Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Memo

MemorandumAfrikaans FALGrade 12202121 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2021, 21 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2021

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 2021 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye wat drie rubrieke insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMEEN 1. Gebruik die rubrieke soos volg: AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL AFDELING B: VRAAG 2.1 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS VRAAG 2.2 HULDEBLYK VRAAG 2.3 RESENSIE VRAAG 2.4 DIALOOG AFDELING C: VRAAG 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE VRAAG 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS VRAAG 3.3 INSTRUKSIES 2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat beplanning van idees, formaat, redigering van woord- en sinstrukture en struktuur by die rubrieke ingesluit is. 3. As 'n onderwerp misgetas is, word die kandidaat se antwoordboek na die senior nasiener verwys. Die kandidaat moet volgens die rubrieke baie laag op inhoud aangeslaan word. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet dit eweneens met die senior nasiener bespreek word. 4. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. 5. Indien dele van die skryfstuk wel die kandidaat se eie werk is, assesseer hierdie dele volgens die laagste vaardigheidsvlak. 6. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl.3) gebruik by die nasien van 'n skryfstuk. 7. Die kandidaat word nie gepenaliseer indien hy/sy minder as die minimum of meer as die maksimum woorde gebruik nie. 8. Visuele tekste: Vraag 1.6.1–1.6.3  Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.  Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.  Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of argumenterend wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN Die volgende simbole/tekens behoort deur alle provinsies gebruik te word: VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde ( ) Hakies en pyltjie Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord Woordkeuse / Haal met 'n streep deur Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin Woorde uit ander tale/nie- X Trek 'n X bo die verkeerde woord. funksionele/vreemde woorde: - Standaardafrikaans bly die norm. - Gebruiksafrikaans moet vermy word. - Aanvaar terminologie waarvoor Afrikaans nog nie ekwivalente het nie. Erkenning van taaljuweeltjies  (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of uitdrukkings. Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh Onduidelik/onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r Punktuasie O Omkring NEERSKRYF VAN PUNTE 1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk. 2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens: AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte). AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte). AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte). 3.  Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, byvoorbeeld KNAP.  Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val, byvoorbeeld KNAP hoog. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt neer, byvoorbeeld uit die kategorie (22-24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir Inhoud en Beplanning.  Dieselfde werkswyse word by Taal, Styl en Redigering gevolg. 4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte. Dis 'n hulpmiddel. 5. Let daarop dat AFDELING B en C nie tussen hoë en lae vlakke onderskei nie. 6. Vir Afdeling B en Afdeling C: Evalueer eers of die kandidaat se skryfstuk volgens INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING. 7. Skryf die punte soos volg neer: AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt IB Knap + 22 IBF Gemiddeld 9 TSR Uitsonderlik 13 TSR Elementêr 5 S Knap 4 TOTAAL: 14 TOTAAL: 39 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings- rubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word. LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die rubrieke maak daarvoor voorsiening. AFDELING A: OPSTEL 1.1 EK HET GEWEET EK KAN DIT DOEN!  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van iets wat die kandidaat aangepak/probeer/gedoen het wat vir hom/haar bewys het dat hy/sy dit wel kon doen. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse iets wat hy/sy gedoen het wat bevestig het dat hy/sy dit kon doen. Die kandidaat kan ook konsentreer op die beskrywing van die emosies en gevolge van die gebeure. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat oor die betekenis/implikasie van dit wat hy/sy reggekry het.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 1.2 DIT WAS NOU 'N LEKKER/NARE DROOM  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van ʼn lekker/nare droom. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar lekker/nare droom op 'n lewendige wyse.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. [50] 1.3 STAAN FAMILIE ALTYD SAAM?  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat familie altyd saamstaan of nie. Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt. o Beredeneerde opstel: Hier redeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde opstel of familie altyd saamstaan. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van interessante gebeurtenis(se) waar familie altyd saamgestaan het of nie saamgestaan het nie. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse hoe familie altyd saamstaan of nie altyd saamstaan nie. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat of familie te alle tye saamstaan.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. [50] 1.4 SUID-AFRIKA #EK BLY  Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat die redes waarom hy/sy in Suid-Afrika gaan bly, in 'n gebalanseerde opstel. Die kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem. o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af 'n standpunt in, nl. dat niks hom/haar sal oortuig om Suid-Afrika te verlaat nie. Die kandidaat motiveer sy/haar standpunt. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat daaroor of hy/sy in Suid-Afrika gaan bly. o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat op 'n lewendige wyse 'n insident(e) wat hom/haar oortuig het om in Suid-Afrika te bly. o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van 'n interessante gebeurtenis(se) wat hom/haar oortuig het om in Suid-Afrika te bly.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 VERANDERING BEGIN BY MY  Hierdie opstel leen hom die beste tot die volgende opsteltipes: o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van dinge wat gebeur het wat die kandidaat laat besef het dat verandering by hom/haar begin. o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat waar verandering begin. o Argumenterende opstel: Hier mag die kandidaat reg van die begin af hierdie standpunt inneem en dít motiveer. o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel die kandidaat waar verandering begin en watter rol die individu daarin speel.  Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. [50] 1.6 VISUELE PRIKKELS  Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet onthou dat die kern van hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word.  Die vrae is sό geformuleer en die prente sό gekies dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp/prent van die kandidaat verwag word.  'n Opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat. 1.6.1 PRENTJIE: HUISWINKEL/SPAZA WINKEL  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: mense gaan na die winkeltjie toe om produkte te koop, bron van inkomste vir mense, plek waar mense saamkom, integrale deel van die gemeenskap, ens.  Figuurlike interpretasie: simbool van oorlewing, samebindende funksie in die gemeenskap, ens. [50] 1.6.2 PRENTJIE: PAD  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Letterlike interpretasie: 'n (netjiese) teerpad deur 'n landelike gebied, rustigheid van die platteland, ens.  Figuurlike interpretasie: die toekoms, pad na êrens of nêrens, die draai in die pad (verandering, struikelblokke), ens. [50] 1.6.3 PRENTJIE: EMOJI MET RITSLUITER  Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.  Figuurlike interpretasie: 'n stil bek is 'n heel bek, dink voor jy praat, plaas 'n wag voor jou mond, moenie skinder nie, stilbly is 'n gebed, dink oor dit wat jy op sosiale media plaas, ek het belowe ek sal nie vertel wat ek weet nie, ens.  Letterlike interpretasie: hier is nie regtig 'n letterlike interpretasie nie, behalwe as daar spesifiek oor emoji’s geskryf word oor stilbly oor iets of iemand.  Let daarop dat die kandidaat nie kan skryf hoe sy/haar mond toegeplak is tydens ʼn rooftog nie. Die ritsluiter word toegetrek, m.a.w. die karakter het self besluit om stil te bly of iets of iemand het die persoon gedwing om stil te bly oor iets. [50] TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS 2.1 FORMELE BRIEF AAN DIE PERS FOKUS Die kandidaat skryf 'n formele brief aan die pers waarin die kandidaat sy/haar opinie oor swak diens by 'n kliniek/hospitaal uitspreek. KENMERKE  Die formele brief aan die pers het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.  Die opskrif gee 'n aanduiding van die briefskrywer se standpunt t.o.v. dienste gelewer.  Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om 'n opinie oor swak diens uit te spreek.  Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.  Die brief behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Detail wat die opinie ondersteun o 'n Beroep op betrokkenes om in te gryp om die situasie te verbeter FORMAAT Die formaat van die brief moet korrek wees. Leestekens  Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie. Die adres en datum  Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.  Daar behoort nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat te word nie. Toegewing: 'n Reël kan tussen die poskode en datum oopgelaat word.  Die datum word voluit geskryf: 23 Mei 2021.  Die adres van die ontvanger word links in blokvorm geskryf.  'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger oopgelaat.  'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die brief oopgelaat.  Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne Die aanhef, doel, afsluiting en slot  Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.  Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.  Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.  Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken. Korrespondente kan ook hul noemname en vanne gee of ʼn skuilnaam.  Die korrespondent se voorletters en van kan onder die handtekening uitgeskryf word, indien dit onleesbaar is.  Die hoedanigheid van die briefskrywer word onder die handtekening uitgeskryf.  Dis aanvaarbaar om slegs voorletters en van te gee; m.a.w. die kandidaat hoef nie die brief te onderteken nie. Die paragrawe  'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.  Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat die briefskrywer sy/haar opinie oor swak diens wil uitspreek.  Die liggaam van die brief brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail verskaf om sy/haar opinie te ondersteun.  Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die kandidaat doen 'n beroep op alle betrokkenes (nie die redakteur nie) om in te gryp om die situasie te verbeter. Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adresse geskryf kan word. Voorbeelde van hoe die adresse geskryf word: Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588 Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam Pleknaam Kode Kode Kode Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10 Pleknaam Westdene Kode Kode Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173) Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word aanvaar nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die redakteur word as ''u'' aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.  Die toon is verduidelikend op 'n manier wat die skrywer se ontevredenheid uitdruk.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die skryfstuk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.2 HULDEBLYK FOKUS Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir 'n polisieman wat aftree. KENMERKE  Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is formeel en waarderend.  Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om van die polisieman afskeid te neem en hulde aan hom te bring.  Die huldeblyk kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.  Die mense wat die funksie bywoon, moet 'n geheelbeeld van die polisieman kry.  Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.  Gepaste detail brei die idees uit: o Bekendstelling van die polisieman o Oorsig oor sy loopbaan o Enkele staaltjies uit die polisieman se loopbaan o Waardering vir die polisieman se bydrae oor die jare  Kultuurkontekste moet in ag geneem word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne FORMAAT  Opskrif Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.  Inleidende paragraaf Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee die rede vir die samekoms.  Paragraaf 2 Die volgende besonderhede van die polisieman kan gegee word: naam en van, jare diens en oorsig oor loopbaan.  Paragraaf 3 en verder Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en staaltjies van die polisieman se lewe bevat. Dit word in verskillende daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik) oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker wens hier of in die slotparagraaf die polsieman 'n gelukkige aftrede toe.  Slotparagraaf In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die polisieman se bydrae oor die jare. Die spreker moet hier of in een van die ander paragrawe die polisieman 'n gelukkige aftrede toewens. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is formeel, dog vriendelik en waarderend.  Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat die huldeblyk vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [30] 2.3 RESENSIE FOKUS Die kandidaat skryf 'n resensie oor 'n klerewinkel vir jongmense. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne KENMERKE  Die resensie het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel, dog saaklik.  Die doel van hierdie teks is om die klerewinkel positief/negatief te evalueer en 'n aanbeveling te maak.  Die resensie kan in die teenwoordige of verlede tyd geskryf word.  Die titel gee 'n aanduiding van die resensent se standpunt ten opsigte van die klerewinkel.  Die resensie word gewoonlik in die derde persoon geskryf om 'n mate van objektiwiteit te handhaaf.  Die resensie behoort 120–150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die resensie moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit: o Die naam van die klerewinkel en moontlik iets oor die feit dat dit spesifiek vir jongmense is, word in die eerste paragraaf gegee o 'n Algemene, maar positiewe/negatiewe indruk en meer besonderhede oor die klerewinkel word in die volgende paragrawe gegee o Die resensent se laaste indrukke/gevolgtrekking/aanbeveling volg in die slotparagraaf  Detail: o Watter klerewinkel word bespreek? o Waar is die klerewinkel geleë? o Watter tipe klere word daar verkoop? o Gehalte van die klere? o Hoe bekend is die klere wat daar verkoop word? o Is die pryse redelik? o Is die diens goed? o Sou jy mense aanraai/afraai om by hierdie winkel te koop?  Kultuurverskille moet in ag geneem word. FORMAAT  Die resensie het 'n titel wat die inhoud opsom.  Die resensent se naam volg na die titel.  Die resensie kan in paragrawe of kolomme aangebied word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is saaklik en informatief.  Die taal moet eenvoudig/maklik verstaanbaar wees.  Die taal, styl en register van die resensie wissel van formeel tot informeel en moet geloofwaardig wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne  Die woordkeuse getuig van goeie en gepaste woordeskat. Woorde wat op waardering en evaluering dui, moet oordeelkundig gebruik word, bv. uitstaande/opwindend/alledaags/byderwets/modern/bekostigbaar/kreatief, ens.  Die grammatika en spelling geniet aandag: o Sinsbou is funksioneel. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling van woorde is korrek. [30] 2.4 DIALOOG FOKUS Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en sy/haar ma oor die rede waarom hy/sy die aand so laat by die huis gekom het. Die fokus is op waar die kandidaat was en waarom hy/sy so laat tuis gekom het. KENMERKE  Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die dialoog is om te verduidelik, nl. om vir die ma te vertel waar hy/sy was en waarom hy/sy so laat huis toe gekom het.  Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die dialoog behoort 120 –150 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.  Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek: o Waar die kandidaat was o Redes waarom die kandidaat so laat by die huis gekom het  Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word. FORMAAT  Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan die linkerkantlyn.  Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.  Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.  Geen aanhalingstekens word gebruik nie.  Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.  Spreekbeurte is in blokvorm.  Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.  Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde geskryf, waar dit toepaslik is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon getuig van verduideliking en oorreding.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik, dog hoflik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie dialoog vereis.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [30] ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING B: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS VRAAG 3 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE FOKUS Die kandidaat skryf 'n uitnodiging om die klub- of koorlede na die einde van die jaar se funksie uit te nooi. KENMERKE  Die uitnodigingskaartjie het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is vriendelik en uitnodigend.  Die doel van die uitnodigingskaartjie moet duidelik wees, nl. om die klub- of koorlede na die funksie uit te nooi.  Die nodige inligting moet in die uitnodigingskaartjie gegee word.  Die uitnodigingskaartjie behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die uitnodigingskaartjie moet die fokus ondersteun.  Die volgende inligting behoort in die uitnodigingskaartjie gegee te word: o Wie is die teikengroep/Wie word genooi? o Waarom word die funksie gehou? o Wanneer (dag, datum en tyd) is die funksie? o Waar word die funksie gehou? o Wat gaan alles by die funksie gebeur? o Is daar enige koste aan verbonde? o Kontakbesonderhede o Hoe moet die klub- of koorlede laat weet of hulle die funksie gaan bywoon? FORMAAT  Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.  Verskillende lettertipes (fonts) en lettergroottes kan gebruik word om die uitnodigingskaartjie interessant/leservriendelik te maak.  Geen omslagtige paragrawe nie.  Inligting kan puntsgewys gegee word. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is uitnodigend en spreek die leser direk aan.  Die taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en register wat hierdie uitnodiging vereis.  Grammatika: o Sinne, indien van toepassing, word korrek gebou. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS FOKUS Die kandidaat maak TWEE dagboekinskrywings oor hoe hy/sy gevoel het toe hy/sy sy/haar beursie verloor het en later teruggekry het.  EEN inskrywing toe die kandidaat die beursie verloor het  EEN inskrywing nadat die kandidaat die beursie teruggekry het KENMERKE  Die dagboekinskrywings het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel.  Die doel van die dagboekinskrywings moet duidelik wees, nl. om persoonlike ervarings (gedagtes en emosies) te oordink en te verwoord.  Die dagboekinskrywings behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die dagboekinskrywings moet die fokus ondersteun.  'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Dit moet spreek van die kandidaat se gevoelens/gedagtes toe die kandidaat die beursie verloor het en nadat die kandidaat die beursie weer teruggekry het.  Gevoelens/ervarings of gedagtes wat beleef word, word beskryf. FORMAAT  Elke dagboekinskrywing moet die dag en/of datum hê wat boaan geskryf word.  Die kandidaat moet dagboekinskrywings vir twee dae maak.  Die kandidaat hoef nie met "Liewe Dagboek" te begin nie.  Die uiteensetting van elke inskrywing mag in paragraafvorm wees. TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is persoonlik: beangs/verlig/ontsteld/dankbaar, ens.  Die persoon skryf vir hom-/haarself.  Die styl is informeel.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes en emosies met min woorde te beskryf.  Beskrywende woorde word fyn gekies.  Die persoon skryf in die teenwoordige of verlede tyd.  Grammatika: o Sinne word korrek gebou. o Taalstrukture en –konvensies word korrek aangebied. o Spelling is korrek. o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL Albei inskrywings moet as EEN teks in ag geneem en dus as 'n geheel geassesseer word. [20] 3.3 INSTRUKSIES FOKUS Die pa gee vir die kandidaat instruksies wat gevolg moet word om die spaza- winkeltjie goed te bestuur. KENMERKE  Hierdie teks het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.  Die aanslag is informeel en informatief.  Die doel van hierdie teks is om te verduidelik wat gedoen moet word.  Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.  In hierdie teks kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met stelsinne afgewissel word.  Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê. INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL  Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.  'n Reeks instruksies wat uitgevoer moet word, word gegee, bv.: o Sluit die winkeltjie stiptelik oop en toe. o Hou die winkeltjie skoon en netjies. o Werk higiënies met die kos. o Verkoop net vars kos. o Maak voorsiening vir 'n verskeidenheid gesonde kos. o Gee die korrekte kleingeld. o Hou genoeg voorraad aan. o Wees vriendelik met almal. o Behandel almal regverdig. o Betaal elke dag die geld in. o Moenie op skuld verkoop nie.  Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie. FORMAAT  Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs as sinne geskryf word. Let wel: Deel van die opdrag by hierdie vraag is dat kandidate die instruksies puntsgewys onder mekaar moet neerskryf.  Die instruksies moet in volsinne aangebied word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER  Die toon is gebiedend/informatief.  Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.  Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.  Grammatika en spelling geniet aandag: o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord of "Julle moet ..." of "Onthou om ..." o Persoonlike voornaamwoorde word gebruik in plaas van eiename. o Lydende vorm mag gebruik word. o Spelling moet korrek wees. o Taalstrukture en –konvensies moet korrek wees. [20] ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van die kandidaat verwag word. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 18 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne LET WEL:  Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).  Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.  Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.  Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6 BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant (Respons en idees) en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp vir beplanning; volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie Hoë vlak Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie -Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend 30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot inleiding, liggaam en insluitend inleiding, samevatting/slot liggaam en samevatting/slot 25–27 19–21 13–15 7–9 0–3 -Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie Lae vlak -Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van en ontoepaslik -Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en samevatting/slot samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg) Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl en -Toon, styl, register en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en -Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas Toon, register, styl en gepas vir doel, gehoor gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en woordeskat is geskik en konteks en konteks konteks en konteks nie konteks Hoë vlak vir doel/effek en -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie - Taal onverstaanbaar konteks; van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk Woordkeuse; indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om Taalgebruik en -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak konvensies, spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte punktuasie, -Knap gedaan te versterk woordeskat grammatika, spelling 13 10 7 4 15 PUNTE -Toon, register, styl en -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik woordeskat is effektief effektief algemeen gepas en onvoldoende -Taalgebruik -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige Lae vlak uitstekend en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid -Grammatika en effektief -Voldoende -Woordeskat baie spelling feitlik foutvry -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk -Baie goed tot knap grammatika en teenstrydighede word gedaan spelling opgemerk -Goed gedoen STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1 -Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail Kenmerke van teks; ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer -Sinne en paragrawe logies en toon variasie -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer 5 PUNTE uitsonderlik -Opstel maak nog sin nie gekonstrueer effens sin Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking beplanning; -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees Doel, gehoor, kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie kenmerke/konvensies soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun en konteks -Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat 18 PUNTE -Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan formaat TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en doel/effek, gehoor en gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies; akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/2021 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3 BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie Respons en idees; -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met Organisering van idees; volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking Kenmerke/konvensies -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees en konteks kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun 12 PUNTE -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie en idees ondersteun onderwerp ondersteun die -Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg ondersteun toegepas -Gepaste en akkurate -Kritiese foute formaat begaan TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2 REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie en konteks; -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en Taalgebruik en konvensies akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend Woordkeuse; gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir Punktuasie en spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig 8 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all