Skip to content
Memorandum

Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Subject: Afrikaans HlGrade 11201815 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN PUNTE: 80 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) NASIENRIGLYNE 1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae doen, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag in dieselfde genre beantwoord nie.) 2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte doen, word slegs die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. 3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord, word slegs die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is. 4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. 5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyn nagesien. 6. As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou. 7. Literêre opstel: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien. 8. Kontekstuele vrae: As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. 9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Die spreker dink met heimwee aan haar Pa, want sy onthou hom soos hy werklik was: sag, ʼn ware kunstenaar en romantikus./Bv. reël 1: hy was nie ʼn man van staal nie.  Sy onthou hom as ʼn intense natuurliefhebber, want hy het die natuurelemente soos reën en son geken./Bv. reël 2: waar die reën se blink some alkant oor die berge sleep hoor ek hom lag...  Sy herinner haar aan sy blydskap en ontsteltenis, want hy was bly oor die reën, maar nie oor die son wat die plantegroei doodbrand./Bv. reël 2: waar die reën se blink some alkant oor die berge sleep hoor ek hom lag... /reël 5: waar die knettervuur van son die heuwels kaal skeer, hoor ek hom ween...  Sy onthou haar pa as ʼn doodgewone man omdat hy ʼn sagte, sensitiewe, gevoelvolle mens was./Bv. reël 9: pa was in murg en borsbeen ʼn doodgewone man.  Omdat haar pa ʼn doodgewone man was, onthou sy ook dat hy nie die aanslae van die lewe kon afweer nie./Bv. reël 21: ... en in die liefde geskaad  Die herinneringe en heimwee is nog vars, want hy is by haar in haar emosionele leefwêreld./Bv. reël 11: ... vertoef hy soms in my drome/dans rond in stiltes van my boord.  Met heimwee dink sy aan die wingerdharte wat haar pa se liefde en tekens van omgee uitgebeeld het./Bv. reël 14: ryg wingerdharte aanmekaar.  Die spreker onthou sy inkpen wat leeg is wat dan die plek waar hy gesterf het, oproep nl. die studeerkamer./Bv. reël 17:op die lessenaar drup sy inkpen leeg.  Sy rig trooswoorde tot haarself, want sy wil die heimwee na haar pa besweer./Bv. reël 19: doodgewone man; reël 20: ... van lag en van huil; reël 21: murgsag.  Sy aanvaar die verlies wat die afsterwe van haar pa meebring omdat hy terug gegee is aan die aarde wat hy so lief gehad het en die aarde het hom gretig ontvang./Bv. reël 22: en my dood was soos dit ons aarde behaag. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Gestorwe planeet Vraag Antwoord Punt 2.1 Die aandagstreep beklemtoon die gevolge van die mens se dade/optrede in versreël 1–3 wat hierna volg. √ 1 Die enjambement ondersteun die opwaartse/voortdurende beweging van die uitgelate gifgasse. √ 1 2.2 Strofe 1 handel oor die uitwerking van lugbesoedeling op die aarde. √ 1 Strofe 2 handel oor die uitwerking van kernkragongelukke op die natuur. √ 1 Strofe 3 handel oor die vernietiging van die plant- en dierelewe deur die mens. √ 1 2.3 Die hoofletters beklemtoon die oordeelsdag/ewigheidsgedagte/hoe skrikwekkend/verreikend die impak dus van die mens se nalatige optrede is. √ 1 2.4 Metafoor √ 1 Die oliebesoedeling is duidelik op die brandertoppe sigbaar. √ 1 2.5 ʼn Negatiewe stemming/Neerslagtigheid/Mistroostigheid/Somberheid / Kommer/Wanhoop √ 1 2.6 Die mens vernietig die natuur/aarde. √ 1 [10] OF VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vraag Vraag Antwoord Punt 3.1 Die titel verwys na die vrae: Wat gebeur as verliefdheid nie net verbygaan nie, maar in liefde ontwikkel √ en is liefde meer draaglik as 1 verliefdheid. √ 1 3.2 Metafoor √ 1 Dit is funksioneel, want die punt dui die finaliteit van die argument aan/want daar is nie meer te redeneer hieroor nie. √ 1 3.3 Maar √ 1 3.4 Die liefde is bedrieglik en broos./ Al is die liefde sterk, is daar geen waarborg dat dit sal hou nie. √ 1 3.5 Die kragdraad is veronderstel om sterk te wees, maar dit is nie want ʼn haar is broos/breekbaar./ Dit wat met mekaar vergelyk word, is nie vergelykbaar nie, want dit is juis die teenoorgestelde van mekaar. √ 1 Die kandidaat moet BEIDE kante van ironie vir EEN punt noem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 3.6 Die langdurigheid van die liefde kan ondraaglik word./Liefde is kompleks. √ 1 Die kandidaat formuleer sy/haar eie boodskap binne konteks van die gedig, bv. liefde en verliefdheid laat baie vrae by mens ontstaan./ Verliefdheid is definitief tydelik van aard, want dit is meer fisiek./ Indien jy regtig lief is vir iemand, is daar altyd hoop op versoening indien dinge skeefloop. √ 1 Onsekerheid/Twyfel √ 1 [10] OF VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Niks is waarna dit lyk nie Vraag Antwoord Punt 4.1 ʼn Reisiger (wat die landskap op intens visuele wyse ervaar) √ 1 4.2 Kwatryne √ 1 4.3 Die verwysing van/na ʼn teks binne ʼn teks. √ 1 Bach se skaapkoraal √ 1 4.4 Die gedig verander skielik van die idilliese bewondering van ʼn oënskynlike pragtige landskap tot die onverwagte ontnugtering dat alles hier nie so mooi/idillies is by die nadere/verdere beskouing/ondersoek nie. √ 1 4.5 s-alliterasie: die beweging van die skape in/op die klitsgras word ondersteun. √ 1 w-alliterasie: die vasgewoelendheid van die skaap in die wol word beklemtoon. √ 1 r-alliterasie: die gevaar/ongenaakbaarheid van die adder word beklemtoon. √ 1 4.6 Ontnugtering/onheilspellendheid/ʼn negatiewe stemming √ 1 Dieper as die oppervlak skuil daar dikwels duistere waarhede wat eers met fynere/kritiese waarneming gevind/opgelet kan word. √ 1 [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Besoek van my ouma Vraag Antwoord Punt 5.1 tsau! tsau! √ 1 5.2 Personifikasie √ 1 Die sterre wil baie graag jou hart hê./is baie honger vir jou hart. √ 1 5.3 In versreël 2 is die sterre baie honger, maar in versreël 5 sal die aangesprokene nooit honger wees nie. √ 1 Die kandidaat noem BEIDE kante vir EEN punt. 5.4 voer √ 1 5.5 Somer word met die woorde geassosieer. √ 1 Herhaling √ 1 Uitroepteken √ 1 5.6 ʼn Boesman √ 1 Hy het grootgeword met die woord./ Hy het van kleins af na die sterre geluister. √ 1 [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. VRAAG 6: OPSTELVRAAG DROOMDELWERS – Esta Steyn Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  Leendra voel angstig in haar tronksel 1288 in die Silwerkruis Gevangenis omdat sy nie weet wie haar ouers vermoor het nie.  Sy ervaar verwerping in die tronk omdat oom Phil nie met haar kontak maak nie.  Leendra ervaar verdriet/skuldgevoelens omdat sy besef dat sy nooit die geleentheid gaan kry om haar ouers om verskoning te vra oor die hantering van haar verhouding met Ferdinand nie.  In Soutmansdal ervaar Leendra dat die gemeenskap nie vir haar ʼn tweede kans sal bied nie, omdat almal haar verlede ken.  Sy ervaar egter liefde en aanvaarding by die Bonthuys-familie in hul huis, want oom Bontie en Sweetie is soos ʼn tweede pa en ma vir haar.  In die hotel ervaar Leendra uiterlike konflik met Minette wanneer sy saam met Gilbert na Patty se mondigwordingspartytjie gaan, want die twee vroue het ʼn verlede wat van baie negatiwiteit getuig.  Wanneer Leendra naby haar kamer kom waar sy destyds in die hotel gebly het, word sy oorweldig deur ʼn diepe hartseer en woede vir die onregverdighede waaraan sy onderwerp is.  By haar ouerhuis (waar Phil nou woon) ervaar sy kritiek/negatiewe ervarings van Mara wat haar steeds soos ʼn misdadiger laat voel.  Lucia se liefde en deernis is vir Leendra hier positief, want sy luister na haar/gee haar raad oor hoe sy sekere situasies moet hanteer.  Leendra ervaar negatiewe interaksie met Phil wanneer hulle baklei oor haar ma se orreltjie wat hy verkoop het.  Dit is ook in hierdie huis waar Leendra eindelik die antwoorde op so baie vrae kry toe sy die dokumente van haar pa se boedel in die studeerkamerkluis vind.  Leendra en Sielie is amper seergemaak/dood hier toe Phil uitbars en hul dreig en veroordeel vir baie sondes waaraan hy skuldig is.  Leendra ervaar ʼn innerlike hartseer toe sy in hierdie huis vir Sielie in die gang in ʼn bondeltjie sien sit, want sy besef dat Sielie emosioneel groot skade gely het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)  Die see/strand bied aan Leendra ontvlugting, want hier voel sy ʼn stukkie van die vryheid waarna sy so smag.  Pastoor Gerald se ontmoetings by die see is vir haar positief, want hy bemoedig haar/lewer positiewe insette ten opsigte van haar situasie.  Die Vlaktevleikerkie bied ook aan Leendra vrede en ontvlugting, want hier kan sy op die orrel gaan speel.  Gretel se Der Shutz is ook ʼn ontvlugtingsoord vir Leendra waar sy positiewe gesprekke met Gretel beleef.  Dit is ook in Gretel se studio dat Leendra verder soek na antwoorde op vrae toe Sielie met Debbie Jansen gesels.  Die Soutpanne bied aan Leendra ʼn mate van struktuur en orde toe sy daar in die kantoor begin werk en voel dat sy ʼn bydrae kan lewer.  Die mense/ voormalige werknemers van haar pa maak die Soutpanruimte vir haar positief, want hul aanvaar haar en gesels gemaklik met haar.  Sy ervaar egter by die soutpanne konflik met Patty wanneer Sielie Gilbert se motor beskadig, wat weer ʼn wrok/woede by Leendra aktiveer.  Op Dwarsmansdal ervaar Leendra woede/uiterlike konflik met Gilbert wanneer hy met Sielie praat.  Leendra is ook onrustig by die prokureursfirma op Dwarsmansdal, want sy is op soek na antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood.  Die Kleinkloof is Leendra se ‘plek van hartseer’, want hier is haar ouers dood en is haar lewe onherroeplik verander.  Toe graniet hier ontdek is, het dit tog ook ʼn optimisme/vreugde by Leendra geaktiveer wat eindelik vreugde in haar lewe gebring het. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 7.1 Die Cupido’s se motor het voor ant Sweetie se winkel gebreek. √ 1 7.2 Rebekka Cupido √ Haar besluit om terug te gaan na haar man lei tot versoening tussen Gerald en Jamaina. / 1 Haar begrafnis verenig die gemeenskappe van Vlaktevlei en Soutmansdal./ Haar begrafnis dra by tot die begin van versoening tussen Leendra en Minette Redelinghuys. √√ By haar begrafnis besef Rudi en Minette hulle moet hul verhouding ʼn tweede kans gee. 2 Die kandidaat bied enige TWEE rolle vir EEN punt ELK aan. 7.3 Ongeduldig/ Brutaal √ 1 7.4 Hy bied aan dat Leendra op die orreltjie in die kerk kan kom speel wanneer die verlange na haar ma te erg word. √ 2 7.5 Hy is sonder ʼn ma. √ 1 Gretel √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 7.6 Hy het op Rebekka verlief geraak. √ Hy wou hulle in die steek laat deur die beroep na Atlantis te aanvaar. √ 2 7.7 Gesinsgeweld √ 1 7.8 Rustige/gemoedelike stemming. √ 1 7.9 Hy is in ʼn ligte flirtasie met Patty betrokke. √ 1 Hy is onseker van Leendra se gevoel vir hom. √ 1 7.10 Die stelling is korrek, want hy bring sy seun in die verhaal in aan wie Patty verloof raak. Met haar uit die prentjie is ʼn verhouding met Samuel moontlik. √ 1 Hy koop Vlaktevlei uit wat dus beteken die Vlaktevleiers hoef nie hul huise prys te gee nie. √ 1 Met die vestiging van die granietmyn verskaf hy werk aan die Vlaktevleiers./word Vlaktevlei verder ontwikkel. √ 1 7.11 Die ontdekking/delf van die Dream Dolorosa graniet was Mario se droom/ vir Mario ʼn droom wat verwesenlik is en sluit dus by die titel Droomdelwers aan. √ 1 Kleinkloof √ 1 Haar ouers het daar gesterf. √ 1 7.12 Hulle is almal besoekers aan Vlaktevlei/inkommers. √ 1 Samuel van der Sandt. √ 1 Sy gaan terug na haar man./Sy laat Gerald besef jou familie is belangrik./ Sy gee nie in tot Gerald se toenadering nie. √ 1 Rebekka, want sy word geskiet./verloor haar lewe./gaan dood. √ 1 [25] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) MY JAPAN – Schalk Schoombee VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien. LET WEL:  Dis ʼn breë raamwerk van feite.  Al die feite hoef nie genoem te word nie. Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.  In Ilse se ouerhuis voel sy negatief/hartseer/gefrustreerd, want sy en haar ma baklei gedurig.  Hier word Ilse ook herinner aan die dood van haar broer, wat angs en spanning tot gevolg het.  Ilse se hartseer word verder beklemtoon dat die gesinshuis ʼn simbool is van die verbrokkeling van haar ma en pa se verhouding en haar pa wat hul verlaat het.  Ilse se skuldgevoelens word hier lewend gehou, want sy dink nie sy het haar plig as oppasser nagekom nie en dit het haar boetie se dood veroorsaak.  Dit is in die huis waar ons Ilse en haar ma se ontboeseming waarneem en waar hul dus die keerpunt bereik om ʼn beter ma-dogter-verhouding te probeer bewerkstellig.  Ilse en haar ma vind in hul huisruimte vrede in mekaar se arms wanneer hulle as twee gebroke individue begin praat en ʼn tree na heelword gee.  Die skoolruimte lig Ilse se buitestanderskap uit, want sy en Elzette is die twee kinders wat nie werklik deur die res aanvaar word nie.  Lukas en Gerrit sien tog die positiewe in Ilse raak en hier is ʼn kans vir ʼn vriendskap ook.  Die L-bende veroorsaak verdere spanning, want hul oppervlakkigheid staan in kontras met Ilse wat dink/probeer sin maak uit die aakligheid van haar omstandighede/skool.  Ilse se empatie word in die skoolruimte belig, want dit is hier waar sy Elzette probeer verstaan en ondersteun.  Wanneer Ilse haar toespraak oor die tsoenami lewer en eindelik flou word, sien die leser chaos/onordelikheid in die karakters/ruimte wat Ilse se gemoedstoestand beklemtoon.  In die gimnasium verkies Ilse om na ‘Japan’ te vlug, want sy beskou die oefeninge wat hul moet doen as ‘belaglik’.  Ilse is gefassineerd met die musiek/kultuur van Japan, want sy wil baie graag na skool daarheen reis.  Die kersiebloeisels wat eie is aan Japan, simboliseer vir die leser vreugde/geluk en dit is waarna Ilse so smag.  Japan bied aan Ilse die opwinding om weg te kom van haar Suid-Afrikaanse werklikheid wanneer sy by haar niggie wil aansluit om daar te werk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11  Japan raak Ilse se geestelike ruimte, want sy kan in haar kop daarheen vlug om van die aardse werklikheid te ontsnap.  Japan is ʼn veilige ruimte in Ilse se kop, want hier is niemand vir haar kwaad nie en kan sy net die mooi ervaar.  In haar ontsnappingswêreld is haar verbeelde ouers gelukkig getroud en hul moedig haar aan om onderdanig te wees.  Ilse woon in Japan in Naka, ʼn piepklein dorpie en hier kan sy vir haar ʼn utopia skep wat nie moontlik is in haar ouerhuis nie.  ʼn Ander belangrike geestelike ruimte in Ilse verbeelding is waar sy Akashita oproep wat negatiewe emosies wakkermaak oor die dood van haar broer.  Futakuchi-onna toon in haar verbeelding raakpunte met haar ma, wat monsteragtige beelde by haar laat spook.  Ilse is in haar verbeelding Amaja (nagreën), omdat sy haar van haar werklikheid na ʼn Japannese milieu verplaas waar sy op soek is na vrede. Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25] OF VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Vraag Antwoord Punt 9.1 Mercia/Ilse se ma √ 1 Sy het ʼn droom om as vrou selfstandig te wees./haar man in die korpora- tiewe/werkwêreld te staan. √ 1 9.2 Sy is ʼn goth wat haarself sny./nie tot die konvensie van skoollewe wil konformeer nie. √ 1 9.3 Die toneelaanwysing gee aan die regisseur/akteurs spelleiding./bied aan 1 die leser ʼn visuele uiteensetting van die verhoogruimte/handeling van die karakters. √ Dit maak deel uit van die dekor./rekwisiete./Dit verdeel die verhoog in twee./Beweging word bewerkstellig om die effek van die wind wat waai te bewerkstellig./Dit dui telkens ʼn nuwe ruimte aan. √ 1 ʼn Tablo is ʼn beeld/visuele skets deur ʼn groep op ʼn verhoog/in ʼn kreatiewe ruimte. √ 1 9.4 Ilse en haar ma praat nie oor hul emosies omtrent Danie se dood nie./ Ilse en haar ma se optrede teenoor mekaar word deur daardie dag se gebeure bepaal./ Ilse en haar ma se verhouding word negatief beïnvloed deur haar ouers se verbrokkelde verhouding./ Ilse en haar ma kom nie oor die weg nie, want Mercia wil nie aanvaar dat Ilse na skool haar vlerke wil sprei nie. √√ 2 Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke redes vir Mercia en Ilse se wankelrige verhouding vir EEN punt ELK aan. Mercia en Ilse ervaar die ontboeseming in mekaar se arms wanneer hul aan die einde van die drama oor Danie se dood begin praat./wanneer hul hul eie seer/skuldgevoelens oor Danie se dood met mekaar deel. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) 9.5 Japan is vir Ilse ʼn ontvlugting van die hartseer werklikheid./ʼn Verbeeldingsvlug waar sy van die werklikheid/hartseer van haar omstandighede kan ontsnap. √ Ja. Sy moet haar emosioneel verplaas van haar hartseer werklikheid./Sy 1 moet letterlik uit Suid-Afrika padgee om haar gesin se hartseer te probeer ontsnap. OF Nee. ʼn Mens kan nie altyd weghardloop van jou seer nie en moet daarom eer- der oplossings vir die pyn probeer vind./Sy ken nie al die Japannese tradi- sies nie/weet nie hoe die land is nie. √ Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan deur na die konnotatiewe of werklike Japan te verwys. 1 Ilse kry die geleentheid om van Danie se dood te vergeet./ Ilse vind vreugde in die Japannese tradisies en simbole./ Ilse kan vergeet wie sy is en iemand word (Amaja) wat pyn nie ken nie./ Ilse sien ʼn mooi voorbeeld van ouers wat lief is vir mekaar./van ouers wat wil hê sy moet onderdanig eerder as selfstandig wees./ Die verbeeldingsvlugte bied aan Ilse tydelike verligting vir ʼn hartseer lewe. √√ Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke redes waarom die Japan- toe-gaan positief kan wees vir EEN punt ELK aan. 2 9.6 Tessan – die Samoerai-kryger √ 1 Okiku – ʼn mooi diensmeisie (wat vir Tessan gaan werk het.) √ 1 9.7 Die hoepel wat stadig oor Danie se kop laat val word, beeld visueel uit dat hy in ʼn stormwaterpyp geval het. √ 1 9.8 Dit dui op Mercia se aarseling./Dit beklemtoon Mercia se verwardheid/on- sekerheid./Dit beklemtoon die skokgedagte wat Mercia nou tref./Dit beklemtoon die afwagting voor Mercia besef dat Danie in die stormwaterpyp geval het. √ 1 9.9 Die verteller wil vir die leser in TEKS C wys dat Ilse grappenderwys/ ligtelik/gemaklik ʼn vraag vir haar niggie vra, maar in TEKS D word Ilse se vrees/angs deur die vraagstelling duidelik uitgebeeld. √ 1 9.10 Tien!/Geluid van ʼn enkele bord wat breek. √ 1 Dit is die hoogtepunt van die drama omdat die botsing/krisis ʼn breekpunt bereik./omdat die leser nou weet wat hy/sy die hele tyd wou weet./die spanningslyn bereik ʼn finale hoogtepunt/breekpunt. √ 1 Dit dui op die breekpunt in Mercia se lewe – die skokkende besef dat haar seun dood is. √ 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 9.11 Ilse trek die kimono aan om te ontsnap van die werklikheid van haar broer se dood, omdat sy skuldig voel omdat sy nie beter opgelet het toe sy hom moes oppas nie. √ 1 Die kandidaat moet die verband tussen die aantrek van die kimono en hierdie uittreksel aandui en nie bloot sê die aantrek van die kimono dui op Ilse se ontsnapping van die werklikheid nie. Wanneer Ilse die kimono uittrek, dui dit simbolies daarop dat sy afstand doen van haar obsessie met Japan./dat sy die werklikheid van haar omstandighede (haar pa wat in Australië woon en haar ma wat haar bes doen om haar te ondersteun) aanvaar. √ 1 9.12 ʼn Tragedie kan ʼn geweldige negatiewe invloed op ʼn gesin hê./ʼn Tragedie kan ʼn gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √ 1 Die kandidaat formuleer binne konteks ʼn eie boodskap, bv. Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat daar tog hoop is as ongeluk my tref. √ 1 [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018) AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Interpretasie van ˗ Diepgaande ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp interpretasie van onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, onderwerp onderwerp goed onderwerp. die onderwerp ˗ Geen verwysing na die verantwoordbaarheid en ˗ Reeks treffende geïnterpreteer ˗ Enkele goeie punte ˗ Byna geen punte gedig nie insig in teks argumente wat ˗ Respons redelik ter ondersteuning wat die onderwerp ˗ Leerder het nie die behoorlik uit die gedig gedetailleerd van die onderwerp ondersteun nie genre en gedig onder 7 PUNTE gerugsteun is. ˗ Enkele deeglike ˗ Enkele argument ˗ Onvoldoende die knie nie ˗ Uitstekende begrip argumente gegee, word ondersteun, begrip van genre van die genre en gedig maar nie almal ewe maar bewyse nie en gedig goed gemotiveer nie altyd oortuigend nie ˗ Begrip van genre en ˗ Basiese begrip van gedig duidelik genre en gedig STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur en ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Struktuur swak Struktuur, logiese vloei struktuur. logiese vloei van struktuur tekens van swak ˗ Ernstige taalfoute en aanbieding ˗ Argumente goed argument ˗ ʼn Goed beplanning ˗ Foutiewe styl Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en daar ˗ Vloei van argument gestruktureerde ˗ Argumente nie gebruik in opstel is duidelike kan gevolg word logiese vloei en logies gerangskik ontwikkeling. ˗ Taalgebruik, toon en samehang ontbreek nie 3 PUNTE ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek in die opstel ˗ Taalfoute styl is volwasse, dit ˗ Geringe taalfoute; beduidend beïndruk en is korrek toon en styl meestal ˗ Toon en styl nie ˗ Grammatika, spelling gepas geskik nie en punktuasie feitlik foutvry VERSPREIDING VAN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 Interpretasie van ˗ Uitsonderlike respons: ˗ Toon begrip van die ˗ Redelike ˗ Onbevredigende ˗ Geen begrip van die onderwerp 14–15 onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van onderwerp nie Diepte van argument, ˗ Uitstekende respons: onderwerp goed onderwerp; nie alle die onderwerp: ˗ Swak poging om die verantwoordbaarheid en 12–13 geïnterpreteer aspekte in detail byna geen aspekte vraag te beantwoord. insig in teks ˗ Diepgaande ˗ Respons redelik ondersoek nie in detail ondersoek ˗ Argumente oortuig interpretasie van gedetailleerd ˗ Enkele goeie punte nie nie 15 PUNTE onderwerp ˗ Enkele deeglike ter ondersteuning ˗ Min punte wat die ˗ Leerder het nie die ˗ Reeks treffende argumente gegee, van die onderwerp onderwerp genre en teks onder argumente wat maar nie almal ewe ˗ Enkele argument ondersteun die knie nie behoorlik uit die gedig goed gemotiveer nie word ondersteun, ˗ Baie min relevante gerugsteun is ˗ Begrip van genre en maar bewyse nie argumente ˗ Uitstekende begrip van teks duidelik altyd oortuigend nie ˗ Weinig begrip van die genre en teks ˗ Basiese begrip van genre en teks genre en teks STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 Struktuur, logiese vloei ˗ Samehangende ˗ Duidelike struktuur ˗ Enkele bewyse van ˗ Struktuur toon ˗ Gebrek aan en aanbieding struktuur ˗ Logiese vloei van struktuur tekens van swak beplande struktuur Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding argument ˗ Logika en samehang beplanning belemmer vloei van gebruik in opstel en slot ˗ Inleiding, slot en ander is duidelik, maar met ˗ Argumente nie argumente ˗ Argumente goed paragrawe foute logies gerangskik ˗ Taalfoute en foutiewe 10 PUNTE gestruktureer en daar samehangend ˗ Enkele taalfoute; nie styl laat hierdie is duidelike georganiseer toon en styl meestal ˗ Taalfoute skryfstuk misluk ontwikkeling ˗ Taalgebruik, toon en gepas beduidend ˗ Styl en toon nie ˗ Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek ˗ Paragrafering ˗ Toon en styl nie geskik nie styl is volwasse, dit meestal korrek geskik nie ˗ Paragrafering foutief beïndruk en is korrek ˗ Paragrafering foutief VERSPREIDING VAN 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 PUNTE Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Afrikaans Hl

View all