Skip to content
Memorandum

Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: Visual ArtsGrade 12201915 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 100 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning van detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiseringsvergadering, daar verskillende vertolkings mag wees van die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 15 VRAAG 1 VISUELE GELETTERDHEID 1.1 Bloom se taksonomie Vlak 3: interpreteer, uitvoer, oplos, demonstreer. • Reflections is 'n enorme beeldhouwerk wat die Karoo-landskap en die mense wat AfrikaBurn bywoon, oorheers. • Dit maak die werk monumentaal. • Die skaal van die werk maak dit magtig en dit kan die kyker moontlik intimideer. • Enige geskikte antwoord. 1.2 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig. • Daniel Popper is die hoofkunstenaar wat beteken dat dit sy idee is. Onder die vaandel van Konseptuele Kuns is die konsep belangriker as die skepping van die kunswerk. • Die feit dat sy naam die enigste een is wat aan die beeldhouwerk gekoppel word, beteken dat hy die idee, en dus die beeldhouwerk, besit. • Die gemeenskap besit die kunswerk omdat dit die punt van AfrikaBurn is. Dit is 'n ervaring en daarom besit dié wat die kunswerk geskep het en dié wat daar was om dit te ervaar, die kunswerk. • Die idee agter Afrikaburn is vir die gemeenskap om nie-permanente kunswerke te skep. Dit dra by tot die ervaring. Die teks spesifiseer dat niks geadverteer word of kommersieel is nie, daarom is dit nie 'n konvensionele kunswerk nie en die gemeenskap besit die beeld. • Enige geskikte antwoord. 1.3 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig, beoordeel. Argument vir "Handwerk" • Reflections is deel van 'n brandfees en hierdie fees word nie wyd geadverteer nie. • Die beeldhouwerke wat deur die gemeenskap gemaak word, is nie permanent nie en vorm dus deel van die holistiese ervaring. Afbeeldings van die werke word nie ná die tyd in 'n galeryruimte uitgestal nie. • Dit word deur amateurs en sommige kunstenaars gemaak en word nie gemaak met die doel/funksie om as "Hoë Kuns" gekategoriseer te word nie. • Die rou element van opgetelde materiale en die tegniek van verweefde hout kan gesien word as elemente sinoniem met "Handwerk". • Die werk is groter as wat handwerkitems gewoonlik is. • Die werk het nie gebruikswaarde nie. • Handwerkitems kan as kommoditeit gebruik word terwyl kuns nie altyd as kommoditeit gesien word nie. • Enige geskikte antwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 15 Argument vir "Kuns" • Reflections het 'n titel en hoewel die kunswerk deur baie mense gemaak is, is Daniel Popper as die hoofkunstenaar benoem. • AfrikaBurn gaan oor die kollektiewe ervaring en dit behels baie ander vorme van "kuns" soos opvoeringskuns. Daarom behoort die beeld as "kuns" beskou te word. • Alhoewel hierdie beeldhouwerke volgens die inligting nie geadverteer word nie, kan die kunswerk steeds op die internet gevind word. Die nie- permanente aard van hierdie "landkuns"-stuk is nog steeds onsterflik gemaak via die internet en daarom moet dit as "kuns" beskou word. • Die kunstenaar het 'n risiko geneem wat konseptuele waarde toevoeg. • Daar is geen grense in die kunswêreld nie. • Die kandidaat kan "kuns" teenoor "handwerk" definieer om hierdie werk te kategoriseer. • Die proses van die deelnemer wat die werk bou en verbrand is belangriker as die finale produk. • Let asseblief daarop dat kandidate kan argumenteer dat Reflections sowel kuns as handwerk is. • Enige geskikte antwoord. 1.4 Bloom se taksonomie Vlak 3: interpreteer, uitvoer, oplos, demonstreer. • Albei werke het bestaan en is buite die beperkings van 'n konvensionele ruimte en/of galery gemaak. • Die werke is uitgestal, maar nie op 'n konvensionele manier nie. Die foto's in Afbeelding C is op die dakplate vasgeplak. • Reflections is in 'n landskap gebou deur mense wat die voorneme gehad het om die werk te vernietig – die kykers was deel van die oprigting en vernietiging van die kunswerk – onkonvensioneel en/of nie- amptelik. • AfrikaBurn is trots daarop om 'n "geslote" en nie-kommersiële fees te wees. • JR is 'n aktivis, dus word Afbeelding C feitlik as 'n daad van aktivisme beskou, in teenstelling met konvensionele kuns. • Albei werke het 'n spesifieke konteks. • Albei werke moet ervaar word. • Hulle kan as "nie-amptelike uitstallings" beskou word omdat grense in die kunswêreld nie meer bestaan nie. • Kandidate kan albei ervaringskunswerke met ander Konsepsuele Kuns- aspekte en -kriteria in verband bring, soos bv. onverkoopbaar, Kuns-in- Uitvoering en gebeurtenisse ("happenings"). • Kandidate moet twee geldige punte maak wat op beide kunswerke van toepassing is. • Enige geskikte antwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 15 1.5 Bloom se taksonomie Vlak 5: waardeer, argumenteer, verdedig, beoordeel, resenseer. • Suksesvol. Die foto's op die dak is groot en dit dra by om die bestaan van die vroue in die gemeenskap te beklemtoon. • Die aard van die foto's toon die vroue op 'n optimistiese en ekspressiewe manier. Die vroue lyk gelukkig en glimlag. • Die swart-en-wit foto's kontrasteer visueel met die roeskleurige krotte wat hulle omring. Hierdie kontras skep visuele belangstelling wat lei tot groter bewustheid. • Daar word gesê dat die oë die venster na die siel is en wanneer jy na die prente kyk, ervaar jy 'n ware gevoel van die swaarkry wat hierdie vroue daagliks moet trotseer. • Die foto's maak mense bewus dat die mense daaronder in armoede leef. • Die skaal van die foto's skep 'n vlak van intimiteit met die kyker, maar dit beskerm ook die vroue se anonimiteit. • Enige geskikte antwoord. • Onsuksesvol. Die vroue se identiteite word verdoesel en alhoewel daar 'n visuele kontras tussen die swart-en-wit foto's en die roeskleurige huise is, word die kyker slegs blootgestel aan naamlose gesigte en dele van gesigte. • Jy kan net die foto's uit die lug sien, dus sal jy op grondvlak nie weet dat dit daar is nie. • Hierdie werk is in 2009 geskep en ek het nou eers bewus geword van hierdie vroue as gevolg van hierdie eksamenvraestel. • As jy in ag neem hoeveel hierdie uitstalling moes gekos het om te maak, dink ek dit sou die gemeenskap meer gehelp het om vir hulle die geld te gee. • Die vroue op die foto's lyk gelukkig en dit laat die kyker nie besef hoe moeilik hul lewens is nie. • Die werk verdeel mense in die rykes wat die werk vanuit 'n vliegtuig kan sien en die armes wat swaarkry. • Kandidate mag aanvoer dat die werk suksesvol en onsuksesvol is. • Enige geskikte antwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 15 VRAAG 2 TWINTIGSTE-EEUSE KUNS, VAN DADA TOT DIE 1970's, KONSEPTUELE KUNS UITGESLUIT 2.1 Bloom se taksonomie Vlak 2: verstaan, beskryf, bespreek. 4 punte vir name, titels en beskrywings. Geen punte toegeken vir titel sonder 'n relevante beskrywing nie, m.a.w. 2 punte vir elke kunswerk. Voorbeeld: Jackson Pollock (1 punt) het Lavender Mist geskep, 'n abstrakte skildery wat bestaan uit 'n magdom spatsels en kladmerke van lila-geskakeerde en grys verf. (1 punt) 2.2 Bloom se taksonomie Vlak 3: toepas, uitvoer, oplos. 3 punte per bespreking van kunstenaar. 6 punte in totaal. • Pollock het sy werke geskep deur 'n groot stuk doek op die vloer te plaas. Hy het die doek getakel deur onkonvensionele drup- en spatmetodes van verf te gebruik. • Die ritmiese beweging van hierdie skilderproses het sy onderbewuste gedagtes en emosies toe die skildery geskep is, vasgevang. • Sodra hierdie proses voltooi was, het hy die doek geëvalueer en 'n geskikte deel gekies wat hom aan iets herinner het en/of artistieke waarde gehad het. • Dit is 'n verdere bewys van hoe sy onderbewuste gewerk het. In die geval van hierdie kunswerk het die skildery wat hy gekies het, hom aan laventel missproei herinner, vandaar die titel. • Kandidate mag 4 punte vir een voorbeeld kry en 2 punte vir die ander voorbeeld indien die bespreking dit regverdig. 2.3 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig, resenseer. 5 punte in totaal. Moontlike argumente: • VKS het my beter laat begryp, want sonder om die kunswerke te bestudeer, sou ek nie die onderliggende begrippe verstaan het nie. • Sonder om te weet wat gebeur het tydens die skepping van die kunswerke, of waarom die kunstenaars dit so gedoen het, sou ek hierdie kunswerke as onvaardig en/of doelbewus kinderagtig bestempel het. • Sonder VKS sou ek dalk die werke op een of ander manier verstaan het, maar ek sou nie my begrip kon verwoord nie. • Sonder VKS sou ek albei kunswerke net vlugtig bekyk het, en dit sou min impak op my gehad het, want nie een is esteties bevredigend nie. • VKS het my insig gegee en my toegerus om die kunswerke te ontleed en te waardeer. Sonder VKS sou ek geen werklike belangstelling gehad het nie, aangesien Lavender Mist geen onderwerp het nie en gevolglik visueel onstimulerend is. • Enige geskikte antwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 15 Moontlike argumente: • Oningeligte kykers mag dalk 'n geringe begrip van Lavender Mist hê omdat die titel na die kunstenaar se bedoeling daarmee verwys. • Oningeligte kykers mag dalk hierdie kunswerk as niks meer as lae verfdruppels en verfspatsels beskou nie. Hulle moet eers die Abstrakte Ekspressionistiese beweging verstaan voordat hulle die kunswerk ten volle kan waardeer. • In baie opsigte sal 'n gebrek aan reaksie deur 'n kyker in die kunstenaar se hande speel. Die Abstrakte Ekspressioniste wou hê dat die kykers die kunswerk moes interpreteer soos hulle dit sien. 'n Gebrek aan reaksie is steeds 'n reaksie. • Ongeag hoe opgevoed die toeskouers is, het 'n mens geen beheer oor hoe 'n kyker 'n kunswerk sal interpreteer nie. • Enige geskikte antwoord. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 15 VRAAG 3 KONSEPTUELE EN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE KUNS 3.1 Bloom se taksonomie Vlak 2: verstaan, beskryf, bespreek. 4 punte vir name, titels en beskrywings. Geen punte toegeken vir titel sonder relevante beskrywing nie. 2 punte vir elke kunswerk. Voorbeelde: Eerste keuse: Marina Abramović (1 punt) se Rhythm O het daaruit bestaan dat die kunstenaar haarself ses uur lank aan 'n gehoor oorgegee het. 72 voorwerpe het op 'n tafel voor haar gelê en die gehoor het toestemming gekry om hierdie voorwerpe te gebruik om fisiek by die kunstenaar betrokke te raak. (1 punt) Tweede keuse: Tracey Emin (1 punt) se My Bed bestaan uit die kunstenaar se ware houtbed met gekreukelde lakens, kussings en deurmekaar komberse, maar ook met 'n warboel sykouse en verkreukelde handdoeke. Óm die bed lê 'n warboel persoonlike besittings rondgestrooi: leë vodkabottels, pantoffels, onderklere, opgefrommelde sigaretpakkies, 'n uitgedoofde kers, kondome en voorbehoedmiddels, 'n sagte speelding en verskeie Polaroid- selfportrette. (1 punt) 3.2 Bloom se taksonomie Vlak 3: toepas, uitvoer, oplos, demonstreer. 4 punte per bespreking van kunstenaar. 8 punte in totaal. Eerste keuse: • Om die grense van die verhouding tussen kunstenaar en gehoor te toets, het Abramović een van haar uitdagendste (en bekendste) optredes ontwikkel. Sy het 'n passiewe rol aan haarself toegeken, met die publiek as die krag wat by haar betrokke sou raak. Abramović het 72 voorwerpe op 'n tafel geplaas wat mense toegelaat het ('n teken het hulle ingelig) om dit op enige manier wat hulle verkies het, te gebruik. • Party van hierdie voorwerpe kon plesier verskaf, terwyl ander pyn of skade kon veroorsaak. Onder hierdie voorwerpe was 'n roos, 'n veer, heuning, 'n sweep, olyfolie, 'n skêr, 'n skalpel, 'n vuurwapen en 'n enkele koeël. • Ses uur lank het die kunstenaar die gehoor toegelaat om haar liggaam en optrede te manipuleer. Dit het getoets hoe kwesbaar en aggressief die mens as onderwerp kan wees wanneer dit teen sosiale gevolge beskerm word. • Teen die einde van die vertoning was haar lyf kaal gestroop, aangeval en gereduseer tot 'n beeld wat Abramović beskryf as die "Madonna, moeder en hoer". • Daarbenewens was merke van aggressie duidelik op die kunstenaar se liggaam sigbaar. Daar was snye aan haar nek wat deur toeskouers gemaak is, en haar klere is van haar lyf afgesny. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 15 • In haar werke bevestig Abramović haar identiteit vanuit die perspektief van ander, maar belangriker, deur die rolle van elke speler te verander, word die identiteit en aard van die mensdom ontrafel en uitgestal. Deur dit te doen, "morfeer" die individuele ervaring in 'n kollektiewe een en skep 'n kragtige boodskap oor die bose sy van die menslike natuur. Tweede keuse: • Emin het haar bed in die vorm van 'n Installasie aangebied, presies soos dit tydens 'n moeilike tyd in haar lewe gelyk het. • In 'n onderhoud het Emin uitgebrei: "Ek het 'n soort mini-senuwee- ineenstorting in my klein woonstelletjie gehad en het vir vier dae nie uit die bed geklim nie. En toe ek uiteindelik uit die bed klim, was ek so dors dat ek op die vloer kombuis toe gekruip het. Ek het myself teen die wasbak opgetrek vir water, en toe teruggekeer na my slaapkamer toe. Terwyl ek dit gedoen het, het ek na my slaapkamer gekyk en gedink: "O liewe Here. Wat as ek gesterf het en hulle my hier gevind het? Wat as ek dit alles uit hierdie slaapkamer sou neem en in 'n wit ruimte plaas? Hoe sou dit dan lyk?" • Toe sy haar bed in 'n wit ruimte geplaas het, was party mense geskok. Die kunswerk is rou en in sekere opsigte makaber, daarom word dit steeds een van die mees omstrede kunswerke ooit beskou. • Die kunstenaar het haar gemoedstoestand op 'n eerlike manier openbaar, en daarmee het sy 'n skokkende verklaring oor haar geestesgesondheid gemaak. • Hierdie proses van selfrefleksie het 'n diepgaande impak op Emin gehad. In haar verklaring hierbo, het sy erken dat sy geskok was toe sy haar woonstel sien. Sy het besef sy kon daar doodgegaan het. • Deur hierdie ervaring in 'n kunswerk te omskep, stel sy die ware realiteit bloot van hoe dit is om 'n senuwee-ineenstorting te hê. • Dit is 'n kwessie waarmee baie mense kan identifiseer, maar weens maatskaplike druk wil baie mense nie daaroor praat of dit bekend maak nie. 3.3 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig, beoordeel, resenseer. • Abramović se Rhythm O is 'n tydlose kunswerk. Die manier waarop sy die werk en die konsep geskep het, is vandag steeds geldig en dit sal oor 100 jaar steeds relevant wees. Die wêreld word deesdae gebombardeer met allerlei groteske beelde as gevolg van die internet. So boeiend soos wat die werk in abstrakte vorm ook al kan wees, via die internet, kan 'n mens die situasie wat sy oordra eers werklik waardeer as jy dit persoonlik beleef het. • Daar is maniere om die opvoering deur kamera en film vas te lê, maar kameras en afbeeldings kan bedrieglik wees. Ons weet net van hierdie kunswerk deur historiese opnames, maar hoe aanskoulik moes dit gewees het om die ware gebeurtenis te sien afspeel? IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 15 • Die feit dat die konsep deur digitale middele verstaanbaar is, is 'n bewys van die kunstenaar se genialiteit; daar bestaan geen twyfel hieroor nie. Diegene wat hierdie werk in die "regte lewe" gesien het, moes diep geraak gewees het deur die gebeure. Hulle sou tot in hul diepste wese geskok gewees het. • Die opname van die werk is skokkend genoeg soos dit is, maar om persoonlik daar te gewees het, moes 'n lewensveranderende ervaring gewees het. 3.4 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig, beoordeel, resenseer. • Almal het al 'n deurmekaar kamer gesien en almal het aspekte gesien van wat die kunstenaar as deel van hierdie kunswerk vertoon het. • Hierdie alledaagse voorwerpe is dus nie moeilik om abstrak te verbeel nie. • Al hoe meer mense is onderworpe aan geestesgesondheidskwessies as 'n neweproduk van ons gejaagde lewens. Die konsep agter hierdie kunswerk is dus nie moeilik om te verstaan nie. • Die werk skok en sal dus 'n impak op die kyker hê. Dit is om twee redes die geval. Eerstens, dat hierdie menslike uitskot as kuns beskou kan word, en tweedens, dat die kunstenaar dapper genoeg was om haar kwessies op so 'n skokkende manier te vertoon. • Dit is 'n soort skok wat almal, ongeag geslag, kleur of geloof, kan verstaan. VRAAG 4 WEERSTANDSKUNS IN SUID-AFRIKA (1976–1994) 4.1 Bloom se taksonomie Vlak 1: onthou, definieer, stel. • Die afbeelding is 'n kunstenaar se interpretasie van Sam Nzima se foto van Hector Pieterson – 1 punt • gedurende die Soweto Opstande in 1976. • Enige aanduiding wat begrip toon van waar die inhoud vandaan kom, moet ten minste 1 punt verdien. • Verwysing na die Piëta is ook aanvaarbaar. 4.2 Bloom se taksonomie Vlak 2: verstaan, verduidelik, identifiseer, onthou. • Rooi simboliseer bloedvergieting. • Wit verwys na reinheid, onskuld of martelaarskap. • Enige geskikte antwoord. 4.3 Bloom se taksonomie Vlak 2: verstaan, beskryf, bespreek. 4 punte vir name, titels en beskrywings. Geen punte word toegeken vir die titel sonder 'n geldige beskrywing nie. 2 punte vir elke kunswerk. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 15 Voorbeeld: Helen Sebidi se Mother Africa stel 'n oorvol toneel van meestal menslike figure en 'n bok op die voorgrond, voor. Die werk word op emosionele en ekspressiewe manier weergegee. 4.4 Bloom se taksonomie Vlak 4: analiseer, differensieer, ondersoek, dui verband aan. EN Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig. 10 punte. 5 punte per vlak. 5 punte vir die bespreking van elke kunswerk. • Daar word gesê dat Sebidi se beknopte komposisies herinner aan die beknopte lewensomstandighede in informele nedersettings. • Gegewe die intensiteit van haar merkmaking, word die kyker beslis met 'n ongemaklike gevoel gelaat wanneer daar na haar werk gekyk word. Sy probeer die ongemaklike en onderdrukte situasies waarin haar mense geleef het, oordra. • Dit is alom bekend dat swartmense uit hul oorspronklike tuislande gehaal is en in trekarbeid en informele nedersettings ingedwing is. • Alhoewel dit nie direk oor hierdie spesifieke aspek van onderdrukking tydens die apartheidsregime handel nie, vang Sebidi se werk tog 'n gevoel van gevangenskap en 'n afwesigheid van verligting of geleenthede van vryheid of bevryding vas. • As gevolg van die wette het Bantoe-onderwys en algemene beperkings beteken dat gesinne gedoem was om geslag na geslag in armoede te leef. Sebidi se werk spreek die gebrek aan geleenthede om aan armoede te ontkom, aan. 4.5 Bloom se taksonomie Vlak 5: evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig. 2 punte • Dit is 'n jammerte, maar baie swart Suid-Afrikaners is steeds in armoede vasgevang. • Daar is steeds probleme met die gebrek aan formele opvoeding en daarom word baie gesinne steeds in die voortdurende siklus van armoede vasgevang. • Nie baie kan tersiêre opleiding bekostig nie, vandaar die #FEESMUSTFALL-veldtogte in die afgelope jare. • Ons regering het baie beloftes gemaak, maar het dit nie nagekom nie, gevolglik word mense steeds gedwing om in informele nedersettings te woon soos die onderdruktes in die verlede gedoen het. • Daar kan ook aangevoer word dat onderdrukking deesdae verder strek as die demografiese grense van vroeër. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 15 VRAAG 5 KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE KUNS (POST 1994) Skryf 'n opstel van ongeveer vier bladsye waarin jy die mate waarin Kontemporêre Suid- Afrikaanse Kuns 'n gevoel van optimisme en hoop in die kyker aanwakker, krities oorweeg. Kies DRIE Kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars en EEN kunswerk van elke gekose kunstenaar om jou argument te ontwikkel en te motiveer. ('n Totaal van drie kunswerke word bespreek. Let wel: jy mag Nelson Makamo bespreek, maar jy mag nie na die kunswerk verwys wat in hierdie vraag ter sprake is nie.) Puntetoekenning vir Vraag 5 3 kunstenaars (A) 6 punte 3 titels met kort beskrywings (DES) van Bloom se taksonomie Vlak 2: werke (W) verstaan, beskryf, bespreek. Toepaslike feite (F) 12 punte Bloom se taksonomie Vlak 3 en 4: (Let wel: Skryf 6 feite om 4 punte per toepas, uitvoer, oplos, demonstreer EN bespreking van elke kunswerk te analiseer, differensieer, ondersoek, skakel. behaal.) Ontwikkeling van argument (DA) 12 punte Bloom se taksonomie Vlak 5: Evalueer, waardeer, argumenteer, verdedig. Sien asseblief rubriek. Moontlike gedagtes oor die soorte argumente wat ons kan teëkom: • Daar kan geargumenteer word dat alle kuns, ongeag of die onderwerp of konsep positief of negatief is, positief is, omdat kuns kwessies beklemtoon waarvan mense nie voorheen bewus was nie. Dit lei tot gesprek, en hierdie proses van debatvoering is positief en skep dus optimisme en hoop. • Baie kunstenaars raak nie betrokke by die positiewe of negatiewe kwessies van die samelewing nie, hulle weerspieël slegs hul eie agendas of aspekte van hul spesifieke identiteit. Hierdie soort kuns skep nie hoop en/of optimisme nie, bv. Bernie Searle se Profiles. • Daar is tans soveel probleme in Suid-Afrika/die wêreld dat daar nie baie kunstenaars is wat Suid-Afrika/die wêreld in 'n positiewe lig uitbeeld nie. Daar is nie veel om positief oor te wees nie en daarom ontgin kunstenaars nie die positiewe nie en hulle inspireer nie optimisme of hoop nie. • Ander kunstenaars gebruik hul kuns om sosiale bewustheid onder die Suid-Afrikaanse publiek te skep deur negatiewe aspekte uit te beeld. Dit skets 'n donker prentjie van hoe sleg dinge in ons land gaan. • Baie Suid-Afrikaanse kunstenaars woon en werk oorsee en beeld dus glad nie Suid- Afrikaanse onderwerpe uit nie. • Dit is onmoontlik om te spekuleer oor die mate waarin 'n kunswerk gevoelens van optimisme en hoop by die kyker kan opwek. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 15 Argument ten gunste van: Simon Max Bannister (A) het die werk, Plastikos (W), geskep. Dit is 'n groot ronde skyf (tesame met ander werke) van plastieksakke en plastiekafval wat hy versamel het. (DES) Plastikos was 'n unieke uitstalling waar die kuns geskep is om 'n groter bewustheid van besoedeling en menslike rommel te skep, veral plastiek en mikroplastiek, en die impak daarvan op die oseane. (F) Die werke is gemaak van herwonne poliëtileen-plastiek wat Bannister met die hand by die kuslyne, langs paaie en stortingsterreine van Suid-Afrika bymekaar gemaak het. (F) Plastikos het reuse beeldhouwerke en swewende mikroplastiek ingesluit en is in die Atlantiese Oseaan Galery van die Akwarium gehuisves. (F) Vanuit die verstrengelde tou en mikrorommel het die kunswerke wat uitgestal is, die monster van afval wat gekonfronteer en oorkom moet word, verteenwoordig. (F) Ander elemente van Plastikos het 'n mikrokosmos van 'n besoedelde strand ingesluit, om aan te toon hoe ons strande in 'n plastiekwoesteny verander as gevolg van swak bestuur en die onverskillige manier waarop daar van plastiekafval ontslae geraak word. Al die items wat vertoon is, is op Muizenbergstrand versamel. (F) Volgens Bannister, "Ek was altyd op soek na rommel ... My reis het my na die kuslyne van Suid-Afrika geneem, en die meedoënlose, ruwe en pragtige landskap het my aangespoor. My doel was om die rommel wat ek versamel het in 'n kunsvorm te omskep, en daardeur nuwe waarde en betekenis aan hierdie voorwerpe te verleen, en hulle die verhaal van my reis te maak." (F) Bannister se missie om kuns uit rommel te skep, gee die kyker 'n diepe gevoel van hoop. Eerstens skep die kunstenaar pragtige voorwerpe uit menslike rommel. (DA) Hierdie beeldhouvoorwerpe – deel van die Plastikos-uitstalling – is uniek en esteties aantreklik. Die kyker word stellig verlei deur die skoonheid wat hy uit feitlik niks geskep het nie. (DA) Die sirkelvormige skyf wat soos 'n loodglasvenster lyk, is fassinerend om na te kyk en 'n mens kan skaars glo dat hierdie kunswerk uit plastiekafval geskep is. (DA) Hierdie werk gee ons hoop, want die kunstenaar maak mense bewus van die omgewingsvraagstukke rondom oseaanbesoedeling. Die feit dat hy die kyker na 'n onderwater-wonderwêreld kan wegvoer, dra die boodskap verder uit. (DA) Sodra 'n mens meer leer oor sy proses en die ure wat hy daaraan spandeer om sy materiaal te versamel, kry jy selfs meer respek vir sy verbintenis en sy kunswerke. (DA) Argument daarteen: Bernie Searle se (A) Profiles (W) bestaan uit profielskote van die kunstenaar se gesig. Elke profielskoot onthul 'n voorwerp wat in haar wang gedruk is, en wat een van die kulture verteenwoordig waarvan sy afstam. (DES) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 13 van 15 Searle se werk handel oor kwessies van ras en geslag, (F) en afbeeldings van hierdie kwessies word oortuigend op haar afgedruk. Dit behels 'n elegante kombinasie van fotografie en uitvoering. (F) Searle sluit haarself dikwels in haar werk in, soos sy in Profiles gedoen het, maar sy speel slegs vir die kamera, en skep uitvoeringswerk wat kwessies van selfverteenwoordiging ondersoek; (F) sowel as die verhouding tussen persoonlike en kollektiewe identiteit en vertellings wat verband hou met geskiedenis, herinnering en plek. (F) Haar meer onlangse werk toon 'n deurlopende en groeiende gevoel van ontevredenheid wat die voortdurende siklus van protesoptrede en stakings regoor die land weerspieël. (F) Terwyl hierdie werke dikwels in wisselwerking met die sosio-politieke nalatenskap van Suid- Afrika en in verhouding tot hedendaagse realiteite ondersoek word, oortref haar gebruik van metafoor en poëtiese dubbelsinnigheid die spesifikasies van konteks; dit put uit universele menslike emosies wat met ontheemding, kwesbaarheid en verlies verband hou. (F) Daar bestaan geen twyfel dat die soort onderwerpe wat die kunstenaar verken, min doen om 'n gevoel van optimisme of hoop by die kyker aan te wakker. (DA) Dit is 'n ander soort kuns. Dit gee beslis aanleiding tot bespreking en bewustheid, maar nie noodwendig op 'n manier wat die kyker optimisties laat voel nie. (DA) Daar kan ook geargumenteer word dat haar werk uiters intellektueel is en dat baie mense wat nie haar proses of konseptuele kuns verstaan nie, glad nie die kunswerk sal verstaan nie. (DA) Die doel van hierdie werk is om 'n storie oor die kunstenaar se eie identiteit binne 'n Suid-Afrikaanse en globale konteks te vertel. Haar doel was nooit om 'n gevoel van optimisme of hoop te skep nie en dit is ook nie 'n toevallige neweproduk van die kunswerk wat hierbo bespreek word nie. (DA) Rubriek vir Vraag 5: Opstel vir 30 punte INHOUD • 18 PUNTE • 3 KUNSTENAARS EN KUNSWERKE • MAKSIMUM VAN 4 FEITELIKE PUNTE PER KUNSWERK Omkring hieronder die korrekte aantal punte toegeken vir kunstenaar en kunswerke, en feite per kunswerk Toepaslike 1 punt vir korrekte keuse en benoeming van kunstenaar keuse ten opsigte van Simbool vir nasienprotokol: RA 3210 onderwerp van: 1 punt vir korrekte keuse en benoeming van kunswerk – die titel • kunstenaars moet gevolg word deur 'n kort beskrywing van die kunswerk. • kunswerk met 3210 beskrywing Simbool vir nasienprotokol: RW (6) Toepaslike Keuse van Korrekte Feitelike Feitelike Geen feitelike feitelike inhoud: korrekte fei- feitelike kennis bewys bevat bewys is uiters inhoud nie. telike kennis word voorsien, foute; daar is beperk; met Simbool vir uitstekend; maar met groot gapings ernstige foute nasienprotokol: feitelike enkele en weglatings. of verkeerde RF bewys is gapings. feite. uitmuntend. 6 of meer 4–5 feite 2–3 feite 1 feit 0 feite toepaslike feite (12) 444 333 222 111 000 IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 14 van 15 Opsomming van puntetoekenning: ontwikkeling van argument (Vlak 5 – 7) • Die argument moet geassesseer word deur dit dwarsdeur die hele opstel te beoordeel. • Die vlak 5-beskrywying is vir die gemiddelde leerder of gemiddelde opstel. • Wanneer 'n opstel geassesseer word, kies beskrywings wat die opstel die beste/meestal beskryf • Simbool vir nasienprotokol: DA (Ontwikkeling van argument) VLAK VAARDIGHEDE PUNT Die uitstekende antwoord: • Inleiding getuig van kennis en toon 'n duidelike begrip van die onderwerp. • Die argument is volledig en gedetailleerd, maak ongewone konneksies met meer as een punt in die argument wat na elk van die gekose kunswerke 12–11 verwys. 7+ • Dit is goed- gestruktureerd, spreek alle aspekte van die vraag aan, vat dit (100-92%) akkuraat en met insig saam. • Die kandidaat toon insiggewende verbande tussen feite en argument aan. • Die kandidaat spreek al die kompleksiteite van die vraag aan deur op te weeg, te konstrueer, naas mekaar te stel, te veronderstel, ens. Die baie goeie antwoord: ● Inleiding toon insig en 'n duidelike begrip van die onderwerp. ● Die kandidaat is in staat om na meer as een argumentpunt by elk van die gekose kunswerke te verwys. 10 7 ● Die antwoord is goed gestruktureer en volledig, spreek sommige aspekte van (83%) die vraag aan en vat hulle akkuraat saam. ● Die kandidaat toon ingeligte verbande tussen feite en argumente aan. ● Die kandidaat worstel soms met die gekompliseerdheid van die vraag, maar is dalk nie ten volle welsprekend nie. Die goeie antwoord: ● Inleiding toon 'n begrip van die onderwerp. ● Die kandidaat stel geldige argumente met spesifieke verwysings na meer as een argumentpunt oor elk van die gekose kunswerke. 9 6 ● Die kandidaat toon meestal duidelike verbande tussen feite en argumente in (75%) die liggaam van die opstel aan. ● Die argument is goed gestruktureer. Die gemiddelde antwoord: ● Die argument toon 'n onderliggende begrip van die tema-argument in die inleiding. ● Die kandidaat se argument is geldig, dog algemeen, en spreek nie alle aspekte aan nie. ● Argumentering/die argument is nie konsekwent nie en word nie oor al drie 8* 5 kunswerke volgehou nie. (67%) ● Interessante argumente mag dalk teenwoordig wees, maar dikwels sonder ondersteunende feite en/of voldoende bewys. ● Die opstel hou verband met aspekte van die onderwerp, maar die argument is nie volledig ontwikkel nie. ● 'n Goeie poging is aangewend om die opstel te struktureer. Die redelik sukkelende antwoord: ● Toon 'n beperkte begrip van die vraagonderwerp en reageer op 'n een- dimensionele manier in die inleiding. 7 4 EN/OF (58%) ● Poog om te argumenteer, maar vaag en sonder om alle aspekte wat gevra word, aan te spreek. Alternatiewelik het die kandidaat nie die argument dwarsdeur die opstel gemotiveer nie. Die sukkelende antwoord: ● Lê eenvoudige, onderontwikkelde verbande tussen feit en argument, wat beperkte begrip van die vraag aandui. 6 4 ● Argumente is deurmekaar, en gewoonlik sonder ondersteunende feite. (50%) ● Poog om die argument in die opstel te struktureer, maar nie heeltemal suksesvol nie. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KULTUURSTUDIES: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 15 van 15 Die redelik swak antwoord: ● Toon foutiewe en baie onvolledige response op die onderwerp. EN/OF ● Is ongefokus met baie oordrewe bewerings en veralgemenings. 5 3 EN/OF (42%) ● Argumente is deurmekaar, sonder ondersteunende feite EN/OF ● Weglating of wanbegrip van sleutelkonsepte van die inhoud, wat belangrik is om die argument te formuleer. Die swak antwoord: ● Toon foutiewe en baie onvolledige response op die onderwerp. EN/OF ● Vae of ongefokusde of afwesige argumente en inleidings. 4 3 EN/OF (33%) ● Hou argument slegs vir een kunswerk vol. EN/OF ● Bied inleiding aan wat slegs 'n herbewoording uit die gegewe teks is. ● Geen struktuur om die argument te ondersteun nie. Die baie swak antwoord: ● Inleiding bevat stellings wat 'n herbewoording uit die gegewe teks is, of wat ongefokus is. ● Is onakkuraat of simplisties. 3–2 2 ● Bespreek nie genoeg kunswerke om 'n argument te bou nie, of wend geen (25-17%) poging tot 'n argument aan nie. ● Argument toon geen verband met die onderwerp nie, of kandidaat het die vraag heeltemal misverstaan. ● Geen struktuur om die argument te ondersteun nie. Die uiters swak antwoord: ● Inleiding is slegs 'n herbewoording uit die gegewe teks of is heeltemal afwesig. ● Die kwessies word weens gebrekkige begrip nie aangespreek nie. 1–0 1 ● Poog om aspekte van die vraag aan te spreek, maar toon gebrekkige begrip. (8-0%) ● Bespreek nie genoeg kunswerke om 'n argument te bou nie. ● Geen struktuur om die argument te ondersteun nie. ● Geen argument teenwoordig nie. Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Visual Arts

View all