Skip to content
Practical assessment task

Technical Sciences PAT GR 12 2019 Afr

Grade 12 Technical Sciences practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Technical SciencesGrade 12202022 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com TEGNIESE WETENSKAPPE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2020 Hierdie riglyndokument bestaan uit 22 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 2 DBE/PAT 2020 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 4 2.2 Moderering van die PAT'e 4 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5 4. BEWYS VAN MODERERING 6 5. VERKLARING VAN EGTHEID 7 6. GEVOLGTREKKING 8 7. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSKAARTE 9 7.1 EKSPERIMENT 1: 9 Om die verwantskap tussen versnelling en resultante/netto krag vir 'n konstante massa te bepaal o Eksperimentinstruksies vir die verwantskap tussen versnelling en die 9 resultante/netto krag vir 'n konstante massa o Werkskaart vir die verwantskap tussen versnelling en die resultante/netto krag vir 11 'n konstante massa 7.2 EKSPERIMENT 2: 13 Om die posisie van die beeld in 'n plat spieël te bepaal o Eksperimentinstruksies vir die posisie van die beeld in 'n plat spieël 13 o Werkskaart vir die posisie van 'n beeld in 'n plat spieël 14 7.3 EKSPERIMENT 3: 15 Om die arbeid ('power') wat verkwis word in gloeilampe wat in serie en parallel verbind is, te bepaal o Eksperimentinstruksies vir die arbeid ('power') verkwis in gloeilampe wat in serie 15 en parallel verbind is o Werkskaart vir die arbeid ('power') verkwis in gloeilampe wat in serie en parallel 20 verbind is 8. PAT-PUNTESTAAT 2020 22 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 3 DBE/PAT 2020 NSS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie, Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese Wetenskappe graad 12 bestaan uit drie eksperimente. Die eksperimente is VERPLIGTEND vir ALLE kandidate wat Tegniese Wetenskappe in graad 12 aanbied. Die PAT word gedurende die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Die eksperimente moet onder toesig plaasvind. Moderering van die eksperimente kan op die terrein plaasvind en kan behels dat leerders die eksperimente in die teenwoordigheid van die moderator moet oordoen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 4 DBE/PAT 2020 NSS 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 2.1 Hoe om die PAT'e te administreer  Die volgende dokumente moet vir alle formele eksperimente beskikbaar wees: o Eksperimentinstruksies wat die prosedures wat vir die eksperimente gevolg moet word, verduidelik o Die werkskaarte wat vrae insluit wat onder toesig beantwoord moet word o Die onderwyserriglyne met eksperimentinstruksies, werkskaarte en nasienriglyne (Die onderwyserriglyne MOENIE aan die leerders gegee word NIE.)  Onderwysers moet nasienriglyne (memoranda) saamstel vir die WERKLIKE resultate van die eksperimente wat uitgevoer word (onderwysers moet EERS self die eksperiment uitvoer)  Die onderwyser moet SLEGS die Instruksieblad vir die uitvoer van die eksperiment uitdeel.  Eksperimente moet individueel of in pare uitgevoer word. Indien voldoende apparaat egter nie beskikbaar is nie, kan eksperimente in groepe uitgevoer word. Elke leerder moet sy/haar EIE data en waarnemings aanteken.  Elke leerder met sy/haar EIE werkskaart hê en die vrae INDIVIDUEEL onder toesig van die onderwyser beantwoord.  Slegs wanneer al die leerders die eksperimente uitgevoer het, by hulle tafels sit en gereed is om die vrae te beantwoord, kan onderwysers 'n werkskaart aan elke leerder uitdeel. Eksamentoestande moet toegepas word.  Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die eksperiment uit te voer en die werkskaart te beantwoord nie, moet die onderwyser die leerders se data insamel nadat die eksperiment gedeeltelik afgehandel is. Hierdie data moet by die skool gehou word. Slegs wanneer leerders die eksperiment finaliseer, mag die data weer aan die leerders gegee word. 2.2 Moderering van die PAT'e Vir moderering word die volgende vereis, óf in 'n aparte klaskamer óf in 'n laboratorium:  Lys met name van leerders wat vir distriksmoderering gekies is  Toerusting/Apparaat/Chemikalieë wat reeds by die werkstasies gereed staan  Eksperimentinstruksies en werkskaarte (onvoltooid) vir leerders wat gekies is om vrae te beantwoord Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis:  Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte volgens die korrekte gewigstoedeling (geweegde punte) aandui  Alle instruksieblaaie vir alle eksperimente  Nasienriglyne vir alle eksperimente, met regmerkies en totale  Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte (rou) en verwerkte punte volgens die korrekte gewigstoedeling toon  Bewyse van interne moderering Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis:  Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte volgens die korrekte gewigstoedeling aandui  Antwoordblaaie vir alle eksperimente  Verklaring van egtheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 5 DBE/PAT 2020 NSS 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Hierdie PAT vir graad 12 bestaan uit DRIE eksperimente. 3.2 Die saamstel van die PAT moet in Kwartaal 1 begin, deurgaans in Kwartaal 2 en 3 gemoniteer word en in Kwartaal 3 voltooi word. 3.3 Die PAT tel 25% van jou finale bevorderingspunt vir graad 12. 3.3 Alle werk in die PAT moet jou eie wees. Groepswerk word NIE toegelaat NIE. 3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond jou finale antwoorde tot TWEE desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 6 DBE/PAT 2020 NSS 4. BEWYS VAN MODERERING LEERDER SE NAAM: ------------------------------------------------------------------------------------------------ SKOOL: ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ MODERERING: HANDTEKENING: DATUM HANDTEKENING: DATUM ONDERWYSER DEPARTEMENTS- HOOF Skoolgebaseerd PUNTETOEKENNING EKSPERIMENT MAKSIMUM GEWEEGDE LEERDER GEMOD. GEMOD. GEMOD. PUNT PUNT SE PUNT PUNT PUNT PUNT (ONDER- (SKOOL) (DISTRIK) (PROVINSIE) WYSER) 1 30 30 2 30 30 3 40 40 TOTAAL 100 100 SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 7 DBE/PAT 2020 NSS 5. VERKLARING VAN EGTHEID NAAM VAN DIE SKOOL: ……………………………………………………….. NAAM VAN LEERDER: …………………………………………..………………... (VOLLE NOEMNAAM/-NAME EN VAN) KLAS: ……….……………………………………………………………………. NAAM VAN ONDERWYSER: ……………………………………………………………. Ek verklaar hiermee dat die take wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is en nie vantevore vir assessering of moderering ingedien is nie. ___________________________________ ____________ HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die kandidaat die waarheid en ek aanvaar dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is. ___________________________________ ____________ HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM SKOOLSTEMPEL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 8 DBE/PAT 2020 NSS 6. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te raak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 9 DBE/PAT 2020 NSS 7. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSKAARTE 7.1 EKSPERIMENT 1: DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN DIE RESULTANTE/NETTO KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA EKSPERIMENTINSTRUKSIES 1. DOEL: Om die verwantskap tussen die resultante/netto krag wat op 'n voorwerp uitgeoefen word en die versnelling vir 'n konstante massa te bepaal 2. APPARAAT/TOERUSTING  Dinamika-trollie  Onrekbare toutjie  Drie massastukkies van gelyke massa  Stophorlosie  Trolliebaan met 'n katrol  Massahanger 3. PROSEDURE  Maak die trolliebaan skoon.  Stel die trolliebaan met 'n trollie op, soos hieronder getoon. Massastukkie m DIAGRAM 1  Sonder enige massastukkie, lig die een kant van die trolliebaan net genoeg op sodat die trollie met 'n konstante snelheid teen die helling afrol.  Meet die lengte van die trolliebaan vanaf die voorwiel tot by die versperring.  Hang 'n stuk tou, met 'n massastukkie m wat aan die een punt vasgemaak is, oor die katrol. Heg die ander kant van die tou aan die trollie sodat die trollie sal versnel wanneer die massastukkie gelos word.  Gebruik 'n stophorlosie en meet die tyd vandat die trollie begin beweeg tot die tyd dat dit die versperring tref. Herhaal hierdie aksie ten minste 3 keer.  Verwyder een massastukkie van die trollie en hang dit by die hangende massastukkie. Teken die tyd aan wat dit die trollie neem om te versnel. Herhaal hierdie aksie ten minste 3 keer.  Verwyder die tweede massastukkie van die trollie en hang dit by die hangende massastukke. Teken die tyd aan wat dit die trollie neem om te versnel. Herhaal hierdie aksie ten minste 3 keer.  Gebruik die lesings om die gemiddelde snelheid te bereken. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 10 DBE/PAT 2020 NSS 4. DATAVOORSTELLING 1 massastukkie Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld 2 massastukkies Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld 3 massastukkies Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 11 DBE/PAT 2020 NSS WERKSKAART VIR DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN DIE RESULTANTE/NETTO KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE KRITERIA PUNTE Korrekte opstel van apparaat 2 Skoonmaak van die trolliebaan 1 Oplig van die trolliebaan sodat die trollie met 'n konstante snelheid 1 beweeg Meting: die lengte van die trolliebaan akkuraat 1 Meting: die massa van die trollie 1 Stophorlosie korrek gebruik 1 Logiese uitvoering van 'n reeks instruksies 1 (8) 2. DATAVOORSTELLING: 1 massastukkie Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld 2 massastukkies Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld 3 massastukkies Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗 nommer 1 2 3 Gemiddeld (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 12 DBE/PAT 2020 NSS 3. Wat is die onafhanklike veranderlike? (1) 4. Gee 'n rede waarom die trolliebaan skoongemaak word. (1) 5. Gee EEN rede waarom die massastukkies van die trollie na die hangende massastuk oorgedra is. (1) 6. Gebruik gemiddelde lesings om die resultante/netto krag te bereken vir: 6.1 1 massastukkie (4) 6.2 2 massastukkies (2) 6.3 3 massastukkies (2) 7. Teken die grafiek van Fnet teenoor versnelling deur die waardes wat in VRAAG 6 bereken is, te gebruik. (3) 8. Skryf 'n gevolgtrekking vir die eksperiment neer. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 13 DBE/PAT 2020 NSS 7.2 EKSPERIMENT 2 : DIE POSISIE VAN 'N BEELD IN 'N PLAT SPIEËL EKSPERIMENTINSTRUKSIES 1. DOEL: Om die posisie van 'n beeld in 'n plat spieël te bepaal 2. APPARAAT/TOERUSTING  Plat spieël  Liniaal  Steun vir spieël (bv. klemme, blok, boek)  Skerp potlood  A4-papier  Karton  9 duimspykers  Kleeflint/Prestik DIAGRAM 2 3. PROSEDURE  Plaas 'n skoon vel A4 papier op die karton en gebruik kleeflint/Prestik om die hoeke van die papier vas te plak sodat dit nie kan beweeg nie.  Trek 'n lyn in die middel dwars oor die papier en noem dit AB.  Teken 'n normaal (lyn loodreg op AB).  Plaas 'n ondersteunde plat spieël op lyn (AB) loodreg op die oppervlak van die papier.  Plaas speld 1 (voorwerp) 10 cm voor die spieël op die normaal.  Plaas speld 2 voor die spieël aan die linkerkant van speld 1 en in lyn met die beeld van speld 1.  Terwyl jy van links kyk, plaas speld 3 sodanig dat speld 2, speld 3 en die beeld van speld 1 in die spieël almal in dieselfde reguitlyn lê.  Plaas speld 4 voor die spieël regs van speld 1 en in lyn met die beeld van speld 1.  Terwyl jy van regs kyk, plaas speld 5 sodanig dat speld 4, speld 5 en die beeld van speld 1 in die spieël almal in dieselfde reguitlyn lê.  Herhaal vir spelde 6 en 7 links van speld 1.  Herhaal vir spelde 8 en 9 regs van speld 1.  Verwyder die spelde en merk die posisies vir P1 tot P9.  Verwyder die spieël en trek die lyne soos in die diagram aangedui. Ekstrapoleer totdat die lyne mekaar agter die spieël (lyn AB) sny.  Meet die afstand op die papier tussen die snypunt en die spieël (lyn AB). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 14 DBE/PAT 2020 NSS WERKSKAART VIR DIE POSISIE VAN 'N BEELD IN 'N PLAT SPIEËL 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE KRITERIA PUNTE Voorsorgmaatreëls:  Maak seker dat die spieël nie tydens die prosedure skuif nie. 2 Opstelling:  Berei die vel papier voor en plaas dit op die karton.  Bepaal 'n geskikte posisie vir die spelde sodat almal in dieselfde reguitlyn met die beeld van speld 1 (voorwerp) lê.  Trek lyne wat mekaar sny.  Korrekte opstelling en hantering van apparaat.  Voer die eksperimentele prosedure in 'n logiese volgorde uit. 10 Meetvaardighede:  Meet die afstand tussen die spieël (lyn AB) en die voorwerp (P1) akkuraat.  Meet die afstand tussen die spieël (lyn AB) en die snypunt akkuraat. 4 (16) 2. Noem TWEE gekontroleerde veranderlikes vir hierdie eksperiment. (2) 3. Gee 'n rede waarom die lyne agter die spieël (lyn AB) geëkstrapoleer word. (2) 4. Noem DRIE eienskappe van die beeld wat in die spieël gevorm word. (3) 5. Onderskei tussen 'n werklike beeld en 'n skynbeeld. (4) 6. Watter verskynsel maak dit vir ons moontlik om die beeld in die spieël te sien? (1) 7. Hoe vergelyk die afstand tussen die voorwerp (P1) en die spieël (lyn AB) met die afstand tussen die beeld en die spieël (lyn AB)? (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 15 DBE/PAT 2020 NSS 7.3 EKSPERIMENT 3: DIE ARBEID ('POWER') WAT VERKWIS WORD IN GLOEILAMPE WAT IN SERIE EN PARALLEL VERBIND IS EKSPERIMENTINSTRUKSIES 1. DOEL: Om die arbeid ('power') wat verkwis word in gloeilampe wat in serie en parallel verbind is, te bepaal. 2. APPARAAT/TOERUSTING: LET WEL: Gloeilampe word as 6 V, 0,5 A (6 V, 3 W) geklassifiseer. Ons kan nie 6 V as die maksimum arbeid gebruik nie omdat dit die maksimum volt is. Gebruik eerder 'n maksimum van 3 V vir hierdie eksperimente. Gloeilampe met 'n tungsten-element moet verkieslik gebruik word.  Twee selle van 1,5 V elk (R 20 PP) OF  1 x verstelbare kragbron  Batteryhouers vir R 20 PP-selle  Drie gloeilampe van 6 V, 0,5 A elk  Gloeilamphouers  Twee velle grafiekpapier  Geleidingsdrade  Skakelaar  Ammeter  Voltmeter OF twee multimeters 3. PROSEDURE 3.1 DEEL 1: SERIESTROOMBAAN Algemene opstelling en voorsorgmaatreëls: LET WEL: Maak seker dat die kragbron aanvanklik AFgeskakel is. Skakel dit AAN en stel dit op 3 V voor enigiets verbind word. Sodra die kragbron op 3 V gestel is, skakel dit weer AF en maak skakelaar S OOP en volg dan die prosedure om die stroombaan te verbind: DIAGRAM 3.1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 16 DBE/PAT 2020 NSS  Stel 'n stroombaan op soos in DIAGRAM 3.1 getoon.  Skakel die kragtoevoer AAN, sluit skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilamp.  Teken die lesings in TABEL 3.1 hieronder aan. Tabel met resultate: TABEL 3.1 GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS PER GLOEILAMPE (V) (A) STROOMBAAN 1 2 3  Skakel die kragbron AF en maak S oop, skakel dan 'n tweede gloeilamp in serie, soos getoon in DIAGRAM 3.2. DIAGRAM 3.2  Sluit S meet die stroom deur die gloeilampe en die potensiaalverskil oor die kombinasie van die twee gloeilampe.  Teken die lesings in TABEL 3.1 hierbo aan. LET WEL: Maak skakelaar S altyd TOE en skakel dan die kragbron AF voordat jy die volgende deel van die eksperiment doen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 17 DBE/PAT 2020 NSS  Stel 'n stroombaan op, soos getoon in DIAGRAM 3.3. DIAGRAM 3.3  Sluit skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilampe en die spanning oor die kombinasie van die drie gloeilampe.  Teken die lesings in TABEL 3.1 aan en skakel die stroombaan daarna AF. 3.2 DEEL 2: PARALLELLE STROOMBAAN LET WEL: Maak seker dat die kragbron AFgeskakel en die skakelaar OOP is en stel die stroombaan op, soos getoon in DIAGRAM 3.4. DIAGRAM 3.4  Skakel die kragbron AAN en sluit dan skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilamp.  Teken die lesings in TABEL 3.2 op die volgende bladsy aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 18 DBE/PAT 2020 NSS Tabel met resultate: Parallelle stroombaan TABEL 3.2 GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS PER GLOEILAMPE (V) (A) STROOMBAAN 1 2 3  Skakel die kragbron AF en voeg 'n tweede gloeilamp in parallel, soos getoon in DIAGRAM 3.5. DIAGRAM 3.5  Skakel die kragbron AAN en sluit dan skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilampe.  Teken die lesings in TABEL 3.2 aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 19 DBE/PAT 2020 NSS  Skakel die stroombaan AF en voeg 'n derde gloeilamp in parallel by, soos getoon in DIAGRAM 3.6. DIAGRAM 3.6  Skakel die kragbron AAN, sluit skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilampe en die spanning oor die kombinasie van die drie gloeilampe.  Teken die lesings in TABEL 3.2 aan en skakel dan die stroom AF. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 20 DBE/PAT 2020 NSS WERKSKAART VIR DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN GLOEILAMPE WAT IN SERIE EN PARALLEL VERBIND IS 1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE KRITERIA PUNTE Voorsorgmaatreëls: Vir verstelbare kragbron:  Kragbron aanvanklik afgeskakel en dan op 3 V gestel Vir selle-kragbron:  Selle korrek verbind in serie in selhouers en die skakelaar was aanvanklik af 2 Opstelling:  DEEL 1: o Korrekte verbinding van die eerste stap van die eksperiment (gloeilamp, ammeter, skakelaar, weerstande en kragbron in serie en die voltmeter in parallel met die gloeilampe) o Voltmeter op geskikte skaal gestel o Ammeter (multimeters) op geskikte skale gestel o Korrekte byvoeging van gloeilampe in serieverbinding o Stroombaan AFgeskakel voordat met DEEL 2 begin is  DEEL 2: o Korrekte byvoeging van gloeilampe in parallelle verbinding o Kragbron voorsorgmaatreëls o AFgeskakel na voltooiing van elke lesing 7 (9) 2. 2.1 DEEL 1: BEPALING VAN DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN GLOEILAMPE WAT IN SERIE VERBIND IS Tabel met resultate: Seriestroombaan TABEL 3.1 GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan BEPAAL DIE ARBEID VERKWIS GLOEILAMPE (V) (A) 1 2 3 (9) 2.2 Wat het die verandering in die stroom vir hierdie eksperiment veroorsaak (serie-gloeilampe)? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 21 DBE/PAT 2020 NSS 3. 3.1 DEEL 2: BEPALING VAN DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN GLOEILAMPE WAT IN PARALLEL VERBIND IS Tabel met resultate: Parallelle stroombaan TABEL 3.2 GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS GLOEILAMPE (V) (A) 1 2 3 (7) 3.2 Wat het die verandering in die stroom vir hierdie eksperiment veroorsaak (parallelle gloeilampe)? (2) 4. Trek 'n grafiek en toon die verwantskap tussen arbeid ('power') en stroom vir die: 4.1 Serieverbinding van gloeilampe (4) 4.2 Parallelle verbinding van gloeilampe (4) 5. Skryf die gevolgtrekking van die eksperiment neer. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Tegniese Wetenskappe 22 DBE/PAT 2020 NSS 8. PAT-PUNTESTAAT 2020 TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12 PAT-PUNTESTAAT 2020 KWARTAAL KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 Eksperiment 1 Eksperiment 2 Eksperiment 3 TOTAAL Geweegde Geweegde Geweegde Rou Rou Rou Nr. VAN NAAM 30 30 30 30 40 40 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 23 24 25 26 27 28 29 30 Gemiddeld Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Sciences.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Technical Sciences

View all