Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2018
AFRIKAANS HUISTAAL V2
PUNTE: 80
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP
Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018, 18 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 928.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape November 2018
- Paper 1Question paperQuestion paper (2)
- Paper 2Question paperQuestion paper (2)Memo
- Paper 3Question paperQuestion paper (2)Memo
- Other filesMemo
Questions in this paper
- Question 2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beant-
woord.
2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
opgawe op bladsy 4 en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrif-
te by elke vraag in ag.
3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Gedigte (30)
AFDELING B: Prosa (25)
AFDELING C: Drama (25)
4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B
en EEN in AFDELING C.
5. AFDELING A: GEDIGTE
Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)
Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As
jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele
vraag in AFDELING C beantwoord. As jy egter die kontekstuele vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beant-
woord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.
6. LENGTE VAN ANTWOORDE
Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en
relevant.
7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3
10. Voorgestelde tydsindeling:
AFDELING A: ongeveer 40 minute
AFDELING B: ongeveer 55 minute
AFDELING C: ongeveer 55 minute
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY
1. Pa Opstelvraag 10 6
2. Gestorwe planeet Kontekstuele vraag 10 7
3. Vraag Kontekstuele vraag 10 8
4. Niks is waarna dit lyk nie Kontekstuele vraag 10 9
EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. Wat die sterre sê Kontekstuele vraag 10 10
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Droomdelwers Opstelvraag 25 11
7. Droomdelwers Kontekstuele vraag 25 11
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
8. My Japan Opstelvraag 25 14
9. My Japan Kontekstuele vraag 25 14
*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
beantwoord NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beant-
woord het.
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE BEANTWOORD MERK
NOMMER
A: Gedigte
1–4 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
5 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
6–7 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
8–9 1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
AFDELING B en AFDELING C.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING A: GEDIGTE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.
Pa – Marlise Joubert
1 hy was nie ʼn man van staal nie
2 waar die reën se blink some
3 alkant oor die berge sleep
4 hoor ek hom lag hoor ek hom praat
5 waar die knettervuur van son
6 die heuwels kaal skeer
7 hoor ek hom ween hoor ek hom roep
8 pa was nie ʼn man van staal nie
9 pa was in murg en borsbeen
10 ʼn doodgewone man
11 ontslape vertoef hy soms in my drome
12 dans rond in stiltes van my boord
13 versteur deur die wilgertoiings
14 ryg wingerdharte aanmekaar
15 en hang dit elke dag
16 voor my kamervenster oop
17 op die lessenaar drup sy inkpen leeg
18 glip die lig van ʼn lamp oor die laaste brief:
19 ek was ʼn doodgewone man
20 met borswonings van lag en van huil
21 murgsag en in die liefde geskaad
22 en my dood was soos dit ons aarde behaag
[Uit: Lyfsange, 2001]
Die gedig bevat die spreker se diep heimwee en herinneringe aan haar oorlede
pa.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde. [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn
1 Aerosolkannetjies pons gaatjies
2 in die dun osoondoek rondom
3 die aarde gespan –
4 toe smelt die pole,
5 seevlakke styg, uitgelate
6 gifgasse klim van onder
7 tot bo in die Hemel
8 en die Here alleen weet
9 wat het geword van die groen
10 gordels reënwoude
11 wat Hy geplant het.
12 Stofgepoeierde karkasse draf
13 oor die ver verlate vlaktes,
14 in die skoot van die skatkamers
15 edelgesteentes en minerale
16 rus dromme kernkragafval
17 TOT IN DOOMSDAY
18 Tjernobil en Three Mile Island
19 se halfleeftyd-uitstraling!
20 Menslike faeces in die bergstrome:
21 riviere mond uit in ʼn riool-
22 oseaan, perdjies met blink
23 gekamde olieswart kuiwe
24 en skuimende rasende bekke
25 slaan dood neer, gevrekte visse
26 en voëls soos skulpe uitgespoel
27 op die strande, sing die swanesang
28 van ʼn verlore paradys – gestorwe
29 planeet gemaak
30 met mensehande!
[Uit: Kubermens, 1999]
2.1 Verklaar die funksie van die aandagstreep in versreël 3 en die
enjambement in versreël 5–6. (2)
2.2 Verduidelik hoe die titel van die gedig progressief deur die loop van die
gedig ondersteun word, deur die probleem in elke strofe onderskeidelik te
belig. (3)
2.3 Wat is die funksie van die hooflettergebruik in versreël 17? (1)
2.4 Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 22–25. (2)
2.5 Watter stemming is oorheersend in die gedig? (1)
2.6 Wat is die tema van die gedig? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Vraag – Lina Spies
1 Verliefdheid – so is proefondervindelik vasgestel –
2 duur ʼn jaar, hoogstens agtien maande;
3 langer is die hartkloppings, die kortasemheid
4 nie uit te hou nie. Verliefdheid is ʼn siektetoestand.
5 Maar wat van wat daarop volg
6 as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
7 Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
8 op die drif gehuisves in die lendene
9 en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
10 in die glim van ʼn lag en die opslag van ʼn oog,
11 op dít wat jou aan ʼn geliefde bind
12 met ʼn kragdraad so dun
13 en so onbreekbaar soos ‘n haar?
[Uit: Tydlose gety, 2002]
3.1 Waarna verwys die titel? (2)
3.2 Benoem die beeldspraak in versreël 4 en spreek jou uit oor die funksiona-
liteit van die punt aan die einde van dié versreël. (2)
3.3 Watter woord dui die wending in die gedig aan? (1)
3.4 Verduidelik tot watter gevolgtrekking ten opsigte van die liefde die para-
doks in versreël 12 die spreker lei. (1)
3.5 Herlees versreël 12 en 13.
Waarom is dit korrek om te beweer dat die vergelyking ironies is? (1)
3.6 Wat is die tema en moontlike boodskap van die gedig? Sê ook watter
stemming is oorheersend in die gedig. (3)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
Niks is waarna dit lyk nie – Johan Myburg
1 Ek ry deur sagte suurveld
2 vlak voor Stutterheim, verlustig my
3 aan plomp skape wat soos in Bach
4 se skaapkoraal rustig wei
5 in heuwels gras. Die veld is egalig groen
6 en wuif gifgeel plate
7 voorjaarblomme. Alles dui,
8 bo alle twyfel, op ʼn uitermate
9 goeie jaar. By die afklim vir ʼn foto
10 van dié idilliese toneel lyk
11 gras geler, minder geil,
12 meer pollerig en oorbewei, blyk
13 skape vrotpoterig kruppel
14 met klitsgras vasgewoel in wol;
15 lê half verskuil in gras die halfgevrete
16 karkas van ʼn skaap, vol
17 vretende organismes. Hand oor die neus
18 vlieg ek om, hoor ʼn gesis
19 en trap ʼn adder wat verraderlik bruin
20 in die voetpad pof net-net mis.
[Uit: Kamermusiek]
4.1 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1)
4.2 Hoe word strofes wat uit vier versreëls bestaan, genoem? (1)
4.3 Gee ʼn voorbeeld van intertekstualiteit uit hierdie gedig en motiveer waar-
om dit hier funksioneel is. (2)
4.4 Verklaar die ironiese wending in hierdie gedig volledig. (1)
4.5 Hierdie gedig word deur halfrym baie sterk klankmatig ondersteun.
Verklaar die funksie van die s-alliterasie en w-alliterasie in versreël 14 en
die r-alliterasie in versreël 19 onderskeidelik. (3)
4.6 Wat is die oorheersende stemming en tema van hierdie gedig? (2)
[10]
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
wat die sterre sê – Han#kass’o
1 die sterre vat jou hart
2 want die sterre is vir jou nie bietjie honger nie!
3 die sterre verruil jou hart vir ʼn ster se hart
4 die sterre vat jou hart en voer jou ʼn ster se hart
5 dan word jy nooit weer honger nie
6 want die sterre sê: 'tsau! tsau!'
7 en die boesmans sê die sterre vervloek die springbok se oë
8 die sterre sê: 'tsau!' hulle sê: 'tsau! tsau!'
9 hulle vloek die springbok se oë
10 ek het groot geword luisterend na die sterre
11 die sterre sê: 'tsau! tsau!'
12 en dis altyd somer wanneer jy die sterre hoor 'tsau' sê
[Uit die sterre sê 'tsau', Kwela boeke, 2004]
5.1 Die titel skep afwagting oor die woorde wat die sterre moontlik gaan sê.
Watter woorde is dit? (1)
5.2 Benoem die beeldspraak in versreël 1 en sê wat versreël 2 impliseer. (2)
5.3 Hoe kontrasteer versreël 2 met versreël 5? (1)
5.4 Skryf EEN woord uit versreël 4 neer wat moontlik die onwilligheid van die
mens/aangesprokene om sy hart prys te gee, aandui. (1)
5.5 Motiveer waarom dit korrek is om te beweer “tsau!” (versreël 6 en 8) ʼn
positiewe emotiewe waarde het. Noem die maniere waarop “tsau” in
versreël 8 beklemtoon word. (3)
5.6 Die spreker ken die betekenis van die woord “tsau”.
Wie is die spreker in die gedig en waarom kan die stelling as geloofwaar-
dig beskou word? (2)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag.
DROOMDELWERS – Esta Steyn
Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).
VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG
Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief tot Leendra van
Hellberg se gemoedstoestand by.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]
VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A
1 “Lyk soos ʼn blêrrie elektriese fout,” sê hy vir die vrou. “Ek sal die kar by
2 die garage moet kry. Ons moet die goed uit die kar uit kry.”
3 Die vrou kyk hom onseker aan. Maar die man is weer uit en hy dra ʼn
4 klomp goed van die kar af tot op die stoep. Twee koffers, ʼn rol bedde-
5 goed en ʼn boks. “Het djy daar vir my iets?” vra hy vir die vrou. Sy maak
6 haar beursie oop en haal honderd rand uit.
7 “Wat kan ek hiermee maak? Djy’t nie ʼn clue wat spare parts kos nie.”
8 Sy haal nog ʼn honderd rand uit, maar hy bly vir haar kyk totdat sy ʼn
9 laaste vyftigrand uit die beursie haal. “Djulle sal oukei wees?” vra hy.
10 “Moet ons nie liewer saamgaan nie, Johnny?”
11 “Nou maak op djou mind. Djy’t gekerm om uit te klim. Nou kerm djy
12 weer om in te klim.”
13 Toe kom Gerald nader en hy kyk na die jong vrou met die hartseer
14 bruin oë. “Is daar iets wat ek kan doen?”
15 “Dis Tommie. Hy’t koors,” sê die vrou sag.
16 “Ek is die pastoor hier. Ons huis is net langs die kerk. Julle kan solank
17 by ons kom wag.”
18 “Nou toe,” sê Johnny verlig vir sy vrou, “daar hoor djy wat sê die pries-
19 ter. Ek sal vir djulle daar kom kry, wanneer die kar klaar is. Oukei?”
20 Sy kyk hom bekommerd agterna wanneer hy uitstap.
21 Gerald steek sy hand na die vrou uit. “Ek is Gerald Killian.”
7.1 In watter breër verhaalruimte speel die gebeure in hierdie uittreksel af? (1)
7.2 Wie is die vrou na wie in reël 3 verwys word? Verduidelik haar rol ten
opsigte van versoening in die verhaal. (3)
7.3 Watter karaktertrek van Johnny kom duidelik in reël 7 na vore? (1)
7.4 Gerald het vantevore ook ʼn helpende hand uitgereik.
Motiveer dié stelling met ʼn voorbeeld uit die roman. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
7.5 Wat was Tommy se uiteindelike lot en noem wie dit vir hom draagliker
gemaak het? (2)
7.6 Herlees reël 16–17.
Verduidelik hoe hierdie aanbod innerlike konflik by Gerald veroorsaak het
en hoe hierdie aanbod sy verhouding met die Vlaktevleiers beïnvloed het. (2)
7.7 Herlees reël 19.
Watter aktuele onderwerp word met Johnny se terugkeer aangespreek? (1)
EN
TEKS B
1 Teen die skemeraand sit Mario by Samuel by die staanplek in die Klein-
2 kloof. Samuel het ʼn vuurtjie aangesteek en ʼn paar tjoppies braai geurig op
3 die kole. Samuel sit ʼn CD op en klassieke musiek begin deur die klo-
4 we weergalm. Mario kyk na Samuel se ernstige gesig in die lig van die
5 vlamme.
6 “The Van Hellberg girl ... you know her well?”
7 Samuel kyk nie na hom nie. “Not too well,” sê hy ontwykend.
8 “I like her,” sê Mario.
9 “Why?”
10 Mario se donker oë is die ene passie. “Sammy boy, she is extremely
11 rare ... scarso. And complicated. She carries a lot of sorrow inside. Like
12 Verde dolorosa.”
13 Samuel kyk hom peinsend aan.
14 Mario se stem raak sag: “We’ll be mining our dreams upon the place of
15 her grief. So we shall name the new granite ‘Dream Dolorosa’.”
16 Samuel kyk in die vuur. “Dream Dolorosa ... perfect.”
17 Rebekka en Tommie het drie dae lank by ons gebly. Hulle het innie sitka-
18 mer geslaap. Al twee Rebekka se oë was toegeswel gewies. Haar lippe
19 oek. Sy’t sleg gelyk. Daar was blou merke op haar arms.
20 Gerald kyk af op die slapende Rebekka. Sy lê in ʼn klein bondeltjie op die
21 rusbank. Hy sit die koppie tee op ʼn tafeltjie neer en trek die kombers oor
22 haar rug. Hy kyk na haar opgeswelde gesig. Twee emosies oorweldig
23 hom. ʼn Oneindig diep deernis; ook ʼn wraaksugtige woede. As hy ooit weer
24 vir Johnny Cupido sien ... die hemel behoed hom.
7.8 Watter stemming word in reëls 1–5 geskep? (1)
7.9 Om watter redes antwoord Samuel in reël 7 ontwykend? (2)
7.10 Mario se koms na Vlaktevlei het ʼn positiewe invloed op Leendra se
verhouding met Samuel en op die Vlaktevleiers.
Evalueer die korrektheid van hierdie stelling. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13
7.11 Herlees reëls 14 en 15.
Hoe sluit hierdie reëls by die titel aan? Na watter ruimte en hartseer
verwys Mario? (3)
7.12 Wat het die onderstreepte karakter in reël 3 (Teks A) en die
onderstreepte karakters in reël 1 (Teks B) in gemeen? Watter karakter
maak ʼn einde aan Leendra se innerlike konflik en watter aandeel het die
vrou in Teks A in die versoening tussen Gerald en Jamaina? Motiveer
watter een van hierdie drie karakters het volgens jou die meeste
opgeoffer? (4)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag.
MY JAPAN – Schalk Schoombee
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG
Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief tot Ilse se
gemoedstoestand by.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]
VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C
1 ENGELA: Ek’s twee voet langer as almal om my. Eers was die
2 kinders bang vir my, nou kan hulle nie ophou om aan my te
3 vat nie!
4 ILSE: (lag) Ek sal nie omgee nie.
5 ENGELA: Hulle is behep met etiket.
6 ILSE: Soos?
7 Elzette gaan af na regs.
8 Die groep agter vorm klein formele groepies en beeld uit
9 waaroor Engela praat. Hulle gebruik wasgoed en lakens
10 om klein tablo’s te skep.
11 ENGELA: Daar’s subteks in alles, dinge wat nie gesê word nie. Jy kan
12 nie jou eie eetstokkies regop in die taai rys staanmaak nie,
13 behalwe by ʼn begrafnis, want dit beteken iemand is dood.
14 Als is formeel: daar’s gedragskodes vir hoe jy jouself
15 voorstel, hoe laag jy buig, wanneer jy nie buig nie. Jy gooi
16 nie te veel sojasous in die bakkie as jy soesji eet nie, want
17 dan kan jy die smaak van die soesji oorweldig en die sjef
18 beledig.
19 ILSE: Engela, probeer jy my miskien afsit?
20 Die skoolklok lui en die leerlinge verdaag.
21 ENGELA: Ek wil nie hê jy moet ʼn prentjie van Japan in jou kop kry wat
22 nie waar is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15
23 ILSE: Jy maak my net meer vasberade om te gaan.
24 ENGELA: (lag) Ek was net so! Haai wag, ek moet gaan! Pas jou op.
25 ILSE: Skype jou weer.
26 Engela gaan links af. Geluid van wind wat opsteek en die
27 wasgoed aan die draad begin wapper – die effek word
28 verkry deur die katrolle weerskante heen en weer te
29 manipuleer.
30 ILSE: (tik op haar rekenaar) Dit was ʼn donker, stormagtige nag. ʼn
31 Winderige nag ...
9.1 Ilse kla net voor hierdie uittreksel by Engela oor iemand wat in haar pad
staan om Japan toe te gaan en hierdie persoon se drome is nie hare nie.
Wie is hierdie persoon en wat is hierdie persoon se drome? (2)
9.2 Verklaar dat Elzette in hierdie drama ʼn voorbeeld van ʼn buitestander is. (1)
9.3 Herlees reël 7–10.
Wat is die funksie van die toneelaanwysings hier? Verklaar ook die rol wat
die wasgoed en lakens in hierdie drama speel en verduidelik wat ʼn tablo is
waarna hier verwys word. (3)
9.4 Maak die onderstreepte woorde in reël 11 op Ilse se verhouding met haar
ma van toepassing deur TWEE redes te verskaf vir die wankelrige ma-
dogter-verhouding. Noem hoe die spanning tussen die twee eindelik
opgelos word. (3)
9.5 Herlees reël 21–22.
Verklaar die implikasie van Japan op konnotatiewe vlak vir Ilse. Is Ilse se
gevoel jeens Japan geregverdig? Motiveer kortliks en gee TWEE redes dat
die Japan-toe-gaan vir Ilse op konnotatiewe vlak tog positief is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
TEKS D
1 OKIKU en ILSE: Drie!
2 GEESTE: Drie!
3 OKIKU en ILSE en Vier!
LUKAS
4 GEESTE: Vier!
5 OKIKU en ILSE en Vyf!
LUKAS en MARIOKA
SAN
6 GEESTE: Vyf!
7 OKIKU en ILSE en Ses!
LUKAS en MARIOKA
SAN en JUN
8 GEESTE: Ses!
9 Die ma kom van regs af opgestruikel,
10 windverwaaid, tot voor op die verhoog.
11 MA: Waar, waar’s hy? Danie! Ek was oral, in elke
12 straat op, by elke huis, die parkie! Ilse, luister
13 jy?
14 ILSE: Kannie nou nie, Ma!
15 OKIKU: Sewe!
16 GEESTE: Sewe!
17 MA: Die wind het my kind weggewaai!
18 ILSE: Ek’s ook jou kind, ek’s nog hier!
19 OKIKU: Agt!
20 GEESTE: Agt!
21 Agter op die verhoog verskyn Danie met ʼn
22 hoepel wat hy stadig oor sy kop laat sak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2018) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17
23 MA: Al plek waar ek nog nie gekyk het nie ... nee,
24 nee ... die stormwaterpyp!
25 Danie word weggespoel, weggesleep deur die
26 drie geeste.
27 OKIKU: (sag) Nege.
28 GEESTE: (fluisterend) Nege!
29 OKIKU: AAAAAAEEEEEEEUUUUUEEEEEEEEEEE!
30 Die geeste weeklaag saam, dis ʼn onheilige en
31 bloedstollende lawaai, aangevul met wind en
32 donderweer-effekte en weerlig wat blits. Hulle
33 maal om Tessan wat sy ore toedruk en vooroor
34 val. Die ma doen presies wat die Samoerai
35 doen, druk haar ore toe en val vooroor. Sy
36 bewe soos ʼn riet.
37 ILSE: Wat word van hom? Tessan Aoyama?
38 MARIOKA SAN: Hy val in die kas en al de borde breek. Ure later
39 kry die buurvrou hom langs die put met die
40 tiende bord in sy hande vasgeklem. Die bord
41 wat hy weggesteek het. Sy probeer dit uit sy
42 hande vat. Maar hy klou! Hy kan nie, mag nie
43 die laaste bord laat gaan nie ...
44 OKIKU: Tien!
45 GEESTE: Tien!
46 Geluid van ʼn enkele bord wat breek. Die geluid
47 eggo spookagtig. Tessan val vooroor in die put
48 en verdrink. Met ʼn groot sug verlaat die geeste
49 die verhoog, ook Okiku en Tessan.
9.6 Verklaar wie Tessan en Okiku in die Griekse volksverhaal is. (2)
9.7 Watter visuele impak het die woorde in reël 21–22 om die terugflitsende
gebeure te ondersteun? (1)
9.8 Gee die funksie van die ellips/beletselteken in reël 23–24. (1)
9.9 Hoe verskil die rol van die verteller in die vraag (reël 19 van TEKS C) van
die vraag in reël 37 van TEKS D? (1)
9.10 Watter woorde in hierdie uittreksel is die hoogtepunt/klimaks van die
drama? Hoekom word juis hierdie woorde as die hoogtepunt/klimaks
beskou en verduidelik die simboliek ten opsigte van Ilse se ma. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2018)
9.11 Marioka San en Jun trek aan die begin van hierdie toneel vir Ilse die
kimono aan. Hoe ondersteun die aantrek van die kimono Ilse se gevoelens
in hierdie uittreksel simbolies en watter verreikende gevolge hou die uittrek
van die kimono kort na dié uittreksel vir Ilse in? (2)
9.12 Wat dink jy is die tema en boodskap van hierdie drama? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Eastern Cape November 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2018 Memo
More from Grade 11 Afrikaans HL

Study guide
Gr11 Afr HT studiegids LR

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 11 Paper 1 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum