Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I
Tyd: 3 uur 100 punte
LEES DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en 'n Insetsel van 1 bladsy (i). Maak asseblief
seker dat jou vraestel volledig is.
2. BEANTWOORD AL 5 VRAE.
3. Lees elke vraag noukeurig deur voordat jy jou antwoord formuleer.
4. Skryf netjies en op 'n duidelike en gestruktureerde wyse: Gebruik volsinne en
paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Geen punte sal toegeken word
vir lyste feite of diagramme nie.
5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Onderstreep die name van kunstenaars en kunswerke.
7. Jy mag nie na die visuele bronne wat in Vrae 1, 4 en 5 verskaf word in enige ander
vrae verwys nie.
8. Moenie inligting herhaal nie. Geen punte sal toegeken word vir dieselfde inligting in
'n ander vraag nie.
9. Waar 'n vraag EN/OF bevat, mag jy EEN aspek of AL die kriteria bespreek.
10. LET WEL: Bestee ongeveer 45 minute tot 'n uur van jou tyd om Vraag 5 te
beantwoord.
11. Antwoorde moet voltooi word in die Antwoordboek wat voorsien is.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all





VA P1 2019 Afr hlayiso.com
Visual Arts · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Pages
- 8
- File size
- 1.4 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 8
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 2 van 8
VRAAG 1 VISUELE GELETTERDHEID
Bestudeer Afbeeldings A, B en C, lees die teks en beantwoord dan die vrae wat volg.
Gebruik Afbeeldings A, B en C SLEGS vir VRAAG 1.
Afbeelding A (links)
Daniel Popper (Hoofkunstenaar)
Reflections
2013
AfrikaBurn, Tankwa.
'n Drie-vlak, tien meter hoë
installasie wat van hout en staal
gemaak is.
AfrikaBurn is 'n gemeenskap van
deelnemers wat bymekaarkom
om 'n tydelike kunsstad,
temakampe, kostuums, musiek,
mutantvoertuie en brandende
strukture te skep. Alles word een
keer per jaar deur die vrywillige
kultuur van die inwoners van
Tankwa-dorp in die Karoo geskep.
Niks behalwe ys word tydens die
geleentheid te koop aangebied
nie. Daar is geen smouse,
advertensies of handelsmerke nie.
Hulle hoort eenvoudig nie daar
nie. Daar is nie eens ruilhandel
nie; dit is 'n nie-kommersiële sone
met 'n gee-ekonomie wat gaan
oorgee sonder om iets terug te
verwag.
Reflections, Afbeelding A en B, is
van hout en staal gebou. Die
buitekant het die rou organiese
kleur van die hout behou. Dit het
'n jaar lank daar gestaan en is in
2014 verbrand. Die projek is
Afbeelding B (bo) moontlik gemaak deur die
mildelike skenkings van 'n aantal
Daniel Popper (Hoofkunstenaar) brand-deelnemers en vriende.
Reflections (brandend) Daniel Popper was die leier-
kunstenaar van hierdie projek. 1
2014
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 3 van 8
Afbeelding C Women are Heroes is 'n projek wat tussen 2008 en 2009
in verskillende stede in Afrika, Brasilië, Indië en Kambodja
JR (Franse aktivis en uitgevoer is. JR is 'n anonieme Franse kunstenaar en
kunstenaar) aktivis.
Women are Heroes-reeks Die projek erken en beklemtoon die sosiale rol van vroue
2009 in hierdie konflikgeteisterde gebiede. JR se foto's van
plaaslike vroue openbaar hul ongelukkige verhale en hulle
'n Lugfoto van 'n nie-amptelike word die "helde" van die landskap waarmee hulle verbind
uitstalling bestaande uit gedrukte word.
foto's wat op die dakke van
geboue in Kibera, Nairobi, geplak In Kenia, Soedan, Sierra-Leone en Liberië is die geweld
is. waaraan vroue tydens gewapende konflikte in Afrika
onderwerp is, die mees ekstreme uitdrukking van die
diskriminasie waarvan hulle in vredestyd slagoffers is. Toe
JR hulle ontmoet het, het hy hul krag, moed en stryd
eerstehands beleef. 2
Aan die begin van 2009 het JR die dakke van Afrika se
grootste krotbuurt in Kibera (Nairobi, Kenia) gebruik vir 'n
nie-amptelike uitstalling. Dit was in hierdie krotbuurt dat
konflik in Februarie 2008 na die presidensiële verkiesing
uitgebreek het. 3
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 4 van 8
1.1 Watter rol speel skaal in Reflections (Afbeeldings A en B)? (2)
1.2 Daniel Popper het met baie ander saamgewerk wat gehelp het om die werk
Reflections (Afbeelding A) te skep. Wie behoort krediet vir hierdie werk te
kry, en hoekom? (3)
1.3 Sou jy Reflections (Afbeeldings A en B) as Kuns of Handwerk
kategoriseer? Motiveer jou antwoord deur die kriteria te verduidelik wat jy
sou gebruik om die werk te definieer. (3)
1.4 Verduidelik waarom albei werke wat in Afbeeldings A en C verteenwoordig
word, as "nie-amptelike uitstallings" beskou kan word. (2)
1.5 Verwys na Afbeelding C. Evalueer hoe visueel en konseptueel suksesvol
hierdie werk is om openbare bewustheid te skep van die probleme wat die
vroue in hierdie gemeenskap ondervind. (5)
[15]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 5 van 8
VRAAG 2 TWINTIGSTE-EEUSE KUNS, VAN DADA TOT DIE 1970's,
KONSEPTUELE KUNS UITGESLUIT
Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Afbeelding D
Surrealistiese kunstenaars
Exquisite Corpse
1928
Die speletjie van die Exquisite Corpse is
in 1925 deur die Surrealiste begin.
Volgens Breton was een manier om
psigiese ruimte te ontsluit die gebruik
van speletjies soos Exquisite Corpse,
waar individuele kunstenaars beurte
maak om verskillende dele van 'n
"liggaam" op 'n enkele vel papier te
teken. Surrealiste het sulke speletjies
gebruik om hul onderbewussyn as 'n
vorm van kreatiewe inspirasie te
openbaar.
4
2.1 Kies die werk van EEN kunstenaar uit Surrealisme en EEN kunstenaar uit
Abstrakte Ekspressionisme wie se werk "die onderbewussyn openbaar
het".
Skryf die naam van die kunstenaar, die titel van die kunswerk en 'n kort
beskrywing van die kunswerk neer vir elk van die TWEE gekose
kunswerke. (4)
2.2 Bespreek die kreatiewe proses agter elke gekose kunswerk en verduidelik
hoe elke kunstenaar in hul eie "onderbewuste" gedelf het. (6)
2.3 In watter mate het jou kunsopvoeding jou gehelp om verdere insig te verkry
in die betekenis van albei geselekteerde kunswerke in vergelyking met
kykers wat geen formele kunsopvoeding het nie? (5)
[15]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 6 van 8
VRAAG 3 KONSEPTUELE EN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE
KUNS
Lees die volgende aanhaling en beantwoord die vrae wat volg.
Om te leer van kuns of via die internet daarna te kyk, verskaf nie die volle prentjie nie.
Die enkele belangrikste element in die kunswêreld is steeds die emosionele band wat
tussen die kunswerk en die kyker bestaan.
Steven Murphy
5
3.1 Kies EEN kunswerk deur 'n Konseptuele OF Kontemporêre internasionale
kunstenaar wat slegs deur persoonlike waarneming ten volle waardeer en
verstaan kan word.
EN
Kies EEN kunswerk deur 'n ander Konseptuele OF Kontemporêre
internasionale kunstenaar wat ten volle waardeer en verstaan kan word
wanneer jy daarvan geleer het en dit op die internet besigtig het.
Vir elk van die TWEE gekose kunswerke, skryf die naam van die kunstenaar,
die titel van die kunswerk en 'n kort beskrywing van die kunswerk neer. (4)
3.2 Bespreek die konsep EN/OF kreatiewe proses agter elke kunswerk. (8)
3.3 Verduidelik hoekom die eerste kunswerk wat jy gekies het, slegs ten volle
waardeer en verstaan kan word wanneer jy dit persoonlik besigtig. (4)
3.4 Verduidelik hoekom die tweede kunswerk wat jy gekies het, ten volle
waardeer en verstaan kan word wanneer jy daarvan geleer het en dit op die
internet besigtig het. (4)
[20]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 7 van 8
VRAAG 4 WEERSTANDSKUNS IN SUID-AFRIKA (1976–1994)
Kyk na Afbeelding E hieronder, lees ALBEI aanhalings en beantwoord die vrae wat volg:
Afbeelding E
Birgit Walker
Soweto, Crimes Against Humanity
1977
Birgit Walker se anti-apartheid plakkaat is
gebruik in die 1978-kalender wat deur die
Amerikaanse Komitee oor Afrika
gepubliseer is. 6
Aanhaling 1:
"Onderwys moet mense oplei in
ooreenstemming met hul geleenthede in die
lewe, volgens die sfeer waarin hulle woon."
– Dr Hendrik Verwoerd 7
Aanhaling 2:
"Dit was nie 'n gebrek aan vermoë wat my
mense beperk het nie, maar 'n gebrek aan
geleenthede."
– Nelson Mandela 8
4.1 Verduidelik die belangrikheid van die onderwerp in Afbeelding E. (2)
4.2 Wat verteenwoordig die kleure rooi en wit? (2)
4.3 Uit Suid-Afrikaanse Weerstandskuns (1976–1994), kies TWEE kunstenaars
en EEN kunswerk van ELKE kunstenaar wie se werk die gebrek aan
geleenthede uitbeeld wat die onderdruktes tydens apartheid ervaar het.
Vir elk van die TWEE gekose kunswerke, skryf die naam van die kunstenaar,
die titel van die kunswerk en 'n kort beskrywing van die kunswerk neer. (4)
4.4 Verduidelik hoe elke kunstenaar se keuse van onderwerp, kreatiewe
proses, gebruik van medium EN/OF konsep die gebrek aan geleenthede
toon wat die onderdruktes tydens apartheid ondervind het. (10)
4.5 Evalueer watter van die geselekteerde kunswerke steeds relevant is in 'n
kontemporêre Suid-Afrikaanse konteks. (2)
[20]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I Bladsy 8 van 8
VRAAG 5 KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE KUNS (POST 1994)
Kyk na Afbeelding F hieronder, lees die meegaande teks en skryf 'n opstel in
reaksie daarop.
Afbeelding F
Nelson Makamo
Visions of a Limitless Future
2018
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Nelson
Makamo, is in Februarie 2019 genader om 'n
kunswerk vir die voorblad van Time-tydskrif
te skep. Die titel van die uitgawe was "The Art
of Optimism"/"Die Kuns van Optimisme".
Gas-redakteur, Ava DuVernay, het die
volgende stelling gemaak:
"Kuns is ons ondervraging waardig en is om
die waarheid te sê 'n teenmiddel vir ons tyd.
In hierdie uitgawe vier ons en stel ons
maniere voor waarop ons op die huidige
oomblik inspirasie kan put uit die werk van
kunstenaars wat 'n pad vir ons almal
oopmaak. Hierdie bladsye word gevul met
mense wat kuns as 'n wapen vir dinamiese
optimisme gebruik." 9
Skryf 'n opstel van ongeveer vier bladsye waarin jy die mate waarin
Kontemporêre Suid-Afrikaanse Kuns 'n gevoel van optimisme en hoop by die
kyker aanwakker, krities oorweeg.
Kies DRIE Kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars en EEN kunswerk van elke
gekose kunstenaar om jou argument te ontwikkel en te motiveer.
(Let wel: jy mag Nelson Makamo bespreek, maar jy mag nie na die kunswerk
verwys wat in hierdie vraag ter sprake is nie.
Puntetoekenning vir Vraag 5
3 kunstenaars
6 punte
3 titels met kort beskrywings van werke
Toepaslike feite
12 punte
(Let wel: Skryf 6 feite om 4 punte per bespreking van elke
kunswerk te behaal.)
Ontwikkeling van argument 12 punte
[30]
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2021 MG Eng hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2021 Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2021 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2021 Eng hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 Nov 2019 Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Visual Arts
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper





