You're offline
Skip to content
Question paper

AFRIKAANS HL P3 QP-NOV2013_hlayiso.com_.pdf

Subject: Afrikaans HlGrade 1120137 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL P3 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (50) 2. Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A en TWEE vrae uit AFDELING B. 3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal word. 7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Voorsien elke teks van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word nie in aanmerking geneem as die woorde getel word nie. 9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL P3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400–450 woorde. 1.1 Ek het my lewe teruggekry. [50] BRAVO! BRAVO! 1.2 [50] 1.3 Genadedood is ʼn manier om mense van ʼn bestaan van pyn en lyding te verlos. Het ons die reg om ʼn ander mens se lewe, dié grootste gawe wat daar is, te neem? [50] 1.4 In die wiskundeklas Ek kwadreer en halveer – hoe hard ek ook al konsentreer, ek kry nie my werk begin nie. Niks maak meer sin. (of cos of tan) nie! Hoe moet ek aan die dink bly met jou hier reg voor my? Ek het gedink jy verstaan. Jy was my hele bestaan. Maar voordat ek kon keer het jy my tot ʼn negatief geminimaliseer. Martie Kruger [50] 1.5 “Sal alle passasiers van vlug 601 na uitgang 13 beweeg.” [50]
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL P3 (NOVEMBER 2013) 1.6 1.6.1 [50] 1.6.2 [50]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL P3 5 1.6.3 [50] TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL P3 (NOVEMBER 2013) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf skryfstukke van 180–200 woorde elk. 2.1 KOERANTBERIG Skryf ʼn KOERANTBERIG vir jou plaaslike dagblad oor EEN van hierdie onderwerpe. Steroïdes neem toe by skole Chaos by musiekkonsert Swak uitslae as gevolg van onderwystekorte (25) 2.2 BEDANKINGSBRIEF Jou afrigter het vir jou op vele terreine baie beteken. Julle gaan verhuis. Skryf ʼn BEDANKINGSBRIEF om hom/haar vir alles te bedank. 2.3 TYDSKRIFARTIKEL ʼn Allesoorheersende kompetisiegees kan dalk net so gevaarlik wees soos ʼn totale gebrek daaraan. Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL waarin jy aan jongmense raad gee oor hoe om ʼn gesonde balans te handhaaf. (25) 2.4 TOESPRAAK Die media is aandadig daaraan dat die jongmens sinies en swartgallig oor hul toekoms voel. Skryf ʼn TOESPRAAK waarin jy jou opinie oor die aangeleentheid gee. (25) 2.5 BRIEF AAN DIE PERS Skryf ʼn brief aan jul plaaslike koerant waarin jy jou kommer uitspreek oor die geweldige koste verbonde aan die matriekafskeid. (25) 2.6 VRIENDSKAPLIKE BRIEF Jou vriend /in het tydens die jaarlikse sport- of akademiese prysuitdeling uitstekend presteer. Skryf ʼn brief waarin jy hom/haar met hierdie prestasie gelukwens. (25) TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all