Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2022
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 Exemplar November 2022 Memo
Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Exemplar November Exam 2022, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- Exemplar November Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 480.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Exemplar November Exam 2022
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Memo
- Paper 3Memo
Questions in this paper
- Question 1.1Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.2Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.3Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.4Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.5Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.6Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
wille van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute (ook Dubbelstreep onder taalfout
spelfoute)
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse)-foute x Trek ʼn x bo die verkeerde
woord
Erkenning van √ Regmerkie bo goeie
taaljuweeltjies taalgebruik, idees of
uitdrukkings
Onduidelik/ ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Onverstaanbaar
Punktuasie o Omkring
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag
slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel,
toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale
poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die
eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S= K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende en
beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt
en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus
enige soort opstel aan, soos byvoorbeeld:
1.1 Toe ek my oë oopmaak, sien ek dit ...
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende
opstel aanbied, maar ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn
verhalende/beskrywende opstel sal die kandidaat die verhaal vertel van
wat hy/sy gesien het nadat die oë geopen is. Dit moet duidelik uit die opstel
blyk dat die kandidaat iets sien. Die opstel kan byvoorbeeld handel oor ʼn
persoon wat in ʼn situasie was en dat die oë gesluit word. Na die opening kan
dit wat gesien word positief of negatief wees. ʼn Verskeidenheid
interpretasies is moontlik en die uiteindelike verloop van die gebeure kan
ernstig, spannend of humoristies wees. [50]
1.2 Alles om my was swart.
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende/beskrywende
opstel aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van ʼn situasie
wees. Die kandidaat kan ʼn spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese
verhaal of enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar
gefokus word op die swart en wat aanleiding tot die swart (donkerte) gegee
het. In die beskrywende opstel sal die kandidaat die swart of donker situasie
beskryf. Die storielyn kan spannend, humoristies of ernstig wees. In ʼn
bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die swart ʼn goeie of
slegte ding is. In ʼn figuurlike interpretasie sal die swart as donker
geïnterpreteer word. Dit kan na ʼn situasie, persoon(e) of tydperk verwys. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
1.3 Dit was tyd ...
Die kandidaat kan die opstel as ʼn verhalende/beskrywende/
bespiegelende/argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. As
verhalende opstel kan die kandidaat ʼn verhaal vertel waarin daar gebeure
plaasvind en dat daar na afloop van die gebeure ʼn tyd aangebreek het om
op te tree. Die verhalende/beskrywende opstel kan begin met die tyd wat
aangebreek het en die gebeure wat daarna volg, kan beskryf word. In ʼn
bespiegelende opstel kan die kandidaat bespiegel of die korrekte tyd
aangebreek het. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumente
voorhou waarom die tyd aangebreek het of waarom die tyd reg is. In ʼn
beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer of die optrede na die
aanbreek van die tyd goed of sleg is. [50]
1.4 My taal, my trots?
Die taal hoef nie noodwendig na Afrikaans te verwys nie. Die onderwerp leen
hom tot die skryf van ʼn beredeneerde opstel waar die kandidaat redeneer
of die spreker trots is op die taal wat hy praat. Die gevolgtrekking kan positief
of negatief wees. Die onderwerp kan ook as ʼn argumenterende opstel
aangebied word waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat die
mens trots is op die taal wat hy praat. Die kandidaat kan ook argumenteer
dat die mens nie meer trots is op die taal wat hy/sy praat nie. Taal kan ook
figuurlik gesien word en hoef nie net na woorde te verwys nie. In ʼn
beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf hoekom iemand trots is op
sy taal al dan nie. Die onderwerp kan ook as ʼn verhalende opstel aangebied
word. Die kandidaat vertel ʼn storie waarin die trots vir die taal weerspieël
word. Dit kan ook negatief aangebied word waarin die verhaal toon dat daar
nie meer ʼn taaltrots is nie. [50]
1.5 Covid-19
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy die verhaal vertel
van ʼn sekere saak/persoon/gebeurtenis of situasie rondom Covid-19. In ʼn
bespiegelende opstel kan die kandidaat verwys na die sameswering
rondom die ontstaan van die virus. Die opstel kan feitlik aangebied word
deur wetenskaplike feite en statistieke rondom Covid-19 te gee. In ʼn
beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat die impak van Covid-19
is. In ʼn argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat Suid-
Afrikaners/mense genoeg gehad het en hul stemme wil laat hoor. Dit kan
positief of negatief t.o.v. inperking aangebied word. Die kandidaat kan ʼn
beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy die geldigheid van die maatreëls
rondom Covid-19 bevraagteken. [50]
1.6 Hart en oorfone
Interpretasies kan lei tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende,
argumenterende of beredeneerde opstel. Die kandidate kan ʼn verhalende
opstel skryf waar die woord ‘musiek’ die sentrale tema vorm. Die verhaal kan
ook handel oor iemand se liefde vir musiek. Die kandidaat kan ook die
verhaal vertel van ʼn insident waar musiek ʼn belangrike rol in sy/haar lewe
gespeel het. Die kandidaat kan ʼn beskrywende opstel van ʼn musiekkonsert
skryf. Die opstel kan ook figuurlik geïnterpreteer word waar iets anders die
musiek van die lewe is. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.7 Rekenaar en tegnologiese uitvloeisels
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld die verkryging
van ʼn rekenaar en die impak wat dit op sy/haar lewe gemaak het. Die
verhaal kan ook handel oor hoe hard ʼn persoon moes werk om sukses in
sy/haar lewe te behaal. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat
kommunikasie met tegnologie beskryf. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel wat die impak of gebrek aan tegnologie op die mens
het. Daar kan ook bespiegel word of dit tot iemand se geluk bydra. In ʼn
argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat tegnologie
goed of sleg is. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat beide kante van
die bogenoemde saak beredeneer. Daar kan ook geargumenteer word dat
mense wat tegnologies vaardig is, gelukkiger as ander mense is. [50]
1.8 Die verskillende sportsoorte
In ʼn verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport beoefen,
vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te word nie,
aangesien daar ʼn verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld word. Die verhaal
kan vertel word van hoe sport iemand se lewe verander het. In ʼn
beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman of sportvrou beskryf.
Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ʼn argumenterende opstel kan
die kandidaat argumenteer sport is noodsaaklik vir die mens se welstand.
Daar kan ook geargumenteer word gesonde wedywering in sport is goed. In
ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se
karakter bou en ander kere weer iemand se lelike kant uitbring. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
SOORT OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (’n storie of gebeurtenis).
• ’n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ʼn Treffende inleiding boei die leser.
• ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed
wees in die ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
Hou die volgende in gedagte:
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
gemaak. Die slot gee ʼn sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar
emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ʼn droom of
wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ʼn definitiewe struktuur, maar ʼn gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ʼn gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ʼn saak word enduit volgehou.
• ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ʼn duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
In die brief spreek die kandidaat sy kommer uit oor die betrokke bejaarde
familielid wat alleen bly. Dit moet duidelik uit die brief blyk dat die skrywer
bekommerd is. Daarom gee hy/sy die versekering dat hulle mekaar
binnekort weer gaan sien. Dit moet duidelik blyk wie die familielid is en die
skrywer moet moontlike probleme wat die familielid dalk mag ervaar,
identifiseer. Hierdie probleme kan medies van aard wees. Die probleme kan
ook ʼn moontlike tekort aan voedsel asook eensaamheid insluit.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die uitspreek van
kommer en die vertroosting dat hulle mekaar binnekort gaan sien.
• Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
• Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel
uiteengesit te word.
• Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
• Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet
in die korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS bl. 55 reël 9.14)
gegee word.
• Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
• Die brief behoort informeel afgesluit te word.
• Die formaat van die brief is belangrik. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS
Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee dat Suid-Afrikaners
etlike probleme tydens beurtkrag ervaar. Dit moet duidelik blyk dat die
skrywer kennis van hierdie probleme het. Die brief moet op die negatiewe
ervarings van Suid-Afrikaners fokus.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res
van die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe
geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige,
direkte taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word
op die impak van beurtkrag.
• Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
• Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek
wees.
• Die afsluiting is formeel en korrek. [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan die leerder wat na ʼn lang siekbed oorlede is. Die leerder
het sy stryd teen kanker verloor.
Hou die volgende in gedagte
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van
afsterwe, die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die
dood behoort gegee te word.
• Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en gemeenskaps-
betrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus behoort te wees op dit wat die leerder vir die skool,
medeskolier en gemeenskap beteken het.
• Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van
die huldeblyk.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Eufemismes kan gebruik word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
2.4 TYDSKRIFARTIKEL
Die artikel word vir ʼn tienertydskrif geskryf en handel oor die grense wat vir
tieners gestel moet word. Hierdie grense moet positief ervaar en verwelkom
word.
Hou die volgende in gedagte:
• Die grense wat gestel moet word, moet beklemtoon word.
• Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel.
• Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die
teikengroep moet in gedagte gehou word – in hierdie geval ʼn
tienertydskrif.
• Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
• Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
• Aanhalings kan gebruik word.
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp
pas.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
• Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word.
Die wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik
word.
• Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei,
soos van toepassing.
• Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van
belangrikheid gegee.
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25]
2.5 DIALOOG
Die dialoog word by die winkel gevoer. Die gesprek handel oor die produk
wat nie meer vars is nie. Die gesprek mag nie kru en beledigend wees nie,
maar moet hoflik bly.
• Twee mense voer ʼn gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
en vanuit die spreker se perspektief.
• Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.
• Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui.
• ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.6 ONDERHOUD
Die onderhoud moet met die leerder wat die kompetisie gewen het, gevoer
word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder opgewonde oor die
prys is.
Hou die volgende in gedagte:
• Die onderhoud mag as ʼn artikel of dialoog aangebied word.
• Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
• Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
• Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik –
daarom moet die redigering versigtig gedoen word.
• ʼn Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk
toe te voeg.
• In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ʼn
leerder wat ʼn prys gewen het.
• In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud
saamgevat te word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2022)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoe en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
Hoë vlak
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Hoë vlak
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2021) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verward
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 Exemplar November 2022 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 Exemplar November 2022 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP

Question paper