Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II
RIGLYNBOEKIE
INHOUDSOPGAWE BLADSY
1. Navorsing in die Visuele Joernaal 2
2. Kreatiewe Proses in die Visuele Joernaal 2–4
3. Eksamentekening 4–5
4. Eksamenkunswerk 5–6
5. Minimum Vereistes en Riglyne vir Kunsdissiplines 6–11
6. Kontrolelys 12
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Visual Arts · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 172.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 2 van 12
1. NAVORSING IN DIE VISUELE JOERNAAL
• Kontekstuele navorsing en die dokumentering van die Kreatiewe Proses
moet nie as twee afsonderlike, onverwante take beskou word nie, maar
eerder as natuurlike prosesse wat gelyktydig plaasvind.
• Hierdie navorsing is nie 'n akademiese opstel nie en ook nie jou Navorsings-
antwoordopstel vir jou Visuele Kultuurstudies-portefeulje nie. Dit is 'n seleksie
van beelde en jou reaksies daarop.
• Gebruik verkieslik 'n afsonderlike joernaal vir jou eksamenopdrag. As jy verkies
om jou eksamenopdrag in jou PAT Visuele Joernaal te doen, dui die
eksamenafdeling duidelik met 'n oortjie of boekmerk aan.
2. KREATIEWE PROSES IN DIE VISUELE JOERNAAL
Dokumenteer jou Kreatiewe Proses vir sowel jou tekening as jou kunswerk in jou
Visuele Joernaal. Jy kan twee afsonderlike afdelings gebruik – een vir die tekening
en een vir die kunswerk, of werk gelyktydig aan albei. Die dokumentering van jou
Kreatiewe Proses is 'n deurslaggewende aspek wanneer jy 'n oorspronklike,
innoverende en relevante kunswerk skep. Dit moet 'n deurlopende optekenings-
proses wees van hoe jou idees ontwikkel en verander. Jou Visuele Joernaal moet
jou idees, prosesse en tegniese prosedures aan die eksaminator oordra. Dit moet
ook toon hoe die Kreatiewe Proses jou bevoordeel het om ingeligte besluite te
neem op grond van voortdurende skepping, waarneming en selfkritiese besinning.
Alhoewel daar slegs 20 punte aan die Kreatiewe Proses toegeken word, is elke
aspek van jou werk daarmee verweef. Dit is onmoontlik om 'n hoë punt in enige
van die ander afdelings te behaal sonder 'n uitstekende Kreatiewe Proses.
Die Kreatiewe Proses is sowel lineêr as siklies:
'n Lineêre Kreatiewe Proses behels om 'n geleentheid vir kreatiwiteit te vind,
gevolg deur nadenke oor die probleem/geleentheid, navorsing, ontwikkeling, die
ervaring van 'n insiggewende idee en uiteindelik die skep van die kunswerk.
'n Sikliese Kreatiewe Proses behels hoërorde-denke en is 'n baie belangrike deel
van die ontwikkeling-/ophelderingfase. Dit beteken dat jy, deur al jou kreatiewe
prosesse van navorsing, visualisering, ontwikkeling, skepping en aanbieding,
voortdurend en doelbewus oor jou werk besin en jou Kreatiewe Proses en
navorsing weer nagaan om jou werk waarlik uitstekend en waardevol te maak.
Riglyne en aanbevelings vir jou Kreatiewe Proses
• Bied verskeie bladsye as bewys aan van die konseptuele en tegniese/visuele
ontwikkeling van jou kunswerk deur enige toepaslike vorm van dokumentasie te
gebruik.
• Annoteer alle visuele materiaal.
• Omskep jou bronmateriaal. Moenie slegs kopieer nie.
• Sluit 'n verskeidenheid beplanningsketse, miniatuurtekeninge en studies in [dit is
nie jou eksamentekeninge nie, maar kan in jou eksamentekening(e) ontwikkel].
• Sluit 'n verskeidenheid vorme van visualisering in (foto's, collages, voorwerpe,
ens.) wat jou probleemoplossings- en visualiseringsprosesse duidelik toon.
• Verwys behoorlik na alle bronmateriaal wat in die kunswerk gebruik word. Erken
jou bronne.
• Dokumenteer alle digitale prosedures duidelik. Sien bladsy 3 vir die erkenning
van digitale prosedures.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 3 van 12
• Dokumenteer alle driedimensionele eksperimente en makette fotografies in jou
joernaal en indien nodig, bied die werklike eksperimente in jou Visuele Joernaal
aan.
• Besin en evalueer voortdurend as deel van 'n sikliese kreatiewe proses. Wees
selfkrities.
• Plak al jou proseswerk in jou Visuele Joernaal. Geen los bladsye sal
geassesseer word nie.
Rasionale
• Aan die einde van jou proses sal jy bondige, getikte rasionale van 150–200
woorde elk langs jou tekening(e) en jou kunswerk vertoon. 'n Langer weergawe
kan in jou Visuele Joernaal ingesluit word.
• Verduidelik jou konsep in jou Joernaal as respons op die eksamentema.
• Verduidelik hoe jy by jou visuele oplossings uitgekom het. Verduidelik jou
benadering en jou keuse van medium. Toon bewustheid dat jou werk 'n vorm
van visuele kommunikasie is. Sluit ook die titels van jou tekening en jou
kunswerk in en verduidelik dit.
Digitale Prosedures in die Kreatiewe Proses
• Die gebruik van nuwe tegnologie verseker nie noodwendig hoë punte nie – die
daaropvolgende werk moet steeds goed gekonseptualiseer, geregverdig en
aangebied word. As jy verkies om 'n digitale kunswerk te produseer, of bloot
digitale tegnologie as deel van jou Kreatiewe Proses te gebruik, moet jy jou
verwerking in detail dokumenteer.
• Ondersoek en eksperimentering moet gedurende die vroeë fases van die
Kreatiewe Proses plaasvind. Adobe® Photoshop® of soortgelyke toepassings
moet as hulpmiddels beskou word wat jou as kunstenaar of fotograaf help, en
nie as die dryfkrag om 'n suksesvolle kunswerk/eindproduk te skep nie.
• Konsepontwikkeling en artistieke waardigheid word geassesseer, nie slegs hoe
goed jy die redigerings program ken wat jy gebruik nie.
• Genereer jou eie bronne deur self foto's te neem, voorwerpe en teksture te
skandeer, te teken, ens. Jy moet fokus op die ontwikkeling van jou vermoë om
'n kreatiewe kunswerk te produseer en voort te bring eerder as om bloot staat te
maak op die kombinering en herbewerking van gevonde materiaal.
• As jy verkies om werk digitaal te produseer, moet jy 'n verskeidenheid idees
ondersoek en die nodige navorsing doen voordat jy gevolgtrekkings oor die
gekose roete maak.
• Vermy steun op filters bloot om 'n interessante eindproduk te skep. Moenie op 'n
eenvoudige, lukrake manier met die gebruik van filters en effekte
eksperimenteer totdat 'n bevredigende eindproduk "ontdek" word nie.
(Eksperimentering moet deel wees van die werk in die Visuele Joernaal en nie
noodwendig die eindproduk nie.) Gebruik filters op 'n kundige/ingeligte,
voorbedagte, doelbewuste en betekenisvolle manier.
• Druk skermskote van jou veranderings aan die bronbeelde.
• Annoteer skermskote en verduidelik die hulpmiddels wat jy gebruik en die
veranderings wat jy aan jou bronmateriaal aanbring. Verduidelik hierdie
veranderings met betrekking tot jou bedoeling en jou interpretasie van die
eksamentema.
• Toon die verskillende lae waaruit die beeld bestaan deur hulle afsonderlik uit te
druk. Jy sal beter punte verdien deur die komplekse kombinasie van lae waaruit
'n beeld saamgestel word, eksplisiet te toon.
• Skep kontakafdrukke van jou eie foto's.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 4 van 12
3. EKSAMENTEKENING
Tekenmedia en definisies van 'n tekening
'n Tekening word in breë trekke gedefinieer as enige kunswerk wat oorheers word
deur lyne en/of die maak van merke. Jy word aangemoedig om verskillende definisies
van "tekening" te ondersoek en uit te daag wat tradisioneel as 'n tekening beskou
word. Kies 'n toepaslike medium wat geskik is vir jou uitdrukkings- en konseptuele
oorwegings. Motiveer jou keuses duidelik om die eksaminator/ nasienpaneel van jou
kritiese betrokkenheid en ingeligte besluitneming te oortuig. Indien jy verkies om op 'n
nie-tradisionele manier te werk, vermy 'n arbitrêre keuse van medium.
Jy sal geassesseer word vir jou vaardigheid om enige tekentegniek van jou keuse
te gebruik om jou te help visualiseer en jou kunswerk te ontwikkel. Daag jouself uit
om iets nuuts in teken uit te probeer. Moenie net kopieer nie. Eksperimenteer.
Innoveer. Wees skeppend! Tekeninge kan prosestekeninge OF eindprodukte-
keninge wees. Oorweeg die verduideliking van die verskil tussen hierdie opsies
versigtig voor jy jou keuse maak:
• Prosestekening
Prosestekening is 'n ondersoekende, eksperimentele reeks van baie tekeninge.
Prosestekeninge demonstreer die tegniese en konseptuele ontwikkelingsproses
wat tot jou kunswerk lei. Die medium wat vir prosestekening gekies word, kan
betekenis oordra. Oorweeg jou keuse van medium sorgvuldig. Skep jou
prosestekeninge voordat jy jou kunswerk skep; jou prosestekeninge moet jou
help en lei om besluite oor jou kunswerk te neem. Jy kan kies om
prosestekeninge in jou Visuele Joernaal te begin doen. Maak 'n keuse uit hierdie
tekeninge vir uitstallings- en assesseringsdoeleindes vir die tekeningtaak. Enige
verdere prosestekeninge in die Visuele Joernaal sal nie as deel van die
tekeningkomponent geassesseer word nie, maar eerder as deel van die
Kreatiewe Proses. Jy sal geassesseer word op grond van jou vaardigheid in die
gebruik van 'n tekentegniek van jou keuse om jou te help om jou kunswerk te
visualiseer en te ontwikkel. Daag jouself uit om iets nuuts in die tekening te
probeer. Moenie net kopieer nie. Eksperimenteer. Innoveer. Wees kreatief!
• Eindproduktekening
'n Eindproduktekening is 'n minimum van een groter, tegnies en konseptueel
afgehandelde tekening. Jou vaardigheid sal geassesseer word om 'n
tekentegniek van jou keuse te gebruik om een of meer afgehandelde tekeninge
te skep. Jy kan meer as een eindproduktekening skep, na gelang van die aard
van jou werk.
Duidelike en kreatiewe antwoord op die Eksamentema
Jou tekening(e) moet nie bloot 'n replika van of 'n prototipe vir jou kunswerk wees
nie. Jou tekening(e) moet eerder tegniese en konseptuele ontginning van die
eksamentema wees.
Beplanning
Gebruik jou Visuele Joernaal om jou tekening(e) te beplan. Erken jou bronne en
toon dat jy hulle vir die tekening herskep het, net soos jy dit vir die kunswerk sou
doen. Jou beplanningsproses vir die tekeningkomponent sal nie afsonderlik
geassesseer word nie, maar sal in ag geneem word wanneer jou volle Kreatiewe
Proses geassesseer word. Wanneer jy uit die werklike lewe teken, moet jy dit
fotografies in jou joernaal dokumenteer.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 5 van 12
Hoeveelheid
Jy moet genoeg tekeninge skep om die konseptuele en tegniese ontwikkeling en
visualisering van jou kunswerk toereikend te demonstreer. Jou tekening(e) moet
twee maande se volgehoue werk weerspieël. Dit is belangriker as die getal
tekeninge wat jy produseer. Bepaal die grootte en hoeveelheid van jou tekening(e)
deur die konsep en doel van jou tekening(e) (proses- of eindproduktekening) sowel
as die grootte van die beskikbare uitstalruimte in ag te neem. Skaal is 'n potensieel
betekenisvolle element in die gestalte wat jou tekening(e) aanneem. 'n Klein
tekeninkie is byvoorbeeld meer intiem en persoonlik, terwyl 'n groot een meer in die
openbaar is.
Uitstalling
Jou tekeninge moet saam met jou kunswerk uitgestal word. Tekeninge wat in
die Visuele Joernaal aangebied word, sal nie vir hierdie komponent geassesseer
word nie.
4. EKSAMENKUNSWERK
Gebruik die medium/media, dissipline en benadering van jou keuse om 'n
kunswerk op grond van jou voorstel vir die eksamen te skep. Jy word sterk
aangeraai om vir die eksamen in dieselfde dissipline te werk wat jy vir jou
PAT-portefeulje gekies het. Jy moet gevestigde konvensies vir hierdie dissiplines
verstaan en erken voor jy grense probeer oorsteek.
Benadering, medium, tegniek
Jy kan enige benadering, medium, tegniek, ens. kies wat toepaslik is vir jou doel,
solank jy die aard van die leeruitkomste, assesseringskriteria en omvang van die
verlangde werk in gedagte hou. Jy kan werk met 'n perseptuele, uitdrukkingsvolle,
abstrakte of konseptuele benadering produseer. Hierdie benaderings kan ook
gekombineer word. Ondersoek die aard en konteks van jou gekose benadering en
metodes deeglik om ingeligte besluite te neem. Jy kan jou kunswerk voltooi in
enige dissipline wat toepaslik vir jou doel is. Hierdie dissiplines sluit in:
Tekening Film Gemengde Media Boekkuns
Skildery Animasie Installasie Tekskuns
Beeldhouwerk Digitaal Landkuns
Keramiekwerk Fotografie Poppespel
Afdrukke Uitvoeringskuns
Grootte van en getal werke
Voltooi 'n minimum van een werk. Jy kan ook 'n reeks werke of 'n oeuvre
produseer. Bepaal die grootte van jou kunswerk(e) deur die konsep wat jy wil
uitbeeld, sowel as die grootte van die beskikbare uitstalruimte in ag te neem. Die
gehalte van die werk en die bewys van volgehoue betrokkenheid by die skep
van die kunswerk oor 'n tydperk van twee maande is belangriker as die
grootte van die werk.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 6 van 12
5. MINIMUM VEREISTES EN RIGLYNE VIR KUNSDISSIPLINES
Oorweeg jou werk krities om dit verder uit te brei as die minimum vereistes soos
uiteengesit in die eksamenvraestel. Kontroleer of die gespesifiseerde hoeveelhede
die doel van jou werk dien en of jy jou tegniese en konseptualiseringsvaardighede
oortuigend oor die gespesifiseerde getal werke gedemonstreer het. Jou werk moet
in breë trekke bewys lewer van volgehoue betrokkenheid by die skep van jou
tekening en jou kunswerk oor 'n tydperk van twee maande vir elke komponent.
Tekening
• Een tekening of 'n reeks tekeninge.
• 'n Tekening word gedefinieer as enige betekenisvormende prosedure wat die
maak van merke op 'n oppervlak en/of die oorheersing van die element lyn oor
vorm en kleur behels. 'n Tekening is gewoonlik ook meer spontaan en
onmiddellik as ander media. 'n Tekening is "gedagtes wat onmiddellik sigbaar
gemaak word".
• Enige kreatiewe benadering, met inbegrip van perseptueel, uitdrukkingsvol,
konseptueel en abstrak.
• Toepaslike keuse van tegniek en media om by benadering en konsep van die
werk te pas.
• Definisies van "tekening" kan ondersoek en uitgedaag word (in ooreenstemming
met kontemporêre kunspraktyk); nietemin moet die kandidaat die eksaminator/
nasienpaneel oortuig van kritiese betrokkenheid en ingeligte besluitneming.
• Jou tekening moet 'n tekening wees en nie 'n ander kunsvorm nie. Indien jy
verkies om 'n onkonvensionele of nie-tradisionele tekening te maak, moet jy jou
motivering hiervoor in jou Visuele Joernaal verduidelik en beskryf hoe jou werk
as tekening geld. Indien jy die Prosestekeningopsie kies, moet jou tekeninge
professioneel uitgestal word en nie in die joernaal gelos word nie. 'n Tekening
bestaan uit 'n reeks betreklik spontane merke op 'n oppervlak. 'n Akrielskildery
is nie 'n tekening nie en 'n foto is nie 'n tekening nie – tensy jy volledig
verduidelik hoe dit as sodanig beskou kan word. As jy 'n tekening aanbied wat
nie tradisioneel is nie, moet jy regverdig hoe jou indiening konseptueel as 'n
tekening verstaan kan word. Dink sorgvuldig na oor wat 'n tekening anders
maak as 'n skildery of 'n beeldhouwerk of 'n foto. Oorweeg die redes waarom
teken so 'n belangrike deel van 'n kunstenaar se Kreatiewe Proses is.
• Kunstenaars: Diane Victor, Julie Mehretu, Raymond Pettibon, Sam Durant, Eric
Yahnker.
Skildery
• 'n Skildery of 'n reeks skilderye (diptiek, triptiek, ens.).
• Enige kreatiewe benadering wat perseptuele, uitdrukkingsvolle, konseptuele en
abstrakte benaderings kan insluit.
• Oorheersend tweedimensionele gehalte; collage is egter aanvaarbaar as deel
van die verfproses.
• Insluiting van ander media en materiale, byvoorbeeld afdrukke, is aanvaarbaar.
• Toepaslike tegnieke gebruik vir: olie, akriel, gemengde media, verfspuit,
materiaalverf, frottage, tempera, gouache, ink, oliepastelle, akwarel-
kleurpotlode, ensovoorts.
• Skaal: toepaslikheid van grootte vir styl en inhoud.
• Kunstenaars: Gerhard Richter, Penny Siopis, Portia Zvavahera, Marlene
Dumas, Carla Busuttil, Ian Grose.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 7 van 12
Beeldhouwerk
• 'n Enkele beeld of 'n reeks beelde.
• Komposisie in drie dimensies wat perseptueel, uitdrukkingsvol, konseptueel of
abstrak van aard kan wees.
• Stilistiese kategorieë: mobiele, landkuns, proseskuns, montasie, konstruksie,
gietwerk, modellering, sneewerk, installasie, ens.
• Werk kan in reliëf of vrystaande, swewend, hangend of deel van 'n groter
installasie wees.
• Oorweging en manipulasie van enige geskikte medium of kombinasie van
media: klei, hout, metaal, klip, plastiek, sintetiese materiale, gevonde
voorwerpe/materiale, ens.
• Tegnieke: sneewerk (bv. hout, klip, was), modellering (bv. klei, was, plastiek), of
konstruksie/gietwerk (glas, brons, sement, sementfondue en gips), montasie
(enige gevonde materiaal of kombinasie van materiale en/of voorwerpe).
• Skaal: toepaslik vir medium, tegniek en konsep.
• Kunstenaars: Anthony Gormley, Jackson Hlungwani, Walter Oltmann, Louise
Bourgeois.
Keramiekwerk
• 'n Enkele werk of 'n stel/reeks wat 'n konsep relevant tot die eksamentema
vergestalt.
• Enige kreatiewe benadering wat perseptuele, uitdrukkingsvolle, konseptuele en
abstrakte benaderings mag insluit.
• Medium: klei, glasuur.
• Versiering: slibwerk, sneewerk, reliëfwerk, gebosseleerde teksture, ens.
• Tegniek: handgemaak, plat blokke, rol, gewerp, vorm of 'n kombinasie van
tegnieke; keramiekwerk moet bisque-gevuur en verkieslik geglasuur wees.
• Oorweeg behandeling van die oppervlak, byvoorbeeld bruinering, graffito,
keramiekverf of enige ander geskikte tegniek.
• Skaal moet toepaslik wees vir keramiekvoorwerp en/of ontwerp.
• Vakmanskap: oorweging en manipulasie van medium, en gehalte en
geskiktheid van afwerking.
• Kunstenaars: Bonnie Ntshalintshali, Wilma Cruise, Judy Chicago, Hylton Nel,
Grayson Perry.
Afdrukke
• Afdrukke kan as 'n reeks gedoen word of geïntegreer word as deel van 'n
kunswerk in ooreenstemming met kontemporêre kunspraktyke.
• 'n Minimum van EEN afdruk (eindproduk) en DRIE proewe MOET geskep word.
Die proewe moet die ontwikkeling toon en alle aspekte van die proses
demonstreer. Dit is belangrik om daarop te let dat die gehalte van die werk
bewys van volgehoue betrokkenheid by die skep van die eksamenstuk oor 'n
tydperk van twee maande moet vertoon.
• Konvensies wat met die maak van afdrukke geassosieer word, moet nagekom
word, byvoorbeeld ondertekening en betiteling van die afdruk op die regte plek,
en 'n rand wat om die gedrukte beeld gelaat is1. As jy kies om 'n uitgawe van
afdrukke te produseer, nommer hulle korrek.
• Direkte oordrag van beelde van onverwerkte bronne (fotografiese reproduksies,
Perspex-natrekwerk, ens.) moet deel wees van 'n breër komposisiestrategie en
moet konseptueel geregverdig word.
• Kunstenaars: John Muafangejo, Philippa Hobbs, Robert Hodgins.
1
Hierdie konvensies is slegs van toepassing op afdrukke wat op 'n tradisionele manier aangebied word.
Afdrukke as deel van meer nie-tradisionele of kontemporêre benaderings (integrasie van afdrukke op
oppervlakke van kunswerke of as aspekte van 'n installasie, ens.) hoef nie aan hierdie konvensies te
voldoen nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 8 van 12
Digitale fotografie
• Digitale foto's moet geneem word deur die per-hand stellings op 'n DSLR-
kamera te gebruik. ISO, sluiterspoed, F-stop, wit balans, ens. moet doelbewus
gebruik word.
• 'n Reeks van minstens AGT digitale swart-en-wit of kleurfoto's. Minstens VIER
hiervan moet as een reekskunswerk aangebied word. Die oorblywende vier
afdrukke moet in die Visuele Joernaal aangebied word of kan saam met die vier
wat vir uitstalling gekies word, aangebied word.
• Dokumenteer alle tegniese prosedures deeglik. Lê skermskote vas in alle
sagteware wat gebruik word om te toon dat jou werk eg en oorspronklik is.
• "Digitale negatiewe" moet op 'n CD in jou Visuele Joernaal beskikbaar wees en
alle kameraverstellings en tegniese keuses moet gedokumenteer wees.
• Kandidate wat hierdie opsie kies, moet hulle vergewis van kontemporêre
ontwikkelings van digitale fotografie in die Skone Kunste.
• Eksperimenteer met interessante maniere om beelde vas te lê en te ontwikkel.
• Die konsep van jou werk is net so belangrik as die tegniese aspekte.
• Geen kandidate van dieselfde skool mag identiese benaderings tot hul
kunswerke gebruik nie.
• Verdere verwerking van foto's in 'n toepassing soos Photoshop® word verlang.
• Skermkiekies moet gedruk, geannoteer en by jou Visuele Joernaal gevoeg word
om die digitale komponent van jou Kreatiewe Proses te dokumenteer.
• Kontakbladafdrukke van alle foto's wat geneem is, moet in jou Visuele Joernaal
ingesluit word en die gekose beelde moet duidelik aangedui word.
• Regverdig gekose beelde op 'n tegniese en konseptuele vlak in die Visuele
Joernaal. Motiveer jou keuses deur oor die volgende vrae na te dink: Waarom
daardie bepaalde foto? Hoe sluit dit by die tema aan? Hoe sal verdere
verwerking daarvan in redigeersagteware die betekenis van die foto versterk?
Wat openbaar die foto van wat jy as fotograaf belangrik ag? Lewer kommentaar
oor tegniese aspekte soos ISO, F-stop, sluiterspoed en velddiepte.
• Kunstenaars: Martin Parr, George Rousse, Andreas Gursky, Kudzanai Chiurai.
Tradisionele donkerkamerfotografie
• 'n Reeks van minstens VIER swart-en-wit foto's wat as een kunswerk
gekonseptualiseer en aangebied moet word
OF
• Minstens VIER beelde wat gekombineer en/of verder ontwikkel word in
ooreenstemming met kontemporêre ontwikkelings in Skone Kunste-fotografie.
• Toetsstrokies, kontakafdrukke, negatiewe en ander tegniese data, sowel as
geskrewe dokumentasie moet die foto's vergesel om alle tegniese prosesse te
verduidelik.
• Jy moet jou eie foto's druk deur die donkerkamer by die skool te gebruik. Jy
mag nie jou drukwerk uitkontrakteer nie.
• Eksperimenteer met interessante maniere om jou beelde vas te lê en te
ontwikkel.
• Die konsep van jou werk is net so belangrik. Dokumenteer konsepontwikkeling
in die Visuele Joernaal en gebruik sketse, beelde, breinkaarte, ens. om te
demonstreer wat jou idee(s) beïnvloed het en hoe jy jou konsepte met
betrekking tot die tema opgelos het.
• Geen kandidate van dieselfde skool mag identiese benaderings tot hul
kunswerke gebruik nie.
• Kunstenaars: Jo Ratcliffe, Thomas Struth.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 9 van 12
Multimedia, Nuwe Media, Animasie
• 'n Reeks van minstens VIER afdrukke (eindprodukte of stilafdrukke van 'n
multimedia-produksie) wat as een kunswerk gekonsepsualiseer en aangebied
moet word;
OF
• 'n Kortfilm wat 5–10 minute duur;
OF
• 'n Animasie met 'n lengte van jou keuse, maar nie langer as 7 minute nie.
• Balanseer die konseptuele en tegniese aspekte van die skep van 'n digitale
kunswerk. Die konseptualiseringsdeel moet nie ten gunste van 'n tegniese fokus
afgeskeep word nie.
• Die Visuele Joernaal moet bewys lewer van relevante bronmateriaal,
dokumentasie van sagteware en prosesse wat gebruik is,
draaiboekaanwysings, storieborde en driedimensionele modelle of stelle (waar
van toepassing).
• Die meeste van jou bronne moet jou eie oorspronklike skeppings wees (eie
kunswerke, foto's, digitale skeppings, ens.) sonder om op bestaande
bronmateriaal uit fotografiese webwerwe, klaarfotografie, knipkuns, ens. te
steun. Indien bestaande visuele bronne egter 'n integrale deel van die betekenis
van jou werk uitmaak, byvoorbeeld 'n oorlogstoneel, moet dit in die Visuele
Joernaal erken en geregverdig word.
• Die Visuele Joernaal moet duidelik aantoon hoe jou werk ontwikkel het deur
omvattende visuele bewys van jou proses (geannoteerde miniatuurafdrukke,
"skermkiekies", storieborde, ens.) in te sluit. Sien Digitale Prosedures in die
Kreatiewe Proses op bladsy 3.
• Kandidate is self verantwoordelik vir die opstel van hul werk en hulle moet seker
maak dat dit teen 8:00 vm. op die dag van die praktiese eksaminator se
assessering by die skool in werkende orde is – en voorsien die onderwyser of
eksaminator van die intekenkodewoord ingeval die rekenaar in bystandmodus
ingaan.
• Voorkeurvideoformate: MPG-4, AVI, WMV, FLV.
• Kunstenaars: Nam June Paik, Golan Levin, Phil Hansen, William Kentridge.
Video
• 'n Video van nie langer as 7 minute nie.
• Elke element van videokuns moet sover moontlik die kandidaat se oorspronklike
werk wees: verfilming, redigering, klank en postproduksie.
• Indien 'n kandidaat bestaande filmmateriaal en/of klank gebruik, moet die
materiaal erken en op 'n gewysigde manier aangewend word: Gebruik montasie,
klankoorlegsels, redigering, dowing, ens. om die klank/bestaande filmmateriaal
jou eie te maak eerder as om dit bloot in onverwerkte vorm te gebruik.
• Oorweeg aanbieding: projeksie, skerm, konteks, projeksie-oppervlak.
• Dokumenteer alle tegniese prosedures deur skermskote vas te lê in sagteware
wat gebruik word om die werk as jou eie te verifieer. Verduidelik hoe jy die stuk
saamgestel het. Sien "Multimedia, Nuwe Media en Animasie" hierbo.
• Kandidate is self verantwoordelik vir die opstel van hul werk en hulle moet seker
maak dat dit teen 8:00 vm. op die dag van die praktiese eksaminator se
assessering by die skool in werkende orde is – en voorsien die onderwyser of
eksaminator van die intekenkodewoord ingeval die rekenaar in bystandsmodus
ingaan.
• Voorkeurvideoformate: MPG-4, AVI, WMV, FLV, MP4
• Kunstenaars: Bill Viola, Candice Breitz, Tony Oursler.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 10 van 12
Installasie
• Installasiekunswerke moet op sowel tegniese as konseptuele vlak volledig
voltooi wees.
• Voldoende kontekstuele navorsing is nodig om oortuigend op kontemporêre
tendense in kuns te reageer.
• Ondersoek die definisie en aard van kontemporêre installasiekuns krities om jou
kunsskeppende prosesse te kontekstualiseer en om jou besluitneming verder in
te lig.
• Oorweeg die gebruik van gevonde voorwerpe as kontemporêre kunsvorm
krities.
• Onthou om 'n balans tussen konseptuele en tegniese aspekte te vind terwyl jy
demonstreer dat jy genoeg tyd spandeer het aan die skepping van die
installering. Die kies van onverwerkte gevonde voorwerpe vir jou installasie is
dus nie voldoende nie.
• Konteks en plasing is baie belangrik wanneer 'n installasie gedoen word. Werk
krities met die ruimte op 'n terreinspesifieke wyse.
• Kunstenaars: Joseph Beuys, Rebecca Horn, Felix Gonzales-Torres, Serge
Alain Nitegeka.
Gemengde media
• Toon dat jy vertroud is met kontemporêre ontwikkelings in gemengdemedia-
praktyke van die Skone Kunste.
• Gemengde media kan tweedimensionele of driedimensionele werk behels.
• Integreer Visuele Kunste-dissiplines deur enige geskikte materiaal te gebruik
wat die konsep sal ondersteun.
• Die keuse van materiale moet bydra tot die betekenis of inhoud van die werk.
• Innoverende en nie-tradisionele gebruik van materiale word aangemoedig.
• Kunstenaars: Max Ernst, Anselm Kiefer.
Poppespel
• Skep marionette/'n marionet wat met 'n narratiewe konsep skakel: mitologies/
polities/persoonlik/godsdienstig, ens.
• Marionette kan realistiese, figuurlike, ekspressionistiese, karikatuuragtige of
denkbeeldige stilistiese eienskappe hê.
• Demonstreer bewustheid van positiewe narratiewe en opvoeringskontekste –
openbare ruimte, teater, galery, ensovoorts.
• Verwysing na narratiewe/karakterrol moet ingesluit en gemotiveer word met
betrekking tot die kandidaat se konsep.
• Tegnieke moet toegepas word vir effektiewe funksionering en beweging.
Oorweeg bewegende dele, vaste dele, manipulasie, gemodelleerde/gegote
aspekte, gebruik van materiale, tekstiele, tappenne, skarniere, veerkonstruksie.
• Kandidate moet seker maak dat hulle 'n visuele kuns produk maak en nie 'n
uitvoeringskuns produk nie.
• Kunstenaars: Handspring Puppet Company, Snuff Puppets, Dennis Oppenheim,
Rirkrit Tiravanija.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 11 van 12
Landkuns en omgewingskuns
• Landkunstenaars gebruik ongerepte of beboude omgewings as hul medium.
• Landkuns is dikwels 'n kortstondige ingryping.
• Toon groot respek vir die natuurlike omgewing. Moenie beskadig nie.
• Kies die terrein sorgvuldig, verkieslik op die skoolperseel.
• Dokumenteer die werk fotografies en met tekeninge en woorde.
• Kunstenaars: Andy Goldsworthy, Strijdom van der Merwe, Richard Long.
Uitvoeringkuns
• Uitvoeringstukke moet deeglik beplan, gedokumenteer en gerepeteer word.
• Oorweeg die volgende sorgvuldig:
‒ Wie is die beoogde gehoor vir die uitvoering?
‒ Wat is die beoogde konteks/terrein vir die uitvoering?
‒ Hoe sal die uitvoering opgeneem en gedokumenteer word?
• Maak deurgaans tekeninge van die konseptualisering van jou uitvoering.
• Dokumenteer uitvoeringrepetisies fotografies, deur video te gebruik, met
tekeninge en woorde.
• Skenk sorgvuldig aandag aan die subtiele verskille tussen Uitvoeringskuns as
Visuele Kuns en Opvoering as Dramatiese Kuns. As jy 'n Dramatiese Kunste-
kandidaat is, mag jy nie werk vir assessering in sowel Visuele Kunste as
Dramatiese Kunste aanbied nie.
• Kunstenaars: Johan Thom, Anthea Moys, Nadine Hutton, Marina Abramović.
Kunstenaarsboek
• 'n Kunstenaarsboek is 'n boek, deur die kandidaat geskep en as 'n kunswerk
aangebied.
• Die Visuele Joernaal is 'n tipe Kunstenaarsboek, maar is nie noodwendig
boekkuns nie: in 'n Visuele Joernaal word teks nie as beeld gebruik nie en die
Visuele Joernaal word nie deur die kunstenaar met die hand geskep nie.
• 'n Visuele Joernaal is 'n rekord van idees en eksperimente, terwyl boekkuns die
eindresultaat van voorafgaande eksperimente en gedokumenteerde idees is.
• 'n Afsonderlike Visuele Joernaal moet enige Kunstenaarsboek/Boekkunswerk
wat vir assessering aangebied word, vergesel.
• Skep elke bladsy kreatief. Bied die boek as 'n kunsvoorwerp aan.
• Oorweeg die gebruik van teks baie sorgvuldig: teks moet as skriftelike
kommunikasie sowel as visuele beeld funksioneer.
• Kunstenaars: Willem Boshoff, Stephan Erasmus, Ed Ruscha.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II – RIGLYNBOEKIE Bladsy 12 van 12
6. KONTROLELYS
Dit is jou verantwoordelikheid om te verseker dat al die vereistes vir elk van
Ja Nee
die eksamentake nagekom word.
1. Ek het die eksamenvraestel en die assesseringskriteria vir my
gekose Kunswerkdissipline deurgelees, soos in die rubrieke
uiteengesit.
2. My Visuele Joernaal bevat kontekstuele navorsing wat my idees
motiveer.
3. Ek het alle verwysingsmateriaal as deel van my voorbereidingswerk in
my Visuele Joernaal ingesluit, vir sowel my tekening(e) as kunswerk,
en ek het my bronne erken.
4. My Visuele Joernaal is logies georden, d.w.s. ek neem die assessor/
eksaminator op 'n georganiseerde reis deur my denkprosesse en die
ontwikkeling van my kunswerk.
5. My Visuele Joernaal het 'n duidelik gemerkte oortjie/boekmerk vir elk
van die eksamentake.
6. My Visuele Joernaal word saam met my Eksamenkunswerk uitgestal.
7. My tekeninge demonstreer duidelik my volgehoue betrokkenheid oor
'n tydperk van twee maande en weerspieël my persoonlike
interpretasie van die eksamentema.
8. My finale kunswerk word saam met my tekening(e) uitgestal.
9. My finale eksamenkunswerk demonstreer my volgehoue
betrokkenheid oor 'n tydperk van twee maande duidelik en weerspieël
my persoonlike interpretasie van die eksamentema.
10. Ek het my titels en rasionale vir my tekening en vir my kunswerk,
wat elk nie 200 woorde oorskry nie, getik en langs my werk uitgestal.
11. Ek het my werk aan al die vereistes getoets en die korrekte getal
werke geproduseer volgens die Minimum Vereistes vir Dissiplines soos
in die riglyndokument uiteengesit.
12. MY FINALE EKSAMENKUNSWERK IS ONDER DIE TOESIG VAN 'N
ONDERWYSER BY DIE SKOOL GESKEP.
13. EK HET DIE SPERDATUM GEHAAL: ____________________.
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Visual Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Visual Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Visual Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Visual Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper
Related documents

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Visual Arts

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Addendum

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB