Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo

MemorandumReligion StudiesGrade 12201713 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 FEBRUARIE/MAART 2017 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 B (1) 1.1.2 B (1) 1.1.3 C (1) 1.1.4 D (1) 1.1.5 D (1) 1.1.6 A (1) 1.1.7 C (1) 1.1.8 D (1) 1.1.9 B (1) 1.1.10 C (1) 1.2 1.2.1 Iran (1) 1.2.2 Drie mandjies (wysheid) (1) 1.2.3 Martin Luther (1) 1.2.4 Jin en Jang (1) 1.2.5 Halakhah (1) 1.3 1.3.1 Tanag – is 'n heilige boek vir Judaïsme. (2) 1.3.2 Abu Bakr – was die Profeet Mohammed se skoonvader. Hy was Mohammed se opvolger/die eerste kalief. (2) 1.3.3 Nirvana – 'n toestand van perfekte geluk en vrede in Boeddhisme. (2) 1.3.4 Sanskrit – 'n antieke taal van die Verre Ooste. (2) 1.3.5 Jesus – die stigter van Christenskap. (2) 1.4 1.4.1 Die bekendste Bodhisattva is Dalai Lama. (2) 1.4.2 Die Sjia heilige altaar van Karbala is in Irak. (2) 1.4.3 Die langste heldedig in Hindoeïsme is die Mahabharata. (2) 1.4.4 Die tasbare uitdrukking van die mondelinge Tora is Talmoed. (2) 1.4.5 Die hoogste strewe van Boeddhistiese praktyk is Nirvana. (2) 1.5 1.5.1 E (1) 1.5.2 D (1) 1.5.3 F (1) 1.5.4 B (1) 1.5.5 A (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 1.6 1.6.1 • Zen is 'n tak van Mahanyana-Boeddhisme wat op meditasie klem lê. • Zen-praktisyns mediteer om verligting/geestelike ontwikkeling te bereik. • Zen-Boeddhisme glo dat daar 'n gesagslyn is wat na Boeddha terugloop. (2) 1.6.2 • 'n Beginsel/Leerstelling/Doktrine/Leerstuk of stelsel soos deur 'n gesamentlike godsdienstige gesag bepaal/voorgeskryf. • Kom van die Griekse woord 'dogma' wat oorspronklik 'voorkoms' of 'opinie/mening' beteken het. • Verwys na enige stel oortuiginge wat as absoluut waar en vasgestel beskou word. (2) 1.6.3 • Die stigter van die Bahá'i-geloof. • Hy was 'n Persiese edelman en 'n profeet. (2) 1.6.4 • Die toeskrywing van menslike eienskappe aan die goddelike. • Wanneer van iets wat nie menslik is nie, gepraat word asof dit menslik is. • Voorbeeld: Wanneer daar van die 'stem' van God gepraat word. (2) 1.6.5 • Die herlewing/wedergeboorte van 'n siel in 'n nuwe liggaam. • Die Hindoe/Boeddhistiese geloof/oortuiging dat wesens oor en oor in 'n nuwe lewe gebore word. (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum AFDELING B LET WEL: In hierdie afdeling tel elke feit TWEE punte. VRAAG 2 2.1 2.1.1 • Almal word deur Allah geskep. • Daarom is ons almal deel van die familie, maak nie saak wat ons glo nie, en ons moet mekaar soos broers en susters behandel. • Die mensdom het 'n gemeenskaplike vader – Adam. • Dit is die fondasie van menslikheid/mensdom in Islam. • Mense word in stamme en rassegroepe gebore, sodat hulle mekaar sal herken, nie sodat hulle mekaar kan verag nie. • 'Daar is geen dwang/verpligting in Islam nie.' • Islam verwerp bekering onder dwang of deur verpligting. • Islamitiese verdraagsaamheid sluit ook alle opregte gelowiges in alle godsdienste in. Solank mense eerlik, geduldig en nederig is en kuis, goedhartig, barmhartig en regverdig lewe sal Allah vergewensgesind wees en hulle beloon. • Wanneer daar verskille is, moet mense op 'n basis van gemeenskaplike respek en welwillendheid met mekaar omgaan. • Die Boeddhistiese etiek is om geen lewende wesens kwaad aan te doen nie, mense ingesluit. • Boeddhisme gebruik nie oorlog om hulle boodskap te versprei nie. • Boeddhisme gebruik die mag van logika en voorbeelde om mense te wys dat hulle sosiaal harmonieuse lewens kan leef waarin hulle in hulleself vrede ervaar. • Daar moet verdraagsaamheid en aanvaarding van mense wees net soos hulle is: dit is fundamenteel tot Boeddhisme. • Jy mag nie doodmaak nie. • Hierdie Bybelse gebod maak menselewens heilig. • 'n Ander mens mag nie doodgemaak word nie, behalwe in selfverdediging. • Dit verwys ook na die beskerming van die ongebore kind, soos in Katolisisme waargeneem. (18) 2.1.2 • Respek is die waardering van ander mense se oortuigings en praktyke. • Verdraagsaamheid beteken om 'n ander persoon se oortuigings en praktyke te verstaan en te respekteer, al stem jy nie daarmee saam nie. (4) 2.1.3 • In die Westerse kultuur moet almal net een godsdiens hê. • Godsdienstige verdraagsaamheid beteken om mense toe te laat om van een godsdiens na 'n ander een te verander (bekering). • In die Oosterse kultuur beteken godsdienstige verdraagsaam- heid dat 'n mens terselfdertyd 'n aanhanger van verskeie godsdienste kan wees. • Mense word nie gedwing om te bekeer nie. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 2.2 2.2.1 • Dit verwys na kenmerke wat verskillende godsdienste in gemeen het. • In Christenskap en Afrika Tradisionele Godsdiens erken beide die bestaan van 'n bonatuurlike wese. (Opperwese). (4) 2.2.2 • Godsdienstige identiteit is 'n vorm van self-identifikasie. • Dit verwys na 'n sekere individualiteit wat die spesifieke godsdiens van ander godsdienste onderskei. • Voorbeeld: Baie Moslems glo dat hulle identiteit as Moslems 'n noodsaaklike deel van hulle 'bestaan/syn/wese' vorm en dit kom uitsluitlik by hulle voor. (4) 2.2.3 • 'n Buitelandse regering dwing hulle gesag/regering/voorskrifte op die mense van 'n ander land af. • Wanneer die buitelandse regering hulle kultuur, godsdiens en onderwys op 'n ander land afdwing. • Voorbeeld: Godsdienste het basiese, nie-onderhandelbare leringe (dogma), wat eenheid binne die godsdiens bevorder/elke godsdiens het 'n unieke kleredragkode, bv. Moslem-vroue dra die hijab. (4) 2.2.4 • Verskillende godsdienste kan ongeag hulle verskille heeltemal vreedsaam naas mekaar bestaan. • Verskillende godsdienste werk aktief saam om sekere spesifieke doelwitte in die samelewing te bereik. • Voorbeeld: Die leringe van Islam en Judaïsme dat God 'een' is/dat God 'n eenheid is; daar is geen ernstige verskille tussen hierdie godsdienste oor hierdie onderwerp nie. (4) 2.2.5 • Dit beteken dat wanneer 'n godsdiens met ander godsdienste vergelyk word, slegs godsdiens A hierdie of daardie kenmerke het. • Uniekheid in 'n spesifieke godsdiens kan 'n uitdrukking wees van hoe volgelinge hulleself in hulle eie godsdiens beskou. • Voorbeeld: Die unieke kenmerk van die Afrika Tradisionele Godsdiens is dat die voorvaders vereer word. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum VRAAG 3 3.1 3.1.1 JA: • Dekking verskil ten opsigte van tyd en gehalte van dekking. • Meer tyd word aan groot godsdienste, soos Christenskap, gegee, terwyl kleiner godsdienste glad nie dekking kry nie. • Minderheidsgodsdienste word van hoofstroommedia uitgesluit, bv. Jain, Tao. • Sommige godsdienste word selektief verteenwoordig, bv. Islam word as 'n gewelddadige godsdiens getoon, met optogte en terroristeaanvalle wat maksimum dekking kry. • Boeddhisme word as 'n godsdiens van vrede uitgebeeld; die Dalai Lama kry positiewe dekking en so ook Boeddhistiese monnike. • Godsdienste word erg gestereotipeer, party op positiewe wyse, ander op negatiewe wyse. • Minderheidsgodsdienste kry positiewe dekking. • Christenskap kry die meeste dekking. • Internasionale besoeke deur die Pous kry volledige dekking, waar ander godsdienstige leiers skaars genoem word. • Die media is ook stil (of dit word as onbelangrik afgemaak) oor party godsdienstige kwessies. • Die etniese suiwering van Myanmar se Rohigya Moslems deur Boeddhiste word selde genoem. • Die opkoms van Hindoe-fundamentalisme in Indië word grootliks geïgnoreer, terwyl fundamentalisme in Christenskap en Islam altyd beklemtoon word. NEE: • Die openbare uitsaaier gee gelyke dekking aan alle groot godsdienste. • Die oggendgebed op TV word op 'n rotasiewyse deur verskillende godsdienste aangebied. • Daar is aangewese TV-kanale vir elke godsdiens, volgens gemeenskapsbehoeftes. • Die Islam-kanaal en die Rhema-kerk is twee voorbeelde hiervan. • Radiokanale bied ook 'n diens vir 'n verskeidenheid godsdienste. • Hindvani, Radio Pulpit, Radio Highway en Radio Al Ansaar is voorbeelde hiervan. • Die Internet het geen perk op die skep van webblaaie wat aan enige godsdiens gewy is nie. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 3.1.2 • Daar is politieke redes. • Godsdiens is 'n hoogs omstrede politieke kwessie. Die publiek het 'n baie sterk standpunt/houding oor godsdiens, en mediapartydigheid kan so 'n sentiment beïnvloed. • Die media floreer op sensasie aangesien dit koerante/ reklameruimte verkoop. • Hulle sal dus partydige dekking gebruik om reaksie uit te lok. • Mediadekking kan partydig wees as gevolg van onkunde oor godsdienstige sake. (8) 3.1.3 POSITIEF: • Dit is makliker om inligting oor godsdienstige kwessies, leringe en beslissings te vind. • Dit gee maklike toegang tot godsdienstige materiaal, soos preke, seminare en vergaderings. • Eensgesinde mense kan maklik idees oor godsdiens deel en uitklaar. • Godsdiens het nog altyd op gemeenskapsinteraksie gefokus en die Internet is 'n medium wat maklike toegang vir godsdienstige gemeenskappe bied. • Mense het enige tyd toegang tot podgooie, anders as in die geval van bywoning van godsdienstige funksies op vasgestelde tye. NEGATIEF: • Toegang tot godsdienstige materiaal te enige tyd beteken egter dat die bywoning van godsdienstige byeenkomste nadelig beïnvloed word. • Boonop is daar geen moderering van godsdienstige kommentaar op sosiale media nie. Enige persoon, godsdienstig of niegodsdienstig, kan kommentaar lewer. Hierdie kommentaar kan waar of onwaar wees. • As dit onwaar is, kan dit goedgelowige mense negatief beïnvloed. • As gevolg van anonimiteit op die Internet, kan mense haatspraak plaas en godsdienstige haat aanstig/aanspoor, sonder dat hulle gearresteer word. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14) 3.2 3.2.1 • Die moskee en die katedraal is naby aan mekaar. Dit vergemaklik kulturele en godsdienstige interaksie. • Dit is 'n historiese baken. • Dit huisves die Denis Hurley-sentrum. • Die aartsbiskop het vir baie jaar by die katedraal in diens gestaan. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 3.2.2 • World Religions in Concert (2) 3.2.3 • Om eenheid, verdraagsaamheid en respek onder verskillende godsdienste aan te moedig deur 'n multigodsdienstige konsert te hou. • Om die amptelike opening van die Denis Hurley-sentrum te vier. • Om verskillende godsdienste die geleentheid te gee om hulle talente en gawes te vertoon. • Om die gehoor te vermaak. • Om die diversiteit van godsdienste te toon. (6) 3.2.4 • Die verslag is billik want dit toon die eenheid van verskillende godsdienste om een gemeenskaplike doelwit te vier. • Die verslag toon dat daar harmonie en samewerking tussen godsdienste is. • Die verslag motiveer en maak mense bewus daarvan dat daar eenheid onder godsdienste is. • Die verslag bevorder respek vir alle godsdienste deur die aktiwiteite wat deur verskillende godsdienste opgevoer word, te noem. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum VRAAG 4 4.1 JA: • Die artikel toon die poging van een godsdiens om ander godsdienste te domineer. • Hierdie tydperk is deur die Kruistogte gekenmerk, toe Christene oorloë teen Moslems en Jode gevoer het. • Die Kruistogte was Christelike militêre ekspedisies, spesifiek met die doel om Heilige Lande te herower. • Hierdie heilige oorloë is deur die kerk goedgekeur. • Christene is nie aangeval nie. • Dit was ook die tydperk van die Spaanse Inkwisisie. • Dit was 'n godsdienstige hof met die oogmerk om bekering na Christenskap af te dwing. • Dit is dus duidelik dat die konflik hoofsaaklik godsdienstig was. NEE: • Alhoewel Christene militêre aanvalle op Moslems en Jode uitgevoer het, was dit nie primêr 'n godsdienstige konflik nie. • Dit het oor politieke en ekonomiese beheer gegaan. • Die Christene se oogmerk was nie om mense te dwing om na Christenskap te bekeer nie. • Dit word geïllustreer deur die feit dat Moslems nie uit die hoofsaaklik Christen-gebiede getrek het nie. • Jode het ook voortgegaan om tussen die ander godsdienste te woon. • Dit dui daarop dat harmonieuse interaksie tussen die mense van die drie godsdienste voortgeduur het. (12) 4.2 4.2.1 Die oorsake van die konflik: VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK • Na die Tweede Wêreldoorlog het Brittanje die Balfour-verklaring uitgereik. • Dit het Palestina 'n Britse Protektoraat gemaak. • Die Palestyne is nooit oor die saak geraadpleeg nie. • Volgens die Balfour-verklaring is dele van Palestynse grond uitgesonder vir die vestiging van Europese Jode. • Jode het aanvanklik grond by Palestyne gekoop, maar later is hulle van hulle grond afgedwing. • Die Jode het in 1948 hulle onafhanklikheid van Palestina verklaar en hulle land Israel genoem. • Jode het almal saam uit Europa en Moslem-lande na die nuwe Joodse staat geëmigreer. • Moslems is gedwing om uit die land wat die Jode Israel genoem het, te vlug. • Die setlaars het spoedig grond wat aan die Palestyne behoort het, ingeneem en laasgenoemde het vlugtelinge geword. • Vandag gaan die Jode voort om nedersettings op gekonfiskeerde Palestynse grond te bou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND • Die konflik in hierdie land is intragodsdienstig. • Die konflik is tussen die Katolieke en die Protestante. • Hierdie twee groepe is albei deel van die Christelike godsdiens. • Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk. • Die bevolking is godsdienstig verdeel tussen Protestante en Katolieke. • Party Katolieke in Noord-Ierland baklei al dekades lank vir onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. • Noord-Ierland baklei ook vir eenheid met die Republiek van Ierland. • Die Protestante verset hulle daarteen. • Die gevolg is 'n lang en sporadiese burgeroorlog. (10) 4.2.2 Die mate waartoe godsdiens in die konflik betrokke is VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK • Dit is net party Jode wat daarop aanspraak maak dat die grond 'n 'Godgegewe reg' is. • Ortodokse Jode verwerp die konsep van 'n Joodse tuisland. • In hierdie geval gebruik Jode godsdiens om die bestaan van 'n Joodse tuisland te regverdig en ook om dit te verwerp. • Dit lei tot laevlak-intragodsdienstige konflik onder die Jode. • Die Israel-Palestina-konflik is egter nie godsdienstig nie, dit gaan oor grond en menseregte. VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND • Noord-Ierland is grondwetlik deel van die Verenigde Koninkryk, wat grootliks Protestants is. • Noord-Ierland se bevolking is godsdienstig verdeel tussen Protestante en Katolieke, met die Katolieke in die meerderheid. • Party Katolieke in Noord-Ierland baklei al dekades lank vir onafhanklikheid van die Protestantse Verenigde Koninkryk. • Noord-Ierland baklei ook vir eenheid met die Republiek van Ierland. • Die Protestante in beide Ierland en die Verenigde Koninkryk verset hulle teen afskeiding deur die Katolieke. • Die gevolg is 'n lang en gewelddadige intragodsdienstige burgeroorlog. • Die RIRA (Real Irish Republican Army) veg voort vir onafhanklikheid, ofskoon dit op 'n kleiner skaal is. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 4.2.3 Wat godsdienste kan doen om die konflik op te los VOORBEELD 1: ISRAEL-PALESTINA-KONFLIK • Elk van die Abrahamitiese godsdienste moet begrip en respek vir mekaar ontwikkel. • Dit sal tot verdraagsaamheid lei sodat godsdiens nie as 'n verskoning gebruik kan word om mekaar te onderdruk nie. • Hulle moet intergodsdienstige vennootskappe in die onderskeie gemeenskappe aanmoedig, omdat hulle volgens 'n godsdienstige grondslag verdeel is. • Hulle moet gesamentlike gebedsbyeenkomste hou by terreine wat vir elke godsdiens heilig is. • Godsdiens moet nooit gebruik word om die menseregte van mense van ander godsdienste te misbruik nie. VOORBEELD 2: KONFLIK IN NOORD-IERLAND • Dit is 'n intragodsdienstige konflik. • Die Katolieke en die Protestante moet die realiteit dat hulle aan een godsdiens behoort, erken. • Die twee godsdienste moet 'n organisasie vir vrede stig. • Die organisasie moet hierdie twee godsdienstakke insluit. • Die Katolieke en die Protestante moet hulle gemeenskaplike leringe en oortuigings gebruik om 'n oplossing te vind. • Die twee godsdienstige takke moet 'n taakspan stig om vreedsame onderhandelinge met politici te bevorder. (8) 4.3 VOORBEELD 1: • Pous Johannes Paulus II het in 2000 gepraat oor die noodsaaklikheid van vrede in die Midde-Ooste. • Hy was die eerste pous om uit 'n godsdienstige perspektief oor 'n politieke situasie in die openbaar te praat. • Om sy aanvaarding van ander gelowe te simboliseer, het hy die Klaagmuur/Westelike Muur in die Joodse kwartier van Jerusalem besoek. • Hy het erken dat die Heilige Land ewe heilig vir Moslems, Jode en Christene is. • In nog 'n simboliese handeling van intergodsdienstige harmonie het Pous Johannes Paulus II 'n ongekende apologie vir die Katolieke Kerk se sondes van die verlede aangeteken • Dit sluit in die ongeregverdigde geweld van die Kruistogte en die Inkwisisie. VOORBEELD 2: • Koning Goodwill Zwelithini is beide 'n Zoeloe-koning en 'n tradisionele godsdienstige leier. • Alhoewel hy 'n lid van die Anglikaanse kerk is, hou hy ook toesig oor rituele van die Afrika Tradisionele Godsdiens. Hy illustreer dat die godsdienste komplementêr is. • Hy het die Zoeloe-nasie amptelik verteenwoordig by godsdienstige byeenkomste van verskeie Christelike denominasies. • 'n Voorbeeld is sy besoeke aan die Sheme Kerk. • Nog 'n voorbeeld is sy besoek in Mei 2016 aan die Juma Masjid (moskee) in Durban, waar hy respek en verdraagsaamheid vir alle gelowe beklemtoon het. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum VRAAG 5 5.1 5.1.1 • 'n Oortuiging is wat volgelinge van 'n godsdiens glo waar is. • Dit is die elemente van 'n godsdiens wat dit saambind. • Dit hang nou saam met godsdienstige rituele. • Voorbeeld: Christene gedenk deur die Nagmaal die dood en opstanding van Jesus Christus. (6) 5.1.2 • 'n Ideologie verwys na die algemene wêreldbeskouing wat betekenis aan 'n persoon se bestaan gee. • 'n Ideologie is die breedste kategorie wat gebruik word om die oortuigings van 'n individu te beskryf. • Ideologieë is altyd aanvegbaar. • Voorbeeld: Godsdienstige ideologieë sluit wêreldgodsdienste, soos Boeddhisme en die Afrika Tradisionele Godsdiens in. • Sekulêre ideologieë sluit Kommunisme en Materialisme in. (6) 5.2 • Die Tao-te Ching is in een nag deur Lao-tzu, die legendariese stigter daarvan, geskryf. • Hy is met wit hare gebore. • Hy was vir 8 of 80 jaar in sy moeder se baarmoeder. • Volgens Tao is dit onmoontlik om godheid volledig te beskryf. • Die werking van die heelal is goddelik. • Alle dinge kom van wees/bestaan en wees/bestaan kom van nie-wees/nie- bestaan. • Volgens die Taoïs bestaan alles in die skepping uit twee soorte kragte, die Jin en die Jang. (10) 5.3 • Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede tree as bemiddelaar by samesprekings en ooreenkomste tussen groepe wat in oorlog is, op. • Dit help met versoening in gemeenskappe wat as gevolg van etniese en politieke verskille in konflik met mekaar is. • Dit organiseer 'n wêreldwye netwerk van godsdienstige vroueorganisasies en het 'n program om kinders in Afrika wat deur Vigs geaffekteer word, te help. Dit is toegewyd aan kwessies soos: • Konflik en versoening • Ontwapening en sekuriteit • Ontwikkeling en ekologie • Menseregte en verantwoordelikhede • Vrede en onderwys/onderrig/opvoeding (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS – Memorandum 5.4 • Daar was eenheid onder verskillende godsdienste en denominasies want hulle het een gemene doel gehad, naamlik om apartheid uit te roei. • Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke is in 1968 gestig sodat Christene die Nasionale Party se rassistiese vertolking van die Bybel kon teenstaan. • Die Call of Islam is in 1984 gestig. • Jews for Justice is in 1985 gestig. • Sulke organisasies het gelowige mense teen apartheid verenig. • Die Suid-Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCPR'), gelei deur mense soos Frank Chikane en Desmond Tutu, het in die 1980's en 1990's 'n betekenisvolle rol gespeel. • Godsdienstige organisasies was verbind daartoe om die morele verantwoordelikheid in gemeenskappe hoog te hou en om die mense aan te moedig om in die verkiesings te stem. • Voorligtingsessies is oor groot nasionale en internasionale kwessies gehou. • Dit het saam die Gesondheidsleer-en-Vigs-navorsingsafdeling by die Universiteit van KwaZulu-Natal 'n MIV/Vigs-intergodsdienstige Forum gestig. (12) 5.5 • Program vir Christen-Moslem-verhoudinge in Afrika ('The Programme for Christian-Moslem relations in Africa (PROCMURA)') • Intergeloofsaksie vir Vrede in Afrika ('The Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA)') • Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika ('The African Council of Religious Leaders (ACRL)') (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GRAND TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all