Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 QP

Question paperAfrikaans HLGrade 1120208 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape November 2020, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 3 uur *IAFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. AFDELING A: Opstel (50 punte) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (2 x 25) (50 punte) 2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Jy moet jou tyd soos volg bestee: AFDELING A: ongeveer 100 minute AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute 8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel word NIE. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: OPSTEL VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 350 tot 400 woorde. Skryf die vraagnommer en die titel/opskrif van jou opstel neer. 1.1 Toe wéét ek, hier kom ʼn ding! [50] 1.2 Afspraak in die park [50] 1.3 Net in Suid-Afrika ... [50] 1.4 Die mens is die taal wat hy praat. [50] 1.5 # genoeg is genoeg [50] 1.6 Bestudeer die prente hieronder en skryf ʼn OPSTEL oor EEN. Skep jou eie titel. Skryf die vraagnommer (1.6.1, 1.6.2 OF 1.6.3) en jou eie titel neer. 1.6.1 [Bron:https://www.inc.com] [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) 1.6.2 [Bron: http://4 bp blogspot.com] [50] 1.6.3 [Bron: VectorStock.com] [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180 tot 200 woorde oor elk. Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer. 2.1 INFORMELE BRIEF: VRIENDSKAPLIKE BRIEF Ons is woedender as ooit tevore. Suid-Afrikaners ly trouens aan kollektiewe woede, sê Marlaine Pienaar-Vice, ʼn sielkundige van die Paarl. [Bron: Vrouekeur, 24 Januarie 2020] Jy was die afgelope tyd baie bekommerd oor ʼn familielid van jou wat gereeld woedend raak oor klein dingetjies. Skryf ʼn VRIENDSKAPLIKE BRIEF aan hierdie familielid waarin jy jou bekommernis oor sy/haar optrede uitspreek en gee voorstelle en wenke hoe hierdie persoon moontlike probleemsituasies kan hanteer. [25] 2.2 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS Suid-Afrika is ʼn land met min water, maar mense mors water en herwinning van water is nie ʼn prioriteit nie. Skryf ʼn BRIEF AAN DIE PERS waarin jy jou mening lug oor die feit dat Suid- Afrikaners baie meer aandag sal moet gee aan die herwinning van water. [25] 2.3 HULDEBLYK Adam Small is ʼn baie bekende Suid-Afrikaanse skrywer en digter wat diep spore in Suid-Afrika se letterkunde getrap het. Hy het onder andere die matrieks se voorgeskrewe drama, Krismis van Map Jacobs, geskryf. Hy is op 21 Desember 1936 in Wellington, Wes-Kaap gebore en is dood op 25 Junie 2016 in Kaapstad. Sy vrou, Rosalie Small, was vir hom ʼn inspirasie en steunpilaar. Hy het aan die universiteit van Kaapstad studeer. Skryf ʼn HULDEBLYK oor hierdie bekende skrywer. Dit gaan by julle skool se toneelaand gelees word voordat julle sy drama, Krismis van Map Jacobs, opvoer. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2020) 2.4 TYDSKRIFARTIKEL [Netwerk24.com] Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL vir ʼn tienertydskrif met die opskrif: Dit laat tieners uitrafel! [25] 2.5 DIALOOG Jy staan in ʼn lang ry by ʼn winkelsentrum. Jy knoop ʼn gesprek met die persoon voor jou in die ry aan. Die gesprek neem ʼn onverwagse wending. Skryf die DIALOOG tussen jou en hierdie persoon. [25] 2.6 ONDERHOUD Jy het onlangs julle plaaslike hospitaal besoek as deel van ʼn skoolprojek. Jy was besonder beïndruk met een van die verpleegsters wat ten spyte van moeilike werksomstandighede, altyd positief en vrolik was. Voer ‘n ONDERHOUD met hierdie verpleegster sodat jy dit in julle skoolkoerant kan plaas. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all