Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
TOERISME
NOVEMBER 2014
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 





View all



%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)

Tourism Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 25
- File size
- 2.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 25
This exam
NSC November Exam 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Rond jou antwoorde in VRAAG 3.2 en 3.3 tot TWEE desimale plekke af.
5. Toon ALLE berekeninge.
6. Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
antwoord.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
in te deel.
AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD
(minute)
A Kortvrae 40 20
B Kaartwerk en Toerbeplanning, Buitelandsevaluta- 50 50
verhandeling
C Toerismebesienswaardighede, Kultuur- en 50 50
Erfenistoerisme, Bemarking
D Toerismesektore; Volhoubare en 30 30
Verantwoordelike Toerisme
E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme, 30 30
Kommunikasie en Kliëntediens
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die Grand Canyon is in die … geleë.
A VK
B VSA
C SAOG
D EU
1.1.2 Hierdie ikoon word in Londen aangetref:
A Auschwitz
B Niagara-waterval
C Big Ben
D Algarve
1.1.3 Die 2014 FIFA Wêreldbeker, 'n wêreldgebeurtenis, het die
volgende kenmerk:
A Die gasheerland word nie toegelaat om borgskappe vir die
gebeurtenis te kry nie.
B Slegs die gasheerland is verantwoordelik vir die befondsing
van die hele gebeurtenis.
C Slegs die gasheerland is verantwoordelik vir die toestaan van
mediaregte aan ander lande.
D Die gasheerland is 'n mede-organiseerder van die
gebeurtenis waaraan vele lande deelneem.
1.1.4 Die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Kenia is 'n voorbeeld
van hierdie tipe onvoorsiene gebeure:
Kenia-winkelsentrum-aanval
A Resessie
B Terrorisme
C Natuurramp
D Ongeluk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 4 DBE/November 2014
NSS
1.1.5 'n 18-jarige brugjaarstudent met 'n baie beperkte begroting sal
verkies om hierdie tipe verblyf en vervoer te gebruik:
A Selfsorgkothuis en gehuurde motor
B Rugsakstappers-lodge en openbare vervoer
C Luukse wildlodge en openbare vervoer
D Driesterhotel en 'n pendelbussie
1.1.6 Watter raad sou jy aan 'n toeris gee wat na 'n land reis waar
cholera uitgebreek het?
A Wend gereeld sonskerm aan.
B Drink gebottelde water.
C Moenie in die see swem nie.
D Drink malariapille.
1.1.7 'n Rede waarom baie lande in die Noordelike Halfrond DBT toepas:
A Om te voorkom dat daar te veel tydsones is
B Om meer dagligure vir ontspanning te hê
C Om minder dagligure vir ontspanning te hê
D Om die uitbreek van voëlgriep te voorkom
1.1.8 Noem die funksie van die organisasie wat in die volgende logo
uitgebeeld word:
A Lig toeriste in oor gesondheidsregulasies
B Lig rolspelers in toerisme in oor wêreldwye toerismestatistiek
C Reguleer lugreise in die lugvaartbedryf
D Reguleer handel in bedreigde spesies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 5 DBE/November 2014
NSS
1.1.9 Toeriste wat van wes na oos vlieg, volgens die rigting wat op die
kaart hieronder getoon word, sal ...
A 'n dag bykry deur oor die IDL te vlieg.
B 'n dag verloor deur oor die IDL te vlieg.
C een uur verloor deur oor die IDL te vlieg.
D nie 'n dag verloor of bykry deur oor die IDL te vlieg nie.
1.1.10 Hierdie godsdienstige ikoon word in Jerusalem in Israel aangetref:
A Mekka
B Die Klaagmuur
C Die Blou Moskee
D Die Taj Mahal
1.1.11 Suid-Afrikaanse buitelandse markaandeel verwys na …
A die internasionale bemarking van Suid-Afrika.
B die persentasie buitelanders wat na Suid-Afrika kom.
C Suid-Afrikaanse besighede wat deur buitelanders besit word.
D die persentasie uitgaande Suid-Afrikaanse reisigers.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 6 DBE/November 2014
NSS
1.1.12 FTTSA het onlangs hul naam na FTT verander. Die rede vir die
naamsverandering is dat hulle …
A billike en verantwoordelike besigheidspraktyk in Suid-Afrika
en buite die landsgrense aanmoedig.
B nie meer betrokke is by toerisme-aktiwiteite nie, want hulle
het hul bedrywighede na Europa verskuif.
C meer politieke beleid in hul bedryfsraamwerk in Suid-Afrika
ingesluit het.
D hul kantore na New York verskuif het en alle bande met Suid-
Afrika verbreek het.
1.1.13 Die driedubbele slotreël het sy oorsprong uit die 2002 King II-
verslag, wat die agtergrond vir ... in toerisme is.
A tegnologie
B volhoubaarheid
C uitnemendheid
D seisoenaliteit
1.1.14 Een van die byvoordele in 'n kajuitbeampte se dienskontrak is ...
A jaarlikse verlof.
B kraamverlof.
C afslag op reise.
D maandelikse besoldiging.
1.1.15 'n Gedragskode vereis hierdie tipe integriteit:
A 'n Goeie waardestelsel
B Vaardigheidsontwikkeling
C Verkryging van kwalifikasies
D Om 'n nuwe loopbaanrigting te vind
1.1.16 Hierdie faktore skep 'n positiewe beeld van die personeel van 'n
maatskappy:
A Persoonlike versorging, persoonlike higiëne en 'n brandstof-
toelaag
B Maandelikse inkomste, goeie kommunikasievaardighede en
positiewe interaksie met klante
C Goeie kommunikasievaardighede, tydelike personeel en
positiewe interaksie met klante
D Persoonlike versorging, persoonlike higiëne, goeie
kommunikasievaardighede en positiewe interaksie met klante
1.1.17 Die drie 'P's' van volhoubare toerismepraktyke is planeet, profyt
en …
A promosie ('planet, profit, promotion').
B verpakking ('planet, profit, packaging').
C mense ('planet, profit, people').
D prys ('planet, profit, price').
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 7 DBE/November 2014
NSS
1.1.18 Die bewaring van plaaslike kultuur en die verkoop van plaaslike
kuns en kunsvlyt vorm deel van die … pilare van volhoubare
toerismepraktyke.
A maatskaplike en omgewings-
B ekonomiese en omgewings-
C omgewings- en mense-
D maatskaplike en ekonomiese
1.1.19 Om op 'n vriendelike wyse met klante te kan omgaan, is 'n …
vaardigheid vir 'n werknemer in die toerismebedryf.
A tegniese
B rekenaargeletterdheids-
C beroepsgerigte
D interpersoonlike
1.1.20 'n Toerismebesienswaardigheid kan sy sukses verseker deur …
A die etiese gedrag van sy personeellede te verbeter.
B die veiligheids- en sekuriteitsplanne van die besiens-
waardigheid te verontagsaam.
C klante van ander besienswaardighede weg te lok met
onrealistiese beloftes.
D toeriste toe te laat om die reëls te verontagsaam, solank daar
'n wins gemaak word. (20 x 1) (20)
1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur die
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 Bankaankoopkoers.
belastingvrye goedere; verbode goedere; BBP; vermenigvuldigereffek;
valutaskommeling; wisselkoers; BNP
1.2.1 Die totale waarde van alle goedere en dienste wat vir die jaar 2013
in Suid-Afrika geproduseer is (1)
1.2.2 Die vermoë van die Suid-Afrikaanse toerismebedryf om direkte en
indirekte werksgeleenthede te skep (1)
1.2.3 Goedere wat vrygestel is van belasting (1)
1.2.4 Goedere wat nie deur doeane geneem mag word nie (1)
1.2.5 Die veranderings in die waarde van geldeenhede op 'n
betrokke dag (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 8 DBE/November 2014
NSS
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.
1.3.1 Die (gedragskode/dienskontrak) bevat inligting oor die
diensvoorwaardes. (1)
1.3.2 (Betroubaarheid/Stiptelikheid) is een van die grondbeginsels
van FTT. (1)
1.3.3 (TOMSA/CATHSSETA) vorder toerismeheffings in wat gebruik word
om Suid-Afrika te bemark. (1)
1.3.4 'n Toeris word aangeraai om (elektroniese fondsoordrag
('EFT')/kontant) te gebruik om vir 'n taxi te betaal. (1)
1.3.5 'n Buro vir buitelandse valuta in Suid-Afrika sal die (BAK/BVK)
gebruik wanneer 'n buitelandse toeris dollar vir rand verruil. (1)
1.4 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Personeellede van Peter's Tours A natuurlike Wêrelderfenis-
verf 'n crèche op Mandela-dag terrein
1.4.2 Die San-rotstekeninge in die B voorkeurverskaffing
uKhahlamba-berge
C korporatiewe
1.4.3 Die Vredefortkoepel in die Vrystaat maatskaplike belegging
1.4.4 Die toekenning van 'n tender aan D driedubbele slotreël
'n toerismebesigheid
E kulturele Wêrelderfenis-
1.4.5 KwaZulu-Natal se Toerisme- terrein
owerheid betaal vir die ontwerp
van 'n kronkelroetekaart van die F bemarking
San-rotstekeninge
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 9 DBE/November 2014
NSS
1.5 Bestudeer die poskaart hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
1.5.1
€2
Mnr. J Otten
1.5.2 1.5.3 Posbus 345
Middelburg
1.5.4
2546
Mpumalanga
Suid-Afrika
1.5.5
Noem die VYF lande wat die toeris besoek het.
Skryf slegs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) en die naam van die land in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 China. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 10 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING, BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die inligting wat gegee word en
beantwoord die vrae wat volg.
Johannesburg
Berlyn
Londen
Rio de Janeiro
00
00
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 11 DBE/November 2014
NSS
Die eindwedstryd van die 2014 FIFA
Wêreldbeker is op 13 Julie 2014 in die
Maracana-stadion in Rio de Janeiro gespeel.
FIFA WÊRELDBEKER Die afskoptyd was om 16:00, Brasiliaanse
plaaslike tyd.
[Aangepas uit www.fifa.com]
2.1.1 Die afskoptyd in Rio de Janeiro was om 16:00. Duitsland pas DBT
toe.
Bereken die tyd en die datum waarop Duitsers in Berlyn na die
afskop kon kyk. (5)
2.1.2 Brasilië pas DBT toe.
Dink jy hulle sal DBT gedurende die Wêreldbeker toepas? Gee
EEN rede vir jou antwoord. (2)
2.1.3 Suid-Afrikaanse sokkergeesdriftiges het via São Paulo na Rio de
Janeiro gevlieg om na enkele van die Wêreldbekerwedstryde te
gaan kyk. Hulle het op Maandag 16 Junie 2014 om 10:30 op vlug
SA222 vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. Hul
totale vliegtyd, wat oorstaantyd in São Paulo ingesluit het, was
14 uur.
Bereken hul aankomstyd in Rio de Janeiro. Toon ALLE (5)
berekeninge.
2.1.4 Gee EEN rede waarom 'n toeris aan vluguitputting sal ly ná 'n vlug
van Londen na Suid-Afrika. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 12 DBE/November 2014
NSS
2.2 Bestudeer die foto's en die lys items hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
ROOI KANAAL
Goods to declare
Goedere om te verklaar
GROEN KANAAL
Nothing to declare
Niks om te verklaar nie
LYS ITEMS
• Geregistreerde kamera
• Vuurwapen
• 50 mℓ parfuum
• 10 x ontwerpersjeans vir 'n winkel in Sandton
• Sigarette x 400
• 1 bottel wyn
Tabuleer die items in die lys hierbo volgens die korrekte kanaal wat
inkomende toeriste sal volg.
Teken die tabel in jou ANTWOORDEBOEK oor en skryf slegs die kanale en
die korrekte items in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld:
ROOI KANAAL GROEN KANAAL
Struike 2 pakkies lekkergoed
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 13 DBE/November 2014
NSS
2.3 Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Toeriste kan die volgende op die AA se webtuiste vind:
• 'n Roetebeplanningsinstrument
• Digitale en aflaaibare kaarte
• Rekenaar om afstande te bereken
• Inligting oor tolgelde en toestand van paaie
[Aangepas uit 'n AA-advertensie, Julie 2013]
2.3.1 (a) Noem die reisdokument wat deur die AA uitgereik word. (2)
(b) Noem EEN vereiste waaraan voldoen moet word om die
dokument wat in VRAAG 2.3.1(a) genoem is, te kry. (2)
2.3.2 Gee EEN rede waarom 'n reisagent op die AA se webtuiste die
rekenaar om afstande te bereken, sal gebruik om 'n reisprogram op te
stel. (2)
2.4 Verduidelik EEN rede waarom Suid-Afrikaanse toeriste 'n reiskliniek sal
besoek voordat hulle na Zimbabwe reis. (2)
[28]
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LAND VALUTAKODE BAK BVK
Verenigde Koninkryk GBP 15.79 16.53
Europese lande EUR 13.27 13.88
Japan JPY 0.10 0.11
3.1.1 Noem die amptelike geldeenheid wat deur 18 Europese lande
gebruik word. (1)
3.1.2 Vanuit 'n toerisme-oogpunt, noem EEN voordeel van die gebruik van
die enkele geldeenheid wat in VRAAG 3.1.1 genoem is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 14 DBE/November 2014
NSS
3.2 Die koste van brandstofinname van 'n privaat huurvliegtuig word op die
brandstofpomp hieronder getoon. (Verwys na die wisselkoerstabel in
VRAAG 3.1 om die vrae te beantwoord.)
'n Britse toeris in Suid-Afrika het 300 pond. Hy verruil sy pond vir rand.
Bereken die bedrag in rand wat hy oor het nadat hy vir die brandstof betaal het.
Toon ALLE berekeninge. (4)
3.3 'n Suid-Afrikaanse besigheidstoeris besoek Japan en het R5 000 om te
spandeer.
Bereken die bedrag wat hy in jen sal ontvang deur na die inligting in die
wisselkoerstabel in VRAAG 3.1 te verwys. Toon ALLE berekeninge. (3)
3.4 Bespreek die konsepte van buitelandse valuta wat met toerisme verband hou
in 'n paragraaf.
Sluit die volgende aspekte by jou paragraaf in:
• Toeriste se behoefte aan ander geldeenhede (2)
• Wisselkoerse (2)
• Veranderings in waarde (2)
• Die invloed van 'n swak rand op inkomende en uitgaande toerisme (4)
• Voorafgelaaide buitelandsevaluta-debietkaarte as die voorkeurbetalings-
metode (2)
[22]
TOTAAL AFDELING B: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 15 DBE/November 2014
NSS
AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE, KULTUUR- EN ERFENIS-
TOERISME, BEMARKING
VRAAG 4
4.1 Verwys na die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
A B
[Bron: en.wikipedia.org]
4.1.1 Kelly en Mavis het albei onlangs hul graad in argitektuur verwerf. Hulle
wil graag ikoon A en ikoon B besoek.
(a) Identifiseer ikoon A en ikoon B. (2)
(b) Noem die stede waar ikoon A en ikoon B geleë is. (2)
4.1.2 Beskryf EEN argitektoniese kenmerk van ikoon A en EEN
argitektoniese kenmerk van ikoon B. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 16 DBE/November 2014
NSS
4.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE GROOT ONTNUGTERING
Daar is vasgestel dat die Taj Mahal 'n lewensgevaarlike siekte het, wat as
marmerkanker bekend staan. Kenners meen dat as die lug nie gemonitor en
gesuiwer word nie, die buitekant van hierdie besienswaardigheid uiteindelik
swart sal verkleur.
UNESCO het 'n skoonmaakprogram van stapel gestuur. Voorkomende
maatreëls sluit in:
• Die skoonmaak van die marmer
• Navorsing oor die beste moontlike skoonmaakprodukte wat die minste
invloed op die marmer sal hê
• Die gebruik van waterbestande deklae aan die buitekant
'n Groen sone is ook rondom die besienswaardigheid gevestig. Dit verbied die
oprigting van nywerhede en bevorder die aanplant van bome. Olieraffinaderye
is aangeraai om hul besoedelingsvlakke te verlaag en hulle word aangemoedig
om van steenkool na gas oor te skakel.
Verkeer is ook 'n ernstige probleem in die omgewing met hoë vlakke
koolstofmonoksied in die lug. Die ikoon lok jaarliks meer as 7 miljoen toeriste.
Energiebesparende busse word tans gebruik om mense na en van die
besienswaardigheid te vervoer.
[Aangepas uit www.preservationeng.net]
4.2.1 Noem TWEE faktore in die gevallestudie wat tot die agteruitgang van
die Taj Mahal bygedra het. (4)
4.2.2 (a) Verduidelik EEN rede waarom UNESCO betrokke is by die
probleem wat met die Taj Mahal verband hou. (2)
(b) Gee TWEE redes waarom dit vir UNESCO belangrik is om
navorsing oor die skoonmaakprodukte in hul
skoonmaakprogram te doen. (2 x 2) (4)
4.2.3 Die Taj Mahal is een van die Sewe Wonders van die Wêreld. Dit is in
die land se belang dat die Indiese Toerisme-owerheid die volgehoue
sukses van die Taj Mahal sal verseker.
Gee aan die Indiese Toerisme-owerheid raad oor EEN manier waarop
hulle die voortgesette sukses van die besienswaardigheid kan
verseker. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 17 DBE/November 2014
NSS
4.3 Lees die uittreksel hieronder, bestudeer die rotstekening en beantwoord die
vrae wat volg.
Jy is deur die munisipaliteit van Boesmanskloof in die Sederberg-streek gevra
om verantwoordelikheid te aanvaar vir die verwaarloosde San-rotskuns-
besienswaardigheid. Dit is nie meer gewild nie en bevorder nie meer toerisme
na die dorp nie.
EEloves
lovesJJ
Kilroywas
Kilroy was
here
here
[Aangepas uit www.south-africa-tours-and-travel.com]
4.3.1 (a) Identifiseer die tipe kriminele aktiwiteit wat op die rotstekening
hierbo uitgevoer is. (1)
(b) Noem EEN oplossing om te voorkom dat hierdie tipe kriminele
aktiwiteit in die toekoms plaasvind. (2)
4.3.2 'n Toeris het gekla dat die sekuriteitswag by die rotskunsterrein op
betaling aandring as iemand foto's van die rotstekeninge wil neem.
(a) Bespreek EEN rede waarom die sekuriteitswag se optrede
oneties is. (2)
(b) Verduidelik EEN manier waarop die bestuurder die kwessie
hierbo as deel van sy bestuursplan sal aanpak om die
voortgesette sukses van die besienswaardigheid te verseker. (2)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 18 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 5
5.1 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WÊRELDERFENISTERREINE (WET) VAN SUID-AFRIKA
A
B
[Bron: www.saexplorer.co.za]
5.1.1 (a) Identifiseer Wêrelderfenisterrein A en B. (2)
(b) Noem die provinsie waarin die Wêrelderfenisterreine wat in
VRAAG 5.1.1(a) geïdentifiseer is, geleë is. (1)
5.1.2 Beskrywings van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika word hieronder
gegee. Noem en pas elke WET by sy ligging op die kaart hierbo,
byvoorbeeld uKhahlamba-Drakensbergpark – 7.
(a) Hierdie terrein was 'n plek waar 'n hoogs gesofistikeerde
beskawing met China, Indië en Egipte in goud en ivoor handel
gedryf het. (2)
(b) Hierdie terrein bevat sensitiewe ekosisteme van Afrika se
marine-, vleiland- en savanna-omgewings. (2)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
'n Paar jaar gelede is die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap aan
die Nama-mense terugbesorg. Vandag het hulle dit reggekry om 'n balans te
vind tussen hul voorvaders se 'leef-van-die-land'-leefstyl en die behoefte aan
bewaring.
[Aangepas uit www.safarinow.com]
5.2.1 Verduidelik TWEE maniere waarop die Richtersveld Kulturele
Landskap aan UNESCO se kulturele kriteria voldoen. (4)
5.2.2 Noem EEN manier waarop die Nama-gemeenskap voordeel trek uit
die Richtersveld Kulturele Landskap as 'n Wêrelderfenisterrein. (2)
[13]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 19 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 6
Bestudeer die spinnekopdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Het jy geweet Het jy geweet dat
dat ek Suid-Afrika se
Suid-Afrika die handelsmerk-
herkenbaarste ambassadeur is?
vlag in die
wêreld het?
Charlize Theron (aktrise)
'n Handelsmerk is nie bloot 'n logo of 'n
slagspreuk nie; dit verteenwoordig die
land en hoe sy mense die wêreld raak.
Miller Matola (HUB van Handelsmerk Suid-Afrika)
[Aangepas uit gridworldwide.prosite.com]
6.1 Die opmerkings hierbo bevorder Suid-Afrika se beeld as 'n
toeristebestemming.
Verwys na die opmerkings hierbo en stel TWEE ander maniere voor waarop
gewone Suid-Afrikaners ook ambassadeurs kan wees wat Suid-Afrika as 'n
toeristebestemming bevorder. (4)
6.2 Bespreek DRIE positiewe maniere waarop 'n herkenbare wêreldhandelsmerk
Suid-Afrika as 'n aantreklike voorkeurbestemming kan posisioneer. (3 x 2) (6)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 20 DBE/November 2014
NSS
AFDELING D: TOERISMESEKTORE, VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
TOERISME
VRAAG 7
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Steak Beef Ranches is al die afgelope 30 jaar deel
van die Suid-Afrikaanse familie en behou steeds sy
handelsmerkbeeld, fisiese voorkoms en kenmerke.
Dit het alles in 1977 begin toe die stigter, mnr. Xolani,
R3 000 belê het om die eerste Steak Beef Ranch in
Rondebosch, Kaapstad, oop te maak. Die restaurant
het vinnig 'n reputasie ontwikkel vir smaaklike,
voedsame, waarde-vir-geld-etes. Die besigheid het
oor die laaste 30 jaar gegroei tot die huidige 200
Steak Beef Ranches en is een van Suid-Afrika se
herkenbaarste gesinsrestaurante.
7.1 Verwys na die uittreksel hierbo en verduidelik hoe hierdie maatskappy daarin
geslaag het om 'n positiewe handelsmerkbeeld deur die volgende te vestig:
7.1.1 Hul logo (2)
7.1.2 Die naam van die besigheid (2)
7.1.3 Die fisiese voorkoms van die besigheid (2)
7.1.4 Die spesiale trekpleister vir ouers met jong kinders (2)
7.2 Noem TWEE voordele daarvan dat die Steak Beef Ranches 'n herkenbare,
positiewe beeld het. (2 x 2) (4)
7.3 Verwys na die foto's hierbo en bespreek TWEE punte wat deel kan vorm van
die kleredragreëls vir kelners wat by 'n Steak Beef Ranches-restaurant werk.
(2 x 2) (4)
[16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 21 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 8
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CTi Koeriers – Gebruik ons as jou afleweringsdiens.
Ons lewer betyds af, enige plek in die wêreld.
CTi is 'n tipiese voorbeeld van 'n ondersteunende diens in toerisme wat
hoofsaaklik die VBKU*/VUSG** (Engels: MICE*/MESE**)-sektor bedien.
*VBKU: Vergaderings, Belonings, Konferensies, Uitstallings **VUSG: Vergaderings, Uitstallings, Spesiale
Gebeurtenisse
*MICE: Meetings, Incentives, Conferences, Exhibitions **MESE: Meetings, Exhibitions, Special Events
Laat die planeet 'n beter plek vir die nageslag agter
CTi is toegewy aan korporatiewe maatskaplike belegging (KMB/'CSI') en glo dat, as 'n
wêreldorganisasie, daar drie hoofareas is wat ons help om ons doelwit te bereik, om te verseker dat ons
die planeet 'n beter plek vir die nageslag agterlaat.
Ons KMB-strategieë is: Lewer beter lewens, CTi-dinkgroen, Vervoer jou besigheid
CTi lewer
af via
spoor,
pad, water
en lug.
KORPORATIEWE
MAATSKAPLIKE
BELEGGING
(KMB)
[Aangepas uit www.go2uti.com]
8.1 8.1.1 Wat verstaan jy onder KMB ('CSI')? (2)
8.2 8.2.1 Identifiseer CTi se strategie met betrekking tot omgewingsbewustheid. (2)
8.2.2 Verduidelik EEN manier waarop CTi voordeel kan trek deur 'n
omgewingstrategie deel van sy KMB ('CSI') te maak. (2)
8.3 As gevolg van die aard van CTi se besigheidsbedrywighede het hulle 'n
verantwoordelikheid om hul koolstofvoetspoor te verminder.
Stel DRIE punte voor wat in CTI se omgewingsbeleidstuk oor padvervoer ingesluit
kan word. (6)
8.4 Identifiseer die volhoubaretoerisme-pilaar in die diagram hierbo waarna 'Lewer
beter lewens' verwys. (2)
[14]
TOTAAL AFDELING D: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 22 DBE/November 2014
NSS
AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME,
KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Wêreldtoerismedag, wat jaarliks op 27 September gevier word, is die grootste
internasionale gebeurtenis in toerisme. Die doel van hierdie dag is om die
wêreldgemeenskap van die belangrikheid van toerisme en die maatskaplike,
kulturele, politieke en ekonomiese waarde daarvan bewus te maak.
Die gebeurtenis poog om die universele uitdagings, soos in die Verenigde
Nasies se Millennium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD'e) omskryf word, aan te
pak en die toerismesektor se bydrae om hierdie doelwitte te bereik, te
beklemtoon.
Mexiko in Sentraal-Amerika is gekies as die amptelike gasheerland vir
Wêreldtoerismedag (WTD) in 2014 en Burkina Faso in Wes-Afrika vir WTD in
2015. Die onderskeie temas sal 'Toerisme en Gemeenskapsontwikkeling' vir
2014 en 'Een Miljard Toeriste, Een Miljard Geleenthede' vir 2015 wees.
[Bron: www.media.unwto.org]
9.1.1 Noem EEN manier waarop die aanbied van Wêreldtoerismedag
waarde tot 'n land kan toevoeg. (2)
9.1.2 Verduidelik hoe Burkina Faso op kulturele gebied voordeel kan trek uit
die aanbied van WTD. (2)
9.1.3 Die tema vir 2015 in Burkina Faso is 'Een Miljard Toeriste, Een Miljard
Geleenthede'.
Gee TWEE moontlike redes waarom hierdie tema vir
Wêreldtoerismedag 2015 gekies is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 23 DBE/November 2014
NSS
9.2 Die waarskuwingsteken hieronder word naby hoërisiko-tsoenami-areas
vertoon.
TSOENAMI-GEVAARSONE
IN GEVAL VAN AARDBEWING,
BEWEEG NA HOOGLIGGENDE GEBIED
OF DIE BINNELAND
[Bron: www.jaxshells.org]
9.2.1 Gee EEN rede waarom hierdie waarskuwingsteken 'n belangrike deel
uitmaak van rampbestuursplanne by besienswaardighede. (2)
9.2.2 Noem EEN negatiewe invloed wat hierdie natuurramp op 'n land as 'n
toerismebestemming sal hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 24 DBE/November 2014
NSS
9.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKAANSE BUITELANDSETOERISTE-AANKOMSTE:
2011 IN VERGELYKING MET 2012
Getal toeriste
China Indië
Frankryk
VSA
VK
Duitsland Australië Nederland
2011 2012
[Bron: www.statsa.gov.za]
9.3.1 Identifiseer Suid-Afrika se hoof inkomende mark. (2)
9.3.2 Suid-Afrikaanse Toerisme behoort in die bemarking van Suid-Afrika in
Nederland te belê.
Stem jy saam met hierdie stelling? Gee EEN rede vir jou antwoord. (2)
9.4 Suid-Afrikaanse Toerisme doen navorsing oor die duur van verblyf in elke
provinsie.
9.4.1 Gee EEN rede waarom toerismebesighede toegang tot hierdie
inligting moet hê. (2)
9.4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
DIE GEMIDDELDE DUUR VAN VERBLYF IN
GAUTENG EN DIE WES-KAAP
SAT se visie vir 2015 is om die getal bednagte tot 10,5 nagte
per reis te laat toeneem.
WES-KAAP GAUTENG
7,5 nagte 7,5 nagte
Noem EEN aksieplan wat verblyfinstellings kan implementeer om aan
SAT se visie vir 2015 te voldoen. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Toerisme 25 DBE/November 2014
NSS
9.5 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ELEKTRONIESE OORPLASING VAN FONDSE
[Bron: www.scoopsandiego.com]
9.5.1 Verduidelik die elektroniese oorplasing van fondse wat in die foto
hierbo uitgebeeld word, as betaalmetode in die toerismebedryf. (2)
9.5.2 Noem EEN voordeel van hierdie betaalmetode. (2)
[24)
VRAAG 10
Bestudeer die kliënteterugvoer-instrumente A en B hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
A B
OPNAME:
Uitstekend:
Goed:
Redelik:
Swak:
[Bron: www.cartoondoc.stock]
10.1 Identifiseer die TWEE soorte terugvoer-instrumente wat in A en B hierbo
getoon word. (2)
10.2 Noem EEN nadeel van die gebruik van terugvoer-instrument A. (2)
10.3 Gee EEN rede waarom terugvoer-instrument B 'n meer doeltreffende
kliënteterugvoermetode vir 'n besigheid is. (2)
[6]
TOTAAL AFDELING E: 30
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2021 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2020 Question Paper (English)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Tourism Grade 12 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Tourism

Annual teaching plan
Gr 12 Tou ATP 2023 24

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape March Test 2025 Memo

Memorandum
Tourism Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Tourism Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f/v1-8f09803d169b1635b811/card.webp)
Question paper
Tourism Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (English)

Memorandum