Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220174 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 1 Lees die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste het ten doel om die regte van die individu en die regte van die gemeenskap te balanseer. Dit is wanneer hierdie balans/ewewig versteur word dat allerhande soorte sosiale uitdagings ontstaan. Hierdie behoefte aan balans/ewewig word in die media-artikel hieronder geïllustreer. Oos-Kaapse leiers wil by Nelson Mandela se kleinseun, Inkosi Zwelivelile 'Mandla' Mandela, antwoorde hê oor waarom hy na bewering na Islam bekeer het toe hy met 'n Moslem-vrou getroud is. [Bron: www.Timeslive.co.za/Local2016/02] 1.1 Gee redes waarom Oos-Kaapse leiers nie gelukkig is oor die huwelik tussen Inkosi 'Mandla' Mandela en die Moslem-vrou nie. (10) 1.2 Wat, dink jy, sou die Inkosi sê om sy intergodsdienstige huwelik te regverdig? (20) 1.3 Kies enige EEN godsdiens en bespreek die leringe daarvan oor die regte van die individu en die regte van die gemeenskap. (20) [50] VRAAG 2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Dit is waar dat daar in die meeste godsdienste verskillende vertolkings van oortuigings bestaan. Die gevolg is groot verskille wat soms op die vorming van stromings of takke en ander afdelings uitloop, byvoorbeeld verskillende kerkverbande in die Christelike godsdiens. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 2.1 Kies EEN godsdiens en bespreek die interne verskille onder die volgende opskrifte: 2.1.1 Interne verskille ten opsigte van oortuigings (18) 2.1.2 Interne verskille ten opsigte van bestuur/leiding/beheer (18) 2.2 Met verwysing na die sentrale leringe van enige EEN godsdiens, bespreek die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld. (14) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 3 3.1 Bespreek die belangrikheid van die volgende in die konteks van godsdiens: 3.1.1 Inspirasie (10) 3.1.2 Mondelinge tradisie (10) 3.2 Vergelyk die rol wat godsdienstige leringe in die Abrahamitiese godsdienste speel met die rol wat godsdienstige leringe in die Oosterse godsdienste speel. (14) 3.3 Noem VIER hermeneutiese beginsels en verduidelik ELKEEN. (16) [50] VRAAG 4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wetenskaplikes verwys na die poging om die evolusie van die heelal te verstaan as 'kosmologie'. Deesdae is die gewildste wetenskaplike teorie oor die heelal die sogenoemde Oerknalteorie. [Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12] 4.1 Skryf SEWE feite oor die Oerknalteorie. (14) 4.2 Verduidelik waarom sommige godsdienste Darwin se evolusieleer verwerp het. (22) 4.3 Bespreek Boeddhisme se standpunte oor die evolusieleer. (14) [50] VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wanneer mense aktief sekulêr word, vind hulle dat hulle 'n teorie van hulle eie moet voortbring, soms om godsdiens te vervang. [Aangepas uit Religion Studies, Grade 12, Steyn] 5.1 Verduidelik die term sekulêre humanisme met verwysing na die stelling hierbo. (10) 5.2 Bespreek die historiese oorsprong van Westerse sekulêre humanisme. (20) 5.3 Beskryf enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en noem of jy met die leringe saamstem of nie. Gee redes vir jou antwoord. (20) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all