Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V2
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 Exemplar November 2022 Memo
Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Exemplar November Exam 2022, 17 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 509.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Exemplar November Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Memo
- Paper 3Memo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
NASIENRIGLYNE
1. As ʼn kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ʼn kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ʼn kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ʼn kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
nasienriglyn nagesien.
As ʼn spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
dit as korrek beskou.
6. Literêre opstel:
As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
nasiener/vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ʼn riglyn, daarom moet ander
relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
die literêre opstelle na te sien.
7. Kontekstuele vrae:
As ʼn kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ʼn vraag dit vereis nie, word
die kandidaat nie gepenaliseer nie.
8. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
9. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
10. Sien betekenis na en nie woorde nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Mercedesrit in die aand – Willem Krog
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Die gebruik van die m-alliterasie in versreël 1 “met monde moeg gesluit” beklemtoon
die onbetrokkenheid van die hooggeplaastes by die armoede in die straat.
• Die verwysing in versreël 2 na “enkel weerkaatsing” suggereer dat die sakemanne
alleen reis terwyl die werkersklas moet saambondel in treine, taxi’s of busse.
• Die verwysing na “yl” in versreël 2 suggereer dat die sakemanne min beteken vir die
sukkelende samelewing.
• Reeds in strofe 1 word daar gepraat van die hooggeplaaste amptenare wat ʼn beter
sosio-ekonomiese status aandui – versreël 3 “die executives van die stad”.
• Daar is a-assonansie in versreël 2 “weerkaatsing” en in versreël 3 “gaan” en dit
beklemtoon die afstand tussen die sakemanne en die bedelaars.
• In strofe 2 kry ons die beeld van armoede wat heers – versreël 4
“Skaduweekinders”
• ʼn Verdere aanduiding van armoede is in versreël 5 “stukkende bedelvaandels”
• Die spreker spreek kritiek uit op diegene wat in hul rykdom floreer terwyl die w-
alliterasie in versreël 5 “wapper wanhopig” die armoede verder uitlig.
• In versreël 6 “in die swart pad” word daar gesuggereer dat die mense dakloos is.
• Die wanhopige prentjie word verder onderstreep deur die gebruik van die
k-alliterasie in versreël 6 “op soek na kos en kleed”.
• Daarteenoor word die verskil in sosio-ekonomiese status in strofe 3 beklemtoon
deur die luukse vaartuig te beskryf – versreël 7 “vaartuig blink”.
• Die “vaar” in “vaartuig” in versreël 7 suggereer spoed terwyl dit ook dui op sukses
wat weer eens die verskil in sosio-ekonomiese verskille beklemtoon.
• Nie net is die motor volgens versreël 8 met “sagte leer” beklee nie, wat die
bestuurder teen die elemente beskerm nie, maar hy is ook goed geklee.
• Die “sagte leer” dui op die gemak waarin die bestuurder sit teenoor die bedelaars
wat blootgestel is aan die wind en die weer.
• Versreël 9 suggereer dat die rykes baat uit die werk van die laagbesoldigde
werkers.
• In versreël 10 is daar herhaling van die woord “yl” om die gebrek aan meegevoel te
beklemtoon.
• In versreël 11 word die m-alliterasie “met monde moeg gesluit” herhaal om die
ryker mense/hooggeplaastes se onbetrokkenheid by die bedelaars / ellende te
beklemtoon.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Boggomsbaai-blues – Pirow Bekker
Vraag Antwoord Punt
2.1 Die titel is Boggomsbaai-blues en in strofe 1 word die woord blues
gebruik wat met hartseer / depressie / blues-musiek verband hou. /
Die spreker wil in strofe 1 oordra dat dit onsinnig / simpel is om
depressief te wees wat dan aansluit by bog en blues in die titel. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
2.2 Duin en Golwe √ 1
Kandidaat dui beide woorde vir EEN punt aan.
2.3 Klanknabootsing / Onomatopee √ 1
Dit is geslaagd, want dit dui hier op die uitkoggel van iemand.
Dit is geslaagd, want dit hou verband met die gedigtetitel./
Dit is geslaagd, want dit beklemtoon die ironiese / speelse toon van die
gedig. √ 1
Die kandidaat kan nie “nie geslaagd” as ʼn antwoord aanbied nie.
Om ʼn punt te verdien, MOET die kandidaat sê of dit geslaagd is al dan
nie.
2.4 Die woord ‘pel’ onderstreep die speelse element in die gedig. √ 1
2.5 Metafoor √ 1
Dit is gepas, want die dood sal altyd vir jou plek hê net soos ʼn hotel. √ 1
2.6 2.6.1 Rymskema – paarrym √ 1
Strofebou – koeplet √ 1
2.6.2 Dit pas by die uiterlike bou aangesien beide op twee dui wat dan
ʼn paar is / die dood is altyd saam met jou. √ 1
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs – Joan Hambidge
Vraag Antwoord Punt
3.1 Nee, die leser verwag om van die vroeë herfs te lees, √ maar hier handel 1
dit oor wat in die gemoed van die spreker gebeur. √ 1
Die kandidaat kan nie “ja” as ʼn antwoord aanbied nie.
Die kandidaat se antwoord moet by die verwagting en die inhoud van die
gedig uitkom.
3.2 Dit is die bron van poësie. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
3.3 Die enjambement dui op die deurlopende gedagteproses. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
3.4 3.4.1 Sonnet √ 1
3.4.2 abba √ 1
Die kandidaat moet die patroon aandui.
3.4.3 Kruisrym √ 1
3.5 Die kunstenaar beleef soveel smart, maar wil hê dit moet aanhou./
Die muses se werk word as ‘verwoesting’ uitgebeeld, maar tog vra sy dat
dit nooit moet weggaan of verswak nie. √ 1
Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie vir EEN punt aandui.
3.6 “Skyn” dui op om lig te bring √ sowel as om voor te gee. √ 2
[10]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Ek wil – Willem Fransman
Vraag Antwoord Punt
4.1 Die spreker spreek die mense aan wat nie Township Afrikaans praat nie
/ mense wat daarop neersien. √ 1
4.2 Die spreker wil poësie toeganklik maak vir alle mense. / Hy wil nie deftige
poësie skryf nie, maar net in Township Afrikaans soos sy mense dit
praat. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
4.3 Interteks √ 1
Die spreker wil niks te doen hê met Antjie Krog se Afrikaans nie, maar
tog gebruik hy haar woorde. √ 1
Die kandidaat bied BEIDE kante van die ironie vir EEN punt aan.
4.4 Dit beklemtoon die spreker se agting/respek vir sy moedertaal. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
“Township Afrikaans” √ 1
4.5 Deur middel van enjambement. √ 1
4.6 4.6.1 Die kwessies van identiteit √ en menswaardigheid. √ Jou
manier van praat. 2
4.6.2 Elke mens het die reg op sy eie manier van praat. / gee
identiteit aan jou. √ 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – ʼn Trossie pers Genade – Christo du
Plessis
Vraag Antwoord Punt
5.1 Metafoor √ 1
Die titel is ʼn Trossie pers Genade en die gedig handel oor die genade wat
ons elke dag in die vorm van iets eenvoudigs soos jakarandas ontvang. √
1
Die kandidaat moet by die metafoor in die gedig uitkom.
5.2 Se(k)stet √ 1
5.3 Die versreëls gaan oor in die volgende sonder die gebruik van lees-
tekens. √ 1
Dit beklemtoon die besige/woelige/genadelose stadslewe. √ 1
5.4 “- Maar voor die venster” √ 1
Kandidaat moet die versreël aanhaal en nie die reël neerskryf nie
5.5 5.5.1 “karig” / “gekraakte” √ (slegte) 1
“trossie” √ (mooi) 1
Die twee antwoorde staan los van mekaar.
5.5.2 Optimisme / Hoopvolle / Positiewe stemming √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
5.6 Dit beklemtoon dat die mooi altyd daar sal wees. / ten spyte van die slegte
is daar altyd die goeie / hoop. √ 1
Die kandidaat moet sê WAT beklemtoon word.
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: OPSTELVRAAG
DROOMDELWERS – Esta Steyn
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Rudi Redelinghuys het ʼn negatiewe invloed op Leendra:
• sy ervaar spanning en angs as sy onthou dat sy vir Ferdinand in die hotel
doodgeskiet het.
• omdat dit haar aan haar slegte verlede herinner waar sy van diefstal beskuldig is.
• aangesien sy vriende gemaak het met die Vlaktevleiers wat hy nou wil ontwortel
om ʼn vakansie-oord te bou, is sy nou deel van hulle stryd.
Minette Redelinghuys het ʼn negatiewe uitwerking op Leendra:
• want sy beskuldig haar van diefstal en veroorsaak sodoende dat sy in die tronk
beland waar sy emosioneel baie swaar gekry het.
• want sy jok in die hof en vorm ʼn verenigde front saam met Gilbert om haar
skuldigbevinding te verseker. Dit neem haar weg van Sielie en laat haar “wees”.
• want sy veroorsaak haatgevoelens by Leendra omdat sy nie in die tronk na die
waarheid oor haar ouers se dood kan soek nie.
• want Minette staan in Leendra se pad om heel te word na haar ouers se dood.
• omdat Minette haar nie na haar vrylating in die hotel wil toelaat nie. Sodoende kry
sy nie vrede met dit wat daar gebeur het nie.
• Sy veroorsaak dat Leendra van haar suster geskei word en nie met haar kan
kontak maak nie. Dit laat Leendra bekommerd en alleen agter.
Gilbert Redelinghuys is ʼn negatiewe invloed op Leendra:
• want hy pers Leendra af om saam met hom partytjie toe te gaan sodat sy dan eers
die waarheid oor die diefstal by hom kan hoor. Dit bring Leendra in konflik met hom
en met haarself.
• omdat hy wrywing tussen Sielie en Leendra veroorsaak, want Sielie wou die geld vir
die roomys aanvaar het wat Gilbert vir haar wou gee.
• omdat hy Sielie wegstamp toe sy aan die Porsche wou vat. Dit laat Leendra weer
met die ou wrewel.
Patti Redelinghuys het ook ʼn negatiewe invloed op Leendra:
• omdat sy agterdog by Leendra saai. Haar flankering met Samuel van der Sandt
laat dit lyk of daar ʼn verhouding tussen hulle is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
Oom Bontie Bonthuys het ʼn positiewe uitwerking op Leendra:
• omdat hy ʼn vaderfiguur vir Leendra is en praat haar moed in as sy wil tou opgooi
omdat sy nie antwoorde oor die verlede kry nie.
• want hy speel ʼn ondersteunende rol, omdat Leendra hom as iemand sien wat haar
kan help om die vrae oor die gasontploffing op te los.
• want hy is ʼn tussenganger tussen Leendra se verlede en toekoms. Hy gee vir haar
die naam van die prokureur wat met haar pa se boedel gewerk het.
• omdat hy haar vertroueling is, want sy gee vir oom Bontie die dokumente oor die
boedel wat sy uit Phil se kluis gekry het.
• want hy moedig Leendra aan om antwoorde op haar ouers se dood te kry.
Alleen dan sal sy vry wees.
Sweetie Bonthuys ïnspireer Leendra op ʼn positiewe manier:
• omdat sy vir Leendra in die tronk skryf en tree so op as die moederfiguur wat
Leendra mis.
• sy hou Leendra teen haar bors, toe sy vir die eerste keer uit die tronk kom en haar
weer sien. Leendra voel tuis en geliefd.
Boeta Bonthuys lewer ʼn positiewe bydrae:
• omdat hy optree as Sielie se beskermer en dit gee vir Leendra gemoedsrus.
• want hy het vir Sielie die hele tyd van Leendra vertel terwyl sy in die tronk was om
sodoende haar ʼn werklikheid vir Sielie te hou.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Die ruimte word uit ʼn objektiewe oogpunt beskryf. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
Waak egter teen generiese antwoorde. Die kandidaat moet die antwoord
van toepassing maak op die spesifieke reëls.
7.2 7.2.1 Leendra was vir 7 jaar in die gevangenis √ en Sielie het geen 1
kontak met Leendra in daardie tyd gehad nie. √ 1
7.2.2 Hulle is susters. √ 1
7.3 Sielie weet wie verantwoordelik vir die gasontploffing was. √ 1
Sielie weet hoe haar ouers vermoor is. √ 1
Sielie weet waar die appelkooskleurige graniet is. √ 1
Sielie weet wat met Koster Kaaiman gebeur het.√ 1
7.4 Die gemoedelike/gemeensame/ontspanne stemming verander na ʼn
hartseer/gespanne atmosfeer. √ 1
Die kandidaat moet noem hoe die atmosfeer was en hoe dit nou is vir EEN
punt.
7.5 Dit bring Leendra en Samuel bymekaar (want hy ontdek die graniet daar
en hulle vernoem dit na haar.) √ 1
7.6 7.6.1 Innerlike konflik √ 1
7.6.2 Ja, die konflik word opgelos, want Leendra vind uit wie vir haar
ouers se dood verantwoordelik was. √ 1
Leendra se konflik met Samuel word opgelos, want hulle trou. √ 1
Die kandidaat moet BEIDE noem vir ʼn punt elk.
7.7 Ja, want dit beklemtoon hoe fanaties Gilbert oor Leendra was. √ 1
Die kandidaat moet aandui of dit funksioneel is.
Die kandidaat moet noem WAT beklemtoon word.
Die kandidaat kan nie ʼn nee-antwoord aanbied nie.
7.8 Samuel van der Sandt – Geoloog op soek na graniet / raak verlief op
Leendra. √ 1
Rebekka Cupido – Raak verlief op pastoor Gerald Killian. √ 1
Mario Martinelli – Vennoot van Samuel van der Sandt / raak verlief op
Gretel Grossman./ Bied uitkoms vir die Vlaktevleiers. √ 1
7.9. Graniet √ 1
Elke mens moet bly streef na die vryheid wat hy verdien. √ 1
7.10 Ja, want Gilbert suggereer met sy woorde dat sy oupagrootjie verkeerd
was deur Vlaktevlei se huurpag aan die Vlaktevleiers te gee √ en om ook
die mineraalregte weg te gee. √ 2
7.11 Ja, want hulle gaan die infrastruktuur van die dorp verbeter √ baie mense
gaan werk by die granietmyn kry. √ 2
Die kandidaat moet aandui of hy/sy saamstem.
Die kandidaat kan nie ʼn nee-antwoord aanbied nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
7.12 Mensekenner √ 1
Mario se gemoedstoestand is een van bewondering teenoor Leendra s’n
van haat/woede. √ 1
Die kandidaat moet aandui hoe BEIDE se gemoedstoestand is vir EEN
punt.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING C: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 8: OPSTELVRAAG
MY JAPAN – Schalk Schoombee
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
• Dis ʼn breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
Die eerste droomstruktuur kom in die vorm van ʼn nagmerrie voor:
• want die leser/kyker word aan die onaangename gebeure van Danie se verdrinking
voorgestel.
• Ma se opname in die senukliniek is nie ʼn aangename ondervinding vir Ilse nie.
Om van Danie se verdrinking te vergeet, ontvlug Ilse na haar Japan wat haar ʼn
buitestaander maak:
• omdat die ander leerders nie haar fassinasie met Japan verstaan nie.
• omdat sy haar onttrek van die ander leerders sien hulle haar nie as deel van hulle
groep nie.
Ilse se lewensdroom is om in Japan te gaan skoolhou:
• maar dit maak haar ook ʼn buitestander omdat die ander leerders nie kan verstaan
waarom sy die land wil verlaat en ander kulture gaan verken nie.
Ilse skep ʼn nuwe wêreld:
• want dit is ʼn plek waar drome waar word.
• want in haar Japan het sy die volmaakte gesin: ʼn onderdanige Ma en ʼn rustige en
tradisievaste Pa.
• waar die verlede nie bestaan nie, want sy het nie ʼn broer nie.
In Ilse se droomwêreld sien sy haar ma as die monster, Futakuchi-onna:
• want sy is ʼn vrou met twee persoonlikhede.
• want sy verteenwoordige die goeie en die bose.
• want sy karakteriseer Mercia as iemand wat te veel praat en niemand kans gee om
iets te sê nie.
Elzette se selfvernietiging speel in ʼn droom af:
• omdat niemand enigsins reaksie toon wanneer sy haarself met die lemmetjie sny
dat die bloed loop, maar in drome is dit wel moontlik.
• en juis as gevolg hiervan stoot die groep haar eenkant.
• maar omdat niemand verstaan waarom sy dit doen nie, stoot hulle haar uit die groep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
Wanneer ma na Danie soek, gaan die nagmerrie/droom voort:
• maar net in die vorm van ʼn ou Japanese spookstorie van Okiku en Tessan.
• Okiku se selfdood loop parallel met Danie se verdrinking.
• Tessan se vooroor val en die toe druk van sy ore, doen Ma ook om haar
emosionele val/gebrokenheid voor te stel.
Ma ervaar ʼn nagmerrie ondervinding:
• want sy word opgeneem in Grootvlei na haar senu-ineenstorting as gevolg van
Danie se dood.
• so ook Elzette want geen van die leerders het simpatie met haar opname in
Grootvlei nie en dit maak haar nou nog meer ʼn buitestander.
Die vergestalting van die tsoenami in Japan word ook in droomvorm
weergegee:
• want dit is die akteurs wat met byklanke en figure, wat heen en weer hardloop en
klere wat op die verhoog lê, dit voorstel.
• en die emosionele belewing hiervan word deur Jun en Marioka San – wat ook nie
ware karakters is nie – uitgebeeld.
• want ma se soeke na Danie word gelykgestel aan die oorlewendes van die
tsoenami se soeke na hulle geliefdes.
Die terugflits na Engela en die tsoenami is ook ʼn droombeeld:
• want die tsoenami het reeds in 2011 plaasgevind en sy herroep nou net die
herinneringe.
Die droomwêreld word afgesluit:
• want Ilse maak vrede met haar situasie en kom tot die gevolgtrekking dat sy lief is
vir haar land.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan. [25]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1 9.1.1 Dit is waar, want Ilse verplaas haar na haar plek “Japan”. √ 1
9.1.2 Tradisionele Japannese musiek word gespeel. √ 1
9.1.3 Ilse hou haarself verantwoordelik vir Danie se dood. / Sy het
skuldgevoelens oor Danie se dood.
Ilse se ma plaas te veel druk op haar in die werklike wêreld. / Sy
probeer van haar ma ontsnap.
Ilse soek iemand wat haar kan liefhê. / ʼn plek waar sy verstaan
2
kan word. √√
Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk
aan.
9.2 Die titel van die drama is My Japan en hier word daar na Japan in die
drama verwys. √
Die kandidaat moet na die TITEL en die TEKS verwys. 1
9.3 Alhoewel sy Japan wil besoek, is sy lief vir haar eie land.
Haar pa woon in Australië en sy kan niks daaraan doen nie.
Sy besef ma Mercia probeer haar bes om haar te ondersteun.
Marioka San en Jun is net haar verbeeldingsouers. √√√ 3
Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
9.4 Nee, die dorp Japan is ʼn baie digbevolkte land. / Dis onwaarskynlik dat
daar so ʼn klein dorpie sal wees. / Die werklike Naka se bevolking is baie
groter. √
1
Die kandidaat moet aandui of dit realisties is.
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.
9.5 Neweteks / Toneelaanwysings √ 1
Dit dui aan dat haar ma haar pla / haar onderbreek / sy geïrriteerd is √ 1
Die kandidaat moet die funksie van toepassing maak op reël 29.
9.6 In Japan is daar ʼn rustige/vreedsame/ontspanne atmosfeer. / Atmosfeer
waarin eerbied / respek betoon word. √ 1
In die werklikheid heers daar ʼn gespanne atmosfeer √ 1
Die kandidaat se stemming moet die kontras aandui.
9.7 Ilse kom tot die gevolgtrekking dat sy nie verantwoordelik vir haar broer
/ Danie se dood was nie. √ 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
9.8 Albei voel skuldig oor Danie se dood, maar is nie bereid om daaroor te 1
praat/mekaar te vergewe nie. √
Die kandidaat moet BEIDE kante van die konflik aandui.
Ma wil hê Ilse moet opstaan, maar sy wil nie opstaan nie./
Ma wil hê Ilse moet haar help, maar Ilse wil nie help met kosmaak
(hoender) nie. /
Ma wil hê Ilse moet haar hande uit haar moue steek, maar Ilse is lui.
Ma druk Ilse om te presteer, maar al wat Ilse wil doen, is om Japan toe
te gaan./
Ma skryf vir Ilse ʼn toespraak oor aardverwarming, maar Ilse wil haar 2
eie toespraak oor Japan skryf. √√
Die kandidaat moet BEIDE kante van die konflik aandui vir EEN punt.
Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt ELK aan.
9.9 Ilse kom tot die besef dat sy nie verantwoordelik vir Danie se dood was
nie. √ 1
Ja, want Ma het Ilse aanvanklik kwalik geneem vir Danie se dood wat
bygedra het tot Ilse se innerlike stryd. √ 1
Die kandidaat moet aandui of dit regverdig is, al dan nie.
9.10 Ma is materialisties / ʼn werkesel. √ 1
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord aan.
9.11 Ja, want hulle het mekaar vergewe. √ 1
Die kandidaat moet aandui of dit geregverdig is, al dan nie.
Ja, want hulle kan nou met mekaar praat oor hul probleme. √ 1
Hulle kan aandag gee aan mekaar se behoeftes. √ 1
Die kandidaat kan nie ʼn nee-antwoord gee nie.
Die kandidaat moet aandui of die handeling ʼn invloed het.
9.12 In TEKS C is Ilse geïrriteerd as haar ma met haar praat – “gesteurd” /
sy dink aan ander dinge terwyl haar ma met haar praat. √ 1
En in TEKS D is Ilse sarkasties met haar ma / haar ma weet nie eintlik
wat in haar lewe aangaan nie – “Ek speel lankal nie meer Sims nie,
Ma.” √ 1
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 5–6 4 3 2 0–1
Diepgaande Toon begrip van die Redelike interpretasie Onbevredigende Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp onderwerp goed onderwerp
Diepte van argument, geïnterpreteer
verantwoordbaarheid
en insig in teks Reeks treffende Respons redelik Enkele goeie punte ter Byna geen punte wat Geen verwysing na die
argumente wat behoorlik gedetailleerd Enkele ondersteuning van die die onderwerp gedig nie
6 PUNTE uit die gedig gerugsteun deeglike argumente onderwerp ondersteun nie
is gegee, maar nie almal Enkele argument word
ewe goed gemotiveer ondersteun, maar
nie bewyse nie altyd
oortuigend nie
Uitstekende begrip van Begrip van genre en Basiese begrip van Onvoldoende begrip Leerder het nie die
die genre en gedig gedig duidelik genre en gedig van genre en gedig genre en gedig onder
die knie nie
STRUKTUUR EN TAAL 4 3 2 1 0–1
Samehangende Duidelike struktuur en Enkele bewyse van Struktuur toon tekens Struktuur swak
Struktuur, logiese struktuur logiese vloei van struktuur van swak beplanning
vloei en aanbieding argument
Taalgebruik, toon en
styl gebruik in opstel Argumente goed Vloei van argumente ʼn Goed Argumente nie logies
gestruktureer en daar is kan gevolg word gestruktureerde logiese gerangskik nie
4 PUNTE duidelike ontwikkeling vloei en same hang
ontbreek in die opstel
Taalgebruik, toon en styl Taalgebruik, grootliks Geringe taalfoute Taalfoute beduidend Ernstige taalfoute
is volwasse, dit beïndruk korrek
en is korrek
Grammatika, spelling en Toon en styl is grootliks Toon en styl meestal Toon en styl nie Foutiewe styl
punktuasie feitlik foutvry korrek gepas geskik nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3
Diepgaande interpretasie van Toon begrip van die Redelike Onbevredigende Geen begrip van die
Interpretasie van onderwerp onderwerp en het die interpretasie van die interpretasie van die onderwerp nie
onderwerp onderwerp goed onderwerp; nie alle onderwerp: byna geen
Diepte van argument, geïnterpreteer aspekte in detail aspekte in detail
verantwoordbaarheid ondersoek nie ondersoek nie
en insig in teks
Uitsonderlike respons: 14–15 Respons redelik Enkele goeie punte ter Min punte wat die Swak poging om die
15 PUNTE Uitstekende respons: 12–13 gedetailleerd ondersteuning van die onderwerp ondersteun vraag te beantwoord
onderwerp
Reeks treffende argumente Enkele deeglike argumente Enkele argument word Baie min relevante Argumente oortuig nie
wat behoorlik uit die gedig gegee, maar nie almal ewe ondersteun, maar argumente
gerugsteun is goed gemotiveer nie bewyse nie altyd
oortuigend nie
Uitstekende begrip van die Begrip van teks en genre Basiese begrip van teks Weinig begrip van teks Leerder het nie die teks/
teks en genre duidelik en genre en genre genre onder die knie nie
STRUKTUUR EN TAAL 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1
Samehangende struktuur Duidelike struktuur Enkele bewyse van Struktuur toon tekens Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese struktuur van swak beplanning struktuur belemmer vloei
vloei en aanbieding van argumente
Taalgebruik, toon en
styl gebruik in opstel Argumente goed Logiese vloei van argument Logika en samehang is Argumente nie logies Taalfoute en foutiewe
gestruktureer en daar is duidelik, maar met foute gerangskik nie styl laat hierdie skryfstuk
10 PUNTE duidelike ontwikkeling misluk
Uitstekende inleiding en slot Inleiding, slot en ander Paragrafering meestal Paragrafering foutief Paragrafering foutief
paragrawe samehangend korrek
georganiseer
Taalgebruik, toon en styl is Taalgebruik, toon en styl is Enkele taalfoute; toon Taalfoute beduidend Styl en toon nie geskik
volwasse, dit beïndruk en is grootliks korrek en styl meestal gepas Toon en styl nie geskik nie
korrek nie
VERSPREIDING VAN
20–25 15–19 10–14 5–9 0–4
PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 Exemplar November 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 Exemplar November 2022 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP

Question paper