Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE
SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERGERGIDS
Skip to contentSBA exemplar /Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)








View all





Accounting LG AFR
Grade 12 Accounting SBA exemplar (Afrikaans), 54 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Learner guide
Accounting · Grade 12 · Afrikaans. SBA exemplar, 54 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- SBA exemplar
- Publisher
- Learner guide
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 54
- File size
- 1.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 54
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – iii KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – iv KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
INHOUD
Inleiding ........................................................................................................................ 3
Taak A Eerste kwartaal – verslag: Maatskappye
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV)
Vraestel ............................................................................................................
4–6
Antwoordeboek ................................................................................................
7–11
Taak B Eerste kwartaal – toets: Finansiële state van 'n maatskappy
Hierdie taak sluit in aandele sonder pariwaarde en die terugkoop
van aandele.
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel ............................................................................................................
12–15
Antwoordeboek ................................................................................................
16–19
Taak C Tweede kwartaal – projek:
Gepubliseerde finansiële state van Famous Brands Bpk.
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel en antwoordeboek (gekombineer) ..................................................... 20–26
Bronnemateriaal ...............................................................................................
27–37
Taak D Derde kwartaal – gevallestudie: Kontantbegroting en debiteure
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel ............................................................................................................
38–42
Antwoordeboek ................................................................................................
43–47
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 1 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
INLEIDING: NOTA VIR ALLE GRAAD 12 REKENINGKUNDE-LEERDERS
Jy word voorsien van 'n boek met vier assesseringstake. Die doel is om jou by te staan in
jou graad 12-studie van Rekeningkunde en in jou voorbereiding vir die Nasionale
Seniorsertifikaateksamen (NSS) in Rekeningkunde.
Hierdie take weerspieël:
� Geselekteerde graad 12 Rekeningkunde-onderwerpe, naamlik vakinhoud en
vakkennis
� Die verskillende denkvaardighede (kognitiewe vlakke) wat vrae vereis, naamlik
onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer, skep en kreatiewe probleemoplossing
� Die verskillende grade van uitdaging wat in alle Rekeningkunde-take voorkom,
naamlik maklik, gemiddeld en moeilik.
Jy moet bewus wees daarvan die finale graad 12-punt bereken word uit die
jaareindeksamen (NSS) wat jy gaan skryf (uit 300 punte) plus die skoolgebaseerde
assessering (uit 100 punte). Die kurrikulum stipuleer die volgende SEWE formele take
waaruit die skoolgebaseerde assessering in Rekeningkunde bestaan:
TAKE VIR SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING: NKV EN KABV
Kwartaal Besonderhede Punte Verwerk tot:
1ste kwartaal Verslag 50 punte 10 punte
Toets 100 punte 20 punte
2de kwartaal Projek 50 punte 20 punte
Halfjaareksamen 300 punte 20 punte
3de kwartaal Gevallestudie 50 punte 10 punte
Voorbereidende eksamen 300 punte 20 punte
100 punte
Die take in hierdie boekie bevat voorbeelde van:
� 'n Eerste kwartaal verslag (Maatskappye en interne beheer)
� 'n Tweede kwartaal toets (Inkomstestaat en balansstaat)#
� 'n Tweede kwartaal projek (Gepubliseerde finansiële state van 'n maatskappy)
� 'n Derde kwartaal gevallestudie (Kontantbegroting)
Jou onderwyser sal jou voorsien van 'n toets vir die eerste kwartaal, 'n eksamenvraestel
vir die tweede kwartaal en vir die voorbereidende eksamen in die derde kwartaal,
sowel as enige ander formatiewe klastake om jou by te staan in die ontwikkeling van
jou vakkennis omtrent Rekeningkunde. Jy word ook aangeraai om ou NSS-
eksamenvraestelle te gebruik om waardevolle oefening te kry in al die onderwerpe in die
kurrikulum, maar vra asseblief jou onderwyser aangaande die veranderings wat in die ou
vraestelle gemaak moet word (met betrekking tot maatskappyaandele) indien jy die NSS-
eksamen van 2014 of later skryf.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 3 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf
2014 (d.w.s. vir KABV). Hierdie taak bestaan uit twee dele. Jy mag die stof aanpas om die
behoeftes van jou leerders in ag te neem. Jy kan hulle byvoorbeeld vra om Deel A op
hulle eie te doen en Deel B in die klas. Of jy kan die klas vra om slegs Deel B as 'n
formele verslag te doen en Deel A as 'n uitbreidingstaak in die klas te doen op 'n
weeklikse grondslag. As jy verkies om die stof in enige opsig aan te pas, moet jy seker
maak dat die taak 50 punte beloop ooreenkomstig die KABV.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK A
EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
VERSLAG OOR MAATSKAPPYE
VRAESTEL
50 punte
HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE:
DEEL A Verslag oor 'n publieke maatskappy op die JSB genoteer (26)
DEEL B Verslag van interne ouditeur oor prosedures en interne beheer in 'n
publieke maatskappy (24)
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
DEEL A Verslag oor 'n publieke maatskappy op die JSB genoteer 26 punte
Vir hierdie taak moet jy die bladsy in die sakenuus van 'n oggendkoerant gebruik wat die lys
bevat van die publieke maatskappye wat op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB)
handel dryf. Jy sal hierdie bron elke week vir 'n tydperk van 5 weke moet raadpleeg.
'n Welgestelde tante het R200 000 van haar fondse vir beleggingsdoeleindes geoormerk.
Sy wil aandele koop in 'n publieke maatskappy wat op die JSB genoteer is. Sy benodig jou
advies. Kies 'n maatskappy op die aandelebladsy wat aan jou bekend is om die volgende
verslag te voltooi.
NOTA VIR ONDERWYSERS: Elke leerder moet 'n ander maatskappy kies.
GEVRA
Stel 'n eenbladsyverslag op oor die maatskappy wat jy gekies het.
VOORBEREIDING EN NAVORSING VIR JOU VERSLAG
§ Op die aanvangsdatum van hierdie taak, bereken die maksimum getal aandele van die
maatskappy wat jy gekies het, wat jou tante vir R200 000 kan koop. Maak seker dat sy
aandele in hoeveelhede van 100 koop, dit wil sê 100, 200, 300, ensovoorts. Bereken ook
hoeveel kontant sy op hierdie datum sal oorhê nadat sy die aandele gekoop het. Sy sal
hierdie geld in 'n spaarrekening plaas (ignoreer rente).
§ Vir 'n tydperk van vyf weke, maak 'n aantekening van die aandeleprys op dieselfde dag
van elke week. Bereken die waarde van haar beleggingsportefeulje elke week, dit wil sê,
die waarde van die aandele en die kontant.
§ Verkry ook ander interessante inligting omtrent die maatskappy wat jy gekies het, bv.
produkte wat hulle verkoop of dienste wat hulle lewer, gemeenskapsdiens of borgskappe
deur die maatskappy, die grootte van die maatskappy, waar dit geleë is, besonderhede
oor die direkteure of die hoof uitvoerende beampte (HUB), die bedrag wat die HUB
verdien, of enige ander nuus omtrent die maatskappy of sy geskiedenis.
DIE VERSLAG MOET DIE VOLGENDE INSLUIT:
§ Trek 'n tabel en teken 'n grafiek van die maatskappy se aandeleprys.
§ Trek 'n tabel en teken 'n grafiek van die waarde van jou tante se beleggingsportefeulje met
betrekking tot die belegging in die aandele en die kontant wat sy voorhande het. Laat die
rente wat sy op haar spaarrekening verdien, buite rekening.
§ Verdere interessante inligting omtrent die maatskappy.
§ Aanbeveling rakende verdere belegging in hierdie maatskappy, met redes. (Moet jou tante
dit oorweeg om nog aandele in hierdie maatskappy te koop of moet sy liewer aan 'n ander
belegging dink?)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 5 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
DEEL B Verslag van die interne ouditeur oor 'n publieke maatskappy 24 punte
Jy is aangestel as die interne ouditeur van Exotic Clothing Bpk., 'n nuwe publieke
maatskappy wat binnekort gestig gaan word. Alle voorraad sal op krediet aangekoop
word. Hulle sal goedere kontant verkoop en sal klante toelaat om op krediet te koop. Daar
word verwag dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers gaan wees. Die hoof uitvoerende
beampte (HUB) het jou gevra om 'n verslag op te stel oor bepaalde prosedures wat in die
maatskappy gevolg behoort te word.
Die maatskappy het tans vier werknemers in die Rekeninge-afdeling. Die HUB dink
daaraan om Tom aan te stel om die vaste bates te bestuur, Maisy om die
handelsvoorraad te beheer, Bheki vir debiteurekontrole (bedrae ontvangbaar) en Shamila
om kontantvoorraad te beheer.
Jou verslag moet die volgende insluit:
1. Prosedure om die maatskappy te stig
2. Die rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, tesame met die redes
waarom dit nodig is
3. Die prosedures wat in werking gestel moet word om te verseker dat goeie interne
beheer oor die volgende uitgeoefen word:
� Vaste bates
� Handelsvoorraad
� Rekeninge ontvangbaar (debiteure)
� Kontant ingevorder
TOTAAL
50 punte
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK A
EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK:
VERSLAG OOR MAATSKAPPYE
ANTWOORDEBOEK
HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE:
DEEL A Verslag oor 'n publieke maatskappy op die JSB genoteer
DEEL B Verslag van interne ouditeur oor prosedures en interne beheer in 'n publieke
maatskappy
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
MAKSIMUM
BEHAAL
Deel A 26
Deel B 24
TOTAAL 50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 7 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
DEEL A: VERSLAG OOR DIE BELEGGINGSPORTEFEULJE VAN ________________
(tante se naam)
1. Naam van maatskappy:
Kategorie op die aandelebladsy
Begindatum van die belegging in aandele
Aandeleprys op hierdie datum
Getal aandele gekoop (in hoeveelhede van 100)
Totale waarde van aandele gekoop
Kontant voorhande
Totale waarde van beleggingsportefeulje R200 000
4
2. Aandele- Getal Totale Kontant Totale
prys aandele waarde voorhande waarde van
gekoop van belegging
aandele
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5 5
3. Grafiek van aandeleprys elke week:
4
4. Grafiek van waarde van beleggingsportefeulje elke week:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
5. Verdere inligting oor die maatskappy:
5
6. Aanbeveling oor verdere belegging in hierdie maatskappy, met redes:
4
26
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 9 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
DEEL B
Verslag deur interne ouditeur oor prosedures wat deur Exotic Clothing Bpk.
geïmplementeer moet word
1. Prosedure om die maatskappy te stig:
4
2. Rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, met redes:
4
3. Prosedure vir interne beheer oor vaste bates:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
4. Prosedure vir interne beheer oor handelsvoorraad:
4
5. Prosedure vir interne beheer oor rekeninge ontvangbaar (debiteure):
4
6. Prosedure vir interne beheer oor kontant ingevorder:
4
24
Geteken: _____________________ (Interne ouditeur) Datum: ______________
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 11 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
BELANGRIKE NOTA VIR ONDERWYSERS: Die toets sluit inskrywings in wat betrekking
het op die nuwe KABV-kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer word, oor aandele sonder
pariwaarde en die terugkoop van aandele. Die toets is aangepas uit 'n vorige graad 12-
vraestel (VRAAG 4 in die NSS-rugsteunvraestel van 2009).
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK B
EERSTE KWARTAAL TOETS
DIE FINANSIËLE STATE VAN 'N MAATSKAPPY
VRAESTEL
100 punte; 60 minute
Vraestel Taak B
FINANSIËLE STATE VAN 'N MAATSKAPPY (100 punte; 60 minute)
Jy word voorsien van bedrae uit die Vooraansuiweringsproefbalans van Simphiwe Beperk.
Die maatskappy koop en verkoop uniforms en herstel ook uniforms vir hulle klante, waarvoor
hulle 'n fooi vra. Hierdie bedrae word in die Fooie-inkomsterekening in die Algemene
Grootboek gekrediteer.
Aan die einde van die vorige finansiële jaar, 30 September 2011, het die maatskappy
400 000 gewone aandele uitgereik. Hierdie aandele is almal op verskillende tye en teen
verskillende uitgiftepryse uitgereik. Baie van die bestaande aandeelhouers het ook aandele
op die JSB gekoop teen pryse wat met die verkopers van hierdie aandele onderhandel is.
Die maatskappy het op 1 Maart 2013 ook 100 000 nuwe aandele uitgereik.
GEVRA
1. Verwys na Inligting 10 hieronder.
Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar. Toon jou
bewerkings. Jy kan 'n Bateverkoperekening opstel om die bedrag te verkry. (8)
2. Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 September 2012. (64)
3. Die volgende notas tot die finansiële state:
3.1 Gewone aandelekapitaal (13)
3.2 Behoue inkomste (15)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
INLIGTING
SIMPHIWE BPK
VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 30 SEPTEMBER 2012
DEBIET KREDIET
Balansstaatrekeninge-afdeling R R
Gewone aandelekapitaal (500 000 aandele) 4 410 000
Behoue inkomste (1 Oktober 2011) 812 650
Lening by Stay Bank 270 000
Grond en geboue teen kosprys 4 884 000
Voertuie teen kosprys 660 000
Toerusting teen kosprys 570 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 123 000
(1 Oktober 2011)
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 111 000
(1 Oktober 2011)
Debiteurekontrole 109 800
Krediteurekontrole 53 880
Handelsvoorraad 1 398 600
Bank 940 500
Kleinkas 6 600
SAID – Inkomstebelasting 390 500
Voorsiening vir oninbare skuld 4 320
Nominale-rekeninge-afdeling R R
Verkope 8 160 000
Koste van verkope 3 930 000
Debiteure-afslag 18 600
Salarisse en lone 486 000
Korting toegestaan 2 710
Fooi-inkomste 314 250
Huurinkomste 168 000
Versekering 33 000
Diverse uitgawes 117 750
Direkteursfooie 870 000
Ouditfooi 161 100
Verbruikersgoedere 75 600
Rente-inkomste 7 500
Dividende op gewone aandele (tussentyds) 264 000
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 13 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
AANSUIWERINGS EN BYKOMENDE INLIGTING
1. Voorafbetaalde uitgawes ten opsigte van diverse uitgawes teen jaareinde, R9 600,
is nog nie in berekening gebring nie.
2. Op 30 September 2012, is R1 700 ontvang van A Ethic, wie se rekening voorheen as
oninbaar afgeskryf is. Die bedrag is in die Debiteurekontrolekolom in die
Kontantjoernaal ingeskryf.
3. Voorsiening vir oninbare skuld moet tot R5 410 aangepas word.
4. Aan die begin van die rekeningkundige tydperk was daar twee direkteure. Die
direkteursfooie vir die eerste helfte van die rekeningkundige tydperk is reeds betaal.
Op 1 April 2012 is 'n derde direkteur aangestel. Al drie direkteure verdien dieselfde
bedrag per maand. Maak voorsiening vir die uitstaande fooie wat aan die direkteure
verskuldig is.
5. Huur is ontvang vir 14 maande.
6. Die volgende kredietnota is per abuis uitgelaat uit die Debiteure-afslagjoernaal vir
September. Die prysopslag op goedere verkoop was 50% op kosprys.
SIMPHIWE BPK KREDIETNOTA 4533
28 Sep. 2012
Krediet: Supaclean Bpk.
Posbus 340, Westmead,
3610 Eenheidsprys Totaal
48 Uniforms teruggestuur R600 R28 800
Vermindering in fooi gehef
R 2 250
vir die herstel van uniforms
R31 050
7. Die leningstaat van Stay Bank het die volgende getoon:
Saldo aan die begin van die finansiële jaar R450 000
Terugbetalings gedurende die jaar R234 000
Rente gekapitaliseer R ?
Saldo aan die einde van die finansiële jaar R270 000
8. 'n Fisiese voorraadopname op 30 September 2012 het die volgende getoon:
� Verbruikersgoedere voorhande, R3 600
� Voorraad uniforms voorhande, R1 440 000
9. Die waardeverminderingskoers op voertuie is 20% p.j. volgens die verminderende-
saldo-metode. 'n Nuwe voertuig is op 1 Mei 2012 vir R165 000 gekoop. Die
transaksie is na behore geboekstaaf.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
10. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op kosprys.
Let daarop dat 'n item toerusting op 30 Junie 2012 deur een van die direkteure,
Ivor Steele, vir eie gebruik teen R2 400 kontant oorgeneem is. Die betrokke bladsy in
die Vastebateregister word hieronder getoon. Geen inskrywings is gemaak ten
opsigte van die vervreemding van hierdie bate nie.
VASTEBATEREGISTER Bladsy 12
Item: VYE rekenaar Grootboekrekening: Toerusting
Datum aangekoop: 1 April 2006 Kosprys: R66 000
Waardeverminderingsbeleid: 10% p.j. op kosprys
Datum Berekening van Huidige Opgehoopte
waardevermindering waardevermindering waardevermindering
30 Sep. 2009 R66 000 x 10% x 6/12 R3 300 R3 300
30 Sep. 2010 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R9 900
30 Sep. 2011 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R16 500
30 Junie 2012 ? R? R?
11. Inkomstebelasting word gehef teen 30% van die netto inkomste voor belasting.
12. Besonderhede van gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal:
� Gemagtig: 600 000 gewone aandele sonder pariwaarde
� Uitgereik tot op 30 September 2011: 400 000 gewone aandele
� Nuwe uitgifte op 1 April 2012: 100 000 aandele teen 'n uitgifteprys van R9,50 elk.
Hierdie aandele het nie vir tussentydse dividende in aanmerking gekom nie.
13. Dividende:
� Tussentydse dividend betaal op 31 Maart 2012, 66 sent per aandeel
� Finale dividend verklaar op 30 September 2012, 82 sent per aandeel
14. Terugkoop van aandele: Die direkteure het goedkeuring verleen vir die terugkoop van
70 000 aandele van verskillende aandeelhouers teen 'n terugkoopprys van R11,20
per aandeel. 'n Regstreekse oordrag van fondse is op 30 September 2012 uit die
bankrekening aan die aandeelhouers gemaak, maar is nog nie opgeteken nie. Die
teruggekoopte aandele kwalifiseer vir finale dividende gedurende die huidige
finansiële tydperk.
100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 15 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK B
2014 KABV-WEERGAWE
EERSTE KWARTAAL – TOETS
DIE FINANSIËLE STATE VAN 'N MAATSKAPPY
ANTWOORDEBOEK
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
MAKSIMUM
BEHAAL
Deel 1 8
Deel 2 64
Deel 3.1 13
Deel 3.2 15
TOTAAL 100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
1. Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar.
BEWERKINGS:
ANTWOORD:
8
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 17 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
2. SIMPHIWE BPK
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER 2012
Ander bedryfsinkomste
Bedryfsuitgawes
Wins voor rente-uitgawe
Wins voor belasting
64
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
3. NOTAS TOT DIE FINANSIËLE STATE
3.1 GEWONE AANDELEKAPITAAL
Gemagtig:
Uitgereik:
13
3.2 BEHOUE INKOMSTE
Saldo aan die begin van die jaar
Plus:
Minus:
Minus:
Saldo aan die einde van die jaar
15
100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 19 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf
2014 (d.w.s. op KABV). jy mag die stof aanpas om meer as 50 punte te beloop, maar jy
moet seker maak dat die finale punt tot 'n punt uit 50 verwerk word soos deur KABV
vereis. Leerders mag toegelaat word om handboeke te gebruik.
VERWYS OOK NA DIE BRONNEMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK
(BLADSY 27–37)
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK C
TWEEDE KWARTAAL PROJEK
GEPUBLISEERDE FINANSIËLE STATE VAN 'N MAATSKAPPY
VRAESTEL EN ANTWOORDEBOEK
(GEKOMBINEER)
50 punte; 90 minute
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
BEHAAL
50
FAMOUS BRANDS BEPERK
GEVRA
Bestudeer die inligting wat verskaf word. Beantwoord die vrae wat volg. Aangesien
hierdie taak bedoel is om 'n projek te wees, mag jy jou handboek as 'n bron gebruik.
Die volgende finansiële aanwysers vir die 2011 finansiële jaar word ook verskaf:
Bedryfsverhouding = Vuurproefverhouding = 1,1 : 1 Dividende uitbetalingskoers = 64%
1,4 : 1
Skuld-ekwiteit-verhouding Netto batewaarde per aandeel = % opbrengs op aandeelhouers-
= 0,2 : 1 R7,44 belang = 33,9%
VPA = 242 sent DPA = 155 sent
(verdienste per aandeel) (dividend per aandeel)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 20 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
1. Algemene inligting
1.1 Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die ikone van die
bekende handelsmerke waaruit Famous Brands Bpk. bestaan.
Noem VIER van hierdie handelsmerke en beskryf die produk of
diens waarin elke handelsmerk spesialiseer.
Handels- Beskrywing van spesialiteits-
merk produk of -diens
1.
2.
3.
4.
2
1.2 Skryf die name neer van die persone wat die volgende posisies
beklee: Voorsitter van die direksie; Hoof uitvoerende beampte
(HUB); Groeps- finansiële direkteur en Maatskappysekretaris.
Verduidelik kortliks die werk wat elkeen verrig.
Posisie Naam Werk
Voorsitter
HUB
Groeps- finansiële
direkteur
Maatskappysekretaris
3
1.3 Wie is die onafhanklike ouditeure van Famous Brands Beperk en
hoeveel is hulle vir hulle diens betaal? Hulle verslag is nie in
hierdie opsomming vervat nie, maar dit word in Nota 3 genoem.
Verduidelik kortliks wat hierdie ouditverslag sou bevat.
Onafhanklike
ouditeure
Ouditfooi betaal
Besonderhede van
ouditverslag
3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 21 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
1.4 Hoeveel direkteure het die maatskappy, hoeveel is uitvoerende
direkteure en hoeveel is nie-uitvoerende direkteure? Verduidelik
kortliks die verskil in die rolle van hierdie twee tipes direkteure.
Totaal =
Aantal direkteure Uitvoerend =
Nie-uitvoerend =
Verskil in rolle
3
2. Waarom het die direkteure besluit om die grafieke van die verdienste
per aandeel en totale inkomste boaan die bladsy te plaas? Verduidelik
kortliks wat hierdie grafieke toon omtrent die maatskappy vir die
afgelope vyf jaar.
2
3. Verwys na die direkteure se kommentaar, in die besonder die Oorsig
en die Finansiële resultate. Wat sê die direkteure oor die
veranderende gewoontes van hulle klante, en hoe het die direkteure
op hierdie veranderings gereageer?
Verduidelik kortliks die belangrikste uitdagings waarvoor die
maatskappy in die afgelope finansiële jaar te staan gekom het.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 22 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
Die Bedryfsoorsig noem dat die maatskappy op die volgende drie
gebiede bedrywig was: Franchises, Vervaardiging en Logistiek.
Verduidelik wat met elk van hierdie aktiwiteite bedoel word, met
spesifieke verwysing na die werk wat die maatskappy doen.
Franchises
Vervaardiging
Logistiek
Die maatskappy is nie net in Suid-Afrika bedrywig nie. Verskaf bewyse
uit die inligting om hierdie stelling te bewys.
6
4. Vind die volgende syfers in die finansiële state. Noem ook waar jy elke
bedrag gekry het, d.w.s. in die Inkomstestaat (IS), Balansstaat (BS) of
Kontantvloeistaat (KVS):
Waar gevind Bedrag
IS, BS of KVS in rand
Bruto wins
Bedryfswins
Netto wins voor belasting
Belastinguitgawe
Belasting betaal
Bedrag aan SAID verskuldig teen
jaareinde
Dividende betaal
Uitbreiding van vaste bates
Vervanging van vaste bates
Vaste bates teen jaareinde
Terugbetaling van lenings
Lopende gedeelte van lenings
Langtermyngedeelte van lenings
Voorraad voorhande
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 23 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
5. Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die uitgeligte
aanwysers. Verskaf die bewerkings vir die volgende berekenings:
% styging in inkomste
% styging in bedryfswins
% styging in kernverdienste per aandeel (gebruik basiese KVPA)
% styging in dividende per aandeel
4
6. Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2012. Verwys na die
einde van die Inkomstestaat vir die getal aandele.
Bewerkings Antwoord
Bedryfsverhouding
Vuurproefverhouding
Kernverdienste per
aandeel
(gebruik geweegde
gemiddelde getal aandele)
% opbrengs op
gemiddelde ekwiteit
Netto batewaarde per
aandeel
(gebruik getal uitgereikte
aandele)
Skuld-ekwiteit-
verhouding
% opbrengs op
gemiddelde kapitaal
aangewend
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 24 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
7. Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal
TWEE finansiële aanwysers aan om jou mening te staaf.
3
8. Lewer kommentaar daaroor of die maatskappy geneig is om sy winste
te behou of uit te keer. Verskaf bewys om jou mening te staaf.
Verduidelik kortliks hoe dit die aandeleprys op die JSB kan beïnvloed.
3
9. Lewer kommentaar op die hefboomfinansiering van die maatskappy.
Behoort die maatskappy lenings terug te betaal of nog lenings uit te
neem? Verskaf bewys om jou mening te staaf.
3
10. Die aandeleprys van die maatskappy op die JSB was in Februarie 2012
R53,00. Die prys het in Februarie 2013 tot R79,00 gestyg. Lewer
kommentaar daaroor of jy dink dat die maatskappy se aandele billik
gewaardeer word of nie. Verskaf bewys om jou mening te staaf.
3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 25 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
11. Behoort die aandeelhouers tevrede te wees met die persentasie
opbrengs, verdienste en dividende vir die 2012 finansiële jaar?
Verduidelik. Verskaf bewys om jou mening te staaf.
4
12. Wat sê die direksie oor die vooruitsigte vir die toekoms? Sou dit jou
beïnvloed om aandele in Famous Brands Beperk te koop?
3
TOTAAL: 50 punte
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 26 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRONNEMATERIAAL VIR TAAK C
TWEEDE KWARTAAL PROJEK
Verwys na die ingeslote uittreksel uit die gepubliseerde jaarverslag van
FAMOUS BRANDS BEPERK.
Volgende 10 bladsye
(Bl. 28–37)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 27 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Inkomste 15% hoër Dividende per aandeel
tot 2 156 miljoen 29% hoër tot 200 sent
Bedryfswins 15% Kontant gegenereer voor
hoër tot 413 miljoen veranderings in bedryfskapitaal
15% hoër tot 452 miljoen
Wesensverdienste per
aandeel 15% hoër tot Netto skuldlas tot ekwiteit
278 sent
verbeter tot 10%
Direkteure en administrasie:
Nie-uitvoerend:
P Halamandaris (Voorsitter), JL Halamandres, P Halamandaris (jr.), HR Levin, CH Boulle,
BL Sibiya
Uitvoerende bestuur
KA Hedderwick (Hoof uitvoerende beampte), T Halamandaris (Uitvoerende adjunkvoorsitter),
SJ Aldridge (Groep- finansiële direkteur)
Geregistreerde kantoor:
Jamessingel 478, Halfway House 1685, Posbus 2884, Halfway House 1685
E-pos:
investorrelations@famousbrands.co.za
Oordragsekretarisse:
Link Market Services (Edms) Bpk. (Registrasienommer 1000/007239/07),
Rennie Huis, Ameshofstraat 19, Braamfontein 2001, Posbus 4844, Johannesburg 2000
Onderskrywer
Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk
(Registrasienommer 1969/017128/06), Simmondsstraat 3, Johannesburg 2001
Verklaring van gewone dividend
Kennis word hiermee gegee dat 'n finale dividend No. 35 van 120 sent (2011: 85 sent) per
gewone aandeel betaalbaar uit inkomste verklaar is ten opsigte van die 2012 finansiële jaar. Dit
sal die totale kontantdividende vir die 2012 finansiële jaar op 200 sent per aandeel te staan bring,
'n styging van 29% in vergelyking met die totale dividende van 155 sent in 2011.
Die hoofdatums vir die betaling van die finale dividend is soos volg:
Laaste dag om te verhandel cum-dividend Vrydag 6 Julie 2012
Aandele begin verhandel ex-dividend Maandag 9 Julie 2012
Rekorddatum Vrydag 13 Julie 2012
Betaaldatum Maandag 16 Julie 2012
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 28 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Aandelesertifikate mag nie tussen Maandag 9 Julie 2012 en Vrydag 13 Julie 2012, beide datums
ingesluit, gedematerialiseer of gerematerialiseer word nie.
Kragtens die nuwe Dividendebelasting wat op 1 April 2012 in werking getree het, word die
volgende bykomende inligting bekend gemaak:
� Die plaaslike dividendbelastingkoers is 15% voor benutting van Bykomende Belasting op
Maatskappye (BBM) krediete.
� BBM-krediete beskikbaar beloop 1,13543 sent per aandeel.
� Daar is geen verdere BBM-krediete om oor te bring nie. Die netto plaaslike dividendbedrag is
102,17031 sent per aandeel vir aandeelhouers wat aanspreeklik is om die nuwe
Dividendebelasting te betaal en 120 sent per aandeel vir aandeelhouers wat vrygestel is van
die betaling van die nuwe Dividendebelasting soos op die datum van verklaring.
� Die uitgereikte aandelekapitaal van Famous Brands soos op die datum van verklaring is
96 192 435 gewone aandele; en
� Famous Brands se belastingverwysingsnommer is 9208085846.
Vir en namens die Direksie
JG Pyle
Maatskappysekretaris
Midrand
18 Mei 2012
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 29 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Jy’s in goeie geselskap
Geouditeerde resultate vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012 Wesensverdienste Inkomste
per aandeel (sent) (R miljoen)
Kommentaar
Oorsig
Nieteenstaande sprake van vroeë tekens van ekonomiese herstel in die land, was die verslagjaar
steeds vol uitdagings vir kleinhandelaars. 'n Pessimistiese verbruikersentiment het geheers in 'n
omgewing gekenmerk deur hoë vlakke van werkloosheid en skuldlaste, beperkte werklike
loonverhogings en verbruikersbesteding wat onder druk verkeer as gevolg van stygende krag- en
brandstofkoste en wydverspreide voedselinflasie.
In hierdie breë ekonomiese konteks het die voedseldienssektor 'n reeks waarneembare nuwe
tendense beleef. Die sigbaarste hiervan was ongeëwenaarde fragmentering, wat deur
aggressiewe prysbesnoeiing en reklame-aktiwiteite gereflekteer is; afwyking deur gevestigde
handelsmerke van die tradisionele kernspyskaartaanbiedings; toetrede tot onverwante kategorieë;
en die herontwerp van porsiegroottes. Bykomende druk is uitgeoefen deur tradisionele
kleinhandelaars se pogings om 'n markaandeel van konvensionele geriefsgesentreerde
voedseldiensoperateurs te verkry. Dit is beduidend dat, hoewel die getal verbruikers oor die
voedseldienstekategorie toegeneem het, die frekwensie van besoeke met 10% afgeneem het tot
die laagste vlak in twaalf jaar, en in lyn met 2005.
Ondanks hierdie moeilike toestande, het Famous Brands verdienstelike resultate vir die jaar
geëindig 29 Februarie 2012 gelewer. Dit is vermag deur verskerpte fokus en verbetering ten
opsigte van die voor- en agterkant van die onderneming.
Finansiële resultate
Na 'n fase van intense groei deur middel van verkryging gedurende die afgelope twee jaar, het die
Groep onderneem om op die konsolidering en integrering van sy nuwe ondernemings te fokus, 'n
program wat nou afgesluit is en gereflekteer word in die verbetering in inkomste en
winsgewendheid van die Franchise- en Verskaffingsketting-afdelings.
Die Groepsinkomste en -bedryfswins het met 15% tot R2,16 miljard (2011: R1,88 miljard) en
R413 miljoen (2011: R358 miljoen) onderskeidelik gestyg. Die bedryfsmarge het bestendig gebly
teen die rekordvlak van 19,1% verkry in die vorige vergelykbare tydperk.
Die netto rente betaal het met 29% tot R11 miljoen (2011: 15 miljoen) gedaal vanweë
verminderde netto skuldlas wat spruit uit volgehoue sterk kontantvloei en die heersende
laerentekoersomgewing.
Die Groep se belastingkoers het in die verslagjaar tot 33,3% (2011: 32,8%) toegeneem
hoofsaaklik vanweë die impak van die verhoogde kapitaalwinsbelastingkoers op uitgestelde
belastingsaldo's. Dit is beduidend geneutraliseer deur belastingaanpassings die vorige jaar.
Wesensverdienste per aandeel en verdienste per aandeel het beide met 15% toegeneem tot
278 sent per aandeel.
Kontant uit bedrywighede gegenereer voor veranderings in die bedryfskapitaal het met 15% tot
R452 miljoen (2011: R392 miljoen) toegeneem. Ná veranderings in die bedryfskapitaal, het die
kontant uit bedrywighede gegenereer 'n gesonde R399 miljoen (2011: R397 miljoen) bedra.
Belastingbetalings van R132 miljoen was 6% hoër as die vorige jaar. Kapitaalbesteding van
R88 miljoen is aangegaan en het hoofsaaklik bestaan uit R32 miljoen vir die verkryging van die
Milky Lane en Juicy Lucy handelsmerke op 1 Maart 2011 sowel as aktiwiteite betreffende die
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 30 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verskaffingskettinguitbreiding. Dit sluit in R18 miljoen vir die hoenderfiletaanleg in die
Vervaardigingsafdeling en R6 miljoen vir 'n nuwe Logistiek-depot in Nelspruit, wat in April 2012
met aflewerings begin het.
Na betaling van R159 miljoen (2011: R128 miljoen) in dividende, was die kontantvloei voldoende
om die netto skuldlas met R19 miljoen (2011: R58 miljoen) af te betaal. Die lae vlak van skuldlas,
netto kontant en banksaldo's, van R82 miljoen (2011: R101 miljoen) verteenwoordig 'n skrale 10%
van ekwiteit (2011: 14%), wat ruim geleentheid bied om die onderneming organies of deur middel
van verkryging te laat groei.
Bedryfsoorsig
FRANCHISE-AFDELING – PLAASLIK
Die plaaslike Franchise-afdeling, wat bestaan uit bedrywighede in Suid-Afrika en 15 Afrika-lande,
het 'n bevredigende prestasie behaal in 'n uiters mededingende omgewing. In Suid-Afrika het
sisteemwye verkope regoor die handelsmerkportefeulje met 8% toegeneem, terwyl soort-vir-soort-
verkope met 5% gestyg het; die Groep se Afrikamark se verbeterde sisteemwye en soort-vir-
soort-verkope het met 21% en 7% onderskeidelik toegeneem. Die gekombineerde inkomste vir
die Suid-Afrikaanse en Afrika-bedrywighede het met 14% tot R440 miljoen toegeneem (2011: 386
miljoen), terwyl die bedryfswins in hierdie afdeling met 13% tot R265 miljoen gestyg het (2011:
235 miljoen). Die bedryfswinsmarge was 60,2%, effens laer vergeleke met 60,9% die vorige jaar,
in wese 'n funksie van die investering in nuut bekomde en ontwikkelende handelsname voor
invordering van die winsaandeel.
Die Groep het sy 2 000-mylpaal van restaurante verbygesteek met die opening van 'n totaal van
146 nuwe restaurante gedurende die jaar (2011:111), waarvan 113 in Suid-Afrika en die orige 33
in Afrika; laasgenoemde prestasie is 'n weerspieëling van Famous Brands se sukses in sy
pogings om vastrapplek in die streek te kry. Verder is 99 restaurante opgeknap (2011:81),
waarvan 92 in Suid-Afrika en die res in Afrika.
Die Groep se handelsmerke het weereens erkenning deur lojale klante gekry via die jaarlikse
verbruikersopname, Leisure Options, en al die toekennings verower regoor al die belangrike
kategorieë waarin die Groep se handelsmerke meegeding het.
FRANCHISE-AFDELING – INTERNASIONAAL
Die resultate wat deur die Internasionale Franchise-afdeling gelewer is, bestaande uit Wimpy
Verenigde Koninkryk, is 'n weerspieëling van die baie moeilike handelstoestande wat in hierdie
land ondervind word. Inkomste in Sterling het met 19% afgeneem, en in Rand-terme met 13% tot
R82 miljoen (2011: R95 miljoen). Die Bedryfswins het met 30% afgeneem tot R8 miljoen (2011:
R11 miljoen). Hierdie afdeling lewer 'n nominale bydrae tot die Groepsinkomste en bedryfswins,
naamlik 3,8% en 1,8% onderskeidelik.
VERSKAFFINGSKETTING
Die Verskaffingsketting-afdeling, bestaande uit die Groep se Vervaardigings- en Logistieke
bedrywighede, het weereens bevredigend presteer. Die gekonsolideerde inkomste het met 17%
toegeneem terwyl die bedryfswins met 21% gestyg het. Verhoogde volumes en streng
kostebestuur het verseker dat die bedryfsmarge van 8,4% tot 8,7% verbeter het ondanks die
Groep se doelbewuste strategie in die eerste helfte van die jaar om die marge-druk te absorbeer
wat deur die buitensporige styging in beesvleispryse veroorsaak is.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 31 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vervaardiging
Hierdie afdeling het die inkomste met 13% tot R747 miljoen (2011: 664 miljoen) verhoog. Die
bedryfswins het met 13% tot R88 miljoen gestyg (2011: R78 miljoen), met 'n gevolglike marge van
11,7% (2011: 11,7%).
Die volgende projekte is gedurende die tydperk voltooi en het tot die sterk vertoning van hierdie
eenheid van die onderneming bygedra:
– Volle ingebruikneming van 'n hoenderfiletaanleg wat met ingang November 2011 begin het om
die produk aan die franchise-netwerk te verskaf;
– Opneem van die sagte-roomyskomponent vir Milky Lane.
Logistiek
Hierdie afdeling het 'n 20%-styging in inkomste tot R1,52 miljard (2011: R1,26 miljard) behaal. Die
bedryfswins het met 37% gestyg tot R53 miljoen (2011: R38 miljoen), met 'n gevolglike
rekordmarge van 3,5% (2011: 3,1%).
Hierdie skitterende resultaat spruit uit die behaal van kritieke massa in lynitems gehanteer, wat
met 43% gedurende die tydperk toegeneem het, en verbeterings in produktiwiteit in die
Eienaargedrewe program.
Korporatiewe optrede
Die Groep het sy Teater van Voedsels-portefeulje uitgebrei met die skep van 'n nuwe
onderneming, Creative Coffee Franchise Systems (Edms) Bpk. (Creative Coffees). Met ingang
van 1 Mei 2011, is die handelsmerke en franchise-ooreenkomste van die House of Coffees en
Juicy Lucy handelsmerke na Creative Coffees verskuif en saamgesmelt met die onderneming van
Kairuz Holdings (Edms) Bpk., 'n maatskappy wat daarin spesialiseer om diens te lewer aan die
kleinhandel- en voedselaanbiedings in die privaathospitaalbedryf. Famous Brands behou 'n 61%
beherende aandeel in die nuwe maatskappy.
Direksie
Aandeelhouers word in kennis gestel dat Christopher Hardy Boulle aangestel is as 'n
plaasvervanger nie-uitvoerende direkteur vir Hymie Reuvin Levin, met ingang 1 Desember 2011.
Hy sal ook optree as Voorsitter van die sosiale en etiekkomitee en dien as lid van die
ouditkomitee.
Dividend
Met betrekking tot die nuwe Dividendebelasting, word aandeelhouers in kennis gestel dat die
finale dividend tot 120 sent verhoog is (2011:85 sent) en gevolglik verseker dat aandeelhouers in
'n verbeterde kontantposisie is nieteenstaande die instelling van hierdie belasting. Die
dividenddekking vir die finansiële jaar is tot 1,4 keer verminder, wat as volhoubaar beskou word in
ag genome Famous Brands se sterk vermoë om kontant te genereer. In die oorweging van
toekomstige dividendverklarings sal die direksie gelei word deur die Groep se kontantvereistes in
ooreenstemming met toekomstige kontantvloeivooruitskattings.
Vooruitsigte
Verbruikers se besteebare inkomste sal steeds onder druk bly as gevolg van eskalerende
elektrisiteitstariewe, brandstofkoste en algemene voedselinflasie. Die oorgrote meerderheid
verbruikers wat agterstallig raak met betalings is middelklasverdieners, die tradisionele
teikenmark vir voedseldiensoperateurs. Om hulle oor te haal om tot vorige bestedingsvlakke terug
te keer, sal verskerpte innovering verg, veral indien rentekoerse styg en ekonomiese onsekerheid
voortduur.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 32 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Ondanks die negatiewe uitwerking wat hierdie faktore op die bedryf sal hê, posisioneer die Groep
se allesomvattende sakemodel, uitsonderlike personeel en beste-in-sy-klas ontspannings-
handelsmerke Famous Brands vir voortgesette groei.
In hierdie verband sal die Groep 'n reeks inisiatiewe onderneem in die tydperk wat voorlê wat
daarop gemik is om verdere waarde vir aandeelhouers te ontsluit. Dit sal insluit die sentralisering
van die Groep se verkrygingsfunksie, wat Famous Brands in staat sal stel om 'n selfs laer koste
produsent te word; die uitbreiding van die Groep se teenwoordigheid in marksegmente waar dit
tans oor geen teenwoordigheid beskik nie, insluitend die identifisering van nuwe vennootskappe
vir gesamentlike ondernemings; en die voortgesette verkenning van geleenthede om die sinergieë
in werking te stel wat deur die Famous Brands-verskaffingsketting gebied word.
Namens die direksie
P Halamandaris KA Hedderwick
Nie-uitvoerende voorsitter Hoof uitvoerende beampte
NOTAS:
1. Basis van voorbereiding
Hierdie verkorte finansiële jaarstate is voorberei ooreenkomstig Internasionale Finansiële
Verslaggewingstandaarde (IFRS), die AC 500 standaarde soos uitgereik deur die Raad vir
Rekeningkundige Praktyke en sy opvolger, die Suid-Afrikaanse Maatskappyewet No. 71 van 2008
en die Noteringsvereistes van die JSB Beperk. Hierdie verkorte resultate is voorberei onder die
toesig van mnr. SJ Aldridge GR(SA), in sy hoedanigheid as Groeps- Finansiële Direkteur.
2. Rekeningkundige beleid
Die rekeningkundige beleid wat deur die Groep toegepas word, is in ooreenstemming met die
beleid wat in die vergelykende finansiële tydperke toegepas is, behalwe vir die aanvaarding van
verbeterde, hersiene of nuwe standaarde en vertolkings. Die gesamentlike uitwerking van hierdie
veranderinge ten opsigte van die jaar geëindig 28 Februarie 2011 is nul.
4. Ouditeure
Hierdie finansiële state is deur RSM Betty en Dickson (Johannesburg) geouditeer en hulle
ongekwalifiseerde ouditmening is by die maatskappy se geregistreerde kantoor ter insae
beskikbaar.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 33 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
4. Bedryfswins
Die volgende word verklaar in bedryfswins:
– Amortisering van ontasbare bates 1 795 1 631
– Ouditeursvergoeding 3 053 3 462
– Waardevermindering van eiendom, aanleg en toerusting 27 241 42 402
– Verliese buitelandse valuta 298 245
– Bedryfshuurheffings op vaste eiendom netto na invorderings 42 508 27 145
van onderverhuring
– Bedryfshuurheffings op roerende eiendom 2 102 1 930
– (Wins)/verlies op verkoop van eiendom, aanleg, toerusting en (1 203) 337
restaurante
– Oordrag van aandelegebaseerde betalingsreserwe 9 378 7 339
5. Kapitaaltoewysings
Kapitaalbesteding goedgekeur maar nie gekontrakteer nie 35 328 43 968
Verkorte gekonsolideerde kontantvloeistaat
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
Kontant gegenereer voor veranderings in bedryfskapitaal 451 636 392 133
(Toename)/afname in voorrade (44 430) 4 592
Toename in ontvangbare bedrae (15 690) (23 039)
Toename in betaalbare bedrae 7 194 23 243
Kontant deur bedrywighede gegenereer 398 710 396 929
Netto rente betaal (10 652) (14 934)
Belasting betaal (131 791) (123 895)
Netto kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite 256 339 258 100
Dividende betaal (159 165) (127 817)
Netto kontant uit bedryfsaktiwiteite behou 97 174 130 283
Verkryging van ondernemings insluitend ontasbare goedere (30 896) (43 800)
Uitbreidingskapitaalbesteding
Eiendom, aanleg en toerusting (45 793) (15 794)
Ontasbare bates (1 030) (3 893)
Vervangingskapitaalbesteding op eiendom, aanleg en toerusting (9 776) (25 546)
Opbrengs uit vervreemding van eiendom, aanleg en toerusting 3 263 1 818
Kontantvloei vanuit beleggingsbedrywighede (84 232) (87 215)
Beweging in aandelekapitaal en reserwes 5 657 15 245
Afname in rentedraende skuldlas (65 634) (67 399)
Kontantvloei vanuit finansieringsaktiwiteite (59 977) (52 154)
Verandering in kontant en kontantekwivalente (47 035) (9 086)
Uitwerking op buitelandse valuta 1 218 963
Kontant en kontantekwivalente aan die begin van die jaar 86 397 94 520
Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 40 580 86 397
Verkorte gekonsolideerde omvattende-inkomstestaat
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 34 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
29 Februarie 28 Februarie %
2012 2011 verandering
R000 R000
Inkomste 2 155 615 1 878 036 15
Bruto wins 922 967 813 152 14
Verkoops- en administratiewe uitgawes (510 311) (454 699)
Bedryfswins 412 656 358 453 15
Netto rente betaal (10 652) (14 934)
Wins voor belasting 402 004 343 519 17
Belasting (133 950) (112 520)
Wins vir die jaar 268 054 230 999 16
Buitelandse valuta-omrekeningsverskille 7 837 (5 182)
Totale omvattende inkomste vir die jaar 275 891 225 817
Wins toeskryfbaar aan:
Aandeelhouersbelang van Famous Brands Beperk 266 811 230 260 16
Niebeherende belange 1 243 739
Totale omvattende inkomste toeskryfbaar aan:
Aandeelhouers van Famous Brands Beperk 274 648 225 078
Niebeherende belange 1 243 739
Rekonsiliasie met kernverdienste per aandeel vir
die jaar
Verdienste toeskryfbaar aan aandeelhouers van
Famous Brands Beperk 266 811 230 260 16
Verlies op verkoop van restaurante deur maatskappy 455 406
besit
Wins/(verlies) op vervreemding van eiendom, aanleg
en toerusting 172 (164)
Kernverdienste vir die jaar 267 438 230 502 16
Verdienste per aandeel – sent
– basiese 278 242 15
– verwaterde 272 237 15
Kernverdienste per aandeel – sent
– basiese 278 242 15
– verwaterde 272 237 15
Dividende aan aandeelhouers – sent
– tussentyds: dividend verklaar 80 70 14
– finaal: dividend verklaar 120 85 41
Totale dividende vir die jaar 200 155 29
Gewone aandele
– in uitreiking 96 192 435 95 817 435
– geweegde gemiddelde 96 102 435 95 245 318
– verwaterde geweegde gemiddelde 99 937 435 98 905 257
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 35 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verkorte gekonsolideerde segmentele inligting – besigheidseenheid en geografies
29 Februarie 28 Februarie %
2012 2011 verandering
R000 R000
Inkomste
Franchises 439 946 386 015 14
Verskaffingsketting 1 613 907 1 382 778 17
Vervaardiging 747 244 663 812
Logistiek 1 516 375 1 262 325
Eliminasies (649 712) (543 359)
Korporatief 19 829 14 577
Suid-Afrika 2 073 682 1 783 370 16
Franchise (VK) 81 933 94 666 (13)
Totaal 2 155 615 1 878 036 15
Bedryfswins
Franchises 264 685 234 971 13
Verskaffingsketting 140 508 116 233 17
Vervaardiging 87 784 77 788
Logistiek 52 724 38 445
Korporatief (40) (3 489)
Suid-Afrika 405 153 347 715 17
Franchise (VK) 7 503 1 738 (30)
Totaal 412 656 358 453 15
Verkorte gekonsolideerde staat van veranderinge in ekwiteit
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
Saldo aan die begin van die jaar 708 594 583 926
Groep omvattende inkomste vir die jaar 274 648 225 078
Groep dividende aan aandeelhouers (158 565) (127 629)
Ekwiteit-vereffende aandelegebaseerde betalings 9 378 7 339
Beweging in aandelekapitaal en reserwes 5 657 15 245
Toename in niebeherende aandeel 658 4 635
Totale ekwiteit 840 370 708 594
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 36 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verkorte gekonsolideerde staat van finansiële posisie
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
BATES
Niebedryfsbates 859 304 793 323
Eiendom, aanleg en toerusting 155 739 130 847
Ontasbare bates 694 977 659 668
Uitgestelde belasting 8 5888 2 808
Bedryfsbates 361 865 345 989
Voorrade 119 987 75 552
Belasting 1 386 1 468
Handels- en ander ontvangbare bedrae 199 912 182 572
Kontant en kontantekwivalente 40 580 86 397
Totale bates 1 221 169 1 139 312
EKWITEITE EN LASTE
Ekwiteite toeskryfbaar aan aandeelhouers van
Famous Brands Beperk 834 792 703 674
Niebeherende belange 5 578 4 920
Totale ekwiteit 840 370 708 594
Niebedryfslaste 106 624 177 032
Rentedraende skuldlas 52 216 122 011
Uitgestelde belasting en huurskulde 54 408 55 021
Bedryfslaste 274 175 253 686
Handels- en ander betaalbare bedrae 191 523 189 631
Korttermyngedeelte van rentedraende skuldlas 69 936 65 775
Belasting 12 716 7 280
Totale laste 380 799 430 718
Totaal ekwiteit en laste 1 221 169 1 139 312
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 37 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf
2014 (d.w.s. op KABV). Jy mag besluit om die punte vir spesifieke items te vermeerder en
die gevallestudie uit 75 of 100 punte te laat tel, mits die finale gewigstoedeling in
ooreenstemming met die KABV is.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK D
DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
GEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING EN DEBITEURE
VRAESTEL
50 punte; 60 minute
Inleiding
Nikke Winkels is 'n kleinhandelonderneming wat sportgoedere verkoop. Die oorspronklike
eienaar van die onderneming is Bennie Becker. Die finansiële jaar eindig jaarliks op
31 Desember. Aangesien Bennie se vrou, Mary, Rekeningkunde op skool geneem het, het
hy haar gevra om 'n Kontantbegroting vir die onderneming op te stel en om die werklike
bedrae elke maand op te teken.
In Februarie 2013 word jy van hierdie Kontantbegroting voorsien, wat ook die werklike
syfers toon.
Die onderneming het 'n oortrokke bankrekening van R325 400 op 1 Desember 2012.
Ten einde die probleem van die oortrokke rekening op te los, besluit Bennie Becker om
Mark Mtini as 'n nuwe sakevennoot op 28 Desember 2012 in te neem. Dit was nie in die
vooruitsig toe Mary die Kontantbegroting aan die begin van Desember opgestel het nie.
Die vennootskapsooreenkoms bepaal dat Mtini se kapitaalbydrae bestaan uit 'n
kontantoordrag, R250 000, en 'n nuwe afleweringsvoertuig ter waarde van R180 000.
GEVRA
1. Bennie Bekker meen sy vrou het twee foute begaan in die opstel van die begroting.
Hy beweer sy het die volgende verkeerdelik uitgelaat:
� Die maandelikse waardevermindering van R4 800 per maand
� Die nuwe afleweringsvoertuig, ter waarde van R240 000, wat deur Mtini as
kapitaal bygedra is
Wat sou jy aangaande hierdie twee bewerings vir Bennie sê? (2)
2. Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013. (4)
3. Bereken die volgende vir Januarie 2013:
� Persentasie styging in die begrote salarisse en lone (2)
� Persentasie afname in die bedrag wat vir kommissie-inkomste begroot is (2)
4. Die R9 000 per maand is die maandelikse terugbetaling op die aankoop van die
bestaande voertuig. Dié voertuig is 'n aantal maande gelede teen R196 000
aangekoop. Ten tyde van die aankoop is 'n deposito van R46 000 betaal.
Paaiemente word oor 24 maande betaal. Bereken die totale finansieringskoste wat
aangegaan is met die aankoop van die voertuig. (2)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 38 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
5. Bennie se seun, Bart, gebruik die onderneming se voertuig om na sy
matriekafskeidsfunksie toe te gaan, en is toe in 'n ongeluk betrokke. Die
versekeringsmaatskappy weier om die voertuig te laat herstel, aangesien Bart nie
een van die aangewese bestuurders is nie en die voertuig nie vir sakedoeleindes
gebruik is nie. Bennie magtig betaling vir die herstelwerk aan die beskadigde
voertuig en teken die bedrag aan onder Voertuiguitgawes. Die onderneming het te
veel begroot vir normale voertuiguitgawes en bestee 75% van die begrote bedrag.
� Watter uitwerking het die skade wat deur Bart veroorsaak is, op die begroting
gehad? (2)
� Mtini vind daarvan uit. Wat gaan hy waarskynlik vir Bennie daaroor sê? Noem
TWEE punte. (2)
6. Verwys na die Huur in die Kontantbegroting. 'n Styging van 10% in die huur tree op
1 Januarie 2013 in werking. Die werklike huur in Desember ontvang, was
ooreenkomstig die begroting.
� Bereken die huurinkomste vir Desember 2012. (2)
� Verskaf 'n gepaste verduideliking waarom die werklike bedrag aan huur in
Januarie 2013 ingevorder van die begrote bedrag verskil. (1)
7. Betalings aan krediteure:
� Bereken die begrote bedrag wat in Januarie 2013 aan krediteure betaal moet
word. (2)
� Mtini is van mening dat die onderneming geen goedere kontant hoef te koop
nie, en dat alle goedere op krediet gekoop behoort te word. Sal dit na jou
mening die onderneming se Kontantbegroting verbeter? Verduidelik. (2)
8. Bennie Bekker besluit om op 31 Desember 2012 die bestaande lening by Alpha
Lenings ten volle terug te betaal aangesien die rentekoers baie hoog is. Die rente
van 15% p.j. op hierdie lening is nie gekapitaliseer nie. Daarna besluit Bennie om
'n nuwe lening by Minty Bank uit te neem op 1 Januarie 2013. Die rente op hierdie
lening word gekapitaliseer en volgens die ooreenkoms moet 'n maandelikse
bedrag van R4 000 aan Minty Bank op die 25ste dag van elke maand betaal word.
� Verduidelik die verskil tussen rente wat gekapitaliseer word en rente wat nie
gekapitaliseer word nie. (1)
� Bereken die bedrag van die lening wat op 31 Desember 2012 terugbetaal moet
word. (2)
9. Gebruik die Kontantbegroting om die ontbrekende bedrae, totale en saldo's wat
A-D gemerk is, te verkry. Daar word NIE van jou verwag om die ander ontbrekende
bedrae te identifiseer nie. (4)
10. Mtini is bekommerd dat debiteurekontrole in die onderneming nie na behore
plaasvind nie. Hy vra jou vir 'n bondige verslag. Sluit die volgende by jou verslag in:
� Berekening van die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk (in dae) (2)
� Die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes voldoen (soos in die
Debiteure-ouderdomsontleding getoon) (2)
� Kort kommentaar oor die twee berekeninge hierbo (1)
� Besonderhede van die belangrikste foute wat die onderneming begaan rakende
debiteure. Verskaf ook die name van spesifieke debiteure om hierdie
belangrikste probleme te illustreer en stel 'n oplossing voor vir elke fout. (6)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 39 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
11. Bestudeer die werklike en begrote bedrae vir Reklame, Telefoon en Versekering.
(Let daarop dat Mtini nog nie enige fondse onttrek het nie.) Lewer kommentaar oor
elke item, en bied EEN punt van advies in elke geval aan. (6)
12. Bennie het twee belangrike besluite geneem deur 'n nuwe lening aan te gaan en
'n vennoot by die onderneming in te neem. Wat sou jy vir Bennie oor hierdie
besluite sê en die uitwerking daarvan op die kontantvloei van die onderneming? (3)
INLIGTING OP VOLGENDE TWEE BLADSYE ...
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 40 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
INLIGTING
1. Kontantbegroting vir twee maande geëindig 31 Januarie 2013
(werklike syfers in gekleurde kolomme):
Desember 2012 Januarie 2013
Ontvangste BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Kontantverkope 480 000 452 000 330 000 208 000
Invordering van debiteure ? 189 980 ? 222 685
Kommissie-inkomste 24 000 ? 20 400 12 000
Lening by Minty Bank 0 0 0 120 000
Huurinkomste ? ? 15 950 31 900
Kapitaal van M Mtini 0 250 000 0 0
Totale ontvangste 778 798 926 480 ? 594 585
Betalings
Kontantaankope 222 500 245 750 155 000 110 380
Betalings aan krediteure 181 800 162 000 ? 184 000
Telefoon 2 800 4 500 2 800 4 200
Terugbetaling op bestaande
9 000 9 000 9 000 9 000
voertuig
Voertuig-uitgawes 8 000 6 400 8 000 37 500
Salarisse en lone 68 000 82 800 72 080 72 080
Reklame 5 000 5 000 5 000 5 000
Diverse bedryfsuitgawes 23 380 19 400 17 300 17 320
Versekering 22 000 16 000 22 000 16 000
Onttrekkings deur Bennie Bekker 25 000 25 000 25 000 35 000
Rente op oortrokke rekening 4 020 ? ? 0
Rente op lening 500 500 500 0
Terugbetaling van lenings 0 ? 0 4 000
Totale betalings 572 000 620 370 516 930 494 480
Kontantsurplus/tekort 206 498 306 110 ? 100 105
Bank (Beginsaldo) (325 400) (325 400) A C
Bank (Eindsaldo) ? (19 290) B D
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 41 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
2. Aankope en verkope van handelsvoorraad
Voorraad word op 'n maandgrondslag vervang.
50% van voorraad word gewoonlik op krediet aangekoop.
Krediteure word betaal in die maand ná die aankoop, om die voordeel van 'n
10%-korting te benut.
Goedere word verkoop teen 'n konstante prysopslag van 80% op kosprys.
Die begroting word op grond van die volgende totale verkoopsyfers uitgewerk:
Oktober 2012 November 2012 Desember 2012 Januarie 2013
R603 00 R727 200 R801 000 R558 000
Kredietverkope maak 40% van die totale verkope uit.
3. Verwagte invordering van debiteure
Debiteure word meegedeel dat daar van hulle verwag word om in die huidige maand
te betaal of in die maand wat volg op die maand van die verkoopstransaksie.
Die begroting word egter soos volg opgestel:
10% word ingevorder in die transaksiemaand. 'n Korting van 5% word toegestaan
vir enige betaling wat in die transaksiemaand ontvang word.
50% word ingevorder in die maand na die transaksiemaand.
35% word ingevorder in die tweede maand na die maand van die verkope.
4. Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Desember 2012
KREDIET-
DEBITEURE SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER DESEMBER TOTAAL
LIMIET
M Minaj 45 000 49 100 49 100
U Usher 85 000 7 800 40 680 48 480
B Beiber 30 000 24 000 24 000
B Britney 100 000 49 125 45 240 9 050 25 865 129 280
J Jemson 12 000 6 500 6 500
W West 50 000 22 000 22 000
D Drake 120 000 29 800 39 000 24 000 26 680 119 480
H Hannah 25 000 31 100 9 300 40 400
W Wayne 45 000 4 350 23 270 8 740 36 360
Ander debiteure ? ? ? ? ?
R156 725 R234 250 R172 500 R201 300 R764 775
90 dae 60 dae 30 dae Lopend
Persentasie % % % % 100%
5. Werklike syfers uit die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2012:
Vir die jaar
Totale verkope R4 600 000
Kontantverkope R2 200 000
Kredietverkope R2 400 000
1 Januarie 2012 31 Desember 2012
Handelsdebiteure R295 225 R764 775
TOTAAL: 50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 42 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK D
DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
GEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING EN DEBITEURE
ANTWOORDEBOEK
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
BEHAAL
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 43 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
1. Wat sou jy vir Bennie sê oor die foute wat hy beweer sy vrou begaan het
in die opstel van die begroting met betrekking tot die waarde-
vermindering en die bydrae van 'n nuwe afleweringsvoertuig?
2
2. Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013
MAAND KREDIETVERKOPE DESEMBER 2012 JANUARIE 2013
Oktober
November
Desember
Januarie
Kontant van debiteure 4
3. Bereken die % styging in die begrote salarisse en lone in Januarie 2013.
Bereken die % afname in die bedrag wat vir kommissie-inkomste begroot
is in Januarie 2013.
4
4. Bereken die totale finansieringskoste wat aangegaan is met die aankoop
van die voertuig.
2
5. Uitwerking op die begroting:
TWEE punte wat Mtini vir Bekker kan noem:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 44 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
6. Bereken die huurinkomste vir Desember 2012.
Gepaste verduideliking:
3
7. Bereken die begrote bedrag wat in Januarie 2013 aan krediteure betaal
moet word.
Mtini dink dat die onderneming geen goedere kontant hoef te koop nie,
en dat alle goedere op krediet gekoop behoort te word. Sal dit na jou
mening die onderneming se Kontantbegroting verbeter? Verduidelik.
4
8. Verduidelik die verskil tussen rente wat gekapitaliseer word en rente wat
nie gekapitaliseer word nie.
Bereken die bedrag van die lening wat op 31 Desember 2012 terugbetaal
moet word.
3
9. Gebruik die Kontantbegroting om die ontbrekende bedrae, totale en
saldo's wat A–D gemerk is, te verkry. Daar word NIE van jou verwag om
die ander ontbrekende bedrae te identifiseer nie.
A B C D
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 45 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
10. Berekening van die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk (in dae):
2
Berekening van die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes
voldoen (soos getoon in die Debiteure-ouderdomsontleding):
2
Kort kommentaar oor die twee berekeninge hierbo:
1
Besonderhede van die belangrikste foute wat die onderneming begaan
rakende debiteure. Verskaf ook die name van spesifieke debiteure om
hierdie belangrikste probleme te illustreer en stel 'n oplossing voor vir elke
fout.
WANBETALENDE
FOUTE OPLOSSING
DEBITEURE
6
11. Beskou die werklike en begrote bedrae vir Reklame, Telefoon en
Versekering. (Let daarop dat Mtini nog nie enige fondse onttrek het nie.)
Lewer kommentaar oor elke item, en bied EEN punt van advies in elke
geval aan.
KOMMENTAAR ADVIES
Reklame
Telefoon
Versekering
6
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 46 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Rekeningkunde Downloaded from
47 hlayiso.com DBE/2014
SGA-leerdergids
Antwoordeboek Taak D
12. Bennie het twee belangrike besluite geneem deur 'n nuwe lening aan te
gaan en 'n vennoot by die onderneming in te neem. Wat sou jy vir Bennie
oor hierdie besluite sê en die uitwerking daarvan op die kontantvloei van
die onderneming?
3
50
Kopiereg voorbehou
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 47 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 48 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Accounting.
- Grade 12 Accounting notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Accounting questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Accounting quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Accounting past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More Accounting and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Memo

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo
Related documents

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC MG Question Paper

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Memo

Question paper