Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE
SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD12
ONDERWYSERGIDS
Skip to contentSBA exemplar /Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)








View all





Accounting TG AFR
Grade 12 Accounting SBA exemplar (Afrikaans), 76 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Teacher guide
Accounting · Grade 12 · Afrikaans. SBA exemplar, 76 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- SBA exemplar
- Publisher
- Teacher guide
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 76
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 76
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
ONDERWYSERGIDS
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – iii KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
INHOUD
1. Inleiding............................................................................................................................... 3
2. Die oogmerke en doelstellings van die projek..................................................................... 3
3. Assesseringstake soos deur die NKV en KABV omskryf.................................................... 5
4. Omvang van die projek....................................................................................................... 6
5. Die gehalteversekeringsproses........................................................................................... 6
6. Inhoud van hierdie boek...................................................................................................... 6
Taak A Eerste kwartaal – verslag: Maatskappye
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV)
Vraestel.......................................................................................................................... 7–9
Antwoordeboek. ............................................................................................................. 10–14
Taak B Eerste kwartaal – toets: Finansiële state van ‘n maatskappy
Hierdie taak sluit in aandele sonder pariwaarde en die terugkoop van aandele.
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel.......................................................................................................................... 15–18
Antwoordeboek. ............................................................................................................. 19–22
Taak C Tweede kwartaal – projek:
Gepubliseerde finansiële state van Famous Brands Bpk.
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel en antwoordeboek (gekombineer). .................................................................. 23–29
Bronnemateriaal............................................................................................................. 30–40
Taak D Derde kwartaal – gevallestudie: Kontantbegroting en debiteure
Hierdie taak is geskik vir graad 12-leerders vanaf 2014 (KABV).
Vraestel.......................................................................................................................... 41–45
Antwoordeboek. ............................................................................................................. 46–50
Nasienriglyne 51
Taak A.................................................................................................................................. 52–56
Taak B................................................................................................................................. 57–59
Taak C................................................................................................................................. 60–65
Taak D................................................................................................................................. 66–69
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 1 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
1. INLEIDING
Assessering is ‘n deurlopende, beplande proses van identifisering, insameling en interpretasie van inligting met
betrekking tot leerders se prestasie deur gebruik te maak van verskillende vorme van assessering. Dit behels
vier stappe: generering en insameling van bewyse van prestasie; evaluering van hierdie bewyse; aanteken van
die bevindings en die gebruik van hierdie inligting om die ontwikkeling van die leerders te verstaan en daardeur
die onderrig-leer-proses te bevorder. Assessering behoort beide informeel (assessering vir leer) en formeel
(assessering van leer) te wees. In beide gevalle moet gereelde terugvoer aan die leerders gegee word om die
leerervaring te versterk.
Skoolgebaseerde assessering (SGA) is ‘n doelgerigte versameling van leerders se werk wat blyke gee van die
leerder se pogings, vordering en prestasie op ‘n gegewe gebied. Die gehalte van die SGA-take staan integraal in
leerders se voorbereiding vir die eindeksamen. Hierdie boek dien as ‘n bron van vier voorbeeldtake vir SGA vir
skole en vakonderwysers van Rekeningkunde. SGA-punte word formeel deur jou, die onderwyser, aangeteken vir
die doeleindes van vordering en sertifisering. Die SGA-komponent is verpligtend vir alle leerders. Leerders wat nie
aan die vereistes voldoen wat in ooreenstemming met die beleid gespesifiseer is nie, mag moontlik nie kwalifiseer
om vir die eindeksamen in die vak in te skryf nie.
Die formele assesseringstake voorsien jou van ‘n sistematiese wyse van evaluering oor leerders se vordering. Die
boek bevat toetse, ‘n projek en ‘n gevallestudie. Formele assesseringstake vorm deel van ‘n jaar lange formele
assesseringsprogram. Hierdie take moet met die nodige erns bejeën word, en leerders moet aangemoedig word
om hulle heel beste pogings vir finale assessering in te dien.
Daar word van onderwysers verwag om seker te maak dat die assesseringstake toepaslik is en geskik is vir die
leerders wat onderrig word. Onderwysers moet die take aanpas om by die leerders se begripsvlak te pas. Take
moet ook binne ‘n konteks gestel word. Die vereistes soos in die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaringdo
kument (KABV) uitgeengesit is, moet egter altyd in ag geneem word.
Hierdie dokument bevat vier take wat aan die vereistes van die graad 12 Rekeningkunde-kurrikulum voldoen.
Daar word verwag dat hierdie take as ‘n waardevolle hulpbron sal dien vir:
• Rekeningkunde-onderwysers, deurdat dit voorbeelde verskaf van die tipes en standaard van skoolgebaseerde
take wat vir hulle leerders geskik sal wees
• Graad 12 Rekeningkunde-leerders, deurdat dit materiaal verskaf wat hulle sal help in hulle voorbereiding vir
die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamens
2. DIE OOGMERKE EN DOELSTELLINGS VAN DIE PROJEK
• Skoolgebaseerde assessering bied ‘n meer gebalanseerde en betroubare assesseringstelsel, met ‘n
toename in die omvang en verskeidenheid van assesseringstake.
• Die voorbeeldtake is daarop gerig om die diepte van die kurrikuluminhoud te reflekteer wat toepaslik is vir
graad 12.
• Dit reflekteer die verlangde kognitiewe eise soos gestel in Bloom se hersiene taksonomie: onthou, verstaan,
toepas, ontleed, evalueer en skep.
• Skoolgebaseerde assessering verbeter die geldigheid van assessering deurdat aspekte ingesluit word wat
nie in ‘n formele eksamenopset geassesseer kan word nie.
• Dit verbeter die betroubaarheid van assessering aangesien beoordeling gebaseer word op talle waarnemings
van die leerder oor ‘n lang tydperk.
• Daar is ‘n gunstige uitwerking op onderrig en leer, nie slegs met betrekking tot die kritiese ontleding en
evaluering van Rekeningkunde-inligting en kreatiewe probleemoplossing nie, maar ook op die onderrig- en
assesseringspraktyke.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 3 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
• Dit bemagtig onderwysers om deel te word van die assesseringsproses en verhoog die samewerking en
deel van kundigheid binne en onder skole.
• Dit het ‘n professionele ontwikkelingsfunksie deurdat dit onderwysers se vaardighede in assesseringspraktyke
uitbou, wat dan weer na ander terreine van die kurrikulum oorgedra kan word.
Die take fokus op die inhoud van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKS) wat in 2013 gegeld het, en bevat
blootstelling aan sekere aspekte van die nuwe inhoud van die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
(KABV) wat vanaf 2014 geld.
Die onderskeidende kenmerke van SGA (en sy voordele as een betreklike klein komponent van ‘n samehangende
assesseringstelsel) het implikasies vir die ontwerp en implementering daarvan, in die besonder die aard van die
assesseringstake en die rol van die onderwyser se standaardiseringsprosedures. Hierdie implikasies word soos
volg saamgevat:
• Die assesseringsproses behoort aan die normale onderrigprogram gekoppel te word en ook ‘n
logiese uitvloeisel daarvan te wees. Onderrig, leer en assessering behoort aanvullende dele van die
opvoedingservaring as geheel te wees (dit wil sê, die SGA-komponent is nie ‘n afsonderlike eenmalige
aktiwiteit wat volgens ‘n rooster uitgevoer kan word en waarvoor voorberei kan word asof dit ‘n afsonderlike
deel van die kurrikulum is nie).
• Die assesseringsproses behoort ‘n ryker beeld te verskaf van waartoe leerders in staat is as dit wat deur
die eksterne eksamen verkry word, deur meer voorbeelde oor ‘n langer tydperk te doen en deur nader aan
toestande in die werklike lewe met minder stres te beweeg (d.w.s. die SGA-komponent is nie ‘n eenmalige
aktiwiteit wat onder pseudo-eksamentoestande deur onbekende assesseerders gedoen word nie).
• Die formatiewe/summatiewe onderskeid bestaan wel in SGA, maar is baie minder rigied en onbuigsaam
as in ‘n toetskultuur, d.w.s. leerders behoort konstruktiewe terugvoer te kry sowel as die geleentheid om
vrae oor spesifieke aspekte van hulle vordering te stel na elke beplande SGA-assesseringsaktiwiteit, wat
leerders se vaardighede in Rekeningkunde sal opskerp en hulle sal help om vir die eindeksamen voor te
berei (d.w.s. die SGA-komponent is slegs ‘n suiwer summatiewe assessering nie).
• Indien die SGA-proses effektief moet wees, moet dit hoogs gekontekstualiseer, dialogies van aard en
sensitief vir leerders se behoeftes wees, d.w.s. die SGA-komponent is nie en kan nie beskou word as
identies aan ‘n eksterne eksamen nie waarin toetse, take en taaktoestande volledig gestandaardiseer en
alle kontekstuele veranderlikes beheer word nie. Enige poging om dit te doen, sou beteken dat die rasionaal
vir SGA weerspreek word; dus moet skole en onderwysers ‘n sekere mate van vertroue en outonomie geniet
in die ontwerp, implementering en spesifieke tydsplasing van die assesseringstake.
• Onderwysers moet seker maak dat leerders die assesseringskriteria verstaan asook die relevansie daarvan
vir self- en portuurassessering. Onderwysers behoort ook eers hierdie kriteria vir informele assesserings-
en onderrigdoeleindes te gebruik voordat hulle enige formele assessering uitvoer sodat hulle vertroud kan
wees met die kriteria en die assesseringsproses.
Die projek verskaf voorbeeldtake wat daarop gerig is om:
• Die diepte van die Rekeningkunde-kurrikuluminhoud te reflekteer wat geskik is vir graad 12
• Die verlangde kognitiewe eise te reflekteer soos in Bloom se hersiene taksonomie vervat: onthou, verstaan,
toepas, ontleed, evalueer en skep
• Vrae en onderafdelings van vrae te bevat wat toepaslike vlakke van uitdaging bied: maklik, gemiddeld en
moeilik
• Te fokus op die inhoud van die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) wat in 2013 van krag is; en op
blootstelling aan sekere aspekte van die nuwe inhoud van die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidverklaring
(KABV) wat van 2014 af geld, naamlik aandele sonder pariwaarde en die terugkoop van aandele – verwys
na Taak B Weergawe (i).
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3. ASSESSERINGSTAKE SOOS DEUR DIE NKV EN KABV OMSKRYF
Die graad 12 finale punte word bereken uit die Nasionale Seniorsertifikaat- (NSS) eksamen wat leerders gaan
skryf (uit 300 punte) plus skoolgebaseerde assessering (uit 100 punte). Die kurrikulum spesifiseer die volgende
sewe formele take waaruit skoolgebaseerde assessering in Rekeningkunde bestaan:
TAKE VIR SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING: NKV en KABV
Kwartaal Besonderhede Punte Verwerk tot:
1 ste
kwartaal Verslag 50 punte 10 punte
Toets 100 punte 20 punte
2 kwartaal
de
Projek 50 punte 20 punte
Halfjaareksamen 300 punte 20 punte
3 kwartaal
de
Gevallestudie 50 punte 10 punte
Voorbereidende eksamen 300 punte 20 punte
100 punte
4. OMVANG VAN DIE PROJEK
Taak A Taak B Taak B Taak C Taak D
Weergawe (i) Weergawe (ii)
Tipe taak Skriftelike verslag Toets Toets Projek Gevallestudie
Voldoening aan NKV
NKV en KABV Slegs KABV Slegs NKV NKV en KABV NKV en KABV
of KABV
Inhoud gedek Deel (a): Verslag oor
‘n JSB-genoteerde Bateverkope, Bateverkope,
maatskappy Vertolking van Kontantbegroting
Inkomstestaat, Inkomstestaat, gepubliseerde en Debiteure-
Deel (b): Verslag finansiële state en ouderdomsont-
Balansstaat en Balansstaat en
van interne ouditeur ouditverslag leding
oor maatskappy se Notas Notas
interne beheer
Getoets in eksamens Deel (a): NEE
JA JA JA JA
Deel (b): JA
Vaardighede getoets Ontleding en
Begrip van teorie
soortgelyk aan Stel grootboek- Stel grootboek- Ontleding en vertolking van
van maatskappye en
vaardighede in rekeninge en rekeninge en vertolking van finansiële inligting;
interne beheer;
eksamen getoets finansiële state op finansiële state op finansiële inligting Kreatiewe
Probleemoplos-sing
probleemoplos-sing
Vaardighede
Hantering van
geassesseer Navorsing oor
hoeveelheid inligting
wat verskil van ‘n genoteerde – – –
in gepubliseerde
vaardighede in maatskappy
jaarverslae
eksamen geassesseer
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 5 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
5. DIE GEHALTEVERSEKERINGSPROSES (vakspesifiek)
Die doel van hierdie dokument is om beide onderwysers en leerders te voorsien van ‘n stel gestandaardiseerde
skoolgebaseerde assesseringstake (SGA-take). Dit bevat nuttige inligting en riglyne in die vorm van
voorbeeldvraestelle.
‘n Span kundiges bestaande uit onderwysers en vakadviseurs uit verskillende provinsies is deur die DBO
aangewys om die assesseringstake te ontwikkel en op te stel. Hierdie paneel kundiges het ‘n tydperk van vier
dae by die DBO deurgebring om die take te ontwikkel aan die hand van die riglyne en beleidsverklaring. Die
moderering en gehalteversekering van take is deur nasionale en provinsiale eksaminatore en moderatore
onderneem. Die assesseringstake is verder afgerond deur die nasionale interne moderatore om te verseker dat
dit in ooreenstemming met KABV-dokument is.
6. INHOUD VAN DIE GIDS
Die volgende word vir elke assesseringstaak ingesluit:
• Vraestel, antwoordeboek en nasienriglyne
• Bronnemateriaal vir die projek
• Instruksies en notas vir leerders en onderwysers word verskaf in die vraestelle, antwoordeboeke en
nasienriglyne oor hoe om die take te onderneem, vrae te beantwoord en die nasienriglyne te gebruik.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. vir KABV).
Hierdie taak bestaan uit twee dele. Jy mag die stof aanpas om die behoeftes van jou leerders in ag te neem. Jy kan
hulle byvoorbeeld vra om Deel A op hulle eie te doen en Deel B in die klas. Of jy kan die klas vra om slegs Deel
B as ‘n formele verslag te doen en Deel A as ‘n uitbreidingstaak in die klas te doen op ‘n weeklikse grondslag. As
jy verkies om die stof in enige opsig aan te pas, moet jy seker maak dat die taak 50 punte beloop ooreenkomstig
die KABV.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK A
EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
VERSLAG OOR MAATSKAPPYE
VRAESTEL
50 punte
HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE:
DEEL A Verslag oor ‘n publieke maatskappy op die JSB genoteer (26)
DEEL B Verslag van interne ouditeur oor prosedures en interne beheer in ‘n
(24)
publieke maatskappy
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 7 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
DEEL A Verslag oor ‘n publieke maatskappy op die JSB genoteer 26 punte
Vir hierdie taak moet jy die bladsy in die sakenuus van ‘n oggendkoerant gebruik wat die lys
bevat van die publieke maatskappye wat op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSB) handel
dryf. Jy sal hierdie bron elke week vir ‘n tydperk van 5 weke moet raadpleeg.
‘n Welgestelde tante het R200 000 van haar fondse vir beleggingsdoeleindes geoormerk. Sy
wil aandele koop in ‘n publieke maatskappy wat op die JSB genoteer is. Sy benodig jou advies.
Kies ‘n maatskappy op die aandelebladsy wat aan jou bekend is om die volgende verslag te
voltooi.
NOTA VIR DIE ONDERWYSER: Elke leerder moet ‘n ander maatskappy kies.
GEVRA:
Stel ‘n eenbladsy-verslag op oor die maatskappy wat jy gekies het.
VOORBEREIDING EN NAVORSING VIR JOU VERSLAG
§ Op die aanvangsdatum van hierdie taak, bereken die maksimum getal aandele van die
maatskappy wat jy gekies het, wat jou tante vir R200 000 kan koop. Maak seker dat sy aan-
dele in hoeveelhede van 100 koop, dit wil sê 100, 200, 300, ensovoorts. Bereken ook hoev-
eel kontant sy op hierdie datum sal oorhê nadat sy die aandele gekoop het. Sy sal hierdie
geld in 'n spaarrekening plaas (ignoreer rente).
§ Vir 'n tydperk van vyf weke, maak 'n aantekening van die aandeleprys op dieselfde dag van
elke week. Bereken die waarde van haar beleggingsportefeulje elke week, dit wil sê, die
waarde van die aandele en die kontant.
§ Verkry ook ander interessante inligting omtrent die maatskappy wat jy gekies het, bv.
produkte wat hulle verkoop of dienste wat hulle lewer, gemeenskapsdiens of borgskappe
deur die maatskappy, die grootte van die maatskappy, waar dit geleë is, besonderhede oor
die direkteure of die hoof uitvoerende beampte (HUB), die bedrag wat die HUB verdien, of
enige ander nuus omtrent die maatskappy of sy geskiedenis.
DIE VERSLAG MOET DIE VOLGENDE INSLUIT:
§ Trek 'n tabel en teken 'n grafiek van die maatskappy se aandeleprys.
§ Trek 'n tabel en teken 'n grafiek van die waarde van jou tante se beleggingsportefeulje met
betrekking tot die belegging in die aandele en die kontant wat sy voorhande het. Laat die
rente wat sy op haar spaarrekening verdien, buite rekening.
§ Verdere interessante inligting omtrent die maatskappy.
§ Aanbeveling rakende verdere belegging in hierdie maatskappy, met redes. (Moet jou tante
dit oorweeg om nog aandele in hierdie maatskappy te koop of moet sy liewer aan 'n ander
belegging dink?)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak A
DEEL B Verslag van die interne ouditeur oor ‘n publieke maatskappy 24 punte
Jy is aangestel as die interne ouditeur van Exotic Clothing Bpk., ‘n nuwe publieke maats-
kappy wat binnekort gestig gaan word. Alle voorraad sal op krediet aangekoop word. Hulle
sal goedere kontant verkoop en sal klante toelaat om op krediet te koop. Daar word verwag
dat daar ongeveer 1 000 aandeelhouers gaan wees. Die hoof uitvoerende beampte (HUB)
het jou gevra om ‘n verslag op te stel oor bepaalde prosedures wat in die maatskappy
gevolg behoort te word.
Die maatskappy het tans vier werknemers in die Rekeninge-afdeling. Die HUB dink daaraan
om Tom aan te stel om die vaste bates te bestuur, Maisy om die handelsvoorraad te beheer,
Bheki vir debiteure-kontrole (bedrae ontvangbaar) en Shamila om kontantvoorraad te be-
heer.
Jou verslag moet die volgende insluit:
1. Prosedure om die maatskappy te stig
2. Die rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, tesame met die redes waar-
om dit nodig is
3. Die prosedures wat in werking gestel moet word om te verseker dat goeie interne be-
heer oor die volgende uitgeoefen word:
• Vaste bates
• Handelsvoorraad
• Rekeninge ontvangbaar (debiteure)
• Kontant ingevorder
TOTAAL
50 punte
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 9 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK A
EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK:
VERSLAG OOR MAATSKAPPYE
ANTWOORDEBOEK
HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE:
DEEL A Verslag oor ‘n publieke maatskappy op die JSB genoteer
DEEL B Verslag van interne ouditeur oor prosedures en interne beheer in ‘n publieke
maatskappy
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
MAKSIMUM
BEHAAL
Deel A 26
Deel B 24
TOTAAL 50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
DEEL A: VERSLAG OOR DIE BELEGGINGSPORTEFEULJE VAN ________________
(tante se naam)
1. Naam van maatskappy:
Kategorie op die aandelebladsy
Begindatum van die belegging in aandele
Aandeleprys op hierdie datum
Getal aandele gekoop (in hoeveelhede van 100)
Totale waarde van aandele gekoop
Kontant voorhande
Totale waarde van beleggingsportefeulje R200 000
4
2. Aandele-prys Getal Totale waarde Kontant Totale waarde
aandele van aandele voorhande van belegging
gekoop
Week 1
Week 2
Week 3
Week 4
Week 5 5
3. Grafiek van aandeleprys e week:
4
4. Grafiek van waarde van beleggingsportefeulje elke week:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 11 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
5. Verdere inligting oor die maatskappy:
5
6. Aanbeveling oor verdere belegging in hierdie maatskappy, met redes:
4
26
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
DEEL B
Verslag deur interne ouditeur oor prosedures wat deur Exotic Clothing Bpk. geïmplementeer moet word.
1. Prosedure om die maatskappy te stig:
4
2. Rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, met redes:
4
3. Prosedure vir interne beheer oor vaste bates:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 13 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak A
4. Prosedure vir interne beheer oor handelsvoorraad:
4
5. Prosedure vir interne beheer oor rekeninge ontvangbaar (debiteure):
4
6. Prosedure vir interne beheer oor kontant ingevorder:
4
24
Geteken: _____________________ (Interne ouditeur) Datum: ______________
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
BELANGRIKE NOTA VIR ONDERWYSERS: Die toets sluit inskrywings in wat betrekking het op die nuwe KABV-
kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer word, oor aandele sonder pariwaarde en die terugkoop van aandele. Die
toets is aangepas uit ‘n vorige graad 12-vraestel (VRAAG 4 in die NSS-rugsteunvraestel van 2009).
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK B
EERSTE KWARTAAL TOETS
DIE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY
VRAESTEL
100 punte; 60 minute
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 15 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B(i)
FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY (100 punte; 60 minute)
Jy word voorsien van bedrare uit die Vooraansuiweringsproefbalans van Simphiwe Beperk. Die maatskappy
koop en verkoop uniforms en herstel ook uniforms vir hulle klante, waarvoor hulle ‘n fooi vra. Hierdie bedrae
word in die Fooie-inkomsterekening in die Algemene Grootboek gekrediteer.
Aan die einde van die vorige finansiële jaar, 30 September 2011, het die maatskappy reeds 400 000 gewone
aandele uitgereik. Hierdie aandele is almal op verskillende tye en teen verskillende uitgiftepryse uitgereik. Baie
van die bestaande aandeelhouers het ook aandele op die JSB gekoop teen pryse wat met die verkopers van
hierdie aandele onderhandel is. Die maatskappy het op 1 Maart 2013 ook 100 000 nuwe aandele uitgereik.
GEVRA
1. Verwys na Inligting 10 hieronder.
Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar. Toon jou bewerkings. Jy kan ‘n
Bateverkoperekening opstel om die bedrag te verkry. (8)
2. Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 September 2012. (64)
3. Die volgende notas tot die finansiële state:
3.1 Gewone aandelekapitaal (13)
3.2 Behoue inkomste (15)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
INLIGTING
SIMPHIWE BPK
VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 30 SEPTEMBER 2012
DEBIET KREDIET
Balansstaatrekeninge-afdeling R R
Gewone aandelekapitaal (500 000 aandele) 4 410 000
Behoue inkomste (1 Oktober 2011) 812 650
Lening by Stay Bank 270 000
Grond en geboue teen kosprys 4 884 000
Voertuie teen kosprys 660 000
Toerusting teen kosprys 570 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 123 000
(1 Oktober 2011)
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 111 000
(1 Oktober 2011)
Debiteurekontrole 109 800
Krediteurekontrole 53 880
Handelsvoorraad 1 398 600
Bank 940 500
Kleinkas 6 600
SAID – Inkomstebelasting 390 500
Voorsiening vir oninbare skuld 4 320
Nominale-rekeninge-afdeling R R
Verkope 8 160 000
Koste van verkope 3 930 000
Debiteure-afslag 18 600
Salarisse en lone 486 000
Korting toegestaan 2 710
Fooi-inkomste 314 250
Huurinkomste 168 000
Versekering 33 000
Diverse uitgawes 117 750
Direkteursfooie 870 000
Ouditfooi 161 100
Verbruikersgoedere 75 600
Rente-inkomste 7 500
Dividende op gewone aandele (tussentyds) 264 000
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 17 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
AANSUIWERINGS EN BYKOMENDE INLIGTING
1. Voorafbetaalde uitgawes ten opsigte van diverse uitgawes teen jaareinde, R9 600, is nog nie in berek-
ening gebring nie.
2. Op 30 September 2012, is R1 700 ontvang van A Ethic, wie se rekening voorheen as oninbaar afgeskryf
is. Die bedrag is in die Debiteurekontrolekolom in die Kontantjoernaal ingeskryf.
3. Voorsiening vir oninbare skuld moet tot R5 410 aangepas word.
4. Aan die begin van die rekeningkundige tydperk was daar twee direkteure. Die direkteursfooie vir die
eerste helfte van die rekeningkundige tydperk is reeds betaal. Op 1 April 2012 is ‘n derde direkteur aang-
estel. Al drie direkteure verdien dieselfde bedrag per maand. Maak voorsiening vir die uitstaande fooie
wat aan die direkteure verskuldig is.
5. Huur is ontvang vir 14 maande.
6. Die volgende kredietnota is per abuis uitgelaat uit die Debiteure-afslagjoernaal vir September. Die prys-
opslag op goedere verkoop was 50% op kosprys.
SIMPHIWE BPK KREDIETNOTA 4533
28 Sep. 2012
Krediet: Supaclean Bpk.
Posbus 340, Westmead, 3610 Eenheidsprys Totaal
48 Uniforms teruggestuur R600 R28 800
Vermindering in fooi gehef vir die
R 2 250
herstel van uniforms
R31 050
7. Die leningstaat van Stay Bank het die volgende getoon:
Saldo aan die begin van die finansiële jaar R450 000
Terugbetalings gedurende die jaar R234 000
Rente gekapitaliseer R ?
Saldo aan die einde van die finansiële jaar R270 000
8. ‘n Fisiese voorraadopname op 30 September 2012 het die volgende getoon:
• Verbruikersgoedere voorhande, R3 600
• Voorraad uniforms voorhande, R1 440 000
9. Die waardeverminderingskoers op voertuie is 20% p.j. volgens die verminderende-saldo-metode. ‘n
Nuwe voertuig is op 1 Mei 2012 vir R165 000 gekoop. Die transaksie is na behore geboekstaaf.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak B
10. Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op kosprys. Let daarop dat ‘n item
toerusting op 30 Junie 2012 deur een van die direkteure, Ivor Steele, vir eie gebruik teen R2 400 kontant
oorgeneem is. Die betrokke bladsy in die Vastebateregister word hieronder getoon. Geen inskrywings is
gemaak ten opsigte van die verkoop van hierdie bate nie.
VASTEBATEREGISTER Bladsy 12
Item: VYE rekenaar Grootboekrekening: Toerusting
Datum aangekoop: 1 April 2006 Kosprys: R66 000
Waardeverminderingsbeleid: 10% p.j. op kosprys
Datum Berekening van Huidige Opgehoopte
waardevermindering waardevermindering waardevermindering
30 Sep. 2009 R66 000 x 10% x 6/12 R3 300 R3 300
30 Sep. 2010 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R9 900
30 Sep. 2011 R66 000 x 10% x 12/12 R6 600 R16 500
30 Junie 2012 ? R? R?
11. Inkomstebelasting word gehef teen 30% van die netto inkomste voor belasting.
12. Besonderhede van gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal:
• Gemagtig: 600 000 gewone aandele sonder pariwaarde
• Uitgereik tot op 30 September 2011: 400 000 gewone aandele
• Nuwe uitgifte op 1 April 2012: 100 000 aandele teen ‘n uitgifteprys van R9,50 elk. Hierdie aandele
het nie vir tussentydse dividende in aanmerking gekom nie.
13. Dividende:
• Tussentydse dividend betaal op 31 Maart 2012, 66 sent per aandeel
• Finale dividend verklaar op 30 September 2012, 82 sent per aandeel
14. Terugkoop van aandele: Die direkteure het goedkeuring verleen vir die terugkoop van 70 000 aandele
van verskillende aandeelhouers teen ‘n terugkoopprys van R11,20 per aandeel. ‘n Regstreekse oordrag
van fondse is op 30 September 2012 uit die bankrekening aan die aandeelhouers gemaak, maar is nog
nie opgeteken nie. Die teruggekoopte aandele kwalifiseer vir finale dividende gedurende die huidige
finansiële tydperk.
100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 19 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK B
EERSTE KWARTAAL TOETS
DIE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY
ANTWOORDEBOEK
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
MAKSIMUM
BEHAAL
Deel 1 8
Deel 2 64
Deel 3.1 13
Deel 3.2 15
TOTAAL 100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 20 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
1. Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar.
BEWERKINGS:
ANTWOORD:
8
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 21 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
2. SIMPHIWE BPK
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER 2012
Ander bedryfsinkomste
Bedryfsuitgawes
Wins voor rente-uitgawe
Wins voor belasting
64
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 22 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak B
3. NOTAS TOT DIE FINANSIËLE STATE
GEWONE AANDELEKAPITAAL
3.1 Gemagtig:
Uitgereik:
13
3.2 BEHOUE INKOMSTE
Saldo aan die begin van die jaar
Plus:
Minus:
Minus:
Saldo aan die einde van die jaar
15
100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 23 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. op KABV). Jy
mag die stof aanpas om meer as 50 punte te beloop, maar jy moet seker maak dat die finale punt tot ‘n punt uit 50
verwerk word soos deur KABV vereis. Leerders mag toegelaat word om handboeke te gebruik.
VERWYS OOK NA DIE BRONNEMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK
(BLADSY 30–40)
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK C
TWEEDE KWARTAAL PROJEK
GEPUBLISEERDE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY
VRAESTEL EN ANTWOORDEBOEK
(GEKOMBINEER)
50 punte; 90 minute
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE BE-
HAAL
50
FAMOUS BRANDS BEPERK
GEVRA
Bestudeer die inligting wat verskaf word. Beantwoord die vrae wat volg. Aangesien hierdie taak bedoel is om ‘n
projek te wees, mag jy jou handboek as ‘n bron gebruik.
Die volgende finansiële aanwysers vir die 2011 finansiële jaar word ook verskaf:
Bedryfsverhouding = 1,4 : 1 Vuurproefverhouding = 1,1 : 1 Dividende uitbetalingskoers = 64%
Skuld-ekwiteit-verhouding = Netto batewaarde per aandeel = % opbrengs op aandeelhouersbelang =
0,2 : 1 R7,44 33,9%
VPA = 242 sent DPA = 155 sent
(verdienste per aandeel) (dividend per aandeel)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 24 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
Algemene inligting
1.
1.1 Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die ikone van die bekende han-
delsmerke waaruit Famous Brands Bpk. bestaan. Noem VIER van hierdie handels-
merke en beskryf die produk of diens waarin elke handelsmerk spesialiseer.
Handels-merk Beskrywing van spesialiteits-produk of -diens
1.
2.
3.
4. 2
1.2 Skryf die name neer van die persone wat die volgende posisies beklee: Voorsitter
van die direksie; Hoof uitvoerende beampte (HUB); Groeps- finansiële direkteur en
Maatskappysekretaris. Verduidelik kortliks die werk wat elkeen verrig.
Posisie Naam Werk
Voorsitter
HUB
Groeps- finansiële direkteur
Maatskappysekretaris
3
1.3 Wie is die onafhanklike ouditeure van Famous Brands Beperk en hoeveel is hulle
vir hulle diens betaal? Hulle verslag is nie in hierdie opsomming vervat nie, maar
dit word in Nota 3 genoem. Verduidelik kortliks wat hierdie ouditverslag sou bevat.
Onafhanklike ouditeure
Ouditfooi betaal
Besonderhede van
ouditverslag 3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 25 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
1.4 Hoeveel direkteure het die maatskappy, hoeveel is uitvoerende direkteure en
hoeveel is nie-uitvoerende direkteure? Verduidelik kortliks die verskil in die
rolle van hierdie twee tipes direkteure.
Totaal =
Aantal direkteure Uitvoerend =
Nie-uitvoerend =
Verskil in rolle 3
2. Waarom het die direkteure besluit om die grafieke van die verdienste per aandeel en
totale inkomste boaan die bladsy te plaas? Verduidelik kortliks wat hierdie grafieke
toon omtrent die maatskappy vir die afgelope vyf jaar.
2
3. Verwys na die direkteure se kommentaar, in die besonder die Oorsig en die Finansiële
resultate. Wat sê die direkteure oor die veranderende gewoontes van hulle klante, en
hoe het die direkteure op hierdie veranderings gereageer?
Verduidelik kortliks die belangrikste uitdagings waarvoor die maatskappy in die
afgelope finansiële jaar te staan gekom het.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 26 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
Die Bedryfsoorsig noem dat die maatskappy op die volgende drie gebiede bedrywig
was: Franchises, Vervaardiging en Logistiek. Verduidelik wat met elk van hierdie akti-
witeite bedoel word, met spesifieke verwysing na die werk wat die maatskappy doen.
Franchises
Vervaardiging
Logistiek
Die maatskappy is nie net in Suid-Afrika bedrywig nie. Verskaf bewys uit die inligting
om hierdie stelling te bewys.
6
4. Vind die volgende syfers in die finansiële state. Noem ook waar jy elke bedrag gekry
het, d.w.s. in die Inkomstestaat (IS), Balansstaat (BS) of Kontantvloeistaat (KVS):
Waar gevind Bedrag
IS, BS of KVS in rand
Bruto wins
Bedryfswins
Netto wins voor belasting
Belastinguitgawe
Belasting betaal
Bedrag aan SAID verskuldig teen jaareinde
Dividende betaal
Uitbreiding van vaste bates
Vervanging van vaste bates
Vaste bates teen jaareinde
Terugbetaling van lenings
Lopende gedeelte van lenings
Langtermyngedeelte van lenings
Voorraad voorhande
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 27 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
5. Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die uitgeligte aanwysers. Verskaf die bew-
erkings vir die volgende berekenings:
% styging in inkomste
% styging in bedryfswins
% styging in kernverdienste per aandeel (gebruik basiese KVPA)
% styging in dividende per aandeel
4
Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2012. Verwys na die einde van die Inkom-
stestaat vir die getal aandele.
6.
Bewerkings Antwoord
Bedryfsverhouding
Vuurproefverhouding
Kernverdienste per aandeel
(gebruik geweegde gemiddelde
getal aandele)
% opbrengs op gemiddelde
ekwiteit
Netto batewaarde per aandeel
(gebruik getal uitgereikte aandele)
Skuld-ekwiteit-verhouding
% opbrengs op gemiddelde kapita-
al aangewend 4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 28 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
7. Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal TWEE finansiële
aanwysers aan om jou mening te staaf.
3
8. Lewer kommentaar daaroor of die maatskappy geneig is om sy winste te behou of uit
te keer. Verskaf bewys om jou mening te staaf. Verduidelik kortliks hoe dit die aande-
leprys op die JSB kan beïnvloed.
3
9. Lewer kommentaar op die hefboomfinansiering van die maatskappy. Behoort die
maatskappy lenings terug te betaal of nog lenings uit te neem? Verskaf bewys om jou
mening te staaf.
3
10. In Februarie 2012 was die aandeleprys van die maatskappy op die JSB R53,00. Die prys
het in Februarie 2013 tot R79,00 gestyg. Lewer kommentaar daaroor of jy dink dat die
maatskappy se aandele billik gewaardeer word of nie. Verskaf bewys om jou mening
te staaf.
3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 29 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel en Antwoordeboek Taak C
11. Behoort die aandeelhouers tevrede te wees met die persentasie opbrengs, verdienste
en dividende vir die 2012 finansiële jaar? Verduidelik. Verskaf bewyse om jou mening te
staaf.
4
12. Wat sê die direksie oor die vooruitsigte vir die toekoms? Sou dit jou beïnvloed om aandele
in Famous Brands Beperk te koop?
3
TOTAAL: 50 punte
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 30 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRONNEMATERIAAL VIR TAAK C
TWEEDE KWARTAAL PROJEK
Verwys na die ingeslote uittreksel uit die gepubliseerde jaarverslag van
FAMOUS BRANDS BEPERK.
Volgende 10 bladsye
(Bl. 31–40)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 31 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Inkomste 15% hoër tot Dividende per aandeel
2 156 miljoen 29% hoër tot 200 sent
Bedryfswins 15% hoër Kontant gegenereer voor
tot 413 miljoen veranderings in bedryfskapitaal
15% hoër tot 452 miljoen
Wesensverdienste per aandeel
15% hoër tot 278 sent
Netto skuldlas tot ekwiteit
verbeter tot 10%
Direkteure en administrasie:
Nie-uitvoerend:
P Halamandaris (Voorsitter), JL Halamandres, P Halamandaris (jr.), HR Levin, CH Boulle, BL Sibiya
Uitvoerende bestuur
KA Hedderwick (Hoof uitvoerende beampte), T Halamandaris (Uitvoerende adjunkvoorsitter), SJ Aldridge
(Groep- finansiële direkteur)
Geregistreerde kantoor:
James-singel 478, Halfway House 1685, Posbus 2884, Halfway House 1685
E-pos:
investorrelations@famousbrands.co.za
Oordragsekretarisse:
Link Market Services (Edms) Bpk. (Registrasienommer 1000/007239/07),
Rennie Huis, Ameshoffstraat 19, Braamfontein 2001, Posbus 4844, Johannesburg 2000
Onderskrywer
Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk
(Registrasienommer 1969/017128/06), Simmonds-straat 3, Johannesburg 2001
Verklaring van gewone dividend
Kennis word hiermee gegee dat ‘n finale dividend No. 35 van 120 sent (2011: 85 sent) per gewone aandeel
betaalbaar uit inkomste verklaar is ten opsigte van die 2012 finansiële jaar. Dit sal die totale kontantdividende vir
die 2012 finansiële jaar op 200 sent per aandeel te staan bring, ‘n styging van 29% in vergelyking met die totale
dividende van 155 sent in 2011.
Die hoofdatums vir die betaling van die finale dividend is soos volg:
Laaste dag om te verhandel cum-dividend Vrydag 6 Julie 2012
Aandele begin verhandel ex-dividend Maandag 9 Julie 2012
Rekorddatum Vrydag 13 Julie 2012
Betaaldatum Maandag 16 Julie 2012
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 32 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Aandelesertifikate mag nie tussen Maandag 9 Julie 2012 en Vrydag 13 Julie 2012, beide datums ingesluit,
gedematerialiseer of gerematerialiseer word nie.
Kragtens die nuwe Dividendebelasting wat op 1 April 2012 in werking getree het, word die volgende bykomende
inligting bekend gemaak:
• Die plaaslike dividendbelastingkoers is 15% voor benutting van Bykomende Belasting op Maatskappye
(BBM) krediete.
• BBM-krediete beskikbaar beloop 1,13543 sent per aandeel.
• Daar is geen verdere BBM-krediete om oor te bring nie. Die netto plaaslike dividendbedrag is 102,17031 sent
per aandeel vir aandeelhouers wat aanspreeklik is om die nuwe Dividendebelasting te betaal en 120 sent
per aandeel vir aandeelhouers wat vrygestel is van die betaling van die nuwe Dividendebelasting soos op die
datum van verklaring.
• Die uitgereikte aandelekapitaal van Famous Brands soos op die datum van verklaring is 96 192 435 gewone
aandele; en
• Famous Brands se belastingverwysingsnommer is 9208085846.
Vir en namens die Direksie
JG Pyle
Maatskappysekretaris
Midrand
18 Mei 2012
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 33 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Jy’s in goeie geselskap
Wesensverdienste per
Geouditeerde resultate vir die jaar geëindig 29 Februarie 2012 aandeel (sent)
Inkomste (R miljoen)
Kommentaar
Oorsig
Nieteenstaande sprake van vroeë tekens van ekonomiese herstel in die land, was die verslagjaar steeds vol
uitdagings vir kleinhandelaars. ‘n Pessimistiese verbruikersentiment het geheers in ‘n omgewing gekenmerk deur
hoë vlakke van werkloosheid en skuldlaste, beperkte werklike loonverhogings en verbruikersbesteding wat onder
druk verkeer as gevolg van stygende krag- en brandstofkoste en wydverspreide voedselinflasie.
In hierdie breë ekonomiese konteks het die voedseldienssektor ‘n reeks waarneembare nuwe tendense beleef. Die
sigbaarste hiervan was ongeëwenaarde fragmentering, wat deur aggressiewe prysbesnoeiing en reklame-aktiwiteite
gereflekteer is; afwyking deur gevestigde handelsmerke van die tradisionele kernspyskaartaanbiedings; toetrede
tot onverwante kategorieë; en die herontwerp van porsiegroottes. Bykomende druk is uitgeoefen deur tradisionele
kleinhandelaars se pogings om ‘n markaandeel van konvensionele geriefsgesentreerde voedseldiensoperateurs
te verkry. Dit is beduidend dat, hoewel die getal verbruikers oor die voedseldienstekategorie toegeneem het, die
frekwensie van besoeke met 10% afgeneem het tot die laagste vlak in twaalf jaar, en in lyn met 2005.
Ondanks hierdie moeilike toestande, het Famous Brands verdienstelike resultate vir die jaar geëindig 29 Februarie
2012 gelewer. Dit is vermag deur verskerpte fokus en verbetering ten opsigte van die voor- en agterkant van die
onderneming.
Finansiële resultate
Na ‘n fase van intense groei deur middel van verkryging gedurende die afgelope twee jaar, het die Groep onderneem
om op die konsolidering en integrering van sy nuwe ondernemings te fokus, ‘n program wat nou afgesluit is en
gereflekteer word in die verbetering in inkomste en winsgewendheid van die Franchise- en Verskaffingsketting-
afdelings.
Die Groepsinkomste en bedryfswins het met 15% tot R2,16 miljard (2011: R1,88 miljard) en R413 miljoen (2011:
R358 miljoen) onderskeidelik gestyg. Die bedryfsmarge het bestendig gebly teen die rekordvlak van 19,1% verkry
in die vorige vergelykbare tydperk.
Die netto rente betaal het met 29% tot R11 miljoen (2011: 15 miljoen) gedaal vanweë verminderde netto skuldlas
wat spruit uit volgehoue sterk kontantvloei en die heersende laerentekoersomgewing.
Die Groep se belastingkoers het in die verslagjaar tot 33,3% (2011: 32,8%) toegeneem hoofsaaklik vanweë
die impak van die verhoogde kapitaalwinsbelastingkoers op uitgestelde belastingsaldo’s. Dit is beduidend
geneutraliseer deur belastingaanpassings die vorige jaar.
Wesensverdienste per aandeel en verdienste per aandeel het beide met 15% toegeneem tot 278 sent per aandeel.
Kontant uit bedrywighede gegenereer voor veranderings in die bedryfskapitaal het met 15% tot R452 miljoen (2011:
R392 miljoen) toegeneem. Ná veranderings in die bedryfskapitaal, het die kontant uit bedrywighede gegenereer
‘n gesonde R399 miljoen (2011: R397 miljoen) bedra. Belastingbetalings van R132 miljoen was 6% hoër as die
vorige jaar. Kapitaalbesteding van R88 miljoen is aangegaan en het hoofsaaklik bestaan uit R32 miljoen vir die
verkryging van die Milky Lane en Juicy Lucy handelsmerke op 1 Maart 2011 sowel as aktiwiteite betreffende die
Verskaffingskettinguitbreiding. Dit sluit in R18 miljoen vir die hoenderfiletaanleg in die Vervaardigingsafdeling en
R6 miljoen vir ‘n nuwe Logistiek-depot in Nelspruit, wat in April 2012 met aflewerings begin het.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 34 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Na betaling van R159 miljoen (2011: R128 miljoen) in dividende, was die kontantvloei voldoende om die netto
skuldlas met R19 miljoen (2011: R58 miljoen) af te betaal. Die lae vlak van skuldlas, netto kontant en banksaldo’s,
van R82 miljoen (2011: R101 miljoen) verteenwoordig ‘n skrale 10% van ekwiteit (2011: 14%), wat ruim geleentheid
bied om die onderneming organies of deur middel van verkryging te laat groei.
Bedryfsoorsig
FRANCHISE-AFDELING – PLAASLIK
Die plaaslike Franchise-afdeling, wat bestaan uit bedrywighede in Suid-Afrika en 15 Afrika-lande, het ‘n
bevredigende prestasie behaal in ‘n uiters mededingende omgewing. In Suid-Afrika het sisteemwye verkope
regoor die handelsmerkportefeulje met 8% toegeneem, terwyl soort-vir-soort- verkope met 5% gestyg het; die
Groep se Afrikamark se verbeterde sisteemwye en soort-vir-soort- verkope het met 21% en 7% onderskeidelik
toegeneem. Die gekombineerde inkomste vir die Suid-Afrikaanse en Afrika-bedrywighede het met 14% tot R440
miljoen toegeneem (2011: 386 miljoen), terwyl die bedryfswins in hierdie afdeling met 13% tot R265 miljoen gestyg
het (2011: 235 miljoen). Die bedryfswinsmarge was 60,2%, effens laer vergeleke met 60,9% die vorige jaar, in
wese ‘n funksie van die investering in nuut bekomde en ontwikkelende handelsname voor invordering van die
winsaandeel.
Die Groep het sy 2 000-mylpaal van restaurante verbygesteek met die opening van ‘n totaal van 146 nuwe
restaurante gedurende die jaar (2011:111), waarvan 113 in Suid-Afrika en die orige 33 in Afrika; laasgenoemde
prestasie is ‘n weerspieëling van Famous Brands se sukses in sy pogings om vastrapplek in die streek te kry.
Verder is 99 restaurante opgeknap (2011:81), waarvan 92 in Suid-Afrika en die res in Afrika.
Die Groep se handelsmerke het weereens erkenning deur lojale klante gekry via die jaarlikse verbruikersopname,
Leisure Options, en al die toekennings verower regoor al die belangrike kategorieë waarin die Groep se
handelsmerke meegeding het.
FRANCHISE-AFDELING – INTERNASIONAAL
Die resultate wat deur die Internasionale Franchise-afdeling gelewer is, bestaande uit Wimpy Verenigde Koninkryk,
is ‘n weerspieëling van die baie moeilike handelstoestande wat in hierdie land ondervind word. Inkomste in Sterling
het met 19% afgeneem, en in Rand-terme met 13% tot R82 miljoen (2011: R95 miljoen). Die Bedryfswins het met
30% afgeneem tot R8 miljoen (2011: R11 miljoen). Hierdie afdeling lewer ‘n nominale bydrae tot die Groepsinkomste
en bedryfswins, naamlik 3,8% en 1,8% onderskeidelik.
VERSKAFFINGSKETTING
Die Verskaffingsketting-afdeling, bestaande uit die Groep se Vervaardigings- en Logistieke bedrywighede, het
weereens bevredigend presteer. Die gekonsolideerde inkomste het met 17% toegeneem terwyl die bedryfswins
met 21% gestyg het. Verhoogde volumes en streng kostebestuur het verseker dat die bedryfsmarge van 8,4% tot
8,7% verbeter het ondanks die Groep se doelbewuste strategie in die eerste helfte van die jaar om die marge-druk
te absorbeer wat deur die buitensporige styging in beesvleispryse veroorsaak is.
Vervaardiging
Hierdie afdeling het die inkomste met 13% tot R747 miljoen (2011: 664 miljoen) verhoog. Die bedryfswins het met
13% tot R88 miljoen gestyg (2011: R78 miljoen), met ‘n gevolglike marge van 11,7% (2011: 11,7%).
Die volgende projekte is gedurende die tydperk voltooi en het tot die sterk vertoning van hierdie eenheid van die
onderneming bygedra:
– Volle ingebruikneming van ‘n hoenderfiletaanleg wat met ingang November 2011 begin het om die produk aan
die franchise-netwerk te verskaf;
– Opneem van die sagte-roomyskomponent vir Milky Lane.
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 35 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Logistiek
Hierdie afdeling het ‘n 20% styging in inkomste tot R1,52 miljard (2011: R1,26 miljard) behaal. Die bedryfswins
het met 37% gestyg tot R53 miljoen (2011: R38 miljoen), met ‘n gevolglike rekordmarge van 3,5% (2011: 3,1%).
Hierdie skitterende resultaat spruit uit die behaal van kritieke massa in lynitems gehanteer, wat met 43% gedurende
die tydperk toegeneem het, en verbeterings in produktiwiteit in die Eienaargedrewe program.
Korporatiewe optrede
Die Groep het sy Teater van Voedsels-portefeulje uitgebrei met die skep van ‘n nuwe onderneming, Creative
Coffee Franchise Systems (Edms) Bpk. (Creative Coffees). Met ingang van 1 Mei 2011, is die handelsmerke en
franchise-ooreenkomste van die House of Coffees en Juicy Lucy handelsmerke na Creative Coffees verskuif en
saamgesmelt met die onderneming van Kairuz Holdings (Edms) Bpk., ‘n maatskappy wat daarin spesialiseer om
diens te lewer aan die kleinhandel- en voedselaanbiedings in die privaathospitaalbedryf. Famous Brands behou ‘n
61% beherende aandeel in die nuwe maatskappy.
Direksie
Aandeelhouers word in kennis gestel dat Christopher Hardy Boulle aangestel is as ‘n plaasvervanger nie-
uitvoerende direkteur vir Hymie Reuvin Levin, met ingang 1 Desember 2011. Hy sal ook optree as Voorsitter van
die sosiale en etiekkomitee en dien as lid van die ouditkomitee.
Dividend
Met betrekking tot die nuwe Dividendebelasting, word aandeelhouers in kennis gestel dat die finale dividend
tot 120 sent verhoog is (2011:85 sent) en gevolglik verseker dat aandeelhouers in ‘n verbeterde kontantposisie
is nieteenstaande die instelling van hierdie belasting. Die dividenddekking vir die finansiële jaar is tot 1,4 keer
verminder, wat as volhoubaar beskou word in ag genome Famous Brands se sterk vermoë om kontant te
genereer. In die oorweging van toekomstige dividendverklarings sal die direksie gelei word deur die Groep se
kontantvereistes in ooreenstemming met toekomstige kontantvloeivooruitskattings.
Vooruitsigte
Verbruikers se besteebare inkomste sal steeds onder druk bly as gevolg van eskalerende elektrisiteitstariewe,
brandstofkoste en algemene voedselinflasie. Die oorgrote meerderheid verbruikers wat agterstallig raak met
betalings is middelklasverdieners, die tradisionele teikenmark vir voedseldiensoperateurs. Om hulle oor te haal
om tot vorige bestedingsvlakke terug te keer, sal verskerpte innovering verg, veral indien rentekoerse styg en
ekonomiese onsekerheid voortduur.
Ondanks die negatiewe uitwerking wat hierdie faktore op die bedryf sal hê, posisioneer die Groep se
allesomvattende sakemodel, uitsonderlike personeel en beste-in-sy-klas ontspanningshandelsmerke Famous
Brands vir voortgesette groei.
In hierdie verband sal die Groep ‘n reeks inisiatiewe onderneem in die tydperk wat voorlê wat daarop gemik is om
verdere waarde vir aandeelhouers te ontsluit. Dit sal insluit die sentralisering van die Groep se verkrygingsfunksie,
wat Famous Brands in staat sal stel om ‘n selfs laer koste produsent te word; die uitbreiding van die Groep se
teenwoordigheid in marksegmente waar dit tans oor geen teenwoordigheid beskik nie, insluitend die identifisering
van nuwe vennootskappe vir gesamentlike ondernemings; en die voortgesette verkenning van geleenthede om
die sinergieë in werking te stel wat deur die Famous Brands-verskaffingsketting gebied word.
Namens die direksie
P Halamandaris KA Hedderwick
Nie-uitvoerende voorsitter Hoof uitvoerende beampte
NOTAS:
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 36 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1. Basis van voorbereiding
Hierdie verkorte finansiële jaarstate is voorberei ooreenkomstig Internasionale Finansiële Verslaggewingstandaarde
(IFRS), die AC 500 standaarde soos uitgereik deur die Raad vir Rekeningkundige Praktyke en sy opvolger, die
Suid-Afrikaanse Maatskappyewet No. 71 van 2008 en die Noteringsvereistes van die JSB Beperk. Hierdie verkorte
resultate is voorberei onder die toesig van mnr. SJ Aldridge GR(SA), in sy hoedanigheid as Groeps- Finansiële
Direkteur.
2. Rekeningkundige beleid
Die rekeningkundige beleid wat deur die Groep toegepas word, is in ooreenstemming met die beleid wat in die
vergelykende finansiële tydperke toegepas is, behalwe vir die aanvaarding van verbeterde, hersiene of nuwe
standaarde en vertolkings. Die gesamentlike uitwerking van hierdie veranderinge ten opsigte van die jaar geëindig
28 Februarie 2011 is nul.
3. Ouditeure
Hierdie finansiële state is deur RSM Betty en Dickson (Johannesburg) geouditeer en hulle ongekwalifiseerde
ouditmening is by die maatskappy se geregistreerde kantoor ter insae beskikbaar.
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
4. Bedryfswins
Die volgende word verklaar in bedryfswins:
– Amortisering van ontasbare bates 1 795 1 631
– Ouditeursvergoeding 3 053 3 462
– Waardevermindering van eiendom, aanleg en toerusting 27 241 42 402
– Verliese buitelandse valuta 298 245
– Bedryfshuurheffings op vaste eiendom netto na invorderings van 42 508 27 145
onderverhuring
– Bedryfshuurheffings op roerende eiendom 2 102 1 930
– (Wins)/verlies op verkoop van eiendom, aanleg, toerusting en restaurante (1 203) 337
– Oordrag van aandelegebaseerde betalingsreserwe 9 378 7 339
5. Kapitaaltoewysings
Kapitaalbesteding goedgekeur maar nie gekontrakteer nie 35 328 43 968
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 37 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verkorte gekonsolideerde kontantvloeistaat
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
Kontant gegenereer voor veranderings in bedryfskapitaal 451 636 392 133
(Toename)/afname in voorrade (44 430) 4 592
Toename in ontvangbare bedrae (15 690) (23 039)
Toename in betaalbare bedrae 7 194 23 243
Kontant deur bedrywighede gegenereer 398 710 396 929
Netto rente betaal (10 652) (14 934)
Belasting betaal (131 791) (123 895)
Netto kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite 256 339 258 100
Dividende betaal (159 165) (127 817)
Netto kontant uit bedryfsaktiwiteite behou 97 174 130 283
Verkryging van ondernemings insluitend ontasbare goedere (30 896) (43 800)
Uitbreidingskapitaalbesteding
Eiendom, aanleg en toerusting (45 793) (15 794)
Ontasbare bates (1 030) (3 893)
Vervangingskapitaalbesteding op eiendom, aanleg en toerusting (9 776) (25 546)
Opbrengs uit vervreemding van eiendom, aanleg en toerusting 3 263 1 818
Kontantvloei vanuit beleggingsbedrywighede (84 232) (87 215)
Beweging in aandelekapitaal en reserwes 5 657 15 245
Afname in rentedraende skuldlas (65 634) (67 399)
Kontantvloei vanuit finansieringsaktiwiteite (59 977) (52 154)
Verandering in kontant en kontantekwivalente (47 035) (9 086)
Uitwerking op buitelandse valuta 1 218 963
Kontant en kontantekwivalente aan die begin van die jaar 86 397 94 520
Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 40 580 86 397
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 38 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verkorte gekonsolideerde omvattende-inkomstestaat
29 Februarie 28 Februarie %
2012 2011 verandering
R000 R000
Inkomste 2 155 615 1 878 036 15
Bruto wins 922 967 813 152 14
Verkoops- en administratiewe uitgawes (510 311) (454 699)
Bedryfswins 412 656 358 453 15
Netto rente betaal (10 652) (14 934)
Wins voor belasting 402 004 343 519 17
Belasting (133 950) (112 520)
Wins vir die jaar 268 054 230 999 16
Buitelandse valuta-omrekeningsverskille 7 837 (5 182)
Totale omvattende inkomste vir die jaar 275 891 225 817
Wins toeskryfbaar aan:
Aandeelhouersbelang van Famous Brands Beperk 266 811 230 260 16
Niebeherende belange 1 243 739
Totale omvattende inkomste toeskryfbaar aan:
Aandeelhouers van Famous Brands Beperk 274 648 225 078
Niebeherende belange 1 243 739
Rekonsiliasie met wesensverdienste per aandeel vir die
jaar
Verdienste toeskryfbaar aan aandeelhouers van Famous 266 811 230 260 16
Brands Beperk
Verlies op verkoop van restaurante deur maatskappy besit 455 406
Wins/(verlies) op vervreemding van eiendom, aanleg en 172 (164)
toerusting
Wesensverdienste vir die jaar 267 438 230 502 16
Verdienste per aandeel – sent
– basiese 278 242 15
– verwaterde 272 237 15
Wesensverdienste per aandeel – sent
– basiese 278 242 15
– verwaterde 272 237 15
Dividende aan aandeelhouers – sent
– tussentyds: dividend verklaar 80 70 14
– finaal: dividend verklaar 120 85 41
Totale dividende vir die jaar 200 155 29
Gewone aandele
– in uitreiking 96 192 435 95 817 435
– geweegde gemiddelde 96 102 435 95 245 318
– verwaterde geweegde gemiddelde 99 937 435 98 905 257
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 39 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Verkorte gekonsolideerde segmentele inligting – besigheidseenheid en geografies
29 Februarie 28 Februarie %
2012 2011 verandering
R000 R000
Inkomste
Franchises 439 946 386 015 14
Verskaffingsketting 1 613 907 1 382 778 17
Vervaardiging 747 244 663 812
Logistiek 1 516 375 1 262 325
Eliminasies (649 712) (543 359)
Korporatief 19 829 14 577
Suid-Afrika 2 073 682 1 783 370 16
Franchise (VK) 81 933 94 666 (13)
Totaal 2 155 615 1 878 036 15
Bedryfswins
Franchises 264 685 234 971 13
Verskaffingsketting 140 508 116 233 17
Vervaardiging 87 784 77 788
Logistiek 52 724 38 445
Korporatief (40) (3 489)
Suid-Afrika 405 153 347 715 17
Franchise (VK) 7 503 1 738 (30)
Totaal 412 656 358 453 15
Verkorte gekonsolideerde staat van veranderinge in ekwiteit
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
Saldo aan die begin van die jaar 708 594 583 926
Groep omvattende inkomste vir die jaar 274 648 225 078
Groep dividende aan aandeelhouers (158 565) (127 629)
Ekwiteit-vereffende aandelegebaseerde betalings 9 378 7 339
Beweging in aandelekapitaal en reserwes 5 657 15 245
Toename in niebeherende aandeel 658 4 635
Totale ekwiteit 840 370 708 594
Verkorte gekonsolideerde staat van finansiële posisie
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 40 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
29 Februarie 28 Februarie
2012 2011
R000 R000
BATES
Niebedryfsbates 859 304 793 323
Eiendom, aanleg en toerusting 155 739 130 847
Ontasbare bates 694 977 659 668
Uitgestelde belasting 8 5888 2 808
Bedryfsbates 361 865 345 989
Voorrade 119 987 75 552
Belasting 1 386 1 468
Handels- en ander ontvangbare bedrae 199 912 182 572
Kontant en kontantekwivalente 40 580 86 397
Totale bates 1 221 169 1 139 312
EKWITEITE EN LASTE
Ekwiteite toeskryfbaar aan aandeelhouers van Famous Brands Beperk 834 792 703 674
Niebeherende belange 5 578 4 920
Totale ekwiteit 840 370 708 594
Niebedryfslaste 106 624 177 032
Rentedraende skuldlas 52 216 122 011
Uitgestelde belasting en huurskulde 54 408 55 021
Bedryfslaste 274 175 253 686
Handels- en ander betaalbare bedrae 191 523 189 631
Korttermyngedeelte van rentedraende skuldlas 69 936 65 775
Belasting 12 716 7 280
Totale laste 380 799 430 718
Totaal ekwiteit en laste 1 221 169 1 139 312
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 41 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. op KABV). Jy
mag besluit om die punte vir spesifieke items te vermeerder en die gevallestudie uit 75 of 100 punte te laat tel, mits
die finale gewigstoedeling in ooreenstemming met die KABV is.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK D
DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
GEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING EN DEBITEURE
VRAESTEL
50 punte; 60 minute
Inleiding
Nikke Winkels is ‘n kleinhandelonderneming wat sportgoedere verkoop. Die oorspronklike eienaar van die
onderneming is Bennie Becker. Die finansiële jaar eindig jaarliks op 31 Desember. Aangesien Bennie se vrou,
Mary, Rekeningkunde op skool geneem het, het hy haar gevra om ‘n Kontantbegroting vir die onderneming op
te stel en om die werklike bedrae elke maand op te teken.
In Februarie 2013 word jy van hierdie kontantbegroting voorsien, wat ook die werklike syfers toon.
Die onderneming het ‘n oortrokke bankrekening van R325 400 op 1 Desember 2012.
Ten einde die probleem van die oortrokke rekening op te los, besluit Bennie Becker om Mark Mtini as ‘n nuwe
sakevennoot in te neem op 28 Desember 2012. Dit was nie in die vooruitsig toe Mary die Kontantbegroting aan
die begin van Desember opgestel het nie. Die vennootskapsooreenkoms bepaal dat Mtini se kapitaalbydrae
bestaan uit ‘n kontantoordrag, R250 000, en ‘n nuwe afleweringsvoertuig ter waarde van R180 000.
GEVRA
1. Bennie Bekker meen sy vrou het twee foute begaan in die opstel van die begroting. Hy beweer sy het
die volgende verkeerdelik uitgelaat:
• Die maandelikse waardevermindering van R4 800 per maand
• Die nuwe afleweringsvoertuig, ter waarde van R240 000, wat deur Mtini as kapitaal bygedra is
Wat sou jy aangaande hierdie twee bewerings vir Bennie sê? (2)
2. Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013. (4)
3. Bereken die volgende vir Januarie 2013:
• Persentasie styging in die begrote salarisse en lone (2)
• Persentasie afname in die bedrag wat vir kommissie-inkomste begroot is (2)
4. Die R9 000 per maand is die maandelikse terugbetaling op die aankoop van die bestaande voertuig.
Dié voertuig is ‘n aantal maande gelede teen R196 000 aangekoop. Ten tyde van die aankoop is
‘n deposito van R46 000 betaal. Paaiemente word oor 24 maande betaal. Bereken die totale
finansieringskoste wat aangegaan is met die aankoop van die voertuig. (2)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 42 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
5. Bennie se seun, Bart, gebruik die onderneming se voertuig om na sy matriekafskeidsfunksie toe
te gaan, en is toe in ‘n ongeluk betrokke. Die versekeringsmaatskappy weier om die voertuig te
laat herstel, aangesien Bart nie een van die aangewese bestuurders is nie en die voertuig nie
vir sakedoeleindes gebruik is nie. Bennie magtig betaling vir die herstelwerk aan die beskadigde
voertuig en teken die bedrag aan onder Voertuiguitgawes. Die onderneming het te veel begroot vir
normale voertuiguitgawes en bestee 75% van die begrote bedrag.
(2)
• Watter uitwerking het die skade wat deur Bart veroorsaak is, op die begroting gehad?
• Mtini vind daarvan uit. Wat gaan hy waarskynlik vir Bennie daaroor te sê hê? Noem TWEE
punte. (2)
Verwys na die Huur in die Kontantbegroting. ‘n Styging van 10% in die huur tree op 1 Januarie 2013
in werking. Die werklike huur in Desember ontvang, was ooreenkomstig die begroting.
6. (2)
• Bereken die huurinkomste vir Desember 2012.
• Verskaf ‘n gepaste verduideliking waarom die werklike bedrag aan huur in Januarie 2013
ingevorder van die begrote bedrag verskil. (1)
7. Betalings aan krediteure: (2)
• Bereken die begrote bedrag wat in Januarie 2013 aan krediteure betaal moet word.
• Mtini is van mening dat die onderneming geen goedere kontant hoef te koop nie, en dat
alle goedere op krediet gekoop behoort te word. Sal dit na jou mening die onderneming se
Kontantbegroting verbeter? Verduidelik. (2)
8. Bennie Bekker besluit om op 31 Desember 2012 die bestaande lening by Alpha Lenings ten volle
terug te betaal aangesien die rentekoers baie hoog is. Die rente van 15% p.j. op hierdie lening is
nie gekapitaliseer nie. Daarna besluit Bennie om ‘n nuwe lening by Minty Bank uit te neem op 1
Januarie 2013. Die rente op hierdie lening word gekapitaliseer en volgens die ooreenkoms moet
‘n maandelikse bedrag van R4 000 aan Minty Bank op die 25ste dag van elke maand betaal word.
(1)
• Verduidelik die verskil tussen rente wat gekapitaliseer word en rente wat nie gekapitaliseer word nie.
• Bereken die bedrag van die lening wat op 31 Desember 2012 terugbetaal moet word. (2)
9. Gebruik die Kontantbegroting om die ontbrekende bedrae, totale en saldo’s wat AD gemerk is, te
verkry. Daar word NIE van jou verwag om die ander ontbrekende bedrae te identifiseer nie. (4)
10. Mtini is bekommerd dat debiteurekontrole in die onderneming nie na behore plaasvind nie. Hy vra
jou vir ‘n bondige verslag. Sluit die volgende by jou verslag in: (2)
• Berekening van die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk (in dae)
• Die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes voldoen (soos in die Debiteure- (2)
ouderdomsontleding getoon)
• Kort kommentaar oor die bostaande twee berekeninge (1)
• Besonderhede van die belangrikste foute wat die onderneming begaan rakende debiteure.
Verskaf ook die name van spesifieke debiteure om hierdie belangrikste probleme te illustreer en
stel ‘n oplossing voor vir elke fout. (6)
11. Beskou die werklike en begrote bedrae vir Reklame, Telefoon en Versekering. (Let daarop dat
Mtini nog nie enige fondse onttrek het nie.) Lewer kommentaar oor elke item, en bied EEN punt van
advies in elke geval aan. (6)
12. Bennie het twee belangrike besluite geneem deur ‘n nuwe lening aan te gaan en ‘n vennoot by die
onderneming in te neem. Wat sou jy vir Bennie oor hierdie besluite sê en die uitwerking daarvan op
die kontantvloei van die onderneming? (3)
INLIGTING OP VOLGENDE TWEE BLADSYE ...
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 43 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
INLIGTING
1. Kontantbegroting vir twee maande geëindig 31 Januarie 2013
(werklike syfers in gekleurde kolomme):
Desember 2012 Januarie 2013
Ontvangste BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK
Kontantverkope 480 000 452 000 330 000 208 000
Invordering van debiteure ? 189 980 ? 222 685
Kommissie-inkomste 24 000 ? 20 400 12 000
Lening by Minty Bank 0 0 0 120 000
Huurinkomste ? ? 15 950 31 900
Kapitaal van M Mtini 0 250 000 0 0
Totale ontvangste 778 798 926 480 ? 594 585
Betalings
Kontantaankope 222 500 245 750 155 000 110 380
Betalings aan krediteure 181 800 162 000 ? 184 000
Telefoon 2 800 4 500 2 800 4 200
Terugbetaling op bestaande voertuig 9 000 9 000 9 000 9 000
Voertuig-uitgawes 8 000 6 400 8 000 37 500
Salarisse en lone 68 000 82 800 72 080 72 080
Reklame 5 000 5 000 5 000 5 000
Diverse bedryfsuitgawes 23 380 19 400 17 300 17 320
Versekering 22 000 16 000 22 000 16 000
Onttrekkings deur Bennie Bekker 25 000 25 000 25 000 35 000
Rente op oortrokke rekening 4 020 ? ? 0
Rente op lening 500 500 500 0
Terugbetaling van lenings 0 ? 0 4 000
Totale betalings 572 000 620 370 516 930 494 480
Kontantsurplus/tekort 206 498 306 110 ? 100 105
Bank (Beginsaldo) (325 400) (325 400) A C
Bank (Eindsaldo) ? (19 290) B D
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 44 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Vraestel Taak D
2. Aankope en verkope van handelsvoorraad
Voorraad word op ‘n maandgrondslag vervang.
50% van voorraad word gewoonlik op krediet aangekoop.
Krediteure word betaal in die maand ná die aankoop, om die voordeel van ‘n 10%-korting te benut.
Goedere word verkoop teen ‘n konstante prysopslag van 80% op kosprys.
Die begroting word op grond van die volgende totale verkoopsyfers uitgewerk:
Oktober 2012 November 2012 Desember 2012 Januarie 2013
R603 00 R727 200 R801 000 R558 000
Kredietverkope maak 40% van die totale verkope uit.
3. Verwagte invordering van debiteure
Debiteure word meegedeel dat daar van hulle verwag word om in die huidige maand te betaal of in
die maand wat volg op die maand van die verkoopstransaksie. Die begroting word egter soos volg
opgestel:
10% word ingevorder in die transaksiemaand. ‘n Korting van 5% word toegestaan vir enige betaling
wat in die transaksiemaand ontvang word.
50% word ingevorder in die maand na die transaksiemaand.
35% word ingevorder in die tweede maand na die maand van die verkope.
4. Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Desember 2012
KREDIET-
DEBITEURE SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER DESEMBER TOTAAL
LIMIET
M Minaj 45 000 49 100 49 100
U Usher 85 000 7 800 40 680 48 480
B Beiber 30 000 24 000 24 000
B Britney 100 000 49 125 45 240 9 050 25 865 129 280
J Jemson 12 000 6 500 6 500
W West 50 000 22 000 22 000
D Drake 120 000 29 800 39 000 24 000 26 680 119 480
H Hannah 25 000 31 100 9 300 40 400
W Wayne 45 000 4 350 23 270 8 740 36 360
Ander debiteure ? ? ? ? ?
R156 725 R234 250 R172 500 R201 300 R764 775
90 dae 60 dae 30 dae Lopend
Persentasie % % % % 100%
5. Werklike syfers uit die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2012:
Vir die jaar
Totale verkope R4 600 000
Kontantverkope R2 200 000
Kredietverkope R2 400 000
1 Januarie 2012 31 Desember 2012
Handelsdebiteure R 295 225 R764 775
TOTAAL: 50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 45 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK D
DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
GEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING EN DEBITEURE
ANTWOORDEBOEK
Naam van leerder
Skool
Klas
PUNTE
BEHAAL
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 46 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
1. Wat sou jy vir Bennie sê oor die foute wat hy beweer sy vrou begaan het in die opstel van
die begroting met betrekking tot die waardevermindering en die bydrae van ‘n nuwe aflew-
eringsvoertuig?
2
2. Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013
MAAND KREDIETVERKOPE DESEMBER 2012 JANUARIE 2013
Oktober
November
Desember
Januarie
Kontant van debiteure 4
3. Bereken die % styging in die begrote salarisse en lone in Januarie 2013.
Bereken die % afname in die bedrag wat vir kommissie-inkomste begroot is in Januarie
2013.
4
4. Bereken die totale finansieringskoste wat aangegaan is met die aankoop van die voertuig.
2
5. Uitwerking op die begroting:
TWEE punte wat Mtini vir Bekker kan noem:
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 47 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
6. Bereken die huurinkomste vir Desember 2012:
Gepaste verduideliking:
3
7. Bereken die begrote bedrag wat in Januarie 2013 aan krediteure betaal moet word.
Mtini dink dat die onderneming geen goedere kontant hoef te koop nie, en dat alle
goedere op krediet gekoop behoort te word. Sal dit na jou mening die onderneming se
Kontantbegroting verbeter? Verduidelik.
4
8. Verduidelik die verskil tussen rente wat gekapitaliseer word en rente wat nie gekapitaliseer
word nie.
Bereken die bedrag van die lening wat op 31 Desember 2012 terugbetaal moet word.
3
9. Gebruik die Kontantbegroting om die ontbrekende bedrae, totale en saldo’s wat A–D
gemerk is, te verkry. Daar word NIE van jou verwag om die ander ontbrekende bedrae te
identifiseer nie.
A B C D
4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 48 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
10. Berekening van die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk (in dae):
2
Berekening van die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes voldoen (soos
getoon in die Debiteure-ouderdomsontleding):
2
Kort kommentaar oor die twee berekeninge hierbo:
1
Besonderhede van die belangrikste foute wat die onderneming begaan rakende debiteure.
Verskaf ook die name van spesifieke debiteure om hierdie belangrikste probleme te
illustreer en stel ‘n oplossing voor vir elke fout.
WANBETALENDE
FOUTE OPLOSSING
DEBITEURE
6
11. Beskou die werklike en begrote bedrae vir Reklame, Telefoon en Versekering. (Let daarop
dat Mtini nog nie enige fondse onttrek het nie.) Lewer kommentaar oor elke item, en bied
EEN punt van advies in elke geval aan.
KOMMENTAAR ADVIES
Reklame
Telefoon
Versekering
6
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 49 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Antwoordeboek Taak D
12. Bennie het twee belangrike besluite geneem deur ‘n nuwe lening aan te gaan en ‘n ven-
noot by die onderneming in te neem. Wat sou jy vir Bennie oor hierdie besluite sê en die
uitwerking daarvan op die kontantvloei van die onderneming?
3
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 50 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
NASIEN-RIGLYNE
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 51 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak A
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. vir KABV).
Hierdie taak bestaan uit twee dele. Jy mag die stof aanpas om die behoeftes van jou leerders in ag te neem. Jy kan
hulle byvoorbeeld vra om Deel A op hulle eie te doen en Deel B in die klas. Of jy kan die klas vra om slegs Deel B
as ‘n formele verslag te doen en Deel A as ‘n uitbreidingstaak in die klas te doen op ‘n weeklikse grondslag. As
jy verkies om die stof in enige opsig aan te pas, moet jy seker maak dat die taak 50 punte beloop ooreenkomstig
die KABV.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK A
EERSTE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
VERSLAG OOR MAATSKAPPYE
NASIENRIGLYN
HIERDIE TAAK BESTAAN UIT TWEE DELE:
DEEL A Verslag oor ‘n publieke maatskappy op die JSB genoteer
DEEL B Verslag van interne ouditeur oor prosedures en interne beheer in ‘n publieke
maatskappy
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 52 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak A
NASIENRIGLYN VIR DEEL A
DEEL A
Verslag oor ‘n publieke maatskappy op die JSB genoteer
Nasienrubriek
Kriteria Swak/Foutief Punt Bevredigend Punt Goed Punt Uitstekend Punt
Maksimum Swak Sommige Goeie Uitstekende
berekeninge aspekte is berekeninge berekeninge
getal aandele oor 0–1 2 aangebied 3 wat grondige 4
wat jou tante aandeleprys voldoende begrip toon
kan koop gedek
Aandeelprys Swak Sommige Goeie Uitstekende
en ander berekeninge aspekte is berekeninge berekeninge
berekeninge 0–1 2 aangebied 3 aangebied 4-5
voldoende
gedek
Grafiek van die Swak Sommige Goeie Uitstekende
maatskappy se aanbieding aspekte is voorbereiding grafiek
aandeelprys van inligting in van grafiek aangebied
0–1 2 3 4
grafiek voldoende
gedek
Grafiek van die Swak Sommige Goeie Uitstekende
waarde van aanbieding aspekte is voorbereiding grafiek
jou tante se van inligting in van grafiek aangebied
beleggings grafiek voldoende
0–1 2 3 4
gedek
portefeulje
Verdere Swak Sommige Goeie inligting Uitstekende
inligting oor die inligting oor aspekte is oor die inligting
maatskappy maatskappy maatskappy ingesamel
0–1 2 3 4-5
ingesamel voldoende ingesamel
gedek
Aanbeveling Swak Sommige Goeie Uitstekende
oor verdere aanbevelings aspekte is aanbevelings aanbevelings
belegging oor verdere gemaak gemaak
in hierdie belegging voldoende
0–1 2 3 4
maatskappy, gedek
met redes
26
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 53 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak A
NASIENRIGLYN VIR DEEL B
Verwagte antwoorde word hieronder gegee. Nasienriglyne is soos volg:
Uitstekende antwoord = 4 punte; Goed = 3 punte; Bevredigend = 2 punte; Swak = 1 punt; Foutief = 0
Verslag van interne ouditeur oor prosedures by Exotic Clothing Beperk:
1. Prosedure om maatskappy op te rig:
• Die maatskappy word deur ‘n stigter begin en geregistreer.
• ‘n Akte van oprigting en ‘n prospektus moet in die voorgeskrewe formaat opgestel en by
die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) ingedien word, tesame
met die nodige verklarings en fooie.
• Die maatskappy kom tot stand wanneer CIPC die akte van oprigting sertifiseer en verklaar
dat die maatskappy geregistreer is.
• Die publiek word aangaande die maatskappy in kennis gestel deur die publikasie en
verspreiding van die prospektus.
• Voornemende aandeelhouers moet volle betaling vir die aandele wat hulle bestel, saam
met die aansoekvorm om aandele indien – ‘n finansiële instelling word gewoonlik deur die
maatskappy aangestel om die aansoeke om aandele en die spesifieke toewysings aan
aandeelhouers te hanteer.
• Na toewysing word aandelesertifikate met betrekking tot die toegekende aandele aan
suksesvolle applikante uitgereik (let daarop dat aandelesertifikate in digitale of elektroniese
formaat kan wees). (4)
2. Rekords wat oor elke aandeelhouer gehou moet word, met redes:
Rekords Rede
• Voltooide aansoekvorm • Erken die persoon se voorneme om in die
maatskappy te belê
• Gewaarmerkte afskrifte van die persoonlike • Die bestaan van die persoon kan deur
besonderhede van aandeelhouers middel van hierdie besonderhede
geverifieer word.
• Bankbesonderhede van aandeelhouers • Dividende sal direk in die lopende
bankrekening van die aandeelhouer
inbetaal word.
• Inkomstebelastingnommer of • SAID sal regstreeks in kennis gestel word
besonderhede oor belastingregistrasie van voordele wat die aandeelhouer toeval
• Getal aandele aan die aandeelhouer • Berekening van dividende
toegewys
• Pos- en/of e-posadresse • Finansiële state en ander besonderhede
kan na die aandeelhouer gestuur word
(4)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 54 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak A
3. Prosedure vir die interne beheer oor vaste bates:
• Pligte in die Rekeningkundige-afdeling moet onder werknemers verdeel word sodat een
persoon se werk as kontrole van ‘n ander persoon se werk kan dien om sodoende misbruik en
bedrog te voorkom.
• Behoorlike prosedures en dokumentasie vir die aankoop, ontvangs, optekening van bates wat
bekom word en die vervreemding van vaste bates.
• Bates moet na behore gewaardeer word en dit moet die installeringskoste insluit.
• Vaste bates wat bekom word, moet na behore in die Vastebatesregister opgeteken word.
• Deurlopende identifisering van vaste bates word gedoen.
• Vaste bates wat vermis word of beskadig is, word in die logboek opgeteken. Ondersoeke moet
uitgevoer en verslae oor die bevindings geskryf word.
• Winste en verliese word na behore opgeteken wanneer bates vervreem word.
• Vaste bates moet voldoende verseker word.
• Aanstelling van ‘n vastebatesbestuurder om beheer oor die vaste bates uit te oefen.
• Daar moet duidelike riglyne oor die gebruik van vaste bates wees. In die reël word alle bates
slegs vir sakedoeleindes gebruik. (4)
4. Prosedure vir interne beheer oor handelsvoorraad:
• Pligte in die Rekeningkundige-afdeling moet onder werknemers verdeel word sodat een
persoon se werk as kontrole van ‘n ander persoon se werk kan dien om sodoende misbruik en
bedrog te voorkom.
• ‘n Senior persoon of aangestelde aankoper is gewoonlik verantwoordelik vir die plaas van
bestellings.
• Verdeling van take – die persoon wat vir bestellings verantwoordelik is, behoort nie toegang tot
krediteure se rekeninge, betalings en voorraadverskuiwing te hê nie.
• Wanneer voorraad ontvang word, moet dit teen die afleweringsbrief gekontroleer word.
• Die faktuur moet ook met die bestellingsbrief vergelyk word, en al die berekenings daarop
moet geverifieer word.
• Verslae moet ook aan die bestuur gestuur word oor verouderde, beskadigde en stadigbewegende
voorraad.
• Voorraadopname moet voltooi word sodat voorraadverliese vasgestel kan word.
• Daar moet voldoende sekuriteitstelsels wees om voorraad te monitor en te beheer.
• Fakture moet met krediteurestate vergelyk en versoen word sodat verskille uitgewys kan word.
• Betalings moet behoorlik gemagtig word nadat krediteureversoenings gedoen is. (4)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 55 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
5. Prosedure vir interne beheer oor ontvangbare rekeninge (debiteure):
• Pligte in die Rekeningkundige afdeling moet onder werknemers verdeel word sodat een per-
soon se werk as kontrole van ‘n ander persoon se werk kan dien om sodoende misbruik en
bedrog te voorkom.
• Voornemende debiteure moet toepaslike aansoekvorms voltooi.
• Die besonderhede op die aansoekvorm verskaf moet deur die debiteureklerk geverifieer
word.
• Daar moet nagegaan word of die voornemende debiteure op die swartlys is of nie.
• Sif debiteure se vorige prestasie deur kredietverwysings na te gaan.
• ‘n Bepaalde kredietlimiet word vasgestel op grond van die inligting op die aansoekvorm en
die nagaan van alle toepaslike besonderhede.
• Kredietvoorwaardes moet duidelik vir die voornemende debiteur uiteengesit word.
• Deurlopende monitering van die limiet van kredietverkope en stiptelike vereffening van die
verskuldigde bedrag.
• State moet teen maandeinde (25ste) uitgestuur word om debiteure in te lig oor die bedrag
wat verskuldig is.
• Bied kortings aan of hef rente om debiteure aan te moedig om rekeninge stiptelik te vereffen.
• Wanbetalende debiteure moet onmiddellik gekontak word om hulle te herinner aan die be-
drag betaalbaar, en ook om vas te stel waarom hulle nie stiptelik betaal nie.
• Krediet aan debiteure met uitstaande bedrae moet onmiddellik beëindig word.
• Stel debiteure met lank uitstaande rekeninge in kennis dat regstappe gedoen sal word om
die verskuldigde bedrag in te vorder. (4)
6. Prosedure vir interne beheer oor kontant ingevorder:
• Pligte in die Rekeningkundige-afdeling moet onder werknemers verdeel word sodat een per-
soon se werk as kontrole van ‘n ander persoon se werk kan dien om sodoende misbruik en
bedrog te voorkom.
• Kwitansies moet uitgereik word vir alle kontant wat ingevorder word. Die kassier moet die
ingevorderde kontant aan die hoofkassier oorhandig.
• Die hoofkassier berei die depositostrokie voor deur die bedrae wat ontvang is, te verifieer
deur middel van die optel van duplikaatkwitansies en kasregisterstrokies.
• Alle kontant ontvang moet daagliks gedeponeer word. Die eienaar kan reëlings met die bank
tref om ‘n SMS-kennisgewing te ontvang vir alle deposito’s wat in sy rekening gemaak word.
• Versoeningsprosedures moet gereeld uitgevoer word om te verseker dat alle gelde ontvang
gedeponeer word.
• Verdeling van pligte – dit sal oneerlike optrede deur individue voorkom. (4)
Geteken: _____________________ (Interne Ouditeur) Datum: ______________
24
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 56 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak B
BELANGRIKE NOTA VIR ONDERWYSERS: Die toets sluit inskrywings in wat betrekking het op die nuwe KABV-
kurrikulum wat in 2014 geïmplementeer word, oor aandele sonder pariwaarde en die terugkoop van aandele. Die
toets is aangepas uit ‘n vorige graad 12-vraestel (VRAAG 4 in die NSS-rugsteunvraestel van 2009).
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK B
EERSTE KWARTAAL TOETS
DIE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY
NASIENRIGLYN
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 57 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1. Bereken die wins of verlies op die verkoop van die rekenaar.
Geen deelpunte
ü ü üüü ü üü
66 000 – 16 500 – 4 950 – 2 400 = R42 150
OF
ü ü üüü ü üü
66 000 – (16 500 + 4 950) – 2 400 = R42 150
OF
Kosprys 66 000 ü
Opgeh.waardev. (16 500 ü + 4 950 üüü) 21 450
Drawaarde 44 550
Verkoop/Bank 2 400 ü
Verlies op verkoop van bate 42 150 üü
Bateverkope
Toerusting ü66 000 Opg.waardev.(16 500ü +4 950 21 450
üüü)
Ignoreer besonderhede hier Bank ü 2 400
Verlies op verkoop van bate üü42 150
66 000 66 000
8
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 58 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak B
2. SIMPHIWE BPK
INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 SEPTEMBER 2012
Verkope (8 160 000ü – 18 600ü – 28 800ü) ü 8 112 600
Koste van verkope (3 930 000ü – 19 200ü) ü (3 910 800)
9 Bruto wins ü Bewerking, KVV moet afgetrek word þ 4 201 800
Ander bedryfsinkomste Kontroleer bewerking þ 479 900
Fooi-inkomste (314 250ü – 2 250ü) ü 312 000
Huurinkomste (168 000ü– 24 000üü) ü 144 000
Slegte skuld ingevorder üü 1 700
Handelsvoorraadsurplus [1 440 000 – (1 398 600 + 19 200)]
þüü 22 200
13 Een deel korrek
4 681 700
Bedryfsuitgawes Bewerking þ (3 224 700)
Salarisse en lone ü 486 000
Korting toegestaan ü 2 710
Versekering ü 33 000
Diverse uitgawes (117 750ü – 9 600ü) ü 108 150
Direkteursfooi (870 000ü + 870 000ü+ 435 000ü) ü 2 175 000
Ouditfooi ü 161 100
Verbruikersgoedere (75 600ü – 3 600ü) ü 72 000
Voorsiening vir aanpassing van slegte skuld (5 410ü – 4 320ü) ü 1 090
Waardevermindering (4 950þ + 13 750üü+ 74 400üü+ 50 400üü)
þ 143 500
Sien 4.1.1 Bewerking, een deel korrek
28 Verlies op verkoop van bate Sien 4.1.1 þþ 42 150
Bedryfswins ü Bewerking, uitgawes moet afgetrek word þ 1 547 000
Rente-inkomste ü ü 7 500
Wins voor rente-uitgawe Bewerking þ 1 464 500
Rente-uitgawe ü üü (54 000)
Wins voor belasting Bewerking, rente moet afgetrek word þ 1 401 500
Inkomstebelasting ü Indien = 30% van bostaande bedrag þþ (423 150)
Netto wins na belasting ü Bewerking, belasting en rente-uitgawe moet afgetrek þ 978 350
14 word
Vreemde items –1 elk (maks –2); Ignoreer Handelsvoorraad en Voorsiening vir oninbare skuld as
vreemde items
Indien rente-inkomste/rente-uitgawe op twee plekke, neem as vreemde item 64
Indien rente-inkomste/rente-uitgawe op die verkeerde plek staan, –1 elke keer (–2 maks)
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 59 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak B
3. NOTAS TOT DIE FINANSIËLE STATE
GEWONE AANDELEKAPITAAL
3.1 Gemagtig:
600 000 gewone aandele ü
Uitgereik:
ü400 000 aandele in uitreiking op 1 Okt. 2011 (4 410 000-950 000) ü3 460 000
ü100 000 aandele uitgereik op 1 April 2009 teen R9,50 elk üü950 000
ü 70 000 aandele teruggekoop op 30 September 2012
üü(617 400)
(70 000ü x R8,82ü)
ü430 000 aandele in uitreiking op 30 September 2012 þ3 792 600
13
3.2 BEHOUE INKOMSTE
Saldo aan die begin van die jaar ü812 650
Plus: Netto wins na belastingü Sien Inkomstestaat þ978 350
Minus: Aandele teruggekoop ü (70 000ü x R2,38ü) üü(166 600)
Minus: Dividende ü Bewerking þ(674 000)
Tussentyds ü264 000
Finaal (500 000ü x 82cü) ü410 000
Saldo aan die einde van die jaar Bewerking þ1 117 000
15
100
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 60 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. op KABV). Jy
mag die stof aanpas om meer as 50 punte te beloop, maar jy moet seker maak dat die finale punt tot ‘n punt uit 50
verwerk word soos deur KABV vereis. Leerders mag toegelaat word om handboeke te gebruik.
VERWYS OOK NA DIE BRONNEMATERIAAL VIR HIERDIE TAAK.
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK C
TWEEDE KWARTAAL PROJEK
GEPUBLISEERDE FINANSIËLE STATE VAN ‘N MAATSKAPPY
NASIENRIGLYN
FAMOUS BRANDS BEPERK
GEVRA
Bestudeer die inligting wat verskaf word. Beantwoord die vrae wat volg. Aangesien hierdie taak bedoel is om ‘n
projek te wees, mag jy jou handboek as ‘n bron gebruik
Die volgende finansiële aanwysers vir die 2011 finansiële jaar word ook verskaf:
Bedryfsverhouding = Vuurproefverhouding = 1,1 : 1 Dividende uitbetalingskoers = 64%
1,4 : 1
Skuld-ekwiteit-verhouding Netto batewaarde per aandeel = % opbrengs op aandeelhouersbelang =
= 0,2 : 1 R7,44 33,9%
VPA = 242 sent DPA = 155 sent
(verdienste per aandeel) (dividend per aandeel)
Deelpunte mag toegeken word vir gedeeltelike of onvolledige antwoorde.
1. Algemene inligting:
1.1 Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die ikone van die bekende handels-
merke waaruit Famous Brands Bpk. bestaan. Noem VIER van hierdie handelsmerke
en beskryf die produk of diens waarin elke handelsmerk spesialiseer.
Alle items korrek = 2 punte; deels korrek = 1; foutief = 0
Enige vier handelsmerke uit die inligting wat verskaf is, bv.
Handelsmerk Beskrywing van spesialiteitsproduk of -diens
1. Wimpy Kitskos aan die publiek verkoop
2. Debonairs Pizza, met afleweringsdiens
3. Mugg en Bean Koffiewinkel met maaltye
4. Steers Steaks, met ander maaltye 2
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 61 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
1.2 Skryf die name neer van die persone wat die volgende posisies beklee: Voorsitter
van die direksie; Hoof uitvoerende beampte (HUB); Groeps- finansiële direkteur en
Maatskappysekretaris. Verduidelik kortliks die werk wat elkeen verrig.
Alle items korrek = 3 punte; meestal korrek = 2; swak = 1; foutief = 0
Posisie Naam Werk verrig
Hy tree op as voorsitter tydens
Voorsitter P Halamandaris
direksievergaderings.
Hy bestuur die maatskappy van dag tot dag;
HUB KA Hedderwick verseker dat die besluite van die direksie
uitgevoer word.
Groeps- finansiële Hy is in beheer van die Rekeningkundige-
SJ Aldridge
direkteur afdeling, finansies en interne ouditering.
Maatskappy- Hy maak seker dat daar aan alle wetlike
JG Pyle
prosedures voldoen word.
sekretaris
3
1.3 Wie is die onafhanklike ouditeure van Famous Brands Beperk en hoeveel is hulle vir
hulle diens betaal? Hulle verslag is nie in hierdie opsomming vervat nie, maar dit word in
Nota 3 genoem. Verduidelik kortliks wat hierdie ouditverslag sou bevat.
Alle items korrek = 3 punte; meestal korrek = 2; swak = 1; foutief = 0
Onafhanklike ouditeure RSM Betty en Dickson (Johannesburg)
Ouditfooi betaal R3 053 000
Ongekwalifiseerd. Die verslag bevat ‘n beskrywing van die
pligte van die direkteure en ouditeure, en die voldoening
Besonderhede van aan internasionale finansiële verslaggewingstandaarde
ouditverslag (IFRS) en die Maatskappyewet. Die ouditmening is dat die
finansiële state ‘n redelike weergawe van die finansiële
resultate is.
3
1.4 Hoeveel direkteure het die maatskappy, hoeveel is uitvoerende direkteure en hoeveel is
nie-uitvoerende direkteure? Verduidelik kortliks die verskil in die rolle van hierdie twee
tipes direkteure.
Alle items korrek = 3 punte; meestal korrek = 2; swak = 1; foutief = 0
Aantal direkteure Totaal = 9; Uitvoerend = 3; Nie-uitvoerend = 6
Uitvoerende direkteure beklee voltydse poste in die
maatskappy. Nie-uitvoerende direkteure woon direks-
Verskille in rol
ievergaderings by om beleidsbesluite te neem oor hoe
die maatskappy georganiseer en bedryf moet word. 3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 62 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
2. Waarom het die direkteure besluit om die grafieke van die verdienste per aandeel en
totale inkomste boaan die bladsy te plaas? Verduidelik kortliks wat hierdie grafieke
toon omtrent die maatskappy vir die afgelope vyf jaar.
Verwagte antwoord: Korrekte antwoord = 2 punte; deels korrek = 1; foutief = 0
Hierdie twee grafieke gee die algemene vooruitgang van die maatskappy weer. Dit weerspieël
die Verdienste Per Aandeel (wat ‘n belangrike aanwyser is van die winste wat aandeelhouers
toeval) en Inkomste (inkomste, insluitend verkope), wat alle bedrywighede en resultate van
die maatskappy beïnvloed. 2
3. Verwys na die direkteure se kommentaar, in die besonder die Oorsig en die Finansiële
resultate. Wat sê die direkteure oor die veranderende gewoontes van hulle klante, en
hoe het die direkteure op hierdie veranderings gereageer?
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 2 punte; goed/bevredigend = 1; foutief = 0
Die getal klante het gestyg, maar die getal besoeke het met 10% afgeneem. Die direksie het
nog 146 restaurante oopgemaak (en hulle teiken van 2 000 bereik) en ‘n nuwe onderneming,
Creative Coffees, oopgemaak (hierdie onderneming spesialiseer in diensverskaffing aan ‘n
potensiële groep klante wat hospitale besoek). Hulle doen ook meningsopnames onder klante
om seker te maak dat hulle terugvoering kry oor die gehalte van hulle diens.
Verduidelik kortliks die belangrikste uitdagings waarvoor die maatskappy in die afge-
lope finansiële jaar te staan gekom het.
Verwagte antwoord: Korrekte antwoord = 1 punt; foutief = 0
Nuwe tendense; aggressiewe prysbesnoeiing en bemarking/promosies deur mededingers
om hulle markaandeel te vergroot; veranderings in die grootte van porsies wat bedien word;
spyskaartveranderings.
Die Bedryfsoorsig noem dat die maatskappy op die volgende drie gebiede bedrywig
was: Franchises, Vervaardiging en Logistiek. Verduidelik wat met elk van hierdie akti-
witeite bedoel word, met spesifieke verwysing na die werk wat die maatskappy doen.
Uitstekende antwoord = 2 punte; goed/bevredigend = 1; foutief = 0
Franchises Famous Brands Beperk gaan kontrakte aan met individuele en-
trepreneurs wat die voorwaardes en hoë standaarde aanvaar wat
van die handelsmerk verwag word. Hierdie persone bedryf die
restaurant en betaal franchise-fooie aan die maatskappy.
Vervaardiging Famous Brands Bpk. vervaardig sommige van die produkte wat
hulle aan die restaurante verskaf.
Logistiek Logistiek handel oor die berging en aflewering van die produkte
wat die restaurante benodig.
Die maatskappy is nie net in Suid-Afrika bedrywig nie. Verskaf bewys uit die inligting
om hierdie stelling te bewys.
Verwagte antwoord: Korrekte antwoord = 1 punt; foutief = 0
Die Bedryfsoorsig maak melding van internasionale franchises. Die Inkomstestaat toon
buitelandse valutatransaksieverskille en Nota 4 toon verliese van buitelandse valuta. 6
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 63 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
4. Vind die volgende syfers in die finansiële state. Noem ook waar jy elke bedrag gekry
het, d.w.s. in die Inkomstestaat (IS), Balansstaat (BS) of Kontantvloeistaat (KVS):
Alle bewerkings korrek = 4 punte; een tot twee foute = 3; halfpad korrek = 2; swak = 1; foutief
=0
Waar gevind Bedrag
IS, BS of KVS in rand
Bruto wins IS 922 967 000
Bedryfswins IS 412 656 000
Netto wins voor belasting IS 402 004 000
Belastinguitgawe IS 133 950 000
Belasting betaal KVS 131 719 000
Bedrag aan SAID verskuldig teen jaareinde BS 12 716 000
Dividende betaal KVS 159 165 000
Uitbreiding van vaste bates KVS 45 793 000
Vervanging van vaste bates KVS 9 776 000
Vaste bates teen jaareinde BS 155 739 000
Terugbetaling van lenings KVS 65 634 000
Lopende gedeelte van lenings BS 69 936 000
Langtermyngedeelte van lenings BS 52 216 000
Voorraad voorhande BS 119 987 000 4
5. Verwys na bladsy 1 van die bronnemateriaal vir die uitgeligte aanwysers. Verskaf die
bewerkings vir die volgende berekenings:
Alle bewerkings korrek = 4 punte; een tot twee foute = 3; halfpad korrek = 2; swak = 1; foutief
=0
% styging in inkomste:
277 579 X 100 = 14,8%
1 878 036 1
% styging in bedryfswins:
54 203 X 100 = 15,1%
358 453 1
% styging in kernverdienste per aandeel (gebruik basiese KVPA):
36 X 100 = 14,9%
242 1
% styging in dividende per aandeel:
45 X 100 = 29,0%
155 1 4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 64 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
6. Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2012. Verwys na die einde van die
Inkomstestaat vir die getal aandele.
Alle bewerkings korrek = 4 punte; een tot twee foute = 3; halfpad korrek = 2; swak = 1; foutief
=0
Bewerkings Antwoord
Bedryfsverhouding 361 865 000 : 274 175 000 1,3 : 1
Vuurproefverhouding 241 878 000 : 274 175 000 0,9 : 1
Kernverdienste per aandeel
R267 438 000 X 100
278 sent
(gebruik geweegde
96 102 435 aandele 1
gemiddelde getal aandele)
R268 054 000 X 100
% opbrengs op gemiddelde
34,5%
ekwiteit R774 482 000 1
Netto batewaarde per aandeel
R840 370 000 X 100
873 sent
(gebruik getal uitgereikte
96 192 435 aandele 1
aandele)
Skuld-ekwiteit-verhouding 106 624 000 : 840 370 000 0.1 : 1
R402 004 000 + R 10652 000 X 100
% opbrengs op gemiddelde
45,0%
kapitaal aangewend ½ (R946 994 000 + R885 626 000)
1
4
7. Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die maatskappy. Haal TWEE finansiële
aanwysers aan om jou mening te staaf.
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; swak = 1; foutief = 0
Die bedryfsverhouding het die afgelope twee jaar ongeveer dieselfde gebly teen
1,3 : 1 en 1,4 : 1. Die vuurproefverhouding het effens verminder van 1,1 : 1 tot 0,9: 1.
Hoewel die bedryfsverhouding nogal laag is, is dit geskik vir hierdie tipe onderneming – die
maatskappy het klaarblyklik die afgelope jare effektief gefunksioneer met hierdie verhoudings,
voorraad moet op lae vlakke gehou word vanweë die aard van die voedselbedryf, en verkope
aan klante is gewoonlik kontant of per kredietkaart. 3
8. Lewer kommentaar daaroor of die maatskappy geneig is om sy winste te behou of uit te
keer. Verskaf bewys om jou mening te staaf. Verduidelik kortliks hoe dit die aandeleprys
op die JSB kan beïnvloed.
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; swak = 1; foutief = 0
Die dividende-uitbetalingskoers vir 2012 was 200/278 = 72%
Die dividende-uitbetalingskoers vir 2011 was 155/242 = 64%
Die maatskappy keer klaarblyklik die meeste van sy verdienste aan die aandeelhouers uit.
Die gewilligheid om dividende uit te keer kan die aandeleprys op die JSB laat styg, omdat
dit die aandele aantrekliker sal maak vir aandeelhouers wat onmiddellike opbrengste wil hê.
Indien aandeelhouers egter kapitaalgroei in die waarde van die aandele wil hê, kan dit die prys
afdruk, aangesien dit die behoue inkomste beïnvloed, wat die netto batewaarde beïnvloed. 3
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 65 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak C
9. Lewer kommentaar op die hefboomfinansiering van die maatskappy. Behoort die
maatskappy lenings terug te betaal of nog lenings uit te neem? Verskaf bewys om jou
mening te staaf.
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; swak = 1; foutief = 0
Die skuld-ekwiteitverhouding het verminder van 0,2 : 1 tot 0,1 : 1, wat daarop dui dat die
hefboomfinansiering en mate van finansiële risiko afgeneem het. Die persentasie opbrengs
op die totale kapitaal aangewend is egter baie hoog, teen 45%, wat daarop dui dat die maats-
kappy baie doeltreffend is, terwyl rentekoerse baie laer is (tans ongeveer 10–12%); dus kan
lenings produktief gebruik word om die opbrengs selfs verder te verhoog. 3
10. In Februarie 2012 was die aandeleprys van die maatskappy op die JSB R53,00. Die prys
het in Februarie 2013 tot R79,00 gestyg. Lewer kommentaar daaroor of jy dink dat die
maatskappy se aandele billik gewaardeer word of nie. Verskaf bewys om jou mening
te staaf.
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; swak = 1; foutief = 0
Die netto batewaarde is slegs R8,73, terwyl die aandeleprys op daardie tydstip R53,00 was.
Dit toon dat daar ‘n aansienlike aanvraag onder die publiek vir aandele in die maatskappy
is – die maatskappy se prestasierekord toon klaarblyklik dat belegging in die maatskappy se
aandele volhoubaar en winsgewend is.
Die bates kan moontlik ook onderwaardeer wees (moontlik as gevolg van die toepassing van
konserwatiewe rekeningkundige beginsels), wat die netto batewaarde kon afgebring het. 3
11. Behoort die aandeelhouers tevrede te wees met die persentasie opbrengs, verdienste
en dividende vir die 2012 finansiële jaar? Verduidelik. Verskaf bewys om jou mening te
staaf.
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 4 punte; goed = 3 of 2; swak = 1; foutief = 0
Die persentasie opbrengs het gestyg van 33,9% tot 34,5% en dit is ‘n beduidende oorskryding
van die opbrengs op alternatiewe beleggings.
Die VPA het gestyg van 242 sent tot 278 sent.
Die DPA het gestyg van 155 sent tot 200 sent.
Maar in die geval van nuwe aandeelhouers, indien hulle aandele teen R79,00 elk moet koop,
sal ‘n verdienste van R2,00 VPA gelyk wees aan slegs 5% van die aandeleprys in 2012,
en slegs 3,5% van die aandeleprys in 2013. Dit sal interessant wees om die 2013 netto
batewaarde met die aandeleprys in Februarie 2013 te vergelyk, wanneer die finansiële state
vir 2013 gepubliseer word. 4
12. Wat sê die direksie oor die vooruitsigte vir die toekoms? Sou dit jou beïnvloed om aan-
dele in Famous Brands Beperk te koop?
Verwagte antwoord: Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; swak = 1; foutief = 0
Die direksie wys die uitdagings uit, naamlik of klante voldoende besteebare inkomste sal hê
om op luukshede soos ‘uiteet’ te bestee nadat al die huishoudelike uitgawes betaal is, wat
beduidend gestyg het, naamlik elektrisiteit, brandstof en voedsel. Die direksie verduidelik ook
die strategieë wat hulle gaan gebruik om nuwe geleenthede te vind, koste te besnoei en nuwe
markte te vind. Dit skep ‘n gunstige indruk by toekomstige beleggers. Die leerder moet ‘n
mening uitspreek oor dit hom/haar gaan beïnvloed. 3
TOTAAL: 50 punte
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 66 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak D
NOTA VIR ONDERWYSERS: Hierdie taak het betrekking op graad 12-leerders vanaf 2014 (d.w.s. op KABV). U
mag besluit om die punte vir spesifieke items te vermeerder en die gevallestudie uit 75 of 100 punte te laat tel, mits
die finale gewigstoedeling in ooreenstemming met die KABV is (verwerk tot 10 punte).
REKENINGKUNDE GRAAD 12: TAAK D
DERDE KWARTAAL ASSESSERINGSTAAK
GEVALLESTUDIE: KONTANTBEGROTING EN DEBITEURE
NASIENRIGLYN
1. Wat sou jy vir Bennie sê aangaande die foute wat hy beweer sy vrou gemaak het met
betrekking tot die waardevermindering en die bydrae van ‘n nuwe afleweringsvoertuig?
Dit is nie foute nie. Beide is niekontantitems wat nie die banksaldo’s affekteer nie; dus moet dit
nie in ‘n Kontantbegroting voorkom nie. üü 2
2. Debiteure-invorderingskedule vir Desember 2012 en Januarie 2013 üüüü
Alle bedrae korrek = 4 punte; meeste korrek = 3; sommige korrek = 2; min korrek =1; geen korrek = 0
MAAND KREDIET-VERKOPE DESEMBER 2012 JANUARIE 2013
Oktober 241 200 84 420
November 290 880 145 440 101 808
Desember 320 400 30 438 160 200
Januarie 223 200 21 204
Kontant van debiteure 260 298 283 212 4
3. Persentasie styging in die begrote salarisse en lone in Januarie 2013:
4 080 X 100 = 6% üþ enige een deel korrek, d.i. 4080 of 68 000
68 000 1
Persentasie afname in die bedrag wat vir kommissie-inkomste begroot is in Januarie 2013:
3 600 X 100 = 15% üþ enige een deel korrek, d.i. 3 600 of 24 000
24 000 1 4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 67 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak D
4. Totale finansieringskoste aangegaan met die aankoop van die voertuig:
(9 000 x 12)
46 000 + 216 000 – 196 000 = R66 000 üþ enige een deel korrek 2
5. Uitwerking op die begroting:
Koste van herstelwerk = 37 500 – (75% x 8 000) = 31 500 üþ enige een deel korrek
TWEE punte wat Mtini vir Bennie gaan noem
Enige twee geldige punte, bv.
• Dit was onverantwoordelik aangesien die versekeringsvoorwaardes verbreek is.üü
• Die herstelwerk moet teen onttrekkings gedebiteer word, aangesien dit ‘n persoonlike
uitgawe is. üü 4
Berekening van huurinkomste vir Desember 2012:
15 950 x 100/110 = R14 500 üþ enige een deel korrek
6. Geskikte verduideliking
Enige geldige verklaring, bv. ü
• Die huurder het die huur vir Februarie vooruit betaal.
• Bykomende ongebruikte eiendom is op dieselfde tyd verhuur. 3
7. Bereken die begrote bedrag wat in Januarie 2013 aan krediteure betaal moet word.
Desember totale verkope = 801 000
Koste van verkope: 801 000 x 100/180 = 445 000
Kredietaankope: 222 500
Betaal in Januarie = 222 500 – 22 250 = R200 250 üþ
Mtini is van mening dat die onderneming geen goedere kontant hoef te koop nie, en dat
alle goedere op krediet gekoop behoort te word. Sal dit na jou mening die onderneming
se Kontantbegroting verbeter? Verduidelik.
Ja. Dit sal beteken dat die R222 500 wat in Desember vir kontantverkope betaal moet word,
dan in Januarie betaal sal word, wat die kontantsaldo aan die einde van Desember met hierdie
bedrag sal verhoog. Wanneer die bedrag in Januarie betaal moet word, sal hulle ook ‘n korting
van R22 250 ontvang. Daar is ook ‘n soortgelyke uitwerking in die volgende maand. üü 4
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 68 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak D
10. Berekening van die gemiddelde debiteure-invorderingstydperk (in dae):
530 000 ü
½ (535 225 + 764 775) x 365 = 80 dae þ
2 400 000 ü 3
Die persentasie debiteure wat aan die kredietvoorwaardes voldoen (soos in die Debi-
teure-ouderdomsontleding getoon):
(R156 725 + R234 250) ÷ R764 775 x 100 = 51,1% üü 2
Kort kommentaar oor die twee berekeninge hierbo:
Dit is onaanvaarbaar dat die debiteure so lank neem om te betaal en dat slegs die helfte van hulle
aan die kredietvoorwaardes voldoen. ü 1
Besonderhede van die belangrikste foute wat die onderneming begaan rakende debiteure.
Verskaf ook die name van spesifieke debiteure om hierdie belangrikste probleme te illus-
treer en stel ‘n oplossing voor vir elke fout.
WANBETALEN-
FOUTE üü DE DEBITEURE OPLOSSING üü
üü
Oorskry die kredi- Minaj, Britney, Staak verskaffing aan hierdie debiteure;
etlimiet Hannah verlaag hulle kredietlimiete; bied aanspor-
ings vir kontantaankope.
Neem langer as Britney, Jemson, Hef rente op agterstallige rekeninge; kort-
die krediettermyn Drake, Wayne ings om vroeë vereffening van rekeninge
aan te moedig. 6
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 69 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Nasienriglyn Taak D
11. Beskou die werklike en begrote bedrae vir Reklame, Telefoon en Versekering. (Let daarop
dat Mtini nog nie enige fondse onttrek het nie.) Lewer kommentaar oor elke item, en bied
EEN punt van advies in elke geval aan.
Kommentaar üüü Advies üüü
Reklame Die uitgawe is dieselfde bedrag Hulle moet dit oorweeg om meer vir
as waarvoor begroot is. Dit reklame te begroot. Dit kan strategies aan
lyk of dit goed beplan is. As verkope gekoppel word. Die onderneming
daar egter na die maandelikse moet na tendense/kodes kyk wat in
verkope gekyk word, toon dit verskillende seisoene gespeel word en
dat die reklame nie effektief is dienooreenkomstig begroot.
nie.
Telefoon Konstante oorbesteding/te min Ekstra kontrole nodig. Stel ondersoek in of
begroot dit nodig is om die bedrag te verhoog (om
debiteure te skakel ens.) en of die telefoon
misbruik word.
Versekering Dit is elke maand R6 000 onder Hulle moet daaraan dink of hulle nog
die begroting steeds voldoende dekking geniet en of hulle
werklik ‘n beter koers onderhandel het. Dit
kan dalk valse ekonomie wees indien die
versekeringsmaatskappy nie geldige eise
gaan uitbetaal nie. 6
12. Bennie het twee belangrike besluite geneem deur ‘n nuwe lening aan te gaan en ‘n
vennoot by die onderneming in te neem. Wat sou jy vir Bennie oor hierdie besluite sê en
die uitwerking daarvan op die kontantvloei van die onderneming?
üüü Enige geldige antwoord Uitstekende antwoord = 3 punte; goed = 2; bevredigend/swak =
1; foutief = 0
Verwagte antwoord:
Hoewel Bennie hierdie strategieë gebruik het om sy groot oortrokke rekening in ‘n positiewe
saldo te omskep, moes hy eerder na die werklike redes vir die tekortkominge gekyk het, bv.
kredietverkope maak nou 52% (2,4m/4,6m) van die totale verkope uit en debiteure word nie goed
gekontroleer nie. Hy moet nou ekstra rente betaal, selfs al is die rentekoers gunstiger, aangesien
die nuwe lening wat hy aangegaan het, groter is as die een wat gekanselleer is. Hy moet ook
nou die wins met ‘n vennoot deel – wanneer laasgenoemde onttrekkings begin maak, sal die
kontantsituasie versleg. 3
50
REKENINGKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 70 KABV GRAAD 12 ONDERWYSERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Accounting.
- Grade 12 Accounting notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Accounting questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Accounting quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Accounting past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More Accounting and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Memo

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo
Related documents

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC MG Question Paper

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 MP Prelim 2023 Memo

Question paper