Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 12202116 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 2021 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taal (40) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin elke afdeling op 'n NUWE bladsy. 4. Trek 'n streep na elke afdeling. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord. 7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Beplan jou tyd só: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 20 minute AFDELING C: 50 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/2021 SS/NSS AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A: ARTIKEL MATRIEK! WAT NOU? Jou lewe as volwassene is 'n stel trappe en matriek is die eerste trap! Matriek is die tydperk waarin jy groei en planne vir jou toekoms maak. So sê Elma Postma, bekende Afrikaanse aktrise. 1 Matriek! Wat nou? Dit is 'n vraag wat jongmense dikwels laat kopkrap, want hierdie besluit het 'n invloed op alles wat daarna in 'n mens se lewe gebeur. 5 2 'n Skoolverlater moet eerstens besluit of hy/sy ná matriek gaan werk of verder studeer. Daar is baie multimiljoenêrs wat geen verdere opleiding ná matriek het nie. Party van hulle hét nie eens matriek nie. Is dit dan regtig nodig om verder te studeer? Alle kenners in hierdie artikel stem saam: '' 'n Matriek- sertifikaat en verdere opleiding is nodig.'' 10 3 Professor Robert Lawrence van die Harvard Universiteit was in Suid-Afrika en het lesings oor robotte in die werksplek kom aanbied. Volgens hom sal robotte in die toekoms eenvoudige take by onopgeleide of swak opgeleide mense oorneem. Daar sal egter altyd werk vir opgeleide mense wees. Paul Maritz stem saam met prof. Lawrence. Hy sê 27% van Suid-Afrikaners is 15 werkloos. Die meeste van hierdie werkloses is onopgelei. 'n Mens moet dus verder studeer. Dan is jy in 'n beter posisie om wel werk te kry. As jy dalk vroeg die skool verlaat het, moet jy probeer om jou matrieksertifikaat te kry. As jy direk na matriek gaan werk, moet jy probeer om na-uurs te studeer. 4 Professor Amanda Lourens van die Noordwes Universiteit meen 'n mens 20 moet goed nadink oor verdere studie ná matriek. Die ideaal is om na afloop van jou studies die beroep te beoefen waarvoor jy studeer het. Sy het navorsing gedoen oor studente wat nie hulle kursusse suksesvol voltooi nie. Sy het bevind dat net 'n derde van Suid-Afrikaanse studente wat vir 'n driejaar-kursus inskryf, hulle graad binne daardie 3 jaar voltooi. Voor die einde 25 van hulle eerste jaar val 24% van studente reeds uit. 5 Prof. Lourens gee drie redes waarom studente uitval. Sy sê baie jongmense sukkel om na matriek by die universiteitslewe aan te pas. Tweedens besluit baie nuwe studente te vinnig watter beroep hulle wil volg. Daarom weet hulle nie wat die studierigting wat hulle gekies het, werklik inhou nie. Wanneer hulle 30 dan later sien hulle het verkeerd gekies, los hulle hulle studies en verlaat die universiteit. Derdens val baie studente uit omdat hulle nie geld het om hulle studies te voltooi nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/2021 SS/NSS 6 Jongmense het dus hulp nodig om die regte loopbaan te kies, veral omdat die moontlikhede legio is. Die ATKV bied byvoorbeeld Postmatriek aan. Tydens 35 hierdie program leer jongmense verskillende beroepe ken, hulle leer sekere vaardighede en hulle maak vriende wat hulle lewenslank hou. 7 Iemand wat so 'n program gevolg het, is Lara Blignaut. Sy het in 2010 gematrikuleer en nie geweet wat sy ná skool wou doen nie. Sy erken sy was te besig op skool en kon daarom nie aandag aan beroepskeuses gee nie. Sy 40 het toe 'n postmatriekprogram aan die Equilibrium School of Life op Potchefstroom voltooi. Sy sê dit het haar geleer om selfstandig te wees, om haar tyd en haar geld reg te bestuur en om moeilike interpersoonlike situasies reg te hanteer. En die belangrikste is dat dit haar laat besef het watter beroep sy regtig wou volg nadat sy afstudeer het. Sy wou skoolhou, met Wiskunde en 45 Wetenskap as haar hoofvakke. 8 'n Brugjaar is ook 'n goeie idee vir jongmense wat onseker oor hulle toekomsplanne is. Kentse Radebe, ervare sosioloog, beklemtoon dat so 'n brugjaar eerstens 'n duidelike doel moet hê, byvoorbeeld om geld vir verdere studies te verdien. Tweedens moet daar beplan word hoe daardie doel bereik 50 gaan word. In die derde plek moet jongmense tydens hulle brugjaar lewensvaardighede aanleer. Hulle moet byvoorbeeld leer om verantwoordelik te wees, deur soggens betyds op te staan vir werk. Hulle moet ook leer om op hulle eie bene te staan. 9 Cindy Glass, direkteur en mede-stigter van die Step Up Education Centres, 55 het die volgende wenke vir skoolverlaters:  Onthou dat matriek nie die einde van jou akademiese reis is nie.  Druk deur. As jy nie by 'n universiteit aanvaar word nie, kan jy altyd korrespondensie- of aanlynkursusse volg.  Moet geen kans laat verbygaan om ondervinding op te doen nie. 60 [Verwerk uit Maroela Media en Vrouekeur, 31 Mei 2017] LET WEL:  Beantwoord AL die vrae.  Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.1 Na watter Afrikaanse aktrise word daar in die subopskrif verwys? (1) 1.2 ''Jou lewe as volwassene is 'n stel trappe en matriek is die eerste trap!'' 1.2.1 Lei uit kenners soos Paul Maritz se woorde af wat die tweede trap is. (Reël 16–17) (1) 1.2.2 Lei uit prof. Amanda Lourens se opinie af wat die derde trap is. (Reël 21–22) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/2021 SS/NSS 1.3 ''Dit is 'n vraag wat jongmense dikwels laat kopkrap.'' (Paragraaf 1) 1.3.1 Word ''kopkrap'' hier LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik? (1) 1.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1 deur te verduidelik wat ''kopkrap'' beteken. (1) 1.4 Hoe gaan werksplekke, soos ons dit ken, volgens prof. Lawrence in die toekoms verander? (1) 1.5 Prof. Lawrence dink nie dit is nodig om ná matriek verder te studeer nie. Haal 'n sin uit paragraaf 3 aan om hierdie stelling ONWAAR te maak. (1) 1.6 Sê in jou eie woorde hoekom Paul Maritz mense aanmoedig om verder te studeer. (1) 1.7 Watter raad gee Paul vir jongmense wat besluit om direk na skool te gaan werk? (1) 1.8 ''Voor die einde van hulle eerste jaar val 24% van studente reeds uit.'' (Paragraaf 4) Waarom kan ons sê dat hierdie stelling 'n FEIT is en nie 'n MENING nie? (1) 1.9 Lees paragraaf 5. 1.9.1 Noem TWEE redes wat prof. Amanda Lourens gee waarom studente nie hulle kursusse suksesvol voltooi nie. (2) 1.9.2 Hoe, dink jy, kan universiteite seker maak dat minder studente om hierdie twee redes in hulle eerste jaar uitval? (1) 1.10 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Uit paragraaf 6 kan ons aflei dat daar (min/baie) beroepe is om van te kies. (1) 1.11 Hoe ondersteun die ATKV jongmense om sinvol oor hulle toekoms te besluit? (1) 1.12 Waarom het Lara Blignaut nie ná matriek geweet wat sy wou doen nie? (1) 1.13 Hoe het die Equilibrium School of Life Lara met die volgende gehelp? 1.13.1 Beroepskeuse (1) 1.13.2 Sosiale verhoudinge (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/2021 SS/NSS 1.14 Hou paragraaf 8 in gedagte. Wanneer sal 'n brugjaar 'n mislukking wees? Gee 'n voorbeeld en motiveer jou antwoord. (2) 1.15 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.15) en die letter (A–D) neer. Hou die hele teks in gedagte. Wat is die kerngedagte van hierdie teks? A 'n Brugjaar is net 'n mors van tyd en geld vir skoolverlaters. B Skoolverlaters moet vinnig oor hulle loopbaan na matriek besluit. C Skoolverlaters moenie met net 'n matrieksertifikaat tevrede wees nie. D Alle skoolverlaters weet teen die einde van matriek presies wat hulle na skool wil doen. (1) 1.16 Sê in jou eie woorde watter boodskap die volgende dele in die teks vir jou as skoolverlater het. 1.16.1 Die eerste sin van die subopskrif (1) 1.16.2 Die samevatting van Cindy se wenke in die slotparagraaf (1) 1.17 Wat kan matrikulante se ouers uit hierdie artikel leer? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/2021 SS/NSS VLOERPLAN Bestudeer die vloerplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEKS B: VLOERPLAN VAN DIE PROTEA WINKELSENTRUM Protea Winkelsentrum 1 5 2 3 4 [Verwerk uit google images] 1.18 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Die roltrap by Edgars se deur gaan (op/af). (1) 1.19 Waaruit kan ons aflei dat hierdie winkelsentrum gestremde mense in ag neem? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/2021 SS/NSS 1.20 Anita is by UITGANG 5 en Helen is by UITGANG 2. Wie is die naaste aan die openbare badkamers? (1) 1.21 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer (1.21) en die antwoord (A–D) neer. Daar is duidelike tekens wat wys waar die nooduitgange en die brandblussers is. Dit sê vir ons dat die Protea Winkelsentrum ... A probleme met tieners het wat stout is. B seker maak dat hulle klante veilig is. C 'n baie moderne winkelkompleks is. D onnodig geld spandeer. (1) 1.22 Waarom kan ons sê dat die ? en die i in die teken hieronder by mekaar pas? (2) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/2021 SS/NSS AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Jy het na 'n praatjie oor aardverwarming geluister. Som nou vir jou vriend die maniere om aardverwarming te keer, op. INSTRUKSIES 1. Skryf die SEWE maniere om aardverwarming te keer, puntsgewys neer. 2. Nommer die feite van 1 tot 7. 3. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. 4. Skryf sover moontlik in jou EIE VOLSINNE. 5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan. TEKS C DIS ONS ALMAL SE PLIG OM AARDVERWARMING TE KEER Aardverwarming is 'n werklikheid. Ons moet almal probeer om dit te keer en hier leer ons jou hoe om dit te doen. Dis gemaklik om per motor te kom en gaan waar jy wil. Maar as jy wil help met aardverwarming, moet jy uitlaatgasse verminder. Fietsry of stap is die antwoord. Daar is geen huis waar daar nie afval is wat weer gebruik kan word nie. Ons noem dit herwinning en dit help aardverwarming voorkom. Kos en ander benodigdhede word dikwels in plastiek toegedraai en in mooi houers verpak om 'n mens te manipuleer om dit te koop. Moenie daardie produkte koop nie! Suid-Afrika is 'n droë land omdat ons reënval laag is. Daarom is dit elke individu se plig om water te bespaar. Dit help ook om aardverwarming te beveg. Bome gee suurstof en neem koolstofdioksied op. Plant daarom soveel moontlik bome. Ons het beurtkrag omdat ons min elektrisiteit het. Bespaar energie en help die aarde deur elektriese toerusting se proppe uit die muurproppe te trek as dit nie gebruik word nie. Is jy oortuig dat aardverwarming 'n gevaar is? Dan moet jy jou kennis daarvan aan ander mense oordra. So doen jy jou deel om aardverwarming te keer! [Verwerk uit Wikipedia] TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/2021 SS/NSS AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3: ADVERTENSIE  Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.  Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet word.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS D (3.1) Piketberg Dorpsmuseum hou 'n leersame uitstalling Tel.: 022 998 877 van ou artikels. Alles op jou slimfoon! Wat het mense in die verlede Die museum is elke gebruik waarvoor jy deesdae weeksdag oop: jou slimfoon inspan? 09:00–16:00 Besoek ons gerus en sien self. Party van die artikels is (3.2) (oud). (3.3) Jy is altyd te oud om iets te leer. Dit is die (3.4) (goed) ervaring ooit! Adres: Op die hoek van (3.5) Hoog- en Boomstraat Toegang is gratis. [Verwerk uit piketbergmuseum.co.za en clipart] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/2021 SS/NSS 3.1 Skryf die sin in die LYDENDE VORM. Piketberg Dorpsmuseum hou 'n leersame uitstalling van ou artikels. (1) 3.2 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies. Party van die artikels is (oud). (1) 3.3 Skryf die sin in die ONTKENNING deur die onderstreepte woord te verander. Jy is altyd te oud om iets te leer. (1) 3.4 Gee die KORREKTE VORM vir die woord tussen hakies. Dit is die (goed) ervaring ooit! (1) 3.5 Watter WOORD staan in die plek van die koppelteken in Hoog- en Boomstraat? (1) 3.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.6) neer. Watter TEGNIEK gebruik die adverteerder om die leser se aandag te trek? Die adverteerder ... A sluit verskillende prentjies in. B gebruik verskillende leestekens. C onderstreep belangrike inligting. D gebruik net beskrywende woorde. (1) 3.7 Wat kan 'n mens met 'n slimfoon doen wat jy nie met één van die ou artikels in die advertensie kan doen nie? Kies jou antwoord uit die blokkie hieronder. Lei jou antwoord nét uit die inligting in die advertensie af. (1) tyd aandui; rigting bepaal; boodskappe stuur; selfies neem; wiskunde doen 3.8 Is dit effektief dat die fokus van die advertensie in die vorm van 'n slimfoon geplaas is? Motiveer jou antwoord. (1) 3.9 Wat is die verband tussen die slimfoon en die prentjies in die advertensie? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: STROKIESPRENT  Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.  Voer die instruksies by elke vraag uit. TEKS E Let wel: Hammie is 'n seun en Zoë is 'n meisie. RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3 Hammie, jou ma Ja, reguit huis O, dit is sê jy het nie na toe na skool. goeie Zoë, jy haar geluister nie. Geen vriende, nuus! help nie. Sy wil jou nou vir TV-speletjies of ʼn week hok. internet nie. RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6 Dis nie Ek is die ma in regverdig Jy het die die huis, dankie! En soms reëls gebreek. En die TV se om my te is Ma afstandbeheer! hok nie! baie goed daarmee. [Verwerk uit Beeld, 22 en 23 Oktober 2019] 4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As Pa in RAAMPIE 1 sê dat Hammie nie na Ma geluister het nie, bedoel Pa dat Hammie (onvriendelik/ongehoorsaam) was. (1) 4.2 "O, dit is goeie nuus!" (RAAMPIE 3) 4.2.1 Wat lei jy uit Zoë se woorde af en hoe ondersteun haar lyftaal haar gevoel? (2) 4.2.2 Vervang "goeie" met 'n woord wat Zoë se emosie beter uitdruk. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/2021 SS/NSS 4.3 Skryf Hammie se woorde in RAAMPIE 4 in die INDIREKTE REDE. Gebruik "dat" in jou antwoord. Hammie sê: "Dis nie regverdig om my te hok nie." (1) 4.4 Lees Ma se woorde in RAAMPIE 4. Gee die korrekte AFRIKAANSE woord vir "gebreek". (1) 4.5 Sê waarom die volgende stelling WAAR is. Zoë se gedrag is stereotipies van sussies in 'n gesin. (1) 4.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter (A–D) langs die vraagnommer (4.6) neer. Uit hierdie strokiesprent kan 'n mens aflei dat ... A Zoë en Hammie goeie maats is. B die ma die streng ouer in die huis is. C die kinders net kan doen wat hulle wil. D die pa glad nie omgee wat die kinders doen nie. (1) 4.7 Lees Zoë se woorde in RAAMPIE 6. 4.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. As Zoë met haar ma praat, (is sy sarkasties/prys sy haar ma). (1) 4.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1 (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT  Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder gebaseer.  Opsetlike taalfoute kom voor.  Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.  Voer die instruksies by elke vraag uit. 5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae. TEKS F: ARTIKEL DIE IMBALI VISUAL LITERACY PROJEK (5.1.1) (Die Imbali-kunsprojek begin in 1988.) Dit was eers (5.1.2) (deel) van die Vroue vir Vrede-projek, maar het later 'n projek op sy eie geword. Imbali het verskillende (5.1.3) (doelwit). Een hiervan is (5.1.4) (jongmense en vroue leer). So wil hulle (5.1.5) (dus/dis) mense se talente ontwikkel. Hulle fokus veral (5.1.6) (...) minderbevoorregte mense. Imbali het kursusse wat mense leer om klere, handsakke, (5.1.7) (ensovoorts) te maak. (5.1.8) (Mense is opgelei.) (Hulle kan produkte maak wat hulle kan verkoop). So wil Imbali mense help om (5.1.9) (...) eie geld te verdien. Imbali help met die (5.1.10) (oplei) van onderwysers wat vir skoolkinders Kuns en Kultuur moet leer. Hulle het ook mense wat handboeke skryf en (5.1.11) (plakkate) maak. Imbali het voltydse en deeltydse kursusse, asook kort kursusse en spesiale (5.1.12) (vaardigheid+programme). In een so 'n program het studente geleer hoe om lepels in (5.1.13) (ringe, oorringe en halsnoere) te omskep. Jy moet hard werk as jy suksesvol wil wees. Dít leer Imbali vir jou. [Verwerk uit www.imbali.org.za] 5.1.1 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. Die Imbali-kunsprojek begin in 1988. (1) 5.1.2 Gebruik die HOMONIEM van "deel" in 'n sin sodat die betekenis duidelik blyk. Dit was eers "deel" van die Vroue vir Vrede-projek, maar het later 'n projek op sy eie geword. (1) 5.1.3 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies. Imbali het verskillende (doelwit). (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/2021 SS/NSS 5.1.4 Skryf die hele sin oor in die INFINITIEF. Een hiervan is (jongmense en vroue leer). (1) 5.1.5 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. So wil hulle (dus/dis) mense se talente ontwikkel. (1) 5.1.6 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in. Hulle fokus veral ... minderbevoorregte mense. (1) 5.1.7 Skryf die AFKORTING van die woord tussen hakies. Imbali het kursusse wat mense leer om klere, handsakke, (ensovoorts) te maak. (1) 5.1.8 Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies. Begin met die voegwoord. Mense is opgelei. Hulle kan produkte maak wat hulle kan verkoop. (Sodra) (2) 5.1.9 Vul die korrekte ontbrekende VOORNAAMWOORD in. So wil Imbali mense help om ... eie geld te verdien. (1) 5.1.10 Gee die afgeleide SELFSTANDIGE NAAMWOORD vir die werkwoord tussen hakies. Imbali help met die (oplei) van onderwysers wat Kuns en Kultuur as vak gee. (1) 5.1.11 Verdeel die woord tussen hakies volledig in LETTERGREPE. Hulle het ook mense wat handboeke skryf en (plakkate) maak. (1) 5.1.12 Gee 'n SAMESTELLING vir die woorde tussen hakies. Imbali het voltydse en deeltydse kursusse, asook kort kursusse en spesiale (vaardigheid+programme). (1) 5.1.13 Gee die VERSAMELNAAM vir die woorde tussen hakies. In een so 'n program het studente geleer hoe om lepels in (ringe, oorringe en halssnoere) te omskep. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/2021 SS/NSS 5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae. TEKS G: PRENT [Bron: sarugbymag.co.za] 5.2.1 Kies die korrekte SPELLING tussen hakies. Nie al die lede van die (Springbok span/Springbokspan) is op hierdie foto nie. (1) 5.2.2 Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. Party spelers is (lank) as ander spelers. (1) 5.2.3 Vul die ONTBREKENDE SOORTNAAM in die onderstaande sin in. Die kaptein hou die ... in die lug. (1) 5.2.4 Kies die KORREKTE WOORD uit dié tussen hakies. As 'n span goed wil speel, moet die spelers mekaar (getrou/vertrou). (1) 5.2.5 Gee die korrekte DEELWOORD van die woord tussen hakies. Gelukkig was daar geen (beseer) spelers nie. (1) 5.2.6 Gee die VERKLEINWOORD vir die woord tussen hakies. Die speler op die voorgrond is 'n klein (man) met 'n groot hart. (1) [20] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all