Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Exemplar November Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Exemplar November Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Memo
- Paper 3Memo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)
2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Trek ʼn streep na elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
’N PRENTJIE = 1 000 WOORDE
1 Hoe sit jy die emosie terug in teksboodskappe? Laat emoji die praatwerk
doen.
2 Die see van emoji wat op net mooi alle platforms voorkom, is die perfekte
leestekens om jou vreugde, hartseer en skaterlag in ʼn teksboodskap uit te druk.
Die gesiggie met die spiraaloë is pas goedgekeur deur die Unicode 5
Consortium, die organisasie sonder winsoogmerk wat nuwe emoji goedkeur en
standaardiseer. Dit kan enige iets van o jitte, sjoe, hete, jislaaik, maggies, ek
kan dit nie glo nie, uitbeeld.
3 Emoji. Jy kan ʼn koerantartikel daarin skryf (soos iemand in die Wall Street
Journal gedoen het). Of klassieke werke soos Peter Pan en Alice in 10
Wonderland daarin vertaal (soos ook reeds gedoen is). Die Egiptenare sal hulle
dalk slap lag vir die eenvoud van die karikatuuragtige tekeninge. Maar dis baie
vinniger as hul hiërogliewe, wat dikwels tydrowend in rots uitgekerf moes word.
4 Die klein prentjies verklap meer as wat jy dalk besef. Dit kan maatskappye en
digitale platforms help om ʼn beter idee te kry van hoe jy voel – veral oor 15
handelsmerke – en selfs gebruik word om jou deur spesifieke advertensies te
teiken. Deur die gebruik van emoji op ʼn aanlyn platform oorhandig jy as’t ware
netjies verpakte, sappige inligting oor jou emosies en belangstellings aan
maatskappye. Terwyl ʼn rekenaar dit moeilik kan vind om die toon van ʼn
teksboodskap te verstaan, kan emoji ʼn algoritme ʼn lekker wenk gee. Só 20
invloedryk is dit, maatskappye ding mee om hul produkte op emoji-sleutelborde
te laat verskyn. Ford het in 2019 ʼn stille veldtog gevoer om die Unicorn
Consortium te oorreed om ʼn bakkie-emoji goed te keur. Dis reeds op ons
toestelle, hoewel sonder die Ford-handelsmerk. Taco Bell, die
kitskosrestaurant, het sy gewig agter ʼn petisie vir ʼn taco-emoji gegooi, wat 25
suksesvol was, maar Durex se veldtog vir ʼn kondoom-emoji was nie suksesvol
nie.
5 Emoji help ons om tussen die lyne te lees en verryk dus kommunikasie veral
die dinge wat nie altyd maklik in teks oorgedra word nie. Sowat 72% van jong
volwassenes druk emosie makliker met behulp van emoji eerder as net in 30
woorde uit, volgens Vyvyan Evans, Britse linguis* en skrywer van The Emoji
Code. “Wat ons sê, is dikwels nie wat ons bedoel nie, dus letterlik met ons
woorde oordra nie.” Dit is die vinnigste groeiende ‘taal’ in die geskiedenis en
word deur 92% van die aanlyn-bevolking gebruik. Die webtuiste Emojipedia
word ʼn allemintige 33 miljoen keer per maand besoek. Dit bevat onder meer ʼn 35
argief wat die visuele evolusie van elke karakter volg. Oxford Dictionaries het
in 2015 die gesig met vreugdetrane as “woord van die jaar” aangewys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
6 Die woord ‘emoji’ is van Japannees afgelei en beteken rofweg “prentjie” en
“karakter”. Die ooreenkoms met die woord “emosie” is toevallig. Nou leef ons
egter in ʼn multikulturele samelewing en die interpretasie van ʼn emoji kan van 40
mens tot mens en kultuur tot kultuur verskil. Een emoji kan letterlik ʼn duisend
woorde beteken. Dit kan jou in ʼn groot verleentheid plaas, selfs die polisie op
jou spoor sit. Na gelang van jou eie subjektiewe opvatting kan sommige emoji
geïnterpreteer word as rassisities, beledigend, kultureel onsensitief en
homofobies. Só is ‘duim op’ ʼn teken van goedkeuring in Westerse kulture, 45
maar obseen in Griekeland en die Midde-Ooste. Boonop is emoji nie
heeltemal universeel nie.
7 Sal jy dit so vinnig by ʼn teksboodskap voeg as jy weet dit kan as ʼn dreigement
beskou word? Of ʼn kontrak bindend maak wat jy nooit eens formeel
onderteken het nie? Glo dit of nie, daar is ʼn groeiende aantal regsake 50
wêreldwyd – Brittanje, Nieu-Seeland en Frankryk ingesluit – waar howe emoji
as getuienis moes interpreteer. Die emoji waaroor die meeste hofsake
gemaak word, is die gewone ou “smiley”, gevolg deur die “knipogende” en
“hartseer” gesiggie. Die redes wissel van kindertoesig en teistering by die
werk tot moord. Dis nog betreklik nuut in die Suid-Afrikaanse-reg, maar daar 55
is baie internasionale presedente** wat vir ons howe die pad vorentoe belig.
8 Ons gebruik emoji volgens ons persoonlikheid, volgens Britse navorsing. As
jy meer tegemoetkomend is, is jy geneig om sosiale en emosionele seine in
die regte lewe te gebruik om met ander te kommunikeer. Navorsers
spekuleer*** as jy jouself as tegemoetkomend sien, jy moeite gaan doen 60
om daardie deel van jou persoonlikheid oor te dra. Gee jy daarteenoor nie
eintlik om wat mense van jou dink nie, is jy dalk gemakliker om al jou emosies
te wys, insluitend hartseer en dus ook die hartseer emoji. Emoji word voorts
as ontoepaslik in ʼn meer professionele omgewing beskou. Dit verklaar
waarskynlik waarom respondente sê hulle gebruik dit minder in e-posse as 65
ander teksboodskappe en op sosiale media, volgens die navorsers.
9 Sonder enige bemarking, aktivisme en wetgewing, sonder trompetgeskal, het
hierdie nuwe ‘taal’ stilletjies ons alledaagse lewe ingesluip. Omhels dit maar
as jy in die toekoms doeltreffend aanlyn wil kommunikeer en ʼn emosionele
respons wil ontlok. Mense wat emoji in aanlyn-boodskappe gebruik, is meer 70
suksesvol om ʼn huweliksmaat te vind, volgens peilings op afspraakwebtuistes
soos match.com.
[Verwerk uit SARIE.com, Januarie/Februarie 2021]
*linguis: taalwetenskaplike
**presedente: vroeëre beslissings waarop ʼn mens jou kan beroep: voorbeeld:
Ons mag nie so ʼn gevaarlike presedent skep nie.
***spekuleer: bespiegel, bepeins, nadink oor
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
TEKS B: VISUELE TEKS
RAAMPIE 1
Westerse wêreld:
bid, pleit, begeerte
Japan:
asseblief, dankie
Vroumense is
so kompleks!
RAAMPIE 2
Ruimte, maan, die
RAAMPIE 3 magiese
Dit beteken nie altyd wat jy dink Of duiseligheid?
dit beteken nie
[Verwerk uit af.eyewated.com]
VRAE: TEKS A
1.1 Hoe weet ons dat die gebruik van emoji op digitale platforms nie ongewoon
is nie? Haal ʼn woordgroep uit paragraaf 2 aan. (1)
1.2 Emoji word nie lukraak ontwerp en geplaas nie. Kan hierdie stelling as ʼn
feit of ʼn mening beskou word? Motiveer jou keuse. Sê ook waarom ons
kan aanvaar dat dit nie net ʼn geldmaak foefie is nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
1.3 Noem TWEE redes waarom die gebruik van emoji nie net beperk is tot
teksboodskappe nie. (2)
1.4 Waarin lê die verskil tussen emoji en die Egiptenare se hiërogliewe? (2)
1.5 Gee EEN bewys uit paragraaf 4 dat maatskappye suksesvol kompeteer om
hul produkte te bemark. (1)
1.6 Emoji verbeter ons kommunikasievaardighede. Verduidelik kortliks hoe. (1)
1.7 Herlees paragraaf 5.
Verskaf DRIE redes waarom jy dink dat emoji gekom het om te bly. (3)
1.8 Waarom word daar gesê dat die interpretasie van emoji uniek is? Verskaf
ook ʼn bewys hiervan. (2)
1.9 Emoji’s kan nie as volledig universeel beskou word nie vanweë ons
subjektiwiteit. Motiveer waarom hierdie stelling as korrek beskou kan word. (4)
1.10 Noem DRIE redes waarom emoji’s in teksboodskappe nie onnadenkend
gebruik moet word nie. (3)
1.11 Herlees paragraaf 8.
Benoem die verskille tussen sogenaamde verdraagsame mense teenoor
mense wat minder bekommerd is oor wat ander van hul dink. (2)
1.12 Herlees paragraaf 9.
Waaraan kan die onafhanklikheid en invloedrykheid van emoji-taal
toegeskryf word? (3)
VRAE: TEKS B
1.13 Watter visuele bewys in die teks dui daarop dat die gebruik van emoji baie
gewild is? (1)
1.14 Dink jy die woorde, “Vroumense is kompleks” is gepas? Motiveer jou
antwoord. (1)
VRAE: TEKS A en TEKS B
1.15 Verwys na die verband tussen die onderstreepte sin van paragraaf 6 en die
eerste sin van paragraaf 8 in TEKS A en die inhoud van TEKS B. Verwys
afsonderlik in jou antwoord na die verband tussen paragraaf 6 en paragraaf
8 se sinne met TEKS B. (2)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van SEWE ingesteldhede wat tot
suksesvolle entrepreneurskap bydra.
LET WEL:
1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ʼn titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
WORD ’N SUKSESVOLLE ENTREPRENEUR
Entrepreneurskap is nie net vir mense wat hul eie ondernemings het nie. Groot
maatskappye waardeer mense wat nuut kan dink, want hulle word leiers en
innoveerders. Leer só om oopkop en gereed te wees vir die uitdagings van
entrepreneurskap.
Entrepreneurskap berus op ʼn raamwerk van gedrag en nie op kennis nie. Verander
dus jou gedrag, want dan verander jou uitkyk op die lewe ook. Jy moet weet hoe om
jou kennis toe te pas.
Sien geleenthede raak. Kyk anders na probleme en sien die geleenthede raak. In
moeilike omstandighede is daar juis baie geleenthede. Dit help jou ook om nie
moedeloos te raak nie.
Soveel keer kla jong entrepreneurs dat hul ouers vra wanneer hulle nou “ʼn regte werk”
gaan kry. Besef dat entrepreneurskap ʼn volwaardige loopbaan is. Entrepreneurskap
is dit waarom die ekonomie draai.
Dit verg deursettingsvermoë om keer op keer op te staan en weer te probeer. Leer
jou kind hierdie veerkragtigheid van jongs af aan. ʼn Mens leer die beste uit jou foute.
Dis nie die einde van die wêreld nie.
Dit is belangrik dat kinders van jongs af take in en om die huis doen. Dit doen wondere
vir ʼn kind om te weet dat hy of sy dinge self kan doen. Laat kinders toe om huistake
te doen, want dit bou hul selfvertroue en verantwoordelikheid.
Kinders benader soms ʼn probleem uit ʼn heel ander hoek as volwassenes omdat hulle
nie die gewone beperkings sien nie. Moenie hulle kreatiwiteit deur jou denke beperk
nie. Gee hulle die ruimte en ʼn risikovrye omgewing om oplossings te vind.
Wees op die uitkyk na geleenthede om werkservaring te kry. Bied aan om gratis te
werk om te sien hoe ʼn maatskappy funksioneer. Dis waardevolle ervaring wat jy as
deel van jou studie kan sien. Hierdie werkservaring kan jy op jou CV sit.
[Verwerk uit Rapport,12 Julie 2020]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
1 Beurtkrag onderbreek ʼn haarsny...
2 nie koel nie
3 Maak ʼn halwe haarsny die mode – jy kan mos!
4 KOEL!
5 Koel ➔→ koeler ➔ Tropica
6 Niks is koeler nie
[Verwerk uit Tuis, April 2021]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
VRAE: TEKS D
3.1 Watter boodskap wil die adverteerder met reël 2 oordra? (1)
3.2 Verduidelik watter funksie die emoji (afwaartse duim) in reël 2 verrig. (1)
3.3 Is die boonste foto in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord. (1)
3.4 Waarom word daar van hoofletters in reël 4 gebruik gemaak en verduidelik
die verband met Tropika. (2)
3.5 Watter oorredingstegnieke gebruik die adverteerder in reël 4 en 5 om aan te
dui dat ʼn slegte situasie wel na positief verander kan word? (2)
3.6 Watter tipe diskriminasie kan hier in hierdie advertensie voorkom? (1)
3.7 Verskaf die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord in reël 5. (1)
3.8 Skryf VIER opeenvolgende woorde uit reëls 4–6 neer wat as oorredingstaal
gebruik word. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
Zits 1
Raampie 1 Raampie 2 Raampie 3
Die Ek kan nie glo
matriekafskeid ons het tot 04:00 Hulle lyk baie beter na
En die saal het Jy was so ‘n twaalfuur lange
was ongelooflik! gedans nie. c
so mooi gelyk. ongelooflik partytjie as ons na ‘n
Die orkes was Na my mening-
aan die brand! sprokiesagtig. goeie nagrus
Nee, jy Nee, jy Gmffff....
was was
Zits 2
Raampie 4 Raampie 5 Raampie 6
Dit is die beste Kersfees Ons het saam geskenke
Ek dink ons het ʼn heerlike,
ooit! oopgemaak en daarna saam
gesellige familie-aandjie en kan
geëet...
nou saam aan my legkaart bou.
Raampie 7
Dankie dat jy saam met Ja, dankie Net my plesier,
ons kuier, Jeremy Ma en Pa.
[Verwerk uit https://gocomics.azcentral.com]
VRAE: TEKS E
4.1 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die onderstreepte woorde in
RAAMPIE 1? (1)
4.2 Watter visuele bewys is daar in RAAMPIE 1 wat daarop dui dat hulle die
aand geniet het? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
4.3 Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 3, die pa en ma se woorde?
Motiveer jou antwoord. (2)
4.4 Herskryf die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 sodat dit beklemtoon word. (1)
4.5 Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit RAAMPIE 6 wat dui op ʼn eie
opvatting/mening. (1)
4.6 Hoe weet ons dat Zits se ma in RAAMPIE 6 haar woorde gebruik om die
verhouding tussen taal en mag uit te beeld? (1)
4.7 Waarom het die onderstreepte woord in RAAMPIE 6 ʼn koppelteken? (1)
4.8 Watter afleiding kan van Zits se pa gemaak word? (1)
4.9 Kan Zits se woorde in RAAMPIE 7 as ironies beskou word? Motiveer jou
antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
JA, LAG MAAR
1 Humor is sedert die begin van die geskiedenis ʼn sielkundige salf in die
donkerste tye.
2 Iets voel oorweldigend, maar sodra jy ʼn grappie daaroor maak raak dit minder
vreesaanjaend. Jy neem só die angel uit ʼn nuwe, onbekende bedreiging,
volgens komediant en akteur, Schalk Bezuidenhout. Humor maak dit makliker
om aan te pas by (5.3) veranderinge.
3 Suid-Afrikaners het nog altyd ʼn fantastiese sin vir humor gehad, veral in die
donkerste tye. Natuurlik is dit nie uniek aan ons nasie nie. Dis een van ons
land se (5.5) beste hanteringsmeganismes en iets wat ons nog altyd deur al
die moeilike jare gehelp het.
4 Humor help ook om ʼn gemeenskap te bou. Grappies oor die coronavirus is ʼn
manier waarop mense sê: “Ons is almal saam in hierdie ding”. (5.6) Dis ook ʼn
manier van draaksteek met outoriteit en die ondermyning van politici of groot
maatskappye se mag.
5 Humor kweek empatie. As ons vir (5.8) onsself kan lag, beteken dit ons kan
ook kwesbaar voor mekaar wees, wat ons uiteindelik meer menslik maak.
Humor is soos kos, almal se smaak verskil. As jy ʼn traumatiese ervaring gehad
het, is jy minder geneig om vir donker humor te grinnik wat jou daaraan
herinner.
6 Grappies en satire kan ook (5.9) misleidende inligting versprei. Mense weet
nie altyd wat om as die waarheid te aanvaar en waaroor om net te lag nie.
7 Ter afsluiting kan ons sê dat lag ʼn vorm van genesing is. As jy nie in dié dae
kan lag nie, kry ek jou jammer, want het ons nie almal nou iets warm nodig
om aan vas te hou nie? Ons durf immers aan niks anders raak nie!
[Verwerk uit rooi rose, Januarie 2020]
VRAE: TEKS F
5.1 Identifiseer die eerste diftong in paragraaf 1. Skryf die woord waarin die
diftong voorkom, neer en onderstreep die diftong. (1)
5.2 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 en voeg die ontbrekende
leesteken by. Onderstreep die leesteken wat jy ingevoeg het. (1)
5.3 Verskaf die verkleinwoord van die onderstreepte woord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
5.4 Skryf die onderstreepte gedeelte van die eerste sin van paragraaf 3 in die
ontkennende wyse. (1)
5.5 Verskaf die stellende trap van die onderstreepte woord in paragraaf 3. (1)
5.6 Verduidelik die betekenis van die onderstreepte idioom in die derde sin van
paragraaf 4. (1)
5.7 Skryf die eerste sin van paragraaf 5 in die lydende vorm. (1)
5.8 5.8.1 Benoem die onderstreepte woordsoort in paragraaf 5. (1)
5.8.2 Gee ʼn duidelik verklarende sin waarin onsself as twee woorde
gebruik word. (1)
5.9 Wat is die funksie van die agtervoegsel van die onderstreepte woord in
paragraaf 6? (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 Exemplar November 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 Exemplar November 2022 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum