Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
REKENINGKUNDE
2016
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye en 'n antwoordeboek van 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 NSC June 2016 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 Accounting question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 508.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
NSC June Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Waar van toepassing, toon AL die berekeninge tot EEN desimale punt.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 3 DBE/2016
SSE
8. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
BTW-berekeninge
Rekonsilieer 'n Krediteuregrootboekrekening met 'n
BTW en Rekonsiliasies
rekeningstaat
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 2: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Produksiekostestaat
Vervaardiging Ontleed en vertolk gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 3: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie, Interne Voorraadwaardasie: EIEU en geweegdegemiddelde-
Beheer en Probleemoplossing metode
Interne beheer en interne oudit
VRAAG 4: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Begrippe, Balansstaat en Begrippe
Ouditverslag Opstel van Balansstaat
Notas tot gewone aandelekapitaal en behoue inkomste
VRAAG 5: 70 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Vaste Bates, Kontantvloeistaat Kontantvloeistaat
en Ontleding en Vertolking van Ontleed en vertolk finansiële inligting
Finansiële State Bestuur van hulpbronne
Bestuur van vaste bates
VRAAG 6: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag: Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Ontleed en vertolk 'n Geprojekteerde Inkomstestaat
Begroting
Bestuur van hulpbronne
Interne beheer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 4 DBE/2016
SSE
VRAAG 1: BTW EN REKONSILIASIES (35 punte, 20 minute)
BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 BTW wat deur 'n besigheid betaal word op goedere aangekoop, word
BTW-inset genoem.
1.1.2 Dit is verpligtend vir alle besighede om vir BTW te registreer.
1.1.3 BTW-opgawes aan SAID word ná elke ses maande se
handelsbedrywighede ingedien. (3 x 1) (3)
1.2 Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Super Winkels vir die BTW-
periode geëindig 29 Februarie 2016 (twee maande). Die standaardkoers vir
BTW is 14%.
GEVRA:
1.2.1 Neem die foute en weglatings in berekening en bereken die BTW-bedrag
wat óf betaalbaar is aan óf ontvangbaar is van SAID. (12)
1.2.2 Die interne ouditeur het ontdek dat die eienaar, Nelson, die BTW wat van
klante ingevorder is, gebruik het om salarisse en bonusse te betaal en
daarom kon hy nie die BTW-sperdatum haal nie.
Watter opmerking sal jy aan Nelson oor hierdie gebruik maak? Noem
EEN punt. (2)
INLIGTING:
A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Februarie 2016, R44 800.
B. Bedrae uit die joernale op 29 Februarie 2016:
BTW
BTW-BEDRAG
INGESLUIT
Verkope 564 300 69 300
Kredietaankope van voorraad 191 520 23 520
Goedere deur debiteure teruggestuur 52 440 6 440
Oninbare skulde afgeskryf 39 900 4 900
C. Die volgende foute en weglatings is opgemerk:
• Voorraad deur die eienaar geneem, kosprys R6 000 (BTW uitgesluit),
is nie geboekstaaf nie.
• BTW op verkope is foutiewelik geboekstaaf. Sekere goedere met 'n
verkoopprys van R50 000 (BTW uitgesluit) moes as nulkoers-items
geboekstaaf gewees het.
• BTW op kortings toegestaan aan debiteure is nie geboekstaaf nie.
Die totale kortings toegestaan, beloop R19 152.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 5 DBE/2016
SSE
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 6 DBE/2016
SSE
1.3 KREDITEURE-REKONSILIASIE
Thanda Winkels koop goedere op krediet van Minty Verskaffers.
GEVRA:
1.3.1 Gebruik die tabel wat voorsien is om die veranderinge wat gedoen moet
word, aan te dui:
• In die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Thanda Winkels
• In die Krediteure-rekonsiliasiestaat op 29 Februarie 2016 (14)
1.3.2 'n Ondersoek op 2 Februarie 2016 oor die transaksie vir Faktuur 560 het
onthul dat Pearl Fakude (aankoopbestuurder) goedere vir haarself bestel
het. Hierdie goedere is nie in die voorraad opgeneem nie.
Noem TWEE interne beheermaatreëls wat die besigheid kan gebruik om
te voorkom dat soortgelyke voorvalle in die toekoms plaasvind. (4)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Thanda Winkels
Minty Verskaffers
DATUM BESONDERHEDE FOL. DEBIET KREDIET SALDO
Feb. 01 Saldo a/b 52 200
02 Faktuur 560 KJ 44 200 96 400
04 Debietnota 52 KAJ 2 700 93 700
07 Tjek 443 KBJ 31 350 62 350
Korting ontvang KBJ 3 300 59 050
20 Faktuur 996 KJ 11 100 70 150
23 Tjek 575 KBJ 13 200 56 950
24 Faktuur 590 KJ 24 000 80 950
28 Tjek 580 KBJ 13 800 67 150
Korting ontvang KBJ 1 380 65 770
29 Faktuur 592 KJ 44 400 110 170
B. Rekeningstaat ontvang van Minty Verskaffers
MINTY VERSKAFFERS Nr. 2169
Kingsview-weg 205
Durban 3201
Debiteur: Thanda Winkels 25 Februarie 2016
DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO
Jan. 25 Saldo 67 200
28 Kwitansie 110 15 000 52 200
Feb. 02 Faktuur 560 49 200 101 400
04 Kredietnota 09 2 700 104 100
07 Kwitansie 122 31 350 72 750
Korting toegestaan 1 650 71 100
18 Faktuur 571 28 800 99 900
23 Kwitansie 138 13 200 86 700
24 Faktuur 590 21 600 108 300
25 Afleweringskoste 3 300 111 600
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 7 DBE/2016
SSE
C. 'n Ondersoek het die volgende foute en weglatings getoon:
(a) Faktuur 996 was vir goedere wat Thanda Winkels by 'n ander
verskaffer, Mondi Verskaffers, aangekoop het.
(b) Faktuur 560 is korrek op die rekeningstaat geboekstaaf.
(c) Faktuur 571 was 'n fout op die rekeningstaat. Dit was vir goedere
wat aan 'n ander besigheid verskaf is.
(d) Die korting toegestaan op 7 Februarie 2016 is korrek volgens die
rekeningstaat.
(e) Thanda Winkels het nagelaat om die handelskorting toegelaat op
Faktuur 590 af te trek.
(f) Goedere vir R2 700 is op 4 Februarie 2016 deur Thanda Winkels
aan Minty Verskaffers teruggestuur.
(g) Volgens die kontrak hef Minty Verskaffers 'n afleweringsfooi op al
sy klante.
(h) Die rekeningstaat sluit slegs transaksies tot en met
25 Februarie 2016 in.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 8 DBE/2016
SSE
VRAAG 2: VERVAARDIGING (50 punte; 30 minute)
2.1 ABE BYKOMSTIGHEDE
Abe Bykomstighede vervaardig selfoonomhulsels. Die inligting hieronder is met
betrekking tot die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2016.
GEVRA:
2.1.1 Stel die Fabrieksbokoste-nota op. Toon ALLE berekeninge tussen hakies. (15)
2.1.2 Stel die Produksiekostestaat op vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (8)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo's: 29 FEBRUARIE 2016 1 MAART 2015
Goedere-in-bewerking-
R9 320 R30 640
voorraad
B. Transaksies vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:
Verbruiksgoedere in die fabriek gebruik R129 300
Salarisse en lone:
Produksielone ?
Ander fabriekswerkers R97 500
Administrasie R250 000
Verkoopsafdeling R130 000
Diverse uitgawes:
Fabriek R31 500
Kantore R28 000
Water en elektrisiteit R50 000
Versekering R24 000
C. Addisionele inligting en aansuiwerings
• Die fabriekskoonmaker is uit die lys vir salarisse en lone vir
Februarie 2016 weggelaat. Haar besonderhede is soos volg:
Werkgewers-
Bruto salaris Aftrekkings Netto salaris
bydrae
R3 800 R420 R3 380 R380
Die werkgewersbydrae word by die salarisse en lone gevoeg.
• 'n Bedrag van R4 000 vir water en elektrisiteit vir Februarie 2016 is
steeds uitstaande. Die fabriek gebruik 60% van die water en
elektrisiteit.
• Versekering is vanaf 1 Maart 2015 tot 30 Junie 2016 betaal. Hierdie
uitgawe moet onderskeidelik aan die fabrieks-, administrasie- en
verkoopsafdelings in die verhouding 3 : 2 : 1 toegedeel word.
D. Die onderneming het 10 500 selfoonomhulsels teen 'n koste van R82,40
per eenheid vervaardig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 9 DBE/2016
SSE
2.2 NUWE MODE VERVAARDIGERS
Die eienaar van hierdie onderneming is Gloria Smit. Sy maak en verkoop rokke.
Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.
GEVRA:
2.2.1 • Gloria is bekommerd oor die vermorsing van direkte materiaal.
Bereken die getal meter materiaal wat vermors is. (5)
• Gloria voel dat die vermorsing beduidend is. Verskaf 'n berekening
om haar mening te ondersteun. (3)
2.2.2 Gee TWEE moontlike redes vir dié vermorsing en gee in ELKE geval
raad om te voorkom dat dit in die toekoms gebeur. (4)
2.2.3 Gelykbreekpunt en produksie:
• Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016. (4)
• Verduidelik waarom die onderneming tevrede behoort te wees met
die getal eenhede wat gedurende die huidige finansiële jaar
gemaak is. Noem TWEE punte. (4)
2.2.4 Die direkte materiaal wat gebruik word om die rokke te maak, word
plaaslik teen 'n koste van R150 per meter aangekoop. Gloria oorweeg
dit om die materiaal in te voer aangesien dit R120 per meter (alle koste
ingesluit) sal kos. Indien sy sou besluit om die materiaal in te voer:
• Watter uitwerking sal dit op die produksiekoste van 'n rok hê?
Verskaf 'n berekening om jou antwoord te ondersteun. (3)
• Noem TWEE ander gevolge van die invoer van die direkte materiaal. (4)
INLIGTING:
A. Direkte materiaal:
2,5 meter materiaal word vir elke rok gebruik.
Getal meter materiaal
Beginvoorraad 525
Aankope 12 450
Grondstowwe aan fabriek uitgereik ?
Eindvoorraad 1 475
B. Produksievlakke:
2016 2015
Totale getal eenhede vervaardig en verkoop 4 500 3 800
Gelykbreekpunt ? 3 200
C. Addisionele inligting:
Totaal Per eenheid
Verkope R2 925 000 R650
Vaste koste R900 000 R200
Veranderlike koste R1 575 000 R350
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 10 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE, INTERNE BEHEER EN
PROBLEEMOPLOSSING (40 punte; 25 minute)
3.1 BEGRIPPE
Kies EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer
(3.1.1–3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
deurlopende voorraadstelsel; geweegdegemiddelde-metode;
spesifieke identifikasie-metode; periodieke voorraadstelsel;
eerste in eerste uit (EIEU)
3.1.1 Hierdie metode aanvaar dat voorraad in die volgorde van aankoopdatum
verkoop word.
3.1.2 Hierdie stelsel verseker dat die koste van verkope by die verkooppunt
bereken word.
3.1.3 Hierdie metode van voorraadwaardasie ken 'n unieke of individuele
waarde aan elke voorraaditem toe.
3.1.4 Hierdie voorraadstelsel is meer gepas vir lae-waarde-goedere wat by die
groot maat aangekoop word. (4 x 1) (4)
3.2 LYNN WINKELS
Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Lynn Winkels. Die onderneming
verkoop een soort leerskoene. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2016.
Die onderneming gebruik die geweegdegemiddelde-metode vir
voorraadwaardasie en die periodieke voorraadstelsel.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 29 Februarie 2016 deur
die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (8)
3.2.2 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:
• Koste van verkope
• Bruto wins (6)
3.2.3 Bereken die gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae) op
29 Februarie 2016. (5)
3.2.4 Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die EIEU-metode te
gebruik. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 11 DBE/2016
SSE
INLIGTING:
A. Voorraad:
Totale waarde
Datum Pare skoene
(vraggeld ingesluit)
1 Maart 2015 520 R320 770
29 Februarie 2016 325 ?
B. Aankope:
Totale
Pare Kosprys Totale Vraggeld koste
Datum
skoene per paar aankope per paar (vraggeld
ingesluit)
31/05/2015 460 R650 R299 000 R18 R307 280
01/08/2015 700 R680 R476 000 R18 R488 600
15/10/2015 500 R710 R355 000 R30 R370 000
01/02/2016 300 R725 R217 500 R30 R226 500
TOTAAL 1 960 R1 347 500 R1 392 380
C. Terugsendings:
Dertig paar skoene wat op 1 Februarie 2016 aangekoop is, was nie van 'n
hoë gehalte nie. Dit is aan die verskaffer teruggestuur. Die onderneming
se rekening is met R22 650 (vraggeld op aankope ingesluit) gekrediteer.
D. Verkope:
2 115 paar leerskoene is gedurende die finansiële jaar verkoop. Die
verkoopprys het konstant gebly teen R1 400 per paar.
3.3 PROBLEEMOPLOSSING
Jy word voorsien van inligting van drie jeans-winkels met verskillende eienaars in
Johannesburg. Elke winkel het 'n vloerspasie van 100 m2.
GEVRA:
3.3.1 Identifiseer EEN probleem in Winkel 1 en EEN probleem in Winkel 2.
Haal syfers aan. Gee EEN punt van advies vir ELKE geval. (6)
3.3.2 Verduidelik TWEE goeie besluite wat Chad met betrekking tot Winkel 3
geneem het. Haal syfers aan. (4)
Inligting per winkel vir Desember 2015:
WINKEL 1 WINKEL 2 WINKEL 3
Bestuurders Andy Bob Chad
Verkope R350 000 R240 000 R950 000
Terugsendings van klante R7 000 R36 000 R19 000
Winsopslagpersentasie 90% 50% 60%
Voorraadhoudingstydperk 180 dae 30 dae 30 dae
Advertensies R14 000 R4 800 R47 500
Huuruitgawe R35 000 R24 000 R96 000
Dae per week gewerk 6 5 7
Winkelassistente 4 2 6
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 12 DBE/2016
SSE
LAAT HIERDIE BLADSY
BLANKO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 13 DBE/2016
SSE
VRAAG 4: BEGRIPPE, BALANSSTAAT EN OUDITVERSLAG
(65 punte; 40 minute)
4.1 BEGRIPPE
Kies 'n verduideliking uit KOLOM B om by 'n begrip in KOLOM A te pas.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Aandeelhouer A moniteer beheermaatreëls om
wanbestuur en bedrog te voorkom
4.1.2 Direkteur
B eienaars van die maatskappy
4.1.3 Interne ouditeur
C spreek 'n mening oor die finansiële
4.1.4 Eksterne ouditeur state van 'n maatskappy uit
D deur die aandeelhouers aangestel om
die maatskappy te bestuur
(4 x 1) (4)
4.2 PARADYS BEPERK
Die inligting hieronder het op Paradys Bpk. betrekking. Die finansiële jaar eindig
op 29 Februarie 2016.
GEVRA:
4.2.1 Stel die volgende notas op vir die jaar geëindig 29 Februarie 2016:
• Gewone aandelekapitaal (6)
• Behoue inkomste (10)
4.2.2 Stel die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op
29 Februarie 2016 op. Toon ALLE bewerkings. (35)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 14 DBE/2016
SSE
INLIGTING:
A. Lys van saldo's geneem uit die rekeningkundige rekords van
Paradys Bpk. op 29 Februarie 2016, die einde van die finansiële
jaar, tensy anders vermeld.
R
Gewone aandelekapitaal (Sien Inligting B.) ?
Behoue inkomste (1 Maart 2015) 1 634 000
Lening van direkteur: J Jonas (Sien Inligting E.) 1 155 000
Vaste bates teen drawaarde (1 Maart 2015) 12 278 400
Vaste deposito: Sandton Bank ?
Handelsvoorraad (balanseersyfer) ?
Krediteurekontrole 478 000
Debiteurekontrole 356 000
Voorsiening vir oninbare skuld (1 Maart 2015) 16 000
Bank (gunstig) ?
Opgelope uitgawes (uitgawes betaalbaar) 12 000
Vooruitbetaalde uitgawes 6 800
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 1 012 000
B. Aandelekapitaal:
• Paradys Bpk. is gemagtig om 5 000 000 gewone aandele te verkoop.
• 3 000 000 aandele is reeds uitgereik op 1 Maart 2015, die begin van
die finansiële jaar, R6 000 000.
• 1 000 000 nuwe aandele is op 1 Desember 2015 teen 'n
markverwante waarde van R5,00 per aandeel uitgereik.
• 200 000 aandele is op 20 Februarie 2016 teruggekoop by 'n
aandeelhouer wat na 'n ander land sou verhuis. 'n Betaling van
R770 000 is op 20 Februarie 2016 gedoen.
C. Dividende:
• Die direkteure het op 28 Augustus 2015 'n tussentydse dividend van
R840 000 betaal.
• 'n Finale dividend van 44 sent per aandeel is op 29 Februarie 2016
verklaar. Alle aandele (die aandele wat op 20 Februarie 2016
teruggekoop is, ingesluit) kwalifiseer vir finale dividende. Hierdie
dividende sal op 31 Maart 2016 betaal word.
D. Netto wins voor belasting:
• Nadat alle relevante inligting in berekening gebring is, is die netto
wins voor belasting akkuraat op R3 800 000 bereken.
• Inkomstebelasting teen die koers van 28% moet nog in berekening
gebring word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 15 DBE/2016
SSE
E. Lening van Direkteur J Jonas:
• Die lening is oorspronklik op 1 Desember 2013 ontvang.
• Hierdie lening is met ingang van 31 Desember 2013 oor 5 jaar in
gelyke paaiemente terugbetaalbaar. Alle betalings is gedoen.
• Rente is nie gekapitaliseer nie en is ten volle betaal.
F. Voorsiening vir oninbare skulde:
Die voorsiening vir oninbare skulde moet teen 5% van die uitstaande
debiteure gehandhaaf word.
G. Vaste bates en waardevermindering:
• Geen vaste bates is gedurende die finansiële jaar gekoop of
verkoop nie.
• Waardevermindering vir die finansiële jaar geëindig op
29 Februarie 2016 was R890 000.
H. Die volgende finansiële aanwysers is bereken nadat alle aansuiwerings in
berekening gebring is:
Bedryfskapitaalverhouding 1,3 : 1
Vuurproefverhouding 0,8 : 1
4.3 OUDITVERSLAG
Jy word voorsien van 'n uittreksel uit die onafhanklike ouditeur se verslag van
Topstar Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 31 Oktober 2015.
GEVRA:
4.3.1 Watter soort ouditverslag het Topstar Bpk. ontvang? Kies uit die
volgende: ongekwalifiseerd, gekwalifiseerd, weerhouding van mening.
Gee 'n rede vir jou keuse. (3)
4.3.2 Aan wie word 'n ouditverslag gerig? Gee 'n rede vir jou antwoord. (3)
4.3.3 Verduidelik waarom die ouditeur die volgende in die ouditverslag genoem
het:
• IFVS ('IFRS') (2)
• Maatskappywet (Wet 61 van 1973) (2)
INLIGTING:
Uittreksel uit die ouditverslag:
Na ons mening toon die finansiële state, in alle wesentlike opsigte, 'n redelike weergawe
van die finansiële posisie van die maatskappy op 31 Oktober 2015, asook die finansiële
resultate van hul bedrywighede en die kontantvloei vir die jaar toe geëindig. Dit is
volgens die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS/'IFVS') en die
wyse vereis deur die Maatskappywet (Wet 61 van 1973) in Suid-Afrika.
65
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 16 DBE/2016
SSE
VRAAG 5: VASTE BATES, KONTANTVLOEISTAAT, ONTLEDING EN
VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (70 punte; 40 minute)
5.1 BEGRIPPE
Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.1.1 Die verbandlening om die aankoop van 'n vaste bate te finansier, is 'n
(finansiële bate/niebedryfslas).
5.1.2 Verdeelbare reserwes, soos behoue inkomste, is deel van
(aandeelhouersbelang/niebedryfsbates).
5.1.3 Die bedrag verskuldig deur SAID met betrekking tot inkomstebelasting is
'n (bedryfsbate/bedryfslas).
5.1.4 'n Belegging, soos 'n vaste deposito teen 9% p.j. rente oor vyf jaar, sal
as 'n (bedryfsbate/finansiële bate) getoon word. (4 x 1) (4)
5.2 MAFUSA BPK.
Die inligting wat voorsien word, het betrekking op die finansiële jaar geëindig
30 April 2016.
LET WEL: Wanneer finansiële aanwysers gevra word om antwoorde te
ondersteun, moet jy die naam van die finansiële aanwyser en die
werklike syfer, verhouding of persentasie gee.
GEVRA:
5.2.1 Verwys na Inligting C.
Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) vir toerusting in die
Vastebatenota voorgestel word. Toon alle bewerkings. (16)
5.2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat. Toon ALLE
bewerkings.
• Inkomstebelasting betaal (5)
• Netto veranderinge in kontant en kontantekwivalente (4)
5.2.3 Voltooi die afdeling oor FINANSIERINGSAKTIWITEITE in die
Kontantvloeistaat. (7)
5.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 April 2016:
• Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5)
• Netto batewaarde (3)
5.2.5 Lewer kommentaar op die algehele likiditeitsposisie van die
maatskappy. Haal DRIE relevante finansiële aanwysers (met syfers)
aan. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 17 DBE/2016
SSE
5.2.6 Die direkteure het besluit om die dividend-uitbetalingsbeleid in 2016 te
verander.
• Verskaf berekeninge wat die beleidsverandering aandui. (4)
• Verduidelik die uitwerking van hierdie beleidsverandering op die
maatskappy. Noem TWEE punte. (4)
5.2.7 Een van die direkteure voel dat die maatskappy so gou as moontlik die
lening moet terugbetaal. Wat is jou siening hieroor? Haal TWEE
relevante finansiële aanwysers met syfers aan en verduidelik dit. (6)
5.2.8 Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede is met:
• Die markprys van die aandele op die JSE (2)
• Die prys waarteen die 75 000 aandele op 25 April 2016
teruggekoop is (2)
Haal in ELKE geval syfers/finansiële aanwysers aan.
INLIGTING:
A. Inligting geneem uit die Inkomstestaat op 30 April 2016:
R
Bedryfswins 1 590 000
Rente-uitgawe 300 000
Netto wins voor inkomstebelasting 1 279 000
Netto wins na inkomstebelasting 895 300
B. Inligting geneem uit die Balansstaat op 30 April 2016:
2016 2015
(R) (R)
Vaste deposito 200 000 520 000
Bedryfsbates
946 550 887 250
(kontant en kontantekwivalente ingesluit)
Kontant en kontantekwivalente 125 750 54 750
Aandeelhouersbelang 7 166 850 6 142 800
Gewone aandelekapitaal 6 660 000 5 600 000
Behoue inkomste 506 850 542 800
Niebedryfslaste 1 800 000 2 750 000
Bedryfslaste 526 750 509 500
Handels- en ander betaalbare bedrae 285 600 232 800
Oortrokke bankrekening 0 92 000
Aandeelhouers vir dividende 231 250 176 000
SAID: Inkomstebelasting 9 900 8 700
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 18 DBE/2016
SSE
C. Vaste bates:
Vaste bates bestaan uit grond en geboue en toerusting.
Uittreksel uit die Vastebatenota:
TOERUSTING
Kosprys (1 Mei 2015) 3 640 000
Opgehoopte waardevermindering (1 Mei 2015) (a)
Drawaarde (1 Mei 2015) 2 002 000
Bewegings:
Toevoegings 900 000
Verkope (b)
Waardevermindering (c)
Drawaarde (30 April 2016)
Kosprys (30 April 2016) (d)
Opgehoopte waardevermindering (30 April 2016)
• Waardevermindering op toerusting beloop 15% p.j. op die kosprys.
• Ou toerusting met 'n kosprys van R750 000 is op 31 Augustus 2015
vir kontant teen drawaarde verkoop. Die opgehoopte
waardevermindering op hierdie toerusting het R491 750 op
1 Mei 2015 beloop.
• Nuwe toerusting ter waarde van R900 000 is op 1 Desember 2015
aangekoop.
• Daar was geen verdere beweging nie.
D. Aandelekapitaal en dividende:
Die onderneming is met 'n gemagtigde aandelekapitaal van 1 200 000
gewone aandele geregistreer.
1 Mei 2015 Die uitgereikte aandelekapitaal het uit 800 000
gewone aandele bestaan.
1 Februarie 2016 200 000 gewone aandele is teen R8,00 per aandeel
uitgereik.
25 April 2016 75 000 gewone aandele is by 'n afgetrede
aandeelhouer teen 'n totale koste van R600 000
teruggekoop.
30 April 2016 Daar is 925 000 aandele uitgereik.
Totale dividende vir die finansiële jaar het R871 250 beloop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 19 DBE/2016
SSE
E. Die volgende finansiële aanwysers is op 30 April bereken:
2016 2015
Bedryfskapitaalverhouding 1,8 : 1 1,7 : 1
Vuurproefverhouding 0,9 : 1 1,3 : 1
Voorraadhoudingstydperk 52 dae 68 dae
Debiteure-invorderingstydperk 47 dae 30 dae
Krediteurebetalingstydperk 30 dae 30 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,3 : 1 0,4 : 1
Opbrengs op kapitaal aangewend 11% 13%
Opbrengs op aandeelhouersbelang ? 14,5%
Verdienste per aandeel 107 sent 112 sent
Dividende per aandeel 105 sent 40 sent
Netto batewaarde per aandeel ? 768 sent
Markprys per aandeel (JSE) 960 sent 777 sent
Terugkoopprys per aandeel 800 sent -
Rentekoers van lening 14% 13%
70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 20 DBE/2016
SSE
VRAAG 6: BEGROTING (40 punte; 25 minute)
Jy word voorsien van 'n gedeeltelik voltooide Geprojekteerde Inkomstestaat van
Senoge Winkels soos deur die boekhouer opgestel vir die tydperk 1 Mei 2016 tot
30 Junie 2016. Die eienaar van die onderneming is Susan Senoge.
GEVRA:
6.1 Bereken die ontbrekende bedrae wat deur (a) tot (d) in die Geprojekteerde
Inkomstestaat voorgestel word. (12)
6.2 Neem die addisionele inligting in ag en bereken die volgende:
6.2.1 Die maandelikse salaris verskuldig aan die verkoopsbestuurder in
Junie 2016 (4)
6.2.2 Die totale verwagte kredietverkope in Julie 2016 (4)
6.2.3 Die kosprys van die nuwe voertuig wat op 1 Mei 2016 aangekoop is (4)
6.3 Lewer kommentaar op die beheer oor die telefoon en water en elektrisiteit.
Watter raad sal jy aan Susan gee? Noem EEN punt. (4)
6.4 Susan wil die onderhoudsbegroting na R500 per maand verminder en dan die
besparing aanwend vir personeelopleiding. Wat moet sy oorweeg voordat sy
hierdie verandering aanbring? Noem TWEE punte. (4)
6.5 'n Nuwe mededinger het in Mei 2016 sake vanaf 'n nabygeleë perseel begin
doen. Verwys na die werklike syfers vir Mei 2016 en:
• Verduidelik hoe Susan op hierdie bedreiging gereageer het. Noem DRIE
punte. Verskaf syfers/berekeninge om jou antwoord te ondersteun. (6)
• Verduidelik of Susan se reaksie suksesvol was of nie. Verskaf syfers. (2)
INLIGTING:
A. Salarisse en lone:
• Die skoonmaker sal in Junie 2016 'n verhoging van 8% ontvang.
• Die onderneming het 'n verkoopsbestuurder en 'n administrasiebestuurder
in diens. Die verkoopsbestuurder verdien R400 meer as die
administrasiebestuurder (per maand). Die bestuurders is vanaf 1 Junie 2016
geregtig op 'n verhoging van 7% p.j.
B. Die onderneming gebruik 'n winsopslagpersentasie van 60% op kosprys.
C. Kredietverkope beloop 80% van totale verkope. Na verwagting sal verkope met
10% per maand en met 12% gedurende Julie 2016 toeneem.
D. 'n Afleweringsvoertuig is op 1 Mei 2016 aangekoop. Waardevermindering op
voertuie beloop 15% per jaar op kosprys. Die rekenmeester het dit nie in ag
geneem met die opstel van die Geprojekteerde Inkomstestaat vir Mei 2016 nie.
E. Huurinkomste het op 1 Junie 2016 met 9% verhoog.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde 21 DBE/2016
SSE
F. Inligting (onder andere) uit die Geprojekteerde Inkomstestaat vir Mei 2016
tot Junie 2016:
MEI MEI JUNIE
BEGROOT WERKLIK BEGROOT
Verkope 180 000 195 000 198 000
Koste van verkope (112 500) (150 000) (b)
Bruto wins 67 500
Ander inkomste 19 200
Huurinkomste (d) 10 028
Kommissie-inkomste 12 500 8 000 13 000
Korting ontvang 1 800 1 980
Bruto bedryfsinkomste
Bedryfsuitgawes (45 650)
Salarisse (twee bestuurders) 18 000 18 000
Lone (skoonmaker) 1 800 1 800 (c)
Instandhouding 5 000 2 000 5 000
Motorvoertuiguitgawes 0 4 000 0
Administrasie-uitgawes 8 450 8 420 8 500
Telefoon, water en elektrisiteit 2 000 4 880 2 000
Versekering 1 800 1 800 1 800
Advertensies 2 400 9 600 2 400
Waardevermindering 6 200 9 000
Handelsvoorraadtekort 0 1 680
Bedryfswins (a)
Rente-inkomste 350 350 350
Wins voor rente-uitgawe 46 500
Rente-uitgawe (500) (500) (500)
Netto wins 46 000
40
TOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 KZN June 2016 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 KZN Prelim 2016 Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 NSC November 2016 Question Paper (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 NSC June 2015 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum