Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11201912 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2019, 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November 2019

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIENRIGLYN PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 12 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid. SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING 0 Sirkel Punktuasiefout Dubbelstrepie onder Spelfout ʼn woord Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik woord Sirkel met pyltjie Woordorde /\ Weglaatteken Woord weggelaat T Hoofletter T in Tye verwar kantlyn H Dubbele hh Herhaling van gedagtes VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel ? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan wat leerder skryf [ Enkelhakie Nuwe paragraaf E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die laaste poging van die eerste onderwerp nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = KL = 21 Taal, styl en redigering: T = KL = 10 Struktuur: S=G = 3 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34 (onder die opstel): Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en beredenerende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Hoekom het dit met my gebeur? Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende opstel aanbied. In ʼn verhalende opstel sal die fokus val op wat aanleiding tot die gebeurtenis gegee het. Die feit dat die persoon/karakter die gebeure bevraagteken, moet duidelik blyk. Die kandidaat kan ʼn verhaal vertel waarin dit duidelik is dat hy/sy worstel met die feit dat dit juis met hom/haar gebeur het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat gebeur het en waarom hy wonder oor die gebeure. Die verhaal/beskrywing kan ernstig of humoristies wees. In ʼn beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mens nie altyd seker is hoekom spesifieke goed met sekere mense gebeur nie. Die kandidaat kan ook bespiegel waarom dit juis met hom/haar moes gebeur het. [50] 1.2 Agter tralies ... Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/ beskrywende opstel aanbied. In ʼn verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel van hoe hy/sy agter tralies beland het. Die kandidaat kan die verhaal vertel van hoe hy/sy gevange voel in ʼn plek of omstandighede. Die tralies kan ook verwys na beperkinge in ʼn persoon se lewe. Die verhaal kan oor byvoorbeeld diere in gevangenskap handel. In ʼn beskrywende opstel kan die plek/karakters agter die tralies beskryf word. Die kandidaat kan die verhaal ook uit die perspektief van gevange diere vertel. Die kandidaat kan ook bespiegel hoekom mense of diere agter tralies beland. In ʼn argumenterende/ beredeneerde opstel kan die kandidaat skryf oor die regverdigheid daarvan om mense of diere agter tralies te hou. Die kandidaat kan ook skryf hoe baie mense gevangenes van hulle eie omstandighede word. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) 1.3 Die liefde loop soms met jou op vreemde paaie. Die kandidaat kan die opstel as ‘n verhalende/beskrywende opstel aanbied. Daar kan vertel word wat gebeur het dat die liefde die persoon op vreemde paaie gelei het. In ʼn verhalende opstel kan die verhaal vertel word van ʼn persoon wat die liefde op ʼn vreemde manier beleef het. Die onderwerp kan letterlik sowel as figuurlik geïnterpreteer word. Die kandidaat kan ook verwys na die besonderhede van sy lewe en presies hoe die liefde hom in verskillende rigtings geneem het. In ʼn beskrywende opstel kan die vreemde liefdespaaie beskryf word. Die onderwerp kan ook argumenterend/ beredeneerde aangebied word waar die kandidaat die leser oortuig dat die liefde soms met jou op vreemde paaie loop. [50] 1.4 Tegnologie maak die mens ʼn eensame wese. Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die rol wat tegnologie in die mens se lewe speel en hoe dit bydra tot die mens se eensaamheid. Die kandidaat kan argumenteer dat tegnologie kommunikasie negatief beïnvloed en die mens sodoende vereensaam. Die kandidaat kan ook skryf oor die feit dat tegnologie binne-in ons huise beskikbaar is en die mens nie eers die huis hoef te verlaat om dinge te doen nie. Die kandidaat kan ook bespiegel of tegnologie die mens wel ʼn eensame wese maak. Die kandidaat kan ook ʼn beskrywende opstel skryf waar beskryf word hoe die tegnologies vereensaamde mens lyk. In ʼn verhalende opstel kan die kandidaat die verhaal vertel van hoe iemand as gevolg van tegnologie vereensaam het. [50] 1.5 Hoop Die onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere verhalend, bespiegelend, mymerend, argumenterend of beskrywend kan wees. ʼn Verhaal sal kan handel oor ʼn gebeurtenis waar hoop ʼn belangrike rol gespeel het. Hoop kan ook beskryf word. Daar kan ook bespiegel word oor wat presies hoop is. In ʼn beredeneerde of argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat daar nie meer hoop vir ons land, mense of natuur is nie. [50] 1.6 1.6.1 Horlosie met geld Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende, argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidaat kan ʼn verhaal vertel met tyd en geld as tema. Daar kan ook verwys word na die uitdrukking tyd is geld. Daar kan ook die verhaal vertel word van iemand wat geld verloor het as gevolg van swak tydsberekening. Daar kan ook vertel word hoe die mens in vandag se lewe jaag met die doel om net meer geld of besittings bymekaar te maak. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die moderne samelewing, waarin tyd en geld ʼn groot rol speel, beskryf. In ʼn argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mens se lewe beheer word deur tyd en geld. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.2 Meisie met die vraagtekens Die onderwerp kan lei tot ʼn verskeidenheid van opstelle naamlik verhalend, beskrywend, argumenterend of beredeneerd. In ʼn verhalende opstel kan die meisie se verhaal vertel word. Die kandidaat kan byvoorbeeld vertel hoe die meisie geboelie is. Sy kan ook die slagoffer van ander se negatiewe kritiek wees. Dit kan ook ʼn verhaal wees wat vertel presies wat in die meisie se lewe skeefgeloop het. Dit kan ook ʼn verhaal van mishandeling wees. In ʼn beskrywende opstel kan die omstandighede van die meisie beskryf word. Daar kan ook beskryf word hoe mense ander mense kritiseer en in hulle lewens inmeng. In ʼn beredeneerde opstel kan geredeneer word of die mens wel ʼn slagoffer van ander se kritiek is. [50] 1.6.3 Die wolf/hond ʼn Verhalende opstel kan byvoorbeeld die storie van die wolf/hond vertel. Die wolf/hond kan ook figuurlik geïnterpreteer word en die verhaal vertel van iemand wat soos ʼn dier opgetree het. In ʼn beskrywende opstel kan verskillende tipes wolwe/honde beskryf word. In ʼn argumenterende of beredeneerde opstel kan standpunt ingeneem word dat die mens die wolf uitroei. Die kandidaat kan ook ʼn opstel met ʼn wetenskaplike aanslag skryf. Die wetenskap gebruik wolwe vir verskillende eksperimente. In ʼn argumenterende of beredeneerde opstel kan die kandidaat argumenteer dat die mensdom soos wolwe optree. Die gedrag en gewoontes van die dier kan ook beskryf word. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) SOORT OPSTELLE VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).  ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.  ’n Treffende inleiding boei die leser.  ’n Verrassende slot rond die inhoud af.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ’n goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ’n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties tot ’n verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.  Stylfigure kan gebruik word. BEREDENEERDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 Hou die volgende in gedagte:  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.  Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.  ’n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.  Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.  Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar  opgeweeg.  Dis persoonlik van aard.  Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.  Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.  ’n Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.  ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.  ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die laaste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10 Taal, styl en redigering: TG = 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). VRAAG 2 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die brief fokus op die feit dat die kandidaat se vriend/vriendin in ʼn ernstige ongeluk betrokke was en nog ʼn rukkie in die hospitaal moet bly. Die kandidaat moet die vriend/vriendin bemoedig en raad gee hoe om die situasie te hanteer. Hou die volgende in gedagte:  Gebruik informele taal, register en styl.  Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.  Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word.  Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.  Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word.  Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.  Die brief behoort informeel afgesluit te word.  Die formaat van die brief is belangrik. [25] 2.2 DIALOOG Die dialoog is ʼn gesprek tussen die kandidaat en sy/haar vriendin. Die kandidaat moet die vriend/vriendin duidelik laat verstaan dat die gewoonte om laat te kom, nie meer aanvaarbaar is nie. Die kandidaat moet ook voorstelle maak wat die vriend/vriendin kan doen om die laatkommery te stop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 Hou die volgende in gedagte  Twee of meer mense voer ʼn gesprek met mekaar.  Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit die spreker se perspektief.  Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.  Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui, byvoorbeeld: Anna: (met dringendheid)  Skets ʼn scenario voordat die dialoog geskryf word. [25] 2.3 HULDEBLYK Die kandidaat bring hulde aan sy/haar graad 1-juffrou wat onlangs oorlede is. Die kandidaat kan verwys na sy/haar verbintenis met die oorledene en wat hul verhouding so besonders gemaak het. Hou die volgende in gedagte:  Die volgende belangrike inligting word in ʼn huldeblyk gegee: o Oorledene se naam en van. o Die volgende inligting kan gegee word: adres, ouderdom, datum van afsterwe, plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, name van gesinslede agtergelaat. o Gebeure en staaltjies oor die vriendskap. o Persoonlike herinneringe kan gegee word.  Die leser moet ʼn duidelike beeld van die oorledene kan vorm.  Die styl moet by die geleentheid en gehoor pas.  Vermy oordrewe sentimentaliteit.  Gebruik kort, bondige sinne.  Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word. [25] 2.4 FORMELE BRIEF : DANKIESÊBRIEF Die brief word aan die bestuurder van ʼn supermark gerig. Die supermarkgroep word bedank vir hulle ondersteuning met die Filantrope se projekte. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat van die brief moet korrek wees : adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.  Die formele brief word aan die bestuurder gerig.  Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.  Die styl behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal is nodig.  Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees, maar dit is onwaarskynlik dat ʼn skuilnaam in die geval gebruik sal word.  Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar nodig. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2019) 2.5 RESENSIE Die resensie word vir die skoolkoerant geskryf en moet oor die nuutste aksiefliek gaan. Hou die volgende in gedagte:  Resensies gee die resensent se mening oor die werk.  Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik te wees.  Humor kan in resensies gebruik word.  ʼn Resensie is gewoonlik subjektief: twee resensente mag oor dieselfde onderwerp verskil.  Gee toepaslike feite, byvoorbeeld die titel van die rolprent, regisseur, akteur(s), kamerawerk, musiek en ander belangrike inligting.  Die resensent skryf iets oor die inhoud van die rolprent, maar die ontknoping van die rolprent word nie gegee nie.  Die slotparagraaf gee die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/samevatting en aanbeveling. [25] 2.6 TOESPRAAK Die kandidaat is die kaptein van die sportspan. Hy/Sy gee ʼn motiveringstoespraak. Hou die volgende in gedagte:  Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan wanneer, waar, hoekom (doel), wie (sportspan) en wat.  Die inleiding moet belangstelling wek.  Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.  Kort sinne met eenvoudige idees word gebruik.  Die klem behoort te val op die motivering van die span omdat die opponente elke jaar die liga wen. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2019) Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] LET WEL:  Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6 BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal Hoë vlak en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant (Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en beplanning; liggaam en samevatting/slot liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3 doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming Lae vlak van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees - Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie 30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen fokus nie TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en Hoë vlak Toon, register, styl doel, gehoor en konteks konteks - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen konvensies, 13 10 7 4 punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende Lae vlak grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk 15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling middele - Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 - Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel - Sommige punte geldig - Noodsaaklike punte Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed - Sinne en paragrawe foutief ontbreek teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer - Opstel maak nog effens sin - Sinne en paragrawe Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie - Opstel maak nog sin foutief ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie sinskonstruksie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2019) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3 BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons, toon - Respons toon geen FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke - Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie Respons en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks - Betekenis onduidelik Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking - Skryfstuk behou fokus afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in idees vir beplanning; - Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees samehangend nie - Baie min detail kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp onderwerp onderwerp onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van 15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas formaat onbeduidende foute foute - Kritiese foute begaan nie TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2 REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel, doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute konteks gehoor en konteks nie konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en - Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verwarrend Taalgebruik en goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig Punktuasie en belemmer spelling 10 PUNTE Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all