Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11202017 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN (EKSEMPLAAR) PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate moet die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor DIESELFDE genre beantwoord.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste afdeling nagesien. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyn nagesien. 6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Die aarde word bedreig deur besoedeling, want lug-geraas en waterbesoedeling word in hierdie gedig van naderby bekyk.  Lugbesoedeling deur die mens se verkeerde/nalatige optrede lei tot die gat in die osoonlaag wat natuurrampe tot gevolg het.  Die gasse wat in mensgemaakte aërosolkannetjies vrygelaat word, veroorsaak gate in die osoonlaag.  Stygende water en poolstreke wat smelt is die mens se handewerk deur lugbesoedeling.  Die gate in die osoonlaag laat die pole smelt sodat die seevlakke styg en die mens later geen beheer daaroor het nie.  Die natuur word deur die mens vernietig omdat die groen reënwoude dan verdwyn. (en ʼn wanbalans in die omgewing is die gevolg.)  Die mens besoedel die riviere en die see wat dan tot vrektes van ons waterlewe lei.  Diere begin soos karkasse lyk omdat hul ondervoed is deur die mens wat nie behoorlik na die diereryk omsien nie.  Die mens veroorsaak kernkragongelukke by Tjernobil en Three Mile Island wat verreikende gevolge vir menslike bestaan inhou.  Die uitstraling van radioaktiewe stowwe veroorsaak dat menselewens geëis word.  Die mens ontwikkel op tegnologiese gebied, maar die eindeinde is dat die kernkragafval langs skatkamers edelgesteentes geberg word.  Die mens se optrede het tot gevolg dat oseane in riool verander.  Die seelewe word vernietig, want branders word swart van oliebesoedeling deur die mens se toedoen.  Die mens se optrede getuig van onverantwoordelikheid ten opsigte van die seelewe, want dooie visse spoel op strande uit.  Die mens kyk nie na die voëls nie, want hul sing ʼn swanesang van ʼn verlore paradys.  Die mens het nie met die nodige verantwoordelikheid versigtig met God se skepping omgegaan nie omdat hul hul eie god geword het. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Afrika, my Afrika Vraag Antwoord Punt 2.1 Afrika √ 1 2.2 Daar is ontwikkeling in die omvang/grootheid van die (soort) bedreigings in Afrika./ Die bedreigings begin by die klein/konkrete op aarde, dan word daar verwys na ’n natuurtoestand, dan ’n weerramp en eindelik ’n ramp uit die ruimte. √ 1 2.3 Tersine √ 1 Elke bedreiging word in afsonderlike strofes aangeraak sodat elkeen beklemtoon word. / Die eerste strofe lei die gedig treffend in deur te noem wat die bedreigings is en dan word elke bedreiging afsonderlik in ’n strofe aangespreek. / Elke bedreiging word afsonderlik in ’n strofe aangespreek 1 en die grootste bedreiging word in die slotstrofe as klimaks aangebied. √ 2.4 Hiperbool – Die klein muskiet word voorgestel as ’n prospekteerder (wat oor ’n wye area prospekteer op soek na minerale). √ 1 Metafoor – Die steekaksie van die musiek se monddele word vergelyk met die pompaksie van ’n boor in die myn. √ 1 Metafoor – Die mens se vel/liggaam word as vlakte voorgestel. √ 1 2.5 Die koppelteken beklemtoon die sprong. / bewerkstellig enjambement wat die gedig bind. √ 1 2.6 Die stemming verander van ’n spottende toon na ’n ernstigheid skielik. √ 1 Die kandidate kan slegs die verandering in stemming aandui as hul verwys na hoe dit was – en nou skielik is – beide kante dus vir EEN punt. Die slotstrofe roep die hartseer Afrika-geskiedenis op./ Die slotstrofe verwys na uitbuiting/slawerny/siekte/honger/droogte/geweld in Afrika. √ 1 [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vraag Vraag Antwoord Punt 3.1 Die vraag verwys na die verskil tussen verliefdheid en liefde./Die spreker vra wat is verliefdheid en wat is liefde. √ 1 Die kandidaat moet na verliefdheid én liefde in sy/haar antwoord verwys. 3.2 Dit is eksperimenteel/met ’n eksperiment/deur waarneming vasgestel. √ 1 Die woorde word deur die aandagstrepe beklemtoon. √ 1 3.3 Die wending begin met ʼn (neweskikkende) voegwoord/met die woord “Maar” √ 1 3.4 Wat gebeur as verliefdheid nie net verbygaan nie, maar as dit in liefde (wat broos is) ontwikkel? √ 1 Lyflike/Liggaamlike drif/Drang/Hartstog √ 1 3.5 Ja. Wanneer ’n mens lief is vir iemand, verstaan jul die nie-verbale kommunikasie/fyn nuanses/sintuiglike waarneming/oogkontak en (lag) uitdrukkings van mekaar baie goed. OF Nee. Dit is nie noodwendig so dat ’n mens eers lief hoef te wees vir iemand om 1 die fyn nuanses tussen mekaar op te let nie – dit kan in die verliefweesfase reeds gebeur. √ 3.6 Liefde is kompleks. √ 1 Die kandidaat formuleer vir EEN punt ’n eie boodskap binne konteks van die tema, bv. Ek het opnuut geleer dat liefde broos/bedrieglik kan wees./ Ek het opnuut geleer dat ek my nie moet misgis met verliefdheid/liefde nie. √ 1 Die soeke na antwoorde oor die liefde is, soos die kom en gaan van getye, tydloos en sal nooit ten volle beantwoord/verstaan kan word nie. √ 1 Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – My hand ritsel Vraag Antwoord Punt 4.1 Blare ritsel gewoonlik in die wind; nie ’n hand nie. √ 1 Die titel verwys na ’n skeppende/skrywende hand. √ 1 ’n Digter √ 1 4.2 Vergelyking √ 1 4.3 Die inversie word gebruik om papier in die rymposisie met skemeruur te plaas./om paarrym moontlik te maak./ Die voorplasing van ritsel in hierdie versreël beklemtoon die skeppende hand/proses./ Dit help om die ritme/metrum in die gedig te behou. √ 1 4.4 Denotatief – die woord kan na die (landbou)streek in die Wes-Kaap 1 verwys. √ Konnotatief – die woord kan na die spreker se depressiewe/donker gemoed 1 verwys. √ 4.5 Die digter is nog onervare. √ 1 4.6 Die skeppingsproses begin in die skemer, hou deur die nag aan en eindig (met ’n voltooide gedig) met dagbreek die volgende oggend. √ 1 Die boodskap word ondersteun deurdat die leser besef ’n mens moet skryf wat jy kan voordat die woorde soos droë blare wegritsel./Al is die skryfpoging onvolmaak, moet ’n mens jou gedagtes neerpen voordat dit verdwyn. √ 1 [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Moedertaal Vraag Antwoord Punt 5.1 Die gebruik van Engelse woorde, bv. kritisaais/change Die verhoging van die klinkers/vokale, bv. soes Klankweglating, bv. maa/ve’wag Die gebruik van assimilasie, bv. doenit Voorvoeging, bv. djy √ 1 5.2 ʼn Ma √ 1 Sy dink dit is die regte Afrikaans./Dit is die korrekte/goeie manier van Afrikaanspraat./Sy is positief oor Standaardafrikaans./Sy is nie negatief oor Standaardafrikaans nie. √ 1 5.3 Dis hoekom sy haar kind verder laat studeer het. √ 1 5.4 Die enjambement beklemtoon dat die skryf/gebruik van Kaaps/Kaapse- Afrikaans nie gestuit kan word nie/aanhou gebruik word/meer en meer gebruik word. √ 1 5.5 Die spreker verklaar dat haar seun nie van haar moet verwag om haar moedertaal (nou) te verander nie./om nou Standaardafrikaans te praat 1 nie. √ ’n Mens sou verwag dat die spreker trots is op haar taalgebruik / moedertaal, maar sy misken eintlik Kaaps/Kaapse-Afrikaans, want sy het 1 haar seun laat studeer om regte Afrikaans te kan praat. √ Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt noem. 5.6 Koeplet √ 1 Geen vaste strofebou/Geen vaste rymskema/Onreëlmatige gebruik van hoofletters √√ 2 Die kandidaat noem enige TWEE redes vir EEN punt elk. [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: ROMAN Beantwoord TWEE vrae. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DROOMDELWERS – Esta Steyn Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Klip dui in hierdie roman op standvastigheid en welvaart, want Western Mining is op soek na graniet wat juis dít vir hul maatskappy sal inhou.  Dit is belangrik dat klip/graniet ontgin word, juis vir die standvastigheid en welvaart van die hele kontrei, want die meerderheid inwoners kry swaar.  Samuel word bewus dat Sielie die sleutel tot die antwoord is waar hy die besondere graniet kan kry, want sy het vir hom appelkooskleurige klippe gewys.  Samuel sê vir Sielie dat sy hom ’n groot guns bewys het deur vir hom te wys waar die klippe is, want hy kon verdere toetse doen om te bepaal of hier spesiale graniet is.  Die delwersgedagte in die romantitel verwys na die delfproses om die nuwe klip/graniet te vind sodat standvastigheid en welvaart vir die gemeenskap beskore is.  Die nuwe graniet word Dream Dolorosa genoem omdat dit ooreenkomste met Leendra se voorkoms en geaardheid toon. Dit sluit daarom aan by die droombeeld in die titel.  Die letterlike delwery op soek na klip/graniet het gelei tot ’n konnotatiewe delfproses van elke karakter binne hulself sodat hul later die droom van vryheid van hul verlede/hartseer kon smaak.  Die granietvonds het meegebring dat die wyer gemeenskap se droom bewaarheid is, want die Vlakteveliers is nie aan die onmoontlike omstandighede uitgelewer nie en die Redelinghuyse se vakansieoordprojek is op ’n vredevolle manier geloods.  Die klip/graniet bring standvastigheid vir die karakters, want in hierdie delfproses ontmoet Leendra en Samuel mekaar, vind liefde en trou.  Die graniet/klip bring vir Gretel standvastigheid wanneer sy en Mario eindelik trou en saam ’n nuwe lewe begin.  Die graniet/klip het aan die hele kontrei hoop en standvastigheid gebring, want die Vlaktevleiers is nie ontwortel nie en nuwe werksgeleenthede is geskep.  Glas dui in die roman op broosheid, versplintering en ontnugtering, want net soos glas breekbaar is, is die karakters broos na emosionele ervarings.  Toe die Vlaktevleiers/Suidhoekers tydens die veragdering bierbottels gooi en ruite breek, is die Redelinghuyse ontnugter deur die ware gevoel wat onder die Vlaktevleiers heers oor die beplande verskuiwings.  Sielie het haar popgesin in ’n glaskassie uitgestal om te wys dat die verlede verby is, maar dat dit tog altyd daar sal wees om te onthou. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9  Die beeld van die popgesin agter glas herinner aan die broosheid van die situasie waarbinne Sielie haar bevind, want sy is ook broos gelaat deur die moord op haar ouers.  Die popgesin agter glas herinner ook aan die versplintering van die Van Heelberg-gesin nadat hul ouers oorlede is en Leendra tronk toe moes gaan.  Sielie se eie lewe is versplinter, want in die gasontploffing het sy emosionele skade opgedoen en haar ontwikkeling het by die van ’n elfjarige kind stilgestaan.  Dit bly ’n droom dat Sielie normaal sal begin praat en optree; daarom was dit nodig vir die konnotatiewe delfproses – die antwoorde het Sielie eindelik vrygemaak van haar broosheid en versplintering.  Die popgesin dui in die roman op die ontvlugting van die werklikheid en soeke na antwoorde, want Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar verbeeldingsvlugte en ontvlug die hede deur hierdie fantasiegesin.  Die leser kry slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit verhoog dus die spanning.  Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording van onopgeloste vrae gelei omdat sy die verlede voor haar sien afspeel.  Hierdie fantasiegesin help haar om eindelik vry te word/emosioneel gesond te word sodat sy as jong meisie tot nuwe insigte kon ontwikkel. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Leendra loop Gilbert die eerste keer sedert haar vrylating buite die munisipale gebou (in Dwarsmansdal) raak. √ 1 7.2 Gilbert en sy ma het Leendra van diefstal beskuldig./haar afgedank omdat sy kwansuis gesteel het./ Gilbert het valse getuienis teen Leendra in die hof gelewer./ Gilbert het die lewe vir Leendra moeilik gemaak omdat hy ’n verhouding met haar wou aanknoop, maar sy wou nie, want sy was in ’n verhouding met Ferdinand. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE van die redes vir EEN punt elk aan. 7.3 Ja Leendra is kwaad omdat Samuel met sy karavaan en tent in die Kleinkloof staan en is baie ongeskik wanneer sy sê hy moet padgee/trek sy tentpenne uit. √ 1 Ja Leendra tree altyd sag/simpatiek/beskermend teenoor Sielie op. √ 1 7.4 Sielie ly aan erge skok/trauma na haar ouers se dood en het sedertdien ’n spraakgebrek. √ 1 Dié troetelnaam beklemtoon Sielie se weerloosheid/broosheid./wek simpatie en deernis by die leser. √ 1 7.5 Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder of sy haar sal onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie voel dat sy iets omtrent die situasie kan doen/verander nie. / Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie en dit vreet haar op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ʼn kans op vryheid./ Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange in die hartseer verlede waaruit sy wil ontsnap./ Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se dood omdat sy besef die verhouding het ʼn negatiewe impak op haar verhouding met haar ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers kon jammer sê nie. √√√ 3 Die kandidaat bied enige DIE soortgelyke voorbeelde van innerlike konflik aan en beide kante van die konflik word aangebied vir EEN punt elk. Ja. Leendra kry die antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood wat haar ook vryheid besorg./Leendra maak vrede met die verlede toe haar antwoorde omtrent haar ouers se dood opgelos is./Leendra vind liefde in Samuel en kan die toekoms positief ingaan sonder wroeginge oor ’n 1 hartseer verlede. √ Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 7.6 Dream Dolorosa √ 1 smart/droefheid/leed √ 1 Ja. Die graniet is op die plek van Leendra se hartseer/droefheid (waar haar ouers gesterf het) ontgin./Mario en Samuel het op die plek van Leendra se hartseer gedelf. √ 1 7.7 Verwikkeling/Ontwikkeling √ 1 Dit is waar die verhouding tussen karakters al meer gespanne word/konflik toeneem as gevolg van die waarheid wat Leendra omtrent oom Phil uitvind. √ 1 7.8 Eerstepersoonsverteller/Ek-verteller √ 1 Die verteller bied ’n eerlike/direkte/geloofwaardige vertelling omtrent Phil se skelmstreke./Sy ken Phil daarom kan sy die leser omtrent Phil se skelmstreke inlig. √ 1 ’n Derdepersoonsverteller sou nie so ’n eerstehandse/eerlike/geloofwaardige vertelling kon bied nie, want so ’n soort verteller kan nie so naby aan Phil leef/beweeg om hierdie geheime omtrent sy handelinge te ontbloot nie. √ 1 7.9 Die verteller bou/verhoog die spanning (omdat die leser weet Phil is tuis.) √ 1 7.10 Ja. Lucia ontbloot Phil as ’n misdadiger./ Lucia bied emosionele ondersteuning aan Leendra en Sielie./tree as ma vir Leendra en Sielie op. √√ 2 Ja. Wanneer Lucia vir Leendra oor Phil se skelmstreke inlig, help dit haar om die onopgeloste antwoorde rondom haar ouers se dood uit te vind sodat sy eindelik vrygemaak kon word van ’n harseer verlede./ Wanneer Lucia besluit om van Phil te skei, bevry sy haarself uit ’n negatiewe omgewing. √ 1 7.11 In TEKS A is Leendra uitdagend/uitgesproke, maar in reël 15–19 van TEKS B is sy beangs/teruggetrokke/stil. √ 1 7.12 Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat hebsug/geldgierigheid op mense/gemeenskappe kan hê. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) MY JAPAN – Schalk Schoombee VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Die wasgoeddraad maak deel uit van die dekor en is daarom ’n belangrike fokuspunt in die drama.  Die wasgoeddrade verdeel die verhoog in twee dele omdat hulle horisontaal en parallel oor die verhoog gespan is.  Die wasgoeddraad help om aanvanklik konteks aan die verhaalgebeure te gee omdat die karakters en figure tussen die wasgoed verskyn en verdwyn.  Skadufigure wat op die wasgoeddraad geprojekteer word help om spanning te skep, want die leser kan die onheilspellendheid in die donker figure aanvoel.  Omdat die wasgoedlyn na weerskante van die verhoog gekatrol kan word, word beweging bewerkstellig wat byvoorbeeld die effek van die wind wat waai, behoorlik skep.  Die draad word ook as rekwisiet ingespan, want die wasgoed wat wapper of gestrooi lê ondersteun die intrige. Tydens Ilse se toespraak, word die wasgoed die puin wat na die tsoenami oorbly.  Die ma is aan die begin van die drama besig om wasgoed op te hang waar die verlede uitgebeeld word, maar later in die drama verstaan die leser/kyker die simboliese betekenis van wat uitgebeeld is.  Die wasgoedlyn dui telkens ’n nuwe ruimte aan, want Ilse stap byvoorbeeld deur die wasgoed skool toe en die kinders kom die klaskamer deur die wasgoed binne.  Op konnotatiewe vlak verkry die wasgoed betekenis wanneer ons die idiomatiese uitdrukking ‘om jou wasgoed in die openbaar te was’ oproep, want in hierdie drama word alles wat agter geslote deure gebeur, aan almal vertel.  Die karakters is besig om hul vuil wasgoed in die openbaar te was en so kom die gehoor te wete wat die oorsaak van Ilse-hulle se gesinsverbrokkeling is.  Die wasgoeddraad wil telkens simboliese waarde aan gebeure koppel vir trefkrag, soos wanneer die verhoog sonder wasgoed is as die ma die grys pilletjies vir smart en onthou drink, want die geeste het dit afgehaal en saamgevat om te bewys dat die ma se smart besig is om te verdwyn en dit dui dus haar herstel aan.  ’n Ander simboliese oomblik is die stilte voor die tsoenami kom, soos uitgebeeld in Ilse se toespraak, en die wasgoed wat dan doodstil hang.  Wanneer Ilse haar kimono uittrek en op die wasgoeddraad hang, besef sy dat Japan net ’n illusie is, want sy moet die werklikheid kan aanvaar.  Elke keer wanneer ’n karakter (in Toneel 10) sy/haar klere op die draad hang, verskaf hul ’n rede waarom hul van hierdie beeld van hul ontslae wil raak en so word die wasgoeddraad vir elkeen ’n simbool van bevryding van dit waarvan hul (emosioneel) ontslae wil raak.  Eindelik word die karakters, soos wasgoed wat gewas word, gereinig/skoon van ’n hartseer verlede. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Die seuns het baklei. √ 1 9.2 Ilse is meer volwasse as die groep./Ilse meng nie met die res van die groep nie./Ilse verkies haar eie geselskap of verbeeldingsvlugte bo gesprekke met vriende./Ilse toon empatie met Elzette wat haarself sny. √ 1 Elzette is ’n goth. √ 1 9.3 Toneelaanwysings/Neweteks √ 1 Dit gee spelleiding aan die regisseur/karakters hoedat hul moet optree: die meisies moet nou giggel terwyl Elzette hulle aangluur./ Dit gee spelleiding oor hoe die karakters moet optree om die spanning hier te verhoog. √ 1 Die L-Bende √ 1 9.4 Ja. Ilse se huislike omstandighede/milieu herinner haar aan hul hartseer verlede/haar boetie se dood/haar gesin se verbrokkeling en daarom is dit geregverdig om te dink dat sy van dié hartseer kan/wil vergeet wanneer sy Japan toe gaan. √ 1 Ja. Ilse het nodig om onder haar ma se streng oog uit te kom om haar eie stem te vind./Ilse moet breek met haar hartseer verlede en daarom kan ’n nuwe lewe in die vreemde haar dalk help om innerlike vrede te vind. Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. OF Nee. Dit sal nie help om (Japan toe) te probeer vlug van die werklikheid van Ilse se hartseer situasie by haar ouerhuis nie, want die hartseer sal haar volg waarookal sy gaan as sy nie vrede maak met wat gebeur het nie./Ilse kan nie haar ma alleen agterlaat nie; hulle het mekaar nou baie nodig. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan. 9.5 Japan is Ilse se verbeeldingswêreld waarheen sy ontvlug as dinge te veel vir haar word. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) 9.6 Uiterlike konflik √ 1 Ja. Wanneer die leerders elkeen aan die einde van die drama hul klere op die draad hang, verklaar hul dat hul van ’n spesifieke negatiewe beeld ontslae wil raak en daarom die suggestie dat hul afstand doen van die ou-self en die ander karakters sal aanvaar vir wie hul werklik is. OF Nee. Die karakters hang hul identiteitkledingstukke simbolies op die wasgoeddraad, maar dit is nie noodwendig so dat wanneer hul afstand doen van hul ou-self dat hul nie in konflik met ander mense sal staan nie./Daar is geen besliste bewys in die drama dat die leerders se konflik met mekaar opgelos is nie. √ 1 9.7 Ilse en haar ma is gedurig in konflik/baklei gereeld met mekaar omdat Ilse nie wil doen soos haar ma sê nie./Omdat Mercia nie aan Ilse se wense/drome gehoor wil gee nie. √ 1 9.8 Die ma’s soek na die tsoenami tussen die puin na die slagoffers net soos Mercia vroeër na Danie gesoek het toe hy verdwyn het. √ 1 9.9 Verwikkeling/Ontwikkeling √ 1 Dit is waar die verhouding tussen karakters al meer gespanne word/konflik toeneem as gevolg van die hartseer wat tussen Ilse en haar ma staan. √ 1 Ons sien tydspronge (tussen die hede en verlede) in hierdie drama. √ 1 9.10 Die pilletjies wat uitgedeel word is tekenend van die emosies en gevoel van die gebeure wat op daardie tydstip op die verhoog afspeel. √ 1 Grootvlei-inrigting √ 1 9.11 Denotatief – Futakuchi-onna √ 1 Konnotatief – Ilse se ma openbaar twee kante: aan die een kant die hartseer/moeilike/aanhoudende/verslonste ma en aan die ander kant die professionele beroepsvrou. √ 1 Ja Ilse se ma projekteer haar hartseer/verlies op Ilse en dan is sy weer skielik ’n professionele beroepsvrou wat sterk en in beheer voorkom. √ 1 Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie. Ilse en haar ma het in die ontboesemingtoneel mekaar vrygespreek van enige aandeel aan/skuld vir Danie se dood en die konflik is so opgelos./ Ilse se ma laat Ilse toe om Japan toe te gaan en haar droom te gaan uitleef. / Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 Ilse het ook geen normale/konvensionele manier waarop sy na haar ma kyk/haar ma ervaar nie./ Ilse se verbeeldingswêreld dra daartoe by dat sy ook nie ’n normale/ konvensionele beskouing van mense het nie./ Ilse dink nie sy het ’n normale ma nie, maar eerder ’n monster met twee monde. √ 1 9.12 ʼn Tragedie kan ʼn geweldige negatiewe invloed op ʼn gesin hê./ʼn Tragedie kan ʼn gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √ 1 Die kandidaat formuleer binne konteks ʼn eie boodskap, bv. Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat daar tog hoop is as ongeluk my tref. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp interpretasie van onderwerp en het interpretasie van interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, onderwerp die onderwerp goed die onderwerp. die onderwerp ˗ Geen verwysing na die verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer ˗ Enkele goeie ˗ Byna geen punte gedig nie insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik punte ter wat die ˗ Leerder het nie die behoorlik uit die gedig gedetailleerd ondersteuning van onderwerp genre en gedig onder 7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike die onderwerp ondersteun nie die knie nie ˗ Uitstekende argumente gegee, ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende begrip van die maar nie almal ewe word ondersteun, begrip van genre genre en gedig. goed gemotiveer maar bewyse nie en gedig nie altyd oortuigend ˗ Begrip van genre nie en gedig duidelik. ˗ Basiese begrip van genre en gedig STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak Struktuur, logiese vloei struktuur. en logiese vloei van struktuur tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute en aanbieding ˗ Argumente goed argument ˗ ʼn Goed beplanning ˗ Foutiewe styl Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie gebruik in opstel daar is duidelike kan gevolg word logiese vloei en logies ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon samehang ontbreek in gerangskik nie 3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks die opstel ˗ Taalfoute en styl is volwasse, korrek ˗ Geringe taalfoute; toon beduidend dit beïndruk en is en styl meestal gepas ˗ Toon en styl nie korrek geskik nie ˗ Grammatika, spelling en punktuasie feitlik foutvry VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 Interpretasie van ˗ Uitsonderlike ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp respons: 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ Swak poging om die verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord. insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig nie interpretasie van gedetailleerd ˗ Enkele goeie punte nie ˗ Leerder het nie die 15 PUNTE onderwerp ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die genre en teks onder ˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp onderwerp die knie nie argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun behoorlik uit die goed gemotiveer nie word ondersteun, ˗ Baie min relevante gedig gerugsteun is ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente ˗ Uitstekende begrip teks duidelik altyd oortuigend nie ˗ Weinig begrip van van die genre en teks ˗ Basiese begrip van genre en teks genre en teks STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan beplande en aanbieding struktuur ˗ Logiese vloei van struktuur tekens van swak struktuur belemmer Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument ˗ Logika en samehang beplanning vloei van argumente gebruik in opstel ˗ Argumente nie ˗ Taalfoute en foutiewe en slot ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente goed paragrawe foute logies gerangskik styl laat hierdie 10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; toon nie skryfstuk misluk is duidelike georganiseer en styl meestal gepas ˗ Taalfoute ˗ Styl en toon nie geskik ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en ˗ Paragrafering meestal beduidend nie ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek korrek ˗ Toon en styl nie ˗ Paragrafering foutief styl is volwasse, dit geskik nie beïndruk en is korrek ˗ Paragrafering foutief VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all