Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220179 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 FEBRUARIE/MAART 2017 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Om kommunikasie met die voorouers te bewerkstellig, moet aanbidders van die Afrika Tradisionele Godsdiens betrokke wees by … A stories. B rituele. C wonderwerke. D ubuntu. (1) 1.1.2 Die Tao is … A die heelal. B die pad van die heelal. C weifeling. D Al die bogenoemde (1) 1.1.3 Die mistieke dimensie van Islam word dikwels … genoem. A 'n beswyming/geesvervoering B Sjiisme C Sufisme/Soefisme D Zakaat/Zakat (1) 1.1.4 Die stigter van Taoïsme is … A Tao-te Ching. B Boeddha. C Chuang-Tzu. D Lao-tzu. (1) 1.1.5 Die versameling leringe/leerbeginsels van die Profeet Mohammed word die … genoem. A Koran B Vedas C Tripitaka D Hadith (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.1.6 'n Ritueel gebaseer op Jesus se laaste maal is … A die Eucharistie/Nagmaal. B Kersfees. C Paasfees. D die Pasga/Joodse Paasfees. (1) 1.1.7 … is 'n wêreldbeskouing wat slegs op menslike redenasie gebaseer is. A Sosialisme B Natuurwetenskap C Sekularisme D Verligting (1) 1.1.8 Zen-Boeddhisme het … ontstaan. A in Iran B uit Theravada-Boeddhisme C uit Hindoeïsme D uit Mahanyana-Boeddhisme (1) 1.1.9 Katolieke woon kerkdienste by wat die … genoem word. A hadj B Mis C Heilige Nagmaal D Mitzvot (1) 1.1.10 'n Lering wat nie in Judaïsme algemeen bekend is nie: A Gee liefdadigheid B Glo aan die Hiernamaals C Glo aan die voorouers D Die Sabbat (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die Bahá'i-geloof het ontstaan in die land wat deesdae … genoem word. (1) 1.2.2 In Boeddhisme beteken Tripitaka … (1) 1.2.3 Die Duitse priester wie se leringe tot Protestantisme gelei het, is … (1) 1.2.4 Die twee opponerende kragte in Taoïsme word … genoem. (1) 1.2.5 Jode gehoorsaam Goddelike Wette wat die … genoem word. (1) 1.3 Kies die woord in elke lys hieronder wat NIE pas NIE. Skryf die woord en 'n rede langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Voorouers; Clan; Ilimo; Tanag (2) 1.3.2 Bahá'u'lláh; Haifa; Kitáb-i-Aqdas; Abu Bakr (2) 1.3.3 Brahma; Vishnu; Nirvana; Shiva (2 1.3.4 Theravada; Pali Kanon; Sanskrit, Mahayana (2) 1.3.5 Matteus; Markus; Jesus; Johannes (2) 1.4 Elkeen van die stellings hieronder is ONWAAR. Verander EEN begrip/konsep in elke stelling sodat dit WAAR sal wees. Skryf die WAAR-stelling langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. VOORBEELD: Appels en druiwe is groente. ANTWOORD: 1.4.6 Appels en druiwe is vrugte. 1.4.1 Die bekendste Bodhisattva is Chuang-Tzu. (2) 1.4.2 Die Sji'a heilige altaar van Karbala is in Saoedi-Arabië. (2) 1.4.3 Die langste heldedig in Hindoeïsme is die Vedas. (2) 1.4.4 Die tasbare uitdrukking van die mondelinge Tora is Nervim. (2) 1.4.5 Die hoogste strewe van Boeddhistiese praktyk is Darma. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS 1.5 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.5.1 Karma A hoofkwartier van die Bahá'i-geloof 1.5.2 Ilimo B 'n sekte van Judaïsme wat op welwillendheid en gebed klem lê 1.5.3 Ortodoks C geboorteplek van die Boeddha 1.5.4 Hasidisme D om jou naaste onvoorwaardelik te help 1.5.5 Haifa E elke handeling het 'n uitwerking op die sielereis F tradisionele godsdienstige oortuigings; hou by die oorspronklike G 'n waarsêer wat lewendes gesond maak (5 x 1) (5) 1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende terme: 1.6.1 Zen (2) 1.6.2 Dogma (2) 1.6.3 Bahá'u'lláh (2) 1.6.4 Antropomorfisme (2) 1.6.5 Reïnkarnasie (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Volgens die Handves van Regte in die Suid-Afrikaanse Konstitusie het 'almal die reg tot gewetensvryheid, godsdiensvryheid, vryheid van denke, oortuiging en mening'. 2.1.1 Watter rol het godsdienste in die ontwikkeling van die Handves van Menseregte gespeel? Gee voorbeelde om die antwoord te illustreer. (18) 2.1.2 Bespreek die verskil tussen respek en verdraagsaamheid. (4) 2.1.3 Hoe verskil godsdienstige verdraagsaamheid in Westerse en Oosterse kulture? (8) 2.2 Verduidelik die terme hieronder in 'n godsdienstige konteks en gee EEN voorbeeld van elk: 2.2.1 Eendersheid (4) 2.2.2 Identiteit (4) 2.2.3 Kolonialisme (4) 2.2.4 Eenheid (4) 2.2.5 Uniekheid (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 3 3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MEDIA-UITBEELDING VAN GODSDIENS IN SUID-AFRIKA Suid-Afrika is 'n kultureel uiteenlopende land wat die tuiste van baie verskillende godsdienste is. Hierdie godsdienste word nie altyd ewe veel in die media verteenwoordig nie, waar uitbeeldings van godsdiens dikwels negatief gestereotipeerd en van alle mag ontneem is. Hierdie stereotipes bestaan om verskeie redes, van polities tot finansieel. Godsdienstige stereotipes kan regdeur 'n groot verskeidenheid media gevind word, onder meer televisie, rolprente en videospeletjies. [Aangepas uit http://mediasmarts.ca. Toegang op 16 Junie 2016 verkry.] 3.1.1 Stem jy saam dat 'godsdienste' in Suid-Afrika 'nie altyd ewe veel in die media verteenwoordig (word) nie'? Gee redes en gebruik geskikte voorbeelde om jou antwoord te illustreer. (12) 3.1.2 Bespreek moontlike faktore wat kan veroorsaak dat die media teenoor verslaggewing oor godsdienstige kwessies bevooroordeeld kan wees. (8) 3.1.3 Bespreek die positiewe en negatiewe uitwerking van die Internet op godsdiens. (14) 3.2 Lees die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DURBAN SE WEKOPROEP TOT GEBEDE Die Moslem-oproep tot gebed van die Juma-moskee is Maandagaand slegs 200 meter ver na die Emmanuel-katedraal in die Durbanse middestad, wat 112 jaar oud is, oorgedra. Hierdie gebeurtenis het 'n multigodsdienstige konsert geopen wat gehou is ter viering van die amptelike opening van die Denis Hurley-sentrum op die dag wat die Katolieke aartsbiskop se 100ste verjaarsdag sou gewees het. Die skouspelagtige World Religions in Concert het voor 'n gehoor van 800 mense plaasgevind en het Boeddhistiese tromspelers, Indiese dansers, die aansteek van kerse in 'n Joodse menora en die voordra van 'n Zoeloe- lofgedig ingesluit. [Aangepas uit The Times, November 2015] 3.2.1 Gee TWEE redes waarom hierdie spesifieke katedraal vir die geleentheid gekies is. (4) 3.2.2 Wat is hierdie multigodsdienstige gebeurtenis genoem? (2) 3.2.3 Wat, dink jy, was die doelwitte van die funksie? (6) 3.2.4 Dink jy die verslag is billik en onpartydig? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017 NSS VRAAG 4 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die drie Abrahamitiese gelowe het gedurende die stryd van 782 jaar tussen Moslem en Christen, sy aan sy in Portugal-Spanje gewoon. Dit was ten spyte van die feit dat Christene 'n militêre stryd gevoer het om alleenbeheer uit te oefen. Moslems het voortgegaan om vir geslagte lank in gebiede te woon wat die Christene herower het … en Jode het aan beide kante van die skeiding floreer. [Aangepas uit Top Class Religion Studies, Grade 12] 4.1 Dink jy dat die uittreksel hierbo na 'n godsdienstige konflik verwys? Gee redes om jou standpunte te ondersteun. (12) 4.2 Identifiseer EEN gebied, enige plek in die wêreld, waar konflik onlangs plaasgevind het en bespreek: 4.2.1 Die oorsake van die konflik (10) 4.2.2 Die mate waartoe godsdiens by die konflik betrokke is (10) 4.2.3 Wat godsdienste kan doen om die konflik op te los (8) 4.3 Bespreek EEN godsdienstige leier wat daaraan gewerk het om intergodsdienstige harmonie te weeg te bring. (10) [50] VRAAG 5 5.1 Gebruik 'n geskikte voorbeeld om ELK van die volgende terme in die konteks van godsdiens te verduidelik: 5.1.1 Geloof/Oortuiging (6) 5.1.2 Ideologie (6) 5.2 Bespreek enige VYF unieke kenmerke van Taoïsme. (10) 5.3 Die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede is een organisasie wat wêreldwyd intergodsdienstige dialoog aanmoedig. Bespreek VYF funksies van hierdie organisasie in besonderhede. (10) 5.4 Watter rol het intergodsdienstige samewerking voor die demokratiese verkiesing in 1994 in Suid-Afrika gespeel? (12) 5.5 Noem DRIE Afrika-organisasies wat vriendelike verhoudinge tussen verskillende godsdienstige ontwikkel. (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all