Skip to content

Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 11201514 pages

Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2015, 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape November 2015

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) ANALISE VAN VRAESTEL AFDELING A OPSTEL 1.1 Verhalend/Beskrywend 1.2 Beskrywend/Bespiegelend 1.3 Beskrywend/Bespiegelend 1.4 Argumenterend/Beredenerend 1.5 Beskrywend/Bespiegelend 1.6 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Beredenerend/ Argumenterend AFDELING B LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE 2.1 Formele Brief 2.2 Informele Toespraak 2.3 Onderhoud 2.4 Resensie 2.5 Dekbrief en CV 2.6 Informele Brief aan die Pers ONTLEDING VAN VRAESTEL 3 DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK VLAK 1: 3 PUNTE VLAK 2: 4–6 PUNTE VLAK 3: 7–9 PUNTE VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 O: Onderwerp Kandidaat se eie Kandidaat se eie en Kandidaat en die wye persoonlike en onmiddellike wêreld. alledaagse gemeenskap en leefwêreld. omgewing. A: Aanbieding Baie hulp; Minder hulp; Net die onderwerp, riglyne, minder riglyne, min leiding woordeskat in minder woordeskat in tekste, tekste, uitdagender antwoordblad, antwoordblad. ens. U: Uitdaging Skryf net woorde. Skryfstukke wat hoër Moeiliker skryfvorme skryfvaardighede vereis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG OPSTEL O A U TOTAAL DENKVLAK 1.1 Verhalend/Beskrywend 1 1 1 3 1 1.2 Beskrywend/Bespiegelend 1 2 2 5 2 1.3 Beskrywend/Bespiegelend 2 2 2 6 2 1.4 Beredenerend/Argumenterend 3 3 3 9 3 1.5 Beskrywend/Bespiegelend 2 3 2 8 3 1.6 Verhalend/Beskrywend/ Bespiegelend/Beredenerend/ 2 2 2 6 2 Argumenterend AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG LANGER O A U TOTAAL DENKVLAK TRANSAKSIONELE TEKSTE 2.1 Formele Brief 2 2 2 6 2 2.2 Informele Toespraak 1 1 1 3 1 2.3 Onderhoud 2 2 2 6 2 2.4 Resensie 2 2 3 7 3 2.5 Dekbrief en CV 2 3 3 8 3 2.6 Informele Brief aan die Pers 3 2 3 8 3 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille van eenvoud en eenvormigheid: SIMBOOL BESKRYWING VERDUIDELIKING 0 Sirkel Puntuasiefout Dubbelstrepie onder ʼn Spelfout woord Langstreep onder ʼn woord Foutiewe woord gebruik Sirkel met pyltjie Woordorde /\ Weglaatteken Woord weggelaat T Hoofletter T in kantlyn Tye verwar H Dubbele hh Herhaling van gedagtes VR Vraestel Dele saamgeflans met woorde in vraestel gebruik ? Vraagteken Baie verwarrend/sukkel om te verstaan wat leerder skryf [ Enkelhakie Nuwe paragraaf E Letter “e” bo woord Engelse woord gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL) AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = K4 – 22 I = K3 – 12 Taal, styl en redigering: T = K3 – 7 T = K3 – 4 Struktuur: S = K5 – 5 S = K4 – 4 Skryf dan die totaal van die opstel in 33 20 die regterkant (onder die opstel:) Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links. DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL  Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.  Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.  Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende, beredenerende en verklarende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 VRAAG 1 RIGLYNE Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Toe val my afspraak plat: Die onderwerp leen hom toe tot ʼn verhalende opstel waarin die leerder van die afspraak vertel wat om een of ander rede verkeerd afgeloop het. Dit kan ook ʼn beskrywende opstel wees indien die afspraak wat sleg verloop het, beskryf word. Die fokus val dan op die beskrywing. 1.2 Oomblikke in die lewe wat uitstaan ... Leerders kan hierdie onderwerp op ʼn negatiewe of positiewe vlak interpreteer toe hy/sy vreugde of hartseer in die lewe ervaar het. Hier kan beskrywende opstelle verwag word. Die leerder kan ook bespiegel oor positiewe of negatiewe oomblikke en die gevoelens wat normaalweg daarmee gepaard gaan. 1.3 Dinge wat uitkomkanse in die lewe bied: Die leerder kan hierdie onderwerp gebruik om dinge/persoon(e) te beskryf waarheen hy/sy sy/haar toevlug neem as dit moeilik gaan. Die leerder kan ʼn bespiegelende opstel aanbied waarin hy dinge/persone noem na wie jy onder moeilike omstandighede kan draai. 1.4 Werkloosheid: Die leerder behoort standpunt in te neem en die stelling aan die hand van sinvolle argumente te bewys. Hierdie onderwerp leen hom veral tot die negatiewe gevolge van werkloosheid. Indien die leerder beide kante van die saak stel, sal die skryfstuk beredenerend aangebied word. 1.5 Ek wil van rigting verander: Hierdie onderwerp leen hom uitstekend tot ʼn beskrywende/bespiegelende opstel toe. Leerders kan hierdie onderwerp wyd interpreteer. Die leerder moet fokus op waarom hy/sy van rigting wil verander en hoe die verandering sy/haar lewe positief gaan beïnvloed. 1.6 1.6.1 Tiener/vrou wat vinger wys Die leerder kan hierdie onderwerp wyd interpreteer. Verskillende inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv. beskuldiging oor iets wat die persoon verkeerd gedoen het, e.d.m. 1.6.2 Bejaarde paartjie wat dans Verskillende inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv. bejaardes wat trou, spesiale geleentheid vier, e.d.m. 1.6.3 Hand met sleutel en huis Verskillende inhoude en tipes opstelle kan hier verwag word, bv. ‘ʼn persoon se eerste huis, huis wat in ʼn kompetisie gewen is, die huis as ʼn erfporsie, e.d.m. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) TIPES OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte:  Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie/gebeurtenis).  ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.  Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.  Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep.  Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die inhoud samehangend.  Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees.  Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd.  ʼn Kort, treffende inleiding wat die leser boei.  Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte:  Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis.  Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings).  Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding.  Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.  Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.  Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.  Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Hou die volgende in gedagte:  Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor alreeds in die inleiding, standpunt ingeneem word.  BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.  Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder.  ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die inleiding.  Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense. Hou die volgende in gedagte:  Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.  Die onderwerp word bepeins, oordink.  Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg.  ʼn Eie logiese en sistematiese mening word gevorm.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel. Hou die volgende in gedagte:  Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word.  ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee.  ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.  Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word.  ʼn Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.  Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.  Daar moet ʼn duidelik en oortuigende slot wees.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat I = K4 – 11 Taal, styl en redigering T = K3 – 5 16 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die afdeling). VRAAG 2 2.1 FORMELE BRIEF In hierdie brief word ontevredenheid uitgespreek oor die stygende elektrisiteitskoste. Die kandidaat moet wenke gee oor hoe om die hoë koste te verminder. Hou die volgende in gedagte:  Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender, datum, adres van die ontvanger, aanhef, inhoudsopskrif/doel, paragrawe en afsluiting.  Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.  Die datum word voluit geskryf: 24 Oktober 2015. Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.  Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.  ʼn Reël word tussen die adres van die afsender en die aanhef van die brief oopgelaat.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word.  Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.  Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken/korrespondente kan ook hul noemnaam en van gee.  Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf.  Die taalstyl, toon en register is formeel.  Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie.  Indien die titel en van van die aangesprokene bekend is, spreek die persoon aan as Geagte meneer/mnr. Basson. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 INFORMELE TOEPSRAAK Hierdie TOESPRAAK fokus op die verbetering van tieners se selfbeeld. Hou die volgende in gedagte:  Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor te oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank.  In hierdie toespraak moet inligting/wenke om tieners se selfbeeld te verbeter, beklemtoon word.  Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas.  ʼn Interessante inleiding is belangrik om die gehoor se aandag te trek.  Die openingsin is belangrik, bv. Geagte tieners.  Elke paragraaf handel oor ʼn nuwe feit.  Inhoud is logies en georden.  Onderwerp, taal; styl en register moet by die gehoor pas.  Interessante voorbeelde, staaltjies en grappies maak die toespraak lewendig.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet. [25] 2.3 ONDERHOUD Dis die kommunikasie/gesprekvoering tussen die sportjoernalis en die atleet wat vir die nasionale skolespan gekies is. Hou die volgende in gedagte:  Die geskrewe onderhoud gaan oor die werklikheid.  Die onderhoud word beplan deur vrae te vra.  Die titel is ʼn goeie weerspieëling van die onderwerp.  Vrae moet duidelik en kort wees.  Relevante antwoorde moet verskaf word en moenie Ja/Nee of te lank wees nie.  Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant, gevolg deur die dubbelpunt.  Elke nuwe spreekbeurt word op ʼn nuwe reël geskryf.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, geskryf.  Die onderhoud kan in dialoogvorm aangebied word.  Die slotparagraaf vat die onderhoud saam.  Die taal en styl moet by die onderwerp pas.  Gebruik leestekens om emosie aan te dui. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) 2.4 RESENSIE Hierdie resensie gee ʼn individuele respons op ʼn rolprent of DVD. Die fokus van die resensie moet by die opskrif aansluit, nl. vriendskap.  Resensies word nie altyd volgens ʼn vaste formaat geskryf nie.  Goeie resensies probeer om regverdig en eerlik te wees.  Humor kan in die resensie gebruik word.  Die resensie moet van ʼn treffende opskrif voorsien word.  Aandag moet aan al vier aspekte van ʼn resensie gegee word: inhoud, styl, struktuur en oordeel.  Basiese, toepaslike feite soos die naam van die regisseur, akteurs, titel van die rolprent/DVD, produksiemaatskappy, die verkoopprys (waar van toepassing) moet verskaf word.  Inligting moet logies georden wees net een punt. Die resensie word deur die skrywer se laaste indrukke en aanbevelings afgesluit.  Die taal, styl en register moet by die resensie pas. [25] 2.5 DEKBRIEF EN CV Hier moet aansoek gedoen word om een van die poste. Hou die volgende in gedagte:  ʼn Dekbrief vergesel die CV.  In ʼn dekbrief stel jy jouself bekend en verduidelik kortliks waarom jy aansoek vir die pos doen.  Rig die brief, indien moontlik, aan ʼn spesifieke persoon.  Skryf in die teenwoordige tyd.  Skryf nugter, saaklik en op die punt af.  Die taal, styl, toon en register is formeel.  Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender, datum, adres van die ontvanger, aanhef, inhoudsopskrif/doel, paragrawe en afsluiting.  Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.  Die datum word voluit geskryf: 24 Oktober 2015. Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf.  Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.  ʼn Reël word tussen die adres van die afsender en die aanhef van die brief oopgelaat.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word.  Geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.  Die aansoeker onderteken die brief. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11  Die aansoeker se naam en van volg na die handtekening.  ʼn CV bevat besonderhede oor ʼn persoon se loopbaan, kwalifikasies en prestasies.  Die inhoud moet logies, kort en bondig, en volgens ʼn patroon wees, bv. persoonlike besonderhede, kwalifikasies, leierskap, werksondervinding en verwysings.  ʼn CV word puntsgewys geskryf. 2.6 INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS In hierdie brief aan die pers moet die leerder sy mening lug oor die moontlike verandering aan die Kinderwet wat tug tuis sal verbied. Hou die volgende in gedagte:  Die inhoud van sulke skryfstukke is baie belangrik.  Die briefskrywer moet ʼn definitiewe standpunt inneem.  Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees.  Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word.  Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om emosioneel betrokke te raak, gestel word.  Skryf in eenvoudige, direkte taal.  Gebruik ʼn informele register.  Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik, paragrafering moet aandag geniet.  Die formaat van die brief moet korrek wees:  Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm.  Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.  Die datum word voluit geskryf.  ʼn Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat.  Geen leestekens word in die adresse gebruik nie.  Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf, OF dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat. Sluit af met ʼn treffende slotparagraaf.  Die brief word afgesluit met “Die uwe” – geen leestekens word na “Die uwe” gebruik nie.  Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en dan die sender se regte naam en handtekening.  Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word. [25] TOTAAL AFDELING B (2 x 25): 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) LET WEL: • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). • Die punte van 0–50 vir die nasien van die opstel is in vyf kategorieë verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in ʼn hoë en lae subkategorie verdeel. In elke sub-kategorie word die verspreiding van punte aangedui. • Die verdeling van punte in ʼn hoë en lae subkategorie beïnvloed nie die punt wat vir Struktuur toegeken word nie. AANHANGSEL D: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 27–30 22–23 15–17 9–11 3–5 BEPLANNING - Uitstaande en - Goed saamgestelde - Bevredigende respons - Idees is - Idees is deurmekaar Hoë subkategorie (Respons op en treffende respons; respons. - Idees is oortuigend en onoorspronklik en en ongefokus. idees in teks.) bo verwagting. - Idees oortuigend, redelik samehangend. onduidelik. - Ontoepaslike Organisering van - Intelligent, stem interessant, toon - Organisasie (inleiding, - Samehang is respons. leser tot nadenke, bewyse van liggaam en inkonsekwent. - Vaag en herhalend. idees volwasse idees. volwassenheid. samevatting/slot) is - Geringe bewys van - Ongeorganiseerd en Bewus van doel, - Organisasie redelik en organisasie (inleiding, onsamehangend. - Organisasie gehoor en (inleiding, liggaam en (inleiding, liggaam samehangend. liggaam en konteks van teks. samevatting/slot) is en samevatting/slot) samevatting/slot) en uitsonderlik en is baie goed en samehang. 30 PUNTE samehangend. samehangend. 24–26 18–21 12–14 6–8 0–2 - Uitmuntende - Goed saamgestelde - Bevredigende - Grootliks ontoepaslike - Idees is ontoepaslik respons, maar respons. respons, maar soms is respons. en nie geskik nie. Lae subkategorie uitstaande en - Toepaslike en daar mistastings. - Idees is - Geen respons op treffende eienskappe interessante idees. - Idees is redelik onsamehangend en teks. ontbreek. - Organisasie samehangend en verwarrend. - Ongefokus en - Volwasse en (inleiding, liggaam oortuigend. - Weinig bewyse van verwarrend. intelligente idees. en samevatting/slot) - In ʼn mate bewus van organisasie (inleiding). - Organisasie is goed en organisasie (inleiding, (inleiding, liggaam en samehangend. liggaam en samevatting/slot) is samevatting/slot) en knap en samehang. samehangend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 10–11 6–7 2–3 0 REDIGERING - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Taal is woordeskat hoogs gepas woordeskat baie gepas woordeskat woordeskat is nie onverstaanbaar. Hoë subkategorie TAAL, STYL EN vir doel, gehoor en vir doel, gehoor en is gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, - Toon, register, styl REDIGERING konteks. konteks. en konteks. gehoor en konteks en woordeskat is Toon, register, styl en - Taalgebruik is uitsonderlik, - Taalgebruik is effektief; - Taalgebruik is gepas; dra nie. Taalgebruik is nie gepas vir doel, woordeskat is geskik treffend en met toon betekenis oor; toon is basies. gehoor en konteks vir doel/effek en selfvertroue. gepas, konstant; retories gepas; retoriese middels - Toon en taalgebruik nie. konteks - Toon pakkend; retories effektief. versterk betekenis. is ontoepaslik. - Woordeskat is so Woordkeuse, effektief. - Grammatika en spelling is - Foute in grammatika; - Woordeskat is beperk dat dit taalgebruik en - Grammatika en spelling feitlik foutvry. spelling. beperk. moeilik is om opstel konvensies, feitlik foutvry. - Samestelling is knap. - Samestelling is redelik te verstaan. punktuasie, na goed. grammatika en spelling 13–12 9–8 5–4 1–0 - Toon, register, styl en - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, Lae subkategorie 15 PUNTE woordeskat is uitstekend woordeskat baie gepas woordeskat woordeskat is nie en retories effektief. vir doel, gehoor en is gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, - Taalgebruik is treffend en konteks. en konteks. gehoor en konteks met selfvertroue. Toon - Taalgebruik is effektief; - Taalgebruik is gepas; nie. pakkend; retories toon soms inkonsekwent. - Taalgebruik is basies. effektief. gepas; retories effektief. - Toon is gepas; beperkte - Weinig of geen - Grammatika en spelling is - Grammatika en spelling is gebruik van retoriese sinsverskeidenheid. feitlik foutvry. feitlik foutvry. middels. - Woordeskat is - Samestelling is baie knap. - Samestelling is knap. beperk. STRUKTUUR 5 4 3 2 1 Kenmerke van teks - Uitstaande ontwikkeling - Logiese ontwikkeling van - Toepaslike idees -- Sommige geldige - Nodige idees Paragraafontwikkeling van onderwerp. besonderhede. ontwikkel. idees. ontbreek. en sinskonstruksie - Uitsonderlike - Samehangend. - Sinne, paragrawe - Sinne en paragrawe - Sinne en paragrawe besonderhede. - Sinne, paragrawe logies ontwikkel. het foute. wemel van foute. 5 PUNTE - Samestelling van sinne en en verskillend. - Opstel verstaanbaar. - Opstel maak tog sin - Opstel maak nie sin paragrawe uitstaande. t.s.v. baie foute. nie. VERSPREIDING VAN PUNTE 40–50 30–39 20–29 10–19 0–9 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/NOVEMBER 2015) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 BEPLANNING EN - Uitstaande en treffende - Baie goeie respons; toon - Respons voldoende; toon - Respons basies; toon - Respons toon geen kennis FORMAAT respons; bo verwagting ’n goeie kennis van kennis van kenmerke van geringe kennis van van kenmerke van teks - Intelligente en volwasse idees kenmerke van teks. teks. kenmerke van teks. nie. Respons en idees; - Grondige kennis van kenmerke - Behou fokus – geen - Toon tekens dat fokus behou - Behou nie fokus nie; wyk af - Betekenis is onduidelik. organisering van van teks afwyking word; enkele afwykings - Inhoud en idees nie altyd - Geen samehang in idees - Skryfstuk behou fokus. - Inhoud en idees - Inhoud en idees redelik samehangend nie. en inhoud nie. idees vir beplanning; - Inhoud en idees samehangend samehangend, uitgebreid samehangend - Baie min details ondersteun - Geen details ondersteun doel, gehoor, - Idees uitgebreid en behou fokus en details ondersteun - Sommige details ondersteun die onderwerp. die onderwerp. kenmerke/konvensies - Gepaste en akkurate formaat onderwerp. die onderwerp. - Onseker van formaat van - Formaat van teks nie en konteks - Gepaste formaat; geringe - Formaat oorwegend gepas, teks; enkele, kritiese, toegepas nie. afwykings maar afwykings kom voor. nalatige foute. 15 PUNTE TAAL, STYL EN 8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 REDIGERING - Toon, register, styl, woordeskat, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, - Toon, register, styl, hoogs geskik vir doel, gehoor woordeskat, baie geskik woordeskat, geskik vir doel, woordeskat, pas nie altyd by woordeskat, nie geskik vir Toon, register, styl, en konteks. vir doel, gehoor en gehoor en konteks. doel, gehoor en konteks nie. doel, gehoor en konteks. doel/effek, gehoor en - Grammatika akkuraat; struktuur konteks. - Enkele grammatikafoute - Grammatika onakkuraat met - Besaai met foute konteks; baie goed. - Grammatika in die - Foute belemmer nie betekenis baie foute - Betekenis onduidelik taalgebruik en - Feitlik foutloos. algemeen korrek; nie. - Betekenis onduidelik konvensies; struktuur goed. woordkeuse; - Feitlik foutloos punktuasie en spelling 10 PUNTE VERSPREIDING 20–25 15–19 10–14 5–9 0–4 VAN PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Afrikaans HL

View all