne stroombaan?
GROOTTE VAN RIGTING VAN
GEÏNDUSEERDE STROOM GEÏNDUSEERDE STROOM
A Konstant Konstant
B Konstant Verander
C Verander Konstant
D Verander Verander (2)
1.10 Lig met 'n geskikte frekwensie word op die oppervlak van 'n metaal geskyn en
elektrone word vanaf die metaal vrygestel.
Watter EEN van die volgende is gelyk aan die verhouding van die
arbeidsfunksie tot die drumpelfrekwensie van die metaal?
A Planck se konstante
B Die omgekeerde van Planck se konstante
C Die energie van die invallende fotone
D Die maksimum kinetiese energie van die vrygestelde elektrone (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee blokke, A, met 'n massa van 4 kg, en B, met 'n massa van 9 kg, word met 'n
ligte, onrekbare toutjie verbind. Die blokke word in rus gehou op 'n skuinsvlak wat 'n
hoek van 35º met die horisontaal maak.
'n Konstante krag, F, parallel met die skuinsvlak, word op blok B toegepas, soos in die
diagram hieronder getoon. Die blokke versnel nou teen 2 m·s-2 die skuinsvlak op.
F
Blok B
9 kg
toutjie
Blok A
4 kg
35º
2.1 Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde. (2)
Die kinetiese wrywingskragte wat op blok A en B inwerk, is onderskeidelik 5,88 N en
13,23 N.
2.2 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) wat al die
kragte wat op blok A inwerk, toon. (4)
2.3 Bereken die grootte van:
2.3.1 Die spanning in die toutjie (4)
2.3.2 Krag F (3)
2.4 Die hoek wat die skuinsvlak met die horisontaal maak, word nou verminder.
2.4.1 Hoe sal dit die kinetiese wrywingskrag wat op blok A inwerk,
verander? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE. (1)
2.4.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 2.4.1. (2)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Bal met 'n massa van 0,5 kg word vertikaal opwaarts vanaf die boonste rand van 'n
gebou, wat 15,3 m hoog is, gegooi. Die bal bereik 'n maksimum hoogte van 5,89 m bo
die bokant van die gebou. Die bal tref die grond en hop vertikaal opwaarts en bereik 'n
maksimum hoogte by punt P, soos in die diagram hieronder getoon.
5,89 m
P
15,3 m
Grond
Ignoreer die effekte van lugweerstand.
3.1 Definieer die term vryval. (2)
3.2 Deur slegs BEWEGINGSVERGELYKINGS te gebruik, bereken die spoed
waarteen die bal opwaarts geprojekteer is. (3)
3.3 Na die botsing met die grond verlaat die bal die grond met 'n spoed van
11,92 m·s-1.
Bereken die:
3.3.1 Hoeveelheid kinetiese energie wat die bal gedurende die botsing
met die grond verloor het (5)
3.3.2 Tyd wat die bal neem om punt P te bereik nadat dit die grond
verlaat het (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2023
NSS
3.4 Die snelheid-tyd-grafiek vir die beweging van die bal vanaf die oomblik dat dit
vanaf die boonste rand van die gebou opwaarts geprojekteer word tot die tyd
wat dit punt P bereik, word hieronder getoon.
K
Snelheid (m·s-1)
L
0 t2
t1 Tyd (s)
Skryf die numeriese waardes neer wat deur ELK van die volgende aangedui
word:
3.4.1 K (1)
3.4.2 L (1)
3.4.3 t2 t1 (1)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Houttrollie, met 'n massa van 2,7 kg, beweeg na links met 'n konstante snelheid van
3 m∙s-1. 'n Koeël met 'n massa van 0,03 kg word horisontaal van links af na die trollie
afgevuur. (Sien DIAGRAM 1.)
Die koeël tref die trollie en kom in 0,02 s binne-in die trollie tot rus. Die gemiddelde
netto krag wat in hierdie tyd deur die trollie op die koeël uitgeoefen word, is 591 N.
Die koeël-trollie-kombinasie beweeg nou na regs. (Sien DIAGRAM 2.)
Voor botsing Na botsing
3 m∙s-1
2,7 kg
0,03 kg-koeël
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
Ignoreer alle wrywings- en rotasie-effekte.
4.1 Skryf die grootte en rigting neer van die gemiddelde netto krag wat die koeël
op die trollie uitoefen. (1)
4.2 Bereken die grootte van die snelheid waarteen die koeël die trollie tref. (4)
4.3 Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde. (2)
4.4 Bereken die grootte van die snelheid van die koeël-trollie-kombinasie ná die
botsing. (4)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Leerders voer 'n eksperiment uit om te bepaal hoe die aanvanklike kinetiese energie
wat aan 'n trollie gegee word, die afstand wat die trollie op 'n ruwe, horisontale
oppervlak beweeg, beïnvloed. 'n Leerder stoot 'n trollie met onbekende massa totdat
dit punt A met kinetiese energie EkA bereik. Die horisontale afstand (Δx) wat die trollie
aflê voordat dit tot rus kom, word dan gemeet. Sien die diagram hieronder.
Trollie
∆x
A
Die eksperiment word herhaal met die trollie op dieselfde ruwe horisontale oppervlak,
maar met verskillende aanvanklike kinetiese energieë by punt A.
Die resultate wat verkry is, word in die grafiek hieronder getoon.
4,5
Afstand afgelê, Δx (m)
3,0
1,5
0 6 12 18
Aanvanklike kinetiese energie, EkA (J)
Ignoreer die rotasie-effekte van die trollie se wiele.
5.1 Teken 'n benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) wat al die
kragte toon wat op die trollie inwerk nadat dit by punt A verby beweeg het. (3)
5.2 Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie eksperiment. (1)
5.3 Stel die arbeid-energie-stelling in woorde. (2)
5.4 Bereken die massa van die trollie indien die kinetiese wrywingskoëffisiënt
tussen die wiele van die trollie en die ruwe horisontale oppervlak 0,18 is. (6)
[12]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
6.1 'n Ambulans beweeg met 'n konstante snelheid van 25 m∙s-1 weg van 'n
stilstaande luisteraar. Die sirene van die ambulans stel klankgolwe teen 'n
frekwensie van 550 Hz vry. Die luisteraar neem die frekwensie van hierdie
klankgolwe as 512,64 Hz waar.
Ignoreer die effekte van wind.
6.1.1 Stel die Doppler-effek in woorde. (2)
6.1.2 Gebruik die gegewe inligting om die spoed van klank in lug te
bereken. (5)
6.1.3 Indien die ambulans met 'n konstante snelheid wat groter is as
25 m∙s-1 van die stilstaande luisteraar wegbeweeg, hoe sal ELK
van die volgende verander? Kies uit TOENEEM, AFNEEM of BLY
DIESELFDE.
(a) Die spoed van klank in lug (1)
(b) Die frekwensie van die klankgolwe wat deur die sirene
vrygestel word (1)
(c) Die frekwensie van die klankgolwe wat deur die luisteraar
waargeneem word (1)
6.2 Die spektrum van 'n verafgeleë ster, soos vanaf die Aarde waargeneem, het
rooiverskuiwing ondergaan.
6.2.1 Beweeg die ster WEG VAN of NA die Aarde? (1)
6.2.2 Gebruik die Doppler-effek om die antwoord op VRAAG 6.2.1 te
verduidelik. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Twee puntladings, A en B, elk met 'n lading van +3 x 10-9 C, is in rus op 'n horisontale
oppervlak. Punt P is r meter vanaf lading A en 2r meter vanaf lading B, soos in die
diagram hieronder getoon.
r 2r
+3 x 10-9 C +3 x 10-9 C
A P B
7.1 Beskryf 'n elektriese veld. (2)
7.2 Teken die resulterende elektrieseveldpatroon as gevolg van ladings A en B. (3)
Die grootte van die netto elektriese veld by punt P is 27 N·C-1.
7.3 Bereken die waarde van r. (5)
7.4 Bereken die grootte van die netto elektrostatiese krag wat 'n elektron sou
ondervind indien dit by punt P geplaas word. (3)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Die stroombaandiagram hieronder toon 'n battery met 'n emk van 12 V en 'n interne
weerstand van 0,5 Ω wat aan drie weerstande, 'n gloeilamp, 'n skakelaar, 'n ammeter
en verbindingsdrade verbind is. Die ammeter en verbindingsdrade het weglaatbare
weerstand.
r A
0,5 Ω
12 V
R1 = 10 Ω RL = 10 Ω
R2 = 10 Ω
S
R3 = 15 Ω
8.1 Stel Ohm se wet in woorde. (2)
Skakelaar S is aanvanklik GESLUIT.
8.2 Bereken die:
8.2.1 Totale eksterne weerstand van die stroombaan (5)
8.2.2 Lesing op die ammeter (3)
8.2.3 Drywing verbruik deur resistor R3 (4)
8.3 Skakelaar S word nou OOPGEMAAK.
8.3.1 Indien die weerstand van die gloeilamp konstant bly, hoe sal die
helderheid van die gloeilamp beïnvloed word? Kies uit VERHOOG,
VERLAAG of BLY DIESELFDE. (1)
8.3.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.3.1. (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 'n Vereenvoudigde diagram van 'n GS elektriese motor word hieronder
getoon.
Spoel
S N
A
9.1.1 Skryf die naam van komponent A neer. (1)
9.1.2 Stel die energie-omskakeling wat in die motor plaasvind. (1)
9.1.3 In watter rigting sal die spoel draai? Kies uit KLOKSGEWYS of
ANTIKLOKSGEWYS. (2)
9.1.4 Noem TWEE veranderinge wat aan die motor gemaak kan word
sodat die spoel vinniger sal draai. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 17 DBE/November 2023
NSS
9.2 Die stroombaandiagram hieronder toon 'n elektriese ketel en 'n broodrooster
wat aan 'n WS-bron met 'n wgk-spanning van 220 V verbind is. Die ammeter,
verbindingsdrade en skakelaars S1 en S2 het weglaatbare weerstand.
220 V
A
S1
Ketel
S2
Broodrooster
9.2.1 Definieer die term wortelgemiddeldekwadraat-stroom. (2)
9.2.2 Wanneer skakelaar S1 GESLUIT en skakelaar S2 OOP is, is die
maksimum stroom deur die stroombaan 3,6 A.
Bereken die wortelgemiddeldekwadraat-stroom in die stroombaan. (3)
9.2.3 Wanneer skakelaar S1 OOP en skakelaar S2 GESLUIT is, is die
wortelgemiddeldekwadraat-stroom in die stroombaan 2,62 A.
Bereken die energie wat in twee minute deur die broodrooster
verbruik word. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 18 DBE/November 2023
NSS
VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
10.1 Twee klein sfere, A en B, wat van suiwer sink gemaak is, is in rus 0,1 m van
mekaar op 'n houttafel. Sfeer A is negatief gelaai en is vry om op die tafel te
beweeg, terwyl sfeer B ongelaai en vas op die tafel is, soos in die diagram
hieronder getoon.
0,1 m
A B
Houttafel
Hoë-intensiteit ultraviolet lig met 'n frekwensie van 2,8 x 1016 Hz word nou
aanhoudend op sfeer B geskyn.
Die arbeidsfunksie van sink is 6,63 x 10-19 J.
10.1.1 Definieer die term arbeidsfunksie van 'n metaal. (2)
10.1.2 Verduidelik, deur 'n gepaste berekening te gebruik, waarom die
ultraviolet lig wat op sfeer B skyn, elektrone vanaf die oppervlak
van sfeer B sal vrystel. (4)
10.1.3 Sfeer A dra 'n lading van -5,4 x 10-6 C en benodig 'n minimum krag
van 0,027 N om uit rus te beweeg.
Bereken die minimum aantal fotone van ultraviolet lig wat sfeer B
moet tref wat sal veroorsaak dat sfeer A vanuit sy rusposisie
beweeg. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 19 DBE/November 2023
NSS
10.2 'n Straal wit lig word deur 'n koue gas geskyn. Die lig wat uitkom, ondergaan
dispersie en 'n lynspektrum word op 'n skerm waargeneem.
10.2.1 Noem die tipe lynspektrum wat waargeneem word. (1)
10.2.2 Beskryf die spektrum waarna in VRAAG 10.2.1 verwys word. (2)
10.2.3 Die diagramme hieronder toon sommige moontlike energie-
oorgange wat deur atome gemaak word.
Watter EEN van die diagramme sou die soort spektrum tot gevolg
hê wat in VRAAG 10.2.1 waargeneem is? Kies uit DIAGRAM A of
DIAGRAM B.
DIAGRAM A DIAGRAM B
Toenemende energie Toenemende energie
E3 E3
E2 E2
E1 E1
E0 E0 (2)
[17]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 1 DBE/November 2023
NSS
DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 12
PAPER 1 (PHYSICS)
GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
VRAESTEL 1 (FISIKA)
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
NAME/NAAM SYMBOL/SIMBOOL VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
g 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Universal gravitational constant
G 6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Universele gravitasiekonstante
Radius of the Earth
RE 6,38 x 106 m
Radius van die Aarde
Mass of the Earth
ME 5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde
Speed of light in a vacuum
c 3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
h 6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Coulomb's constant
k 9,0 x 109 N·m2·C-2
Coulomb se konstante
Charge on electron
e -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
me 9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2023
NSS
TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING
v f vi a t Δx v i Δt 21 at 2 or/of Δy v i Δt 21 at 2
v vf v vf
v 2f v i2 2a Δx or/of v 2f v i2 2a Δy Δx i Δt or/of Δy i Δt
2 2
FORCE/KRAG
Fnet ma p mv
fs
max
μsN fk μkN
Fnet Δt Δp
w mg
Δp mv f - mvi
m1m2 m1m2 M M
F G or/of FG gG or/of gG 2
d2 r2 d2 r
WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W = FΔxcos U mgh or/of EP mgh
Wnet ΔK or/of Wnet Ek
2 2
K = ½mv or/of Ek = ½mv
K K f K i or/of Ek Ekf Eki
W
Wnc K U or/of Wnc ΔE k ΔE p P
Δt
Pave = Fvave / Pgemid = Fvgemid
WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
1
v fλ T
f
v vL v vL
fL fs fL fb hc
v vs / v vb E hf or/of E
λ
E Wo Ek(maks) or/of E Wo Kmaks where/waar
1 1
E hf and/en Wo hfo and/en Ek(maks) 2
mvmaks or/of K maks 2
mvmaks
2 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2023
NSS
ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
kQ1Q 2 kQ
F E
r2 r2
W F
V E
q q
Q Q
n or/of n=
e qe
ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
V emf ( ε ) = I(R + r)
R
I emk ( ε ) = I(R + r)
Rs R1 R2 ...
1
1
1
.. . q = IΔt
Rp R1 R 2
W = Vq W
P
Δt
W = VIΔt
P = VI
W = I2RΔt
P = I2R
V Δt
2
W= V2
R P
R
ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM
Pave Vrms Irms / Pgemid Vwgk I wgk
Imax I maks
Irms / I wgk
2 2 Pave Irms
2
R / Pgemid I 2wgk R
Vmax Vmaks
Vrms / Vwgk 2
Vrms
2
Vwgk
2 2 Pave / Pgemid
R R
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
PHYSICAL SC P2 QP GR12 SEPTEMBER 2025 AFR1_watermark.pdf

Question paper
Physics-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-Gauteng.pdf

Question paper
Physics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-KZN.pdf

Question paper
Physical-Sciences-Physics-Grade-12-PS01-QP-March-2025-Limpopo.pdf
Question paper
Physics-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Limpopo.pdf
Question paper
Physical-Sciences-Physics-Grade-12-NSC-QP-P1-May-June-2025-Mpumalanga.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Physical Sciences P2 Nov 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2023_Afrikaans.pdf

Question paper
PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2023_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023_Xhosa_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Physical Sciences P1 Nov 2014 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Physical Sciences P1 Nov 2014 Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Physical Sciences
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Pysical Sciences P2 Memo AfrEng_watermark.pdf

Memorandum
Physical-Sciences-Physics-Grade-12-NSC-MEMO-P1-May-June-2025-Limpopo.pdf

Memorandum
Physical-Sciences-Physics-Grade-12-NSC-MEMO-March-2025-Mpumalanga.pdf
Question paper
Physical-Sciences-Physics-Grade-12-NSC-QP-March-2025-Mpumalanga.pdf

Question paper
Physics-Grade-12-NSC-P2-QP-September-2025-North-West.pdf

Errata