Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V3
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape November 2020, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)50 marks
- Question 1.4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.
AFDELING A: Opstel (50 punte)
AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50 punte)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde,
ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk
gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 100 minute
AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 350 tot 400 woorde.
Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Toe wéét ek, hier kom ʼn ding! [50]
1.2 Afspraak in die park [50]
1.3 Net in Suid-Afrika ... [50]
1.4 Die mens is die taal wat hy praat. [50]
1.5 # genoeg is genoeg [50]
1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skep jou eie
titel. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer.
1.6.1
[Bron:https://www.inc.com] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
1.6.2
[Bron: http://4 bp blogspot.com] [50]
1.6.3
[Bron: VectorStock.com] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180 tot 200 woorde oor elk.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Ons is woedender as ooit tevore. Suid-Afrikaners ly trouens aan
kollektiewe woede, sê Marlaine Pienaar-Vice, ʼn sielkundige van die
Paarl.
[Bron: Vrouekeur, 24 Januarie 2020]
Jy was die afgelope tyd baie bekommerd oor ʼn familielid van jou wat gereeld
woedend raak oor klein dingetjies.
Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie familielid waarin jy jou
bekommernis oor sy/haar optrede uitspreek en gee voorstelle en wenke hoe
hierdie persoon moontlike probleemsituasies kan hanteer. [25]
2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS
Suid-Afrika is ʼn land met min water, maar mense mors water en herwinning
van water is nie ʼn prioriteit nie.
Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening lug oor die feit dat Suid-
Afrikaners baie meer aandag sal moet gee aan die herwinning van water. [25]
2.3 HULDEBLYK
Adam Small is ʼn baie bekende Suid-Afrikaanse skrywer en digter wat diep
spore in Suid-Afrika se letterkunde getrap het. Hy het onder andere die
matrieks se voorgeskrewe drama, Krismis van Map Jacobs, geskryf. Hy is
op 21 Desember 1936 in Wellington, Wes-Kaap gebore en is dood op 25
Junie 2016 in Kaapstad. Sy vrou, Rosalie Small, was vir hom ʼn inspirasie en
steunpilaar. Hy het aan die universiteit van Kaapstad studeer.
Skryf ʼn HULDEBLYK oor hierdie bekende skrywer. Dit gaan by julle skool
se toneelaand gelees word voordat julle sy drama, Krismis van Map Jacobs,
opvoer. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 TYDSKRIFARTIKEL
[Netwerk24.com]
Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL vir ʼn tienertydskrif met die opskrif: Dit laat
tieners uitrafel! [25]
2.5 DIALOOG
Jy staan in ʼn lang ry by ʼn winkelsentrum. Jy knoop ʼn gesprek met die
persoon voor jou in die ry aan. Die gesprek neem ʼn onverwagse wending.
Skryf die DIALOOG tussen jou en hierdie persoon. [25]
2.6 ONDERHOUD
Jy het onlangs julle plaaslike hospitaal besoek as deel van ʼn skoolprojek. Jy
was besonder beïndruk met een van die verpleegsters wat ten spyte van
moeilike werksomstandighede, altyd positief en vrolik was.
Voer ‘n ONDERHOUD met hierdie verpleegster sodat jy dit in julle
skoolkoerant kan plaas. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 QP
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum