Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 11202016 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020, 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds- opgawe op bladsy 3 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, TWEE in AFDELING B of TWEE in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord TWEE vrae. OF AFDELING C: DRAMA Beantwoord TWEE vrae. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG van die letterkundeteks wat jy bestudeer het. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees. AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. Gestorwe planeet Opstelvraag 10 5 2. Afrika, my Afrika Kontekstuele vraag 10 6 3. Vraag Kontekstuele vraag 10 7 4. My hand ritsel Kontekstuele vraag 10 8 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. Moedertaal Kontekstuele vraag 10 9 AFDELING B: ROMAN Beantwoord TWEE vrae.* 6. Droomdelwers Opstelvraag 25 10 7. Droomdelwers Kontekstuele vraag 25 10 OF AFDELING C: DRAMA Beantwoord TWEE vrae. 8. My Japan Opstelvraag 25 13 9. My Japan Kontekstuele vraag 25 13 *LET WEL: Beantwoord die OPSTELVRAAG EN KONTEKSTUELE VRAAG van die letterkundeteks wat jy bestudeer het. Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE BEANTWOORD MERK  NOMMER A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–7 1 (Opstel- en Kontekstuele vraag) C: Drama 8–9 1 (Opstel- en Kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord BEIDE OPSTELVRAAG en KONTEKSTUELE VRAAG uit DIESELFDE AFDELING. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn 1 Aerosolkannetjies pons gaatjies 2 in die dun osoondoek rondom 3 die aarde gespan – 4 toe smelt die pole, 5 seevlakke styg, uitgelate 6 gifgasse klim van onder 7 tot bo in die Hemel 8 en die Here alleen weet 9 wat het geword van die groen 10 gordels reënwoude 11 wat Hy geplant het. 12 Stofgepoeierde karkasse draf 13 oor die ver verlate vlaktes, 14 in die skoot van die skatkamers 15 edelgesteentes en minerale 16 rus dromme kernkragafval 17 TOT IN DOOMSDAY 18 Tjernobil en Three Mile Island 19 se halfleeftyd-uitstraling! 20 Menslike faeces in die bergstrome: 21 riviere mond uit in ’n riool- 22 oseaan, perdjies met blink 23 gekamde olieswart kuiwe 24 en skuimende rasende bekke 25 slaan dood neer, gevrekte visse 26 en voëls soos skulpe uitgespoel 27 op die strande, sing die swanesang 28 van ’n verlore paradys – gestorwe 29 planeet gemaak 30 met mensehande! [Bron: Kubermens,1999] Die mens is verantwoordelik vir die vernietiging van die aarde. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde na aanleiding van die aanklagte wat in hierdie gedig teen die mens gemaak word. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Afrika, my Afrika – Daniel Hugo I 1 vergeet van sprinkane en droogte 2 haelstorms en meteoriete 3 dit is die klein irritasies 4 wat my radeloos maak: 5 vlieë, vlooie, muskiete II 6 die muskiet prospekteer met sy boor – 7 stellasie op die vlakte van my vel: 8 hy soek die minerale in my are III 9 die vervlakste, ratse vlooi is ʼn spring – 10 haas op die karooveld van my kooi IV 11 die vlieg is ʼn voorste sensasiesoeker: 12 in hierdie droë land is hy eerste by – geboei 13 deur trane wat loop, bloed wat vloei [Bron: Hanekraai, 2012] 2.1 Wie is die aangesprokene in hierdie gedig? (1) 2.2 Verklaar die progressie in versreël 1–2. (1) 2.3 Wat word ʼn driereëlige strofe (soos strofe 2) genoem? Motiveer hoekom die uiterlike bou van die gedig geslaagd is. (2) 2.4 Verduidelik die hiperbool en beide metafore wat in strofe 2 voorkom, in jou eie woorde. (3) 2.5 Hoe word die springaksie van die vlooi in strofe 3 verstegnies beklemtoon? (1) 2.6 Sê hoe die stemming van die gedig skielik in die slotstrofe verander en gee die dieperliggende rede vir dié veranderde stemming. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vraag – Lina Spies 1 Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel – 2 duur ’n jaar, hoogstens agtien maande; 3 langer is die hartkloppings, die kortasemheid 4 nie uit te hou nie. Verliefdheid is ’n siektetoestand. 5 Maar wat van wat daarop volg 6 as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde? 7 Is dit draagliker omdat dit minder gerig is 8 op die drif gehuisves in die lendene 9 en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie, 10 in die glim van ’n lag en die opslag van ’n oog, 11 op dít wat jou aan die geliefde bind 12 met ’n kragdraad so dun 13 en so onbreekbaar soos ’n haar? [Bron: Tydlose gety] 3.1 Wat is die vraag waarna die titel verwys? (1) 3.2 Verduidelik die woordbetekenis van die parentese in versreël 1 en sê hoe dié woorde beklemtoon word. (2) 3.3 Hoe weet ons die wending in die gedig is in versreël 5? (1) 3.4 Verduidelik die retoriese vraag in versreël 5–6 in jou eie woorde. Sê ook wat die spreker in versreël 8 meen die fokus van verliefdheid is. (2) 3.5 Stem jy saam met die spreker se mening in versreël 10? Motiveer jou antwoord. (1) 3.6 Wat is die tema en die boodskap van die gedig? Noem ook EEN verband wat jy glo tussen die bundeltitel en die spreker se mening in hierdie gedig gelê kan word. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. My hand ritsel – Cas Vos 1 As die skemer deur ruite val, 2 ritsel my hand op leë papier, 3 fluit ’n trein in die nag se oor. 4 Sterre dryf soos bote op water 5 en skadu’s skuif in voor die maan. 6 As my hand ritsel op papier, 7 kom daar in die skemeruur 8 ’n gedig uit swartland se drome. 9 Ek soek tussen die fragmente 10 na die omtrek van jou gesig, 11 my oë dwaal oor die are 12 wat op jou sagte hande vertak. 13 Ek merk hierdie gedig op papier, 14 lig soos asem in die nag se mond. 15 ’n Gedig met horte en stote, 16 my hand is stomp en dom 17 van groen poësie se vlekke 18 en woordlyne bly ontspoor. 19 My hand skryf op papier 20 in die vervalle skemeruur 21 voor my woorde droog ritsel. [Bron: Intieme Afwesige, 2009] 4.1 Hoekom is die gebruik van ritsel in die titel hier ongewoon? Verklaar nou die titel in jou eie woorde en sê wie die spreker is. (3) 4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 4. (1) 4.3 Verklaar die funksie van die inversie in versreël 6. (1) 4.4 Die gebruik van swartland in versreël 8 kan denotatief en konnotatief wees. Motiveer hierdie stelling. (2) 4.5 Wat impliseer groen poësie in versreël 17 omtrent die spreker? (1) 4.6 Verduidelik die progressie in die skryfproses wat ons in hierdie gedig aantref. Hoe ondersteun dié progressie eindelik die boodskap van dié gedig? (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Moedertaal – Peter Snyders 1 Kind, as djy regte Afrikaans praat, 2 doenit! 3 Dis waam mamma jou lat opleerit; 4 kritisaais skrywers wat skryf 5 soes mamma praat, 6 maa moenie ve’wag 7 mamma moet nou change nie. [Uit: Vers en Vlam, 2015] 5.1 Waarom is dit korrek om te sê die spreker gebruik Kaaps-Afrikaans? (1) 5.2 Wie is die spreker in die gedig en verklaar wat die persoon se mening oor Standaardafrikaans is. (2) 5.3 Gee die Standaardafrikaanse betekenis van opleerit in versreël 3. (1) 5.4 Wat is die funksie van die enjambement in versreël 5? (1) 5.5 Wat behels die wending in die slotstrofe en sê hoekom dit eintlik op ’n hartseer wyse ironies is. (2) 5.6 Hoe word ’n tweereëlige strofe soos die slotstrofe genoem? Gee ook TWEE redes waarom hierdie gedig ’n vrye vers is. (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae. DROOMDELWERS – Esta Steyn Beantwoord VRAAG 6 (opstelvraag) EN VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG In Droomdelwers kom sekere elemente soos klip/graniet, glas en die popgesin herhaaldelik na vore om die temas en titel te ondersteun. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A 1 Wanneer Leendra en Sielie uit die munisipale gebou kom, sien Sielie 2 dadelik die silwer Porsche Carrera wat voor in die straat geparkeer staan. 3 Sy storm op die kar af en loer deur die venster. 4 “Kom, Sielie! Kom nou!” roep Leendra en gaan vat haar aan die arm, 5 maar Sielie bly by die kar inkyk. 6 Die stem wat skielik langs hulle praat, voel soos koue ysblokke wat 7 langs Leendra se rug afrol. 8 “Toe, weg is jy!” sê die man vir Sielie en druk haar weg. 9 “Hou jou pote van my sussie af,” sis Leendra. 10 Die man voor haar is Gilbert Redelinghuys. Hy staar bleek na haar 11 asof hy ʼn spook gesien het. 12 Dit voel vir haar asof die straattoneel net daar stol, met haar hart wat 13 ʼn paar slae mis en vuurwarm bloed wat in haar kop klop. Sy bly bewus 14 van motors in die straat. Van ʼn roomysklokkie wat lui. Van Sielie wat aan 15 haar arm klou. 16 “S-ssusie ... ice k-kreem,” beduie Sielie na die roomyskarretjie. 17 “Ek het nie geld vir roomys nie. Kom, Sielie!” 18 Maar Sielie bly kerm. “T-twaalf rand ... t-twaalf rand, S-sussie.” 19 Gilbert swaai ʼn vyftigrandnoot voor Sielie se gesig verby. “Loop koop 20 vir jou ice cream.” 21 Sielie wil die geld vat, maar Leendra gryp dit en plak dit hardhandig op 22 die lae dak van die Porsche neer. Sy swaai om en kyk vir Gilbert met 23 koue groen oë aan. 24 Gilbert meet haar. “Gaan jy nie met my praat nie? Of het hulle jou 25 skerp tong in die tronk afgesny?” Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 7.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in hierdie uittreksel af? (1) 7.2 Herlees reël 6–7. Gee TWEE redes waarom Gilbert Redelinghuys hierdie reaksie by Leendra ontlok as jy hul geskiedenis in gedagte hou. (2) 7.3 Herlees reël 9. Is daar ʼn ooreenkoms in Leendra se handeling hier met hoe sy teenoor Samuel optree wanneer hul die eerste keer ontmoet? Motiveer jou antwoord. Verskil dit van haar optrede teenoor Sielie? Motiveer jou antwoord. (2) 7.4 Verklaar die rede vir Sielie se spraakgebrek soos dit uit reël 16 duidelik blyk. Sê ook hoe Sielie deur naamgewing gekarakteriseer word. (2) 7.5 Ons sien in hierdie uittreksel duidelik die konflik tussen Leendra en Gilbert. Gee DRIE voorbeelde van innerlike konflik wat Leendra in die roman ervaar. Word hierdie konflik eindelik bevredigend opgelos? Motiveer jou antwoord. (4) 7.6 Die verwysing na Leendra se groen oë in reël 23 roep die beeld van die nuutontdekte graniet op. Wat is die naam van die graniet wat ontgin is en gee die betekenis van die Italiaanse gedeelte daarvan. Dink jy die naam is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (3) EN TEKS B 1 Wanneer Leendra die volgende dag die pos gaan uithaal, is daar ʼn brief 2 van Lucia. Sy gaan sit op die muurtjie voor die poskantoor en skeur die 3 brief oop. 4 Liewe Leendra, ek dink elke dag aan jou en Sielie. Teen hierdie tyd 5 weet jy seker dat ek ʼn skeisaak teen Phil begin het. Na soveel jare is 6 daar dinge wat my steeds pla. Ek het alle rede om te vermoed dat Phil, 7 as eksekuteur van jou pa se boedel, nie reg opgetree het nie. Daar was ʼn 8 prokureur met die naam Kurt Combrinck wat ek nie vertrou nie. Hy was 9 met die saak gemoeid. Ek dink nie Phil het die volle koopsom van die 10 soutmyn in die boedel inbetaal toe hy dit gekoop het nie. Daar is ʼn lêer in 11 Phil se kantoor in die kluis. Die sleutel is in die boonste laai van sy 12 bedkassie in ons kamer, met ʼn rooi bandjie om. Wees net versigtig dat 13 Phil jou nie sien nie. As ek weer bel, moenie van hierdie dinge praat nie, 14 want Phil luister partykeer van die huis se foon af in. 15 Sy staan in die slaapkamer en kyk na die bed waar Lucia so lank geslaap 16 het. Wanneer sy die bedkassie se laai ooptrek, hoor sy die voordeur 17 oopgaan. Sy was seker dat oom Phil op die panne is. Dis sy voetstappe 18 wat in die gang opklink. Sy bly versteend staan wanneer Phil die kamer 19 binnekom. 20 “Soek jy iets?” Hy vat sy sonbril van die bedkassie af. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) 7.7 Waar pas TEKS B in die struktuur van die roman in? Motiveer jou antwoord. (2) 7.8 Benoem die soort verteller in reël 4–14 en sê waarom die gebruik van hierdie soort verteller hier geslaagd is. Verklaar ook hoekom die gebruik van ’n ander soort verteller in hierdie gedeelte minder suksesvol sou wees. (3) 7.9 Wat is die rol van die verteller in die onderstreepte woorde in reël 16–17? (1) 7.10 Dink jy Lucia se teenwoordigheid in die roman is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. Dra haar teenwoordigheid in die roman by tot die tema van vryheid? (3) 7.11 Beskryf kortliks die verskil in Leendra se handeling in TEKS A en reël 15–19 van TEKS B. (1) 7.12 Wat is die hooftema van Droomdelwers? (1) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae. MY JAPAN – Schalk Schoombee Beantwoord VRAAG 8 (opstelvraag) EN VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG In My Japan kom sekere elemente soos die wasgoeddraad, herhaaldelik na vore om die temas, titel en verskeie ander verhoogaspekte te ondersteun. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C 1 JUFFROU VENTER: Is julle manne nie te groot vir sulke dinge nie? (draai 2 na Elzette en Ilse) Toe, wat sê julle buitestanders? 3 ILSE: Ek, Juffrou? 4 JUFFROU VENTER: Wat het julle gesien? 5 ILSE: Stofwolke, Juffrou. 6 Die meisies lag. 7 ILSE: Hulle baklei oor Gerrit seer voel omdat hy nog nie 8 met meisies te doen gehad het nie, jy weet ... 9 GERRIT: (aan Ilse) Het jý al, Worshond? 10 LINDA: (kyk na Elzette) Vra eerder vir Zombi-girl. 11 Meisies giggel. Elzette gluur hulle aan. 12 JUFFROU VENTER: Gee haar kans. Hoekom sê jy dit, Ilse? 13 ILSE: Sonder testosteroon was die wêreld ʼn vreedsamer 14 plek, Juffrou. 15 WIM: Miskien moet jy Japan toe waai, Muisnes. 16 JUFFROU VENTER: Nie nodig om beledigend te raak nie, Wim. 17 ILSE: Sodra ek my matrieksertifikaat het. 18 LINDA: Sy wil Engels gee vir die Japsnesies, nes haar niggie. 19 JUFFROU VENTER: Dis tog goed om te reis, ander lande en kulture te 20 ervaar. 21 LIDIA: My pa sê die breindrein is sleg vir die land. 22 LUKAS: Dis nou as jy ʼn brein het om te drein. 23 ELZETTE: Hoor wie praat! Mossiebrein. 24 LUKAS: Hei julle, die Goth se tong is terug! 25 JUFFROU VENTER: Oukei, genoeg mense. Julle is almal goed opgevoed, 26 julle mik vir onderskeidings. Maar ons kan gerus 27 praat oor verdraagsaamheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) 28 LIDIA: Juffrou, my pa sê hy kan almal verdra behalwe gekke 29 en dwase. 30 JUFFROU VENTER: Wie’s gek en wie’s dwaas? 31 GERRIT: Ek ken ʼn hele paar van albei. 32 Die seuns lag onderlangs. 33 JUFFROU VENTER: Ons ken almal mense wat nie mooi optree soos ons 34 wil nie. Ons praat nou oor sosiale norme. Normaliteit 35 kom van norme. Ons wil almal dink ons is normale 36 mense. 37 ILSE: Wie besluit wie is normaal? 38 JUFFROU VENTER: Goeie vraag, Ilse. 9.1 Gee ʼn rede vir Juffrou Venter se dialoog in reël 1. (1) 9.2 Herlees reël 2. Waarom word Ilse en Elzette onderskeidelik as buitestanders geëtiketteer? (2) 9.3 Wat word die skuinsgedrukte woorde in reël 11 genoem? Sê ook wat die funksie van die woorde in hierdie reël is en gee die naam van die groep meisies wat giggel. (3) 9.4 Herlees reël 15. Dink jy dit is binne die verhaalgebeure geregverdig dat Ilse Japan toe wil gaan? Motiveer jou antwoord. Dink jy dit is goed vir haar om haar vlerke te sprei? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3) 9.5 Verklaar die konnotatiewe verwysing na Japan soos die leser dit in hierdie drama deur Ilse se perspektief beleef. (1) 9.6 Herlees reël 22–24. Benoem die soort konflik in hierdie reëls. Word die konflik tussen die leerders eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord. (2) 9.7 Herlees reël 33–34. Hoe hou hierdie woorde verband met Ilse en haar ma se verhouding? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 TEKS D 1 Die mense sink verslae neer. Net Ilse en die ma bly 2 staande. Die vloer is besaai met mense en klere. 3 Snikke en huilgeluide word hoorbaar. 4 JUN: Soveel dood, soveel verlore. Weg, net weg. 5 MA: Oral is ma’s dieselfde. Hulle harte skeur. Hulle 6 hardloop rond soos afkop-hoenders. Hulle skree. 7 Hulle grawe. Hulle bewe onbedaarlik. Hulle soek hulle 8 kinders in die puin, in die slik en stinkende modder. 9 Matrone en Suster kom regs op met die trollie. Hulle 10 begin pille uitdeel, eers aan MA, daarna aan die 11 gewondes en oorlewendes. 12 MATRONE: Bruin pilletjie. 13 SUSTER: Bruin pilletjie. 14 MATRONE: Vir verlies. 15 SUSTER: Vir afgryse en ontbinding. 16 MA: My enigste seun is weggespoel.Verdrink. Ek soek 17 hom in die puin, tussen blare, takke, stukke mure. 18 Maar verniet. My mooi, slim, oulike seun. 19 LUKAS: Is jy okei, Ilse? Jy’s wasbleek. 20 ILSE: Ek ... ek ... dis net ... 21 ENGELA: Iets verskrikliks. Afgryslik, ondenkbaar. Ek groei vas 22 voor my TV. 23 LUKAS: Cool toespraak, Ilse. Waar kry jy al die feite? Die 24 internet? 25 Beleefde applous van die klas. 26 ILSE: (haar gemoed vol) Uh, dankie. Dis net ... ek ... sal 27 Juffrou my asseblief verskoon? Ek het ʼn bietjie vars 28 lug ... die stank ...verrottende lyke ... 29 Die geluid van groot waters wat suis en verswelg. 30 LUKAS: Hei pasop! Sy gaan val. Breek soos ʼn bord. 31 Ilse duisel en Lukas vang haar. 32 Die leerlinge versteen, die ma soek tussen die lakens 33 en klere, in die “puin”. 34 MA: Ilse! Ilse! Waar’s jy? 35 ILSE: (droom) Die vrou met die twee monde roep. Sy skree. 36 Sy sper haar mond wyd oop. Sy kom al nader en 37 nader ... 9.8 Herlees reël 5–11. Verklaar die ooreenkoms tussen die handeling van die ma’s hier en die van Mercia vroeër in die drama. (1) 9.9 Waar pas TEKS D in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord. Hierdie uittreksel bewys ook die fragmentariese tydverloop in hierdie drama. Bewys dat hierdie stelling korrek is. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020) 9.10 Herlees reël 9–15. Watter rol vervul Matrone en Suster telkens wanneer hulle pille op die verhoog uitdeel in hierdie drama? Sê ook na watter ruimte word die verhaalgebeure verplaas wanneer hulle hier op die verhoog verskyn. (2) 9.11 Herlees reël 35–37. Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe verwysing na die vrou met die twee monde. Dink jy die beskrywing op konnotatiewe vlak is geregverdig? Motiveer jou antwoord. Verklaar ook hoekom Ilse se negatiewe houding jeens hierdie karakter aan die einde van die verhaal verander. (4) 9.12 Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all