Skip to content
Question paper

Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2 2026 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: Hlayiso

Subject: Afrikaans HLGrade 11202611 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Proef hlayiso mock exams Oefenreeks: Graad 11 eksamenvoorbereiding WWW.HLAYISO.COM NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF) PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Afrikaans Huistaal/V1 2 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees AL die instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Trek ’n streep ná elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ’n reël oop ná elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 3 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL KLERE MAAK DIE MENS – MAAR WIE BETAAL DIE REKENING? Goedkoop klere was nog nooit so maklik om te koop nie. Maar die werklike prys word elders betaal. 1 Lerato Mokoena (17) van Bloemfontein het tot onlangs elke maand ’n nuwe uitrusting aanlyn bestel. “Twee klikke, en drie dae later lê die pakkie by die voordeur,” vertel sy. “Ek het skaars ’n bloes twee keer gedra voordat ek alweer iets nuuts wou hê.” 2 Sy is beslis nie alleen nie. Wêreldwyd koop mense vandag baie meer klere 5 as twintig jaar gelede, en hulle hou dit vir ’n korter tyd. Die verskynsel staan bekend as kitsmode: klere wat vinnig en goedkoop vervaardig word om die nuutste neigings na te boots, en wat net so vinnig weer uit die mode raak. Groot handelaars bring elke paar weke nuwe reekse uit, en sosiale media sorg daarvoor dat min mense graag twee keer in dieselfde uitrusting op ’n foto 10 verskyn. 3 Wat in die winkel goedkoop lyk, kos die aarde egter baie. Die vervaardiging van ’n enkele katoenhemp verg duisende liters water. Baie goedkoop klere word van poliëster gemaak – ’n plastiekstof wat van olie vervaardig word en tot honderde jare kan neem om af te breek. Elke keer as so ’n kledingstuk gewas word, spoel 15 klein plastiekveseltjies by die afvoerpyp uit en beland dit uiteindelik in riviere en die see. 4 En wanneer ons klaar is met die klere? Die meeste daarvan word nie herwin nie, maar weggegooi. In sommige lande verrys reeds hele berge ou klere op stortingsterreine. “Ons klerekaste het die voorportaal van die vullishoop geword,” 20 sê Marike Botha, ’n volhoubaarheidskenner van Stellenbosch. 5 Die prys word nie net deur die omgewing betaal nie. Om klere so goedkoop te kan verkoop, word dit dikwels in fabrieke vervaardig waar werkers lang ure teen baie lae lone werk, soms in onveilige toestande. “Goedkoop klere is eintlik baie duur,” sê Botha. “Ons betaal net nie by die kasregister nie – iemand anders 25 betaal.” 6 Vir Lerato het die oomblik van waarheid aangebreek toe sy vir ’n skoolprojek moes uitvind waar haar klere vandaan kom. “Ek was geskok. Ek het gedink ek is slim met my geld, maar eintlik was ek deel van die probleem.” Sy het besluit om ’n jaar lank geen nuwe klere te koop nie. 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 4 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 7 In plaas daarvan het sy en twee vriendinne ’n klereruil by hul skool begin. Leerders bring klere wat hulle nie meer dra nie, en ruil dit vir iets “nuuts” uit iemand anders se kas. Die skoolhoof het eers die kat uit die boom gekyk, maar ná die eerste ruildag, waar meer as driehonderd kledingstukke ’n nuwe eienaar gekry het, was hy self een van die grootste ondersteuners. “Tweedehandse klere 35 is die nuwe cool,” lag Lerato. 8 Botha beveel aan dat ons minder, maar beter koop. “Kies klere wat lank hou en wat jy met baie ander items kan kombineer. Leer om ’n knoop aan te werk of ’n soom te herstel, en vra jouself voor elke aankoop af: Sal ek dit minstens dertig keer dra?” 40 9 Klere maak dalk die mens. Maar dit is tyd dat die mens weer verantwoordelikheid neem vir sy klere. [Eksaminator se eie teks. Die name van persone is fiktief.] TEKS B: SPOTPRENT RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 Ma, ek het NIKS om vanaand aan te trek nie! Wel, dan is dit seker goed dat pakkie nommer 47 vanoggend aangekom het, nè? PAKKIE #47 [Eksaminator se eie spotprent] Beskrywing van die prente: In RAAMPIE 1 staan ’n tienermeisie met haar arms in die lug voor ’n oop klerekas wat oorloop van klere. Daar lê hope klere op die vloer en twee inkopiesakke langs haar. In RAAMPIE 2 staan haar ma in die deur met haar hande op die heupe en een opgetrekte wenkbrou. Langs die meisie staan ’n groot pakkie met die woorde “PAKKIE #47” daarop. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 5 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 VRAE: TEKS A 1.1 Verwys na die titel. Wat beteken die bekende uitdrukking “Klere maak die mens”? (1) 1.2 Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat bewys dat Lerato vinnig weer iets nuuts wou koop. (1) 1.3 Verduidelik in jou eie woorde wat met kitsmode (paragraaf 2) bedoel word. (2) 1.4 Noem TWEE redes uit paragraaf 2 waarom mense deesdae meer klere koop as vroeër. (2) 1.5 Noem DRIE maniere waarop goedkoop klere volgens paragraaf 3 die omgewing skade aandoen. (3) 1.6 “Ons klerekaste het die voorportaal van die vullishoop geword” (reël 20). Benoem die stylfiguur in hierdie woorde EN verduidelik wat Marike Botha daarmee bedoel. (2) 1.7 “Goedkoop klere is eintlik baie duur” (reël 24). Verduidelik die skynbare teenstrydigheid (paradoks) in hierdie sin met verwysing na paragraaf 5. (2) 1.8 Verwys na paragraaf 6. Waarom sê Lerato dat sy “deel van die probleem” (reël 29) was? (2) 1.9 Verduidelik die betekenis van die idioom “die kat uit die boom gekyk” (reël 33). (1) 1.10 “Tweedehandse klere is die nuwe cool” (reël 35). Is hierdie stelling ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord. (2) 1.11 Verwys na reël 39. Dink jy die vraag “Sal ek dit minstens dertig keer dra?” sal tieners help om minder klere te koop? Motiveer jou antwoord. (2) 1.12 Waarom is Lerato se verhaal ’n doeltreffende manier om die artikel se boodskap aan tieners oor te dra? (1) 1.13 Verwys na paragraaf 9. Verduidelik hoe die skrywer die woorde van die titel in die slot gebruik om die boodskap van die artikel saam te vat. (2) VRAE: TEKS B 1.14 Waarom word die woord “NIKS” in RAAMPIE 1 in hoofletters en vetdruk geskryf? (1) 1.15 Verduidelik die ironie in RAAMPIE 1. Verwys in jou antwoord na die meisie se woorde EN na die prent. (2) 1.16 Watter houding van die ma word deur haar lyftaal in RAAMPIE 2 uitgebeeld? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 6 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 VRAE: TEKS A EN B 1.17 Noem TWEE ooreenkomste tussen die meisie in TEKS B en Lerato soos sy in paragraaf 1 van TEKS A beskryf word. (2) 1.18 Sou ’n klereruil soos Lerato s’n (TEKS A, paragraaf 7) die meisie in TEKS B kon help? Motiveer jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 7 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE voordele wat vrywilligerswerk vir tieners inhou. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in ’n paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C GEE VAN JOUSELF – EN KRY MEER TERUG Wanneer mense aan vrywilligerswerk dink, sien hulle dikwels net die mense wat gehelp word. Tog kry tieners wat hul tyd en energie gee, self ook baie terug. Eerstens leer jy vaardighede wat geen klaskamer jou kan leer nie. Wanneer jy help om ’n sopkombuis te bedryf of jonger kinders by ’n naskoolsentrum help, leer jy om te kommunikeer, in ’n span saam te werk en leiding te neem. My niggie Annika het verlede jaar elke Saterdag by die plaaslike dierehawe gehelp. Sy sê die honde se blydskap elke keer as sy opdaag, was vir haar meer werd as enige sakgeld. Vrywilligerswerk lyk ook goed op jou CV. Universiteite, beursfondse en werkgewers soek mense wat meer as net goeie punte het, en ondervinding as vrywilliger wys dat jy betrokke en betroubaar is. Boonop ontmoet jy mense van alle ouderdomme en agtergronde. Baie tieners maak só nuwe vriende en bou ’n netwerk van kontakte op wat later vir hulle deure kan oopmaak. Om ander te help, laat jou ook goed voel oor jouself. Wanneer jy sien dat jou bydrae ’n verskil maak, groei jou selfvertroue en ervaar jy dat jou lewe sin en doel het. Navorsers het bevind dat mense wat gereeld ander help, minder gestres en gelukkiger is. Om vir ’n paar uur op iemand anders te fokus, gee jou eie bekommernisse ’n blaaskans. Verder verbreed vrywilligerswerk jou blik op die wêreld. Wanneer jy met mense werk wat in moeiliker omstandighede leef, leer jy om hulle beter te verstaan en om nie te gou te oordeel nie. Laastens kan dit jou help om ’n loopbaan te kies. ’n Leerder wat by ’n kliniek help, ontdek dalk ’n passie vir verpleging, terwyl iemand wat ’n boomplantprojek ondersteun, dalk besef dat sy ’n omgewingswetenskaplike wil word. Daar is talle organisasies wat graag hulp wil hê – van ouetehuise tot strandskoonmaakprojekte. Vra by jou skool of gemeenskapsentrum, of soek aanlyn. Soos die spreekwoord sê: Wie gee, ontvang. [Eksaminator se eie teks] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 8 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D ⋆ ⋆ ⋆ ⋆ ⋆ MELKWEG-GASTEPLAAS 1 Moeg vir die stad se geraas en ligte? 2 Kom tel die sterre in die stilste, donkerste hoek van die Karoo. 3 Ons kamers is splinternuut en die uitsig is hemels! 4 Geniet ’n tuisgemaakte ontbyt, ’n sterretoer met ons kenner en vuurmaakhout op die stoep. 5 Spesiale aanbod: Bespreek drie nagte en betaal net vir twee! 6 Melkweg-gasteplaas – hier is die hemel net ’n asemteug ver. 20 km buite Sutherland, N-Kaap | Besprekings: 023 000 0000 [Eksaminator se eie teks. Die gasteplaas en kontakbesonderhede is fiktief.] VRAE: TEKS D 3.1 Op watter teikenmark is die vraag in reël 1 gerig? (1) 3.2 Benoem die oorredingstegniek wat in reël 1 gebruik word. (1) 3.3 Skryf die byvoeglike naamwoord “donkerste” (reël 2) in die stellende trap neer. (1) 3.4 Is die woord “hemels” (reël 3) denotatief of konnotatief gebruik? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 9 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 3.5 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.5) en die letter (A–C) neer, bv. 3.5 D. Die woord “vuurmaakhout” (reël 4) is ’n … A afleiding. B samestelling. C samestellende afleiding. (1) 3.6 Hoe ondersteun die prent die woorde in reël 2? (1) 3.7 Verwys na reël 5. Noem TWEE redes waarom ’n verbruiker meer inligting behoort te kry voordat hy/sy die spesiale aanbod aanvaar. (2) 3.8 Skryf die eerste woord in reël 4 neer wat ’n diftong bevat, en onderstreep die diftong. (1) 3.9 Skryf die afkorting “N-Kaap” (onderaan die advertensie) voluit. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 10 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 Pa, ek het my leerlinglisensie! Vandag ry ek ons bakkie. Reg so. Maar ons ry STADIG, hoor? Kyk, Pa! Ek ry soos ’n Formule 1-jaer! Jaco!!! Daar’s ’n stopstraat! STOP Oeps … Ek het dit nie gesien nie. Asem in … asem uit … Ek is heeltemal rustig. En? Hoe het die les gegaan? Fantasties! Pa het net een keer geskree. Liefie, volgende Saterdag is dit jou beurt. [Eksaminator se eie strokiesprent] Beskrywing van die prente: In RAAMPIE 1 sit Jaco agter die stuur van sy pa se bakkie; Pa sit langs hom. In RAAMPIE 2 ry die bakkie baie vinnig; Pa se hare staan regop, hy sweet en sy oë rek. In RAAMPIE 3 kom die bakkie skielik by ’n stopteken tot stilstand; daar is ’n stofwolk en remmerke agter die bakkie. RAAMPIE 4 wys Pa se gesig van naby: sy oë is toe, sweetdruppels loop oor sy gesig en sy hande bewe. In RAAMPIE 5 staan Ma in die voordeur terwyl Jaco met ’n duim in die lug antwoord. In RAAMPIE 6 lê Pa op die rusbank met ’n yspak op sy kop terwyl Ma langs hom staan. VRAE: TEKS E 4.1 Herskryf Jaco se woorde in RAAMPIE 3, “Ek het dit nie gesien nie”, en gebruik die korrekte aksenttekens om die eerste nie te beklemtoon. (1) 4.2 Skryf Jaco se woorde in RAAMPIE 1 in die indirekte rede oor. Begin só: Jaco het vir sy pa gesê … (2) 4.3 Waarom word daar ’n koppelteken in “Formule 1-jaer” (RAAMPIE 2) gebruik? (1) 4.4 Wat is die funksie van die drie uitroeptekens in “Jaco!!!” (RAAMPIE 2)? (1) 4.5 Noem EEN visuele leidraad in RAAMPIE 2 wat wys dat Pa bang is. (1) 4.6 Waarom is Pa se woorde in RAAMPIE 4 ironies? (1) 4.7 Skryf die sin “Ek is heeltemal rustig” (RAAMPIE 4) in die ontkennende vorm oor. (1) 4.8 Gee ’n sinoniem vir “Fantasties” (RAAMPIE 5). (1) 4.9 Watter afleiding kan jy uit Pa se woorde en die prent in RAAMPIE 6 maak? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1 11 NSS Proef Hlayiso/Proef 2026 VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F SATERDAGOGGEND: VYF KILOMETER, ’N KOPPIE KOFFIE EN ’N NUWE VRIEND 1 Elke Saterdagoggend stroom honderde mense na die Kameeldoringpark in Kimberley vir ’n (5.6) kostelose wedloop van vyf kilometer. (5.1) Vrywilligers organiseer die wedloop elke week. Party deelnemers hardloop (5.2) vinnig, terwyl ander rustig met hul honde stap of ’n baba in ’n stootwaentjie stoot. 2 Die wedloop het vyf jaar gelede met net twaalf mense begin. Vandag is dit ’n (5.3) 5 geleendheid waarna die hele gemeenskap uitsien. Die wedloop begin presies (5.4) 08:00, en elke deelnemer se tyd word aangeteken. 3 “Ek was nog altyd die (5.5) laaste een wat klaarmaak,” vertel tannie Martie (68) (5.8) (lag). “(5.9) Maar niemand gee om nie. Hier gaan dit nie oor wie wen nie.” 4 Dokters is dit eens dat gereelde oefening goed is vir jou (5.7) hart en jou gemoed. 10 Toe Themba Nkosi ná ’n ernstige siekte besluit het om weer fiks te word, het hy die bul by die horings gepak en elke Saterdag kom stap. Vandag hardloop hy die hele roete. 5 (5.10) Baie mense bly ná die wedloop vir ’n koppie koffie. Hulle geniet die gemeenskapsgees. 15 [Eksaminator se eie teks. Die park en name is fiktief.] 5.1 Skryf die sin by (5.1) in die lydende vorm oor. (1) 5.2 Benoem die woordsoort van die woord “vinnig” by (5.2). (1) 5.3 Die woord by (5.3) is verkeerd gespel. Skryf die woord korrek neer. (1) 5.4 Skryf die voorsetsel neer wat by (5.4) ontbreek. (1) 5.5 Gee die antoniem van die woord “laaste” by (5.5). (1) 5.6 Wat is die betekenis van die agtervoegsel -loos in “kostelose” by (5.6)? (1) 5.7 Gebruik die homofoon van “hart” by (5.7) in ’n sin wat die betekenis duidelik maak. (1) 5.8 Skryf die woord tussen hakies by (5.8) as ’n teenwoordige deelwoord neer. (1) 5.9 Benoem die sinsoort van die sin “Maar niemand gee om nie” by (5.9). (1) 5.10 Verbind die TWEE sinne by (5.10) met die voegwoord aangesien. Begin met Baie mense … (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all