Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 11 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
AFRIKAANS HUISTAAL V1
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper (Afr)
Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2026 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: Hlayiso
Afrikaans HL · Grade 11 · November Mock Exam · 2026. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam
- Paper
- 1
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 549.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V1
2
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.
Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A:
Leesbegrip
(30)
AFDELING B:
Opsomming
(10)
AFDELING C:
Taalstrukture en -konvensies
(30)
2.
Lees AL die instruksies noukeurig deur.
3.
Beantwoord AL die vrae.
4.
Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5.
Trek ’n streep ná elke afdeling.
6.
Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7.
Laat ’n reël oop ná elke antwoord.
8.
Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9.
Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A:
50 minute
AFDELING B:
30 minute
AFDELING C:
40 minute
10.
Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
3
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: ARTIKEL
SLAAP: DIE SUPERKRAG WAT TIENERS VERGEET
Tieners leer, sosialiseer en rol tot diep in die nag deur hul skerms. Maar die een
ding wat hulle die nodigste het, kry hulle die minste van.
1
Dit is 01:17 op ’n Dinsdagoggend. Die huis is donker en stil, maar onder Sipho
Dlamini se kombers gloei ’n skerm. “Net nog een video,” sê die 16-jarige leerder
vir homself – soos hy al ’n uur lank sê. Vyf uur later lui sy wekker, en sleep hy
hom soos ’n slak na die badkamer.
2
Sipho is nie die enigste nie. Slaapkenners waarsku al jare lank dat tieners
5
wêreldwyd ’n stille slaapkrisis beleef. Volgens internasionale riglyne het ’n tiener
tussen agt en tien uur slaap per nag nodig, maar baie hoërskoolleerders kry
skaars ses. Die gevolg is ’n “slaapskuld” wat net soos ’n kredietkaartskuld elke
dag groter word – en wat uiteindelik betaal moet word.
3
Waarom sukkel tieners so? Een deel van die antwoord lê in die liggaam
10
self. Tydens die puberteit verskuif die liggaam se interne horlosie, sodat die
slaaphormoon melatonien later in die aand vrygestel word. ’n Tiener is dus
biologies “geprogrammeer” om later moeg te word en later wakker te word. Wat
ouers as luiheid beskou, is dikwels bloot biologie.
4
Die ander deel van die antwoord lê in ons hande – letterlik. Die blou lig
15
van selfone en skootrekenaars flous die brein om te glo dat dit nog dag
is, en die eindelose stroom kennisgewings hou die verstand wawyd wakker.
“Sosiale media is soos ’n kasino in jou sak,” verduidelik dr. Annelie Kruger,
’n slaapnavorser van Bloemfontein. “Elke keer as jy afrol, wag daar dalk ’n
beloning. Die brein kan eenvoudig nie nee sê nie.”
20
5
Die prys van te min slaap is hoog. Leerders wat te min slaap, sukkel om te
konsentreer, onthou minder van wat hulle geleer het en is meer geneig tot
buierigheid en angs. Hulle immuunstelsel verswak, en jong bestuurders wat
moeg agter die stuur inklim, is ’n gevaar vir hulself en vir ander. “Dis ’n bietjie
soos om die dag met ’n foon op 20% battery aan te pak,” sê Kruger. “Dit werk –
25
tot dit skielik nie meer werk nie.”
6
Ironies genoeg offer baie leerders juis hul slaap op om vir toetse te leer.
Navorsing toon egter dat die brein tydens slaap die dag se inligting sorteer en in
die langtermyngeheue berg. Wie heelnag deurblok, leer dus eintlik vir die asblik.
7
Kan skole iets doen? In sommige lande begin skole doelbewus later in die
30
oggend, en volgens berigte het leerders se punte en bywoning daarna verbeter.
In Suid-Afrika, waar baie leerders reeds voor sonop vertrek om ’n taxi of bus te
haal, is so ’n verandering egter nie so eenvoudig nie.
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
4
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
8
Die goeie nuus is dat klein veranderinge ’n groot verskil kan maak. Kenners
beveel aan dat jy elke dag – selfs oor naweke – min of meer dieselfde tyd gaan
35
slaap en opstaan. Sit jou foon minstens ’n uur voor slaaptyd weg, verkieslik in ’n
ander vertrek. Vermy koffie en energiedrankies in die middag en aand, en hou
jou kamer koel, donker en stil.
9
Sipho het self die proef op die som geneem. Vir twee weke lank het sy foon elke
aand om tienuur in die kombuis gaan “slaap”. “Die eerste paar aande was hel.
40
Ek het gevoel ek mis iets,” erken hy. “Maar ná ’n week het ek agtergekom ek
mis niks nie – behalwe my moegheid.”
10
Miskien is dit tyd dat ons slaap sien vir wat dit werklik is: nie verlore tyd nie, maar
die stilste en sterkste superkrag wat ons het.
[Eksaminator se eie teks. Die name van persone is fiktief.]
TEKS B: VISUELE TEKS
SKAKEL AF OM AAN TE SKAKEL
Die VLR se 14-dae-slaapuitdaging vir alle graad 10- tot 12-leerders
⋆
⋆
⋆
⋆
Zzz …
#FoonSlaapOok
1. Sit jou foon om 21:00 in die kombuis – nié langs
jou bed nie.
2. Gaan slaap en staan op dieselfde tyd – ja, óók oor
naweke.
3. Geen koffie of energiedrankies ná 14:00 nie.
Hou 14 dae vol en wen ’n koeldrank
en ’n lekker koek by die snoepie!
Slaap goed. Dink skerp. Leef voluit.
’n Inisiatief van die Hoërskool Rivierpark se Verteenwoordigende Leerderraad (VLR)
[Eksaminator se eie teks. Die skool en besonderhede is fiktief.]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
5
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAE: TEKS A
1.1
Verwys na paragraaf 1.
Wat sê die woorde “Net nog een video” (reël 2) oor Sipho se gewoontes?
(1)
1.2
“sleep hy hom soos ’n slak na die badkamer” (reël 3).
Benoem die stylfiguur in hierdie woorde EN verduidelik wat dit oor Sipho se
toestand sê.
(2)
1.3
Verduidelik
waarom
die
skrywer
die
gebrek
aan
slaap
met
’n
“kredietkaartskuld” (reël 8) vergelyk. Noem TWEE ooreenkomste.
(2)
1.4
Verwys na paragraaf 3.
Verduidelik in jou eie woorde waarom tieners biologies later moeg word.
(2)
1.5
“Wat ouers as luiheid beskou, is dikwels bloot biologie” (reël 13).
Watter wanopvatting wil die skrywer met hierdie sin regstel?
(1)
1.6
Verduidelik die woordspeling in die woorde “in ons hande – letterlik” (reël 15).
(1)
1.7
“Sosiale media is soos ’n kasino in jou sak” (reël 18).
Verduidelik hoe dr. Kruger se vergelyking die verslawende aard van sosiale
media uitbeeld.
(2)
1.8
Noem DRIE gevolge van te min slaap wat in paragraaf 5 genoem word.
(3)
1.9
Verwys na reël 24.
Waarom is die vergelyking met ’n foonbattery besonder doeltreffend vir ’n
teikengroep van tieners? Verwys in jou antwoord na die inhoud van die
vergelyking.
(2)
1.10
Verwys na paragraaf 6.
Verduidelik die ironie van leerders wat hul slaap opoffer om vir toetse te leer.
(2)
1.11
Behoort skole in Suid-Afrika later in die oggend te begin? Motiveer jou
antwoord met verwysing na paragraaf 7.
(2)
1.12
Haal EEN woord uit paragraaf 9 aan wat bewys dat die eerste paar aande
vir Sipho baie moeilik was.
(1)
1.13
“ek mis niks nie – behalwe my moegheid” (reël 41).
Verduidelik waarom Sipho se slotopmerking humoristies is.
(1)
VRAE: TEKS B
1.14
Wie is die teikengroep van hierdie plakkaat? Haal EEN bewys uit die plakkaat
aan om jou antwoord te staaf.
(2)
1.15
Hoe ondersteun die prent van die foon in die bed die boodskap van die
plakkaat?
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
6
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
1.16
Verwys na die opskrif: “SKAKEL AF OM AAN TE SKAKEL”.
Verduidelik die skynbare teenstrydigheid (paradoks) in die opskrif EN wat die
opskrif eintlik bedoel.
(2)
VRAE: TEKS A EN B
1.17
Noem TWEE raadgewings uit paragraaf 8 van TEKS A wat ook in TEKS B
voorkom.
(2)
1.18
Sou Sipho se ervaring (TEKS A, paragraaf 9) ’n leerder kon oortuig om aan
die uitdaging in TEKS B deel te neem? Motiveer jou antwoord.
(1)
TOTAAL AFDELING A:
30
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
7
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE maniere waarop ’n huishouding
water kan bespaar.
LET
WEL:
1.
Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in ’n paragraaf
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2.
Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3.
Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4.
Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
ELKE DRUPPEL TEL
Suid-Afrika is een van die droër lande ter wêreld, en die meeste van ons gemeenskappe
weet uit eie ervaring hoe dit voel as die krane droog loop. Wie onthou nie die vrees vir “Dag
Nul” in Kaapstad nie? Tog draai baie van ons steeds die kraan oop asof water nooit kan
opraak nie.
Die badkamer is die grootste skuldige. ’n Vol bad gebruik baie meer water as ’n kort stort,
so kies eerder die stort en hou dit kort – ’n paar minute is genoeg. Draai ook die kraan
toe terwyl jy jou tande borsel of skeer; die water wat ongebruik by die prop afloop, is pure
vermorsing.
’n Kraan wat drup of ’n toilet wat aanhoudend loop, lyk dalk onskuldig, maar dit kan oor ’n
maand duisende liters water kos. Herstel lekplekke dus so gou moontlik. ’n Nuwe waster
kos net ’n paar rand.
Die water wat jy reeds gebruik het, hoef nie dadelik in die riool te verdwyn nie. Badwater en
die water van die wasmasjien – sogenaamde grys water – kan gebruik word om die toilet
te spoel of die blombeddings nat te gooi.
Wanneer dit reën, is die water gratis. Plaas ’n tenk of selfs net ’n paar emmers onder die
geute om reënwater op te vang. My buurvrou, tannie Rina, sweer dat haar rose nooit so
mooi gelyk het as noudat sy hulle met reënwater natgooi nie.
As jy die tuin moet natlei, doen dit vroegoggend of laatmiddag. In die hitte van die dag
verdamp ’n groot deel van die water voordat dit die wortels bereik.
Laastens: skakel die wasmasjien en skottelgoedwasser eers aan wanneer hulle heeltemal
vol is. Twee halwe ladings gebruik byna twee keer soveel water as een vol lading.
Water is nie ’n vanselfsprekende reg nie, maar ’n kosbare hulpbron. As elke huishouding
sy deel doen, sal daar vir almal genoeg wees.
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B:
10
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
8
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D
TANNIE LETTIE SE BAKKERY
1
Ouma se resep. Ons oond. Jou geluk.
2
Ons melktert is so sag soos ’n wolkie en twee keer so lekker.
3
Vars gebak elke oggend – reeds van 04:00 af!
SLEGS
R85
’n tert
4
Probeer ook ons koeksisters, vetkoek en beskuit.
5
Koop twee melkterte en kry ’n derde een GRATIS!*
6
Tannie Lettie se Bakkery: ons maak die lewe ’n bietjie soeter.
*Slegs geldig op Saterdae tot 31 Desember 2026. Terme en voorwaardes geld.
Kerkstraat 12, Parys
|
056 811 0000
[Eksaminator se eie teks. Die bakkery en kontakbesonderhede is fiktief.]
VRAE: TEKS D
3.1
Verwys na reël 1.
Benoem die tegniek wat in die sinsbou van reël 1 gebruik word EN verduidelik
die effek daarvan in die advertensie.
(2)
3.2
Benoem die stylfiguur in “so sag soos ’n wolkie” (reël 2).
(1)
3.3
Skryf die byvoeglike naamwoord “sag” (reël 2) in die oortreffende trap neer.
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
9
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
3.4
Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.4) en die letter
(A–D) neer, bv. 3.4 E.
Watter woordsoort is “Ons” in “Ons oond” (reël 1)?
A
Persoonlike voornaamwoord
B
Besitlike voornaamwoord
C
Lidwoord
D
Telwoord
(1)
3.5
Waarom word die woord “GRATIS” in reël 5 in hoofletters geskryf?
(1)
3.6
Wat is die funksie van die asterisk (*) in reël 5?
(1)
3.7
Verwys na reël 6.
Verduidelik die dubbele betekenis van die woord “soeter” in hierdie
advertensie.
(2)
3.8
Hoe ondersteun die prent van die melktert die boodskap in reël 3?
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
10
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E
RAAMPIE 1
RAAMPIE 2
RAAMPIE 3
RAAMPIE 4
RAAMPIE 5
RAAMPIE 6
Huiswerk: ’n gedig oor
die lente. Maklik! Ek
vra net my KI-toep.
LENTE
Die sneeu smelt stadig in April,
die kersiebome bloei
langs die meer …
Klaar in 10 sekondes
Ek is ’n genie!
Thandi, lees asseblief jou
gedig vir die klas voor.
“Die sneeu smelt
stadig in April …”
Sneeu? In April?
In Pretoria??
HA-HA!
Interessant. Die lente in
Suid-Afrika begin mos
in September, Thandi.
Oukei, brein … dis
jou beurt. Laai op!
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: In RAAMPIE 1 sit Thandi agter ’n lessenaar met ’n oop skootrekenaar.
RAAMPIE 2 wys die skerm met die gedig wat die toep geskryf het. In RAAMPIE 3 staan Meneer
Pieterse voor die swartbord. In RAAMPIE 4 lees Thandi die gedig voor terwyl twee klasmaats lag. In
RAAMPIE 5 praat Meneer Pieterse met Thandi, wat sweetdruppels op haar gesig het. In RAAMPIE 6
sit Thandi weer by haar lessenaar; die skootrekenaar is toe en sy skryf met ’n pen.
VRAE: TEKS E
4.1
Skryf die afkorting “KI” (RAAMPIE 1) voluit.
(1)
4.2
Watter karaktereienskap van Thandi blyk uit haar woorde in RAAMPIE 2?
Motiveer jou antwoord.
(1)
4.3
Skryf Meneer Pieterse se woorde in RAAMPIE 3 in die indirekte rede oor.
Begin só: Meneer Pieterse het vir Thandi gevra …
(1)
4.4
Verwys na RAAMPIE 4.
Verduidelik waarom die klasmaats vir Thandi se gedig lag. Noem TWEE
redes.
(2)
4.5
Wat is die funksie van die herhaalde vraagtekens in “In Pretoria??”
(RAAMPIE 4)?
(1)
4.6
Watter visuele tegniek in RAAMPIE 5 wys dat Thandi ongemaklik voel?
(1)
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
11
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
4.7
Watter houding van Meneer Pieterse word deur die woordjie “mos” in
RAAMPIE 5 uitgedruk?
(1)
4.8
Skryf Thandi se woorde in RAAMPIE 2 in die ontkennende vorm oor.
(1)
4.9
Watter les het Thandi volgens RAAMPIE 6 geleer?
(1)
[10]
Kopiereg voorbehou
Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V1
12
NSS Proef
Hlayiso/Proef 2026
VRAAG 5: ARTIKEL
Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS F
DIE BRILPIKKEWYN SE STRYD OM OORLEWING
1
By Boulders-strand naby Simonstad waggel brilpikkewyne elke dag tussen die
toeriste se voete deur. (5.1) Dié klein voëltjies balk soos donkies. Hulle is ’n
gewilde besienswaardigheid.
2
Tog is die brilpikkewyn se toekoms (5.2) onseker. Die getal brilpikkewyne het
die afgelope eeu (5.9) drasties afgeneem. (5.3) Oorbevissing van sardyne en
5
ansjovis het hul kos skaars gemaak.
3
(5.4) Oliebesoedeling klimaatsverandering en versteuring deur mense maak die
lewe vir hulle nog moeiliker. Natuurbewaarders waarsku dat die pikkewyne (5.5)
nog nie uit die bos is nie. (5.6) “Ons moet nou optree, anders is dit te laat,” sê ’n
bewaarder.
10
4
Die wyfie lê gewoonlik twee (5.7) eiers in ’n gat in die sand of onder ’n bos.
Vrywilligers bou deesdae kunsmatige neste, (5.8) (omdat/sodat) die kuikens
teen die warm son beskerm word.
[Eksaminator se eie teks]
5.1
Verbind
die
TWEE
sinne
by
(5.1)
met
behulp
van
die
betreklike
voornaamwoord wat.
(1)
5.2
Vorm ’n selfstandige naamwoord van die woord “onseker” (paragraaf 2).
(1)
5.3
Skryf die sin by (5.3) in die lydende vorm oor.
(1)
5.4
Herskryf die sin by (5.4) en voeg die ontbrekende leesteken by.
(1)
5.5
Verduidelik die betekenis van die idioom “nog nie uit die bos nie” (paragraaf
3).
(1)
5.6
Skryf die sin by (5.6) in die indirekte rede oor. Begin só: ’n Bewaarder sê …
(2)
5.7
Gee die verkleinwoord van “eiers” (paragraaf 4).
(1)
5.8
Kies die korrekte voegwoord tussen hakies by (5.8). Skryf slegs die woord
neer.
(1)
5.9
Gee ’n sinoniem vir die woord “drasties” (paragraaf 2).
(1)
[10]
TOTAAL AFDELING C:
30
GROOTTOTAAL:
70
Kopiereg voorbehou
Matching paper and memo
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock Exam 2 2026 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)
Related documents

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Question paper
Afrikaans Hl Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP (Afr)

Question paper
Afrikaans Hl Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo (Afr)

Annual teaching plan
Gr 11 Afrikaans HL ATP 2023 24

Question paper
Afrikaans Hl Grade 11 P3 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Memorandum
Afrikaans Hl Grade 11 P1 Exemplar November 2022 Memo (Afrikaans)

Memorandum
