Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
AFRIKAANS HUISTAAL V1
PUNTE: 70
TYD: 2 uur
*IAFRHL1*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015, 16 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.7 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: LEESBEGRIP (30)
AFDELING B: OPSOMMING (10)
AFDELING C: TAAL (30)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
4. Trek ʼn streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
6. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 3
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS 1: ARTIKEL
Die Y-generasie en die EINAS
Vandag se twintigplussers is selfversekerd en talentvol, maar oor die algemeen glo
maar ongelukkig. Is die sosiale media die bron van dié bewolktheid, is hulle bederf,
het hulle sag geword? Ons gaan steek kers op by sielkundiges.
1. Deesdae bly kinders veel langer by die huis en die ouers mor ... die kinders het
dit eintlik soveel makliker, maar hulle is nie juis gelukkig nie. En hulle sukkel
om vastrapplek in hul werk en in hul grootmenslewe te kry. Hulle het oënskynlik
meer selfvertroue en is veel wêreldwyser as wat hul ouers op dieselfde
ouderdom was. Hoekom is hulle dan so ongelukkig as dinge dan soveel beter
is?
2. Adjunkprofessor Paul Harvey van die Universiteit van New Hampshire sê
navorsingsbevindings bewys dat hierdie kinders maklik ongelukkig in hulle
werk is omdat hulle soveel meer verwag het. Hulle maak aanspraak op
onverdiende voorkeurbehandeling, is meer geneig tot konflik en ervaar minder
werksbevrediging.
3. “Die enigste groot verskil tussen ander generasies en die huidige geslag, die
sogenaamde Y-generasie wat nou in hul twintigerjare is, is dat die jonges met
veel meer tegnologie grootgeword het,” sê dr. Marlene Arndt, ʼn sielkundige van
Johannesburg. Hierdie kinders is dag en nag deel van die sosiale media en
hulle sien daagliks die omvang van die geluk wat hul vriende op facebook
uitstal. Ongelukkig adverteer mense net hul glansoomblikke en niemand hoor
ooit van die mislukkings en smart nie. Dis ʼn bietjie soos dobbelaars wat vertel
wanneer hulle R10 000 gewen het, maar niemand hoor van die R30 000 wat
hulle al verloor het nie.
4. Boonop probeer elke nuwe generasie ouers vir hul kinders ʼn beter lewe gee.
Dis ʼn natuurlike begeerte. Die ouers belowe ʼn roostuin vir die kinders en plant
dit met goeie geleerdheid, ʼn blyplek en voertuig, maar die kinders is so
gewoond aan die onrealistiese verwagting dat alles maklik en lekker gaan
wees, dat hulle nie voorbereid is op die harde werk wat dit verg om hierdie
“roostuin”, oftewel lewenstyl, in stand te hou nie.
5. “Kinders verwag nou baie meer van die lewe en soms is dit vir hulle ʼn groot
teleurstelling wanneer hulle die werklikheid beleef,” sê dr. Arndt. “Ons het hulle
gedurig geloof en geprys en vertel hoe spesiaal hulle is. Dit is wel goed vir hul
selfbeeld, maar nou is mislukking ʼn probleem, want hulle verwag so baie.” Dr.
Arndt benadruk dit dat hedendaagse ouers suksesvol was in hul
opvoedingstaak en positiewe kinders met ʼn goeie selfbeeld en selfvertroue
grootgemaak het. Maar ongelukkig is hierdie kinders nie gewoond aan harde
werk wat sukses verg nie en ouers moet besef dit gaan langer duur voor die
kinders volwasse genoeg is om hul op hul eie bene te staan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
6. Ouers kan nie ʼn lewe lank vir hul kinders klippe uit die pad rol en dan verwag
hulle moet amper oornag volwasse en selfversorgend wees nie. Hulle moet
besef hulle sal veel langer ʼn ondersteunende rol moet speel om hul kinders
die lewe in te lei. Dr. Arndt sê natuurlik mag welgestelde ouers die lewe vir hul
kinders lekker maak. “Maak net seker dat hulle ook aan die werklikhede van
die lewe blootgestel word.”
7. Kinders is gekondisioneer dat dit genoeg is om net deel te neem. En al het
hulle nie gewen nie, het hulle ook pryse gekry. Ongelukkig is die werklikheid
dat jy gedrewe moet wees en moet kan volhard om die hoogste sport te bereik.
En dis dié toewyding wat ontbreek.
8. ʼn Artikel in die Huffington Post wat in September 2013 verskyn het, het die
ongelukkigheid van die Y-generasie bekyk en skryf jongmense se
onvergenoegdheid toe aan die skeefgetrekte werklikheid wat die sosiale
media skep. Vanweë al die glansfoto’s en stories van ander mense se lewe,
dink die kinders verkeerdelik dat ander kinders ongelooflike dinge beleef,
terwyl hulle nie so suksesvol is nie. Tog is dit net glansoomblikke en nie ʼn
glanslewe wat uitgebeeld word nie.
9. Cal Newport, assistent-professor van Washington D.C. skryf dat die
uitdrukking “volg jou passie” eers in die 2000’s gewild geword het toe sy
generasie dit in beroepsleiding op skool geleer is. Dit is die mantra waarmee
hulle grootgeword het en die maatstaf wat hulle gebruik om ʼn loopbaan se
gewenstheid te bepaal. Hy sê die tekortkoming van dié mantra is dat kinders
dink dat jy ʼn passie identifiseer en onmiddellik ʼn werk kry waarin jy jou kan
uitleef. Hy sê hy het agtergekom dis ongewoon dat mense mal is oor hul werk
voor hulle die betrokke werk góéd kan doen. En die kundigheid word nooit
oornag verkry nie.
[Aangepas uit rooi rose, Mei 2015]
1.1 Waarna verwys die begrip bewolktheid in die inleiding? (1)
1.2 Watter dinge pla ouers oor hul kinders wat skynbaar genoeg selfvertroue en
kennis het? (3)
1.3 Paul Harvey het tot sekere bevindinge oor die werksongelukkigheid van die
Y-generasie gekom. Is dit feite of menings? Motiveer jou antwoord. (1)
1.4 Noem TWEE verskille tussen die Y-generasie en die jongmense van ʼn
dekade of twee gelede? (2)
1.5 Watter wanindruk skep mense met hul lewens op die sosiale media? (2)
1.6 Watter twee dinge of sake word in paragraaf 3 met mekaar vergelyk? (1)
1.7 Wat is die nadeel van die onwerklike verwagting wat hedendaagse ouers by
hul kinders skep? (2)
1.8 Die Y-generasie is grootgemaak met ʼn goeie selfbeeld en het hoë
verwagtinge. Verduidelik wat teenproduktief van die “goeie opvoeding” is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 5
1.9 Wat is die belangrike vereiste vir sukses in enige projek of doelwit? (1)
1.10 Wat vloei voort as ouers alewig klippe uit hul kinders se pad rol? (1)
1.11 Verklaar die betekenis van die idiomatiese uitdrukking in paragraaf 6. (1)
1.12 Dr. Arndt sê ouers moet hul kinders aan die werklikhede blootstel. Wat is die
werklikhede wat kinders moet ervaar? (3)
1.13 Hoe slaag die sosiale media daarin om met die glansfoto’s en suksesstories
die realiteite van die samelewing te verdraai? (2)
1.14 Waarna verwys mantra? Kies die gepaste antwoord deur slegs die letter
neer te skryf.
(a) beroepsleiding
(b) volg jou passie
(c) die maatstaf
(d) kundigheid (1)
1.15 Watter valse indruk word by die Y-generasie geskep by die identifikasie van
hul passie? (1)
1.16 Hoe kan kundigheid verkry word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
TEKS 2:
1.17 Hoe stem die twee matriekmeisies se gesprekke ooreen met die uitdagings van
hul generasie in eerste leesstuk? Bespreek dit apart deur te verwys na die
meisie in die middel en die een op die kant. (4)
1.18 Wat dink jy van die drie matrikulante se gesigsuitdrukkings teenoor dit wat hul
bespreek. (1)
1.19 Wat is jou mening? Sal die meisie op die kant se passie haar aan die lewe hou? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 7
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak ʼn opsomming van die SEWE nadele wat
Conrad se gewig vir hom ingehou het – hy was oorgewig.
Jou opsomming moet in jou eie woorde in ʼn duidelike, sinvolle paragraaf
aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
Moenie jou opsomming ʼn titel gee nie.
Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.
HELP MY MAER WORD
Conrad Dercksen (12) het baie gewig aangesit na sy ma se dood – nou
gaan fiksheidsafrigters die kilo’s laat wegsmelt.
Conrad weeg 120 kg en Bettie, sy ouma, verduidelik dat hy na sy ma se dood
alles oorboord gegooi het en hom tot kos gewend. Hy het baie swaargekry; hy
sukkel steeds. Hy het rugby gespeel en karate beoefen, maar het dit gestaak.
Van kleins af was sy gewig ʼn kwessie.
Hoe meer gewig Conrad aangesit het, hoe meer het sy selfbeeld en gesondheid
daaronder gely. “Almal spot my by die skool; dis net te veel vir my. My bene
begin ingee en ek kry pyne in my bors en rug,” verduidelik Conrad. Volgende
jaar gaan hy hoërskool toe; daarom wil hy ʼn nuwe blaadjie omslaan. “Ek wil nie
meer so lyk nie. Ek wil saam met my maats kan hardloop en speel. Ek wil graag
weer sport beoefen soos swem en tennis speel en meer vriende hê.”
Huisgenoot het besluit om hierdie desperate seun te help en het twee
persoonlike fiksheidafrigters, Yolande Wagener en Theo Pretorius, gekontak.
Hulle is die eienaars van Body Dynamics in Pretoria, ʼn program wat mense in
hul huis help om fiks en gesond te wees. Vir Yolande en Theo is gesondheid
en fiksheid ʼn groot passie. “Ons wil sommer die hele Suid-Afrika gesonder
maak. Ons weet ons kan Conrad help. Hy is nog lekker jonk en ons wil hom
daai tweede kans bied,” sê Yolande. Hulle gaan vir hom ʼn oefenprogram
opstel en kyk na ʼn bekostigbare eetplan, verduidelik Theo. Die oefenprogram
gaan beslis die ding doen. “Ons sal begin met drie keer per week sodat sy
spiere tussenin kan rus en dan dalk die sessies vermeerder. Ons kyk na 50
sessies van ʼn uur elk. Conrad kan nie meer opstote doen nie en wil graag
weer ʼn klompie doen. Hy doen een, maar val dan plat op sy maag as hy ʼn
tweede een aandurf. Maar Yolande verduidelik dat hy na die program sommer
20 op ʼn slag sal kan doen.
Die somtotaal van die borgskap is sowat R12 000. Die twee fiksheidsafrigters
het egter belowe om soveel sessies te borg as wat nodig is. Hulle het die hoop
uitgespreek dat hulle Conrad verslaaf sal maak aan oefen.
[Aangepas uit: Huisgenoot, 26 September 2013]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING C: TAAL
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
KIES
VEILIGE AANVULLINGS
KIES
DIS-CHEM
PHARMACIES
Pharmacists who care
MAAR HET JY, AS OUER, ALTYD BALBEHEER?
Enorme druk word op leerders uitgeoefen om op die sportveld te presteer. Op
sy beurt plaas dit weer druk op ouers om toe te sien dat hul kinders voorbereid
is, deur daaglikse gesonde kos en gespesialiseerde aanvullings. Dieetkundiges
en dokters speel ʼn vername rol hier – maar op wie anders kan jy staatmaak vir
hulp met die keuse van die toepaslike aanvulling vir jou kind se unieke
behoeftes, ouderdom en selfs mediese toestand?
TOETSLYS VIR DIE DIS-CHEM SPORTAANVULLINGS
GEHALTEVERSEKERINGSPROGRAM
TOETSING VIR ETIKET-VERIFIËRING
Ons vergelyk die produkinhoud op ʼn wetenskaplike wyse met die lys van bestanddele,
sodat jy seker kan wees dat wat jy aan die buitekant sien, wel aan die binnekant is.
VERVAARDIGER-OUDITS
Elke handelsnaam moet aan ons onwrikbare verbintenis tot gehalte- en
produkintegriteit voldoen. Indien dit die toets druip, verkoop ons dit nie.
TOETSING VIR VERBODE MIDDELS
Dis-Chem is die enigste Suid-Afrikaanse kleinhandelaar met gehalteverifiëring
deur LGC, die wêreld se toonaangewende onafhanklike forensiese laboratorium
vir die opspoor van verbode middels.
[Uit: Huisgenoot, 7 Augustus 2014]
3.1 Hoekom staan die woord kies uit in die advertensie? (1)
3.2 Gee die gepaste Afrikaanse ekwivalent vir die eerste onderstreepte woord. (1)
3.3 Waarna verwys balbeheer in die advertensie? (1)
3.4 Verander die subopskrif na ʼn stelsin. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 9
3.5 Wat is die sinoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 1. (1)
3.6 Skryf die stamme van die onderstreepte samestelling in die raampie neer. (1)
3.7 Wat beteken die onderstreepte woord by die eerste regmerkie? Kies die
korrekte antwoord en skryf dit neer:
verwysing van
versekering van
ondersoek die egtheid
naam te ondersoek (1)
3.8 Wat is die funksie van die koppelteken by die onderstreepte woord by die
tweede regmerkie? (1)
3.9 As watter woordsoort word die onderstreepte woord by die derde regmerkie
gebruik? (1)
3.10 Wat is jou mening? Is die advertensie geslaagd? Vertrek ʼn rede vir jou
antwoord. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 4: STROKIESPRENTE
Die onderstaande vrae is op die strokies gebaseer:
[Aangepas uit: Die Burger, Januarie 2014 – Maart 2014]
4.1 Gebruik die kern van die samestelling in raampie 1 as ʼn bepaler in ʼn ander
samestelling. (1)
4.2 Skryf Hägar se vrou se woorde in raampie 1 oor in die indirekte rede. Begin
as volg: Hägar se vrou het ... (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 11
4.3 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die vrou se woorde in raampie 2? (1)
4.4 Benoem die klankverskynsel wat in die onderstreepte woord in raampie 3
aangetref kan word. (1)
4.5 Waarna verwys die seuntjie met die woord, gemorsposlêer in raampie 5? (1)
4.6 Gee die vergrotende trap van die onderstreepte woord in raampie 5. (1)
4.7 Watter stylfiguur gebruik Stoffel in raampie 7? Skryf die korrekte antwoord
neer:
hiperbool
repetisie
eufemisme
litotes (1)
4.8 Watter soort selfstandige naamwoord is die onderstreepte woord in
raampie 9? (1)
4.9 Skryf die voorwerp in die tweede sin van raampie 10 neer. (1)
4.10 Wat is jou mening oor die pa se keuse om mal te wees in raampie 11? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 5: ARTIKEL
Lees die onderstaande teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.
Tree op teen
geweld
1. Nasionale statistieke toon geweld teenoor vroue is aan die toeneem en al
meer vroue sterf weens geweld. En die blaam lê nie net by misdadigers
nie! Hoe staan sake? Die kans is 57% groter dat vroue deur hul mans of
kêrels as deur (vreemdelinge) vermoor word.
2. Jaarliks vanaf 25 November (Internasionale dag vir die Eliminering van
Geweld teen Vroue) tot 10 Desember (Internasionale Menseregtedag)
word die veldtog 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders
gehou. Die doel van hierdie veldtog is om mense bewus te maak van die
negatiewe impak wat geweld op vroue en kinders het en hoe belangrik dit
is om daarteen op te tree.
3. “Geweld teen vroue beïnvloed meer as ʼn vrou se fisieke beeld – dit breek
haar selfbeeld en (mens + waarde) af,” sê Bianca Valentine, ʼn prokureur
by die Tshwaranang Legal Advocacy Centre, ʼn sentrum wat vroue se regte
bevorder om ʼn lewe vry van geweld te lei.
4. Vroue wat slagoffers van huishoudelike geweld is, ly dikwels in stilte ...
totdat dit te laat is. Hulle weet dikwels nie waarheen om vir hulp te gaan
en hoe om op te tree nie,” verduidelik sy. “Deur 16 dae van aktivisme wil
ons nie net Suid-Afrika ___ geweld teen vroue bewus maak nie, maar
ook vir slagoffers sê dat hulle nie meer in stilte hoef te ly nie – hulle moet
opstaan vir hul reg tot vryheid van geweld. Hulp is beskikbaar.”
[Aangepas uit: Vrouekeur, 29 November 2013]
5.1 Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm. (1)
5.2 Gee ʼn gepaste antoniem vir die woord tussen hakies in paragraaf 1. (1)
5.3 Vorm ʼn persoonsnaam met die onderstreepte woord in paragraaf 2. (1)
5.4 Skryf die infinitief in paragraaf 3 neer. (1)
5.5 Vorm ʼn gepaste samestellende afleiding met die stamme tussen hakies in
paragraaf 3 en voeg nog ʼn morfeem by. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) AFRIKAANS HUISTAAL V1 13
5.6 Wat is die funksie van die beletselteken in paragraaf 4? (1)
5.7 Is die onderstreepte sin in paragraaf 4 ʼn enkelvoudige of saamgestelde
sin? Gee die rede vir jou antwoord. (2)
5.8 Die woorde lei (paragraaf 3) en ly (paragraaf 4) word verskillend gebruik.
Wat word hierdie twee woorde genoem wat eenders uitgespreek word? (1)
5.9 In paragraaf 4 is ʼn voorsetsel weggelaat. Skryf die gepaste voorsetsel
neer. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2015 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum