Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1120226 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape November Exam 2022, 6 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 350 tot 400 woorde. Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Toe ek my oë oopmaak, sien ek dit ... [50] 1.2 Alles om my was swart. [50] 1.3 Dit was tyd ... [50] 1.4 My taal, my trots? [50] 1.5 Covid-19 [50] Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die vraagnommer (1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer. 1.6 [Bron: blog.sonicbirds.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022) 1.7 [Bron: www.indiatoday.in] [50] 1.8 [Bron: https://unsplash.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Die welsynsorganisasie Helpende Hand doen ʼn beroep op kerke, families, bure, tehuise en lede van die publiek om seker te maak dat bejaardes medies versorg word, genoeg kos het en nie vereensaam nie. [Bron: Maroelamedia, 31 Maart 2020] Jy was die afgelope tyd baie bekommerd oor ʼn bejaarde familielid van jou wat alleen bly. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie familielid waarin jy jou bekommernis oor hom/haar uitspreek en hom/haar die versekering gee dat julle mekaar binnekort weer gaan sien. [25] 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Suid-Afrika is ʼn land wat onder die las van beurtkrag gebuk gaan. Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening lug oor die impak wat beurtkrag op ons lewens het. [25] 2.3 HULDEBLYK Een van jou klasmaats het sy/haar stryd teen kanker verloor en is na ʼn lang siekbed oorlede. Skryf ʼn HULDEBLYK oor hierdie leerder. Dit gaan by julle skool se saalopening gelees word. [25] 2.4 TYDSKRIFARTIKEL [Bron: https:www.amazon.in] Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL vir ʼn tienertydskrif met die opskrif: Tieners moet grense hê. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022) 2.5 DIALOOG Jy het onlangs ʼn winkel in jou omgewing besoek. Toe jy by die huis kom en die produk uit die pakkie verwyder, besef jy dat dit reeds verval het en nie meer vars is nie. Jy besluit om dit terug te neem. Skryf die DIALOOG wat tussen jou en die winkelbestuurder plaasvind. [25] 2.6 ONDERHOUD Een van die leerders in jou skool het aan ʼn kompetisie deelgeneem en ʼn groot prys losgeslaan. Jy besluit om ʼn onderhoud met hierdie leerder te voer sodat jy dit in julle skoolkoerant kan plaas. Skryf hierdie ONDERHOUD neer. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all