Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11202032 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 32 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V1 PUNTE: 70 TYD: 2 uur *IAFRHL1* Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30) 2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin ELKE afdeling op ƌ NUWE bladsy. 5. Trek ƌ streep na afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ƌ reël oop na elke antwoord. 8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL #Stook die vlamme 1 Suid-Afrikaners huiwer deesdae nie om te sê iets “moet val” nie. Of dit nou #FuelPricesMustFall of #FeesMustFall is, die studenteprotes van 2015 het ƌ vlaag protesaksies landwyd – en tot in die omgangstaal – tot gevolg gehad. 2 Die studentebetogings onder #FeesMustFall was rewolusionêr in Suid-Afrika oor die manier waarop dit versprei het. Studente en die middelklas is 5 gewoonlik reg in die middel van ƌ rewolusie, maar die studente-onluste was net tot universiteitskampusse beperk en het nie stede of dorpe tot ƌ val gebring nie, volgens Wessel Visser, medeprofessor in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch. 3 Dit is ƌ kragtige voorbeeld wat wys hoe hutsmerke mense kan inspireer om 10 hulle by bewegings aan te sluit, vertel Gus Silber, sosialemediakenner. ƌ Hutsmerk het iets baie anders geword as wat aanvanklik bedoel is. Deesdae staan dit vir aktivisme en aksie. 4 Vroeër is pamflette en manifeste gebruik, nou is daar sosiale media en die volle vaart van ƌ suksesvolle hutsmerk. Sosiale media het in dié opsig die 15 plek van drukmedia, radio en televisie ingeneem. Daar is ƌ reuse-aantal stemme, maar of jy gehoor gaan word, hang van verskeie goed af, soos blote toeval en tydsberekening. 5 Sosiale media is ƌ groot deel van demokrasie, veral in Afrika, waar gebruikers so op hul fone staatmaak. Mense op dié kontinent het toegang tot selfone en 20 daarom is soveel mense bemagtig om ƌ sê te hê. 6 Toe #FeesMustFall die eerste keer gebruik is, het dit soos ƌ veldbrand versprei. “Eerstens omdat dit ƌ oproep tot aksie is en tweedens is daar ƌ diepliggende beweegrede agter dié wekroep”, volgens Silber. Daar is ƌ groot gemeenskap wat hierin geglo het en daarom het dit vinnig ƌ beweging geword. 25 Ook omdat dit deur ƌ baie sterk medium – slimfone – versprei het. Selfone in Suid-Afrika is so “groot” dat as jy ƌ veldtog begin het en dit via slimfone versprei word, dit baie vinnig in iets groters ontwikkel. Tog slaag nie elke veldtog nie, want vir iets om te werk moet daar ƌ baie goeie bestaansrede vir die beweging wees. 30 7 Die #FeesMustFall-protes het in 2016 vrugte afgewerp. Die regering het uiteindelik gehoor gegee. Universiteitstariewe hét geval. Wat in die sosiale media begin het, het protesaksie geword en in ƌ nasionale en internasionale beweging ontaard. Dit het ook tot ƌ klomp ander #MustFall- bewegings gelei. Iemand het op radio die #DataMustFall begin en omdat dit mense regtig raak, 35 het hulle gehoor gegee en daarmee gehardloop. So het sosialemediadruk die prys van data laat afneem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) 8 As baie mense hulle met ƌ probleem vereenselwig en hard en duidelik daaroor lawaai maak in die sosiale media, sal dit ƌ impak hê, want geen maatskappy soek ƌ klomp omgesukkelde kliënte nie. Deur #MustFall te gebruik, ry jy op 40 die rug van ƌ beproefde manier van kla. Of dit polities, sosiaal of ekonomies van aard is, dit het baie kragtig geraak. Dit is nie eie aan Suid-Afrika nie en strek veel verder as die dae van sosiale media – die Berlynmuur het geval met ƌ baie gewilde slagspreuk – “The Wall Must Fall” – in die 1980’s. 45 9 As jy verandering teweeg wil bring, gaan jy waarskynlik ƌ sosialemediaplan en sterk slagspreuk benodig. Soms werk dit en soms nie. Aanvanklik sou jy ƌ rewolusie met twee mense en ƌ faksmasjien kon begin. Deesdae kort jy net data! 10 Sosialemediaveldtogte is dikwels leierloos – mense is moeg vir partypolitiek - 50 alhoewel sommige mense op die voorgrond was. Die einddoel is die ware leier. Daar is verskillende leiers in verskillende fases van rewolusie. Eers het jy die gematigdes, dan die radikales, die ultra-radikales en dan weer die uitwerk van die rewolusie met ƌ nuwe gematigde groep. 11 #FeesMustFall het geen ideologiese samehorigheid gehad nie. Hulle redes 55 het verskil. Eers het mense nie geld gehad om te studeer nie en later het dit ontrafel in brandstigting, boewery en kriminaliteit. Jy het baie anargie in rewolusie. Om mense via sosiale media bewus te maak van ongeregtighede in die samelewing beteken nog nie hulle gaan oor tot rewolusie nie. Die oomblik dat hulle oorgaan tot fisieke geweld en verset word sosiale media 60 ƌ element van rewolusie. Sosiale media is ƌ 21ste-eeuse verskynsel. 12 Daar is rewolusionêre potensiaal in Suid-Afrika, maar dis nog nie by die punt waar ons kan sê ons is aan die vooraand van ƌ rewolusie nie. Dis eers wanneer die owerheid die vermoë verloor om dié goed te onderdruk en dit so vinnig versprei dat jy nie oral genoeg veiligheidsmagte kan instuur om dit 65 te onderdruk nie, dat jy nader aan ƌ werklike rewolusie beweeg. [Aangepas uit Taalgenoot, Lente 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 TEKS B: VISUELE TEKS RAAMPIE 1 Deesdae is ƌ slimfoon en opruiende hutsmerk amper al wat nodig is om mense aan die beweeg (en protesteer) te kry. RAAMPIE 2 Die land brand! Laat val iets, enige iets! #Allesval [Aangepas uit Taalgenoot, Lente 2018] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAE: TEKS A 1.1 By watter woord in paragraaf 1 sluit die opskrif aan? (1) 1.2 Wie word geïnspireer om radikale en totale verandering in die samelewing teweeg te bring EN waarmee word hierdie verandering moontlik gemaak? (2) 1.3 Hoe verskil die studente-onluste van die tipiese vroeëre rewolusies? (1) 1.4 Wat is deesdae die doel van hutsmerke? (1) 1.5 Sosiale media het drie mediums vervang. Noem hierdie drie mediums EN gee EEN rede vir bogenoemde vervanging. (4) 1.6 1.6.1 Waarom is sosiale media so ƌ suksesvolle medium? (1) 1.6.2 Waarom kan sukses deur sosiale media nie gewaarborg word nie? Gee TWEE redes hiervoor. (2) 1.7 Herlees paragraaf 5. Wat is die verband tussen demokrasie en selfone in Afrika? (2) 1.8 Herlees paragraaf 5 en die onderstreepte gedeelte in paragraaf 6. Noem EEN vereiste wat tot die sukses van ƌ veldtog sal lei. (1) 1.9 Die #FeesMustFall-protes kan as ƌ sukses beskou word. Waarom kan hierdie stelling as ƌ feit beskou word? (1) 1.10 Dink jy #MustFall en die gebruik van sosiale media is uniek aan Suid- Afrika? Motiveer jou antwoord. (1) 1.11 Watter DRIE vereistes word benodig om ƌ rewolusie te begin? (3) 1.12 Waarom kan daar gesê word dat sosialemediaveldtogte dikwels leierloos is? (1) 1.13 Herlees paragraaf 11 en paragraaf 12. Wat is nodig vir die sosiale media om rewolusionêr te word? (1) 1.14 Suid-Afrika beskik oor die moontlikheid dat rewolusies wel kan plaasvind. Noem TWEE aanduidings wanneer daar wel ƌ rewolusie op hande kan wees. (2) 1.15 Dink jy sosiale media mag gebruik word om bewegings te aktiveer? Motiveer jou antwoord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 VRAE: TEKS B 1.16 Verskaf DRIE visuele bewyse waarom die teks gepas is om die tema van rewolusie uit te beeld. (3) VRAE: TEKS A en TEKS B 1.17 Paragraaf 6 van TEKS A hou verband met RAAMPIE 1. Bewys die korrektheid van hierdie stelling. (1) 1.18 Met watter woord in paragraaf 11 van TEKS A hou RAAMPIE 2 verband? (1) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Lees die teks hieronder en maak ƌ opsomming van SEWE dinge wat volwassenes by jong kinders se manier van doen kan leer om ƌ sinvolle bestaan te hê. LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf. 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ƌ titel te gee nie. 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het. TEKS C WAT KINDERS ONS KAN LEER Hulle is lewenslustig, dapper, meer selfversekerd en geniet die lewe nes kinders dit kan doen ƌ Kind loop nie as hy kan hardloop nie – hy leef voluit. Gryp dus elke geleentheid entoesiasties met albei hande aan! Moenie take halfhartig aanpak nie. Aanvaar alle mense. Kinders gee nie om oor ƌ persoon se ras, geslag of status nie. Kinders sien ƌ potensiële vriend, en al wat hulle van ƌ ander verwag, is goedheid. Volwassenes skep stereotipes. Uiteindelik is ons almal dieselfde. ƌ Kind fokus op dit waarvoor hy die liefste is en doen dit met oorgawe. Hulle speel met oorgawe, bring soveel tyd as moontlik deur saam met die mense vir wie hulle omgee. As jy dus nie absoluut passievol is oor iets nie, moenie jou tyd daarmee mors nie. Kinders gaan deur die lewe met ƌ vreesloosheid wat ander soms benoud maak. Hulle weet nie van beter nie en leef die lewe voluit sonder vrees en voorbehoud. In ƌ kind se oë het hy niks om te verloor nie, behalwe die geleentheid om iets nuuts te leer. Ons moet leer om meer vreesloos te wees. Skuif jou vrese opsy en pak die bul by die horings. Om te lag, is goed vir jou. Dit verlig fisieke spanning en verminder streshormone in die liggaam. Kinders sien die humor in alles raak. Hulle vind vreugde in die kleinste dingetjies en lag tog so maklik. As jy dink dat jy niks het om oor te lag nie, probeer deur kinders se oë na die wêreld kyk – jy sal verbaas wees wat jy sien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 Elke dag is ƌ nuwe begin. Kinders begin elke dag van voor af. Hulle klou nie nog aan gister se gebeure vas nie en probeer om nie te veel aan môre te dink nie. Vergeet van wat gister gebeur het en moenie te veel aan môre dink nie. Kinders dra hul hart op hul mou. Hulle is eerlik oor hul gevoelens. Volwassenes sukkel dikwels met hierdie konsep. Streef daarna om soos ƌ kind eerliker te wees oor hoe jy waarlik voel anders raak dit ƌ las om jou gevoelens binne te hou. [Aangepas uit Vrouekeur, 15 Desember 2018] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIES Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D 1 “Ek kom terug. Ek kom beslis terug!” 2 Met jou hulp kan ek vir ewig herwin word. 3 As jy my herwin of hergebruik, het ek die vermoë 4 om voortdurend energie, water en stortingsterreine 5 te bespaar, werk te skep en die 6 omgewing help bewaar. 7 Verander jou denke ... die volgende keer dat jy 8 my wil weggooi, kry ƌ glasherwinningsbank 9 naby jou deur www.tgrc.co.za te besoek. 10 Kies om die regte ding te doen 11 Dit sal hemel op aarde wees [Aangepas uit// www.facebook.com/TheGlassRecyclingCo 2019] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11 VRAE: TEKS D 3.1 Skryf die oorredende taal neer wat in reël 1 voorkom. (1) 3.2 Skryf TWEE verklarende sinne waarin die verskil in betekenis tussen vir ewig (reël 2) en verewig duidelik na vore kom. (2) 3.3 Skryf die stam van die onderstreepte woord in reël 2 neer. (1) 3.4 Wat is die funksie van die onderstreepte voorvoegsel in reël 3? (1) 3.5 Verskaf ƌ gepaste sinoniem vir die eerste onderstreepte woord in reël 4. (1) 3.6 Is die tweede onderstreepte woord in reël 4 ƌ samestelling, samestellende afleiding of ƌ afleiding? (1) 3.7 Vorm een woord van die onderstreepte woorde in reël 5. (1) 3.8 Brei die volgende sin in reël 7 uit met ƌ byvoeglike bepaling. “Verander jou denke.” (1) 3.9 Watter aanname kan met die lees van reël 11 gemaak word? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4: STROKIESPRENT Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS E RAAMPIE 1 Ek hoop jy sien my ! Hokaai, Ranger! RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 RAAMPIE 4 Daar jaag die Wat de ...! Idioot! Ek pirbeer ‘n ongeluk vermei en SWENK ! buffel wraggies voor my in! dis jou manier van dankie sê! Ek moet spoed Toet! verminder . Toet! Jou *$#@& man! RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 RAAMPIE 7 Dit is nou tipies van ‘n mens Goeiste, jy’s reg! Dit Soos jy kan sien, het ek was ‘n g toegeeteken wat ‘n Ranger het. Hy dink te veel van homself. duidelik die ryvoorrang – ek moes vir jou gehad! Dis nie ‘n gewag het! inglipbaan nie, jou swaap! [Aangepas uit Rapport,10 Maart 2019] VRAE: TEKS E 4.1 Herskryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 1 in die gebiedende wyse. (1) 4.2 Waarom is dit noodsaaklik dat “buffel” (RAAMPIE 3) met ƌ dubbelkonsonant geskryf word? (1) 4.3 Gee EEN visuele bewys in RAAMPIE 3 wat daarop dui dat die seuntjie sowel as die hond geskok is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13 4.4 Herskryf die laaste sin in RAAMPIE 3 in die lydende vorm. (1) 4.5 4.5.1 Verwys na RAAMPIE 4. Skryf ƌ woord in RAAMPIE 4 neer waarin klankverspringing/metatesis voorkom. (1) 4.5.2 Verbeter die spelfout in RAAMPIE 4. (1) 4.6 Stem jy saam dat die spreker in RAAMPIE 5 bevooroordeeld is? Motiveer jou antwoord. (1) 4.7 Watter betekenisfunksie het die onderstreepte woorde in RAAMPIE 6? (1) 4.8 4.8.1 Verbind die laaste twee sinne in RAAMPIE 7 met die voegwoord OMDAT. (1) 4.8.2 Watter betekenisfunksie het hierdie voegwoord in dié saamgestelde sin? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 5: ARTIKEL Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS F ASEM IN, ASEM UIT 1 Dis iets wat ons amper as vanselfsprekend aanvaar. Ons haal asem, maar die manier hoe jy asemhaal, is baie belangrik. Dit is (5.1) hierdie manier wat kan bepaal of jy goeie slaap inkry en wat jou gemoedstoestand is. Dit kan selfs ƌ toe neus en angstigheid verlig. 2 Ongelukkig is een van die mens se heel eerste stresreaksies om jou asemhaling te versnel. (5.3) Laasgenoemde laat jou in ƌ kringloop beland waar jy voel jy geen beheer het nie. 3 Hoe beter jou (5.4.1) suurstoftoevoer is, hoe meer weerbaar sal jou liggaam teen spanning, siekte en veroudering wees. Asemhaling deur die mond is ƌ teken van spanning. (5.5) Asemhaling in ƌ rustende toestand moet uiters moeiteloos wees. As jy deur jou mond asemhaal, baie spierkrag in jou boonste borskas gebruik, of as jou asemhaling hard of pynlik is, is dit nie in balans nie. 4 Haal gereeld deur jou neus asem. Jou sinusse dien as natuurlike buffer om die lug te ioniseer en so warm as nodig te maak. Jou neus is aangepas om die lug te filtreer, te steriliseer, af te koel of te verhit. Jou neus ioniseer ook die klammigheid (5.6) die lug, sodat die lug wat jou longe bereik, so skoon en stabiel moontlik is. 5 Dis nie moeilik om te leer om anders asem te haal nie, maar dit verg uithouvermoë. Jy sal die (5.7) veranderinge so vinnig as die eerste week sien. Jou gesondheidsprobleme (5.8) sál na sowat drie maande die wyk neem, mits oefeninge getrou gedoen word. 6 Wanneer jy deur jou mond asemhaal, verloor jy hierdie natuurlike voordele. Vuil, koue of warm lug bereik jou longe wat ƌ ontsteekte (5.9) lugweg kan veroorsaak. Deur bloot net deur jou neus asem te haal, kan jy (5.10) stof, besoedeling, stuifmeel met tot soveel as 50% verminder. 7 Ons haal outomaties asem, so baie van ons besef nie dat ons dit beter kan doen nie. [Aangepas uit rooi rose, Januarie 2020] VRAE: TEKS F 5.1 Benoem die woordsoort volledig. (1) 5.2 Skryf die eerste diftong neer wat in paragraaf 1 voorkom. (1) 5.3 Verskaf die afkorting van hierdie woord. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 15 5.4 5.4.1 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in paragraaf 3 as ƌ bepaler in jou eie samestelling. (1) 5.4.2 Watter afleiding kan daar gemaak word uit die eerste sin van paragraaf 3? (1) 5.5 Verander die onderstreepte sin in paragraaf 3 van gevoelstaal na neutrale taal. (1) 5.6 Voeg die gepaste voorsetsel in. (1) 5.7 Verskaf die verkleiningsvorm van hierdie woord. (1) 5.8 Gee die meervoud van hierdie onderstreepte woord. (1) 5.9 Wat is die funksie van die onderstreepte kommas in paragraaf 6? (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V1 NASIENRIGLYN PUNTE: 70 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Nasien van die leesbegrip: x Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal en spelfoute moet wel aangetoon word.) x Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. x Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die aanhalingstekens ontbreek nie. x Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ƌ volsin gee, is dit korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse uitgelig word. x Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ƌ hele reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien. x Indien die kandidaat woorde uit ƌ ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar. Aanvaar dialektiese variasies. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3 VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.) Vraag Antwoord Punt 1.1 studenteprotes/protesaksies¥ 1 1.2 Suid-Afrikaners / mense wêreldwyd /studente / middelklas ¥ 1 Hutsmerke maak dit moontlik. ¥ 1 1.3 Studente-onluste is net tot studentekampusse beperk en nie in dorpe en 1 stede nie.¥ 1.4 aktivisme / aksie ¥ 1 1.5 Drukmedia ¥ Radio ¥ TV ¥ 3 EN Sosiale media het geen middelman nie ¥. 1 1.6 1.6.1 Reuse-aantal stemme is hoorbaar. ¥ 1 1.6.2 Toeval ¥ en tydsberekening ¥ bepaal die sukses van sosiale 2 media. 1.7 Selfone laat jou toe om jou sê te sê ¥ en demokrasie is juis ƌ stelsel van vrye spraak en vrye kommunikasie ¥. 2 1.8 ƌ Veldtog moet ƌ baie goeie bestaansrede hê om te slaag.¥ 1 1.9 Die universiteitstariewe hét geval so die regering het uiteindelik gehoor gegee hieraan.¥ 1 1.10 Nee Dit strek veel verder as die dae van sosiale media aangesien daar gesê word dat die slagspreuk reeds gebruik is om die Berlynmuur te laat val (in die 1980’s). ¥ 1 1.11 ƌ sosialemediaplan ¥ ƌ sterk slagspreuk ¥ en data ¥ 3 1.12 Die einddoel is die ware leier / Dis onmoontlik om te sê wie die leier van die beweging is of was. / Daar is verskillende leiers in die verskillende fases van rewolusies.¥ Kandidate kan soortgelyke antwoorde aanbied. 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) 1.13 Mense moet oorgaan tot aksie.¥ 1 1.14 Dit gebeur wanneer die owerheid nie meer die opstand kan onderdruk nie.¥ 1 Dit bewusmaking versprei so vinnig dat veiligheidsmagte nie oral genoeg kan optree om dit te onderdruk nie.¥ 1 1.15 Ja 1 Dit is ‘n kragtige, vinnige manier om ‘n boodskap na massas uit te stuur en hulle so bewus te maak.¥ OF Nee Sosiale media is ‘n kragtige, gevaarlike wapen in onkundige mense se hande.¥ Kandidate kan soortgelyke antwoorde aanbied. 1.16 Die gebalde vuis/ 3 Die slimfoon/ Die hutsmerk/ Die ontploffingsimbool ¥¥¥ Die kandidaat kan enige DRIE van bogenoemde aanbied. 1.17 Beide erken die belangrikheid van slimfone in aktivisme.¥ 1 1.18 brandstigting / boewery / kriminaliteit / geweld ¥ 1 TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Nasien van die opsomming: Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die uitsluiting van irrelevante feite belangrik. x Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ƌ opskrif/titel te voorsien nie. x Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf. x Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte. x Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste opsomming nagesien. x Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui. x Punte word soos volg toegeken vir HT: o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit) o 3 punte vir taal o Puntetotaal: 10 x Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie: o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe. o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe. o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe. • Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het: o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe LET WEL: Tel van woorde: x Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel. x Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is. x As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming. x Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie. LET WEL: Kandidate mag nie afkortings in hul opsommings gebruik nie, maar indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal woorde wat dit voorstel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word. Leef voluit en gryp elke geleentheid aan. Aanvaar alle mense deur nie te stereotipeer nie. As jy nie absoluut passievol is oor iets nie, moenie jou tyd mors met dinge wat jou nie werklik gelukkig maak nie. Leef meer vreesloos deur die bul by die horings te pak. Maak seker jy lag elke dag. Elke dag is ƌ nuwe begin so leef in die oomblik. Wees eerlik oor jou gevoelens. (70) AANHALINGS UIT DIE TEKS: EIE WOORDE: x ... leef voluit ... gryp elke geleentheid Leef elke dag voluit en gryp dus elke met beide hande aan ... geleentheid aan. x ... aanvaar alle mense … Aanvaar alle mense deur nie te stereotipeer nie. x ... As jy nie absoluut passievol is oor Moenie jou tyd mors met dinge waaroor jy iets nie, moenie jou tyd daarmee nie absoluut passievol is nie. mors nie ... x ... leef die lewe vreesloos ... Wees vreesloos sonder voorbehoud en pak die bul by die horings. x ... om te lag is goed vir jou ... vind Maak seker jy lag elke dag. jou vreugde in die klein dingetjies ... x ... elke dag is ƌ nuwe begin ... Elke dag is ƌ nuwe begin so vergeet van gister en leef vandag se avonture. x ... streef daarna om soos ƌ kind Wees eerliker oor jou gevoelens, oor hoe eerliker te wees oor hoe jy waarlik jy werklik voel. voel ... (70 woorde) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7 AFDELING C: VRAAG 3 Nasien van hierdie afdeling: x Spelling: ¾ Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is. ¾ In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die taalstruktuur getoets word. ¾ Waar ƌ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees. x Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die instruksie aangedui. x Waar direkte en indirekte rede en punktuasie getoets word, mag ½ punte toegeken word. VRAAG 3 Vraag Antwoord Punt 3.1 Beslis (1) 3.2 Sy naam is verewig (sal onthou word) deur die skoolsaal te vernoem na hom so sy naam sal vir ewig (vir altyd) voortleef. (2) 3.3 wen (herwin) (1) 3.4 her - weer (1) 3.5 gedurig/onophoudelik/aanhoudend/aanmekaar/onafgebroke/altyd/immer/ eindeloos/telkens/herhaaldelik/aaneen/deurentyd/konstant (1) 3.6 samestellende afleiding (1) 3.7 Werkskepping (1) 3.8 Verander jou verkeerde denke. / Verander jou negatiewe denke. / Verander jou skewe denke./ Verander jou onrealistiese denke. Kandidate kan enige soortgelyke antwoord verskaf. (1) 3.9 Die lewe op aarde sal onbeskryflik / wonderlik / hemels wees met minder besoedeling. (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 4 Vraag Antwoord Punt 4.1 Sien my! (1) 4.2 ƌ Kort, beklemtoonde vokaal vereis ƌ dubbelkonsonant daarna. (1) 4.3 Die hond en die seuntjie se oë is so groot soos pierings ¥ (1) 4.4 Spoed moet deur my verminder word. / Spoed moet verminder word deur my. (1) 4.5 4.5.1 pirbeer ĺ probeer (1) 5.4.2 vermei ĺ vermy (1) 4.6 Ja Die spreker het reeds besluit dat almal wat ƌ Ranger het/bestuur, swak en selfsugtige bestuurders is. (1) 4.7 Dit is woorde wat op samevatting dui. (1) 4.8 4.8.1 Omdat dit ƌ toegeeteken was, moes ek vir jou gewag het./ Ek moes vir jou gewag het omdat dit ƌ toegeeteken was. (1) 4.8.2 Die rede waarom hy moes gewag het, word gegee. (1) [10] VRAAG 5 Vraag Antwoord Punt 5.1 aanwysende voornaamwoord (1) 5.2 baie / ai (1) 5.3 Lg./lg. (1) 5.4 5.4.1 toevoerpyp(e) / toevoerkanaal / toevoersloot (1) 5.4.2 As jou liggaam goeie suurstoftoevoer kry, kan jou liggaam sterker veg teen spanning, siekte en veroudering. Enige soortgelyke antwoord kan aanvaar word. (1) 5.5 Asemhaling in ƌ rustende toestand moet moeiteloos wees. (1) 5.6 in / uit (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9 5.7 veranderinkies Spelling moet korrek wees (1) 5.8 lugweë Spelling moet korrek wees (1) 5.9 Die komma(s) word tussen die opnoem van ƌ lys / reeks dinge geplaas. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all