Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220127 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *RLSDM1* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 RELIGIESTUDIES V1 (SEPTEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. AFDELING A : VERPLIGTEND AFDELING B : Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. 2. Lees AL die vrae noukeurig deur voordat jy dit beantwoord. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) RELIGIESTUDIES V1 3 AFDELING A VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 1.1 Kies die korrekte woord uit die wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 In die (Zoeloe/Pedi/Sotho/Nguni)-voorvader rituele word die voorvaders opgeroep volgens die orde van hul ouderdom. (2) 1.1.2 Boeddhiste-leringe is bekend as die (Bhikkus/Tripikata/Karma/Kanon). (2) 1.1.3 In die Christendom sweer die (Protestantse/Ortodokse/Katolieke) priesters om nooit die belydenisse wat aan hulle gemaak is bekend te maak nie. (2) 1.1.4 Die heilige skrif van Judaïsme is die (Bybel/Koran/Vedas/Tanach). (2) 1.1.5 Die LEIER van Islam word ʼn (Kaliep/Priester/Pastoor/Rabbi) genoem). (2) 1.2 Definieer kortliks die volgende konsepte in die konteks van godsdiens: 1.2.1 Doktrine (2) 1.2.2 Dogma (2) 1.2.3 Ideologie (2) 1.2.4 Gelykenis (2) 1.2.5 Mite (2) 1.3 Verduidelik die verskil tussen godsdienstige leringe en gelowe. (4) 1.4 Noem die DRIE vertakkinge van Boeddhisme. (6) 1.5 Verduidelik die konsep godsdiensvryheid. (4) 1.6 Noem enige DRIE gemeenskaplike kenmerke wat deur die Abrahamitiese gelowe, (Judaïsme, Christendom en Islam) gedeel word. (6) 1.7 Kies ʼn item uit KOLOM A wat pas by die woord/beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.7.1 – 1.7.5) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.7.6 F KOLOM A KOLOM B 1.7.1 Ateïsme A Geloof dat enige aksie ʼn gevolg het. 1.7.2 Politeïsme B Bevryding van lyding in Boeddhisme. 1.7.3 Karma C Geloof in baie gode. 1.7.4 Meditasie D Ontkenning van die bestaan van God. 1.7.5 Nirvana E ʼn Wye verskeidenheid van geestelike oefeninge om godsdienstige resultate te bereik. (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 4 RELIGIESTUDIES V1 (SEPTEMBER 2012) AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Bespreek kortliks die rol van voorvaders in die Afrika Tradisionele Godsdiens. (8) 2.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: Godsdienste is nie net verskillend van mekaar nie, maar daar is ook interne verskille binne godsdienste self. Alhoewel ons geneig is om van Afrika Tradisionele Godsdiens te praat asof dit ʼn enkele godsdiens is, word dit in werklikheid uitgemaak deur baie gemeenskappe wat verskillende gelowe en praktyke bestaan. [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.4] Bespreek die interne verskille wat binne enige EEN van die volgende godsdienste bestaan: Islam Christelike godsdiens (12) 2.3 Verduidelik kortliks die volgende konsepte in die konteks van godsdiens: 2.3.1 Vergelykbaarheid (6) 2.3.2 Eendersheid (6) 2.3.3 Verskillendheid (6) 2.4 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Die dinge wat godsdiens uniek maak kan sosiaal baie verdelend wees. Mense kom tot die geloof dat daardie aspekte wat waar is, en dat aspekte van ander godsdienste waarmee hulle nie saamstem nie, vals is en daarom is hulle godsdiens verhewe bo ander godsdienste. Met ander woorde, dit is die “uniekheid” wat die meeste moeilikheid tussen godsdienste kan veroorsaak. [Bron: Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl.123] Noem DRIE unieke kenmerke van elk van die volgende godsdienste: 2.4.1 Hindoeïsme (6) 2.4.2 Judaïsme (6) [50]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) RELIGIESTUDIES V1 5 VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: Mites, oortuigings/gelowe, leerstellings/doktrines, dogma en ideologie is almal aspekte van godsdienstige leringe wat effens in betekenis verskil. Almal verwys na die intellektuele, rasionele of filosofiese gedeelte van godsdiens en na die kodering en oordra van godsdienstige betekenis en waarhede. [Bron: Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyr et al, bl.8] In die lig van die uittreksel hierbo, bespreek kortliks die volgende konsepte soos van toepassing in godsdienstige leringe: 3.1.1 Geloof (10) 3.1.2 Mite (10) 3.2 Noem die VYF PILARE van Islam. (10) 3.3 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg: Daar is baie verskillende maniere hoe ʼn persoon godsdienstig kan wees. Alhoewel daar sommige mense is wat nie aan ʼn godsdienstige gemeenskap behoort nie, is hulle steeds besorg oor dinge soos die siel en gees. In teendeel, sommige het gesê dat die menslike behoefte vir geestelikheid universeel is. [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.72] In die lig van bostaande verklaring, bespreek enige sekulêre wêreldsiening en verduidelik sy siening oor godsdiens oor die algemeen. (10) 3.4 “Inspirasie is baie belangrik vir godsdiens in die algemeen”. Bespreek. (10) [50]
Downloaded from hlayiso.com 6 RELIGIESTUDIES V1 (SEPTEMBER 2012) VRAAG 4 4.1 Lees die volgende aanhaling en beantwoord die vraag wat volg: Respek vir die regte en waardigheid van ander is nie ʼn onpraktiese godsdienstige idee nie, maar ʼn noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling van gesonde, vry en welvarende gemeenskappe. [Bron: Focus on Religion Studies Grade 12, R. Donne et al, bl.78] In die konteks van die aanhaling hierbo, dui aan hoe godsdiensvryheid in die samelewing aangemoedig word. (12) 4.2 Die leerstelling van reïnkarnasie is algemeen in beide Hindoeïsme en Boeddhisme. Bespreek hierdie leerstelling. (8) 4.3 Lees die volgende skrifte en beantwoord die vraag wat volg: Geseënd is hy wie na die armes omsien; God sal hom uithelp in die dag van nood. Psalm 41:2 … laat die ryk man die een wie hulp soek bevredig... Rig Veda 10.11 Armoede is ʼn universele probleem. Bespreek die siening van die volgende godsdienste oor hoe om die probleem van armoede aan te spreek. 4.3.1 Hindoeïsme (8) 4.3.2 Christelike geloof (8) 4.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg: Godsdienstige stories kom al hoe meer in die media voor, maar die algemene houding by die netwerke skyn te wees dat dit net ʼn goeie storie is as dit geloof in ʼn negatiewe lig stel, of as dit politieke omstredenheid uitlok. [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl.220] Dink jy dat daar konflik tussen godsdiens en die media bestaan? Motiveer jou antwoord met ten minste EEN voorbeeld van werklike gebeure. (14) [50]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2012) RELIGIESTUDIES V1 7 VRAAG 5 5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg: Na die Tweede Wêreldoorlog was die Jode vasberade om hul eie land te hê. Hulle het geleidelik grond gekoop en ʼn stuk van die Midde-Ooste, wat hulle Israel genoem het, verower. Deur ʼn aantal oorloë wat hoofsaaklik deur omliggende Arabiese state begin was, het die Jode die grense, van wat hulle Israel genoem het, uitgebrei. Vir baie Moslems moes die hele gebied nog steeds Palestina genoem word. ʼn Stryd vir grond en beheer het aanhoudend in die gebied uitgebreek. [Bron: Religion Studies Grade 12, Donne et al, bl.199] 5.1.1 Watter TWEE godsdiensgroepe is in konflik in die gebied? (4) 5.1.2 Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is? Gee redes vir jou antwoord. (10) 5.1.3 Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om konflik in gebiede wat deur geweld geraak word, te voorkom. (10) 5.2 Noem die verskil tussen ʼn tradisionele geneser (Inyanga) en ʼn waarsêer (Isangoma). (8) 5.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg: Alle godsdienste plaas beperkinge op hulle volgelinge, en alhoewel hulle leringe hoë status aan mense gee, plaas hulle ook beperkinge op mense. Dus word daar gewoonlik in godsdienstige kringe aan die begrip verantwoordelikheid net soveel klem gegee as aan menseregte. Dit word beklemtoon dat daar geen regte sonder verantwoordelikhede kan wees nie. [Bron: Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl.08] Wat verstaan jy onder die term verantwoordelikheid? (8) 5.4 Bespreek kortliks die verskil tussen godsdiens en wetenskap. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all