Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
2021
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 80
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 360.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2021
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)31 marks
- Question 3Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 4Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/2021
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: LEESBEGRIP
NASIENRIGLYNE
Spel- en taalfoute in antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
Indien die leerder woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel verskyn,
word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk). Indien die antwoord sonder daardie
vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die leerder NIE GEPENALISEER NIE. Indien
die vreemde woord in die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
By oop vrae word geen punt toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM
NIE nie. Die rede/motivering verdien die punt.
Geen punt word toegeken vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING nie. Die rede/motivering
verdien die punt.
Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die leerder gee 'n volsin, is dit korrek MITS die
korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
Wanneer TWEE/DRIE feite vereis word en 'n reeks word gegee, sien SLEGS die eerste
TWEE/DRIE na.
Aanvaar dialektiese variasies.
Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN/OF die antwoord wat
volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 1
TEKS A: MATRIEK! WAT NOU?
[Verwerk uit Maroela Media en Vrouekeur, 31 Mei 2017]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.1 Elma Postma 1
1.2.1 Neem die besluit om verder te studeer.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.2.2 Beoefen die beroep wat jy gekies/waarvoor jy studeer het.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.3.1 Figuurlik (Die antwoord op 1.3.1 moet korrek wees om punt by 1.3.2 te verdien). 1
1.3.2 Dit beteken dat die vraag jongmense ...
(ernstig) laat nadink.
laat dink/wonder.
onseker laat voel.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.4 Robotte gaan meebring dat onopgeleide/swak opgeleide mense hul
werk verloor.
Daar sal net opgeleide mense en robotte in die werksplek wees.
Onopgeleide/swak opgeleide mense sal geen plek in die arbeidsmark
hê nie.
Robotte sal eenvoudige take by onopgeleide of swak opgeleide mense
oorneem.
(Of soortgelyk aan bogenoemde. Die kern is dat onopgeleide of swak opgeleide
werkers die gevaar loop om hul werk te verloor.) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
1.5 "Daar sal egter altyd werk vir opgeleide mense wees."
"Volgens hom sal robotte in die toekoms eenvoudige take by
onopgeleide of swak opgeleide mense oorneem."
(Enige EEN. Kandidate word nie gepenaliseer as dit nie tussen aanhalingstekens
geskryf is nie.) 1
1.6 Opgeleide mense kry makliker werk/is minder werkloos.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.7 Hulle moet na-uurs studeer.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.8 Die stelling is op navorsing gebaseer.
(Of soortgelyk aan bogenoemde wat met navorsing verband hou) 1
1.9.1 Die aanpassing van skool na universiteit is te groot.
Baie nuwe studente besluit oorhaastig watter beroep hulle wil volg/
kies die verkeerde studierigting.
Hulle het nie geld om hulle studies te voltooi nie.
(Enige TWEE of soortgelyk aan bogenoemde) 2
1.9.2 Universiteite kan ...
kursusse aanbied om nuwe studente te help/beter voor te berei om die
aanpassing van skool na universiteit te hanteer.
nuwe studente met beroepskeuses/loopbaankeuses help.
studente finansieel ondersteun/beurse of lenings vir studente
aanbied/studente wat presteer, help om borge te bekom.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die antwoord hier moet by enige EEN
van die twee redes by Vraag 1.9.1 pas) 1
1.10 baie 1
1.11 Die ATKV ...
bied postmatriek(programme) aan.
stel jongmense aan verskillende beroepe bloot.
leer vir jongmense sekere vaardighede.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.12 Sy was te besig (met ander dinge) (op skool) om te dink aan wat sy na
matriek wou doen.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.13.1 Hulle het haar aan baie beroepe bekendgestel.
Hulle het haar laat besef watter beroep sy wou volg/dat sy wou
skoolhou.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
1.13.2 Dit het haar geleer om moeilike interpersoonlike verhoudings reg te
hanteer.
(Of soortgelyk aan bogenoemde) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.14 Voorbeeld: 'n Brugjaar sal 'n mislukking wees as jy nie vooraf weet
wat jy met daardie brugjaar wil bereik nie/nie 'n doel met die brugjaar
het nie.
Motivering: Sonder 'n doel mors jy jou tyd en geld/kan jy nie beplan of
werk om jou doel te bereik nie.
Voorbeeld: 'n Brugjaar sal 'n mislukking wees as jy nie beplan/stap-
vir-stap uiteensit hoe jy jou doel met die brugjaar gaan bereik nie.
Motivering: Sonder beplanning, mors jy jou tyd en geld/as jy nalaat
om te beplan, beplan jy eintlik die mislukking van jou doel.
Voorbeeld: 'n Brugjaar sal 'n mislukking wees as jy niks uit die
brugjaar leer nie/geen ondervinding opdoen nie/dit net een lang
vakansie is.
Motivering: Sonder om iets uit die brugjaar te leer, doen jy die
brugjaar basies tevergeefs/mors jy jou tyd en geld OF jy gaan nie leer
om verantwoordelik te wees nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. By die motivering moet die mislukking
omskryf word, te wete, geld gemors/tyd gemors. Een punt word toegeken vir die
voorbeeld en een punt vir die motivering.) 2
1.15 C/Skoolverlaters moenie tevrede wees met net 'n matrieksertifikaat nie. 1
1.16.1 Matriek is 'n belangrike jaar in enige leerder se lewe.
(Of soortgelyk aan bogenoemde. Let wel: Kandidaat moenie bloot dit wat in die sin staan,
oorskryf nie; die boodskap moet afgelei word.) 1
1.16.2 Ek moenie na matriek ophou studeer/ondervinding opdoen nie.
Daar is baie kanse om na matriek ondervinding op te doen.
(Of soortgelyk aan bogenoemde. Let wel: Kandidaat moenie bloot dit wat in die sin
staan, oorskryf nie; die boodskap moet afgelei word.) 1
1.17 Ouers kan leer dat ...
verdere studie belangrik is. (Paragraaf 2/3)
hulle nie hul kinders moet druk om oorhaastige besluite te neem nie.
(Paragraaf 4/5)
hulle kinders nie die enigste is wat dalk in hulle eerste jaar sal uitval
nie. (Paragraaf 4)
daar verskeie redes is waarom studente in hulle eerste jaar uitval.
(Paragraaf 5)
hulle finansiële voorsorg vir hulle kinders moet tref. (Paragraaf 5)
daar verskillende opsies vir hulle kinders na matriek is. (Paragraaf 6)
hulle hul kinders kan aanmoedig/moet toelaat om programme soos
postmatriek te volg. (Paragraaf 6)
'n brugjaar wel waarde kan hê. (Paragraaf 8)
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde wat met die teks verband hou.) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
TEKS B: VLOERPLAN VAN DIE PROTEA WINKELSENTRUM
[Verwerk uit google images]
VRAAG ANTWOORD PUNT
1.18 op 1
1.19 Daar is 'n teken/simbool/bordjie van 'n persoon in 'n rolstoel.
Die teken van die persoon in 'n rolstoel wys dit.
Die prentjie by nommer 4.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Die kandidaat moet na die
rolstoelprentjie verwys.) 1
1.20 Anita 1
1.21 B/seker maak dat hulle klante veilig is. 1
1.22 Die ? wys dat jy iets wil weet/uitvind/wonder oor iets.
Die i dui die plek/toonbank aan waar jy die inligting/antwoorde (waarna jy
soek) kan kry.
? jy wil ʼn vraag vra.
i jy kry informasie/inligting oor jou vraag
? vir jou vraag en die i die antwoord of die inligting wat by hierdie
toonbank verskaf word.
Jy sal jou antwoorde op jou vrae by die inligtingsentrum kry (as
leerders nie die tekens in hul antwoord gebruik nie).
Jy gaan soontoe as jy wil weet waar sekere winkels of dienste is. Jy
kry inligting/antwoorde op jou vrae.
As mense vrae het/inligting nodig het/iets wil weet, kan hulle na
daardie plek toe gaan.
(Of soortgelyk aan bogenoemde. Die verwantskap moet duidelik wees; 2 of 0 punte) 2
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSOMMING
Nasien van die opsomming
Nasien van die opsomming word gebaseer op die insluiting van die relevante feite soos deur die
teks voorgeskryf. Die opsomming moet soos volg nagesien word:
Puntetoekenning:
o 7 punte vir 7 feite (1 punt per feit)
o 3 punte vir taal
o Totaal punte: 10
Toekenning van taalpunte as leerders nie woordeliks aangehaal het nie:
o 1–3 korrekte feite: 1 punt
o 4–5 korrekte feite: 2 punte
o 6–7 korrekte feite: 3 punte
Toekenning van taalpunte as leerders woordeliks aangehaal het:
o 6–7 korrekte aanhalings: geen punte vir taal word toegeken nie
o 1–5 korrekte aanhalings: 1 punt vir taal word toegeken
LET WEL:
Getal woorde:
o Nasieners moet die getal woorde verifieer.
o Geen punte word afgetrek indien die leerder nalaat om die getal woorde wat gebruik
is, aan te dui of verkeerd aandui nie.
o Indien die maksimum getal woorde (70 woorde) oorskry word, moet die nasiener tot
by die laaste volsin na die 70-woordegrens nasien en die res van die opsomming
ignoreer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2
TEKS C: DIS ONS ALMAL SE PLIG OM AARDVERWARMING TE KEER
[Verwerk uit Wikipedia]
Let wel: Kandidate moet sewe maniere om AARDVERWARMING te keer, opsom.
DIREKTE AANHALING EIE WOORDE
Maar as jy wil help met aardverwarming, moet jy 1 Verminder uitlaatgasse./Ry eerder
uitlaatgasse verminder. Fietsry of stap is die fiets./Stap eerder (in plaas daarvan
antwoord. om jou motor te gebruik)./Maak
minder van jou motor gebruik./Ry
minder met jou motor./Moenie
onnodig jou motor gebruik nie.
Daar is geen huis waar daar nie afval is wat 2 Herwin afval./Gebruik afval weer.
weer gebruik kan word nie. Ons noem dit
herwinning.
Kos en ander benodigdhede word dikwels in 3 Vermy produkte wat in plastiek/mooi
plastiek toegedraai en in mooi houers houers verpak is.
verpak om 'n mens te manipuleer om dit te
koop. Moenie daardie produkte koop nie!
Daarom is dit elke individu se plig om water te 4 Bespaar water.
bespaar. Dit help ook om aardverwarming te
beveg.
Bome gee suurstof en neem koolstofdioksied 5 Plant baie bome.
op. Plant daarom soveel moontlik bome.
Bespaar energie en help die aarde deur 6 Jy moet energie bespaar./Trek
elektriese toerusting se proppe uit die elektriese toerusting se proppe uit die
muurproppe te trek as dit nie gebruik word nie. muurproppe as jy dit nie gebruik nie.
Dan moet jy jou kennis daarvan aan ander 7 Vertel vir ander mense wat jy van
mense oordra. aardverwarming weet.
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: TAAL
NASIENRIGLYNE
Spelling:
o Eenwoord-antwoorde moet korrek gespel word, indien woordstrukture getoets word.
o By volsin-antwoorde word verkeerde spelling gepenaliseer indien die fout in die
taalstruktuur is wat getoets word.
o Waar afkortings getoets word, moet die leestekens korrek wees.
Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
instruksies.
Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem OF die antwoord wat volledig
geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.
VRAAG 3
TEKS D: ADVERTENSIE
[Verwerk uit piketbergmuseum.co.za en clipart]
VRAAG ANTWOORD PUNT
3.1 'n Leersame uitstalling van ou artikels word deur Piketberg
Dorpsmuseum gehou.
‘n Leersame uitstalling van ou artikels word gehou deur Piketberg
Dorpsmuseum. 1
3.2 stokoud
horingoud
stokhoringoud
(Enige EEN. Dit moet een woord wees. Aanvaar as oud met 'n -t geskryf is.) 1
3.3 Jy is nooit te oud om iets te leer nie. 1
3.4 beste
(Spelling moet korrek wees.) 1
3.5 straat/Hoogstraat 1
3.6 A/sluit verskillende prentjies in. 1
3.7 selfies neem 1
3.8 Ja.
Die selfoon trek die meeste mense se aandag.
Die meeste mense stel belang in dinge wat met selfone te doen het.
Dit prikkel mense se belangstelling (bv. wat het 'n moderne slimfoon
met die museum te doen?)
Dit wys die ontwikkeling in tegnologie.
Dit lyk asof die inligting outomaties op die skerm opkom wat 'n mens
se aandag trek.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde)
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
Nee.
Die slimfoon mislei 'n mens.
Die advertensie handel eintlik oor die museum se uitstalling en nie oor
selfone nie.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
3.9 Die prentjies wys vir ons die verskillende artikels wat mense in die
verlede nodig gehad het om te kan doen wat ons vandag met net
een slimfoon kan doen.
In die verlede het ons individuele toestelle gebruik; vandag kan die
slimfoon die werk van al die ander prentjies/toestelle slimmer doen.
Die prentjies van die ou goed, dui al die funksies wat vandag op 'n
slimfoon beskikbaar is, aan.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde vir 2 punte. Sou die kandidaat net sê dat
alles in die prentjies op die selfoon gekry word/gedoen kan word, tel dit net 1 punt. ) 2
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/2021
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
TEKS E: STROKIESPRENT
[Verwerk uit Beeld, 22 en 23 Oktober 2019]
VRAAG ANTWOORD PUNT
4.1 ongehoorsaam 1
4.2.1 Uit Zoë se woorde kan ek aflei dat sy bly/opgewonde/tevrede/gelukkig is
(dat Hammie gehok is.) 1
Zoë se hande is in die lug.
Daar is 'n groot glimlag op haar gesig/Sy lag.
Sy hardloop/spring.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde wat Zoë se gevoel ondersteun. Die
eerste deel van die antwoord moet korrek wees, voor die tweede deel 'n punt kan
kry.) 1
4.2.2 fantastiese
wonderlike
uitstekende
opwindende
briljante
bakgat
kwaai
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde. Spelling tel nie.) 1
4.3 Hammie sê dat dit nie regverdig is om hom te hok nie. 1
4.4 oortree
verontagsaam/geïgnoreer
(Enige EEN. Spelling tel nie) 1
4.5 Sussies terg/tart graag hulle boeties.
Sussies dra nuus aan oor hulle boeties.
Sussies gebruik die kans om boeties in die moeilikheid te laat beland.
Sussies kry lekker as hulle boeties in die moeilikheid is.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
4.6 B/die ma die streng ouer in die huis is. 1
4.7.1 is sy sarkasties
(Hierdie antwoord moet korrek wees om 'n punt by Vraag 4.7.2 te verdien.) 1
4.7.2 Sarkasme is wanneer jy een ding sê, terwyl jy eintlik iets anders
bedoel/die teenoorgestelde sê van wat jy eintlik bedoel.
Zoë bedoel nie wat sy sê nie.
Zoë bedoel eintlik dat haar ma nie altyd goed/reg optree nie/dat haar
ma soms verkeerd optree.
(Enige EEN of soortgelyk aan bogenoemde) 1
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/2021
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5.1
TEKS F: DIE IMBALI VISUAL LITERACY PROJEK
[Verwerk uit www.imbali.org.za]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.1.1 Die Imbali-kunsprojek het in 1988 begin.
Die Imbali-kunsprojek het begin in 1988.
In 1988 het die Imbali-kunsprojek begin.
(Enige EEN) 1
5.1.2 Ek deel die lekkers tussen die kinders.
Ek deel die getal deur twee.
Ons deel in die wins.
Ek deel in jou vreugde.
Ons deel 'n kamer.
(Enige aanvaarbare sin waar die betekenis van "deel" duidelik is. Enige sin waarin
"deel" as 'n werkwoord gebruik is."Uitdeel" word nie hier aanvaar nie.) 1
5.1.3 doelwitte
(Spelling moet korrek wees.) 1
5.1.4 Een hiervan is om jongmense en vroue te leer. 1
5.1.5 dus 1
5.1.6 op 1
5.1.7 ens.
(Aanvaar nie as dit met 'n hoofletter geskryf word nie. Daar moet 'n punt aan die einde
van die afkorting wees.) 1
5.1.8 Sodra mense opgelei is, kan hulle produkte maak wat hulle kan
verkoop.
Sodra mense produkte kan maak wat hulle kan verkoop, is hulle
opgelei.
(Die leesteken op die regte plek tel 1 punt en die korrekte woordorde tel 1 punt.) 2
5.1.9 hulle
hul
(Enige EEN. Spelling tel nie.) 1
5.1.10 opleiding
(Aanvaar oorskryffoute, bv oplyding) 1
5.1.11 plak + ka + te
plak/ka/te
(Die kandidaat kan die lettergrepe op enige duidelike wyse aandui.) 1
5.1.12 vaardigheidsprogramme
(Die verbindings -s moet op die regte plek wees.) 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12. DBE/2021
NSS – Nasienriglyne
5.1.13 juweliersware
juwele
(Enige EEN)
(Aanvaar foutiewe spelling, maar nie Engels nie.) 1
VRAAG 5.2
TEKS G: PRENT
[Bron: sarugbymag.co.za]
VRAAG ANTWOORD PUNT
5.2.1 Springbokspan
(Die fokus is op die woord as een woord). 1
5.2.2 langer
(Spelling moet korrek wees.) 1
5.2.3 beker
trofee
(Webb Ellis)-trofee
Wȇreldbeker
(Enige EEN, maar nie net Webb Ellis nie. "Koppie" of "kop" word glad nie aanvaar nie.
Aanvaar foutiewe spelling van trofee, solank dit op -ee eindig) 1
5.2.4 vertrou
(Spelling tel nie.) 1
5.2.5 beseerde 1
5.2.6 mannetjie
(Spelling moet korrek wees.) 1
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Question paper