Downloaded from hlayiso.com
TEGNIESE WETENSKAPPE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 



%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
_hlayiso.com_--672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb/v1-4d18227ce1d9c9164865/card.webp)





View all




%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Technical Sciences PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)
Grade 12 Technical Sciences practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download.
Technical Sciences · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 499.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer 4
2.2 Moderering van die PAT'e 4
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 5
4. BEWYS VAN MODERERING 6
5. VERKLARING VAN EGTHEID 7
6. GEVOLGTREKKING 8
7. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSKAARTE 9
7.1 EKSPERIMENT 1: 9
Om die verwantskap tussen versnelling en resultante/netto krag vir 'n konstante massa
te bepaal
o Eksperimentinstruksies vir die verwantskap tussen versnelling en die 9
resultante/netto krag vir 'n konstante massa
o Werkskaart vir die verwantskap tussen versnelling en die resultante/netto krag vir 11
'n konstante massa
7.2 EKSPERIMENT 3: 13
Om die arbeid ('power') wat verkwis word in gloeilampe wat in serie en parallel verbind
is, te bepaal
o Eksperimentinstruksies vir die arbeid ('power') verkwis in gloeilampe wat in serie 13
en parallel verbind is
o Werkskaart vir die arbeid ('power') verkwis in gloeilampe wat in serie en parallel 18
verbind is
8. PAT-PUNTESTAAT 2020 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat,
sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
KUNSTE: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie,
Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir
alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van
die promosiepunt aan die einde van die jaar. Die praktiese assesseringstaak vir Tegniese
Wetenskappe graad 12 bestaan uit TWEE eksperimente. Die eksperimente is VERPLIGTEND
vir ALLE kandidate wat Tegniese Wetenskappe in graad 12 aanbied.
Die PAT word gedurende die eerste en derde kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die
PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar
geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie
in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus
belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die
toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die skooljaar hulle
uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Die eksperimente moet onder toesig plaasvind. Moderering van die eksperimente kan op die
terrein plaasvind en kan behels dat leerders die eksperimente in die teenwoordigheid van die
moderator moet oordoen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
2.1 Hoe om die PAT'e te administreer
Die volgende dokumente moet vir alle formele eksperimente beskikbaar wees:
o Eksperimentinstruksies wat die prosedures wat vir die eksperimente gevolg moet
word, verduidelik
o Die werkskaarte wat vrae insluit wat onder toesig beantwoord moet word
o Die onderwyserriglyne met eksperimentinstruksies, werkskaarte en nasienriglyne
(Die onderwyserriglyne MOENIE aan die leerders gegee word NIE.)
Onderwysers moet nasienriglyne (memoranda) saamstel vir die WERKLIKE resultate
van die eksperimente wat uitgevoer word (onderwysers moet EERS self die
eksperiment uitvoer)
Die onderwyser moet SLEGS die Instruksieblad vir die uitvoer van die eksperiment uitdeel.
Eksperimente moet individueel of in pare uitgevoer word. Indien voldoende apparaat egter
nie beskikbaar is nie, kan eksperimente in groepe uitgevoer word. Elke leerder moet
sy/haar EIE data en waarnemings aanteken.
Elke leerder met sy/haar EIE werkskaart hê en die vrae INDIVIDUEEL onder toesig van
die onderwyser beantwoord.
Slegs wanneer al die leerders die eksperimente uitgevoer het, by hulle tafels sit en gereed
is om die vrae te beantwoord, kan onderwysers 'n werkskaart aan elke leerder uitdeel.
Eksamentoestande moet toegepas word.
Indien dit nie moontlik is om op dieselfde dag die eksperiment uit te voer en die werkskaart
te beantwoord nie, moet die onderwyser die leerders se data insamel nadat die
eksperiment gedeeltelik afgehandel is. Hierdie data moet by die skool gehou word. Slegs
wanneer leerders die eksperiment finaliseer, mag die data weer aan die leerders gegee
word.
2.2 Moderering van die PAT'e
Vir moderering word die volgende vereis, óf in 'n aparte klaskamer óf in 'n laboratorium:
Lys met name van leerders wat vir distriksmoderering gekies is
Toerusting/Apparaat/Chemikalieë wat reeds by die werkstasies gereed staan
Eksperimentinstruksies en werkskaarte (onvoltooid) vir leerders wat gekies is om vrae te
beantwoord
Vir moderering word die volgende dokumente in die onderwyser se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte volgens die korrekte
gewigstoedeling (geweegde punte) aandui
Alle instruksieblaaie vir alle eksperimente
Nasienriglyne vir alle eksperimente, met regmerkies en totale
Saamgestelde werkende puntestaat vir alle leerders wat onverwerkte (rou) en verwerkte
punte volgens die korrekte gewigstoedeling toon
Bewyse van interne moderering
Vir moderering word die volgende dokumente in die leerder se lêer vereis:
Indeksbladsy wat alle take met onverwerkte (rou) en verwerkte punte volgens die korrekte
gewigstoedeling aandui
Antwoordblaaie vir alle eksperimente
Verklaring van egtheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Hierdie PAT vir graad 12 bestaan uit TWEE eksperimente: Eksperiment vir Kwartaal 1
en Eksperiment vir Kwartaal 3.
3.2 Die saamstel van die PAT moet in Kwartaal 1 begin, deurgaans in Kwartaal 3
gemoniteer word en in Kwartaal 3 voltooi word.
3.3 Die PAT tel 25% van jou finale bevorderingspunt vir graad 12.
3.3 Alle werk in die PAT moet jou eie wees. Groepswerk word NIE toegelaat NIE.
3.4 Toon ALLE berekeninge duidelik en sluit eenhede in. Rond jou finale antwoorde tot
TWEE desimale plekke af. Gebruik korrekte SI-eenhede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4. BEWYS VAN MODERERING
LEERDER SE NAAM: ------------------------------------------------------------------------------------------------
SKOOL: ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MODERERING: HANDTEKENING: DATUM HANDTEKENING: DATUM
ONDERWYSER DEPARTEMENTS-
HOOF
Skoolgebaseerd
PUNTETOEKENNING
EKSPERIMENT MAKSIMUM GEWEEGDE LEERDER GEMOD. GEMOD. GEMOD.
PUNT PUNT SE PUNT PUNT PUNT PUNT
(ONDER- (SKOOL) (DISTRIK) (PROVINSIE)
WYSER)
1 30 45
3 40 55
TOTAAL 70 100
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
5. VERKLARING VAN EGTHEID
NAAM VAN DIE SKOOL: ………………………………………………………..
NAAM VAN LEERDER: …………………………………………..………………...
(VOLLE NOEMNAAM/-NAME EN VAN)
KLAS: ……….…………………………………………………………………….
NAAM VAN ONDERWYSER: …………………………………………………………….
Ek verklaar hiermee dat die take wat vir assessering ingedien is, my eie oorspronklike werk is
en nie vantevore vir assessering of moderering ingedien is nie.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN KANDIDAAT DATUM
Sover my kennis strek, is die verklaring hierbo deur die kandidaat die waarheid en ek aanvaar
dat die werk wat aangebied is, sy/haar eie is.
___________________________________ ____________
HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM
SKOOLSTEMPEL
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
6. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan
demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf.
Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om
by hulle eie leerervarings betrokke te raak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
7. EKSPERIMENTINSTRUKSIES EN WERKSKAARTE
7.1 EKSPERIMENT 1: DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN DIE
RESULTANTE/NETTO KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA
EKSPERIMENTINSTRUKSIES
1. DOEL: Om die verwantskap tussen die resultante/netto krag wat op 'n voorwerp
uitgeoefen word en die versnelling vir 'n konstante massa te bepaal
2. APPARAAT/TOERUSTING
Dinamika-trollie Onrekbare toutjie
Drie massastukkies van gelyke massa Stophorlosie
Trolliebaan met 'n katrol Massahanger
3. PROSEDURE
Maak die trolliebaan skoon.
Stel die trolliebaan met 'n trollie op, soos hieronder getoon.
Massastukkie m
DIAGRAM 1
Sonder enige massastukkie, lig die een kant van die trolliebaan net genoeg op sodat die
trollie met 'n konstante snelheid teen die helling afrol.
Meet die lengte van die trolliebaan vanaf die voorwiel tot by die versperring.
Hang 'n stuk tou, met 'n massastukkie m wat aan die een punt vasgemaak is, oor die
katrol. Heg die ander kant van die tou aan die trollie sodat die trollie sal versnel wanneer
die massastukkie gelos word.
Gebruik 'n stophorlosie en meet die tyd vandat die trollie begin beweeg tot die tyd dat dit
die versperring tref. Herhaal hierdie aksie ten minste 3 keer.
Verwyder een massastukkie van die trollie en hang dit by die hangende massastukkie.
Teken die tyd aan wat dit die trollie neem om te versnel. Herhaal hierdie aksie ten minste
3 keer.
Verwyder die tweede massastukkie van die trollie en hang dit by die hangende
massastukke. Teken die tyd aan wat dit die trollie neem om te versnel. Herhaal hierdie
aksie ten minste 3 keer.
Gebruik die lesings om die gemiddelde snelheid te bereken.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4. DATAVOORSTELLING
1 massastukkie
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
2 massastukkies
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
3 massastukkies
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
WERKSKAART VIR DIE VERWANTSKAP TUSSEN VERSNELLING EN DIE
RESULTANTE/NETTO KRAG VIR 'N KONSTANTE MASSA
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
KRITERIA PUNTE
Korrekte opstel van apparaat 2
Skoonmaak van die trolliebaan 1
Oplig van die trolliebaan sodat die trollie met 'n konstante snelheid
1
beweeg
Meting: die lengte van die trolliebaan akkuraat 1
Meting: die massa van die trollie 1
Stophorlosie korrek gebruik 1
Logiese uitvoering van 'n reeks instruksies 1
(8)
2. DATAVOORSTELLING:
1 massastukkie
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
2 massastukkies
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
3 massastukkies
Eksperiment- Massa (kg) Δ𝒕 (s) Δ𝒗
nommer
1
2
3
Gemiddeld
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. Wat is die onafhanklike veranderlike? (1)
4. Gee 'n rede waarom die trolliebaan skoongemaak word. (1)
5. Gee EEN rede waarom die massastukkies van die trollie na die hangende massastuk
oorgedra is. (1)
6. Gebruik gemiddelde lesings om die resultante/netto krag te bereken vir:
6.1 1 massastukkie (4)
6.2 2 massastukkies (2)
6.3 3 massastukkies (2)
7. Teken die grafiek van Fnet teenoor versnelling deur die waardes wat in VRAAG 6
bereken is, te gebruik. (3)
8. Skryf 'n gevolgtrekking vir die eksperiment neer. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 13 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
7.2 EKSPERIMENT 3: DIE ARBEID ('POWER') WAT VERKWIS WORD IN
GLOEILAMPE WAT IN SERIE EN PARALLEL VERBIND IS
EKSPERIMENTINSTRUKSIES
1. DOEL: Om die arbeid ('power') wat verkwis word in gloeilampe wat in serie en parallel
verbind is, te bepaal.
2. APPARAAT/TOERUSTING:
LET WEL: Gloeilampe word as 6 V, 0,5 A (6 V, 3 W) geklassifiseer. Ons kan nie
6 V as die maksimum arbeid gebruik nie omdat dit die maksimum volt is.
Gebruik eerder 'n maksimum van 3 V vir hierdie eksperimente.
Gloeilampe met 'n tungsten-element moet verkieslik gebruik word.
Twee selle van 1,5 V elk (R 20 PP)
OF
1 x verstelbare kragbron
Batteryhouers vir R 20 PP-selle
Drie gloeilampe van 6 V, 0,5 A elk
Gloeilamphouers
Twee velle grafiekpapier
Geleidingsdrade
Skakelaar
Ammeter
Voltmeter OF twee multimeters
3. PROSEDURE
3.1 DEEL 1: SERIESTROOMBAAN
Algemene opstelling en voorsorgmaatreëls:
LET WEL: Maak seker dat die kragbron aanvanklik AFgeskakel is. Skakel dit
AAN en stel dit op 3 V voor enigiets verbind word. Sodra die
kragbron op 3 V gestel is, skakel dit weer AF en maak skakelaar S
OOP en volg dan die prosedure om die stroombaan te verbind:
DIAGRAM 3.1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 14 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Stel 'n stroombaan op soos in DIAGRAM 3.1 getoon.
Skakel die kragtoevoer AAN, sluit skakelaar S en meet die stroom deur die
gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilamp.
Teken die lesings in TABEL 3.1 hieronder aan.
Tabel met resultate:
TABEL 3.1
GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS PER
GLOEILAMPE (V) (A) STROOMBAAN (DRYWING)
1
2
3
Skakel die kragbron AF en maak S oop, skakel dan 'n tweede gloeilamp in
serie, soos getoon in DIAGRAM 3.2.
DIAGRAM 3.2
Sluit S meet die stroom deur die gloeilampe en die potensiaalverskil oor die
kombinasie van die twee gloeilampe.
Teken die lesings in TABEL 3.1 hierbo aan.
LET WEL: Maak skakelaar S altyd TOE en skakel dan die kragbron AF
voordat jy die volgende deel van die eksperiment doen.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 15 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Stel 'n stroombaan op, soos getoon in DIAGRAM 3.3.
DIAGRAM 3.3
Sluit skakelaar S en meet die stroom deur die gloeilampe en die spanning
oor die kombinasie van die drie gloeilampe.
Teken die lesings in TABEL 3.1 aan en skakel die stroombaan daarna AF.
3.2 DEEL 2: PARALLELLE STROOMBAAN
LET WEL: Maak seker dat die kragbron AFgeskakel en die skakelaar OOP is
en stel die stroombaan op, soos getoon in DIAGRAM 3.4.
DIAGRAM 3.4
Skakel die kragbron AAN en sluit dan skakelaar S en meet die stroom deur
die gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilamp.
Teken die lesings in TABEL 3.2 op die volgende bladsy aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 16 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Tabel met resultate: Parallelle stroombaan
TABEL 3.2
GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS PER
GLOEILAMPE (V) (A) STROOMBAAN (DRYWING)
1
2
3
Skakel die kragbron AF en voeg 'n tweede gloeilamp in parallel, soos getoon
in DIAGRAM 3.5.
DIAGRAM 3.5
Skakel die kragbron AAN en sluit dan skakelaar S en meet die stroom deur
die gloeilamp en die potensiaalverskil oor die gloeilampe.
Teken die lesings in TABEL 3.2 aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 17 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Skakel die stroombaan AF en voeg 'n derde gloeilamp in parallel by, soos
getoon in DIAGRAM 3.6.
DIAGRAM 3.6
Skakel die kragbron AAN, sluit skakelaar S en meet die stroom deur die
gloeilampe en die spanning oor die kombinasie van die drie gloeilampe.
Teken die lesings in TABEL 3.2 aan en skakel dan die stroom AF.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 18 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
WERKSKAART VIR DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN GLOEILAMPE WAT IN SERIE
EN PARALLEL VERBIND IS
1. PRAKTIESE VAARDIGHEDE
KRITERIA PUNTE
Voorsorgmaatreëls:
Vir verstelbare kragbron:
Kragbron aanvanklik afgeskakel en dan op 3 V gestel
Vir selle-kragbron:
Selle korrek verbind in serie in selhouers en die skakelaar was aanvanklik af 2
Opstelling:
DEEL 1:
o Korrekte verbinding van die eerste stap van die eksperiment (gloeilamp,
ammeter, skakelaar, weerstande en kragbron in serie en die voltmeter in
parallel met die gloeilampe)
o Voltmeter op geskikte skaal gestel
o Ammeter (multimeter) op geskikte skale gestel
o Korrekte byvoeging van gloeilampe in serieverbinding
o Stroombaan AFgeskakel voordat met DEEL 2 begin is
DEEL 2:
o Korrekte byvoeging van gloeilampe in parallelle verbinding
o Kragbron voorsorgmaatreëls
o AFgeskakel na voltooiing van elke lesing 7
(9)
2.
2.1 DEEL 1: BEPALING VAN DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN
GLOEILAMPE WAT IN SERIE VERBIND IS
Tabel met resultate: Seriestroombaan
TABEL 3.1
GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan BEPAAL DIE ARBEID VERKWIS
GLOEILAMPE (V) (A) (DRYWING)
1
2
3
(9)
2.2 Wat het die verandering in die stroom vir hierdie eksperiment veroorsaak
(serie-gloeilampe)? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 19 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.
3.1 DEEL 2: BEPALING VAN DIE ARBEID ('POWER') VERKWIS IN
GLOEILAMPE WAT IN PARALLEL VERBIND IS
Tabel met resultate: Parallelle stroombaan
TABEL 3.2
GETAL Vgloeilamp(e) Istroombaan ARBEID VERKWIS
GLOEILAMPE (V) (A) (DRYWING)
1
2
3
(7)
3.2 Wat het die verandering in die stroom vir hierdie eksperiment veroorsaak
(parallelle gloeilampe)? (2)
4. Trek 'n grafiek en toon die verwantskap tussen drywing ('power') en stroom vir die:
4.1 Serieverbinding van gloeilampe (4)
4.2 Parallelle verbinding van gloeilampe (4)
5. Skryf die gevolgtrekking van die eksperiment neer. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe 20 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
8. PAT-PUNTESTAAT 2020
KWARTAAL KWARTAAL 1 KWARTAAL 3
Eksperiment 1 Eksperiment 3
TOTAAL
Geweegde Geweegde
Rou Rou
Nr. VAN NAAM 30 45 40 55 100
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
Gemiddeld
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Technical Sciences.
- Grade 12 Technical Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Technical Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Technical Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Technical Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Technical Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Practical assessment task
Technical Sciences PAT GR 12 2022 Afr

Annual teaching plan
Gr 12 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Technical Sciences Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2025 Memo
%20June%202025%20Question%20Paper--d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea/v1-d81200affddaea8c29ec/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)
%202025%20Possible%20Answers--50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556/v1-462c7fccede41f8797cb/card.webp)
Memorandum
Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)
Related documents
_hlayiso.com_--672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb/v1-4d18227ce1d9c9164865/card.webp)
Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Technical Sciences

Question paper
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper

Errata
Technical Sciences Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Errata

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Technical Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315/v1-faa22c1a394655b2130a/card.webp)
Memorandum