Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11201716 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November 2017

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien. 6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof. Die memorandum is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Die digter gebruik gepaste metafore binne die Afrika-konteks om die irriterende kenmerke van die muskiet, die vlooi en die vlieg aan die leser bekend te maak./Bv. r.6: die muskiet prospekteer...  Die muskiet word metafories aan prospekteerders gelykgestel met die ooreenkoms dat albei delf./Bv. r.6–7: die muskiet prospekteer met sy boorstellasie op die vlakte van my vel  Die muskiet se monddele word soos die boorstellasie van ʼn prospekteerder, want die steekaksie word treffend so verbeeld./Bv. r.6–7: met sy boorstellasie op die vlakte van my vel  Die spreker se vel word die vlakte waarop die muskiet beweeg./Bv. r.7: op die vlakte van my vel  Die muskiet delf dus soos ʼn prospekteerder op die vlakte, want hy beweeg en irriteer die spreker se vel./Bv. r.6–7: prospekteer met sy boorstellasie op die vlakte van my vel  Die spreker se bloed is soos minerale waarna die muskietprospekteerder dan soek./Bv. r.8: hy soek die minerale in my are  Die vlooi word aan ʼn springhaas gelykgestel omdat albei ratse spronge maak./Bv. r. 9-10: die vervlakste, ratse vlooi is ʼn springhaas  Die spreker se bed word ʼn karooveld omdat dit, soos die Karoo waar springhase voorkom, groot en oop is./Bv. r. 10: op die karooveld van my kooi  Die vlooi word metafories aan ʼn sensasiesoeker gelykgestel omdat hy altyd eerste op ʼn toneel is waar trane of bloed vloei./Bv. r. 11–12: die vlieg is die voorste sensasiesoeker: in hierdie droë land is hy eerste by  Die vlooi word metafories ʼn insek wat geboei word deur trane en bloed omdat hy dit soos ʼn sensasiesoeker altyd soek./Bv. r.12-13: geboei deur trane wat loop, bloed wat vloei  Klimaks word deur hierdie beelding bewerkstellig, want die slotwoorde beklemtoon die onderliggende erns van die oënskynlike snaaksighede in die gedig./Bv. r.13: deur trane wat loop, bloed wat vloei Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – My hand ritsel Vraag Antwoord Punt 2.1 ʼn Skrywende/skeppende hand is besig om poësie te skep./ Die sagte/ruisende/suisende klank van die digter se pen/potlood op papier in die stilte van die nag word hoorbaar terwyl die digter poësie skep. √ 1 2.2 Die digter begin skemertyd, maar werk tot laat in die nag om sy gedagtes neer te pen./Die digter bly soek tussen die fragmente na gedagtes voordat hy dit neerpen. √ 1 2.3 Inversie √ 1 papier word in die rymposisie met skemeruur geplaas./ Die ritme/metrum word behou./ Die voorplasing van ritsel beklemtoon die geluid wat die pen/potlood op papier maak. √ 1 2.4 Denotatief – stukkies papier waarop dele van gedigte/drome geskryf staan/skryfpogings van die spreker. √ 1 Konnotatief – gebroke herinneringe (aan die spreker se geliefde) √ 1 2.5 horte en stote – Die spreker worstel/sukkel/ is onseker wanneer hy dig./Die gedig is nog vol gebreke wat uitgestryk moet word. √ 1 groen poësie – Die spreker se werk is amateuragtig./Die spreker is ʼn onervare digter. √ 1 bly ontspoor – Die spreker slaag nie daarin om die regte woorde op papier neer te pen nie./die spreker se gedagtes/woorde wyk af van wat hy regtig wil sê./Ten spyte van redigering, slaag die digter nie daarin om sy gedig reg te laat ‘loop’ nie. √ 1 2.6 Die spreker aanvaar/besef/kom tot die insig dat, al sou sy poësie nie volmaak wees nie, hy moet skryf wat hy kan voordat sy woorde/gedagtes verdwyn. 1 [10] OF VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Boggomsbaai-blues Vraag Antwoord Punt 3.1 Alliterasie √ 1 Die b-alliterasie in Boggomsbaai skep ’n speelse/ligtelike trant./ Blues verwys na die depressie/neerslagtigheid wat dié toon bewerkstellig. √ 1 3.2 Bog sluit aan by Boggomsbaai in die titel./ ʼn Gedeelte van die vakansiedorpie se naam word nou as werkwoord gebruik./ Die woord word hier ongewoon gebruik (as gedagte van uitkoggeling) en word dus só beklemtoon. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 3.3 Koeplet(te) √ 1 aa bb cc dd ee ff √ 1 paarrym √ 1 3.4 Die samelewing gee nie om nie/is ongeërg oor geestessiektes/ depressie. √ 1 3.5 Die dood is alomteenwoordig/die lewe is slegs tydelik. √ 1 3.6 Die dubbelpunt dui aan dat trooswoorde volg. √ 1 Die dood het altyd nog plek vir ʼn volgende sterfling./ Almal gaan eindelik sterf./ Die dood bied spesiale behandeling/is gasvry, in teenstelling met die behandeling wat die mens jou op aarde kon bied. √ 1 [10] OF VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs Vraag Antwoord Punt 4.1 N.P. van wyk Louw se klassieke gedig, Vroegherfs √ 1 4.2 Die titel verwys na die proses waarop stemminge/gevoelens in die gemoed van die spreker begin ontwikkel. √ 1 4.3 Versreël 1–8 is ʼn oktaaf wat uit twee kwatryne bestaan. √ 1 Versreël 9–14 is ʼn sestet wat uit twee tersines bestaan. √ 1 4.4 Die d-alliterasie beklemtoon die donkerheid van die depressiewe drome. √ 1 4.5 Versreël 9/In die sestet/In die eerste tersine √ 1 Hoewel ʼn mens nie sou verwag dat iemand die hoër gode sou vra om hul heeltyd depressief/intens te stem nie, vra die digter dit in ’n poging om voortdurend te kan skep. √ 1 4.6 Die spreker vra dat die dae van inspirasie nooit moet verbygaan nie. √ 1 Die spreker vra ook dat die muses alles weghou wat die skryf van ʼn gedig belemmer/verhoed. √ 1 Geestelike rypwording om sinvol te kan skryf/Bevryding/Verlossing van dit wat haar weerhou om te kan skryf. √ 1 [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Virtual Reality Vraag Antwoord Punt 5.1 Die titel verwys na (rekenaargegenereerde optiese) beelde van die werklikheid op die rekenaarskerm./ ʼn Driedimensionele simulasie van die werklikheid op die rekenaarskerm. √ 1 5.2 Rekenaartaal is meer bekend in Engels./Dit trek die leser se aandag. √ 1 5.3 Die mens het uit vrye wil gekies/self besluit om die lowerlushof te verlaat./Die mens het uit vrye wil gekies/self besluit om meer aandag aan die elektroniese wêreld en minder aan die natuur/werklikheid rondom hul te gee. √ 1 5.4 ʼn Verduideliking/uitbreiding van die spraakgedagte volg. √ 1 Kommunikasie vind deesdae deur elektroniese hulpmiddels soos rekenaars praat./Die mens kan nou vinnig/maklik met die hele wêreld kommunikeer. √ 1 5.5 Tegnologie ontneem die mens van die (werklike) realiteit/werklikheid./ Interpersoonlike kontak verdwyn/word met elektroniese kontak vervang./ Die mens geniet nie meer die natuurskoon nie./ Die mens is vasgevang in ʼn werklikheid wat nie bestaan nie./ Die mens staar heeldag na iets wat nie so mooi is soos dit wat om hom is nie./ Die elektroniese kommunikasie/nuwe era kan nie die mens bevredig nie./ Die mens is deesdae gehipnotiseer om die elektroniese maar net te aanvaar./ Die aarde word in die elektroniese era besoedel. √√√ 3 5.6 Die onvermoë van die virtuele werklikheid om die mens te bevredig, word beklemtoon. √ 1 Ja Niks kan die werklikheid wat ek om my ervaar vervang nie./Niks kan beter wees as dit wat ek elke dag eerstehands om my ervaar nie. Nee Ek ervaar die wêreld waarin ek leef baie beter deur die wonderlike wêreld van die rekenaar./Ek word beslis ‘versadig’ deur die wonderlike dinge wat ek elke dag op die internet sien/leer. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DROOMDELWERS – Esta Steyn Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Leendra kom deur die loop van die roman tot nuwe insigte en ondergaan dus karakterontwikkeling.  Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie.  Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange in die hartseer verlede.  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se dood omdat sy besef die verhouding het ʼn negatiewe impak op haar verhouding met haar ouers gehad.  Leendra is aanvanklik kwaad vir oom Phil omdat hy in die sewe jaar wat sy in die tronk was nooit met haar kontak gehad het nie.  Leendra het nie vrede met die verlede nie en bots met Phil omdat hy haar ma se orrel verkoop het.  Leendra sê sy is bly dat haar ouers nooit uitgevind het dat sy tronk toe is nie, want sy voel skaam en skuldig oor haar optrede.  Leendra is nog agterdogtig en baie aanvallend teenoor Gilbert, want sy vermoed hy het iets te doen gehad met die ontploffing in die Kleinkloof en die skietery in die hotel.  Leendra het baie vrae oor die verlede, want sy onthou byvoorbeeld van die Italianer wat die dag van die ontploffing in die kloof was en dit bekommer haar dat sy nie weet wie hy is nie.  Leendra begin effe gemakliker voel in Soutmansdal toe die mense saam met wie sy in die soutmyn werk van haar hou.  Die Bonthuyse bied ook aan Leendra ʼn veilige hawe waar sy gedagtes kan deel en tot verhaal kan kom, sodat sy deurentyd aan haar gedagtes en menswees kon skaaf.  Leendra is steeds baie kwaad vir Gilbert en laat hom goed verstaan dat sy ʼn wrok teen hom koester en niks met hom te doen wil hê nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)  Leendra se agterdog oor wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is, hou haar steeds gevange en sy vra vir oom Bontie of hy iets weet van die Italianer wat haar pa besoek het.  Leendra is vasgevang in die seer van die verlede omdat sy glo die ontploffing waarin haar ouers dood is, moord was.  Leendra is aanvanklik baie sensitief oor die verlede en die ruimte waarin sy grootgeword het en trek Samuel se tentpenne in die Kleinkloof uit en sê hy moet skuif.  Leendra se wrok oor die gebeure in die verlede taan nie, want sy erken teenoor Gretel dat sy Gilbert haat.  Leendra bevind haar steeds in ʼn warboel van raaisels en is agterdogtig toe sy uitvind Samuel is die Italianer se vennoot en wil weet hoekom hy voor die ontploffing in die Kleinkloof was.  Leendra se woede teenoor die Redelinghuyse het nog nie verdwyn nie, want sy sê vir Gilbert dis hy en sy ma wat haar lewe opgeneuk het.  Lucia help Leendra tot vrywording van die verlede, want sy sê vir haar om Patty se partytjie by te woon en nie die Redelinghuyse/Gilbert te ontwyk nie, want anders gaan sy altyd ʼn slagoffer bly.  Pastoor Gerald help Leendra in haar karakterontwikkeling om te besef dat sy vry is wanneer hy vir haar sê dat sy klaar die straf uitgedien het en al wat oorbly is dat sy moet aanvaar sy is vry.  Leendra se karakterontwikkeling word gestrem deur haar onvermoë om te vergewe, want sy verklaar dat ʼn mens net vry kan wees as jy kan vergewe en sy weet sy kan nie.  Die verhouding tussen Leendra en Samuel help dat Leendra ʼn sagter blik op die gebeure en lewe ontwikkel, want sy begin sy geselskap en aandag geniet.  Gretel bied ook aan Leendra ʼn geleentheid om te ontwikkel en om weg te kom van die werklikheid wanneer sy haar laat tuis voel om gedagtes te deel in haar woning in Vlaktevlei.  Leendra vind eindelik vreugde in haar verhouding met Samuel en begin soos haar ou self voel.  Samuel en Mario bied aan Leendra oomblikke van vreugde wanneer sy byvoorbeeld die blok graniet wat na haar vernoem is, doop. Dit is gebeure soos dié wat die ou Leendra na vore laat kom.  Lucia help Leendra op haar ontwikkelingspad wanneer sy geheime omtrent Phil met haar deel sodat Leendra die waarheid kan weet.  Wanneer Samuel Hendrik se bankrotskap bevraagteken weet Leendra dat sy nou ʼn kans het om die verlede uit te daag en dit sal haar vry maak om as nuwe mens te ontwikkel.  Leendra se karakter raak meer menslik en sy erken dat sy dolverlief is op Samuel en voel duiselig wanneer hy haar voor almal soen.  Leendra daag oom Phil uit oor die leuens van die verlede, want sy kom tot die insig dat die gebeure soos hy dit skets, beslis nie waar is nie.  Wanneer Leendra en Samuel eindelik trou bied dit aan haar die geleentheid om ʼn nuwe lewe te begin, want sy is nou vry van die hartseer en tragiese gebeure in haar verlede. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Soutmansdal/Die Weskus √ 1 7.2 Kêppies Killian √ 1 Die verteller gebruik die uitsteltegniek om die leser geïnteresseerd te hou./Die verteller skep spanning by die leser./Die verteller deel met die leser sy vrees/onsekerhede oor die Kleinkloof. √ 1 7.3 Direkte beskrywing/Benaming/Naamgewing √ 1 Die karakter het moontlik ʼn vurige humeur gehad./was moontlik ʼn moeilike man./het moontlik rooi hare gehad. √ 1 7.4 Sout is in Droomdelwers ʼn belangrike lewensmiddel omdat die mense uit 1 die soutmyn ʼn lewe vir hulself maak. √ Sout raak ook in die roman ʼn simbool vir die menslike deug./die manier hoe die mens veronderstel is om op te tree (die mens moet sout van die aarde wees). √ 1 7.5 Nuuskierigheid √ 1 Ja Ant Sweetie skryf aan Leendra in die tronk./ Ant Sweetie bederf Leendra met spesiale etes. Ant Sweetie is deel haar bekommernisse/vrese/opgewondenheid oor Leendra met Bontie soos ʼn ma oor haar dogter sal maak. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan. 7.6 Sy was (vir sewe jaar) in die tronk. √ 1 Sy wil weet wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is, maar het geen idee nie. √ 1 Haar oom Phil is die naaste familielid wat sy nog het/is haar ma se broer, maar hy het nie met haar kontak gemaak toe sy in die tronk was nie. √ 1 Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt noem. 7.7 Die eerste granietblok word in die Kleinkloof uitgeskiet. √ Western Mining het die Agterkloof gedelf op soek na die droom/vooruitsigte van graniet/finansiële voorspoed. √ 1 Leendra delf in die roman in die verlede/haar huidige omstandighede/haarself op soek na onbeantwoorde vrae/geluk/vryheid/ 1 vrede./ Die droom bestaan by Leendra om bevry te word van ʼn verlede waarin sy vasgevang is as sy dieper delf/antwoorde soek./ Die delf in die verlede bied aan Leendra die droom van ʼn beter toekoms. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) 7.8 Leendra onthou dat ʼn Italianer die dag van die ontploffing/haar ouers se dood in die Kleinkloof was./Sy verbind Mario met haar ouers se dood. √ 1 7.9 Leendra se hartseer/plek van hartseer (die Kleinkloof) was die inspirasie vir die naam van die nuwe graniet wat ontdek is. √ 1 Ja Dolorosa beteken verdriet en Leendra is steeds hartseer oor die gebeure uit haar verlede. OF Nee Leendra is in hierdie stadium van die roman nie meer so verdrietig soos vroeër nie. √ 1 7.10 Ja Leendra is nie meer so gebroke/seer/vasgevang in die gebeure van die verlede nie, want sy is verlief op Samuel./het nuwe liefde gevind./is opgewonde oor wat die toekoms/die ontdekking van graniet vir die gemeenskap inhou. √ 1 7.11 Western Mining het Vlaktevlei by die Redelinghuyse uitgekoop. √ 1 Die Redelinghuyse het die geld gebruik om Pelican Bay droog te lê om daar hul vakansieoord aan te lê. √ 1 Die Vlaktevleiers kon hul huise en gemeenskap behou./hoef nie meer verskuif te word nie./Baie Vlaktevleiers het werk bo in die granietmyn gekry. √ 1 7.12 Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat hebsug/geldgierigheid op mense/gemeenskappe kan hê. √ 1 [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 MY JAPAN – Schalk Schoombee VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Ilse kom deur die verloop van die drama tot nuwe insigte en ondergaan dus karakterontwikkeling.  Ilse rebelleer teen haar ma se hoë verwagtinge omdat sy gefrustreerd is met haar huislike omstandighede.  Ilse se verhouding met haar ma is erg problematies omdat sy kwaad is oor die disfunksionaliteit van hul situasie.  Ilse se ryke verbeelding help haar om van die hartseer hede te ontsnap, want sy vind dit nodig om na ʼn ander werklikheid verplaas te word.  Ilse is kwaad omdat haar gesin verbrokkel het, want die tragedie van haar broer se dood het ongelukkig permanente skade aangerig.  Ilse ervaar skuldgevoelens oor haar broer wat verdrink het omdat sy veronderstel was om na hom te kyk.  Ilse ontsnap na haar verbeeldingswêreld wanneer haar skuldgevoelens haar onderkry, want sy idealiseer Japan waar Engela woon.  Omdat Ilse ontevrede is met haar gesin, skep sy in haar verbeeldingswêreld vir haar ʼn nuwe, gelukkige Japannese gesin.  Ilse se onvermoë om as karakter te ontwikkel is gesetel in die trauma wat sy in haar lewe beleef het, want haar broer se dood en haar ouers se optrede laat haar hartseer voel.  Ilse en haar ma se verhouding bly verswak, want hul kommunikeer nie oor hul verlies nie.  Ilse se karakterontwikkeling word verder gestrem omdat sy en haar ma nie hul verlies verwerk nie.  Ilse het ʼn sterk wil van haar eie en verwerp haar ma se insette in haar akademie om eerder haar eie kop te volg.  Lukas het ʼn bydrae gelewer tot Ilse se karakterontwikkeling, want hul ontwikkel ʼn goeie vriendskap omdat hy haar ondersteun en haar vertroue wen.  Ilse begin empatie en begrip vir mense toon toe sy haar tot Elzette wend wat haarself sny.  Ilse identifiseer met Elzette se probleem omdat sy ook soos ʼn buitestander voel.  Engela het ʼn groot invloed op Ilse se ontwikkeling omdat hulle baie erg oor mekaar is en gereeld kommunikeer.  Engela dra by tot Ilse se nugtere beskouing van die lewe wanneer sy vir haar vertel dat alles omtrent Japan nie net wonderlik is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017)  Ilse ontwikkel dan van ʼn tiener wat deur haar skuldgevoelens verteer word omdat sy deur ander karakters tot nuwe insigte omtrent die lewe kom.  Ilse is eindelik ʼn jong volwassene wat insig in haar probleme kry, want sy word aan ander se ervaringswêrelde en probleme blootgestel.  Ilse wil ontslae raak van die skynbeeld wat sy voorhou, want sy trek haar kimono uit en hang dit op die wasgoeddraad.  Ilse verwerk haar seer, want sy besef dat sy nie kan toelaat dat die seer van die verlede haar verder negatief beïnvloed nie.  Ilse ontwikkel eindelik haar eie identiteit wanneer sy tot die insig kom dat sy nie in Japan hoef te wees om die ware Ilse te wees nie.  Ilse se verhouding met haar ma word herstel, want sy maak haar hart vir haar oop toe sy verduidelik wat die dag van Danie se dood gebeur het.  Ilse trek haar kimono later weer uit omdat sy gereed is om afstand te doen van haar obsessie met Japan.  Ilse kom tot die insig dat Marioko San en Jun nie haar werklike ouers is nie, want sy aanvaar dat haar pa in Australië woon en haar ma als in haar vermoë doen om haar te ondersteun.  Ilse weet aan die einde van die roman wie sy is, wat sy wil hê en wat sy wil doen, want sy het as karakter tot iemand met insig ontwikkel. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2017) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Die karakters word aan die gehoor bekendgestel./Dit is die eerste toneel van die drama. √ 1 9.2 Ilse ervaar skuldgevoelens oor haar broer wat in die stormwaterpyp verdrink het, want sy voel sy was veronderstel om na hom om te sien. √ 1 Die kandidaat moet beide kante van die konflik vir EEN punt noem. Sy ontsnap na ʼn verbeeldingswêreld./na ‘haar’ Japan. √ 1 9.3 Hulle optrede – die kleur pilletjies wat hul uitdeel – reflekteer die gevoel/emosies in die gebeure van daardie spesifieke toneel. √ 1 Hul verskyning herinner aan Ilse se ma wat destyds in die Grootvlei Inrigting opgeneem is. √ 1 9.4 Dit skep ʼn onheilspellende atmosfeer/spanning. √ 1 9.5 Die ellips dui op ʼn dramatiese stilte./bied aan die leser die geleentheid om verder oor die beeld te dink. √ 1 9.6 Ilse is pessimisties/negatief. √ 1 Ja. Ilse se ouers is geskei./Ilse se pa het hul verlaat./woon nou in Australië. OF Nee. Ilse se pessimisme/negatiwiteit is as gevolg van haar broer se dood. √ 1 Ilse se Japannese ouers is gelukkig, terwyl haar ouers geskei is./Ilse se Japannese ma leer haar om onderdanig aan haar man te wees, terwyl haar werklike ma haar leer om selfversorgend te wees./Ilse se Japannese ouers verbeeld vrede/geluk/eenheid, terwyl haar werklike ouers gebrokenheid/hartseer verbeeld. √ 1 Die kandidaat moet beide kante van die verskil vir EEN punt aandui. 9.7 Hy is ʼn monster met kloue vir hande./ʼn harige gesig./met ʼn groot oop mond./met ’n rooi tong./wie se lyf in ʼn swart wolk bokant die vloedhekke versteek word./Hy verskyn gewoonlik in die somer./open die vloedhek sodat die land oorstroom. √√ 2 Die beeld verwys funksioneel na Danie/Ilse se broer wat in die stormwaterpyp verdrink het. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) 9.8 Ilse – sy is nie Japannees nie. √ 1 Ilse se ma – sy wil net ʼn ma wees en nie ʼn beroepsvrou nie. √ 1 Gerrit en Wim – hul hunker na ʼn eie identiteit. √ 1 Lukas – hoewel hy ʼn grapmaker is, is hy ook geraak deur die gebeure. √ 1 9.9 Elzette is ʼn Goth./het ʼn baie donker/neerdrukkende/depressiewe gemoed./Elzette sny haarself. √ 1 Gotham City √ 1 Elzette wil ontslae raak van haar donker, neerdrukkende gemoed/Elzette wil dinge bevraagteken, want sy is op diepere denke ingestel. √ 1 9.10 Ja Ilse maak in die volgende toneel haar hart oop vir haar ma toe sy verduidelik wat die dag van Danie se dood gebeur het./ Ilse en haar ma vind mekaar toe hul in ʼn emosionele omhelsing bly stilstaan./ Ilse trek haar kimono uit as bewys dat sy afstand doen van haar obsessie met Japan./Ilse aanvaar dat sy nie Amaja is nie./Ilse aanvaar dat Marioka San nie haar pa is nie./Jun nie haar ma is nie./haar pa in Australië woon./haar ma haar beste vir haar doen om haar te ondersteun. √√ 2 9.11 Ilse se ma het nou ʼn ommekeer beleef, want sy kom tot die insig dat sy nog ʼn dogter het vir wie sy ʼn goeie ma wil wees./vir wie sy baie lief is./op wie sy baie trots is, terwyl sy in TEKS C nog gebroke/hartseer/verpletterd was oor die dood van haar seun. √ 1 9.12 ʼn Tragedie kan ʼn geweldige negatiewe invloed op ʼn gesin hê./ʼn Tragedie kan ʼn gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √ 1 Die kandidaat formuleer binne konteks ʼn eie boodskap, bv. Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat daar tog hoop is as ongeluk my tref. √ 1 [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, onderwerp onderwerp goed onderwerp die onderwerp ˗ Geen verwysing na die verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die behoorlik uit die gedig gedetailleerd van die onderwerp ondersteun nie genre en gedig onder 7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie ˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre van die genre en gedig maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig goed gemotiveer nie altyd oortuigend nie ˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van gedig duidelik genre en gedig STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak Struktuur, logiese vloei struktuur. logiese vloei van struktuur tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute en aanbieding ˗ Argumente goed argument ˗ ʼn Goed beplanning ˗ Foutiewe styl Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word logiese vloei en logies gerangskik ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie 3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek in die opstel ˗ Taalfoute styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend beïndruk en is korrek toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie ˗ Grammatika, spelling gepas geskik nie en punktuasie feitlik foutvry VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2017) AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ Swak poging om die verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord. insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig interpretasie van gedetailleerd ˗ Enkele goeie punte nie nie 15 PUNTE onderwerp ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die ˗ Leerder het nie die ˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp onderwerp genre en teks onder argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun die knie nie behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie word ondersteun, ˗ Baie min relevante gerugsteun is ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente ˗ Uitstekende begrip van teks duidelik altyd oortuigend nie ˗ Weinig begrip van die genre en teks ˗ Basiese begrip van genre en teks genre en teks STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan en aanbieding struktuur ˗ Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument ˗ Logika en samehang beplanning belemmer vloei van gebruik in opstel en slot ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente ˗ Argumente goed paragrawe foute logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe 10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie styl laat hierdie is duidelike georganiseer toon en styl meestal ˗ Taalfoute skryfstuk misluk ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en gepas beduidend ˗ Styl en toon nie ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie geskik nie styl is volwasse, dit meestal korrek geskik nie ˗ Paragrafering foutief beïndruk en is korrek ˗ Paragrafering foutief VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all