Skip to content
Question paper

Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Afrikaans HlGrade 11201924 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 AFRIKAANS HUISTAAL V2 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur *IAFRHL2* Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds- opgawe op bladsy 4 en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die voorskrifte by elke vraag in ag. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Prosa (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)  Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy egter die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beant = woord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE  Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.  Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.  Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Beantwoord ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 3 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. Vraag Opstelvraag 10 6 2. Afrika, my Afrika Kontekstuele vraag 10 7 3. Mercedesrit in die aand Kontekstuele vraag 10 8 4. pa Kontekstuele vraag 10 9 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. storm Kontekstuele vraag 10 10 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Droomdelwers Opstelvraag 10 11 7. Droomdelwers Kontekstuele vraag 25 11 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 8. My Japan Opstelvraag 25 14 9. My Japan Kontekstuele vraag 25 14 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 5 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAG- GETAL VRAE BEANTWOORD MERK NOMMER  A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–7 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) C: Drama 8–9 1 (Opstel- of kontekstuele vraag) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. Vraag – Lina Spies 1 Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel – 2 duur ʼn jaar, hoogstens agtien maande; 3 langer is die hartkloppings, die kortasemheid 4 nie uit te hou nie. Verliefdheid is ʼn siektetoestand. 5 Maar wat van wat daarop volg 6 as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde? 7 Is dit draagliker omdat dit minder gerig is 8 op die drif gehuisves in die lendene 9 en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie, 10 in die glim van ʼn lag en die opslag van ʼn oog, 11 op dít wat jou aan die geliefde bind 12 met ʼn kragdraad so dun 13 en so onbreekbaar soos ʼn haar? [Uit: Tydlose gety] Liefde en verliefdheid word in hierdie gedig gekontrasteer. Die leser word duidelik bewus van die kompleksiteit van die liefde. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 7 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Afrika, my Afrika – Daniel Hugo I 1 vergeet van sprinkane en droogte 2 haelstorms en meteoriete 3 dit is die klein irritasies 4 wat my radeloos maak: 5 vlieë, vlooie, muskiete II 6 die muskiet prospekteer met sy boor – 7 stellasie op die vlakte van my vel: 8 hy soek die minerale in my are III 9 die vervlakste, ratse vlooi is ʼn spring – 10 haas op die karooveld van my kooi IV 11 die vlieg is ʼn voorste sensasiesoeker: 12 in hierdie droë land is hy eerste by – geboei 13 deur trane wat loop, bloed wat vloei [Uit: Hanekraai, 2012] 2.1 Verklaar die ironie in die gedigtitel. (1) 2.2 Verklaar die rede vir die gebruik van die Romeinse syfers in die gedig. (1) 2.3 Halfrym word effektief in strofe 1 en 3 aangewend. Gee die funksie van die r-alliterasie en die a-assonansie onderskeidelik. (2) 2.4 Verduidelik die hiperbool in strofe 2 asook beide metafore in strofe 3 in jou eie woorde. (3) 2.5 Wat is die funksie van die enjambement in strofe 3? (1) 2.6 Wat is die tema van hierdie gedig? Sê ook watter stemming in die gedig oorheers. (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Mercedesrit in die aand – Willem Krog 1 Sit hulle met monde moeg gesluit 2 yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit 3 die executives van die stad wat huis toe gaan 4 Skaduweekinders gly verby 5 stukkende bedelvaandels wapper wanhopig 6 in die swartpad op soek na kos en kleed 7 Die vaartuig blink in die ster geklink 8 sagte leer omhul die stuurman aan die wiel 9 betaal uit die opbrengs van die slawemaal 10 Yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit 11 sit hulle met monde moeg gesluit 12 die executives van die stad wat huis toe gaan [Uit: Assignaat, 2014] 3.1 Op watter interteks is hierdie gedig geskoei? Wees spesifiek. (1) 3.2 Benoem die stylfiguur in versreël 1 en gee die rede vir die gebruik hiervan. (2) 3.3 Hoe word die driereëlige strofes in die gedig genoem. (1) 3.4 Herlees strofe 2 en 3. Sê in watter opsig strofe 2 en 3 kontrasteer. Verduidelik waarom die ster- beeld juis in versreël 7 geslaagd is. Motiveer ook of die woorde in versreël 9 ʼn aanklag op die mensdom is, al dan nie. (3) 3.5 Gee die funksie van die halfrym/klankeffek in versreël 11. (1) 3.6 Wat is die tema en die boodskap van die gedig? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 9 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. pa – Marlise Joubert 1 hy was nie ʼn man van staal nie 2 waar die reën se blink some 3 alkant oor die berge sleep 4 hoor ek hom lag hoor ek hom praat 5 waar die knettervuur van son 6 die heuwels kaal skeer 7 hoor ek hom ween hoor ek hom roep 8 pa was nie ʼn man van staal nie 9 pa was in murg en borsbeen 10 ʼn doodgewone man 11 ontslape vertoef hy soms in my drome 12 dans rond in stiltes van my boord 13 versteur die wilgertoiings 14 ryg wingerdharte aanmekaar 15 en hang dit elke dag 16 voor my kamervenster oop 17 op die lessenaar drup sy inkpen leeg 18 glip die lig van ʼn lamp oor die laaste brief: 19 ek was ʼn doodgewone man 20 met borswonings van lag en van huil 21 murgsag en in die liefde geskaad 22 en my dood was soos dit ons aarde behaag [Uit: Lyfsange, 2001] 4.1 Wat is die funksie van die enkelstrofe aan die begin van die gedig? (1) 4.2 Gee die rede vir die afwesigheid van leestekens in versreël 4 en 7. (1) 4.3 Benoem die retoriese middel wat treffend in versreël 8 aangewend word. (1) 4.4 Watter woord in strofe 4 bevestig dat die pa nie meer lewe nie? Sê ook watter karaktereienskap van die pa uit sy handeling in versreëls 14–16 blyk. (2) 4.5 Haal die versreël in strofe 5 aan wat die klimaks van dié strofe is. Hoekom, dink jy, sou die pa moontlik so kon voel? Dink jy die slotstrofe bring vir die spreker ʼn mate van vertroosting? Motiveer jou antwoord. (3) 4.6 Watter stemming oorheers in hierdie gedig? Sê ook hoe die digter verstegnies daarin slaag om hierdie stemming te bewerkstellig. (2) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. storm – Mari Grobler 1 die reën waai die see in 2 stroomop teen die slapelose blou 3 ʼn basviool dreun in die branders 4 die wind verskuif die duine 5 sluit die blomoog van die pimpernel 6 vou die botterblomme toe 7 die storm stuit later die voëls se vlug 8 dwing hulle terug aarde toe 9 net die pikkewyne bly 10 onder die water [Uit: Toe dit nog vroeg was, 2011] 5.1 Bewys dat hierdie gedig ʼn vrye vers is. (1) 5.2 Metonimia kom in die woord blou voor aangesien dit iets aandui. Vervang blou met ʼn woord uit versreël 1 om die betekenis van dié beeld duidelik te laat blyk. (1) 5.3 Benoem en verklaar die beeldspraak in versreël 3. Benoem ook die halfrym wat in dié versreël opvallend is. (3) 5.4 Alle natuurelemente buig voor die wil van die wind. Bewys hierdie stelling met EEN bewys uit strofe 2 en EEN bewys uit strofe 3. (2) 5.5 Wat, dink jy, is die tema van die gedig? (1) 5.6 Hoekom staan die slotstrofe alleen? Noem TWEE redes. (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag. DROOMDELWERS – Esta Steyn Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG Leendra van Hellberg en Pastoor Gerald ervaar deur die loop van die roman konflik. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A 1 Dis Sielie wat voor haar bed staan. 2 “Sielie?” 3 “Ssu-ssie.” 4 Sielie se donker krulle staan woes en wild om haar kop. Haar donker 5 oë kyk stip. Sy haal ʼn lappop onder jaar pajamatop uit. “M-mamma kan 6 ... by Ssu-ssie s-slaap.” Sy lê die lappop langs Leendra neer en trek dit 7 versigtig met die punt van die duvet toe. 8 “Dankie, Sielie.” 9 “Nag, Ss-ssussie. Nag, M-mamma.” 10 En toe gaan Sielie uit en trek die deur agter haar toe. Leendra staar 11 na die pop met die donkerbruin wolhare. Dit het ʼn voorskoot aan. Die 12 lyfie is sag en gerond. Die oë is twee bruin kraletjies. Die lippies is 13 laggend en pienk. 14 Mamma. 15 Die pad na die Kleinkloof loop op teen die kliprante, agter die hotel 16 verby. Die kliphuis, die kamers, die kombuis, die koekies, die werf, 17 kuikens, die steengroef, klippe. 18 Mamma! 19 Die trane wat so lank diep weggesteek was, loop uit en val op die 20 bruin kraletjiesogies wat huil, nes sy. Dwarsdeur die nag voel sy die lyfie 21 teen haar rug. Sy droom van die werf en die huis in die kloof. Haar ma 22 plant pers vygies teen die rotsrante. Haar ma gee die hoenders kos. 23 Sielie help haar. 24 Sy word wakker en met skielike helderheid onthou sy iets. Dis ʼn 25 vlietende gedagte wat helder deur haar brein dring: Die Italianer wat by 26 Pa was. Wie was hy? 27 Sy slaap weer. 28 Toe sy die volgende oggend wakker word, staan die deur effens oop. 29 Daar is geen teken van die Mamma-pop nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) 7.1 Watter belangrike gebeurtenis het vroeër hierdie dag plaasgevind? (1) 7.2 Benoem die soort verteller in hierdie uittreksel en verklaar die rol van die verteller in reël 1. (2) 7.3 Verklaar die gebeure wat tot Sielie se spraak in reël 3 aanleiding gegee het. (1) 7.4 Hoe het die lappopmotief voortdurend die spanning in die verhaal ver- hoog? Motiveer ook dat dié lappopgesin tot Sielie se karakterontwik- keling bygedra het. (2) 7.5 Hoekom ervaar Leendra innerlike konflik oor haar ma? Is hierdie konflik eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord. Noem enige EEN voorbeeld van uiterlike konflik by Leendra en motiveer of dié konflik opgelos word. (4) 7.6 Wat is die naam en van van die Italianer wat Leendra in reël 25 onthou? Gee TWEE karaktereienskappe van die karakter en motiveer telkens hoekom jy so sê. (3) EN TEKS B 1 ʼn Week na Rebekka se begrafnis het die nuus gekom dat Western 2 Mining ʼn offer van miljoene rande ingesit het by die Redelinghuyse om 3 Vlaktevlei yt te koep. Die klipman het van ver af gekom virrie groot 4 transaksie. 5 Leendra loop met die bossie blomme oor die wit soutpan tot waar die 6 rooi kol in die wit sout gelê het. Sy sit die blomme neer en kniel stil 7 peinsend. Sy kyk op wanneer sy die geluid hoor. Dis Samuel se rooi Ford- 8 bakkie wat van ver af aangery kom! Sy spring op en hardloop hom met 9 lang hale tegemoet. Hy klim uit die bakkie, tel haar hoog op in die lug en sit 10 haar weer neer. Hy lees die blydskap in die groen oë. 11 Juffrou Van Helleveeg, as ek jou vra om saam met my in ʼn tent te woon, 12 belowe jy plegtig om nie ons tentpenne uit te pluk nie? 13 “Ja!” sê sy. 14 Toe soen hy haar daar op die ooptes van die wit hemel waar die son 15 soos diamante op soutkristalle skyn. 16 Toe Western Mining Vlaktevlei oorvat, het hulle vir ons nuwe 17 klaskamers by die skool aangebou en Jamaina weer aangestel as 18 prinsipaal. Hulle het nuwe hyse gebou en parke aangelê. Hulle het die 19 strate geteer. Hulle het groot kantore daar opgesit en Vos Philander wat by 20 die skool bedank het, het daar ʼn offiesjop gekry. Hulle het vir ons ’n groot 21 community hall gebou met ʼn kliniek daarby. Dit was die Rebekka Cupido 22 Community Hall. 7.7 Verklaar die rede vir die wit spasie tussen reël 4 en 5. (1) 7.8 Verklaar die rede vir Leendra se handeling in reël 5–6. Dink jy Leendra se optrede is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 13 7.9 Watter karakteriseringstegniek span die skrywer in die onderstreepte woorde in reël 11 in om Leendra te karakteriseer? Watter afleiding kan die leser hieruit omtrent Leendra maak? (2) 7.10 Dink jy reël 18–19 dui op ʼn ironiese wending in die verhaal? Motiveer jou antwoord. Dink jy die verwikkeling in reël 16–22 skakel op konnotatiewe vlak met die romantitel? Motiveer jou antwoord. Sê ook hoekom die naam van die gemeenskapsaal baie gepas is deur na Pastoor Gerald se preek by Rebekka se begrafnis te verwys. (3) 7.11 Beskryf kortliks die verskil in die stemming wat in TEKS A en TEKS B heers. (1) 7.12 Wat is die hooftema en ʼn moontlike boodskap van Droomdelwers? Sê ook watter implikasie die romantitel vir Leendra se karakterontwikkeling ingehou het. (3) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag. MY JAPAN – Schalk Schoombee Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG Ilse en Mercia ervaar deur die loop van die drama konflik. Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25] VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C 1 ILSE: Een, twee, drie! Ruk daai lyfie, rol daai koppie! 2 Spring, spring, spring, hop en skop, dowwe dolla 3 dans! Skud daai breintjie, wikkel daai lyfie tot die 4 monde oophang! Wie wil agter ’n simpel bal aanhol 5 met ʼn stok? Nee dankie. 6 Elzette haal ʼn lemmetjie uit en begin haar been kerf 7 dat die bloed loop. Sy neem die bloed en teken ʼn 8 streep oor haar wang. Engela, Ilse se niggie, kom 9 links op en gaan staan skuins agter Ilse. Hulle gesels 10 op Facebook. Hulle “mime” hul skootrekenaar. 11 ENGELA: (tik) Die Japannese is groepmense. 12 ILSE: (verbaas, tik) Ek weet, Engela. Hulle konformeer ook. 13 ENGELA: (tik) Streng kulturele dissipline het hulle voorberei om 14 saam te staan. 15 ILSE: (tik) Soos met die tsoenami... 16 ENGELA: (tik) Nooit gekla nie, geduldig gewag in ellelange rye, 17 mekaar gehelp met mense uitgrawe, kosgee. Geen 18 winkels is geplunder nie. Hulle het nie hul goeie 19 maniere verloor nie. 20 Elzette verf haar gesig vol bloedstrepe, staan op en 21 dans haar eie vinnige, frenetiese, individuele dans, 22 terwyl die leerlinge en Juffrou Venter agter in stadige 23 aksie gereglementeerd beweeg. 24 ILSE: (tik) Engela! Kom ons SKYPE gou. 25 ENGELA: (tik) Goed, net ʼn oomblik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 15 26 Hulle gaan staan teenoor mekaar in profiel. 27 ILSE: Hallo, niggie! 28 ENGELA: Hallo skattebol! 29 ILSE: Jy’t maer geword! 30 ENGELA: Werk hard, kleintjies bedags en grootmense saans. 31 Eet baie vis en sasjimi. 32 ILSE: Wat’s dit? 33 ENGELA: Gesnyde rou seekos, vis en skulpvis met sojasous en 34 wasabi en daikon, gekerfde radys. Nie vir Boere wat 35 hou van braaivleis en boerewors nie! 36 Die groep agter sit hande oor die mond, 37 gechoreografeerde mimiek van naar word. 9.1 In watter ruimte bevind die leerlinge, Ilse en Elzette hul onderskeidelik in hierdie toneel? Bewys ook dat hierdie gedeelte deel vorm van die ontwikkelingsfase in die drama. (4) 9.2 Herlees reël 6–8. Verklaar die dieperliggende betekenis van Elzette se handeling. Dink jy haar optrede is geregverdig? Motiveer jou antwoord. (2) 9.3 Bewys dat Ilse se pa nie aan Engela se beskrywing van die Japannese voldoen nie. (1) 9.4 Wat is die rol van die verteller in reël 16–19? (1) 9.5 Herlees reël 20–23. Verduidelik wat ʼn frenetiese dans is en sê wat die kontras tussen Elzette en die leerlinge se dans presies behels. Wat is die dieperliggende betekenis van Elzette se dans? (3) 9.6 Wat word die kursiefgedrukte gedeelte in reël 26 genoem? Sê ook wat die funksie van dié kursiefgedrukte woorde is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (EC/NOVEMBER 2019) TEKS D 1 ENGELA: (Skype) Gee haar tyd om die gedagte te verwerk. Jy’s 2 al wat sy het. Gee kans. 3 ILSE: (Skype) Wel, ek hou nie my asem op nie ... 4 Ilse klap haar skootrekenaar toe, trek haar kimono 5 aan en help haar ma tafel dek. 6 MA: (aan Ilse) Ilse, dis okay met my. Jy kan maar gaan. 7 ILSE: Wat? 8 MA: Dit sal vir my baie swaar wees, ek sal jou elke dag 9 mis, maar jy kan Japan toe gaan. Ek kan jou nie, sal 10 jou nooit keer nie. 11 ILSE: Ek wil nog steeds gaan, Mamma. Ek sal self spaar. 12 MA: Bring die vorms dan vul ons dit saam in. Ek het iets 13 weggesit vir jou. 14 ILSE: Dankie, Ma. Maar ek weet nou, my Japan bestaan 15 nie. My Japan is ʼn plek vol kersiebloeisels en spoke 16 en lieflike tradisies. Die regte Japan is ʼn rampgebied. 17 MA: Gaan kyk en leer en beleef ... en skryf jou boek. 18 ENGELA: (Skype) Kom kyk en besluit self. Dis ʼn vreemde, 19 wonderlike plek. 20 Ilse se selfoon lui. Dis Lukas. 21 LUKAS: Haai. Dis Lukas. 22 ILSE: Swot jy? 23 LUKAS: Nee, ek speel Assasins Creed. 24 ILSE: My ma het toestemming gegee. Dis official. 25 LUKAS: Cool! Jy’s seker hiperbly! Solank jy terugkom. 26 ILSE: (lag) Eendag sal ek, Lukas. 27 LUKAS: Ons kan vriende bly op Facebook. 28 ILSE: Meer as dit, hoop ek. 29 LUKAS: Penvriende? 30 ILSE: Skype. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) AFRIKAANS HUISTAAL V2 17 31 LUKAS: Whoa, nie so haastig nie! Netnou trou jy met ʼn 32 Manga-Japannees en waar’s ek dan? Wat maak jy 33 nou? 34 Ilse trek haar kimono uit. 35 ILSE: Ek trek my kimono uit. 36 LUKAS: Moet ek kom help? Hehe. 37 ILSE: Ag gaan slaap. 38 LUKAS: Ek het so ʼn idee jy gaan lekker doeks vanaand. Niks 39 nagmerries en monsters en vroue met twee monde 40 nie. 9.7 Ilse en haar ma se dialoog in reël 6–17 dui op tekens van karakteront = wikkeling wat reeds plaasgevind het. Verklaar hoe elkeen se karakter ontwikkel het en sê hoe die konflik tussen hulle opgelos is. (3) 9.8 Hoe het Lukas vroeër in die drama gehelp om die ma-dogter-verhouding te probeer verbeter? (1) 9.9 Verklaar wat Ilse se handeling in reël 34 op konnotatiewe vlak beteken. Dink jy hierdie handeling is ʼn ironiese wending? Motiveer jou antwoord. (2) 9.10 Gee die Japannese mitologiese name vir die monster en die vrou met twee monde na wie Lukas verwys en verduidelik die verband tussen die vrou en Ilse se ma. (3) 9.11 Hoe verskil Ilse se gemoedstoestand aan die einde van TEKS D van haar ingesteldheid in TEKS C? (1) 9.12 Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama? (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com  
Downloaded from hlayiso.com   
Downloaded from hlayiso.com 

Matching paper and memo

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Afrikaans Hl

View all