Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V3
NASIENRIGLYN
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo
Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 845.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)50 marks
- Question 1.4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)150 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
van eenvoud en eenvormigheid.
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde Hakies en pyltjie
( )
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute (ook Dubbelstreep onder taalfout
spelfoute)
Paragraafindeling [ Begin van ʼn nuwe sin
Woord(keuse)-foute x Trek ʼn x bo die verkeerde woord
Erkenning van √ Regmerkie bo goeie taalgebruik,
taaljuweeltjies idees of uitdrukkings
Onduidelik/ ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Onverstaanbaar
Punktuasie o Omkring
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: OPSTEL
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe
hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien
dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = KH = 22
Taal, styl en redigering: T = KL = 10
Struktuur: S=K = 4
Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant 36
(onder die opstel):
Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van
die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en
bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende
en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
weerspieël.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum)
mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan,
soos byvoorbeeld:
1.1 Toe wéét ek, hier kom ʼn ding!
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ʼn verhalende opstel aanbied, maar
ander aanbiedings is ook aanvaarbaar. In ʼn verhalende opstel sal die kandidaat
die verhaal vertel van wat aanleiding gegee het tot hierdie besef. Dit moet
duidelik uit die opstel blyk dat die kandidaat wéét wat tot die insident aanleiding
gegee het. Die opstel kan byvoorbeeld handel oor ʼn persoon wat in ʼn situasie
was en besef het daar kom moeilikheid/ʼn verrassing/iets positiefs/iets
negatiefs. ʼn Verskeidenheid interpretasies is moontlik waar die kandidaat
gebeure sien kom het en die uteindelike verloop van die gebeure kan ernstig,
spannend of humoristies wees. [50]
1.2 Afspraak in die park
Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ‘n verhalende/beskrywende opstel
aanbied. Die fokus sal op die verhaal of beskrywing van die afspraak in die park
val. Die kandidaat kan ʼn spanningsverhaal, liefdesverhaal, komiese verhaal of
enige ander toepaslike verhaallyn aanbied. In die verhaal sal daar gefokus
word op die afspraak en die feit dat dit in ʼn park plaasvind. In die beskrywende
opstel sal die kandidaat die afspraak in die park kan beskryf. Die kandidaat kan
die mense/diere en die park beskryf waar hulle die afspraak nakom. Die
storielyn kan spannend, humoristies of ernstig wees. In ʼn bespiegelende opstel
kan die kandidaat bespiegel of die afspraak in die park ʼn goeie of slegte ding
was. Die kandidaat kan ook ʼn argumenterende opstel skryf waar hy/sy
argumenteer dat afsprake in parke gevaarlik is. [50]
1.3 Net in Suid-Afrika ...
Die kandidaat kan die opstel as ‘n verhalende/beskrywende/bespiegelende/
argumenterende of beredeneerde opstel aanbied. Die kandidaat kan ʼn verhaal
vertel wat tipies eie aan Suid-Afrika is. Dit kan byvoorbeeld oor Suid-Afrika se
mense, diere, musiek, natuurskoon ensovoorts handel. Die fokus val op die
uniekheid van Suid-Afrika. In ʼn beskrywende opstel kan die dinge wat eie aan
Suid-Afrika is, beskryf word. In ʼn bespiegelende opstel kan die kandidaat
bespiegel hoekom hierdie dinge eie aan Suid-Afrika is. In ʼn argumenterende
opstel kan die kandidaat argumenteer dat ons sekere dinge net in Suid-Afrika
aantref en nêrens anders nie. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat
redeneer of dinge net so in Suid-Afrika is en of dit ook elders in die wêreld
aangetref word. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
1.4 Die mens is die taal wat hy praat.
Die onderwerp leen hom tot die skryf van ʼn argumenterende of beredeneerde
opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek oor die feit dat die mens die taal
is wat hy praat. Dit kan positief of negatief wees. Die kandidaat kan
argumenteer dat die mens se taal deel van sy/haar menswees is en hom/haar
definieer. Taal kan ook figuurlik gesien word en hoef nie net na woorde te
verwys nie. Die kandidaat kan ook ʼn beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy
aanvoer dat die mens juis nie die taal is wat hy praat nie. In ʼn beskrywende
opstel kan die kandidaat beskryf hoe iemand se taal deel van sy menswees is. [50]
1.5 # genoeg is genoeg
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf waarin hy/sy die verhaal vertel van
waar iemand genoeg gehad het van ʼn sekere ding/persoon/gebeurtenis of
situasie. Die kandidaat kan ook verwys na die bewegings wat geassosieer
word met die hutsmerk waarin mense in opstand kom teen sekere goed. In ʼn
beskrywende opstel kan die kandidaat beskryf wat die hutsmerk beteken en
hoe dit aansluit by die feit dat mense voel genoeg is genoeg. Die kandidaat
kan argumenteer dat Suid-Afrikaners genoeg gehad het en hul stemme wil laat
hoor. Die kandidaat kan ʼn beredeneerde opstel skryf waarin hy/sy die
geldigheid van die stelling bevraagteken en redeneer oor die feit of genoeg ooit
genoeg is vir mense. [50]
1.6 1.6.1 Tas met aardbol
Interpretasies kan tot ʼn verhalende, beskrywende, bespiegelende,
argumenterende of beredeneerde opstel lei. Die kandidate kan ‘n
verhalende opstel skryf waar die woord “reis” die sentrale tema vorm.
Die verhaal kan ook handel oor hoe iemand se tas sy wêreld is. Die
kandidaat kan ook die verhaal vertel van ‘n insident waar die tas ʼn
belangrike rol in sy lewe en reise gespeel het. Die kandidaat kan ʼn
beskrywende opstel oor reis skryf. Die opstel kan ook figuurlik
geïnterpreteer word en die kandidaat kan skryf oor emosionele bagasie
wat iemand saam met hom/haar oor die wêreld saamdra. [50]
1.6.2 Drie figure met die nommer 10
Die kandidaat kan ʼn verhalende opstel skryf oor byvoorbeeld ʼn
kompetisie of wedstryd waar die persoon baie goed gevaar het. Die
verhaal kan ook handel oor hoe hard ʼn persoon moes werk om sukses
in sy/haar lewe te behaal. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat
ʼn kompetisie of wedstryd beskryf. In ʼn bespiegelende opstel kan die
kandidaat bespiegel of perfektheid (volmaaktheid) bereikbaar is. Daar
kan ook bespiegel word of perfektheid tot iemand se geluk bydra. In ʼn
argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer dat perfektheid
mense gelukkig maak. In ʼn beredeneerde opstel kan die kandidaat
redeneer dat gesonde kompetisie goed is. Daar kan ook
geargumenteer word dat wenners gelukkiger as ander mense is. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
1.6.3 Die verskillende sportsoorte
In ʼn verhalende opstel kan die storie van die persoon wat die sport
beoefen, vertel word. Daar hoef nie net op een sportsoort gefokus te
word nie, aangesien daar ʼn verskeidenheid sportsoorte uitgebeeld
word. Die verhaal kan vertel word van hoe sport iemand se lewe
verander het. In ʼn beskrywende opstel kan die kandidaat die sportman
of sportvrou beskryf. Die sportsoort self kan ook beskryf word. In ʼn
argumenterende opstel kan die kandidaat argumenteer sport is
noodsaaklik vir die mens se welstand. Daar kan ook geargumenteer
word gesonde wedywering in sport is goed. In ʼn beredeneerde opstel
kan die kandidaat redeneer dat sport iemand se karakter bou en ander
kere weer iemand se lelike kant uitbring. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
SOORT OPSTELLE
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ’n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
• ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
• Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
• Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
• Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
• Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
• ʼn Treffende inleiding boei die leser.
• ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
• Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
• Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
die opnoem van waarnemings).
• Tekste kan varieer van meer realisties tot ʼn verdieping in die aanbieding.
• Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
• Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
• Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
• Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
• Stylfigure kan gebruik word.
BEREDENEERDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ’n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ’n
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ’n
spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
Hou die volgende in gedagte:
• BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
• Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
• Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
• ’n Gevolgtrekking kan in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak
word. Die slot gee ’n sterk aanduiding van die skrywer se mening.
• Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
• Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
• Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg/deurdink ’n idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ’n droom of wense/moontlikhede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
• Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
• opgeweeg.
• Dis persoonlik van aard.
• Daar is ’n definitiewe struktuur, maar ’n gevolgtrekking is nie nodig nie.
• Dit hoef nie ’n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
ernstig geskryf word.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE OPSTEL
Die skrywer het ’n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
te motiveer.
Hou die volgende in gedagte:
• Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
• ’n Eie mening word op ʼn baie oorspronklike en treffende manier gegee.
• ’n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
• Verdediging of aanval van ’n saak word enduit volgehou.
• ’n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
• Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
• Daar moet ’n duidelike en oortuigende slot wees.
• Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat: IK = 10
Taal, styl en redigering: TG = 6
Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16
Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees).
VRAAG 2
2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF
In die brief spreek die kandidaat sy kommer uit oor die betrokke familielid wat
gereeld woedend raak oor klein dingetjies. Dit moet duidelik uit die brief blyk
dat die skrywer wil help. Daarom gee hy/sy voorstelle en wenke hoe die
familielid moontlike probleemsituasies kan hanteer. Dit moet duidelik blyk wie
die familielid is en die skrywer moet moontlike probleemsituasies identifiseer
en praktiese en uitvoerbare voorstelle en wenke gee.
Hou die volgende in gedagte:
• Gebruik informele taal, register en styl.
• Die skrywer moet verwys na twee aspekte naamlik die uitspreek van
kommer en die voorstelle vir die hantering van probleemsituasies wat
moontlik woede kan ontlok.
• Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom.
• Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te
word.
• Briewe behoort ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê.
• Die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf word, moet in die
korrekte formaat/in korrekte spelling (AWS p. 55 reël 9.14) gegee word.
• Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg.
• Die brief behoort informeel afgesluit te word.
• Die formaat van die brief is belangrik. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS
Die brief het ten doel om die skrywer se mening te gee dat Suid-Afrikaners
baie meer aandag sal moet gee aan die herwinning van water. Dit moet
duidelik blyk dat die skrywer kennis het oor die herwinning van water. Die
skrywer moet ook voorstelle doen hoe Suid-Afrikaners water kan herwin.
Hou die volgende in gedagte:
• Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die
brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
• Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
• Styl: Dit behoort saaklik, formeel, maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte
taal is nodig.
• Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word op
die herwinning van water.
• Duidelike, praktiese voorstelle hoe water herwin kan word, moet ook
gegee word.
• Die formele register moet gebruik word, soos benodig in persbriewe.
• Indien ʼn skuilnaam gebruik word, moet die formaat steeds korrek wees.
• Die afsluiting is formeel en korrek. [25]
2.3 HULDEBLYK
Bring hulde aan die skrywer en digter Adam Small
Hou die volgende in gedagte:
• Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe,
die plek waar die persoon oorlede is en die oorsaak van die dood behoort
gegee te word.
• Prestasies, hoogtepunte uit die oorledene se lewe en
gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
• Die fokus behoort te wees op dit wat Adam Small vir die letterkunde
beteken het.
• Gebeurtenisse/staaltjies en herinneringe kan bydra tot die sukses van die
huldeblyk.
• Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
• Eufemismes kan gebruik word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
2.4 TYDSKRIFARTIKEL
Die artikel word vir ʼn tienertydskrif geskryf en gaan oor die dinge wat tieners
laat uitrafel
Hou die volgende in gedagte:
• Inligting oor wat tieners laat uitrafel moet beklemtoon word.
• Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel.
• Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
• Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep
moet in gedagte gehou word: in hierdie geval ʼn tienertydskrif.
• Die artikel kan in kolomme (in paragraafvorm) aangebied word.
• Dit kan ook in gewone paragrawe geskryf word.
• Aanhalings kan gebruik word.
• Die tema of onderwerp moet interessant aangebied word.
• Die titel/opskrif is kort/kragtig en treffend en moet by die onderwerp pas.
• ʼn Subtitel kan ook gegee word.
• Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet ook kort en
kragtig wees en die leser dadelik in die prentjie bring.
• Die meeste/belangrikste feite kan in die eerste paragraaf gegee word. Die
wie/wat/waar/wanneer/waarom/hoe is opsioneel/kan gebruik word.
• Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei, soos
van toepassing.
• Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
• Die res van die inligting word daarna in dalende orde van belangrikheid
gegee.
• Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25]
2.5 DIALOOG
Die dialoog word in die ry by ʼn winkelsentrum gevoer. Dit is belangrik dat die
gesprek ʼn onverwagse wending aanneem.
• Twee mense voer ʼn gesprek.
• Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word en
vanuit die spreker se perspektief.
• Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn volgende reël geskryf.
• Gebruik ʼn dubbelpunt na die naam van elke spreker.
• Ekstra inligting word tussen hakies aangedui.
• ʼn Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
2.6 ONDERHOUD
Die onderhoud moet met ‘n verpleegster van ʼn plaaslike hospitaal gevoer
word. Dit moet duidelik blyk dat die onderhoudvoerder beïndruk is met die
verpleegster se positiwiteit en vrolikheid ten spyte van moeilike
werksomstandighede.
Hou die volgende in gedagte:
• Die onderhoud mag as ʼn artikel of dialoog aangebied word.
• Vraag en antwoord moet duidelik onderskei kan word.
• Elke spreekbeurt word op ʼn nuwe reël begin. (Dialoogformaat)
• Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom
moet die redigering versigtig gedoen word.
• ‘n Inleidende sin/paragraaf/scenario behoort waarde tot die skryfstuk toe te
voeg.
• In hierdie geval voer die onderhoudvoerder die onderhoud met ʼn
verpleegster wat ʼn besondere indruk op die onderhoudvoerder gemaak het.
• In die slotparagraaf/laaste spreekbeurt behoort die onderhoud saamgevat
te word. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020)
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
• Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie.
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28−30 22−24 16−18 10−12 4−6
BEPLANNING - Respons is uitsonderlik/treffend - Respons baie goed; getuig van - Respons bevredigend - Wisselvallige samehang in - Respons heeltemal
Hoë vlak
en bo verwagting vaardigheid - Idees redelik samehangend en respons irrelevant
(Respons en - Idees is intelligent, volwasse en - Idees heeltemal relevant, interessant oortuigend - Idees onduidelik, nie - Idees deurmekaar en nie
idees) stem leser tot nadenke en lewer bewys van volwassenheid - Redelike organisasie en redelik oorspronklik nie op onderwerp gefokus nie
Organisering van - Uitsonderlike organisasie en - Organisasie baie goed en samehangend, insluitend - Min bewys van organisasie - Vaag en herhalend
idees vir samehang insluitend inleiding, samehangend, insluitend inleiding, inleiding, liggaam en en samehang - Geen organisasie nie en
beplanning; liggaam en samevatting/slot. liggaam en samevatting/slot samevatting/slot is onsamehangend
Bewustheid van 25−27 19−21 13−15 7−9 0−3
doel, gehoor en - Respons uitmuntend, maar - Respons goed; getuig van - Respons bevredigend, maar - Respons is grootliks - Geen poging aangewend
konteks uitsonderlik treffende eienskappe vaardigheid verval soms in onduidelikheid irrelevant om in ooreenstemming
Lae vlak
van ʼn opstel ontbreek - Idees relevant, interessant - Idees redelik samehangend en - Idees begin los staan en met onderwerp te wees
- Idees intelligent en volwasse - Organisasie goed en samehangend, oortuigend kan verwarrend wees nie
30 PUNTE - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en - ʼn Mate van organisasie en - Skaars ʼn bewys van - Heeltemal irrelevant en
insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, organisasie en samehang ontoepaslik
samevatting/slot) liggaam en samevatting/slot - Deurmekaar en geen
fokus nie
TAAL, STYL EN 14−15 11−12 8−9 5−6 0−3
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat - - Toon, register, styl en - Taal onverstaanbaar
woordeskat hoogs gepas vir baie gepas vir doel, gehoor en - gepas vir doel, gehoor en konteks woordeskat minder gepas - Toon, register, styl en
Hoë vlak
Toon, register, styl doel, gehoor en konteks. konteks. - Gepaste taalgebruik om vir doel, gehoor en konteks woordeskat nie gepas vir
en woordeskat is - Taalgebruik getuig van vertroue, - Taalgebruik effektief en ʼn betekenis oor te dra nie doel, gehoor en konteks
geskik vir indrukwekkend deurlopende gepaste toon word - Toon is gepas - Taalgebruik baie basies - Woordeskat so beperk dat
doel/effek en - Toon retories treffend en effektief gebruik − gepas, konstant; - Retoriese middele gebruik om - Toon en woordkeuse skaars dit onmoontlik is om sin te
konteks; - Grammatika en spelling feitlik - Grammatika en spelling grootliks betekenis te versterk toepaslik maak
Woordkeuse; foutvry foutvry - Baie beperkte woordeskat
Taalgebruik en - Knap gedaan - Baie goed gedoen
konvensies, 13 10 7 4
punktuasie, - Taalgebruik uitstekend en toon is - Taalgebruik toepaslik en oor die - Voldoende taalgebruik, maar - Taalgebruik onvoldoende
Lae vlak
grammatika, retories effektief algemeen effektief teenstrydighede word opgemerk - Weinig indien enige
spelling. - Grammatika en spelling feitlik - Toon gepas en effektief - Toon oor die algemeen gepas en sinsverskeidenheid
foutvry - Enkele foute in grammatika en beperkte gebruik van retoriese - Woordeskat baie beperk
15 PUNTE - Baie goed tot knap gedaan spelling. middele
- Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1
- Uitstekende ontwikkeling van - Logiese ontwikkeling van details. - Relevante detail ontwikkel. - Sommige punte geldig. - Noodsaaklike punte
Kenmerke van onderwerp - Samehangend - Sinne en paragrawe goed. - Sinne en paragrawe foutief. ontbreek.
teks; - Uitsonderlike detail - Sinne en paragrawe logies en toon gekonstrueer. - Opstel maak nog effens sin. - Sinne en paragrawe
Paragraafontwikke - Sinne en paragrawe uitsonderlik variasie. - Opstel maak sin. foutief.
ling en gekonstrueer - Opstel maak nie sin nie.
sinskonstruksie
5 PUNTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 13−15 10−12 7−9 4−6 0−3
BEPLANNING EN - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed en - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen
FORMAAT verwagting demonstreer goeie toon voldoende kennis van geringe kennis van kennis van kenmerke
- Idees intelligent en volwasse kennis van kenmerke kenmerke van die soort kenmerke van die soort van die soort teks nie.
Respons op en idees; - Grondige kennis van van die soort teks teks teks. - Betekenis onduidelik
Organisering van kenmerke van die soort teks - Behou fokus − geen - Nie heeltemal gefokus nie - Aanduiding van fokus, met groot afwyking.
- Skryfstuk behou fokus. afwyking nie − enkele afwykings maar met afwykings - Geen samehang in
idees vir beplanning;
- Samehang in inhoud en - Samehang in inhoud en - Redelike samehang in - Inhoud en idees nie altyd idees en inhoud nie.
Doel, gehoor, idees idees; baie goed inhoud en idees. samehangend nie - Baie min detail
kenmerke/konvensies - Idees behoorlik uitgebrei uitgebrei met detail wat - Sommige detail - Min detail ondersteun die ondersteun die
en konteks met detail wat die die onderwerp ondersteun die onderwerp. onderwerp. onderwerp.
onderwerp ondersteun ondersteun - Formaat oorwegend - Nodige reëls van formaat - Nodige reëls van
15 PUNTE - Gepaste en akkurate - Gepaste formaat met gepas, maar met enkele vaagweg toegepas. formaat nie toegepas
formaat onbeduidende foute foute. - Kritiese foute begaan. nie.
TAAL, STYL EN 9−10 7− 8 5− 6 3− 4 0− 2
REDIGERING - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en
woordeskat hoogs geskik vir woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir woordeskat minder geskik woordeskat stem nie
Toon, register, styl, doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en doel, gehoor en konteks vir doel, gehoor en ooreen met doel,
doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat en konteks - Enkele grammatikafoute. konteks gehoor en konteks nie
konteks;. goed gekonstrueer - Grammatika oor die - Voldoende woordeskat - Grammatika onakkuraat - Besaai met foute en
- Feitlik foutloos algemeen korrek en - Foute belemmer nie met etlike foute verwarrend
Taalgebruik en
goed gekonstrueer; betekenis nie - Basiese woordeskat - Woordeskat nie geskik
konvensies; - Baie goeie woordeskat - Betekenis belemmer vir doel nie
Woordkeuse; - Oorwegend foutloos - Betekenis ernstig
Punktuasie en belemmer
spelling
10 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP

Question paper