Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentMemorandum 











View all





Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
Grade 11 Afrikaans Hl Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans Hl
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 1.0 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 11
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING
0 Sirkel Punktuasiefout
Dubbelstrepie onder Spelfout
ʼn woord
Lang streep onder ʼn Foutiewe woordgebruik
woord
Sirkel met pyltjie Woordorde
/\ Weglaatteken Woord weggelaat
T Hoofletter T in Tye verwar
kantlyn
H Dubbele hh Herhaling van gedagtes
VR Vraestel Dele saamgeflans uit vraestel
? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te
verstaan wat leerder skryf
[ Enkel hakie Nuwe paragraaf
E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KL = 21
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S=G = 3
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 34
(onder die opstel).
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende of
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende
of beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
nasienriglyne) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Só het ons vriendskap skeefgeloop
Indien die leerder die opstel as ʼn verhalende skryfstuk aanbied, sal die
fokus terugskouend op die vriendskap val en waarom dit skeefgeloop het.
In ʼn beskrywende opstel sal die leerder op gevoelens ten opsigte van die
vriendskap wat skeefgeloop het, fokus. Indien die leerder ʼn
argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, kan die leerder op ʼn
subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig aangaande die
vriendskap wat skeefgeloop het, al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin
van vriendskappe wat in die lewe skeefloop, bespiegel, kan dit as
bespiegelende opstel slaag. [50]
1.2 2019
Die opstel sal hoofsaaklik beskrywend aangebied word. Die kandidaat
sal fokus op sy/haar planne vir 2019. Hierdie onderwerp leen hom ook
tot ʼn bespiegelende opstel, veral waar die kandidaat besin oor 2019. Die
kandidaat kan beredeneer/argumenteer oor die vooruitsigte vir 2019. [50]
1.3 Hiersonder sou ek nie kon klaarkom nie
Die onderwerp leen hom tot ʼn bespiegelende opstel waar die leerder
besin oor die dinge/persone waaraan hy/sy besondere waarde heg. As
verhaal kan die kandidaat oor ʼn insident skryf wat hom/haar laat besef
het hoe belangrik iemand/iets in sy/haar lewe is. In ʼn beskrywende opstel
kan die kandidaat dinge/persone beskryf waarsonder hy/sy nie kan
klaarkom nie. By ʼn argumenterende/beredeneerde aanbieding kan die
leerder oortuig hoekom sekere dinge/persone belangrik in jou lewe is, al
dan nie. [50]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
1.4 Dít is hoekom Piet vandag nog nie met sy broer praat nie
ʼn Beskrywende opstel kan die verhouding tussen Piet en sy broer beskryf
en die daaropvolgende gebeure. Indien ʼn verhalende opstel aangebied
word, sal die fokus op gebeure val wat die verwydering veroorsaak het.
By ʼn argumenterende/beredeneerde aanbieding kan die kandidaat
redeneer of broederskap deesdae werklik nog belangrik is. In ʼn
bespiegelende inhoud kan daar oor die waarde van broederskap
bespiegel word. [50]
1.5 Sosiale media beheer ons lewens
Die leerder kan die opstel as ʼn beskrywende opstel aanbied en redes
aanvoer waarom sosiale media ons lewens beheer. Hierdie onderwerp
leen hom ook tot ʼn bespiegelende opstel waar die leerder besin oor die
waarde van sosiale media in ons daaglikse lewens. As beredeneerde/
argumenterende opstel kan die kandidaat redeneer of sosiale media
werklik ʼn impak op ons lewens het. [50]
1.6 1.6.1 Veldbrande
Indien die opstel as ʼn verhalende skryfstuk aangebied word, sal
die fokus op ʼn veldbrand val. By ʼn beskrywende inhoud kan die
kandidaat ʼn veldbrand beskryf en/of die gevoelens wat daardeur
opgeroep word. Die veldbrand kan selfs ook die spreker wees.
Die kandidaat kan ook bespiegel oor veldbrande en die
gepaardgaande aanpassings. Daar kan ook geargumenteer/
beredeneer word of die mens die grootste oorsaak van
veldbrande is, al dan nie. [50]
1.6.2 Plaas
Hierdie prikkel leen hom tot verskeie interpretasies. Die
kandidaat kan ‘n verhalende opstel oor ʼn besoek aan ʼn plaas
skryf of ʼn plaasaanval/plaasmoord. ʼn Beskrywende opstel kan
die handelinge of gebeure wat deel van die plaaservaring is,
beskryf. Indien die kandidaat argumenteer/redeneer oor die
belangrikheid van plase kan die opstel as ʼn
beredeneerde/argumenterende opstel slaag. ʼn Bespiegelende
opstel kan fokus op die belangrikheid/behoud van plase in die
lewe. [50]
1.6.3 Trofee
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel aanbied oor ʼn trofee wat
hy/sy/iemand gewen het. Die opstel kan beskrywend aangebied
word wanneer die kandidaat die gebeure beskryf wat gelei het
tot die verkryging van die trofee. In ʼn bespiegelende skryfstuk
kan daar oor die waarde van trofees in die samelewing
bespiegel word. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ’n interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding boei die leser en ʼn verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in
die ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt alreeds tydens die
inleiding ingeneem kan word.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of
wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
Dis persoonlik van aard.
Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10
Taal, styl en redigering: T= G = 5
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 15
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 VRIENDSKAPLIKE/INFORMELE BRIEF
Die kandidaat skryf aan ʼn vriend/-in waarin hy/sy die vriendskap beëindig.
Hou die volgende in gedagte:
Gebruik informele taal, register en styl.
Die skrywer moet redes gee waarom hy/sy die vriendskap wil beëindig.
Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel.
Daar moet ʼn inleiding, liggaam en slot wees.
Die adres en datum moet bo-aan verskyn.
Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef.
Sluit die brief informeel/semiformeel af, gevolg deur die skrywer se
naam. [25]
2.2 INFORMELE VERSLAG
Die verslag fokus op die leerders se besoek aan die ouetehuis.
Hou die volgende in gedagte:
Dink na oor ʼn titel, inleiding (agtergrond, doel en omvang), die
inhoudsgedeelte (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?),
samevatting/slot, aanbevelings, verwysings.
Beplan, versamel en organiseer inligting; skryf oor feite.
Gebruik informele/semiformele taal, register en styl.
Die kandidaat kan gebruik maak van:
o teenwoordige tyd;
o selfstandige naamwoorde;
o die derdepersoon;
o feitlike beskrywing;
o tegniese woorde en frases;
o informele/semiformele, onpersoonlike taal. [25]
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3 HULDEBLYK
Die kandidaat lewer ʼn huldeblyk oor die predikant wat aftree, d.w.s. die
predikant leef nog. Dit moet dus duidelik blyk dat die predikant ʼn
belangrike rol in die kerk vervul (het).
Hou die volgende in gedagte:
Die volgende belangrike inligting word in ʼn huldeblyk gegee:
o naam en van van die predikant,
o gebeure en staaltjies oor die predikant se bydrae word gegee,
o persoonlike herinneringe kan gegee word.
Die leser moet ʼn duidelike beeld van die predikant en sy dade kan
vorm.
Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas.
Vermy sentimentaliteit.
Gebruik kort, bondige sinne.
Die inhoud van die huldeblyk moet in paragrawe aangebied word. [25]
2.4 TYDSKRIFARTIKEL
Die fokus van die artikel val op die gebruik van tegnologie wat tydens die
eksamen gebruik word om te kul.
Hou die volgende in gedagte:
Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word.
Gee aandag aan: wanneer, waar, hoekom (doel), wie en wat.
Inleiding moet belangstelling wek.
Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word
gebruik.
Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ’n
samevatting van die toespraak nie.
Klem behoort op eksamenkullery te val.
Teikengehoor is die tieners. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.5 ONDERHOUD
Die onderhoud met die wyksraadlid fokus op die probleme wat
jongmense in die omgewing ondervind.
Hou die volgende in gedagte:
Twee mense voer ʼn gesprek.
Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
en vanuit die spreker se perspektief.
Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.
Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
Ekstra inligting word tussen hakies, voor die spreker praat, aangedui,
bv. Pieter: (apologeties) of Piet (apologeties):
ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog/onderhoud geskryf
word.
Die onderhoud kan in dialoog-/onderhoudvorm aangebied word. [25]
2.6 FORMELE BRIEF: VERSOEK
Die kandidaat rig ʼn versoek aan ʼn winkelgroep waarin donasies vir die
prefektekamp aangevra word.
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat is formeel.
Daar moet twee adresse, ʼn aanhef, ʼn inhoudsopskrif en ʼn gepaste
afsluiting wees.
Die inhoud moet handel oor die versoek aan die winkelgroep om
donasies (geld/goedere) aan die skool te skenk.
Die styl is saaklik, maar hoflik.
Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ʼn formele register.
Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel,
voorletters
en van moet gegee word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
10
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2018)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
Hoë vlak
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Hoë vlak
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak nog sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018)
Downloaded from hlayiso.com AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)
Related documents

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
More from Grade 11 Afrikaans Hl

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper

