Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2019
AFRIKAANS HUISTAAL V1
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
*IAFRHL1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2019 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2019
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)30 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
Eet jouself POSITIEF!
Gemorskos is nie net sleg vir jou liggaam nie, dis sleg vir jou brein en maak jou
depressief. Nuwe navorsing toon jy kan met ʼn paar dieetveranderinge jou gemoed
ophelder.
1 Dis ou nuus dat burgers, skyfies en pizzas nie juis goed vir jou lyf is nie. Te 1
veel daarvan kan ook tot hartsiektes en algemene swak gesondheid lei. Is
gemorskos trooskos wat jou dadelik beter laat voel? Wat die meeste mense
vergeet, is dat die brein deel van die liggaam en dus sentraal by gevoelens en
gewaarwordinge betrokke is. Wat sleg is vir die liggaam, gaan sleg wees vir 5
die brein.
2 ʼn Uitgebreide, nuwe studie van navorsers in Brittanje, Frankryk, Spanje,
Australië en die VSA het die verband tussen dieet en depressie ondersoek.
Altesaam 32 908 volwassenes het aan 41 studies oor die verband tussen
dieet en depressie deelgeneem. Die belangrikste bevinding is dat gemorskos 10
met baie vet en suiker of verwerkte kosse sistemiese inflammasie in die
maag, maar ook die hele liggaam bevorder. Die impak van ʼn swak dieet is
dieselfde as ʼn rookgewoonte, besoedeling, vetsug en te min oefening. Hierdie
soort chroniese inflammasie affekteer breinmolekules en neurotransmittors
wat die gemoedstoestand reguleer. 15
3 Volgens dr. Camille Lassale, die leier van die studie, verbonde aan die
departement van epidermiologie en openbare gesondheid van die
Universiteitskollege van Londen, verhoog ʼn slegte dieet die risiko van
depressie aansienlik. Dr. Cosmo Hallstrom, ʼn depressie-spesialis van die
Koninklike Kollege van Psigiaters in Londen, bevestig dit: “Die chemiese 20
samestelling van die maag stem baie ooreen met dié van die brein. Dus is dit
nie verrassend dat dinge wat die maag affekteer, ook die brein affekteer nie.”
Prof. Helen S. Lampard, voorsitter van die Koninklike Kollege van Algemene
Praktisyns, beaam dat hierdie grootskaalse studie verdere bewyse verskaf
dat ʼn gesonde dieet ons gemoed verbeter en ons meer energie gee. Volgens 25
haar beveel al meer algemene praktisyns (in Engeland) aan dat hul pasiënte
ʼn sinvolle dieet volg en lewenstylveranderinge maak as deel van ʼn holistiese
benadering vir die behandeling van chroniese siektes, omdat dit verskeie
positiewe invloede op hul pasiënte se fisieke en geestelike gesondheid het.
4 Een uit ses volwasse Britte ervaar depressie en angsaanvalle. Daar bestaan 30
nou sterk argumente ten gunste van dieet in die hoofstroom van psigiatriese
medisyne, volgens een van die navorsers van die studie. Die voordele van ʼn
verbeterde dieet in die stryd teen depressie word ook deur onlangse
proefnemings gesteun. Weereens is transvette uitgewys as die groot
sondebokke. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
Wetenskaplikes aan die San Diego-universiteit het die transvetsuur in die
dieet van 1 699 mans en 3 293 vroue ontleed en hul emosionele reaksies
gemeet en gevind dat kitskos mense depressief en minder in beheer van hul
emosies maak. Individue met ʼn hoër inname van transvette het gesukkel met
“emosionele bewustheid” en ʼn laer vlak van “emosionele helderheid” getoon. 40
Daarteenoor word individue met ʼn lae inname van transvette met meer
positiewe en minder negatiewe effekte geassosieer en hulle kon hul emosies
beter beheer. Hierdie bevindings strook met nog ʼn studie van die Universiteit
van Kalifornië wat bevind het dat daar ʼn beduidende verband tussen ʼn hoër
inname van transvetsure en aggressie is. Anders gestel: meer transvette 45
maak jou befoeterd.
5 ʼn Dieet ryk aan transvette word reeds aan hoë vlakke van cholesterol in die
bloed gekoppel, wat hartaanvalle, hartsiektes en beroerte veroorsaak.
Kenners is besorg dat die gevare van transvette vir die gemoed en
geestesgesteldheid nog nie ernstig opgeneem word nie. Die dieet wat ons 50
liggame verwoes, is ook besig om ons breine te verwoes, stel die Oxford
navorser, dr. Alex Richardson, dit onomwonde in The Guardian.
6 Inflammasie is ons liggaam se gesonde reaksie om siekte te beveg. Maar
wanneer dit handuit ruk, kan inflammasie chronies raak en tot vele
gesondheidsprobleme lei, van outo-immuunsiektes tot kanker en depressie. 55
Kosse hoog in suiker en versadigde vette kan inflammasie aanwakker, en dis
hoekom sommige mense wat aan inflammatoriese toestande en outo-
immuunafwykings ly, hulle tot laesuikerdiëte wend, berig Time. Gelukkig is
daar talle voedselsoorte wat inflammasie teenwerk.
7 Die dieetkundige, Desiree Nielsen sê dat ons ons spens moet skoonmaak 60
deur ontslae te raak van versnaperinge, bykosse en kitsmaaltye met
bestanddele wat nie die gesonde kombuistoets slaag nie. As jy ʼn bestanddeel
sien waarmee jy nie kan kook nie, moet jy dit nie eet nie. Ons
tweelingepidemies van spysverteringsiektes en inflammasie gaan hand aan
hand. ʼn Gesonde, funksionele maag bevolk deur gesonde bakterieë hou die 65
immuunstelsel kalm.
8 Nielsen stel die volgende voor: “Beperk jou inname van alkohol, suiker,
kaffeïen en rooivleis – dit meng alles met die gesondheid van jou
spysvertering in. Voer jou maag en sy inwoners met probiotika, sink en
heelplantvoedsel.” 70
9 Om die afbrekende emosionele uitwerking van transvette teë te werk, word
die volgende aanbeveel: verminder stres, slaap genoeg, hou op rook, oefen
meer en neem meer van die volgende superkosse in wat jou
gemoedstoestand ʼn hupstoot gee, soos paprika en eet pere wat ʼn hoë
veselverskaffer is. Spinasie beskerm die liggaam teen molekules wat 75
inflammasie veroorsaak en swart tee maak are oop en bevat antioksidante
wat bekend is daarvoor dat hulle selle teen skade beskerm.
[Verwerk uit Vrouekeur, 14 Desember 2018]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
TEKS B: VISUELE TEKS
1 Geen melk en koekies
vir jou nie…
2 Dis ʼn glutenvrye, lae-
vet, organiese
beskuitjie en water.
3 Ons skoorsteen is dun,
kan kraak en Mamma
sê jy raak vet.
[Verwerk uit: Maroelamedia, 15 Desember 2017]
VRAE: TEKS A
1.1 Gee TWEE opeenvolgende woorde in die subteks wat by die woord ‘positief’
in die titel aansluit. (1)
1.2 Gemorskos is “trooskos”. Stem jy saam na aanleiding van paragraaf 1? (1)
1.3 Wat word gesien as ʼn gevolg van die inname van gemorskos met baie vet en
suiker en waarmee kan dit vergelyk word? (2)
1.4 Waarom word die mens se gemoedstoestand dan deur gemorskos
geaffekteer? (2)
1.5 Herlees paragraaf 3.
Watter ooreenstemmende sienswyse huldig drs. Lassale en Hallstrom? Kan
hul uitsprake as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord. (2)
1.6 Noem TWEE positiewe gevolge van ʼn gesonde dieet. Is dit, na jou mening,
moontlik om altyd ʼn gesonde dieet te volg? Motiveer jou antwoord. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
1.7 In paragraaf 3 benadruk prof. Helen S. Lampard dat huisartse/algemene
praktisyns sekere aanbevelings aan hulle pasiënte maak wat aan chroniese
siektes ly. Noem hierdie aanbevelings asook watter aanbeveling jy as die
belangrikste beskou. Motiveer jou keuse. (3)
1.8 Noem die VIER negatiewe gevolge wat ʼn hoër inname van transvetsure op
die liggaam het. (4)
1.9 Waarom, dink jy, kan daar gesê word dat inflammasie nie net sleg is vir jou
liggaam nie? (1)
1.10 Volgens die Amerikaanse dieetkundige, Desiree Nielsen, kan Jan Publiek wel
sekere maatreëls tref om spysverteringsiektes en inflammasie te bekamp.
Wat is jou reaksie/opinie hierop? Verduidelik jou sienswyse. (1)
1.11 Herlees paragraaf 9.
Noem enige EEN van hierdie sogenaamde superkosse. Sou jy sê dat dit wel
moontlik is om jou gemoedstoestand op te kikker met die sogenaamde
‘superkosse’? Motiveer jou antwoord. (2)
1.12 Noem enige epidemie wat volgens Desiree Nielsen amok saai onder die
mens en gee ʼn voorsorgmaatreël wat getref kan word om dit te bekamp. (2)
VRAE: TEKS B
1.13 Watter visuele leidraad in TEKS B dui daarop dat die Kersvader nie ingenome
is met dit wat die seuntjie hom aanbied nie? (1)
1.14 Wat word met die eerste twee sinne van die seuntjie geïmpliseer? (1)
1.15 Hoe slaag die spotprent daarin om die fokus op oorgewig en gesond eet te
plaas? (1)
VRAE: TEKS A EN B
1.16 Herlees TEKS A (paragraaf 4) en TEKS B. Watter ooreenkoms is daar
tussen dié paragraaf en die uitdrukking op die Kersvader se gesig? (1)
1.17 Herlees die onderstreepte sinne 1 en 3 in TEKS B. Waarom kan die seuntjie
se woorde as manipulerend beskou word? Bespreek ook die ironie hiervan. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE wenke wat jy kan gebruik
om 2020 jou jaar van GROOT sukses te maak.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
beslaan nie.
2. Jy moet ʼn samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
MAAK 2020 JOU BESTE JAAR OOIT!
Die lewe is te kort om te veel onnodige foute te maak. Leer by ander en maak 2020 jou
jaar van GROOT sukses. Soms is dit klein veranderinge wat ʼn groot verskil maak.
Moenie volgende jaar nes 2019 aanpak nie. Staan ʼn tree terug en kyk hoe jy dit dalk
anders en beter kan doen.
Begin die dag reg deur jou soggens ʼn paar kalm minute met jou beker koffie of tee te
gun. Dit skud nie net jou brein aan die gang nie, dis ook die ideale tyd om jou dag te
beplan en ʼn paar aantekeninge te maak oor dinge wat jy moet doen. Boonop is jy in
goeie geselskap. Beethoven het glo presies sestig koffiebone vir sy oggendkoffie
gebruik.
Daar is selde kortpaaie na sukses. Die meeste suksesvolle mense sal vir jou sê dat
harde werk en toewyding die boustene vir sukses is. Moenie bang wees vir mislukkings
nie. As jy nie waag nie, gaan jy nie wen nie, lui die spreekwoord. Jy weet nooit
wanneer jou groot deurbraak sal aanbreek nie. ʼn Mens leer mos net deur jou foute. Jou
grootste suksesse kan dus juis wag om te gebeur omdat jy nie bang is vir mislukkings
nie.
Ons almal het daardie nare takies wat ons uitstel en uitstel. Kies dus ʼn dag soos ʼn
Maandag of ʼn Vrydag en doen dan al die goedjies wat jy bly uitstel. Moenie net by
uitstel bly nie!
Almal kan effens aan hul persoonlikheid skaaf, of deur opleiding nuwe kennis inwin,
maar dit help nie jy probeer om iemand anders te wees nie. Die geheim is om jou
uniekheid as jou persoonlike wapen in te span. So ding jy nie gedurig met ander mee
nie.
Net omdat jy in jou jonger dae geglo het jy is nie goed genoeg met iets nie, beteken dit
nie dit moet jou begrens of definieer nie. Moenie jouself onderskat nie – durf nuwe
dinge aan.
Volgens navorsing kan verhoogde bloedtoevoer na jou brein probleemoplossing
verbeter. Boonop is jou hippokampus – die deel van jou brein verantwoordelik vir leer
en onthou – baie aktief wanneer jy oefen. Wees aktief, jy het nie meer motivering nodig
nie.
[Verwerk uit rooi rose, Januarie 2018]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 Skoonma met haar
2 voorliefde vir
3 foutsoek, rissielose
4 souttert en
5 suikerklontjies in haar
6 koffie kom kuier.
7 Dis nie ’n krisis nie.
8 Suid-Afrika se grootste restaurant-gids is nou nog
EET UIT 9 meer handig! Kies en keur uit meer as 6 000
10 restaurante landswyd. Soek per area en ontdek
11 die allerbeste opsies in die omgewing. Lees
12 resensies van ander gaste en professionele
13 resensente. Om op te som: bekyk spyskaarte en
14 foto’s. En bespreek jou tafel.
15 LAAI DIE NUWE EET UIT APP NOU AF
{Verwerk uit: Die Burger, 10 Maart 2019]
VRAE: TEKS D
3.1 Watter stereotipering vind ons in reël 1 tot 6? (1)
3.2 Gee die meervoud van die eerste onderstreepte woord in reël 1. (1)
3.3 Verskaf die betekenisfunksie van die agtervoegsel van die onderstreepte
woord in reël 3 en verdeel die woord in klankgrepe. (2)
3.4 Gebruik die bepaler van die onderstreepte woord in reël 4 in ʼn woord sodat dit
as die kern gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
3.5 Watter aanname kan die leser maak na aanleiding van reël 7? (1)
3.6 Watter boodskap wil die adverteerder met die donkergedrukte reël 7 oordra? (1)
3.7 Uit watter taal is die donkergedrukte woord in reël 10 ontleen? (1)
3.8 Skryf die onderstreepte sin in reël 13 in die ontkennende vorm. (1)
3.9 Identifiseer en skryf die woorde neer wat op samevatting dui. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
25 skape, 13 osse,
Hulle reken ‘n koshuis- 104 hamburgers, Dis terwyl hulle
student eet in een jaar 600 G’n wonder hulle kry studeer!
brode, 17 dos eiers, 96 nie tyd om te studeer
hoenders, 31 varke, nie!
ZITTS
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Wat is fout met Hy wil nie eintlik hê ek Bysteke op Dit klink seer, maar
jou pa? Dis ‘n mediese moet daaroor praat nie. die boude. wat ‘n lekker naam
toestand. Komaan wat is vir ‘n musiekgroep!
dit?
RAAMPIE 7 RAAMPIE 8 RAAMPIE 9
Dis jammer niemand Jý moet húlle betaal.
As kind het ek gedroom ek wil betaal om jou te
gaan ‘n renjaar word sien jaag nie
[Verwerk uit Die Burger, 25 Januarie 2019]
VRAE: TEKS E
4.1 Verskaf ʼn gepaste sinoniem vir die onderstreepte woord in RAAMPIE 1. (1)
4.2 Identifiseer die woord in RAAMPIE 1 wat deur assimilasie beïnvloed kan
word. (1)
4.3 Skryf die afkorting wat in RAAMPIE 1 voorkom volledig uit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
4.4 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die leeu se woorde in
RAAMPIE 2? Benoem die skryfteken van die eerste woord in dieselfde sin. (2)
4.5 Benoem die onderstreepte werkwoord in RAAMPIE 4 volledig. (1)
4.6 Gebruik ʼn toepaslike skryfteken om die vetgedrukte woord in RAAMPIE 5
op ʼn ander manier as vetdruk te beklemtoon. (1)
4.7 Brei die ondersteepte sin in RAAMPIE 5 uit met ʼn onderwerp/voorwerpsin. (1)
4.8 Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 9 die sin in hierdie
raampie? Motiveer jou antwoord. (1)
4.9 Identifiseer en verbeter die spelfout in enige van die drie raampies van
Mama Taxi. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2019)
VRAAG 5: ARTIKEL
Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.
TEKS F
ONS LYWE PRAAT GOED SAAM
1 Biljoene is al verdien, dinastieë is gebou as gevolg van ons soektog na
perfekte of beter lywe. Sommige wil maer wees, ander gespierd, ander
pynloos, beeldskoon of (5.2) immer jeugdig. Sommige wil van verslawing
ontsnap, ander smag (5.3) liefde, miljoene soek energie en genesing. En daar
is raad vir alles, (5.4) kort-kort is daar ʼn nuwe onthulling in die nuus, dit maak
nou siek, dit veroorsaak ellendes. En net so vinnig verskyn die oplossings,
hierdie dieet, (5.5) daardie leefstyl, só ʼn oefening, só ʼn stroop, het jy gehoor
van daardie inspuiting?
2 Ons is so pas aangewys as die 5.6 (ongesond) land ter wêreld, ook met die
kortste (5.7) lewensverwagting. Dis die armoede sê hulle. Het hulle vergeet
daar is talle lande op aarde met groter armoede? Daar is streke waar mense
sonder kontak met die buitewêreld moet leef met net dit wat hulle self kweek
of in die natuur opspoor.(5.8) Hier word van die oudste mense op aarde
gevind, baie langer aktief as dié met moderne tegnologie, ook sonder
allergieë en ongeneeslike toestande.
3 Ongelooflike krag en onvermydelike breekbaarheid, hierdie is albei kenmerke
van die menslike liggaam, kosbare geskenke vir dié wat luister, ʼn ramp vir dié
wat nie hoor nie. Die liggaam het ʼn geheue, dit wat lank gelede gebeur het,
word in ʼn fisieke argief gebêre, dit wat nooit verwerk is nie, wag op erkenning
en die nodige konfrontasie, wat die kop vergeet, sal die lyf onthou.
4 Mense vergeet dat hulle gerook het, lank gelede aanhoudend gefuif en
gedrink het, ʼn ongeluk oorleef het, maar die lyf onthou. Ons moet anders eet,
oefen, postuur verander, ʼn geveg beëindig, korrek asemhaal, kommer moet
verdwyn, so word ons vertel, gereeld deur ander, altyd en eerstens deur ons
lywe. (5.9) Leer lees is noodsaaklik, leer luister selfs meer.
[Verwerk uit Sarie.com, Mei, 2019]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
VRAE: TEKS F
5.1 Identifiseer die eerste diftong in die opskrif. (1)
5.2 Verskaf die antoniem van die onderstreepte woord. (1)
5.3 Skryf die ontbrekende voorsetsel neer. (1)
5.4 Verduidelik die gebruik van die koppelteken. (1)
5.5 Benoem die woordsoort volledig. (1)
5.6 Verskaf die oortreffende trap van die woord in hakies. (1)
5.7 Is hierdie woord ʼn voorbeeld van ʼn samestelling, afleiding of samestellende
afleiding? (1)
5.8 Herskryf hierdie onderstreepte sin in die bedrywende vorm. (1)
5.9 Gebruik die skrywer in paragraaf 3 die woord ‘breekbaarheid’, denotatief of
konnotatief? Gebruik hierdie woord se stam nou as ʼn sterk verlede deelwoord
in ʼn duidelik verklarende sin. (2)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 QP
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum