Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II
Tydtoekenning: Vanaf skool se aanvangsdatum tot die IEB se spertyd 100 punte
SPERDATUM: 10 Oktober 2019
INHOUD BLADSY
Opsomming van Take en Punte 1
Die Eksamentema 2–10
Benadering tot hierdie Eksamen en die Bestuur van jou Kreatiewe proses 11–12
Eksamentake 13–17
Bronverwysingslys 18
OPSOMMING VAN TAKE EN PUNTE
TAAK 1 Kreatiewe Proses: Visuele Joernaal [20 punte]
TAAK 2 Kontekstuele Navorsing: Visuele Joernaal [10 punte]
TAAK 3 Tekening [35 punte]
TAAK 4 Kunswerk [35 punte]
TAAK 5 Titels en Rasionale [punte ingesluit in bogenoemde]
TAAK 6 Aanbieding [punte ingesluit in bogenoemde]
Hierdie take moet nie noodwendig as onverwante, aparte take beskou word nie,
maar eerder as handelinge van 'n koherente, omvattende eksamenprojek wat
gelyktydig uitgevoer word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Visual Arts Paper 2 question paper from the 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Visual Arts · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 18
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 18
DIE EKSAMENTEMA
'n Paar dinge om oor na te dink:
Marina Abromović het gesê: "Ons projekteer altyd in die toekoms in of dink na
oor die verlede, maar is so min in die hede."
Tussen die verlede en die toekoms is die hede. Dit is die LIMINALE ruimte. Dit is 'n
oorgangsruimte. Wanneer ons reg is, tree ons uit hierdie ruimte en in die toekoms in.
Hierdie ruimte word dikwels deur kunstenaars verken aangesien dit vol potensiaal is.
Liminale ruimtes:
• is dikwels op die marges of grense van ons lewens, wat hierdie posisie onduidelik
kan laat voel en moeilik om te identifiseer en te definieer.
• kan as kragtig, magies, gevaarlik, verdag, geheimsinnig, gedagteryk en nuut gesien
word.
• laat transformasie toe.
• is deurgangsones soos lughawens of spoorwegstasies waar mense van een plek
na 'n ander beweeg. Dit is ruimtes van voorbereiding op die verandering van een
stel reëls en beheermiddels na 'n ander.
• is ruimtes van spirituele of sosiale mag buite die normale strukture.
• is sones soos betwiste politieke grondgebiede, ongerepte natuur, konsentrasie-
kampe, heiligdomme, kuslyne en kruispaaie.
• is tussenruimtes wat gevul kan word met vrae en dispuut. Terwyl in dié ruimte, kan
die dispuut nie geargumenteer word nie. Dit is 'n veilige ruimte. Kwessies kan net
aangespreek word wanneer die persoon die ruimte verlaat het. Hulle doen dit deur
te vertrek en aan te beweeg.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 18
Om mee te begin, lees die volgende vrae en skryf jou antwoorde in jou visuele
joernaal neer.
1. Hoe sluit jy aan by, of het jy in verlede by die idee van 'n Liminale ruimte
aangesluit; waar kom jy vandaan, waar is jy nou en waarheen kan jy dalk van
hierdie punt gaan? Oorweeg jou gedagtes omtrent die volgende:
• Die posisie waarin jy jouself in jou lewe bevind.
• Jou posisie in jou familie.
• Jou posisie in jou sosiale groep.
• Jou gedagtes oor die posisie van die land:
‒ Histories
‒ Sosiaal
‒ Polities
‒ Ekonomies en/of
‒ Omgewings
• Jou gedagtes oor die posisie van die wêreld:
‒ Histories
‒ Sosiaal
‒ Polities
‒ Ekonomies en/of
‒ Omgewings
2. Wat voel jy is die positiewe of negatiewe aspekte van jou posisie tans?
3. Wat sien jy as die volgende stap uit hierdie ruimte uit?
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 18
Oorweeg die volgende voorbeelde wat Liminaliteit op 'n aantal wyses aanraak. Jy
kan kies om slegs die voorbeelde wat tot jou spreek, te ondersoek. Skryf jou
gedagtes rakende jou gekose voorbeelde in jou visuele joernaal neer.
1
Marina
Abramović
The Artist is
Present (2010)
Uitvoering
MOMA
New York
Gebruik die skakel om hierdie werk te vind:
<http://bit.ly/IEB2019AbromovicImage>
Joego-Slawiese kunstenaar Marina Abramović
Jy kan hierdie skakel gebruik verken die verhouding tussen kunstenaar en gehoor.
om 'n video oor hierdie werk te Sy stel belang in die beperkinge van die liggaam en
kyk: die moontlikhede van die verstand. In hierdie
opvoering begewe sy haarself ten volle in die
<http://bit.ly/IEB2019Abromovic> gegewe oomblik met elke lid van die publiek.
2 Gedig oor die liminale Liminal
ruimte deur 'n The space between
Australiese digter,
mentor en Neither this, nor that Ripe,
lewensafrigter, potent, uncertain, shaky
Christine McDougall.
A Downing, a Dusking ...
the imminent threshold
emerging crossing ...
to what? Slow down
The moment is calling you
to pay ... exquisite ... attention...
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 18
3
Deborah Bell
Gebruik hierdie skakel om 'n
This is What I am Here For (Breathe Through Me)
video oor hierdie kunstenaar
(2016)
se werk te kyk:
Gemengde Media op Papier
<http://bit.ly/IEB2019Bellvideo>
172 × 235 cm
Gebruik hierdie skakel om hierdie werk te vind:
<http://bit.ly/IEB2019BellImage>
Deborah Bell is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk verwysings van baie
verskillende kulture saambring. Sy verken diep persoonlike en dikwels spirituele idees
in haar werk. Die figure in haar werk is dikwels alleen, stil en kragtig. Hulle lyk dikwels of
hulle op die drumpel wag of hulself gereed maak vir iets nuut; die volgende stap.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 18
4
Buhlebezwe
Siwani
Batsho
Bancama
(2017)
Beeldhou-
installasie
(Groen seep,
hars, emalje-
houers, staal en
roosblare
Dimensies
veranderlik
Gebruik hierdie skakel om hierdie werk te vind:
<http://bit.ly/IEB2019SiwaniImage>
Buhlebezwe Siwani is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar en 'n
Gebruik hierdie tradisionele geneser wie se werk 'n kombinasie van 'n heilige
skakel om meer ruimte met persoonlike nadenke op haar isiXhosa kultuur en
oor hierdie die liminale rolle van vrouens binne hierdie kultuur verken. Die
kunstenaar te lees: isiXhosa titel van hierdie vertaal as "Slegte Lewe".
<http://bit.ly/IEB20 Sy is ook een van die stigterslede van die iQhiya Collective, 'n
19SiwaniInfo> groep wat gevorm is as 'n reaksie op die tekort aan geleenthede
in die Suid-Afrikaanse kunswêreld vir vroulike swart kunstenaars.
5
John Pace
After the Match (2015)
Olie op seildoek
100 × 80 cm
Gebruik hierdie skakel om meer uit te
vind:
<http://bit.ly/IEB2019PaceImage>
John Pace is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die 2015 Sanlam Portrait Award met die
portret van sy seun gewen het. Hierdie is 'n modderige en verslonsde uitbeelding van 'n
preadolessente seun, reguit van die uitgereënde rugby. Hierdie beeld vang die tussenruimte
van ontwikkeling in 'n jong persoon tussen kindwees en die oorgang na tienerwees, vas.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 18
6
Wilma Cruise
Gebruik hierdie skakel om hierdie beeld te Between (2015)
vind:
Keramiek figure en staal basisse
<http://bit.ly/IEB2019CruiseImage>
110 cm en 140 cm onderskeidelik
Wilma Cruise is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat vir haar diepsinnige figuur-
beeldhouwerke bekend is.
In die beeldhouwerk Between plaas Cruise twee vereenvoudigde figure in
verhouding tot mekaar.
Die wyse waarop hulle geplaas is en die kontras tussen die swart en wit figure
skep 'n spanning tussen hulle en lei die kyker om te oorweeg wat die verhouding
tussen die figure is.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 18
7
Gebruik hierdie skakel om meer oor hierdie
Igshaan Adams kunstenaar te lees:
When Dust Settles (2018)
<http://bit.ly/IEB2019Adamscv>
Installasie
Gebruik hierdie skakel om die video's oor
Omheiningsdraad, krale, wit katoen
die kunstenaar te kyk:
gare, gesigdoekies, viniel en gebruikte
en verslyte linoleum vloerpanele.
<http://bit.ly/IEB2019AdamsVideo1>
Standard Bank Kunsgalery
<http://bit.ly/IEB2019AdamsVideo2>
Igshaan Adams is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk oor rasse, religieuse en
seksuele liminaliteit handel. Hy is deur Christelike grootouers in 'n "kleurling"
gemeenskap in apartheid grootgemaak. Hy is 'n liberale en praktiserende Moslem wat
homoseksueel is. Sy kruisdissiplinêre, getekstueerde en simboliese werke is 'n
deurlopende verkenning van die tussenruimtes waarin hy homself bevind as gevolg van
sy kultuur, geloof en oriëntasie.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 18
8
Mary Sibande
A Reverse
Retrograde: Scene
1 (The Purple shall
Govern) (2013)
Veselglas, viniel,
metaal, geverfde
hout, 100% katoen
en poliëster
Lewensgrootte
beeldhouwerk
Gebruik hierdie skakel om Mary Sibande is 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Sy
hierdie video oor die gebruik dikwels 'n alter ego om die liminale ruimte van
kunstenaar te kyk: haar werke te oorbrug, wat handel oor die terugeising
van die swart vrou se liggaam in 'n postkoloniale en
<http://bit.ly/IEB2019MSib postapartheid Suid-Afrika.
andeVideo>
In hierdie werk verwys die figuur in die Victoriaanse rok
na haar ma en ouma wat huishoudelike werkers was. Die
tweede figuur verteenwoordig Sibande self.
9
Banksy
If we wash our
hands of the conflict
between the
powerful and the
powerless we side
with the powerful –
we don't remain
neutral (2015)
Graffiti op die muur
van 'n ruïne in die
Gazastrook
Banksy is 'n berugte Graffiti-kunstenaar wie se werk dikwels kontroversieel is. Hierdie is 'n
voorbeeld van sy graffiti in die oorlogverskeurde Gazastrook in die Midde-Ooste. Hy
probeer duidelik gesprek en debat uitlok. Hierdie werk laat die kyker nie toe om gemaklik
in die middelruimte van neutraliteit te bly nie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 18
10 Jeeyoung
Regs:
Nightscape (2012),
Inkstraal fotografiese
drukwerk
Regs onder:
Monsoon Season
(2011)
Inkstraal fotografiese
drukwerk
Koreaanse kunstenaar
Jeeyoung Lee skep
verbeeldingryke ruimtes
in haar kamergrootte
studio wat bonatuurlik
en evokatief is.
Jy kan hierdie skakel
gebruik om hierdie werke
en ander deur hierdie
kunstenaar te sien en
ook oor hierdie
kunstenaar se werk te
lees:
<http://bit.ly/IEB2019Jee
young>
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 18
BENADERING TOT HIERDIE EKSAMEN EN DIE BESTUUR VAN JOU KREATIEWE
PROSES
Die bronne wat in hierdie eksamenvraestel verskaf word, oorweeg die idee van
liminaliteit, tussensones, gebiede van oorgang en idees wat hiermee verband hou.
In die gegewe voorbeelde verken die kunstenaars 'n verskeidenheid liminale ruimtes of
kwessies. Hulle doen dit op 'n verskeidenheid maniere. Jy word aangemoedig om hierdie
werke te verken en die skakels te volg om jou begrip van elke kunstenaar te bedoelings te
verryk en dan jou eie konsep rondom hierdie tema te ontwikkel. Van hierdie inspirasie,
word die volgende van jou vereis:
• 'n visuele joernaal
• 'n tekening
• 'n kunswerk
• 'n titel en rasionaal vir die tekening sowel as die kunswerk
Betrokkenheid by Kuns en Visuele Kultuur
Aan die einde van die eksamenprojek sal jy ten minste die werke van ses ander
kunstenaars, wat in 'n soortgelyke dissipline werk as wat jy gekies het, nagevors het en
na hul werk, wat soortgelyke of verwante kwessies soos joune weerspieël, verwys het.
Hierdie navorsing moet in jou Visuele Joernaal getoon word. Jy moet verken hoe hierdie
kunstenaars iets in jou eie denke laat vonk het en hoe hulle werk jou gehelp het om groter
begrip te verkry in die skep van jou tekening en kunswerk.
Denke as Doen: Gebruik jou Kreatiewe Proses om jou idees te ontwikkel en te
verfyn
Dokumenteer in jou Visuele Joernaal al die stappe van jou Kreatiewe Proses wat gelei
het tot die aanbieding van jou tekening sowel as jou kunswerk. Jou navorsing en
Kreatiewe Proses moet onmiddellik begin sodra jy hierdie eksamenvraestel ontvang en
aanhou totdat jy jou werk op die sperdatum inhandig.
Alle take, op die volgende bladsye uiteengesit, is verpligtend; die volgorde waarin jy dit
benader, moet egter deur jou eie idees en denkproses gelei word. Jy kan met die
navorsing van kunstenaars se werk begin en daarna jou idees, persepsies en ervarings in
jou Visuele Joernaal teken, of jy kan dadelik begin teken en toelaat dat jou kunswerk en
navorsing uit die proses van teken voortspruit. Kreatiwiteit is sowel 'n sikliese as lineêre
proses. Jy sal heen en weer moet beweeg, oorweeg wat jy tot dusver gedoen het en
deurgaans jou prosesse en produkte herevalueer om jou respons op die eksamen tot 'n
oortuigende vlak van diepte te ontwikkel.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 18
Assessering
Jou onderwyser het gedetailleerde assesseringsrubrieke met al die kriteria vir sukses in
hierdie eksamen. Jy word aangeraai om met hierdie rubrieke vertroud te raak. Jou
respons op die eksamen sal op die volgende drie, breë, dog interverwante kriteria
geassesseer word:
1. Jou vermoë om vaardig met jou gekose materiale en komposisiebeginsels te
werk, d.w.s. vorm: Toon jou Tekening en jou Kunswerk dat jy die gekose
dissipline(s) bemeester het, en neem dit die kyker op 'n estetiese reis?
2. Jou oorspronklike en kreatiewe denke, konsepte en die doelbewuste
betekenisse soos deur jou werk ontgin, d.w.s. inhoud: Verken jou werk 'n
interessante, relevante interpretasie van die tema op 'n gesofistikeerde vlak?
3. Bewys van taak-intensiteit, nuuskierigheid, deursettingsvermoë en toewyding
in jou respons, sowel as jou vermoë om die beperkings van tyd en ruimte te
hanteer, d.w.s. konteks: Oorkom jou werk die beperkings van ruimte en
omstandighede op 'n gesofistikeerde manier? Jou Tekening en Finale
Kunswerk behoort elk 4–6 weke te neem om te produseer, en hierdie
hoeveelheid toewyding moet sigbaar wees. Jy moet dus nie net 'n suiwer
konseptuele werk produseer wat vaardigheid of materialiteit afskeep nie.
Riglyne en Vereistes
Onthou: Jy mag op jou eie tyd aan jou Visuele Joernaal- en Tekentake buite die skool
werk, maar die Finale Kunswerk mag nie van die skoolperseel verwyder word nie. Dit
moet onder die onderwyser se toesig voltooi word.
Dit is jou verantwoordelikheid om hierdie eksamenvraestel en die riglynboekie deeglik
deur te lees voordat jy met die projek begin. Bespreek die eksamenvraestel met jou
onderwyser en jou klasmaats en neem dit saam met jou huis toe. Jy mag buite die skool
se perseel aan Taak 1 tot 3 werk, maar nie aan die kunswerktaak nie. Die kunswerk
(Taak 4) moet in geheel onder die toesig van 'n onderwyser gedoen word.
LET WEL: Die volgende take is verpligtend maar hoef nie noodwendig in streng
numeriese volgorde uitgevoer te word nie. Die proses van kreatiwiteit is organies
en siklies eerder as sekwensieel en lineêr. Jy sal heen en weer moet beweeg, die
verskillende stadiums moet oorweeg en heroorweeg om jou kreatiewe
betrokkenheid in die eksamenopdrag te ontwikkel en te verdiep.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 13 van 18
EKSAMENTAKE
TAAK 1 KREATIEWE PROSES: VISUELE JOERNAAL [20 punte]
Dit is voorbereiding vir jou tekening en kunswerk. Dit is 'n rekord van jou response op die
tema. Dokumenteer jou Kreatiewe Proses volledig in jou Visuele Joernaal.
Kreatiewe Ontginning
• Gebruik die afbeeldings, tekste en idees op die vorige bladsye as vertrekpunte en
stimuli terwyl jy al jou idees, gevoelens, sketse en afbeeldings in jou Visuele Joernaal
aanteken.
• Noem jou belangstellings en doelstellings vir hierdie eksamen – maar wees ontvanklik
en buigsaam. Jou doelwitte mag verskuif en verander namate jou Kreatiewe Proses
ontwikkel.
• Sluit aanvanklike sketse en bronmateriaal in.
• Verskaf idees in jou eie woorde geskryf wat jou gedagtegang verduidelik vir die
uitbeelding van jou gekose onderwerp(e) op die manier wat jy verkies.
• Toon dat jy vlot is in die vermoë om verskeie idees en moontlikhede te genereer, nie
net een finale idee nie.
• Oorweeg versigtig hoe jy jou interpretasie van hierdie tema sal aanbied.
– Sal jou benadering intiem en persoonlik wees, of in die openbaar en opsigtelik?
– Sal jou tekening(e) en kunswerk(e) natuurlik, gestileerd of abstrak wees?
– Kommunikeer 'n simboliese werk 'n dieper en diepsinniger waarheid as 'n
natuurlike/fotografiese werk? Of is hulle albei selfs onderling uitsluitend?
– Jou benadering kan letterlik, dit kan natuurlik, of dit kan meer simbolies of poëties
wees. Wat maak jou kunswerk 'n kunswerk?
• Hersien, ontwikkel en brei jou eie visuele taal uit deur verder betrokke te raak by 'n
sikliese Kreatiewe Proses ter voorbereiding van jou tekening en kunswerk.
• Wees buigsaam: Jou idees mag dalk verander het en verskil van jou aanvanklike
intensies, planne en doelstellings.
• Gebruik woorde, sketse, visualiserings en tegniese eksperimente om jou kunswerk
visueel te ontwikkel. Ondersoek moontlikhede!
• Jy moet besluit watter medium jy gaan betrek en nadink oor watter tegnieke en
onderwerp jou intensies en interpretasie van die tema die beste sal pas. Neem wyse
besluite en verduidelik jou besluite in jou Visuele Joernaal.
• Jy moet besluit watter tekens en simbole van die breër visuele kultuur jy sal betrek om
jou werk betekenisvol te maak.
• Oorweeg die kunswerke wat jy alreeds in jou Praktiese Assesseringstaak (PAT)
praktiese portefeulje voltooi het as deel van jou Kreatiewe Proses
• Jy word sterk aangeraai om vir hierdie eksamen met dieselfde kunsdissipline te werk
as wat jy vir die PAT praktiese portefeulje gebruik het. (As jy beeldhoukuns in jou PAT-
portefeulje gebruik het, behoort hierdie eksamenwerk ook 'n beeldhouwerk te wees.)
• Verduidelik die verband tussen jou PAT-portefeulje en jou oogmerke vir die
eksamenprojek ten opsigte van jou formele en konseptuele kwessies. Dit is 'n
belangrike deel vir die ontwikkeling van 'n persoonlike visuele taal.
• Verwys na die relevante afdeling in die uitvoerige riglyndokument vir gedetailleerde
riglyne oor die Kreatiewe Proses.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 14 van 18
TAAK 2 KONTEKSTUELE NAVORSING: VISUELE JOERNAAL [10 punte]
Navorsing is 'n belangrike deel van die proses om 'n suksesvolle kunswerk te skep
• Vir elke taak moet jy as deel van jou Kreatiewe Proses minstens ses ander visuele
kunstenaars se werk kies en navors wat jy inspirerend vind vir jou artistieke praktyk
(doen navorsing oor ongeveer drie kunstenaars vir jou tekening en ongeveer drie
ander vir jou kunswerk).
• Jy mag navorsing doen oor die werk van die kunstenaars wat in die gegewe bronne
voorsien word of oor ander kunstenaars se werk navorsing doen.
• Terwyl jy navorsing doen, moet jy jou idees vir jou eie doelwitte en mikpunte vir hierdie
eksamenprojek verfyn en aanpas.
• Produseer minstens een gedetailleerde visuele ontleding van minstens een werk deur
die kunstenaar(s) wat jy gekies het. In jou ontleding moet jy na die tema verwys. Die
ontleding moet in jou eie woorde wees. Vermy die kopieër-en-plak-gewoonte! Deur
slegs uit 'n gesaghebbende bron te kopieer, dui op onvoldoende navorsing. Jy moet
bewys van internalisering van jou navorsing toon.
• Erken al jou bronmateriaal deur die Harvard-verwysingstegniek te gebruik.
• Verduidelik waarom die kunswerke wat jy nagevors het van toepassing is op jou eie
doelwitte en planne vir die eksamentekening- en -kunswerktake.
• Verwys na die toepaslike afdeling in die gedetailleerde riglyndokument vir
gedetailleerde riglyne betreffende kontekstuele navorsing.
• Dokumenteer enige verdere kunswerke wat jou in jou Kreatiewe Proses inspireer.
• Jy mag vind dat jy navorsing moet doen oor ander gebied(e) van visuele kultuur en/of
kennis.
• Kom enige van die kunstenaars, kunswerke of kennisgebiede wat jy nagevors het vir
jou PAT-projekte ook in jou Visuele Joernaal vir hierdie eksamen voor? Indien wel,
moet jy dit erken. Dit is 'n belangrike aspek in die ontwikkeling van jou eie persoonlike
visuele taal.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 15 van 18
TAAK 3 TEKENING [35 punte]
• Produseer 'n reeks prosestekeninge vir uitstalling.
OF
• Produseer minstens een eindproduk-tekening vir uitstalling.
• Jou tekening behoort 4–6 weke te neem om te voltooi.
• Werk gelyktydig aan jou visuele joernaal en jou tekening.
• As jy die Prosestekening-opsie kies, moet jou tekeninge professioneel uitgestal word
en nie in die joernaal gelaat word nie.
Let wel: Jou tekening moet 'n tekening wees, ontwikkel uit 'n vorm van merke of
skrape gemaak op 'n oppervlak op 'n hoofsaaklik droë wyse en nie 'n ander
kunsvorm nie. As jy verkies om 'n tekening te maak wat nie aan hierdie begrip
voldoen nie, moet jy jou motivering verduidelik en in jou Visuele Joernaal beskryf
hoe jou werk as tekening gereken word. Die nalaat van sodanige verduideliking
waar dit vereis word, sal noodwendig lei tot penalisering.
Hoe verstaan ons "tekening"?
'n Tekening is 'n reeks relatief spontane merke op 'n oppervlak. 'n Akrielskildery is nie 'n
tekening nie en 'n foto is nie 'n tekening nie – tensy jy volledig verduidelik hoe dit as
sodanig beskou kan word. As jy 'n tekening voorlê wat nie in 'n tekenmedium is nie, moet
jy motiveer hoe jou voorlegging konseptueel as 'n tekening beskou kan word. Teken is 'n
belangrike vaardigheid om te bemeester: Abstrakte kunstenaar John Ruskin het gesê:
"Teken is 'n manier om kennis te kommunikeer en te bekom." Dink versigtig na oor wat 'n
tekening anders maak as 'n skildery of 'n beeldhouwerk of 'n foto. Oorweeg die redes
hoekom teken so 'n belangrike deel van 'n kunstenaar se werkproses uitmaak.
Vir gedetailleerde riglyne oor jou tekening sowel as 'n gedetailleerde verduideliking
van die verskille tussen prosestekening en eindproduktekening, verwys na die
toepaslike afdeling in die riglynboekie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 16 van 18
TAAK 4 KUNSWERK [35 punte]
• Produseer jou kunswerk vir uitstalling nadat jy jou kunsdissipline vir die eksamen
gekies het.
• Jy mag nie aan jou kunswerk werk sonder toesig van jou onderwyser nie.
NB: Fotografiekandidate: Alle fotografie-skote moet deur jou, die kandidaat, gedoen
word en nie deur iemand anders nie. As jy die onderwerp van jou eie foto's is, moet jy
bewys lewer dat jy jou eie foto's opgestel het en nie iemand anders nie. As 'n assistent
gebruik word om foto's van jou te neem, moet dit in die Visuele Joernaal erken word.
Gebruik 'n plaasvervanger-model om in jou plek vir die skoot te poseer terwyl jy elke skoot
opstel en op kamerastellings besluit. Jy moet die addisionele beplanningskote wat jy
vooraf geneem het in jou Visuele Joernaal insluit om te bewys dat die tegniese
komposisie en skote jou besluitneming en werk is en nie dié van die persoon wat die foto
neem of enigiemand anders nie. Geen professionele fotograaf of ander persoon mag
foto's namens jou opstel en neem nie.
Vir gedetailleerde riglyne oor jou kunswerk, verwys na die toepaslike afdelings in
die riglynboekie.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 17 van 18
TAAK 5 TITELS EN RASIONALE
• Skep 'n toepaslike en interessante titel vir SOWEL jou tekening(e) AS jou kunswerk(e).
• Tik en druk twee aparte rasionale van nie meer as 150–200 woorde elk nie.
• Vertoon jou rasionale, titels en eksamennommer langs jou tekening en jou kunswerk.
TAAK 6 AANBIEDING
Jou tekening en jou kunswerk moet so professioneel as moontlik uitgestal word. Benoem
jou tekening(e) en jou kunswerk as volg:
Naam
Eksamennommer
Titel
Eksamentekening/
Eksamenkunswerk
SIEN DIE MEEGAANDE BOEKIE VIR GEDETAILLEERDE RIGLYNE OOR
SPESIFIEKE DISSIPLINES.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: VISUELE KUNSTE: VRAESTEL II Bladsy 18 van 18
BRONVERWYSINGSLYS
1. VIAD FADA – Visual Identities in Art and Design Research Centre, Faculty of Art,
Design and Architecture, Universiteit van Johannesburg, 2011. Space, Ritual,
Absence: The Liminal in South African Art curated by James Sey in collaboration
with VIAD. [AANLYN] Beskikbaar by: <https://www.viad.co.za/space-ritual-
absence-3> [Toegang verkry op 15 November 2018].
2. Museum of Modern Art New York: Marina Abramović: The Artist Is Present 2010,
Organized by Klaus Biesenbach, Chief Curator at Large, The Museum of Modern
Art, and Director, PS1 Contemporary Art Center. [AANLYN] Beskikbaar by:
<https://www.moma.org/calendar/exhibitions/964>. [Accessed 17 November 2018].
3. Everard Read London. Deborah Bell – Dreams of Immortality: Blood and Gold.
2016. [AANLYN] Beskikbaar by: <https://www.everardlondon.com/exhibition/14>.
[Toegang verkry op 4 Januarie 2019].
4. Christine Mc Dougal. Liminal Space Poem. 2010. [AANLYN] Beskikbaar by:
<https://za.pinterest.com/pin/350999364703276893>. [Toegang verkry op 20
November 2018].
5. Art Africa – Buhlebezwe Siwani: Liminal spaces, 2016. [AANLYN] Beskikbaar by:
<http://artafricamagazine.org/buhlebezwe-siwani-liminal-spaces>.
[Toegang verkry op 15 November 2018].
6. Sanlam. 2015. Sanlam Portrait Award 2015 Winner Announced. [AANLYN]
Beskikbaar by:<https://www.sanlam.co.za/mediacentre/media-category/media-
releases/John%20Pace%20Wins%20Sanlam%20Portrait%20Award%202015>.
[Toegang verkry op 19 November 2018].
7. Creative Feel – Sanlam Portrait Award 2017 Top 40 Exhibition, 2018. [AANLYN]
Beskikbaar by: <https://creativefeel.co.za/2018/01/sanlam-portrait-award-2017-top-
40-exhibition>. [Toegang verkry op 19 November 2018].
8. University of Pretoria – The Princess in the Veld: Curating Liminality in
Contemporary South African Female Art Production, curated by Delaida Adele
Adendorff. [AANLYN] Beskikbaar by:
<https://repository.up.ac.za/handle/2263/63007>. [Toegang verkry op 15 November
2018].
9. Courney Drusdale. 2018. Uncanny Nostalgia: Igshaan Adams' 'When Dust Settles' –
ArtThrob. [AANLYN] Beskikbaar by: <https://artthrob.co.za/2018/07/10/uncanny-
nostalgia- igshaan-adams-when-the-dust-settles>. [Toegang verkry op 17
November 2018].
10. Blank. 2018. Igshaan Adams CV and Bio. [AANLYN]
Beskikbaar by: <http://www.blankprojects.com/ cv-and-bio/igshaan-adams>.
[Toegang verkry op 17 November 2018].
11. South African History – SAHO – Mary Sibande Biography, 2018. [AANLYN]
Beskikbaar by: <https://www.sahistory.org.za/people/mary-sibande>.
[Toegang verkry op 19 November 2018].
12. The British Museum – A Revered Retrograde – 2017. [AANLYN] Beskikbaar by:
<https://britishmuseum.tumblr.com/post/151475978007/a-reversed-retrogress>
[Toegang verkry op 19 November 2018].
13. Kurt Kohlstedt. 2015. Gaza Strip Graffiti: Artist Banksy Tunnels Back Into Palestine.
Web Urbanist: Architecture, Art, Design and Built Environment. [AANLYN] Beskikbaar
by: <https://weburbanist.com/2015/02/28/gaza-strip-graffiti-artist-banksy-tunnels-
back-into-palestine>. [Toegang verkry op 20 November 2018].
14. Nina Azzarello. 2016. Jeeyoung lee handcrafts intricate and imaginative landscapes
in her room-sized studio. Designboom. [AANLYN] Beskikbaar by:
<https://www.designboom.com/art/jeeyoung-lee-interview-installation-03-23-2016/>.
[Toegang verkry op 15 November 2018].
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Visual Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Visual Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Visual Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Visual Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper
Related documents

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2016 Question Paper
More from Grade 12 Visual Arts

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Addendum

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

AddendumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 2 2018 Addendum

Question paperIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

MemorandumIEB
Visual Arts Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB