Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2020
AFRIKAANS HUISTAAL V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
*IAFRHL2*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 835.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
opgawe op bladsy 3 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy
bestudeer het.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, TWEE in AFDELING B
of TWEE in AFDELING C.
AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord TWEE vrae.
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord TWEE vrae.
5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)
x Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG van
die letterkundeteks wat jy bestudeer het.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
x Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
x Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
x Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
INHOUDSOPGAWE
Hierdie bladsy sal jou help met keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Gestorwe planeet Opstelvraag 10 5
2. Afrika, my Afrika Kontekstuele vraag 10 6
3. Vraag Kontekstuele vraag 10 7
4. My hand ritsel Kontekstuele vraag 10 8
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. Moedertaal Kontekstuele vraag 10 9
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord TWEE vrae.*
6. Droomdelwers Opstelvraag 25 10
7. Droomdelwers Kontekstuele vraag 25 10
OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord TWEE vrae.
8. My Japan Opstelvraag 25 13
9. My Japan Kontekstuele vraag 25 13
*LET WEL: Beantwoord die OPSTELVRAAG EN KONTEKSTUELE VRAAG van die
letterkundeteks wat jy bestudeer het.
Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE BEANTWOORD MERK 9
NOMMER
A: Gedigte
1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–7 1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
C: Drama
8–9 1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord BEIDE OPSTELVRAAG en KONTEKSTUELE VRAAG uit
DIESELFDE AFDELING.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn
1 Aerosolkannetjies pons gaatjies
2 in die dun osoondoek rondom
3 die aarde gespan –
4 toe smelt die pole,
5 seevlakke styg, uitgelate
6 gifgasse klim van onder
7 tot bo in die Hemel
8 en die Here alleen weet
9 wat het geword van die groen
10 gordels reënwoude
11 wat Hy geplant het.
12 Stofgepoeierde karkasse draf
13 oor die ver verlate vlaktes,
14 in die skoot van die skatkamers
15 edelgesteentes en minerale
16 rus dromme kernkragafval
17 TOT IN DOOMSDAY
18 Tjernobil en Three Mile Island
19 se halfleeftyd-uitstraling!
20 Menslike faeces in die bergstrome:
21 riviere mond uit in ’n riool-
22 oseaan, perdjies met blink
23 gekamde olieswart kuiwe
24 en skuimende rasende bekke
25 slaan dood neer, gevrekte visse
26 en voëls soos skulpe uitgespoel
27 op die strande, sing die swanesang
28 van ’n verlore paradys – gestorwe
29 planeet gemaak
30 met mensehande!
[Bron: Kubermens,1999]
Die mens is verantwoordelik vir die vernietiging van die aarde.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde na aanleiding van die
aanklagte wat in hierdie gedig teen die mens gemaak word. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Afrika, my Afrika – Daniel Hugo
I
1 vergeet van sprinkane en droogte
2 haelstorms en meteoriete
3 dit is die klein irritasies
4 wat my radeloos maak:
5 vlieë, vlooie, muskiete
II
6 die muskiet prospekteer met sy boor –
7 stellasie op die vlakte van my vel:
8 hy soek die minerale in my are
III
9 die vervlakste, ratse vlooi is ʼn spring –
10 haas op die karooveld van my kooi
IV
11 die vlieg is ʼn voorste sensasiesoeker:
12 in hierdie droë land is hy eerste by – geboei
13 deur trane wat loop, bloed wat vloei
[Bron: Hanekraai, 2012]
2.1 Wie is die aangesprokene in hierdie gedig? (1)
2.2 Verklaar die progressie in versreël 1–2. (1)
2.3 Wat word ʼn driereëlige strofe (soos strofe 2) genoem? Motiveer hoekom die
uiterlike bou van die gedig geslaagd is. (2)
2.4 Verduidelik die hiperbool en beide metafore wat in strofe 2 voorkom, in jou eie
woorde. (3)
2.5 Hoe word die springaksie van die vlooi in strofe 3 verstegnies beklemtoon? (1)
2.6 Sê hoe die stemming van die gedig skielik in die slotstrofe verander en gee die
dieperliggende rede vir dié veranderde stemming. (2)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vraag – Lina Spies
1 Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel –
2 duur ’n jaar, hoogstens agtien maande;
3 langer is die hartkloppings, die kortasemheid
4 nie uit te hou nie. Verliefdheid is ’n siektetoestand.
5 Maar wat van wat daarop volg
6 as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
7 Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
8 op die drif gehuisves in die lendene
9 en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
10 in die glim van ’n lag en die opslag van ’n oog,
11 op dít wat jou aan die geliefde bind
12 met ’n kragdraad so dun
13 en so onbreekbaar soos ’n haar?
[Bron: Tydlose gety]
3.1 Wat is die vraag waarna die titel verwys? (1)
3.2 Verduidelik die woordbetekenis van die parentese in versreël 1 en sê hoe dié
woorde beklemtoon word. (2)
3.3 Hoe weet ons die wending in die gedig is in versreël 5? (1)
3.4 Verduidelik die retoriese vraag in versreël 5–6 in jou eie woorde. Sê ook wat
die spreker in versreël 8 meen die fokus van verliefdheid is. (2)
3.5 Stem jy saam met die spreker se mening in versreël 10? Motiveer jou
antwoord. (1)
3.6 Wat is die tema en die boodskap van die gedig? Noem ook EEN verband wat
jy glo tussen die bundeltitel en die spreker se mening in hierdie gedig gelê kan
word. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
My hand ritsel – Cas Vos
1 As die skemer deur ruite val,
2 ritsel my hand op leë papier,
3 fluit ’n trein in die nag se oor.
4 Sterre dryf soos bote op water
5 en skadu’s skuif in voor die maan.
6 As my hand ritsel op papier,
7 kom daar in die skemeruur
8 ’n gedig uit swartland se drome.
9 Ek soek tussen die fragmente
10 na die omtrek van jou gesig,
11 my oë dwaal oor die are
12 wat op jou sagte hande vertak.
13 Ek merk hierdie gedig op papier,
14 lig soos asem in die nag se mond.
15 ’n Gedig met horte en stote,
16 my hand is stomp en dom
17 van groen poësie se vlekke
18 en woordlyne bly ontspoor.
19 My hand skryf op papier
20 in die vervalle skemeruur
21 voor my woorde droog ritsel.
[Bron: Intieme Afwesige, 2009]
4.1 Hoekom is die gebruik van ritsel in die titel hier ongewoon? Verklaar nou die
titel in jou eie woorde en sê wie die spreker is. (3)
4.2 Benoem die beeldspraak in versreël 4. (1)
4.3 Verklaar die funksie van die inversie in versreël 6. (1)
4.4 Die gebruik van swartland in versreël 8 kan denotatief en konnotatief wees.
Motiveer hierdie stelling. (2)
4.5 Wat impliseer groen poësie in versreël 17 omtrent die spreker? (1)
4.6 Verduidelik die progressie in die skryfproses wat ons in hierdie gedig aantref.
Hoe ondersteun dié progressie eindelik die boodskap van dié gedig? (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Moedertaal – Peter Snyders
1 Kind, as djy regte Afrikaans praat,
2 doenit!
3 Dis waam mamma jou lat opleerit;
4 kritisaais skrywers wat skryf
5 soes mamma praat,
6 maa moenie ve’wag
7 mamma moet nou change nie.
[Uit: Vers en Vlam, 2015]
5.1 Waarom is dit korrek om te sê die spreker gebruik Kaaps-Afrikaans? (1)
5.2 Wie is die spreker in die gedig en verklaar wat die persoon se mening oor
Standaardafrikaans is. (2)
5.3 Gee die Standaardafrikaanse betekenis van opleerit in versreël 3. (1)
5.4 Wat is die funksie van die enjambement in versreël 5? (1)
5.5 Wat behels die wending in die slotstrofe en sê hoekom dit eintlik op ’n hartseer
wyse ironies is. (2)
5.6 Hoe word ’n tweereëlige strofe soos die slotstrofe genoem? Gee ook TWEE
redes waarom hierdie gedig ’n vrye vers is. (3)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.
DROOMDELWERS – Esta Steyn
Beantwoord VRAAG 6 (opstelvraag) EN VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG
In Droomdelwers kom sekere elemente soos klip/graniet, glas en die popgesin
herhaaldelik na vore om die temas en titel te ondersteun.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]
VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 Wanneer Leendra en Sielie uit die munisipale gebou kom, sien Sielie
2 dadelik die silwer Porsche Carrera wat voor in die straat geparkeer staan.
3 Sy storm op die kar af en loer deur die venster.
4 “Kom, Sielie! Kom nou!” roep Leendra en gaan vat haar aan die arm,
5 maar Sielie bly by die kar inkyk.
6 Die stem wat skielik langs hulle praat, voel soos koue ysblokke wat
7 langs Leendra se rug afrol.
8 “Toe, weg is jy!” sê die man vir Sielie en druk haar weg.
9 “Hou jou pote van my sussie af,” sis Leendra.
10 Die man voor haar is Gilbert Redelinghuys. Hy staar bleek na haar
11 asof hy ʼn spook gesien het.
12 Dit voel vir haar asof die straattoneel net daar stol, met haar hart wat
13 ʼn paar slae mis en vuurwarm bloed wat in haar kop klop. Sy bly bewus
14 van motors in die straat. Van ʼn roomysklokkie wat lui. Van Sielie wat aan
15 haar arm klou.
16 “S-ssusie ... ice k-kreem,” beduie Sielie na die roomyskarretjie.
17 “Ek het nie geld vir roomys nie. Kom, Sielie!”
18 Maar Sielie bly kerm. “T-twaalf rand ... t-twaalf rand, S-sussie.”
19 Gilbert swaai ʼn vyftigrandnoot voor Sielie se gesig verby. “Loop koop
20 vir jou ice cream.”
21 Sielie wil die geld vat, maar Leendra gryp dit en plak dit hardhandig op
22 die lae dak van die Porsche neer. Sy swaai om en kyk vir Gilbert met
23 koue groen oë aan.
24 Gilbert meet haar. “Gaan jy nie met my praat nie? Of het hulle jou
25 skerp tong in die tronk afgesny?”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
7.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in hierdie uittreksel af? (1)
7.2 Herlees reël 6–7.
Gee TWEE redes waarom Gilbert Redelinghuys hierdie reaksie by Leendra
ontlok as jy hul geskiedenis in gedagte hou. (2)
7.3 Herlees reël 9.
Is daar ʼn ooreenkoms in Leendra se handeling hier met hoe sy teenoor
Samuel optree wanneer hul die eerste keer ontmoet? Motiveer jou antwoord.
Verskil dit van haar optrede teenoor Sielie? Motiveer jou antwoord. (2)
7.4 Verklaar die rede vir Sielie se spraakgebrek soos dit uit reël 16 duidelik blyk.
Sê ook hoe Sielie deur naamgewing gekarakteriseer word. (2)
7.5 Ons sien in hierdie uittreksel duidelik die konflik tussen Leendra en Gilbert.
Gee DRIE voorbeelde van innerlike konflik wat Leendra in die roman ervaar.
Word hierdie konflik eindelik bevredigend opgelos? Motiveer jou antwoord. (4)
7.6 Die verwysing na Leendra se groen oë in reël 23 roep die beeld van die
nuutontdekte graniet op. Wat is die naam van die graniet wat ontgin is en gee
die betekenis van die Italiaanse gedeelte daarvan. Dink jy die naam is
geregverdig? Motiveer jou antwoord. (3)
EN
TEKS B
1 Wanneer Leendra die volgende dag die pos gaan uithaal, is daar ʼn brief
2 van Lucia. Sy gaan sit op die muurtjie voor die poskantoor en skeur die
3 brief oop.
4 Liewe Leendra, ek dink elke dag aan jou en Sielie. Teen hierdie tyd
5 weet jy seker dat ek ʼn skeisaak teen Phil begin het. Na soveel jare is
6 daar dinge wat my steeds pla. Ek het alle rede om te vermoed dat Phil,
7 as eksekuteur van jou pa se boedel, nie reg opgetree het nie. Daar was ʼn
8 prokureur met die naam Kurt Combrinck wat ek nie vertrou nie. Hy was
9 met die saak gemoeid. Ek dink nie Phil het die volle koopsom van die
10 soutmyn in die boedel inbetaal toe hy dit gekoop het nie. Daar is ʼn lêer in
11 Phil se kantoor in die kluis. Die sleutel is in die boonste laai van sy
12 bedkassie in ons kamer, met ʼn rooi bandjie om. Wees net versigtig dat
13 Phil jou nie sien nie. As ek weer bel, moenie van hierdie dinge praat nie,
14 want Phil luister partykeer van die huis se foon af in.
15 Sy staan in die slaapkamer en kyk na die bed waar Lucia so lank geslaap
16 het. Wanneer sy die bedkassie se laai ooptrek, hoor sy die voordeur
17 oopgaan. Sy was seker dat oom Phil op die panne is. Dis sy voetstappe
18 wat in die gang opklink. Sy bly versteend staan wanneer Phil die kamer
19 binnekom.
20 “Soek jy iets?” Hy vat sy sonbril van die bedkassie af.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
7.7 Waar pas TEKS B in die struktuur van die roman in? Motiveer jou
antwoord. (2)
7.8 Benoem die soort verteller in reël 4–14 en sê waarom die gebruik van hierdie
soort verteller hier geslaagd is. Verklaar ook hoekom die gebruik van ’n
ander soort verteller in hierdie gedeelte minder suksesvol sou wees. (3)
7.9 Wat is die rol van die verteller in die onderstreepte woorde in reël 16–17? (1)
7.10 Dink jy Lucia se teenwoordigheid in die roman is gepas? Motiveer jou
antwoord met TWEE redes. Dra haar teenwoordigheid in die roman by tot
die tema van vryheid? (3)
7.11 Beskryf kortliks die verskil in Leendra se handeling in TEKS A en reël
15–19 van TEKS B. (1)
7.12 Wat is die hooftema van Droomdelwers? (1)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.
MY JAPAN – Schalk Schoombee
Beantwoord VRAAG 8 (opstelvraag) EN VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG
In My Japan kom sekere elemente soos die wasgoeddraad, herhaaldelik na vore om
die temas, titel en verskeie ander verhoogaspekte te ondersteun.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]
VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 JUFFROU VENTER: Is julle manne nie te groot vir sulke dinge nie? (draai
2 na Elzette en Ilse) Toe, wat sê julle buitestanders?
3 ILSE: Ek, Juffrou?
4 JUFFROU VENTER: Wat het julle gesien?
5 ILSE: Stofwolke, Juffrou.
6 Die meisies lag.
7 ILSE: Hulle baklei oor Gerrit seer voel omdat hy nog nie
8 met meisies te doen gehad het nie, jy weet ...
9 GERRIT: (aan Ilse) Het jý al, Worshond?
10 LINDA: (kyk na Elzette) Vra eerder vir Zombi-girl.
11 Meisies giggel. Elzette gluur hulle aan.
12 JUFFROU VENTER: Gee haar kans. Hoekom sê jy dit, Ilse?
13 ILSE: Sonder testosteroon was die wêreld ʼn vreedsamer
14 plek, Juffrou.
15 WIM: Miskien moet jy Japan toe waai, Muisnes.
16 JUFFROU VENTER: Nie nodig om beledigend te raak nie, Wim.
17 ILSE: Sodra ek my matrieksertifikaat het.
18 LINDA: Sy wil Engels gee vir die Japsnesies, nes haar niggie.
19 JUFFROU VENTER: Dis tog goed om te reis, ander lande en kulture te
20 ervaar.
21 LIDIA: My pa sê die breindrein is sleg vir die land.
22 LUKAS: Dis nou as jy ʼn brein het om te drein.
23 ELZETTE: Hoor wie praat! Mossiebrein.
24 LUKAS: Hei julle, die Goth se tong is terug!
25 JUFFROU VENTER: Oukei, genoeg mense. Julle is almal goed opgevoed,
26 julle mik vir onderskeidings. Maar ons kan gerus
27 praat oor verdraagsaamheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
28 LIDIA: Juffrou, my pa sê hy kan almal verdra behalwe gekke
29 en dwase.
30 JUFFROU VENTER: Wie’s gek en wie’s dwaas?
31 GERRIT: Ek ken ʼn hele paar van albei.
32 Die seuns lag onderlangs.
33 JUFFROU VENTER: Ons ken almal mense wat nie mooi optree soos ons
34 wil nie. Ons praat nou oor sosiale norme. Normaliteit
35 kom van norme. Ons wil almal dink ons is normale
36 mense.
37 ILSE: Wie besluit wie is normaal?
38 JUFFROU VENTER: Goeie vraag, Ilse.
9.1 Gee ʼn rede vir Juffrou Venter se dialoog in reël 1. (1)
9.2 Herlees reël 2.
Waarom word Ilse en Elzette onderskeidelik as buitestanders geëtiketteer? (2)
9.3 Wat word die skuinsgedrukte woorde in reël 11 genoem? Sê ook wat die
funksie van die woorde in hierdie reël is en gee die naam van die groep meisies
wat giggel. (3)
9.4 Herlees reël 15.
Dink jy dit is binne die verhaalgebeure geregverdig dat Ilse Japan toe wil
gaan? Motiveer jou antwoord. Dink jy dit is goed vir haar om haar vlerke te
sprei? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. (3)
9.5 Verklaar die konnotatiewe verwysing na Japan soos die leser dit in hierdie
drama deur Ilse se perspektief beleef. (1)
9.6 Herlees reël 22–24.
Benoem die soort konflik in hierdie reëls. Word die konflik tussen die leerders
eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord. (2)
9.7 Herlees reël 33–34.
Hoe hou hierdie woorde verband met Ilse en haar ma se verhouding? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
TEKS D
1 Die mense sink verslae neer. Net Ilse en die ma bly
2 staande. Die vloer is besaai met mense en klere.
3 Snikke en huilgeluide word hoorbaar.
4 JUN: Soveel dood, soveel verlore. Weg, net weg.
5 MA: Oral is ma’s dieselfde. Hulle harte skeur. Hulle
6 hardloop rond soos afkop-hoenders. Hulle skree.
7 Hulle grawe. Hulle bewe onbedaarlik. Hulle soek hulle
8 kinders in die puin, in die slik en stinkende modder.
9 Matrone en Suster kom regs op met die trollie. Hulle
10 begin pille uitdeel, eers aan MA, daarna aan die
11 gewondes en oorlewendes.
12 MATRONE: Bruin pilletjie.
13 SUSTER: Bruin pilletjie.
14 MATRONE: Vir verlies.
15 SUSTER: Vir afgryse en ontbinding.
16 MA: My enigste seun is weggespoel.Verdrink. Ek soek
17 hom in die puin, tussen blare, takke, stukke mure.
18 Maar verniet. My mooi, slim, oulike seun.
19 LUKAS: Is jy okei, Ilse? Jy’s wasbleek.
20 ILSE: Ek ... ek ... dis net ...
21 ENGELA: Iets verskrikliks. Afgryslik, ondenkbaar. Ek groei vas
22 voor my TV.
23 LUKAS: Cool toespraak, Ilse. Waar kry jy al die feite? Die
24 internet?
25 Beleefde applous van die klas.
26 ILSE: (haar gemoed vol) Uh, dankie. Dis net ... ek ... sal
27 Juffrou my asseblief verskoon? Ek het ʼn bietjie vars
28 lug ... die stank ...verrottende lyke ...
29 Die geluid van groot waters wat suis en verswelg.
30 LUKAS: Hei pasop! Sy gaan val. Breek soos ʼn bord.
31 Ilse duisel en Lukas vang haar.
32 Die leerlinge versteen, die ma soek tussen die lakens
33 en klere, in die “puin”.
34 MA: Ilse! Ilse! Waar’s jy?
35 ILSE: (droom) Die vrou met die twee monde roep. Sy skree.
36 Sy sper haar mond wyd oop. Sy kom al nader en
37 nader ...
9.8 Herlees reël 5–11.
Verklaar die ooreenkoms tussen die handeling van die ma’s hier en die van
Mercia vroeër in die drama. (1)
9.9 Waar pas TEKS D in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord.
Hierdie uittreksel bewys ook die fragmentariese tydverloop in hierdie drama.
Bewys dat hierdie stelling korrek is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2020)
9.10 Herlees reël 9–15.
Watter rol vervul Matrone en Suster telkens wanneer hulle pille op die
verhoog uitdeel in hierdie drama? Sê ook na watter ruimte word die
verhaalgebeure verplaas wanneer hulle hier op die verhoog verskyn. (2)
9.11 Herlees reël 35–37.
Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe verwysing na die vrou met die
twee monde. Dink jy die beskrywing op konnotatiewe vlak is geregverdig?
Motiveer jou antwoord. Verklaar ook hoekom Ilse se negatiewe houding
jeens hierdie karakter aan die einde van die verhaal verander. (4)
9.12 Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum