Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEMORANDUM
PUNTE: 100
Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers _hlayiso.com_--77a6881e-c239-4d59-a45e-6e1815426e0c/v1-c7509ce82a4fefab7e5e/card.webp)





View all





Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo
Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2013, 13 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013 · Afrikaans. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 794.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape November 2013
- Paper 1Memo
- Paper 3Question paperMemoMemo (2)
- Other filesQuestion paper
Questions in this paper
- Question 1.1Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.2Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.3Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.4Letterkunde (Literature / Set Works)50 marks
- Question 1.5Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)50 marks
- Question 1.6Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)150 marks
Show all 12 questions
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)25 marks
- Question 2.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)
- Question 2.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE
AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL)
AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/
sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit
onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud: I = K6 – 21
Taal, styl en redigering: T = K4 – 8
Struktuur: S = K5 – 3
Skryf dan die totaal van die opstel in die regterkant (onder die opstel) 32
Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
beplanningsgedeelte te wees). Langs die vraagnommer bo links.
LET WEL: Indien die getal 32½ sou wees, dra dan die getal as 33 oor.
DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel word.
Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
samevatting van die hoofgedagte.
Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
sy/haar standpunt insluit.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3
VRAAG 1
Riglyne
Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum)
mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan,
soos byvoorbeeld:
1.1 Ek het my lewe teruggekry. Die leerder kan ’n geestesprentjie
interpreteer/spekuleer oor wat hy/sy in sy/haar lewe teruggekry het.
1.2 Bravo! Bravo! Leerders kan hierdie onderwerp op positiewe vlak
interpreteer/ hier kan dit verhalend, beskrywend, argumenterend of selfs
bespiegelend wees.
1.3 Genadedood. Leerders kan hierdie onderwerp baie wyd interpreteer. Dit
kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend en selfs
argumenterend van aard wees.
1.4 In die wiskundeklas: Leerders kan hierdie onderwerp baie wyd
interpreteer.
1.5 Vlug 601 na uitgang 13: Leerders kan hierdie onderwerp wyd vertolk.
Verhalende en beskrywende opstelle kan hier verwag word.
1.6 1.6.1 Kinders met uitbundige lag: oop onderwerp. Kan tot
verskillende inhoude lei.
1.6.2 Seuntjie in rolstoel met arms in die lug: oop onderwerp. Kan
tot verskillende inhoude lei.
1.6.3 Drie pikkewyne: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude
lei.
TIPE OPSTELLE:
VERHALENDE OPSTEL
Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis (-se) (gewoonlik uit die
verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Hou die volgende in gedagte:
Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie of gebeurtenis).
ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is
die inhoud samehangend.
Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.
Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
ʼn Treffende inleiding wat die leser boei.
ʼn Verrassende slot rond die inhoud af.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
geniet.
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
BESKRYWENDE OPSTEL
Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.
Hou die volgende in gedagte:
Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.
Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag. (Dit is meer as net
die opnoem van waarnemings.)
Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.
Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse
aangewend.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
geniet.
BEREDENERENDE OPSTEL
Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn
argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn
spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente
vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
ontwikkeling van die opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt ingeneem word,
alreeds tydens die inleiding.
BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.
ʼn Gevolgtrekking word bereik in die slotparagraaf wat aansluit by die
inleiding.
Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
geniet.
BESPIEGELENDE OPSTEL
Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5
Hou die volgende in gedagte:
Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
Die onderwerp word bepeins, oordink.
Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.
ʼn Eie mening word gevorm (logies en sistematies).
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag
geniet.
ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL
Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar
standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel.
Hou die volgende in gedagte:
Kan subjektief wees en definitiewe opinies moet gestel word.
Gee eie mening op oorspronklike wyse.
Gee reeks argumente om perspektief te motiveer.
Konsentreer op argumente vir/teen standpunt.
Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
Sterk gevoelstaal – emosioneel – nie kru nie.
Duidelike en oortuigende slot.
Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
geniet.
TOTAAL AFDELING A: 50
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE
AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste
teks nagesien.
NASIENRIGLYNE:
Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:
Voorbeeld:
Inhoud, beplanning en formaat I = K5 – 9
Taal, styl en redigering: T = K5 – 6
=15
Skryf dan die totaal van die skryfstuk in die regterkant (onder die teks) neer.
Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die
afdeling).
LET WEL: Indien die getal 14½ sou wees, dra dan die getal as 15 oor.
VRAAG 2
2.1 KOERANTBERIG
Hierdie koerantberig is ʼn skryfstuk wat oor ʼn musiekkonsert of
onderwystekorte of die gebruik van steroïdes handel.
Hou die volgende in gedagte:
Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees.
Die koerantberig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
Aanhalings kan gebruik word.
Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
’n Subtitel kan ook gegee word.
Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en
kragtig wees.
Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar,
wanneer, waarom en hoe.
Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei.
Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7
2.2 FORMELE BRIEF
In hierdie brief word die afrigter bedank vir dit wat hy/sy vir jou beteken het.
Die vele terreine waarop die afrigter van hulp was, moet uitgelig word.
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting.
Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf: 7 September 2013. Die adres van die
ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
’n Reël word tussen die adres van die sender en die aanhef van die brief
oopgelaat.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in
kleinletters geskryf en dan onderstreep word.
Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.
Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken
/korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee.
Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening
uitgeskryf.
Die taalstyl, toon en register is formeel.
Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.
Aanspreekvorm in formele briewe:
Indien die titel en van van die aangesprokene bekend is, spreek die
persoon aan as Geagte meneer/mnr./mnr. Bekker [25]
2.3 TYDSKRIFARTIKEL
Artikel moet raad aan jongmense gee oor hoe om ’n balans te handhaaf
om kompetisie nie te ver te voer nie..
Daar is ’n ooreenkoms tussen ’n feitlike opstel en ’n artikel.
Bedrywende vorm kom ook in die artikel voor.
Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die teikengroep
moet in gedagte gehou word: in hierdie geval is dit leerders.
Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word.
Aanhalings kan gebruik word.
Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.
’n Subtitel kan ook gegee word.
Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en kragtig
wees.
Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar,
wanneer, waarom en hoe.
Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei.
Meer inligting – die hoe en hoekom – word nou gegee.
Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. (25)
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
2.4 TOESPRAAK
Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor te
oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank. In hierdie toespraak moet
die leerders ingelig word oor die invloed wat bv. koerante op leerlinge se
gemoedtoestand het met hul siniese of bedrukte beriggewing.
’n Interessante inleiding is belangrik om gehoor se aandag te trek.
Openingsin is belangrik, bv. Geagte graad 11’s.
Elke paragraaf handel oor ’n nuwe feit.
Inhoud is logies en georden.
Onderwerp, taal, styl en register moet by die gehoor pas.
Interessante voorbeelde, staaltjies en grappie maak die toespraak
lewendig. (25)
2.5 BRIEF AAN DIE PERS
Jy moet jou kommer uitspreek oor die geweldige koste verbonde aan die
Matriekafskeid. Daar moet dus voorbeelde genoem word om die hoë kostes
aan te dui.
Die brief word geskryf om ’n standpunt in te neem of om iets met die
lesers te deel.
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
adres van ontvanger, aanhef, opskrif, paragrawe en afsluiting.
Die adres van die sender kom reg boaan in blokvorm.
Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf.
’n Reël word oopgelaat tussen die adres van die koerant en die aanhef
van die brief.
Geen leesteken word in die adresse gebruik nie.
Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief
saamvat.
Die brief word afgesluit met die sender se naam. (25)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9
2.6 INFORMELE BRIEF
In hierdie brief word die vriend(in) geluk gewens met die besondere
prestasie(s) wat hy/sy tydens die sport- of akademiese prysuitdeling behaal
het. Die terrein(e) waarop die persoon uitgeblink het, moet uitgelig word.
Hou die volgende in gedagte:
Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van sender, datum,
aanhef, paragrafering en afsluiting.
Daar word nie ’n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Die datum word voluit geskryf: 7 September 2013.
Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.
’n Reël word tussen die adres en die aanhef van die brief oopgelaat.
Die taalstyl, toon en register is formeel. (25)
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
10
Downloaded from hlayiso.com
AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KREATIEWE SKRYFWERK (OPSTEL) – HUISTAAL: 50 PUNTE
PRESTASIE - Kode 7: Kode 6: Kode 5: Kode 4: Kode 3: Kode 2: Kode 1:
AANDUIDERS Uitmuntend Besonders Verdienstelik Beduidend Genoegsaam Basies Ontoereikend
80 – 100% 70 – 79% 60 – 69% 50 – 59% 40 – 49% 30 – 39% 00 – 29%
24 – 30 21 – 23 18 – 20 15 – 17 12 – 14 9 – 11 0–8
- Inhoud: uitstaande, - Inhoud: - Inhoud: goed, - Inhoud: toepaslik, - Inhoud: gewoon - Inhoud: nie altyd - Inhoud: irrelevant,
baie oorspronklik oorspronklik gegrond, redelik geskik, voldoende middelmatig, duidelik nie, nie van toepassing
- Idees: stem leser prysenswaardig, samehangend samehang leemtes in samehang nie, geen
INHOUD EN tot nadenke, verdienstelik - Idees: interessant, - Idees: taamlik samehang ontbreek samehang
BEPLANNING uitdagend, - Idees: oortuigend oorspronklik, - Idees: meestal meer nie
uitgebreid, verbeeldingryk, - Beplanning: bewys relevant toepaslik, beperkte - Idees: min idees, - Idees: vervelig
30 PUNTE volwasse interessant van beplanning - Beplanning: bewys oorspronklikheid gereelde herhaling herhalend, nie gerig
- Beplanning: bewys - Beplanning: bewys en/of van beplanning - Beplanning: bewys - Beplanning: op onderwerp nie
van beplanning van beplanning konsep daarvan lei en/of van beplanning ontbreek of is - Beplanning:
en/of en/of tot die aanbieding konsep daarvan lei en/of konsep onaanvaarbaar ontbreek of is
konsep daarvan lei konsep daarvan lei van ʼn goeie opstel tot ʼn bevredigende daarvan lei tot ʼn omdat dit ontoereikend. Die
tot die aanbieding tot die aanbieding opstel aanvaarbare opstel ontoepaslik is. Die opstel is swak
van ʼn foutlose van ʼn vernuftige konsep lei tot ʼn aangebied en
opstel opstel onaanvaarbare saamgestel
opstel
12 – 15 10½ – 11½ 9 – 10 7½ – 8½ 6–7 4½ – 5½ 0–4
- Kritiek bewus van - Duidelik bewus van - Steeds bewus van - Soms is daar - Kritiese - Geen kritiese - Taal en punktuasie
taalimpak taalimpak taalimpak tekens van kritiese taalbewustheid taalbewustheid uiters swak
- Gebruik - Kan figuurlike taal - Taal en punktuasie bewustheid van beperk - Taal en punktuasie - Woordkeuse
gevorderde toepaslik gebruik meestal korrek taal - Taal middelmatig, vol foute ontoepaslik
en gepaste - Taal, punktuasie - Woordkeuse gepas - Taal eenvoudig, punktuasie word - Woordkeuse nie geskik nie
TAAL, STYL EN figuurlike korrek by teks punktuasie verkeerd gebruik beperk - Styl, toon, register
REDIGERING taal - Woordkeuse - Styl, toon, register voldoende - Woordkeuse basies - Styl, toon, register gebrekkig
- Taal en punktuasie gevarieerd en toepaslik vir - Woordkeuse - Styl, toon, register ontoepaslik - Teks wemel van
15 PUNTE effektief gebruik kreatief onderwerp voldoende ontbreek aan - Teks wemel van foute en is steeds
- Woordkeuse - Styl, toon, register - Teks meestal - Styl, toon, register samehang foute na proeflees deurmekaar na
uitsonderlik, toepaslik vir foutvry gepas - Teks het baie foute en redigering proeflees en
gevorderd onderwerp na proeflees en - Teks het steeds na proeflees en redigering
uitgebreid - Teks grootliks redigering foute na proeflees redigering - ʼn Frustrerende
- Styl, toon, register foutvry na en redigering leesinspanning
hoogs toepaslik vir proeflees
onderwerp en redigering
-Teks feitlik foutvry
na proeflees en
redigering
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11
4–5 3½ 3 2½ 2 1½ 0–1
- Samehangende - Logiese - Verskeie toepaslike - By sommige - Die nodigste - Onderwerp nie - Onderwerp
ontwikkeling van ontwikkeling besonderhede is aspekte is daar besonderhede is deurgaans misgetas
onderwerp van inhoud, ontwikkel ontwikkeling van teenwoordig aangespreek nie, nie ter sake nie,
STRUKTUUR - Uitstaande, helder samehangend - Sinne en die nodige - Sinne en maar gedagtegang geen samehang
besonderhede - Sinne en paragrawe besonderhede paragrawe kan gevolg word dwaal af
5 PUNTE - Sinne en paragrawe is goed saamgestel - Sinne en is meermale - Elementêre - Sinne en
paragrawe is logies gevarieerd - Lengte korrek paragrawe foutief, konstruksie van paragrawe
is briljant - Lengte korrek kan plek-plek maar die opstel sinne en sonder samehang
saamgestel foutief maak nog sin. paragrawe - Uit vraestel
- Lengte in wees, maar die - Lengte te lank/kort - Lengte te lank/kort oorgeneem
ooreenstemming opstel maak nog - Lengte te lank/kort
met vereistes van sin.
onderwerp - Lengte byna korrek
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2013)
AFDELING B: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL: 25 PUNTE
PRESTASIE- Kode 7: Kode 6: Kode 5: Kode 4: Kode 3: Kode 2: Kode 1:
AANDUIDERS Uitmuntend Besonders Verdienstelik Beduidend Genoegsaam Basies Ontoereikend
80 – 100% 70 – 79% 60 – 69% 50 – 59% 40 – 49% 30 – 39% 00 – 29%
INHOUD, 12 – 15 10½ – 11 9 – 10 7½ – 8½ 6–7 4½ – 5½ 0–4
- Uitgebreide - Baie goeie kennis - Goeie kennis van - Voldoende kennis - Matige kennis van die - Basiese kennis van - Geen kennis van
BEPLANNING gespesialiseerde van die vereistes die vereistes van van die vereistes vereistes van die teks. die vereistes van die vereistes van
EN FORMAAT kennis van die van die teks. die teks van die teks Respons op opdrag die teks. Reaksie die teks nie.
vereistes van die - Gedissiplineerde - Die leerder behou - Die leerder se vertoon beperkte fokus. op die Respons
15 PUNTE teks. skryfwerk – leerder fokus in die fokus - Die leerder wyk af van opdrag vertoon ʼn op die opdrag
- Gedissiplineerde behou fokus op die skryfwerk, met wyk af, maar dit die opdrag en die baie beperkte vertoon byna geen
skryfwerk – leerder aanbieding, geen geringe afwykings belemmer nie betekenis is plek-plek fokus fokus nie
fokus presies op die afwyking. - Die teks is meestal betekenis nie vaag. - Die leerder wyk af - Leerder wyk af van
aanbieding, geen - Die teks is same- samehangend wat - Die teks is - Die teks is nog van die opdrag en die opdrag en die
afwyking. hangend wat inhoud en idees voldoende samehangend wat die betekenis is betekenis van die
- Algehele samehang inhoud en idees betref, uitbreiding samehangend wat inhoud en idees betref, plek-plek nie van teks is nie van
wat inhoud en idees betref, baie goeie kom voor en die inhoud en idees sommige besonderhede toepassing nie toepassing nie
betref. uitbreiding, al die besonderhede betref, sommige ondersteun die - Inhoud en idees - Inhoud en idees is
- Hoogstaande uit- besonderhede ondersteun die besonderhede onderwerp. van onsamehangend,
breiding, al die ondersteun die onderwerp ondersteun die - Bewys van beplanning teks is nie altyd baie min
besonderhede onderwerp. - Bewys van onderwerp en/of konsep daarvan samehangend nie, besonderhede
ondersteun die - Bewys van beplanning en/of - Bewys van lei tot die aanbieding min besonderhede ondersteun die
onderwerp. beplanning en/of konsep daarvan lei beplanning en/of van ʼn aanvaarbare teks. ondersteun die onderwerp
- Bewys van konsep daarvan lei tot die aanbieding konsep daarvan lei - Noodsaaklike reëls van onderwerp - Beplanning
beplanning en/of tot die aanbieding van ʼn goed tot die aanbieding die formaat is genoeg- - Beplanning ontbreek
konsep daarvan lei van ʼn baie goed beplande teks van ʼn saam toegepas, ontbreek of is ontoereikend.
tot aanbieding van beplande en - Noodsaaklike reëls bevredigende nalatige foute is gemaak of is Teks is swak
ʼn foutlose en goed saamgestelde teks. van die formaat is teks onaanvaarbaar aangebied
beplande teks. - Noodsaaklike reëls goed toegepas - Voldoen aan omdat dit - Teksformaat is nie
- Formaat is toepaslik van die formaat is formaatvereistes ontoepaslik is toegepas nie
en van hoogstaande baie goed van die teks, - Het ʼn vae idee van
standaard. toegepas. enkele foute die teksformaat
maar growwe foute
is gemaak
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13
8 – 10 7 – 7½ 6 – 6½ 5 – 5½ 4 – 4½ 3 – 3½ 0 – 2½
- Teks is - Teks is baie goed - Teks is goed - Teks is so - Teks net basies - Teks is swak - Teks is baie swak
grammatikaal saamgestel en saamgestel en lees saamgestel dat dit saamgestel. saamgestel en saamgestel en
korrek en briljant korrek maklik maklik lees. Foute Verskeie foute moeilik om te volg baie
saamgestel - Woordkeuse is - Woordkeuse is beïnvloed nie die - Woordkeuse is - Woordkeuse het moeilik om te volg
- Woordkeuse is van baie geskik vir die toepaslik vir die leesbaarheid nie beperk en nie baie remediëring nodig - Woordkeuse het
hoogstaande doel, teikengroep doel, teikengroep - Woordkeuse is toepaslik vir die en is nie toepaslik ernstig aandag
standaard en is en konteks van die en konteks van die gedeeltelik doel, teikengroep vir doel, nodig en is nie
TAAL, STYL EN uiters geskik vir die teks teks toepaslik en konteks van die teikengroep geskik vir doel,
REDIGERING doel, teikengroep - Styl, toon en - Styl, toon en vir doel, teks nie en konteks van die teikengroep en
en konteks van die register register teikengroep - Gebreke in styl, teks nie konteks van die
10 PUNTE teks is toepaslik vir die is meestal toepaslik en konteks toon en register - Styl, toon en teks nie
- Styl, toon en vereistes van die - Na proeflees en - Styl, toon en - Na proeflees en register nie geskik - Styl, toon en
register teks redigering is die register redigering het die nie register
is van hoogstaande - Na proeflees en teks is taamlik toepaslik teks verskeie foute - Die teks is besaai korrespondeer nie
standaard en redigering is teks meestal foutvry - Na proeflees en - Lengte nog met foute ten spyte met die onderwerp
hoogs grootliks foutvry - Lengte redigering het teks aanvaarbaar van proeflees en nie
toepaslik - Lengte is aanvaarbaar foute redigering - Teks is besaai met
- Na proeflees en gewoonlik - Lengte steeds - Lengte dikwels te foute en is
redigering is teks genoegsaam aanvaarbaar lank/kort deurmekaar ten
feitlik foutvry spyte van proeflees
- Lengte gewoonlik en redigering
in ooreenstemming - Lengte gewoonlik
met vereistes van te lank/kort
onderwerp
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--77a6881e-c239-4d59-a45e-6e1815426e0c/v1-c7509ce82a4fefab7e5e/card.webp)
Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2013 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2020 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP

Question paper