Downloaded from hlayiso.com
TEGNIESE WETENSKAPPE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2019
Hierdie riglyndokument bestaan uit 22 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba49f240-e57d-4587-9498-a5d6317c8811/v1-9344bd0f6737958dee66/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563/v1-500df9f82898af943ad8/card.webp)




View all




%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Technical Sciences PAT GR 12 2019 Afr
Grade 12 Technical Sciences practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download.
Technical Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Practical assessment task, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2019
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 381.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 2 DBE/PAT 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
ONDERWERP BLADSYNOMMER
1. INLEIDING 3
2. ONDERWYSERRIGLYNE 4
3. LEERDERRIGLYNE 4
4. BEWYS VAN MODERERING 5
5. VERKLARING VAN EGTHEID 6
6. EKSPERIMENT INSTRUKSIES EN 7
WERKSKAART VIR EKSPERIMENT 1
7. EKSPERIMENT INSTRUKSIES EN 12
WERKSKAART VIR EKSPERIMENT 2
8. EKSPERIMENT INSTRUKSIES EN 15
WERKSKAART VIR EKSPERIMENT 3
EKSPERIMENT 1: OM DIE BEGINSEL VAN BEHOUD VAN LINIËRE MOMENTUM
TYDENS 'N BOTSING TE VERIFIEER.
EKSPERIMENT 2: OM DIE KARAKTERISTIEKE EIENSKAPPE VAN 'N P-N-
VERBINDINGSDIODE TE BESTUDEER.
EKSPERIMENT 3: OM 'N YSTERSPYKER MET KOPER TE PLATEER.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 3 DBE/PAT 2019
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp en
Tegniese Wetenskappe
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese
Wetenskappe graad 12 bestaan uit drie eksperimente. Die eksperimente is VERPLIGTEND vir
ALLE kandidate wat Tegniese Wetenskappe in Graad 12 aanbied.
Die PAT word gedurende die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT
bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te
word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe
formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole
seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk
voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar hulle uitslae ontvang.
Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die eksperimente moet onder toesig plaasvind. Moderering van die eksperimente kan op die
terrein plaasvind en kan behels dat leerders die eksperimente in die teenwoordigheid van die
moderator moet oordoen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 4 DBE/PAT 2019
NSS
2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer
• Die volgende dokumente moet vir alle formele eksperimente beskikbaar wees:
o Eksperimentinstruksies wat die eksperimentprosedures wat gevolg moet word,
verduidelik
o Die werksblaaie wat vrae insluit wat onder eksamentoestande beantwoord moet word
o Die onderwyserriglyne met eksperimentinstruksies, werksblaaie en nasienriglyne
(die onderwyserriglyne MAG NIE aan die leerders gegee word NIE)
o Onderwysers moet nasienriglyne (memoranda) vir die werklike resultate van die
eksperimente wat uitgevoer word, saamstel (onderwysers moet EERS self die
eksperiment uitvoer)
• Die onderwyser moet SLEGS die Instruksieblad vir die uitvoer van die eksperiment uitdeel.
• Eksperimente moet individueel of in pare uitgevoer word. Indien voldoende apparaat egter
nie beskikbaar is nie, kan eksperimente in groepe uitgevoer word. Elke leerder moet
sy/haar EIE INDIVIDUELE data en waarnemings aanteken.
• Elke leerder met sy/haar EIE werksblad hê en die vrae INDIVIDUEEL onder
eksamentoestande beantwoord.
• Slegs wanneer al die leerders die eksperimente uitgevoer het, by hulle tafels sit en gereed
is om die vrae te beantwoord, kan onderwysers 'n werksblad aan elke leerder oorhandig.
Eksamentoestande moet toegepas word.
• Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die eksperiment uit te voer en die werksblad
te beantwoord nie, moet die onderwyser die leerders se data insamel nadat die
eksperiment gedeeltelik afgehandel is. Hierdie data moet by die skool gehou word.
Slegs wanneer die leerders die eksperiment finaliseer, mag die data weer aan die leerders
gegee word.
2.2 Moderering van die PAT'e
Vir moderering word die volgende vereis, óf in 'n aparte klaskamer óf in 'n laboratorium:
• Lyste met name van leerders wat vir distriksmoderering gekies is
• Toerusting/Apparaat/Chemikalieë moet reeds by die werkstasies gereed staan
• Eksperimentinstruksies en werksblaaie (oningevul) vir leerders om vrae te beantwoord
Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis:
• Indeks wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte aandui
• Alle instruksieblaaie vir alle eksperimente
• Nasienriglyne vir alle eksperimente, met regmerkies en totale
• Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte en verwerkte punte
toon
• Bewyse van interne moderering
Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis:
• Indeks wat alle take met rou en verwerkte punte aandui
• Antwoordblaaie vir alle eksperimente, formele toetse en eksamens
• Verklaring van egtheid
3. LEERDERRIGLYNE
3.1 Hierdie praktiese assesseringstaak vir graad 12 bestaan uit DRIE eksperimente.
3.2 Die saamstel van die PAT moet in kwartaal 1 begin, deurgaans in kwartaal 2 en 3
gemoniteer word en in kwartaal 3 voltooi word.
3.3 Die PAT tel 25% van jou finale bevorderingspunt vir graad 12.
3.3 Alle werk in die PAT moet jou eie wees. Groepswerk word NIE toegelaat nie.
3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond antwoorde tot TWEE
desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 5 DBE/PAT 2019
NSS
4. BEWYS VAN MODERERING
LEERDER SE -------------------------------------------------------------------------------------------------
NAAM:
SKOOL: -------------------------------------------------------------------------------------------------
MODERERING: HANDTEKENING DATUM HANDTEKENING DATUM
VAN VAN DH
ONDERWYSER
SKOOL-
GEBASEERD
----------------------- ------------------ ---------------------- ----------------------
PRAKTIESE MAKSIMUM LEERDER SE GEMODE- GEMODE- GEMODE-
KOMPONENT PUNT PUNT REERDE REERDE REERDE
(ONDER- PUNT PUNT PUNT
WYSER) (SKOOL) (DISTRIK) (PROVINSIE)
EKSPERIMENT 1 40
EKSPERIMENT 2 30
EKSPERIMENT 3 30
TOTAAL 100
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 6 DBE/PAT 2019
NSS
5. VERKLARING VAN EGTHEID
NAAM VAN DIE SKOOL: ………………………………………………………..
NAAM VAN LEERDER: …………………………………………..………………...
(VOLLE NOEMNAME EN VAN)
KLAS: ……….…………………………………………………………………….
NAAM VAN ONDERWYSER: …………………………………………………………….
SKOOLSTEMPEL
Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstake ingedien vir assessering, my eie
oorspronklike werk is en nie vantevore vir moderering ingedien is nie.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM
Sover my kennis strek, is die verklaring aangebied deur die kandidaat hierbo waar, en ek aanvaar
dat die werk wat aangebied is sy of haar eie is.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 7 DBE/PAT 2019
NSS
6. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSBLAAIE
EKSPERIMENT 1: OPSIE 1
1. TITEL: BEGINSEL VAN DIE BEHOUD VAN LINIÊRE MOMENTUM
2. DOEL Om die beginsel van behoud van liniêre momentum te verifieer.
3. APPARAAT/TOERUSTING:
• Trolliebaan
• Twee trollies met saampersbare veer en plunjer/bufferstaaf
• Stophorlosie
• Massabalans
• Liniaal/Meterstok/Maatband
4. PROSEDURE
Stel die apparaat op soos in die diagram hieronder getoon.
• Maak die trolliebaan en trolliewiele skoon sodat daar geen vuiligheid of stofdeeltjies is nie.
• Maak seker dat die massabalans (digitaal/gewone) by die nulpunt is voordat die trollies se
massas bepaal word.
• Meet en teken die massa van elke trollie aan.
• Plaas die twee trollies op die trolliebaan.
• Tik op die bufferstaaf van een van die trollies om die veer los te laat spring. Die trollies moet
uitmekaar beweeg.
• Maak seker dat die trollies die kante van die trolliebaan gelyktydig tref.
• Indien die trollies nie die kante gelyktydig tref nie, verander die beginposisie totdat hulle die
kante gelyktydig tref.
• Merk die beginposisie en meet die afstand tussen die beginposisie en die kante vir elke
trollie.
• Herhaal hierdie prosedure DRIE keer.
• Teken die volgende aan:
o Afstand tussen die beginposisie en die kant vir elke trollie.
o Tyd geneem om die kante te tref
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 8 DBE/PAT 2019
NSS
WERKSKAART VIR DIE BEHOUD VAN LINIÊRE MOMENTUM: OPSIE 1
40
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
PUNTE
Voorsorg. 2
• Skoonmaak van die trolliebaan en trolliewiele.
• Maak seker dat die massabalans (digitaal/gewone) by die nulpunt is voordat
die trollies se massas gemeet word.
Opstelling: 2
• Bepaal 'n geskikte beginpunt vir die twee trollies sodat hulle die kante
gelyktydig tref.
• Merk die beginposisie.
Meetvaardighede: 6
• Meet die massas van die trollies.
• Meet die afstand tussen die beginpunt en die kante vir elke trollie akkuraat.
• Gebruik die stophorlosie akkuraat (begin, stop).
TOTAAL [10]
2. Noem TWEE beheerde veranderlikes vir hierdie eksperiment. (2)
3. Noem TWEE moontlike eksperimentele foute. (2)
4. Stel voor hoe die foute wat in VRAAG 3 genoem is, voorkom kan word. (4)
5. Datavoorstelling en interpretasie van resultate
EKSPERIMENT MASSA (kg) TYD (s) AFSTAND (m)
(tussen beginpunt en kant)
1 Trollie A
Trollie B
2 Trollie A
Trollie B
3 Trollie A
Trollie B
Gemiddeld Trollie A (1) (1)
Trollie B (1) (1)
6. Wat is die beginsnelheid van die stelsel? (2)
7. Bereken die:
7.1 Snelheid (v f ) van trollie A na die ontploffing (4)
7.2 Snelheid (v f ) van trollie B na die ontploffing (2)
8. Bereken die totale momentum:
8.1 Voor die ontploffing (4)
8.2 Na die ontploffing (3)
9. Gebaseer op die resultate wat hierbo verkry is, het momentum behoue gebly? (1)
10. Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 9 (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 9 DBE/PAT 2019
NSS
EKSPERIMENT 1: OPSIE 2
1. TITEL : BEGINSEL VAN DIE BEHOUD VAN LINIÊRE MOMENTUM
2. DOEL Om die beginsel van behoud van liniêre momentum te verifieer deur 'n trollie,
'n houtblokkie/voorwerp en 'n tydtikker te gebruik.
3. APPARAAT:
• Trolliebaan
• Trollie
• Massastuk/houtblok/voorwerp (met 'n massa minder as dié van die trollie).
• Kragbron
• Tydtikker
• Tydtikkerlint
• Massabalans
• Liniaal/Meterstok/maatband
tydtikker
tydtikkerlint
trollie
4. PROSEDURE:
• Maak die trolliebaan en trolliewiele skoon sodat daar geen vuiligheid of stofdeeltjies is nie.
• Maak seker dat die massabalans (digitaal/gewone) by die nulpunt is voordat die trollie en
voorwerp se massa bepaal word.
• Meet en teken die massa van die trollie en voorwerp aan.
• Plaas die trollie op die trolliebaan.
• Lig die een kant van die trolliebaan effens op sodat die trollie nog steeds stilstaan, maar teen
'n konstante snelheid sal beweeg indien dit liggies gestoot word.
• Laat val die massastuk/houtblok/voorwerp op die trollie sodra dit ongeveer halfpad die
trolliebaan beweeg het.
• Wanneer die massastuk/houtblok/voorwerp op die trollie val, maak seker dat beide as 'n
eenheid na die botsing saambeweeg.
• Heg die tydtikkerlint aan die trollie.
• Maak seker dat die tydtikkerlint vrylik deur die tydtikker beweeg en minstens so lank is as die
hele lengte van die trolliebaan.
• Skakel die tydtikker aan en stoot die trollie liggies.
• Skakel die tydtikker af, verwyder die lint sodra die trollie-voorwerpstelsel die einde van die
trolliebaan bereik het.
• Merk die begin en eindpunt op die tydtikkerlint.
• Analiseer die tydtikkerlint:
o Ignoreer die onduidelike aanvanklike kolletjies aan die begin en einde van die lint.
o Merk 20 spasie-intervalle op die lint af, voor en na die botsing.
o Gebruik 'n liniaal om die lengte van die 20 spasie-intervalle te meet.
• Herhaal die prosedure DRIE keer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 10 DBE/PAT 2019
NSS
• Teken die resultate in die tabel hieronder aan.
EKSPERIMENT MASSA TYD AFSTAND (m)
(kg) (s) (lengte van 20 spasie-intervalle)
1 Trollie
Trollie + voorwerp
2 Trollie
Trollie + voorwerp
3 Trollie
Trollie + voorwerp
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 11 DBE/PAT 2019
NSS
WERKSKAART VIR BEHOUD VAN LINIÊRE MOMENTUM: OPSIE 2
40
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
PUNTE
Voorsorg. 2
• Skoonmaak van die trolliebaan en trolliewiele.
• Verseker dat trollie-voorwerpstelsel na die botsing gesamentlik beweeg .
Meet die massas van die trollie en voorwerp. 2
Opstelling: 4
• Oplig van trolliebaan tot geskikte helling
• Plasing van trollie op die trolliebaan (aanvanklik stilstaande, beweeg teen
konstante snelheid wanneer liggies gestoot word).
• Laat massastuk/voorwerp op die trollie val, halfpad op die trolliebaan.
• Maak seker dat die tydtikkerlint aan die trollie geheg is en gladde toevoer
het tydens die eksperiment.
Analise van die tydtikkerlint: 2
• Merk 20 spasie-intervalle op die lint af, voor en na die botsing.
• Meet die lengte van die 20 spasie-intervalle.
TOTAAL [10]
2. Noem TWEE beheerde veranderlikes vir hierdie eksperiment. (2)
3. Noem EEN moontlike eksperimentele fout. (1)
4 Gee 'n rede waarom die trolliebaan effens gelig moet word. (2)
5. Datavoorstelling en interpretasie van resultate
EKSPERIMENT MASSA TYD AFSTAND (m)
(kg) (s) (lengte van 20 spasie-intervalle)
1 Trollie
Trollie + voorwerp
2 Trollie
Trollie + voorwerp
3 Trollie
Trollie + voorwerp
Gemiddeld Trollie (1) (1)
Trollie + voorwerp (1) (1)
6. Gebruik die frekwensie van die tydtikker om sy periode (T) te bereken. (3)
7. Bereken die:
7.1 Tydsduur van die 20 spasie-intervalle (3)
7.2 Snelheid (v i ) van die trollie voor die botsing (3)
7.3 Snelheid (v f ) van die trollie en massastukstelsel na die botsing (2)
8. Bereken die totale momentum:
8.1 Voor die botsing (4)
8.2 Na die botsing (3)
9. Gebaseer op die resultate wat hierbo verkry is, het momentum behoue gebly? (1)
10. Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 9. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 12 DBE/PAT 2019
NSS
7. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSBLAAIE
EKSPERIMENT 2
1. TITEL: DIE EIENSKAPPE VAN 'N VOORWAARTSGERIGTE P-N VERBINDINGSDIODE
2. DOEL: Om die eienskappe van 'n P-N-diode te bepaal.
LET WEL: Kies METODE A of METODE B.
METODE A
3. APPARAAT/TOERUSTING:
• Twee multimeters
• Veranderlike GS-kragbron
• 1N4002-diode
• Verbindingsdrade
• 150 kΩ-potensiometer
• 3,3 Ω-, 1 W-koolstofweerstand/enige tipe weerstand
• Stroombaanbord
• Mini-knikskakelaar (SPST)
4. PROSEDURE
• Maak seker dat die kragbron afgeskakel is en stel die kragtoevoer op 1,2 V voordat enige
verbinding voltooi word.
• Verbind die diode, die potensiometer, die 3,3 Ω-weerstand en die skakelaar in serie met die
ammeter en die kragbron, soos in die diagram hierbo getoon.
• Verbind die positiewe terminaal van die kragbron aan die P-tipe kant en die negatiewe
terminaal aan die N-tipe kant van die diode.
• Verbind die voltmeter in parallel met die diode.
• Stel die ammeterskaal op 50 mA en die voltmeter op die 1 V-skaal.
• Maak seker dat die stroombaan korrek gekoppel is.
• Sluit die skakelaar en skakel die kragbron aan.
• Varieer die toevoerspannings en voltooi die tabel verskaf.
• Teken die ooreenstemmende stroom- en potensiaalverskillesings van die diode aan.
• Keer die verbinding van die diode in die stroombaan om en neem die ammeter- en
voltmeterlesings waar.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 13 DBE/PAT 2019
NSS
METODE B
3 APPARAAT/TOERUSTING:
• Twee multimeters
• Veranderlike GS-kragbron
• 1N4007-diode
• Verbindingsdrade
• 1 kΩ-weerstand
• Stroombaanbord
• Mini-knikskakelaar (SPST)
4. PROSEDURE
• Maak seker dat die kragbron afgeskakel is en stel die kragtoevoer op 0 V voordat enige
verbinding gedoen word.
• Verbind die diode, die 1 kΩ-weerstand, die skakelaar, die ammeter en die kragbron in
serie, soos in die diagram hierbo getoon.
• Verbind die positiewe terminaal van die kragbron aan die P-tipe kant en die negatiewe
terminaal aan die N-tipe kant van die diode.
• Verbind die voltmeter in parallel met die diode.
• Stel die ammeterskaal op 50 mA en die voltmeter op die 1 V-skaal.
• Maak seker dat die stroombaan korrek gekoppel is.
• Sluit die skakelaar en skakel die kragbron aan.
• Varieer die toevoerspanning van die kragbron en voltooi die tabel verskaf.
• Teken die ooreenstemmende stroom- en potensiaalverskillesings van die diode aan.
• Keer die verbinding van die diode in die stroombaan om en neem die ammeter en
voltmeterlesing waar.
TABEL
V toevoerspanning (V) V Diode (V) I Diode (mA)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 14 DBE/PAT 2019
NSS
WERKSKAART OM DIE EIENSKAPPE VAN 'N P-N-DIODE TE BEPAAL
30
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
PUNTE
Voorsorg: 2
• Kragbron aanvanklik afgeskakel.
Opstelling: 10
• Komponente in stroombaan korrek gekoppel:
o Diode, ammeter, skakelaar, weerstande en kragbron in serie
o Voltmeter in parallel met die diode
• Voltmeter en ammeter (multimeters) op korrekte skaal.
• Positiewe terminaal van die kragbron verbind aan die P-tipe kant en die
negatiewe terminaal aan die N-tipe kant van die diode.
• Kan die toevoerspanning varieer.
TOTAAL [12]
2 Gee 'n rede:
2.1 Waarom die kragbron aanvanklik afskakel moet wees (2)
2.2 Vir die gebruik van 'n hoë weerstand in die stroombaan (2)
3 Voltooi die tabel hieronder gebaseer op die resultate.
V toevoerspanning (V) V Diode (V) I Diode (mA)
(3)
4. Teken 'n grafiek van stroom (y-as) teenoor potensiaalverskil (x-as) van die diode. (6)
5. Wanneer is 'n diode 'n meevoorspanningsdiode? (2)
6. Wat sal die ammeterlesing wees as die verbinding met die diode omgekeer word? (1)
7 Interpreteer die resultate van hierdie eksperiment. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 15 DBE/PAT 2019
NSS
8. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSBLAAIE
EKSPERIMENT: 3
1. TITEL: ELEKTROLITIESE SEL
2. DOEL: Om 'n ysterspyker met koper te plateer
3. APPARAAT CHEMIKALIEë
• Kragbron • Kopersulfaat/
• Koperplaat/staaf • Kopernitraat
• Glasbeker • Water
• Retortstander met klamp
• Verbindingsdrade met krokodilklemme
• Staalwol/skuurpapier/staaldraadborsel
• Nie-gegalvaniseerde ysterspyker/enige metaalvoorwerp
• Roerstafie
• Chemiese weegskaal/digitale weegskaal
Yster-
spyker Koperstaaf
Kopersulfaat oplossing
[Bron: https://www.brighthubengineering.com/structural-engineering
4. PROSEDURE:
• Berei 'n 1 mol.dm-3 waterige oplossing van kopersulfaat in 'n beker.
• Roer die mengsel totdat al die kristalle opgelos het.
• Maak die ysterspyker skoon.
• Verbind die krokodilklemme, wat aan die positiewe terminaal van die kragbron verbind is aan die
koperplaat.
• Verbind die krokodilklemme, wat aan die negatiewe terminaal van die kragbron verbind is aan
die ysterspyker.
• Plaas die koperplaat en ysterspyker in die oplossing.
• Maak seker dat die elektrodes stewig vas is.
• Maak seker dat die elektrodes nie aan mekaar raak tydens die uitvoer van die eksperiment nie.
• Skakel die kragbron aan en laat die proses voortgaan vir 30 minute.
• Skakel die kragbron af en verwyder die spyker en koperplaat uit die oplossing.
• Laat beide elektrodes droog word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 16 DBE/PAT 2019
NSS
EKSPERIMENT 3
WERKSKAART VIR ELEKTROLITIESE SEL
30
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
PUNTE
Dra geskikte veiligheidsklere, bv. laboratoriumoorjas, handskoene, veiligheidsbril. 1
Korrekte en veilige hantering van glasware (breek niks nie), chemikalieë (mors niks 2
nie/sluk niks nie)
Korrekte gebruik van apparaat: 2
o Akkurate meet van massa van die kopersout
o Korrekte volume water afgemeet
Maak seker dat die elektrodes met staalwol (ysterborsel/skuurpapier) skoongeskuur 1
is voor die aanvang van die eksperiment.
Korrekte opstelling en hantering van die apparaat. 2
Eksperimentele prosedure in 'n logiese volgorde gevolg 2
TOTAAL 10
2. Noem EEN veiligheidsmaatreël waaraan voldoen moet word. (1)
3. Waarom moet die elektrodes:
3.1 Skoongemaak word voordat die eksperiment begin word (2)
3.2 Nie aanmekaar raak tydens die eksperiment nie (2)
4. Verduidelik die waarneming by die ysterspykerelektrode ten opsigte van oksidasie en
reduksie. (2)
5. Noem TWEE eksperimentele faktore wat 'n invloed op die elektroplateringsproses kan hê. (2)
6. Watter elektrode is die:
6.1 Anode (1)
6.2 Katode (1)
7. Skryf neer die:
7.1 Halfreaksie wat by die anode plaasvind (2)
7.2 Halfreaksie wat by die katode plaasvind (2)
7.3 Netto ioniese vergelyking van die sel (2)
8. Is die reaksie spontaan of nie-spontaan? (1)
9 Watter energieomsetting vind in hierdie sel plaas? (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 17 DBE/PAT 2019
NSS
TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
PAT WERKENDE PUNTESTAAT 2019
KWARTAAL KWARTAAL KWARTAAL
1 2 3
TOTAAL PAT
Eksperiment 1 Eksperiment 2 Eksperiment 3
(PAT) (PAT) (PAT)
Geweegde Geweegde Geweegde
Rou Rou Rou
Nr. VAN NAAM 40 40 30 30 30 30 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
23
24
25
26
27
28
29
30
Gemiddeld
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Sciences.
- Grade 12 Technical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Technical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Technical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Technical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Technical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Practical assessment task
Technical Sciences PAT GR 12 2022 Afr

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Related documents
%202019%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba49f240-e57d-4587-9498-a5d6317c8811/v1-9344bd0f6737958dee66/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563/v1-500df9f82898af943ad8/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Technical Sciences

Question paper
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper

Errata
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Errata

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Memorandum