NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en ʼn 19 bladsye-antwoordeboek.
Skip to contentAll 2019 papers 



%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)

View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 857.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2019
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin AL die vrae
beantwoord moet word.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. Toon alle bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 3
8. Gebruik die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord.
Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Debiteure-ouderdomsanalise
Debiteure-ouderdomsanalise en Begrippe
Versoening Bankversoening
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 2: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasiemetodes
Voorraadwaardasie Voorraad-berekeninge
Interne beheer
VRAAG 3: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Kosteberekeninge Gelykbreekpunt en koste-ontleding
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
VRAAG 4: 60 punte; 35 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe
Maatskappye:
Staat van finansiële posisie (Balansstaat)
Finansiële State
Bestuur van hulpbronne
Etiek
VRAAG 5: 80 punte; 50 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Maatskappye: Kontantvloeistaat
Kontantvloei en vertolking Vertolking van finansiële inligting
VRAAG 6: 30 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Berekeninge en vertolking van begrotings
Kontantbegrotings Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 1: DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE EN BANKVERSOENING
(50 punte; 30 minute)
1.1 DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE
Die eienaar van Jumbo Handelaars, Sumi, het jou genader vir hulp met die
bestuur van debiteure.
GEVRA:
1.1.1 Verduidelik hoe die Debiteure-ouderdomanalise kan help met die
kontrole van debiteure. Verskaf EEN punt. (2)
1.1.2 Bereken die gemiddelde debiteure-invorderingstermyn (in dae) vir die
finansiële jaar geëindig 31 Augustus 2019. (5)
Lewer kommentaar of die besigheid hiermee tevrede moet wees. (2)
1.1.3 Verwys na Inligting C:
Identifiseer TWEE verskillende probleme wat deur die debiteure-
ouderdomsanalise geopenbaar word. Haal bewyse en/of syfers aan. In
elke geval, gee advies om die interne beheer rakende die geïdentifiseerde
probleem te verbeter. (6)
INLIGTING:
A. Die saldo van die debiteurekontrole was R19 800 op 1 September 2018.
B. Totale verkope vir die jaar beloop R750 000.
40% van verkope is kontant en die res op krediet.
C. Debiteure-ouderdomsanalise op 31 Augustus 2019
Kredietbeleid: Debiteure word 30 dae gegee om hul skuld te vereffen.
NAAM KREDIET- TOTAAL HUIDIGE 30 DAE 60 DAE 60 DAE+
LIMIET MAAND
B. Botha R 8 000 R 6 000 R 6 000
C. Coma 30 000 32 000 11 574 R 3 000 R 3 710 R13 716
P. Pule 20 000 18 600 - 8 000 10 600
R. Rome 18 600 19 600 3 000 4 240 12 360
76 200 20 574 15 240 26 670 13 716
27% 20% 35% 18%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 5
1.2 BANKVERSOENING
Jy word voorsien van inligting rakende Simms Handelaars vir Julie 2019.
GEVRA:
1.2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
waar of onwaar langs die vraagnommer ((a)–(d)) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
(a) ʼn Tjek ouer as ses maande sal nie deur die bank gewisssel word
nie, aangesien dit ʼn verouderde tjek is.
(b) Diensgelde en rente op bankoortrekking sal as bankkoste in die
Kontantbetalingsjoernaal aangeteken word.
(c) ʼn Debietsaldo op die bankstaat dui ʼn ongunstige saldo aan.
(d) ʼn Interne ouditeur moet die bankversoeningstaat aan die einde van
elke maand nagaan. (4)
1.2.2 Bereken die korrekte totale vir die Kontantontvangsjoernaal en die
Kontantbetalingsjoernaal vir Julie 2019. Gebruik die tabelle wat voorsien
word. (14)
1.2.3 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2019 op. (10)
1.2.4 Verduidelik hoe tjek nr. 908 behandel moet word wanneer die finansiële
state op 31 Julie 2019, die einde van die finansiële jaar, opgestel word. (2)
1.2.5 Verwys na inligting F.
Die boekhouer het besluit om die bedrag van R50 000 af te skryf.
Identifiseer die AARP-beginsel wat deur die boekhouer toegepas is. (1)
Verskaf TWEE voorstelle oor hoe ʼn soortgelyke probleem in die
toekoms voorkom kan word. (4)
INLIGTING:
A. Bankversoeningstaat op 30 Junie 2019
Debiet Krediet
Saldo volgens Bankstaat R19 310
Uitstaande deposito (10 Mei 2019) R50 000
Uitstaande tjeks
nr. 892 (1 Januarie 2019) 12 340
nr. 897 (22 Junie 2019) 8 700
Saldo volgens Bankrekening 9 650
50 000 50 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
B. Voordat die Julie 2019 Bankstaat ontvang is, verskyn die volgende
voorlopige totale in die Kontantjoernale vir Julie 2019:
KOJ R 127 670
KBJ R 68 900
C. Die Bankstaat vir Julie 2019 dui die volgende aan:
Bankkoste R1 300
Rente op oortrekking R920
Debietorder vir versekering R600
Direkte deposito van R1 800 vir huur ontvang van ʼn huurder
D. Tjek nr. 892 is as ʼn donasie uitgereik. Dit is nog nie gewissel nie.
E. Tjek nr. 897 verskyn nie op die Julie 2019 bankstaat nie.
F. Die uitstaande deposito (10 Mei 2019) kan nie opgespoor word nie en die
kassier op daardie tyd, het intussen verdwyn. Daar is besluit om die
bedrag af te skryf.
G. ʼn Tjek ontvang van Redman Handelaars gedateer 25 November 2019, vir
R15 000, is nie in die Julie 2019 Kontantontvangstejoernaal aangeteken
nie. Dit is ook nie gedurende Julie gedeponeer nie.
H. Die volgende items verskyn in die Julie 2019 Kontantjoernale, maar nie
op die Julie Bankstaat nie:
ʼn Deposito van R18 000, gedateer 27 Julie 2019
Tjek nr. 905, gedateer 31 Julie 2019
Tjek nr. 908, R3 100, gedateer 15 Desember 2019, is uitgereik aan ʼn
krediteur, D. Hart, vir die verskaffing van goedere.
I. Die Bankstaat op 31 Julie 2019 dui ʼn kredietsaldo van R44 040 aan.
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 7
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 20 minute)
Omega Electronics is ʼn besigheid wat televisies verkoop. Die besigheid word deur
Ching Lee besit. Hulle maak gebruik van die GEWEEGDEGEMIDDELDE-metode vir
voorraadwaardasie en gebruik die periodieke voorraadstelsel. Die finansiële jaar het
op 28 Februarie 2019 geëindig. Die winsgrens is 25% op kosprys.
GEVRA:
2.1 Bereken die volgende op 28 Februarie 2019:
2.1.1 Waarde van die eindvoorraad (10)
2.1.2 Brutowins vir die jaar geëindig (5)
2.2 Die eienaar en die rekenmeester stem nie saam met die metode van
voorraadwaardasie nie. Die rekenmeester wil die EIEU-metode gebruik.
2.2.1 Bereken die waarde van voorraad op 28 Februarie 2019 deur die
EIEU-metode te gebruik. (7)
2.2.2 Verduidelik die effek op brutowins indien die EIEU-metode gebruik word. (2)
2.2.3 As ʼn interne ouditeur, verduidelik aan die eienaar en die rekenmeester,
die voordele om die EIEU-metode te gebruik. Noem TWEE punte. (4)
2.3 Ching Lee voel dat sy nie haar teiken winsopslag % in 2019 kon bereik nie.
Doen (of voer) ʼn berekening uit om te bevestig of sy korrek is. (3)
Verskaf TWEE voorstelle wat geïmplementeer kan word om winsgewendheid
te verbeter. (4)
INLIGTING:
A. Voorraad van televisiestelle:
Datum Besonderhede Totaal
1 Maart 2018 49 eenhede R195 424
28 Februarie 2019 220 eenhede ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
B. Aankope en terugsendings van televisiestelle gedurende die jaar.
Aantal eenhede Totaal
Aankope:
Julie 2018 200 eenhede @ R4 680 elk R936 000
Okt 2018 388 eenhede @ R5 145 elk 1 996 260
Jan 2019 200 eenhede @ R5 512 elk 1 102 400
788 eenhede in totaal 4 034 660
Terugsendings:
7 eenhede van Januarie 2019 aankope.
C. Verkope vir die jaar, R3 450 300.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 9
VRAAG 3: VERVAARDIGING (45 punte; 25 minute)
3.1 VUMA VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot VUMA Vervaardigers vir die
jaar geëindig 28 Februarie 2019. Die besigheid vervaardig handsakke.
GEVRA:
3.1.1 Stel die volgende notas tot die Produksiekostestaat op:
Direkte arbeidskoste (6)
Fabrieksbokoste (10)
3.1.2 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019 op. (10)
INLIGTING:
A. Voorraad voorhande op 1 Maart 2018
Grondstowwe R138 000
Goedere-in-bewerking 79 000
Klaarprodukte 68 000
B. Voorraad voorhande op 28 Februarie 2019
Grondstowwe R142 000
Goedere-in-bewerking ?
Klaarprodukte 172 000
C. Grondstowwe
Grondstowwe gedurende die jaar aangekoop beloop R1 450 000.
Grondstowwe, koste R19 000, is aan die verskaffer teruggestuur.
D. Arbeid
Die fabriek het vyf werkers wat by produksie betrokke is. Saam het
hulle in totaal 800 uur per maand teen R50 per uur (normale tyd)
gewerk. Slegs drie werkers het 60 ure elk per maand oortyd gedurende
die finansiële jaar gewerk.
Die oortydkoers is 1½ keer die normale koers.
Die werkgewer dra 1% van die normale loon tot die WVF vir alle
werknemers by.
Indirekte arbeid beloop R135 340 voordele ingesluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
E. Syfers verkry uit die Proefbalans:
Water en Elektrisiteit R77 000
Huur-uitgawe 288 000
Waardevermindering op fabriekstoerusting 18 900
Waardevermindering op kantoortoerusting 5 300
Versekering 108 000
Diverse uitgawes 84 000
Addisionele inligting met betrekking tot bogenoemde:
Die water- en elektrisiteitsrekening word onder fabriek, kantoor en
verkope afdelings in die verhouding 4 : 2 : 1 verdeel.
75% van alle diverse uitgawes het betrekking op die fabriek.
Huur het onveranderd gedurende die finansiële jaar gebly. Huur
word toegeken volgens vloeroppervlakte gebruik, soos volg:
1 500 vierkante meter, 500 vierkante meter en 400 vierkante meter
vir fabriek, verkope en kantoor-adfelings onderskeidelik.
Versekeringskoste op toerusting word soos volg onder fabriek,
verkope en kantoor verdeel:
o Fabriek R48 500
o Verkope 37 400
o Kantoor 22 100
3.2 JPC VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting rakende JPC vervaardigers wat bestaan uit twee
fabrieke wat verskillende produkte produseer: Reistasse en
skootrekenaarsakke. Die eienaar, JP, het gevind dat sy wins van 2018 tot 2019
afgeneem het. Hy vra vir advies.
GEVRA:
3.2.1 Identifiseer EEN veranderlike koste in elke department wat nie goed
beheer word nie. Haal syfers aan. Gee in elke geval ʼn oplossing vir die
geïdentifiseerde probleem. (8)
3.2.2 Bereken die gelykbreekpunt van reistasse vir 2019. (4)
3.2.3 Verduidelik of die besigheid tevrede moet wees met die vervaardiging
van reistasse. Haal syfers aan. (3)
3.2.4 JP wil die verkoopprys van EEN van die produkte aanpas. Watter raad
sal jy hom aanbied? Gee ʼn geldige rede vir jou voorstel en haal relevante
syfers aan. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 11
INLIGTING:
REISTASSE SKOOTREKENAAR-
SAKKE
2019 2018 2019 2018
Algemene inligting
Totale vaste koste R3 500 000 R3 500 000 R2 100 000 R2 100 000
Nettowins/(verlies) (118 000) 1 050 000 1 692 000 1 932 000
Veranderlike koste per
eenheid R242 R218 R92 R82
Direkte materiaalkoste R68 R70 R54 R40
Direkte arbeidskoste R150 R130 R32 R32
Verkoop en verspreidings-
koste R24 R18 R6 R10
Addisionele inligting
Verkoopprys per eenheid
gehef deur JP R420 R400 R250 R250
Verkoopprys per eenheid
deur mededingers gehef R405 R405 R265 R260
Aantal eenhede 19 000 25 000 24 000 24 000
vervaardig en verkoop eenhede eenhede eenhede eenhede
Gelykbreek eenhede ? 19 231 13 292 12 500
(sien) 3.2.2 eenhede eenhede eenhede
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 4: FINANSIËLE STATE (60 punte; 35 minute)
4.1 Kies die korrekte beskrywing in KOLOM B wat by die begrip in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letters (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1–4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 SAIGR A Riglyne vir voorbereiding van finansiële state
om konsekwentheid te verseker
4.1.2 KMIE B Aangestel deur die raad van direkteure
4.1.3 IFRS C Handhaaf die integriteit van die beroep en
tree dissiplinêr op teen diegene wat
standaarde oortree
4.1.4 Interne ouditeur D Spreek ʼn onbevooroordeelde mening oor die
finansiële state van die maatskappy uit
4.1.5 Eksterne ouditeur E Handhawing van rekords en beheer van
nuwe/bestaande maatskappye
(5 x 1) (5)
4.2 CDJ BPK.
Die inligting is van ʼn publieke maatskappy met ʼn gemagtigde aandelekapitaal
van 1 500 000 gewone aandele. Die finansiele jaar het geëindig op 28
Februarie 2019.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Behoue Inkomste-nota tot die Staat van Finansiële Posisie
(Balansstaat). (12)
4.2.2 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op
28 Februarie 2019. (35)
4.2.3 Die raad van direkteure het die volgende TWEE programme by die
algemene jaarvergadering voorgestel:
Program 1 R1 500 000 toegeken word vir personeelopleidings- en
ontwikkelingsinisiatiewe gedurende die volgende twee
finansiële jare.
Program 2 R1 000 000 aan die opheffing van die rekenaarfasiliteite
by drie plaaslike skole bestee word.
Vic Pienaar, ʼn jong aandeelhouer, was nie tevrede met hierdie voorstel
nie. Hy glo dat groter dividende aan aandeelhouers gegee moet word.
Verduidelik waarom die direkteure hierdie voorstelle in hul
direkteursverslag ingesluit het. Verskaf TWEE punte. (4)
Verskaf ʼn ander voordeel van elk van die voorgestelde programme
aan die maatskappy. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 13
INLIGTING:
A. Saldo’s/Totale op 28 Februarie 2019:
Debiet Krediet
Gewone aandelekapitaal
(1 000 000 aandele) R4 200 000
Behoue inkomste (1 Maart 2018) 468 000
Lening: Central Bank 352 400
Vaste bates teen kosprys R4 919 040
Opgehoopte waardevermindering 201 520
Handelsvoorraad 255 340
Debiteurekontrole 235 000
Voorsiening vir oninbare skulde 4 000
Vaste deposito: King Bank ?
Bank 381 300
Krediteurekontrole 22 000
SAID (inkomstebelasting) 340 000
Versekering 23 520
Huur inkomste 34 600
B. Addisionele inligting:
(i) Aandelekapitaal
200 000 Aandele was aan die begin van die huidige finansiële jaar
in gebruik.
600 000 Addisionele aandele is op 1 April 2018 teen R3,90 per
aandeel uitgereik.
200 000 Addisionele aandele is op 31 Oktober 2018 teen R5 per
aandeel uitgereik.
50 000 Op 28 Februarie 2019 is aandele van die boedel van ʼn
afgestorwe aandeelhouer vir R237 500 teruggekoop.
Hierdie transaksie is nog nie aangeteken nie.
(ii) Leningsooreenkoms met Central Bank:
Beginsaldo van lening op 1 Maart 2018. R550 000
Terugbetaling gedurende die jaar, rente ingesluit 197 600
Sluitingssaldo 420 000
Die rente op lening word gekapitaliseer.
R150 000 van die lening sal in die volgende finansiële jaar betaal
word.
(iii) Dividende:
ʼn Tussentydse dividend van 30 sent per aandeel is op 31 Augustus
2018 betaal.
ʼn Finale dividend van 22 sent per aandeel is verklaar op
28 Februarie 2019 en moet nog in berekening gebring word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
(iv) Die volgende aansuiwerings moet slegs in ag geneem word vir die
opstel van die Balansstaat:
Die huur vir Februarie 2019 is nog nie ontvang nie. Die ruimte word
sedert 1 Desember 2018 verhuur.
ʼn Addisionele versekeringspolis op granietsae is op 1 Oktober 2018
uitgeneem. Die jaarlikse premie van R13 440 is betaal.
Verbruiksgoedere voorhande, R1 580.
ʼn Debiteur wie R35 000 skuld, is insolvent verklaar. Geen inskrywing
is gemaak nie.
Die voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot
R6 000.
Ouditfooie van R9 000 is steeds uitstaande op 28 Februarie 2019.
(v) Nettowins en inkomstebelasting:
Inkomstebelasting vir die jaar is bereken teen 30%.
Nettowins voor belasting is R1 085 600 nadat al bogenoemde
aansuiwerings in berekening gebring is.
60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 15
VRAAG 5: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING (80 punte; 50 minute)
Die volgende inligting het betrekking op Frankfurt Bpk. wat parfuum aan
kleinhandelaars versprei. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2019.
GEVRA:
5.1 Bereken die volgende vir die kontantvloeistaat:
5.1.1 Die kontant deur bedrywighede voortgebring (15)
5.1.2 Die kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite (10)
5.1.3 Die kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (7)
5.1.4 Die netto verandering in kontant en kontantekwivalente (5)
5.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2019:
Vuurproefverhouding (4)
Skuld-ekwiteitverhouding (4)
Netto-batewaarde per aandeel (4)
Persentasie opbrengs op totale kapitaal aangewend (8)
5.3 Dit was ʼn goeie besluit van die direkteure om die lening te verhoog. Verduidelik
en haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan om die direkteure se
besluit te ondersteun. (6)
5.4 Een van die aandeelhouers wil sy aandele teen 550 sent per aandeel verkoop.
Verduidelik waarom die besigheid nie hierdie aandele moet terugkoop nie. Haal
TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan om jou mening te ondersteun. (4)
5.5 Identifiseer TWEE belangrike besluite wat deur die direkteure geneem is, soos
blyk uit die Kontantvloeistaat. Haal syfers aan. Verduidelik hoe hierdie besluite
die besigheid in die toekoms sal bevoordeel. (8)
5.6 Lee Jenkins besit 20 000 aandele in die maatskappy. Sy is nie tevrede met die
lae dividende wat sy vanjaar gekry het nie.
Bereken die bedrag vir dividende wat sy vanjaar gekry het. (2)
Verduidelik aan haar waarom jy dink die direkteure die dividende-
uitbetalingsbeleid vanjaar verander het. Haal syfers aan. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
INLIGTING:
A. Uittreksel van die Inkomstestaat op 31 Augustus 2019:
Waardevermindering R950 000
Rente uitgawe 144 150
Nettowins voor belasting 1 230 000
Inkomstebelasting ?
Nettowins na belasting 861 000
B. Uittreksel van die Balansstaat op 31 Augustus:
Nota 2019 2018
Vaste bates teen drawaarde R3 616 400 R2 300 000
Finansiële bates 300 000 712 500
Bedryfsbates 1 231 050 1 116 650
Voorrade 903 900 1 044 700
Handels- en ander ontvangbares Sien (iv) 257 150 70 950
Kontant en kontantekwivalente 70 000 1 000
Gewone aandelekapitaal 1 932 000 2 000 000
Behoue inkomste 1 413 800 1 156 000
Lening 1 622 000 300 000
Bankoortrekking 62 000
Handels- en ander betaalbares Sien (v) 944 800 ?
C. Addisionele inligting:
(i) Gewone aandelekapitaal:
1 000 000 Aandele in uitreik aan begin van die jaar R2 000 000
200 000 Addisionele aandele uitgereik op 30/11/2018 520 000
280 000 Aandele teruggekoop op 31 Mei 2019 (588 000)
920 000 Uitgereikte aandele op 31 Augustus 2019 1 932 000
(ii) Uittreksel van Behoue inkomste:
Aandele teruggekoop (R266 000)
(iii) Vaste bates
Vaste bates is gedurende die jaar aangekoop vir R?
Vaste bates is gedurende die jaar teen boekwaarde verkoop,
R225 000.
(iv) Handels- en ander ontvangbares:
2019 2018
Netto Handelsdebiteure R208 150 R70 000
Vooruitbetaalde uitgawes 0 950
SAID (Inkomstebelasting) 49 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 17
(v) Handels- en ander betaalbares:
2019 2018
Handelskrediteure R944 800 R860 700
Vooruitontvange inkomste 0 28 300
SAID (Inkomstebelasting) 163 700
Aandeelhouers vir dividende 193 200 120 000
D. Finansiële aanwysers:
2019 2018
% Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 16,3%
Verdienste per aandeel 80 sent 56 sent
Dividende per aandeel 33 sent 50 sent
% Opbrengs op totale kapitaal aangewend ? 21,2%
Rentekoers op lening 15% 14%
Netto batewaarde per aandeel (NBW) ? 315,6 sent
Skuld/ekwiteitsverhouding ? 0,1 : 1
Markprys per aandeel 380 sent 360 sent
Bedryfskapitaalverhouding 1,6 : 1 1,5 : 1
Vuurproefverhouding ? 0,4 : 1
80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 REKENINGKUNDE (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 6: KONTANTBEGROTING (30 punte; 20 minute)
Jy word voorsien met inligting van Stutt BPK. Die finansiële jaar van die besigheid het
op 31 Julie 2019 geëindig.
GEVRA:
6.1 Gee EEN punt waarom dit ʼn goeie idee is om werklike syfers teen begrote syfers
te vergelyk. (2)
6.2 Verwys na die kontantbegroting onder Inligting D:
Identifiseer TWEE items wat verkeerdelik in die Kontantbegroting aangeteken is (2)
6.3 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Julie 2019. (7)
6.4 Bereken die volgende:
6.4.1 Persentasie toename in salaris en lone met ingang van Julie 2019. (3)
6.4.2 Ontbrekende syfers, (i) en (ii), in die uittreksel van die Kontantbegroting. (8)
6.5 Aan die einde van Julie 2019 het jy die volgende geïdentifiseer toe jy die
begrote met die werklike syfers vergelyk het:
Verduidelik wat jy aan die aandeelhouers oor elk van die volgende items aan
die einde van Julie 2019 sal noem.
In elke geval adviseer watter effek hierdie items op die maatskappy sal hê. (4)
JULIE 2019
BEGROTE WERKLIK
Ouditfooie 75 000 157 500
Advertensies 30 000 0
6.6 Aandeelhouers dink daaraan om die besigheidsperseel te koop, eerder as om
dit te huur.
Verduidelik EEN voordeel en EEN nadeel van hierdie opsie. (4)
INLIGTING:
A. Verkope, aankope van voorraad en koste van verkope:
Totale verkope vir April 2019 tot Julie 2019 is as volg:
Maand Totale verkope
April R180 000
Mei 300 000
Junie 420 000
Julie 480 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) REKENINGKUNDE 19
40% van alle verkope is kontant, die res is op krediet.
Die winsopslag is te alle tye 60% op koste van verkope.
Voorraad word maandeliks vervang.
70% van alle aankope is kontant, die res is op krediet.
B. Debiteure-invordering:
Van debiteure word verwag om soos volg te betaal:
30% van hul rekening te betaal in die maand van verkope (huidig) om te
kwalifiseer vir 2,5% afslag vir vroeë betaling.
50% te betaal in die maand na die verkope transaksie-maand (30 dae).
18% te betaal in die tweede maand (60 dae).
2% word afgeskryf.
C. Krediteure-betaling:
Krediteure word in die maand na aankope betaal.
D. STUTT BPK.
Uittreksel uit kontantbegroting vir Junie en Julie 2019
JUNIE 2019 JULIE 2019
ONTVANGSTE
Kontantverkope 180 000 210 000
Invordering van debiteure ? ?
BETALINGS
Direkteursfooie 300 000 255 000
Ouditfooie - 75 000
Salaris en lone 135 000 151 200
Fondse vir aandele teruggekoop - 450 000
Voertuie gekoop op krediet 285 000 -
Betaling aan krediteure 53 438 (i)
Kontant aankoop van voorraad 183 700 (ii)
Waardevermindering 19 200 19 200
Advertensies 30 000 30 000
Grond en geboue - 4 500 000
Huur-uitgawe 46 125 46 125
30
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Memo (English)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 NW Prelim 2019 Question Paper
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum