Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11202013 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute (ook Dubbelstreep onder taalfout spelfoute) Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin Woord(keuse)-foute x Trek ʼn x bo die verkeerde woord Erkenning van √ Regmerkie bo goeie taalgebruik, taaljuweeltjies idees of uitdrukkings Onduidelik/ ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Onverstaanbaar Punktuasie o Omkring ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KH = 22 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S=K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Toe wéét ek, hier kom ʼn ding! Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn verhalende opstel sal die kandidaat die verhaal vertel van wat aanleiding gegee het tot hierdie besef. Dit moet duidelik uit die opstel blyk dat die kandidaat wéét wat tot die insident aanleiding gegee het. Die opstel kan byvoorbeeld handel oor ʼn persoon wat in ʼn situasie was en besef het daar kom moeilikheid/ʼn verrassing/iets positiefs/iets negatiefs. ʼn Verskeidenheid interpretasies is moontlik waar die kandidaat gebeure sien kom het en die uteindelike verloop van die gebeure kan ernstig, spannend of humoristies wees. [50] 1.2 Afspraak in die park Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ‘n verhalende/beskrywende opstel aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van die afspraak in die park val. Die kandidaat kan ʼn spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar gefokus word op die afspraak en die feit dat dit in ʼn park plaasvind. In die beskrywende opstel sal die kandidaat die afspraak in die park kan beskryf. Die kandidaat kan die mense/diere en die park beskryf waar hulle die afspraak nakom. Die storielyn kan spannend, humoristies of ernstig wees. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die afspraak in die park ʼn goeie of slegte ding was. Die kandidaat kan ook ʼn argumenterende opstel skryf waar hy/sy argumenteer dat afsprake in parke gevaarlik is. [50] 1.3 Net in Suid-Afrika ... Die kandidaat kan die opstel as ‘n verhalende/beskrywende/bespiegelende/ argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. Die kandidaat kan ʼn verhaal vertel wat tipies eie aan Suid-Afrika is. Dit kan byvoorbeeld oor Suid-Afrika se mense, diere, musiek, natuurskoon ensovoorts handel. Die fokus val op die uniekheid van Suid-Afrika. In ʼn beskrywende opstel kan die dinge wat eie aan Suid-Afrika is, beskryf word. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel hoekom hierdie dinge eie aan Suid-Afrika is. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat ons sekere dinge net in Suid-Afrika aantref en nêrens anders nie. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer of dinge net so in Suid-Afrika is en of dit ook elders in die wêreld aangetref word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) 1.4 Die mens is die taal wat hy praat. Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat die mens die taal is wat hy praat. Dit kan positief of negatief wees. Die kandidaat kan argumenteer dat die mens se taal deel van sy/haar menswees is en hom/haar definieer. Taal kan ook figuurlik gesien word en hoef nie net na woorde te verwys nie. Die kandidaat kan ook ʼn beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy aanvoer dat die mens juis nie die taal is wat hy praat nie. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf hoe iemand se taal deel van sy menswees is. [50] 1.5 # genoeg is genoeg Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy die verhaal vertel van waar iemand genoeg gehad het van ʼn sekere ding/persoon/gebeurtenis of situasie. Die kandidaat kan ook verwys na die bewegings wat geassosieer word met die hutsmerk waarin mense in opstand kom teen sekere goed. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat die hutsmerk beteken en hoe dit aansluit by die feit dat mense voel genoeg is genoeg. Die kandidaat kan argumenteer dat Suid-Afrikaners genoeg gehad het en hul stemme wil laat hoor. Die kandidaat kan ʼn beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy die geldigheid van die stelling bevraagteken en redeneer oor die feit of genoeg ooit genoeg is vir mense. [50] 1.6 1.6.1 Tas met aardbol Interpretasies kan tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende, argumenterende of beredeneerde opstel lei. Die kandidate kan ‘n verhalende opstel skryf waar die woord “reis” die sentrale tema vorm. Die verhaal kan ook handel oor hoe iemand se tas sy wêreld is. Die kandidaat kan ook die verhaal vertel van ‘n insident waar die tas ʼn belangrike rol in sy lewe en reise gespeel het. Die kandidaat kan ʼn beskrywende opstel oor reis skryf. Die opstel kan ook figuurlik geïnterpreteer word en die kandidaat kan skryf oor emosionele bagasie wat iemand saam met hom/haar oor die wêreld saamdra. [50] 1.6.2 Drie figure met die nommer 10 Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld ʼn kompetisie of wedstryd waar die persoon baie goed gevaar het. Die verhaal kan ook handel oor hoe hard ʼn persoon moes werk om sukses in sy/haar lewe te behaal. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat ʼn kompetisie of wedstryd beskryf. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of perfektheid (volmaaktheid) bereikbaar is. Daar kan ook bespiegel word of perfektheid tot iemand se geluk bydra. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat perfektheid mense gelukkig maak. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat gesonde kompetisie goed is. Daar kan ook geargumenteer word dat wenners gelukkiger as ander mense is. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.3 Die verskillende sportsoorte In ʼn verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport beoefen, vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te word nie, aangesien daar ʼn verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld word. Die verhaal kan vertel word van hoe sport iemand se lewe verander het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman of sportvrou beskryf. Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer sport is noodsaaklik vir die mens se welstand. Daar kan ook geargumenteer word gesonde wedywering in sport is goed. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se karakter bou en ander kere weer iemand se lelike kant uitbring. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: x Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis). x ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. x Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. x Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend. x Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees. x Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. x ʼn Treffende inleiding boei die leser. x ʼn Verrassende slot rond die inhoud af. x Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. x Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: x Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis. x Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). x Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding. x Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. x Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. x Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. x Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. x Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. x Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie. x Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 Hou die volgende in gedagte: x BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. x Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. x Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. x ’n Gevolgtrekking kan in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak word. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening. x Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. x Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. x Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. x Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte: x Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. x Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar x opgeweeg. x Dis persoonlik van aard. x Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie. x Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word. x Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte: x Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word. x ’n Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee. x ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. x Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou. x ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. x Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. x Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees. x Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10 Taal, styl en redigering: TG = 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF In die brief spreek die kandidaat sy kommer uit oor die betrokke familielid wat gereeld woedend raak oor klein dingetjies. Dit moet duidelik uit die brief blyk dat die skrywer wil help. Daarom gee hy/sy voorstelle en wenke hoe die familielid moontlike probleemsituasies kan hanteer. Dit moet duidelik blyk wie die familielid is en die skrywer moet moontlike probleemsituasies identifiseer en praktiese en uitvoerbare voorstelle en wenke gee. Hou die volgende in gedagte: x Gebruik informele taal, register en styl. x Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die uitspreek van kommer en die voorstelle vir die hantering van probleemsituasies wat moontlik woede kan ontlok. x Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom. x Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word. x Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê. x Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word. x Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg. x Die brief behoort informeel afgesluit te word. x Die formaat van die brief is belangrik. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee dat Suid-Afrikaners baie meer aandag sal moet gee aan die herwinning van water. Dit moet duidelik blyk dat die skrywer kennis het oor die herwinning van water. Die skrywer moet ook voorstelle doen hoe Suid-Afrikaners water kan herwin. Hou die volgende in gedagte: x Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld. x Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel. x Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is nodig. x Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op die herwinning van water. x Duidelike, praktiese voorstelle hoe water herwin kan word, moet ook gegee word. x Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe. x Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees. x Die afsluiting is formeel en korrek. [25] 2.3 HULDEBLYK Bring hulde aan die skrywer en digter Adam Small Hou die volgende in gedagte: x Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die dood behoort gegee te word. x Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word. x Die fokus behoort te wees op dit wat Adam Small vir die letterkunde beteken het. x Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van die huldeblyk. x Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart. x Eufemismes kan gebruik word. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) 2.4 TYDSKRIFARTIKEL Die artikel word vir ʼn tienertydskrif geskryf en gaan oor die dinge wat tieners laat uitrafel Hou die volgende in gedagte: x Inligting oor wat tieners laat uitrafel moet beklemtoon word. x Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel. x Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor. x Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ʼn tienertydskrif. x Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word. x Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word. x Aanhalings kan gebruik word. x Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word. x Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas. x ʼn Subtitel kan ook gegee word. x Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring. x Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word. x Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos van toepassing. x Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee. x Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid gegee. x Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25] 2.5 DIALOOG Die dialoog word in die ry by ʼn winkelsentrum gevoer. Dit is belangrik dat die gesprek ʼn onverwagse wending aanneem. x Twee mense voer ʼn gesprek. x Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief. x Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf. x Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker. x Ekstra inligting word tussen hakies aangedui. x ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 2.6 ONDERHOUD Die onderhoud moet met ‘n verpleegster van ʼn plaaslike hospitaal gevoer word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder beïndruk is met die verpleegster se positiwiteit en vrolikheid ten spyte van moeilike werksomstandighede. Hou die volgende in gedagte: x Die onderhoud mag as ʼn artikel of dialoog aangebied word. x Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word. x Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin. (Dialoogformaat) x Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word. x ‘n Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te voeg. x In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ʼn verpleegster wat ʼn besondere indruk op die onderhoudvoerder gemaak het. x In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud saamgevat te word. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL: x Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). x Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. x Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. x Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) Hoë vlak stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE Lae vlak - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir Hoë vlak indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid Lae vlak foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk Downloaded from hlayiso.com 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek. teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief. ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie. sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie. Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking. - Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie. Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp. onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie. TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verwarrend Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling Downloaded from hlayiso.com 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all