Skip to content
Memorandum

Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Afrikaans HlGrade 11201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasien- riglyn nagesien. 6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepe- naliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Verliefdheid is kortstondig en die verhouding kan afsterf, of dit kan in liefde ontwikkel.  Verliefdheid word gekenmerk deur liggaamlike begeertes, terwyl liefde eerder ʼn innerlike gevoel en liefdesband behels.  Verliefdheid lê in die buitekring van die sintuie, maar liefde eerder in die fyn nuanses – soos in die glim van ʼn lag en die opslag van ʼn oog.  Verliefdheid behels drange wat deur die sintuie ervaar word, maar liefde kan nie so maklik ervaar word nie en is baie meer onopsigtelik.  Die metafoor en vergelyking van die kragdraad wat dun is en so onbreekbaar is soos ʼn haar beklemtoon die kompleksiteit van liefde.  Die kragdraad wat dun is beklemtoon die onsigbare band tussen geliefdes.  Die kragdraad word verder vergelyk met iets onbreekbaar, want dit beklemtoon hoe broos die liefde is.  Die vergelyking is ironies, want ʼn haar kan teruggroei – as dit ware liefde is, sal die moontlike probleme in ʼn verhouding opgelos kan word. Daar is dus altyd hoop. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Afrika, my Afrika Vraag Antwoord Punt 2.1 Die leser verwag om van die trots, patriotisme rondom Afrika te lees, maar kom dan agter dat die gediginhoud op ʼn moedeloosheid/ pessimisme dui./ʼn Mens sou verwag dat ʼn inwoner van Afrika wat “Afrika, my Afrika” sê, tuis op die vasteland sal voel, maar die klein irritasies maak hom radeloos. √ 1 2.2 Dit sluit aan by die spottoon in die gedig./ Dit dui op Bybelse erns wat in die gedig aangeraak word./ Dit dui daarop dat die gedig ʼn formele teks is. √ 1 2.3 r-alliterasie: beklemtoon die irritasies (wat die spreker radeloos maak). √ 1 a-assonansie: beklemtoon die ratsheid van die vlooi. √ 1 2.4 Die muskiet se aksie word oordryf deurdat dit voorkom of hy prospekteer. √ 1 Die vlooi word vergelyk/gelykgestel aan ʼn springhaas. √ 1 Die spreker se vel word (subtiel) met ʼn groot oop vlakte vergelyk. √ 1 2.5 Die springaksie van die vlooi word visueel uitgebeeld. √ 1 2.6 Die hartseer/geweld in Afrika word deur die gedig opgeroep: koloniale uitbuiting, slawerny, siekte, honger en oorloë veroorsaak Afrika- pessimisme. √ 1 Hier heers ʼn spottende toon met ʼn onderliggende erns. √ 1 [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Mercedesrit in die aand Vraag Antwoord Punt 3.1 (Elisabeth Eybers se gedig) ‘Busrit in die aand’ √ 1 3.2 Inversie √ 1 Die voorplasing van ‘Sit’ beklemtoon die passiwiteit van die bestuur = ers./Die voorplasing van ‘Sit’ laat die leser op die handeling eerder as die bestuurders fokus./Die beklemtoning van ‘sit’ suggereer die weersin/disrespek van die spreker teenoor diegene wat floreer ten koste van ander. √ 1 3.3 Tersines √ 1 3.4 Strofe 2 verduidelik hoe die verflenterde bedelaar blootgestel is aan die wind en weer en in strofe 3 is die motor en bestuurder goed beskerm teen die elemente./Op konnotatiewe vlak word stukkende mense met heel mense gekontrasteer. √ 1 Strofe 3 handel oor welvaart/weelde en die ster is die kenteken van ʼn Mercedes wat welvaart suggereer. √ 1 Ja Die spreker meen dat die Mercedes vir die bestuurders bekostigbaar is uit die opbrengs van geld deur die uitbuiting van minderbevoorregtes. / Wat ander ontsê word, betaal vir die rykmanslewe van mense wat Mercedese kan bekostig./Dié wat niks anders as ʼn slawemaal kan bekostig nie, se arbeid maak ander se rykdom moontlik. √ 1 3.5 Die moegheid/afgestomptheid/afwesigheid van die executives’ word so beklemtoon. √ 1 3.6 Die nood/hartseer van armes word dikwels deur rykes/suksesvolle mense misken. √ 1 Die kandidaat bied ʼn eie boodskap binne konteks van die tema vir EEN punt aan, bv. Ek het opnuut geleer dat ek sosiale deernis aan my medemens/behoeftiges/minderbevoorregtes moet betoon. √ 1 [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – pa Vraag Antwoord Punt 4.1 Die feit dat die pa nie die tipiese sterk man was nie/dat die pa sagmoedig was, word hierdeur met ʼn kort en kragtige/eenvoudige/sterk stelling beklemtoon./Dit beklemtoon die feit dat haar pa anders was (sagmoedig/gevoelvol) as wat die samelewing hom gesien het (hard/gehard). √ 1 4.2 Die aanhoudende lag-en-praat/ween-en-roep-aksie word uitgehef./Sy herroep belewinge/herinneringe en die een volg die ander op./Die afwesigheid van leestekens is tipies van die vrye vers. √ 1 4.3 Herhaling √ 1 4.4 “ontslape” √ 1 Die pa was kreatief/liefdevol. √ 1 4.5 “murgsag en in die liefde geskaad” √ 1 Die pa se huwelik was moontlik op die rotse./Die gemeenskap het moontlik nie die pa vir sy ware menswees waardeer/aanvaar nie./Die lewe het die pa emosionele letsels toegedien./Die pa het verlies van mense na aan hom ervaar. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. Ja Die pa het in sy selfdoodbrief geskryf dat sy dood so moes gebeur./hy rustigheid het rondom die dood./Haar pa is teruggegee aan die bodem wat hy so innig liefgehad het./ʼn Kind van die aarde is terug na die aarde. OF Nee Geen woorde kan vir ʼn kind vertroosting bring wanneer hul ouer selfdood pleeg nie./Niks kan die verlies van ʼn ouer versag nie. √ 1 Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan. 4.6 Weemoedigheid/ʼn Hartseer stemming √ 1 Die digter maak gebruik van lang woorde/lang vokale/die lang a-klank/ assonansie √ 1 [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – storm Vraag Antwoord Punt 5.1 Geen vaste rymskema/Geen vaste strofebou/Geen leestekens/Geen hoofletters √ 1 5.2 see √ 1 5.3 Metafoor √ 1 Die (onstuimige) see maak diep/dreigende geluide./Die see maak (diep) geluide soos ʼn basviool. √ 1 Alliterasie/b-alliterasie √ 1 5.4 Strofe 2 – Die wind verskuif die sandduine na nuwe liggings./Die wind dwing die blomme om toe te gaan. √ 1 Strofe 3 – Die voëls se vlug word gestuit./Hulle soek eerder veiligheid op die aarde as om te vlieg. √ 1 5.5 ʼn Storm het ʼn beduidende uitwerking op die natuur. √ 1 5.6 Die spreker beklemtoon dat slegs die pikkewyne die vermoë het om vir die wind/storm weg te kruip omdat hulle onder die water kan swem. √ 1 Net onder die water is daar skuiling/is dit veilig. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DROOMDELWERS – Esta Steyn Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Leendra ervaar uiterlike konflik met Gilbert Redelinghuys omdat sy glo hy ʼn aandeel aan haar skuldigbevinding gehad het en sy hom daarvoor wil terugkry.  Leendra is steeds baie kwaad vir Gilbert en laat hom goed verstaan dat sy ʼn wrok teen hom koester en niks met hom te doen wil hê nie/dat hy haar suster moet uitlos, want hy en sy ma het haar lewe verwoes.  Leendra se woede teenoor die Redelinghuyse het nog nie verdwyn nie, want sy sê vir Gilbert dis hy en sy ma wat haar lewe opgeneuk het en sy wil hul daarvoor laat betaal.  Leendra en Minette daag mekaar uit by Patty se verjaardagpartytjie omdat hul ook ʼn geskiedenis van konflik het wat steeds nie opgelos is nie.  Leendra baklei met haar oom oor haar ma se orrel wat aan ʼn handelaar van die Kaap verkoop is en hy nie die sentimentele waarde daarvan respekteer het nie, want die orrel is vir haar van onskatbare waarde – dit is ʼn herinnering aan haar ma.  Leendra kan nie glo dat Samuel in die Kleinkloof kamp nie en trek sy tentpenne uit in reaksie op haar woede, want sy wil nie hê iemand moet op daardie grond kom nie.  Leendra vertrou nie vir Samuel nie omdat sy vermoed hy iets wegsteek en daarom is haar houding jeens hom een van agterdog en antagonisme.  Leendra praat ontsteld met Patty na die insident waar Sielie Gilbert se Porche beskadig het, omdat Patty neerhalend van Sielie praat en sy dit nie sal duld nie.  Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder of sy haar sal onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie voel dat sy iets omtrent die situasie kan doen/verander nie.  Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie en dit vreet haar op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ʼn kans op vryheid.  Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange in die hartseer verlede waaruit sy wil ontsnap. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se dood omdat sy besef die verhouding het ʼn negatiewe impak op haar verhouding met haar ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers kon jammer sê nie.  Leendra het baie vrae oor die verlede, want sy onthou byvoorbeeld van die Italianer wat die dag van die ontploffing in die kloof was en dit bekommer haar dat sy nie weet wie hy is nie en sy wil agter die kap van die byl kom.  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar pa se finansiële situasie en is onseker of hy werklik bankrot was, want sy vermoed dit is nie die waarheid nie.  Leendra bots met die groter krag van die dood, want sy is kwaad omdat haar ouers op so ʼn vroeë ouderdom gesterf het en dink dis onregverdig dat hul van haar weggeneem is.  Leendra is vasgevang in die seer van die verlede omdat sy glo die ontploffing waarin haar ouers dood is, moord was, maar sy het nie al die antwoorde op hierdie moordraaisel nie.  Leendra bevind haar steeds in ʼn warboel van raaisels en is agterdogtig toe sy uitvind Samuel is die Italianer se vennoot en wil weet hoekom hy voor die ontploffing in die Kleinkloof was, want sy vermoed hy weet iets omtrent haar ouers se dood.  Leendra se karakterontwikkeling word gestrem deur haar innerlike konflik, want sy verklaar dat ʼn mens net vry kan wees as jy kan vergewe en sy is nog nie gereed om dit te doen nie, want sy het nie antwoorde op haar baie vrae nie.  Leendra delf in haar verlede is juis omdat sy innerlike konflik ervaar en sy jaag onbewustelik ʼn droom na vryheid van gemoed na.  Leendra se innerlike konflik aktiveer eindelik die behoefte om te droom oor ʼn beter toekoms vir almal, want sy wil in haarself, haar omstandighede en verlede delf op soek na ʼn beter toekoms sodat sy kan vry wees.  Pastoor Gerald ervaar innerlike konflik oor die beroep in die Kaap wat hy moet aanvaar, want hy weet nie of dit die regte besluit vir hom en sy familie is nie.  Pastoor Gerald ervaar later weer konflik toe hy besluit het om die beroep te aanvaar, want hy besef dat Vlaktevlei nou ’n leier nodig het en daarom is dit nie die regte tyd om te gaan nie.  Pastoor Gerald ervaar ook innerlike konflik oor sy besluit om Kaap toe te gaan omdat hy verlief is op Rebekka en haar nie in die proses wil verloor nie.  Pastoor Gerald ervaar konflik omdat hy verlief is op Rebekka terwyl hy ʼn getroude man – en ʼn man van God is.  Pastoor Gerald se innerlike worstelinge/struwelinge lei tot uiterlike konflik met Jamaina omdat sy wil Kaap toe gaan en besef dat hy gevoelens vir ʼn ander vrou het – en hy weet hy dra skuld vir Jemaina se hartseer. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Leendra is uit die Silwerkruis Gevangenis vrygelaat. √ 1 7.2 Derdepersoonsverteller √ 1 Die verteller skep afwagting/spanning omdat die leser nie weet wat Sielie gaan doen nie/hoe Leendra gaan reageer nie. √ 1 7.3 Sielie (en Leendra) se ouers is in ʼn gasontploffing oorlede en sedertdien is Sielie se spraak (en gedrag) aangetas. √ 1 7.4 Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar verbeeldingsvlugte met haar lappopgesin en daarom wil die leser leidrade omtrent die baie raaisels in die intrige hierdeur probeer aflei./Die leser kry slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit verhoog dus die spanning. √ 1 Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording van onopgeloste vrae gelei wat haar eindelik bevry het/emosionele gesondheid besorg het sodat sy as jong meisie tot nuwe insigte kon kom/kon ontwikkel. √ 1 7.5 Leendra is spyt dat sy nooit die kans gehad het/gaan hê om vir haar ma (ouers) jammer te sê oor die gebeure rondom haar verhouding met Ferdinand nie, want haar pa was nie ten gunste van hul verhouding nie./die diefstal/die moord nie omdat sy dit baie graag sou wou doen en later daarna smag om dit te kon doen. √ 1 Nee Haar ma is oorlede voor sy dit kon doen. √ 1 Die kandidaat bied enige EEN voorbeeld van uiterlike konflik aan en motiveer of die konflik opgelos is, bv. Leendra en Minette ervaar uiterlike konflik by Patty se verjaardagpartytjie toe Minette Leendra uitdaag oor haar teenwoordigheid en Leendra snedig reageer. √ 1 Ja, die konflik word opgelos. Leendra en Minette gesels beskaafd/rustig met mekaar by Rebekka se begrafnis nadat albei ʼn folteringsproses deurgemaak het/tot bepaalde nuwe insigte omtrent die lewe gekom het. √ 1 Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt aandui. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 7.6 Mario Martinelli √ 1 Die kandidaat bied enige TWEE karaktereienskappe en ʼn motivering van elkeen vir EEN punt elk aan, bv. Romantikus – na ʼn warrelwind vriendskap en romanse met Gretel vra hy haar om te trou. Ambisieus/Sakevernuf – Western Mining/Sy mynmaatskappy delf in die Agterkloof op soek na graniet/Koop Vlaktevlei uit. √√ 2 7.7 Vertellersperspektiefsprong/Dit dui ʼn sprong tussen die verlede en die hede aan/Tydsprong. √ 1 7.8 Oom Phil het selfdood gepleeg (en dis op daardie spesifieke plek waar Leendra blomme gaan neersit.) √ 1 Ja Leendra het vrede gevind/karakterontwikkeling ondergaan/tot nuwe insigte gekom nadat sy diep gederf het/ʼn kans op ʼn nuwe lewe het. √ 1 Die kandidaat kan nie “nee” as antwoord aanbied nie. 7.9 Benaming √ 1 Leendra het ʼn vurige humeur/geaardheid gehad. √ 1 7.10 Ja Die leser het verwag dat die Vlaktevleiers hul gemeenskap moes ontruim/hul huise sou van hul weggeneem word, maar nou word nuwe huise gebou en strate geteer. √ 1 Die kandidaat moet albei kante van die ironiese wending vir EEN punt aandui. Ja Dit is ʼn droom wat vir die Vlaktevleiers waar word wanneer hulle nie hul gemeenskap hoef te ontruim nie. √ 1 Pastoor Gerald het by Rebekka se begrafnis verklaar dat met haar dood toets die Here die Vlaktevleiers om te sien of hulle mekaar kan vergewe/kan liefhê (soos ware manne en vroue van sout). √ 1 7.11 In TEKS A is Leendra gefrustreerd/moedeloos/hartseer, maar in TEKS B is sy uitbundig/opgewonde/uitgelate. √ 1 7.12 Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat hebsug/geldgierigheid op mense/gemeenskappe kan hê. √ 1 Die kandidaat bied ʼn eie boodskap binne die konteks van die tema aan, bv. Ek het opnuut geleer dat dit belangriker is om ʼn behoorlike/goeie medemens te wees voordat ek op ander mense trap om my eie (finansiële) voorspoed te bewerkstellig. √ 1 Leendra moes in haarself/die verlede delf om eindelik by die droom van ʼn beter toekoms uit te kom. √ 1 [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) OF MY JAPAN – Schalk Schoombee VRAAG 8: MY JAPAN– LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Ilse bots uiterlik met haar ma omdat haar verwagtinge deurentyd so hoog is en sy nie daaraan wil voldoen nie.  Ilse bots ook met haar ma omdat sy gefrustreerd is met haar huislike omstandighede waarmee sy nie tevrede is nie, want sy voel hartseer dat sy aan hierdie gesinsdinamika blootgestel moet wees.  Ilse se verhouding met haar ma is erg problematies omdat sy kwaad oor die disfunksionaliteit van hul situasie is en besef sy niks daaraan kan doen nie – of dat die situasie nie kan verbeter nie.  Ilse is kwaad omdat haar gesin verbrokkel het, want die tragedie van haar broer se dood het in uiterlike konfliksituasies na vore gekom omdat sy nie haar seer kan verwerk nie.  Ilse en haar ma bly bots, want hul kommunikeer nie oor hul verlies nie en moet dit eers doen voordat hul emosioneel gesond kan raak.  Omdat Ilse uit ʼn gebroke gesin kom, ervaar sy konflik met die omgewing en samelewing se norme, want sy wil nie konformeer om soos die samelewing te wees nie.  Ilse ervaar skuldgevoelens/innerlike wroeginge oor haar broer wat verdrink het omdat sy veronderstel was om na hom te kyk – en het nie – maar sy voel dis onregverdig dat sy vir haar broer se veiligheid en sorg aanspreeklik gehou moet word.  Iris ervaar innerlike konflik omdat sy as buitestander getipeer word/nie in die skoolgroep inpas nie, want sy is anders en wil nie konformeer nie en sy voel dat sy die reg op haar andersheid het.  Ilse ontsnap na haar verbeeldingswêreld wanneer haar innerlike konflik/skuldgevoelens haar onderkry, want sy idealiseer Japan waar Engela woon omdat haar huislike omstandighede/werklikheid haar baie hartseer maak.  Omdat Ilse ontevrede is met haar gesin/innerlike konflik ervaar, skep sy in haar verbeeldingswêreld vir haar ʼn nuwe, gelukkige Japannese gesin omdat haar gesinslewe haar ongelukkig laat voel.  Ilse se onvermoë om as karakter te ontwikkel is gesetel in die innerlike konflik wat sy in haar lewe beleef het, want haar broer se dood en haar ouers se optrede laat haar hartseer voel omdat sy meen sy van lewensgeluk ontneem is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13  Iris se karakterontwikkeling word gestrem omdat haar innerlike wroeging omtrent die lewe in haar pad staan en sy sukkel om die werklikheid te aanvaar en aan te beweeg/emosioneel afstand te doen van ʼn verbeelde werklikheid.  Ilse se vermoë om die konflik met haar ma op te los word gestrem omdat sy en haar ma nie hul verlies verwerk nie en dit nie kan gebeur alvorens elkeen se eie seer beter is nie.  Ilse het ʼn sterk wil van haar eie wat haar innerlike konflik aanvuur omdat sy nie insette van haar ma (oor byvoorbeeld akademie) waardeer nie omdat sy hardkoppig/eiewys/seer is.  Ilse is aanvanklik ʼn tiener wat deur haar skuldgevoelens verteer word, maar sy groei en leer om die konflik uit te daag, want sy raak later emosioneel sterker.  Ilse se innerlike konflik taan en sy is eindelik ʼn jong volwassene wat insig in haar probleme kry, want sy word aan ander se ervaringswêrelde en probleme blootgestel wat haar leer om haar situasie beter te bestuur.  Ilse verwerk haar seer/haar innerlike konflik word opgelos, want sy besef dat sy nie kan toelaat dat die seer van die verlede haar verder negatief beïnvloed nie omdat sy besef/tot insig kom dat sy geluk wil najaag  Mercia ervaar innerlike konflik oor die hartseer dood van haar seun omdat sy verpletter is dat sy nie iets aan die situasie kan doen nie.  Mercia ervaar ook uiterlike konflik met Ilse oor die dood van Danie, want sy is van mening dat Ilse na haar boetie moes omsien, maar sy weet nie presies hoe om Ilse te laat verstaan dat sy nie vir Danie se dood verantwoordelik is nie.  Mercia ervaar innerlike konflik oor haar verbrokkelde huwelik, want haar man het die gesin verlaat en Australië toe getrek en sy moet as enkelouer ʼn moeilike tiener grootmaak en broodwinner wees.  Mercia ervaar konflik oor Ilse se obsessie om Japan toe te gaan, want sy is bang om nog ’n kind te verloor en sy weet nie hoe om die situasie sensitief en korrek te benader nie.  Mercia en Ilse se konflik word eindelik opgelos wanneer hul albei in die ontboesemingtoneel mekaar vryspreek van skuld en verwyte oor Danie se dood omdat hul elkeen emosioneel sterker geword het en kans sien vir die lewe.  Mercia se konflik word verder opgelos wanneer sy vir Ilse toelaat om Japan toe te gaan, want sy sê Ilse moet die wêreld gaan beleef sodat sy haar storie kan skryf en sy dus vrede in haar hart het dat sy nie haar dogter gaan verloor deur haar die belewenis van Japan te gun nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Die leerlinge – in die gimnasium √ 1 Ilse – links op die verhoog/voor op haar plek, Japan √ 1 Elzette – regs op die verhoog/voor op haar plek, Gotham City √ 1 Hierdie gedeelte beeld die botsing tussen strydende partye uit – die tipiese handeling in hierdie fase van die drama. √ 1 9.2 Elzette kom in opstand teen aanvaarbare sisteme/ordes/die konvensio- nele/normaliteit. √ 1 Ja Elzette is ʼn goth/vrydenker wat haarself sny en haar gedrag is dus in lyn met haar lewensbeskouing/oortuigings. OF Nee Elzette moet leer om te konformeer, want ʼn mens kan nie altyd jou waardes in alle omstandighede (uit)leef nie.√ 1 9.3 Ilse se pa het die gesin verlaat/het Australië toe getrek toe die hartseergebeure van haar broer se dood hul gesin getref het. √ 1 9.4 Die verteller wil vir die leser die geordende Japannese leefstyl illustreer./Die verteller gee subtiel aan die leser die idee dat Japan baie meer ordelik as Suid-Afrika is. √ 1 9.5 ʼn Frenetiese dans is ʼn wilde dans met opwinding/passie en vrees/pyn. √ 1 Elzette se dans is vry/sonder ʼn vaste struktuur terwyl die leerlinge se dans georden/gechoreografeer/ritmies/soos soldate is. √ 1 Elzette is anders as die ander leerders/huldig ʼn ander lewensbeskouing/pas nie in die gekonformeerde wêreld/die normale in nie./Sy sukkel/weier om te konformeer. √ 1 9.6 Toneelaanwysings/neweteks √ 1 Die toneelaanwysing bied aan die karakters/spelers spelleiding ten opsigte van hul handeling/posisie op die verhoog./ Die toneelaanwysing bied aan die leser ʼn visuele blik op die karakters se handeling/posisie op die verhoog./Die toneelaanwysing help dat die leser verstaan dat die karakters nou met mekaar Skype. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 9.7 Ilse se ma wou nie toelaat dat Ilse Japan toe gaan nie (omdat sy nie nog ʼn kind wou verloor nie), maar laat haar nou toe om Japan te gaan ervaar. √ 1 Ilse was vasgevang in haar veilige kopruimte, Japan, en het geglo dis ʼn utopia/ontsnappingsruimte, maar sy besef nou die werklikheid van haar en haar ma se hartseer situasie/het nie meer illusies oor Japan nie. √ 1 Karakterontwikkeling moet aandui hoe die karakter was en hoe die karakter nou is. Ilse en haar ma het in die ontboesemingtoneel mekaar vrygespreek van enige aandeel aan/skuld vir Danie se dood en die konflik is so opgelos. √ 1 9.8 Lukas sê vir Ilse dat hy begrip het vir Ilse se ma se siening en dat sy dit moet probeer verstaan: sy wil nie nog ʼn kind verloor nie. √ 1 9.9 Ilse doen (simbolies) afstand van haar obsessie met Japan. √ 1 Ja Die leser het verwag dat Ilse enduit haar obsessie met Japan gaan volhou, want dit sou vir haar vryheid/ontsnapping van haar huidige omstandighede verseker. Nou kom sy egter tot die insig dat sy nie die werklikheid kan ontsnap nie en dus nie Japan toe hoef te gaan om beter te begin voel nie. √ 1 Die kandidaat moet albei kante van die ironiese wending vir EEN punt wys. 9.10 Monster – Akashita √ 1 Vrou met die twee monde – Futakuchi-onna √ 1 Daar word ʼn parallel getrek omdat Ilse se ma twee kante het – aan die een kant die hartseer/moeilike/aanhoudende ma en aan die ander kant die professionele beroepsvrou. √ 1 9.11 Ilse aanvaar aan die einde van TEKS D die werklikheid en doen afstand van haar obsessie met Japan, terwyl sy in TEKS C met alle mag en geweld in Japan wou kom om van haar huidige omstandighede te vlug. √ 1 9.12 ʼn Tragedie kan ʼn geweldige negatiewe invloed op ʼn gesin hê./ʼn Tragedie kan ʼn gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √ 1 Die kandidaat formuleer binne konteks ʼn eie boodskap, bv. Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat daar tog hoop is as ongeluk my tref. √ 1 [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, onderwerp onderwerp goed onderwerp die onderwerp ˗ Geen verwysing na die verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die behoorlik uit die gedig gedetailleerd van die onderwerp ondersteun nie genre en gedig onder 7 PUNTE gerugsteun is ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie ˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre van die genre en gedig maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig goed gemotiveer nie altyd oortuigend nie ˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van gedig duidelik genre en gedig STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak Struktuur, logiese vloei struktuur logiese vloei van struktuur tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute en aanbieding ˗ Argumente goed argument ˗ ʼn Goed beplanning ˗ Foutiewe styl Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word logiese vloei en logies gerangskik ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie 3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek in die opstel ˗ Taalfoute styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend beïndruk en is korrek toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie ˗ Grammatika, spelling gepas geskik nie en punktuasie feitlik foutvry VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ -Swak poging om die verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig interpretasie van gedetailleerd ˗ Enkele goeie punte nie nie 15 PUNTE onderwerp ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die ˗ Leerder het nie die ˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp onderwerp genre en teks onder argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun die knie nie behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie word ondersteun, ˗ Baie min relevante gerugsteun is ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente ˗ Uitstekende begrip van teks duidelik altyd oortuigend nie ˗ Weinig begrip van die genre en teks ˗ Basiese begrip van genre en teks genre en teks STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan en aanbieding struktuur ˗ Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument ˗ Logika en samehang beplanning belemmer vloei van gebruik in opstel en slot ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente ˗ Argumente goed paragrawe foute logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe 10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie styl laat hierdie is duidelike georganiseer toon en styl meestal ˗ Taalfoute skryfstuk misluk ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en gepas beduidend ˗ Styl en toon nie ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie geskik nie styl is volwasse, dit meestal korrek geskik nie ˗ Paragrafering foutief beïndruk en is korrek ˗ Paragrafering foutief VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Afrikaans Hl

View all