Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 11202218 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2022, 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November Exam 2022

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2022 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds- opgawe op bladsy 4 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman/Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN C (DRAMA) • Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE o Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde. o Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk. o Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. Mercedesrit in die aand Opstelvraag 10 6 2. Boggomsbaai-blues Kontekstuele vraag 10 7 3. Vroegherfs Kontekstuele vraag 10 8 4. Ek wil Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. ʼn Trossie pers Genade Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Droomdelwers Opstelvraag 25 12 7. Droomdelwers Kontekstuele vraag 25 12 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 8. My Japan Opstelvraag 25 15 9. My Japan Kontekstuele vraag 25 15 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK NOMMER BEANTWOORD ✓ A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–7 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) C: Drama 8–9 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Mercedesrit in die aand – Willem Krog 1 Sit hulle met monde moeg gesluit 2 yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit 3 die executives van die stad wat huis toe gaan 4 Skaduweekinders gly verby 5 Stukkende bedelvaandels wapper wanhopig 6 In die swartpad op soek na kos en kleed 7 Die vaartuig blink in ster geklink 8 sagte leer omhul die stuurman aan die wiel 9 betaal uit opbrengs van die slawemaal 10 yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit 11 sit hulle met monde moeg gesluit 12 die executives van die stad wat huis toe gaan [Bron: Assignaat, 2004] Die verskil in die sosio-ekonomiese status van die Suid-Afrikaanse bevolking word in Mercedesrit in die aand aangespreek en die gebruik van beeldspraak, stylfigure en halfrym ondersteun hierdie uitbeelding. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Boggomsbaai-blues – Pirow Bekker 1 Bog met die blues, dis agter die duin: 2 almal ry hier op die golwe se kruin. 3 Niemand skree boggom oor ʼn donker jas, 4 hier sing jy ʼn ding totdat dit jou pas. 5 Eintlik is die dood jou beste pel: 6 bly jou lewe lank jou metgesel. 7 Waar jy ook al gaan, hy bly by jou, 8 druk op sy nommer en hy’s gou soos nou. 9 Jy kan maar aanjaag, hy’s daarvoor gebou. 10 Raak jy dalk eensaam, hy is daar vir jou. 11 Die beste nog: vergeet maar die gekwel: 12 Verstoot sal hy jou nooit, sy hart is ʼn hotel. [Bron: Stillerlewe, 2002] 2.1 Verklaar hoe die gedigtitel by die inhoud van die strofe 1 aansluit. (1) 2.2 Haal TWEE woorde uit strofe 1 aan wat by dié spesifieke milieu aansluit. (1) 2.3 Benoem die stylfiguur in versreël 3 en motiveer of die gebruik daarvan geslaagd is, al dan nie. (2) 2.4 Verduidelik die informele taalgebruik in versreël 5. (1) 2.5 Watter beeldspraak kom in versreël 12 voor? Spreek jou uit oor die gepastheid van dié beeld. (2) 2.6 Herlees versreëls 1–12. 2.6.1 Benoem die rymskema en strofebou onderskeidelik. (2) 2.6.2 Dui ook aan hoe die rymskema en strofebou die tema van die gedig ondersteun. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vroegherfs – Joan Hambidge 1 Die jaar word ryp in wrede ontnugtering, 2 in woede wat verkil, en bitter idees 3 wat daglank deur my nuwe minagting 4 uitgespoel word; alle idees word reëls, 5 tot selfs die slustes; en die eers beelde val 6 so stilweg in my donker depressiewe drome uit 7 sodat die dendriete in my brein al 8 teen elke ligte môre ooreis, ópspruit. 9 O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan: 10 laat alles val wat poësie of stilte verbreek 11 of cliché is, en vér was van die pyn; 12 laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan, 13 vir ewig, tot al my demone afgebreek 14 word in relevante, tydgebonde skyn. [Bron: Bitterlemoene,1986] 3.1 Die titel skep ʼn bepaalde verwagting by die leser. Dink jy die gedig voldoen aan hierdie verwagting? Motiveer jou antwoord. (2) 3.2 Waarom word die emosie wat die digter in versreël 1 ervaar nodig geag? (1) 3.3 Waartoe dra die enjambement in versreël 2–4 by? (1) 3.4 Uiterlike bou. 3.4.1 Met watter tipe gedig het ons hier te doen? (1) 3.4.2 Dui die rympatroon van versreël 5–8 aan. (1) 3.4.3 Benoem die eindrym van versreël 5–8. (1) 3.5 Waarin lê die ironie in versreël 9 opgesluit? (1) 3.6 Verduidelik die dubbelsinnigheid in die vetgedrukte woord in versreël 14. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Ek wil – Willem Fransman 1 Ek wil’ie fênsie poetry skryf’ie 2 Oekie special expressions gebrykie 3 Net skryfe in my Taal 4 Soos o’se mênse ‘it praat! 5 Roep’t wat djy wil, but o’s call ‘it 6 Streetpoetry en ek sê soema: 7 Straatpraat of Township Afrikaans 8 Ek wil skryf 9 van o’se feelings 10 van o’se fears 11 van o’se joys 12 van o’se sadness 13 van o’se frustrations 14 van o’se ambitions 15 In o’se Township Afrikaans 16 Ek wil’t skryf 17 vi o’se oue’s 18 vi o’se suste’s en broe’s 19 vi o’se kinnes 20 vi o’se bra’se 21 vi o’se Communities 22 oek vi o’se Non Black Vrinne ... 23 Soelat ammal my kan verstaan en ‘t kan enjoy 24 Soe, as djy nie O’se taal ve’staan nie, 25 En djy djou upstairs wil hou 26 Oo’djou grênd Ofrikôns: 27 Dan sê o’s poelitely: 28 Vra net die meaning van ʼn wid 29 Soe nie, dan tatta djy an 30 But moet’ie vi’ o’s kom djudge ‘ie 31 Cause o’s skryf Afrikaans soes 32 O’s ‘it innie Townships praat [Bron: Klippe gloe nie in democracy] 4.1 Wie is die aangesprokene in hierdie gedig? (1) 4.2 Watter oogmerk het die spreker volgens strofe 1? (1) 4.3 Wat noem ons die gebruik van ʼn ander teks binne ʼn gedig? Verduidelik die ironie hiervan in dié gebruik daarvan in versreël 1. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) 4.4 Gee ʼn rede vir die hooflettergebruik in versreël 3 en haal twee opeenvol- gende woorde uit strofe 2 aan wat by hierdie tipe taal pas. (2) 4.5 Hoe word die los woorde en idees in strofe 3 en 4 gebind? (1) 4.6 Herlees versreël 31–32. 4.6.1 Watter TWEE kwessies word in die versreëls aangespreek? (2) 4.6.2 Dui ook hoe hierdie twee kwessies by die tema van die gedig aansluit. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. ʼn Trossie pers Genade – Christo du Plessis 1 Ek bly in die middestad 2 van Pretoria op die tweede vloer 3 tussen motor-getoet 4 en die verkeer se lawaai 5 waar misdaad hoogty vier 6 en die dwelmsmouse konings kraai... 7 - Maar voor die venster 8 van my karig gemeubileerde 9 kamer met die gekraakte ruit 10 hang ʼn trossie pers Genade 11 Want die Jakarandas blom! [Bron: Vir vanaand sal ek net jou hand vashou] 5.1 Benoem die beeldspraak in die titel en dui aan hoe die titel met die inhoud van die gedig skakel. (2) 5.2 Wat noem ons ʼn strofe soos strofe 1? (1) 5.3 Motiveer waarom dit korrek is om te sê enjambement kom hoofsaaklik in strofe 1 voor en spreek jou uit oor die funksionaliteit daarvan. (2) 5.4 Haal die versreël aan waar die wending in die gedig voorkom. (1) 5.5 Herlees Strofe 2. 5.5.1 Haal TWEE woorde aan wat aansluit by die tema dat die slegte elke dag deel is van ons pad, maar dat die mooi tog ook seëvier. (2) 5.5.2 Dui die stemming van dié strofe aan. (1) 5.6 Hoekom staan die slotstrofe alleen? Noem EEN rede. (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag. DROOMDELWERS – Esta Steyn Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG Karakters in ʼn roman beïnvloed mekaar positief of negatief. So het die Redelinghuyse en die Bonthuyse ook vir Leendra beïnvloed. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A 1 Boeta kom terug van die pakkamer af en haal twee blikkies Coke uit die 2 yskas. Hy gee een vir haar en gaan sit op ʼn koeldrankkis. Sy trek ʼn 3 bankie nader en kom sit by hom. Hy kyk haar afwagtend aan. “En wat 4 het Sielie gesê toe sy jou sien? Ken sy vir jou?” 5 “Ek dink sy ken my.” 6 “Ek het haar baie vertel van jou.” Sy stem kom stadig. Nou is sy verbaas 7 dat hy tog soveel te sê het. “Nee, Leentjies.” Hy stoot lug oor sy lippe. 8 “Sy’t nooit groot geword nie. Sy’t op elf jaar loop vassteek. Haar tong 9 ook. Op daai dag. Ek wonder nog altyd ...” Hy bly stil. 10 “Wat, Boeta?” moedig sy hom aan. 11 “Ma...Ma glo vas dat Sielie nooit weer gaan regkom nie.” Hy knak sy 12 Cokeblikkie oop. “Die ontploffing ... het haar hele lewe uit mekaar uit 13 geruk ... die hele huis ... haar ma, haar pa. En toe nog die skietery. Als 14 op een dag.” Hy vryf bewoë met sy groot hande oor sy oë. 15 “Boeta,” sê sy sag, “weet jy dat ek bly was dat ma-hulle nooit geweet het 16 van die ... van wat ek gedoen het nie. Dat dit hulle gespaar gebly het.” 17 Hy snuif. “Ma sê ons moenie bly karring aan die dinge van die Kleinkloof 18 nie.” 19 “Nee, Boeta. Ek sal nie ophou karring tot ek weet wat daardie middag 20 gebeur het nie. En wat Gilbert Redelinghuys daarmee te doen gehad het 21 nie.” 22 “Los dit liewer, Leentjies.” 23 “Ek kan nie! Ek haat hom vandag niks minder as daardie tyd nie.” 24 Hy kyk haar lank aan. “Hy was mal oor jou! Almal het dit geweet.” 25 “Mal, ja. Mal van jaloesie. As ek daardie dag weer kon oorkry, as ek elke 26 oomblik weer kon oorlééf, dan sou ek hom weer wou skiet.” 7.1 Motiveer waarom die alomteenwoordige verteller in reël 1–3 ʼn beter keuse as die eerstepersoonsverteller is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 7.2 Herlees reël 3–4. 7.2.1 Waarom was dit nodig vir Boeta om dié vrae te vra as ons Leendra en Sielie se verwantskap in ag neem? (2) 7.2.2 Wat is die verwantskap tussen Sielie en Leendra? (1) 7.3 Noem enige VIER geheime wat Sielie hou. (4) 7.4 Hoe beïnvloed Boeta se handeling in versreël 7 die stemming wat in reël 3–6 heers? (1) 7.5 Herlees reël 17. Watter invloed het hierdie ruimte uiteindelik op Leendra en Samuel se verhouding? (1) 7.6 Herlees reël 19–21. 7.6.1 Watter tipe konflik ervaar Leendra hier? (1) 7.6.2 Word Leendra se konflik uiteindelik opgelos? Motiveer jou antwoord. (2) 7.7 Motiveer of die hiperbool in reël 25 funksioneel is. (1) TEKS B 1 Mario en Samuel sit vir middagete aan saam met Minette, Rudi en 2 Gilbert. 3 Soos dikwels op ʼn Maandag is die eetsaal stil. 4 Samuel neem ʼn sluk wyn. “Voordat ons die volume van die afsetting kan 5 bepaal, sal daar ʼn groot blok uit die kop gehaal word wat in die Kaap 6 getoets en gepoleer sal word.” 7 “What we normally do,” vervolg Mario, “is to send a block to Italy, to show in 8 Carara. The analyses of a price for a spesific product is influenced by 9 carcity, the size of the block, homegenity, texture and colour of the rock.” 10 Daar is ʼn pouse. Gilbert kyk wantrouig van Mario na Samuel. “Waaroor 11 gaan dit nou eintlik?” 12 “Ons wil onderhandel oor ʼn prospekteerpermit,” sê Samuel. 13 Minette kyk vlugtig na Rudi en frons. Mario leun vooroor. “I’ve been to the 14 Department of Land Affairs and also to the office of Mineral and Energy ...” 15 Hy haal ʼn brief uit sy aktetas en gee dit vir Rudi. “It seems that many years 16 ago your grandfather signed away his mineral rights to the father of the 17 woman he wanted to marry ...” 18 “Wat?! Is dit alweer oupagrootjie?” vra Gilbert verbaas. 19 Mario glimlag. “I have a great respect for the man. He must have been quite 20 a gentleman ...” 21 “Wat net nonsens aanjaag,” sê Gilbert. 7.8 Samuel van der Sand, Rebekka Cupido en Mario Martinelli staan bekend as ‘inkommers’ wat ʼn sentrale rol in die roman speel. Watter rol speel elkeen van die karakters in die roman? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) 7.9 Herlees reëls 4–9. Wat hét Mario en Samuel uit die kop gehaal en hoe sluit die naam daarvan by een van die temas van die roman aan? (2) 7.10 Is dit regverdig om te sê dat Gilbert disrespekvol teenoor sy oupagrootjie optree? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (2) 7.11 Die Vlaktevleiers gaan nou ʼn beter toekoms hê. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord. (2) 7.12 Watter karaktereienskap van Mario Martinelli kan ons in versreël 19–20 aflei en hoe verskil Mario se gemoedstoestand van Leendra s’n in TEKS A reël 25–26? (2) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag. MY JAPAN – Schalk Schoombee Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG My Japan moet teen die agtergrond van ʼn droomstruktuur gesien word en is dan ook die gevolg van Ilse en Elzette se buitestanderskap. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C 1 Die lig verander. Tradisionele Japanese musiek speel, 2 rustig en strelend. 3 Ilse staan op en beweeg na links na haar plek, 4 “Japan”. 5 ILSE: My naam is Amaja. “Nagreën” in Japannees. My pa is 6 Marioka San. Hy is ʼn kalligraaf, ʼn meester van die 7 kwas. Hy skryf met ink en waterverf op ryspapier, fyn 8 soos ʼn skilder. O so geduldig, presies, sonder om ʼn 9 druppel te mors. My ma is Jun. Dit beteken 10 “gehoorsaam”. Sy leer my om eerbied te wys aan 11 Marioka San. 12 Terwyl Ilse praat, sien ons Marioka San wat plat gaan 13 sit en met ʼn kwas Japanese simbole skilder op groot 14 velle papier. 15 Jun kom op met delikate teegoed wat sy voor hom 16 dek. Ilse gaan sit by hulle. Jun skink tee in die 17 koppies, ʼn hele ritueel. Hulle drink tee. Marioka San 18 en Jun is tradisioneel geklee. 19 ILSE: Dis mooi hier, ver van die groot stad Tokio. Ek woon 20 in Naka, ʼn piepklein bergdorpie in die Tokusjina- 21 provinsie aan die Ooskus. Hier’s minder as 3 000 22 mense. Ek loop oor ʼn houtbrug en ʼn helder rivier vol 23 visse skool toe. Een keer het ʼn storm die brug 24 weggespoel, seker Akashita se handewerk. Ons 25 woon tussen twee hoë berge soos draketande en sien 26 die son net vir ʼn paar ure elke dag wanneer dit daar 27 bo in die hemel sit soos ʼn goue oog. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) 28 MA: (af) Ilse! 29 ILSE: (gesteurd) Ruik die lente! Kersiebloeisels vol in die bome. 30 Ons huis ruik soet van takkies wat in klein 31 vase rangskik is. 32 MA: (af) Gaan jy nie opstaan nie? Jy begin vandag rekord 33 skryf! 34 ILSE: Marioka San het my geleer om kalligrafie te doen. Jou 35 gewrig moet soepel wees en jou vingers lig en 36 sterk. 9.1 Herlees reël 1–4. 9.1.1 Die leser kom hier agter dat die ruimte in dié toneel verander. Bewys of weerlê die stelling. (1) 9.1.2 Hoe onderstreep die kursiefgedrukte gedrukte gedeelte die verandering van die ruimte? (1) 9.1.3 Waarom verplaas Ilse haar na dié spesifieke ruimte? Gee TWEE moontlike redes. (2) 9.2 Kan ons sê TEKS C onderstreep die titel van die drama? Motiveer jou antwoord. (1) 9.3 In versreël 5 word na Ilse verwys as Amaja, maar in die afloop van die drama kom Ilse tot die insig dat sy nie meer Amaja is nie. Noem nog DRIE ander gevolgtrekkings waartoe Ilse aan die einde van die drama gekom het. (3) 9.4 Is Ilse se beskrywing van die ruimte in reël 19–22 realisties? (1) 9.5 Wat word die kursiefgedrukte gedeelte in reël 29 genoem? Sê ook wat die funksie van dié kursiefgedrukte woorde is. (2) 9.6 Noem die kontrasterende stemminge wat in reëls 28–35 geskep word. (2) TEKS D 1 MA: (af) Daaaanie! 2 ILSE: Nee, nee, NEE! Ek het niks daarmee ... Hy’t self die 3 hekkie oopgemaak, altyd orig, self in daai 4 stormwaterpyp gaan infoeter. Seker bang vir die 5 weerlig. Hoe kan dit my skuld wees? (sy onderduk ʼn 6 snik) Ek was so vaak gelees, Mamma. 7 Die wind bewaar. Ilse staan op en beweeg stadig na 8 haar Japan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 9 ILSE: Miskien liewer ... ja ... liewer ʼn Japannese 10 spookstorie! 11 Ma klop aan die kamerdeur. 12 MA: Huiswerk of Sims jy, Ilse? 13 ILSE: Ek speel lankal nie meer Sims nie, Ma. Kom tog in. 14 MA: Ons het Tshwane se rekening gekry. Groot geld. 15 ILSE: Waaroor nou weer? 16 MA: Om Pretorianers te paai oor straatname wat 17 verander. 18 ILSE: Ek gee nie juis om of dit Tshwane of Pretoria is nie. 19 Laat my dink aan ... Tokio. 20 MA: Dan het jy seker weer met Engela geskype. 21 ILSE: (botter smelt nie) Hoe’t Ma geweet? 22 MA: My liewe broerskind smokkel met jou kop. Moenie jou 23 drome uitverkoop nie. 24 ILSE: (liefies) Ag dankie, Moeksie. Sulke goeie raad. 25 Verstaan ek reg? Ek mag maar my eie drome droom 26 en niemand toelaat om in my pad te staan nie? 27 MA: (moeg, weet wat kom) Ja, ja. Jy maak wat jy wil, al sê 28 ek wat. Al vra ek mooi, al smeek ek. 29 ILSE: Moet asseblief nie smeek nie. Dit pas ma nie. 30 Probeer eerder boelie, nag en wat van ʼn bietjie 31 emosionele afpersing? 32 MA: Wanneer het jy my so begin haat, Ilse? 33 ILSE: Hier gaan ons. 9.7 In reël 2 word daar gebruik gemaak van herhaling. Wat is die funksie daarvan? (1) 9.8 Daar is duidelike spanning tussen Ilse en haar ma. Wat is die hoofoorsaak van die innerlike konflik by beide karakters? Die innerlike konflik verander mettertyd in uiterlike konflik. Noem enige TWEE voorbeelde. (3) 9.9 In reël 2–6 kom Ilse tot ʼn gevolgtrekking wat haar hele lewe sou verander. Tot watter besef kom Ilse en is dit regverdig om te sê dat haar ma verantwoordelik vir die innerlike worsteling was? Motiveer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022) 9.10 Herlees reël 14. Dui aan watter karaktereienskap ons van ma kan aflei. (1) 9.11 Is dit geregverdig om te sê dat Ma en Ilse wel aan die einde van die drama hulle probleme opgelos het? Motiveer jou antwoord. Het hierdie handeling van hulle wel ʼn invloed op hul verhouding gehad? Motiveer jou antwoord. (3) 9.12 Herlees TEKS C reëls 28–35 en TEKS D reëls 12–19. Motiveer uit beide tekste dat Ilse en haar ma nie baie goed met mekaar kon kommunikeer nie. (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all