Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)




%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Afrikaans FAL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November 2024 NSC, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 815.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
November NSC 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)
- Question 3Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 4Lees en Kyk (Reading and Viewing, non-literary)10 marks
- Question 5.1Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)14 marks
- Question 5.2Taalstrukture en -konvensies (Language Structures and Conventions)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: Leesbegrip (30)
AFDELING B: Opsomming (10)
AFDELING C: Taal (40)
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
4. Trek 'n streep na elke afdeling.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Laat 'n reël oop na ELKE antwoord.
7. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Beplan jou tyd só:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 20 minute
AFDELING C: 50 minute
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Nov
TEKS A: ARTIKEL
SUID-AFRIKA SE GOUE SEUNS EN DOGTERS MAAK DIT IN DIE WÊRELD
Zozi Tunzi, Siya Kolisi, Pretty Yende ...
1 Ons ken hulle. Party van hulle het oorsee gaan bly. Ander woon in Suid-Afrika.
Maar hulle deel een ding: hulle is óns mense wat regoor die wêreld bekend is.
2 Christiaan Neethling Barnard, gebore 8 November 1922, is Suid-Afrika se
bekendste hartchirurg. Hy het wêreldberoemd geraak toe hy in 1967 die eerste
mens-tot-mens-hartoorplanting suksesvol in Kaapstad uitgevoer het. As gevolg 5
van ernstige artritis in sy hande, kon hy teen 1983 nie langer as chirurg werk nie.
In 2001 is hy na 'n asma-aanval oorlede. Sy Christiaan Barnard Stigting het baie
arm kinders gehelp.
3 Dr. Imtiaz Sooliman is die stigter van een van die
wêreld se bekendste humanitêre organisasies, Gift 10
of the Givers. Hulle help mense wat swaarkry as
gevolg van oorloë, vloede, aardbewings, ens. Alles
het op 6 Augustus 1992 begin toe iemand vir
Imtiaz gesê het dat hy 'n organisasie moet begin
om mense van alle rasse, gelowe en politieke 15
idees wêreldwyd te help. Van toe af het die
organisasie mense regoor die wêreld al met
R2,5 miljard gehelp. Imtiaz se kalmte, geduld en
energie help hom om hierdie werk suksesvol te
kan doen. 20
4 Charlize Theron is Suid-Afrika se "meisie van Benoni''! Sy is in 1975 daar gebore
en het op 'n plaas buite die stad grootgeword. Sy het as jongmeisie na Amerika
verhuis om 'n loopbaan as aktrise te volg. In 2004 het Charlize die Oscar gewen
vir haar hoofrol in die fliek, Monster.
5 Sjef Jan Hendrik van der Westhuizen het aan die 25
Universiteit van Stellenbosch studeer. Terwyl hy vir
'n kostydskrif gewerk het, het hy dikwels oorsee
gereis. So het hy die idee gekry om
Suid-Afrikaanse geregte soos melktert, biltong en
mosbolletjies aan Europa se mense bekend te stel. 30
Sy liefde en talent vir kosmaak kom van sy ouma
af. Vandag besit hy die restaurant, JAN, in Nice,
Frankryk. Hierdie restaurant het in 2016 die
Michelin-ster ontvang. Dit is 'n baie hoë toekenning
wat net aan die heel beste restaurante gegee word. 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6 Zozibini Tunzi is in 2019 as Mejuffrou Heelal gekroon. Met haar kort hare en mooi
vel het sy die tradisionele idee van hoe 'n Mejuffrou Heelal behoort te lyk,
heeltemal verander. Dis vir haar belangrik dat jong meisies hulleself deur haar
moet sien en moet besef dat elkeen mooi is. As gevolg van Covid in 2020 het
Zozi die Mejuffrou Heelal-kroon eintlik vir 2 jaar gedra en so op haar eie 40
geskiedenis gemaak.
7 Die wêreldberoemde opera-sopraan, Pretty Yende (39), het van kleins af
kerkliedere saam met haar ouma gesing terwyl hulle kerk toe gestap het. Sy is
die oudste van vier kinders en musiek is in hierdie kinders se bloed! Haar suster
sing ook opera en haar twee broers werk albei as platejoggies wat musiek in 45
klubs speel.
8 Pretty het aan die SA College of Music en die
Universiteit van Kaapstad studeer. Sy het reeds in
al die belangrikste operahuise ter wêreld gesing. Sy
het verskeie pryse en ander toekennings ontvang. 50
In 2013 het ons regering die Silwer Orde van
Ikhamanga aan haar toegeken vir haar uitstekende
werk as operasangeres én omdat sy so 'n goeie
rolmodel vir jongmense is. 'n Baie spesiale
hoogtepunt vir Pretty was toe sy op 6 Mei 2023 by 55
Koning Charles III se kroning in Londen, Engeland
gesing het.
9 Oktober 2023 ... Wêreldbekerrugby in Frankryk
... Die Springbokke wen die toernooi!
Die kaptein ... Siyamthanda Kolisi. Hy is op 60
16 Junie 1991 in Zwide, Gqeberha gebore.
Omdat sy ouers nog baie jonk was, het sy
ouma hom grootgemaak. Sy is dood toe Siya
12 jaar oud was. Dit het sy lewe baie negatief
beïnvloed. Hy is amper deur die tipiese swak 65
omstandighede van armoede, geweld en
misdaad in sy omgewing ingesluk. Maar dis
veral rugby wat hom gehelp het om dit positief
te hanteer. Rugby is Siya se lewe en in 2018 was hy die eerste swart
Suid-Afrikaner wat kaptein van die Springbokke geword het. Hy het ook al vir 70
Racing 92 in die Franse Top 14 gespeel. Siya glo nie net in ubuntu nie; hy leef dit
uit. Deur sy Kolisi Stigting gee hy terug aan die gemeenskap.
10 Soveel individue, soveel sukses ... Suid-Afrika is trots op hierdie goue seuns en
dogters!
[Verwerkte teks uit verskeie bronne]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
LET WEL:
Beantwoord AL die vrae.
Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 VOLTOOI die sin hieronder deur woorde uit paragraaf 1 in te vul.
Zozi Tunzi, Siya Kolisi en Pretty Yende is mense van (1.1.1) ... wat regoor die
wêreld (1.1.2) ... is. (2)
1.2 Watter siekte het veroorsaak dat dr. Chris Barnard moes ophou werk? (1)
1.3 Watter EEN woord in paragraaf 3 sê vir ons dat Gift of the Givers 'n
organisasie is wat mense help? (1)
1.4 In watter situasies gaan Gift of the Givers mense help? Noem TWEE. (2)
1.5 Vir watter fliek het Charlize Theron 'n Oscar gewen? (1)
1.6 Waaruit lei ons af dat sjef Jan Hendrik trots is op Suid-Afrika se kos? (1)
1.7 Watter boodskap wil Zozibini Tunzi graag aan ander jong meisies oordra? (1)
1.8 Hoe verskil Zozi se tydperk as Mejuffrou Heelal van ander wenners se
tydperke? (1)
1.9 VOLTOOI die sin hieronder deur net EEN woord in te vul.
Die (39) in paragraaf 7 verwys na hoe ... Pretty Yende is. (1)
1.10 '' ... musiek is in hierdie kinders se bloed!'' (Reël 44)
1.10.1 Word hierdie woorde binne hierdie konteks LETTERLIK of
FIGUURLIK bedoel? (1)
1.10.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.10.1. (1)
1.11 Pretty Yende het geen formele musiekopleiding gehad nie.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.12 Hoe het die Suid-Afrikaanse regering Pretty vereer? (1)
1.13 Gee TWEE redes waarom Siya Kolisi se lewe as kind nie maklik was nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.14 Die mense van wie ons in hierdie teks lees, het almal baie sukses in die lewe
behaal.
Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die persoon in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.14.1 tot 1.14.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.14.1 Dr. Chris Barnard A ontvang die hoogste erkenning vir 'n
eetplek
1.14.2 Dr. Imtiaz Sooliman
B beweeg in koninklike kringe
1.14.3 Sjef Jan Hendrik
C gee vir siek mense nuwe hoop op lewe
1.14.4 Pretty Yende
D bewys dat ʹʹandersʹʹ ook mooi kan wees
E maak geen onderskeid tussen mense
wat hulp nodig het nie
(4 x 1) (4)
1.15 Lees weer paragraaf 3.
Wat sou jy vir dr. Sooliman en sy organisasie sê as jy die kans sou kry om
met hulle te praat? (1)
1.16 Watter les oor keuses leer jy by Siya Kolisi? (1)
1.17 ''Soveel individue, soveel sukses ...'' (Reël 73)
Waarom is dit goed dat party van die individue van wie ons lees, erkenning
gee aan hulle oumas? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
TEKS B
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESTEL JOU KOS AANLYN
Waarna kyk mense wanneer hulle besluit wát en by wié hulle kos aanlyn
gaan bestel?
(2023)
VERSKEIDENHEID TYD PRYS GERIEF AFLEWERING
12% 15,4% 14,5% 20,5% 8,9%
Volg die ses stappe hieronder ... en ontvang jou kos bý jou huis!
1. Kry die app op jou foon gereed 2. Kies die eetplek 3. Bestel die kos wat jy wil hê
R350
4. Wag geduldig 5. Ontvang die kos 6. Betaal vir die kos
[Eie verwerkte teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.18 Watter faktor is vir mense die belangrikste wanneer hulle kos aanlyn wil
bestel? (1)
1.19 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Wanneer daar 'n verskeidenheid is, beteken dit dat mense (elke keer
dieselfde items moet kies/uit verskillende items kan kies). (1)
1.20 Wat móét jy op jou foon hê as jy kos aanlyn wil bestel? (1)
1.21 Kyk na die meisie wat by die eetplek werk.
Waarom kan ons sê dat sy 'n goeie werker by hierdie eetplek is? (1)
1.22 Verduidelik waarom dit goeie raad is om geduldig te wees terwyl jy vir jou kos
wag. (1)
1.23 Waarom kan jy 'n grafiese teks soos hierdie een makliker verstaan? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSOMMING
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.
VRAAG 2
Jy is amper klaar met skool. Nou moet jy aan 'n loopbaan dink.
INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke WAT JOU SAL HELP OM 'N LOOPBAAN TE KIES, in jou
EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys neer.
3. Nommer die wenke van 1 tot 7.
4. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5. Dui die korrekte getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
HOE KIES EK DIE REGTE LOOPBAAN?
Een van die belangrikste besluite wat jy vir jou lewe na skool moet neem, is watter
loopbaan jy gaan volg. Hier is belangrike wenke wat jou kan help om die regte besluit
te neem.
Dit is belangrik dat jy weet wat jou belangstelling is. As jy nie hou van die werk wat jy
gaan doen nie, gaan jy ongelukkig wees. Jy moet egter ook realisties wees en jou eie
vaardighede in ag neem. Wat kan jy goed doen? Jy wil tog suksesvol wees in die
loopbaan wat jy gaan volg.
'n Ander baie belangrike aspek om aan te dink, is of daar vir jou werksgeleenthede sal
wees wanneer jy met jou loopbaan begin. Baie mense het al die fout gemaak om 'n
sekere loopbaan te kies, maar kry dan nie werk nie. Hiermee saam moet jy uitvind
watter tipe opleiding nodig sal wees vir die loopbaan wat jy kies. Moet jy 'n
graadkursus volg, of is meer praktiese opleiding nodig?
Jy moet weet wat jou persoonlike doel in die lewe is. Gaan jou loopbaan jou help om
uit te kom waar jy graag wil wees? Daarom is dit belangrik om ook te kyk na die geld
wat jy gaan verdien. Jy gaan tog werk sodat jy vir jouself, en dalk vir 'n gesin, kan
sorg. Daar is baie inligting oor verskillende beroepe beskikbaar. Jy moet egter seker
maak of hierdie inligting werklik vir jou sê wat jy elke dag in jou loopbaan gaan doen.
[Verwerkte teks]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
Voel die varsheid!
Voel die tevredenheid!
Aandag alle ma's:
(3.5) Goedkoop!
Slegs
R10!!
Koop dit by Checkers,
Shoprite en Pick n Pay.
Die héél lekkerste toebroodjies vir jou (3.7) (man en kinders) ...
Vir enige navrae, klagtes of kommentaar, kontak Albany se kliëntediens.
Selnommer: 081 123 4567
E-posadres: albanybak@gmail.com
[Verwerkte teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.1 Hou die teikengroep vir hierdie advertensie in gedagte.
3.1.1 Met wie word daar dirék in hierdie advertensie gepraat? (1)
3.1.2 Verduidelik waarom ons kan sê dat hierdie teikengroep 'n
voorbeeld van stereotipering is. (1)
3.2 Watter inligting omtrent hierdie brood maak dat mense dit sal wil koop? (1)
3.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Met hierdie duimpie wys die adverteerder vir ons dat mense (nie 'n
fout sal maak om dié brood te gaan koop nie/'n fout sal maak om dié brood te
gaan koop). (1)
3.4 Waarom, dink jy, was dit slim van die adverteerder om die foto van die
dogtertjie te gebruik? (1)
3.5 Gee die INTENSIEWE VORM van "goedkoop". (1)
3.6 Kyk na die inligting onder die prente.
3.6.1 Skryf VIER OPEENVOLGENDE WOORDE neer wat 'n mening is. (1)
3.6.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1)
3.7 Gee EEN WOORD vir "man en kinders" binne die konteks van hierdie
advertensie. (1)
3.8 Waaruit kan ons aflei dat Albany graag wil weet wat mense van hulle produk
dink? Skryf dit in jou eie woorde. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: STROKIESPRENT
Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
Die nommering in die strokiesprent verwys na die nommer van die vraag wat
beantwoord moet word.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3
Hallo, Ma. (4.2) Nee! Jý kan Maar ... dis Jeremy, jy is sestien jaar
(Hier's) 'n vorm van dit invul. Ek 'n vorm! Dit oud. Jy sal dit kan
die skool wat ingevul sal teken. is ... jóú doen.
moet word. afdeling!
RAAMPIE 4 RAAMPIE 5 RAAMPIE 6
Dit is tyd om op jou eie Dit is die mooiste
bene te staan. wat jy kan skryf.
Oukei
[Verwerk uit comicskingdom/zits]
4.1 In RAAMPIE 1 gee Jeremy vir sy ma 'n vorm van die skool wat ingevul moet
word.
Hoe kan ons sien dat Jeremy nie in die vorm belangstel nie? Noem EEN
visuele teken. (1)
4.2 Skryf die VERKORTING tussen hakies in RAAMPIE 1 voluit. (1)
4.3 Kyk na RAAMPIE 2.
4.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Jeremy se ma se reaksie op dit wat Jeremy vir haar sê, sê vir ons
dat sy (jammer gevoel het vir Jeremy/haar vir Jeremy vererg het). (1)
4.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.3.1 deur te verduidelik wat die
ma doen, nie wat sy sê nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.3.3 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die gebruik van die ellips in Jeremy se woorde sê vir ons dat hy
(kwaad is vir sy ma/nie seker is wat hy moet doen nie). (1)
4.4 Kyk na RAAMPIE 3.
Hoe weet ons dat Jeremy se ma nou anders teenoor hom optree? (1)
4.5 Kyk na RAAMPIE 4.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die letter
(A–D) langs die vraagnommer (4.5) neer.
Jeremy se ma sê vir hom dat hy op sy eie bene moet staan. Dit beteken dat
hy ...
A meer oefening moet kry.
B moet leer om selfstandig te wees.
C min tyd het om die vorm te voltooi.
D moet staan sodat hy die vorm netjies kan invul. (1)
4.6 Hoe wys die visuele in RAAMPIE 5 dat Jeremy nie daaraan gewoond is om
vorms in te vul nie? (1)
4.7 Jeremy se ma se optrede in RAAMPIE 6 is ironies.
VOLTOOI die sin hieronder:
Jeremy se ma wil hê hy moet die vorm self invul, maar ... (1)
4.8 Skryf die sin hieronder oor as 'n VRAAGSIN.
Dit is die mooiste wat jy kan skryf. (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
DROME VIR MY BOEKKLUB
Thandeka Mandoyi van Phillipi se (5.1.1) (liefde+projek) is die Chosi Chosi
Boekklub vir dié township se jong kinders. Saterdae kom sowat (5.1.2) (30)
kinders in 'n hut naby Thandeka se huis bymekaar. Dan luister hulle
(5.1.3) (...) die stories wat sy vir hulle voorlees. (5.1.4) (Thandeka sê: ''My
boekklub is die enigste leesplek wat die kinders het.'')
Thandeka het in 2019 begin (5.1.5) (vir haar nefies en hulle maatjies uit 'n
boek lees.) Hulle het dit baie (5.1.6) (verniet/geniet) en wou net meer hoor.
(5.1.7) (Verlede jaar besluit sy om haar leeskring uit te brei.) (5.1.8) (Daar het
so baie kinders gekom. Sy het die bure se hut as haar leeskamer ingerig.)
Daar is 'n plank op (5.1.9) (bakstene) wat haar boekrak is en mooi prente teen
die mure.
Phillipi is 'n (5.1.10) (veilige) plek vir kinders. Daar is baie (5.1.11) (gangs) wat
gereeld op mekaar skiet. (5.1.12) (Deur) die stories wat Thandeka vir die
kinders lees, leer hulle ook van ander dinge. Dit wys vir hulle dat daar
(5.1.13) (goed) dinge buite hulle eie wêreld is.
Thandeka is nou op soek na 'n groter plek vir haar boekklub, meer boeke en
nog meer kinders wat na haar stories luister.
[Verwerk uit Huisgenoot, 14 Desember 2023]
5.1.1 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Thandeka Mandoyi van Phillipi se (liefde+projek) is die Chosi
Chosi Boekklub vir dié township se jong kinders. (1)
5.1.2 Skryf die GETAL tussen hakies as 'n woord.
Saterdae kom sowat (30) kinders in 'n hut naby Thandeka se huis
bymekaar. (1)
5.1.3 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Dan luister hulle ... die stories wat sy vir hulle voorlees. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.1.4 Skryf die sin in die INDIREKTE REDE. Jy moet dat in jou sin
gebruik.
Thandeka sê: ''My boekklub is die enigste leesplek wat die kinders
het.'' (1)
5.1.5 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF. Skryf die hele
sin uit.
Thandeka het in 2019 begin (vir haar nefies en hulle maatjies uit 'n
boek lees.) (1)
5.1.6 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hulle het dit baie (verniet/geniet) en wou net meer hoor. (1)
5.1.7 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Verlede jaar besluit sy om haar leeskring uit te brei. (1)
5.1.8 Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.
Daar het so baie kinders gekom. Sy het die bure se hut as haar
leeskamer ingerig. (Aangesien) (2)
5.1.9 Verdeel die woord tussen hakies korrek in LETTERGREPE.
Daar is 'n plank op (bakstene) wat haar boekrak is en mooi prente
teen die mure. (1)
5.1.10 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.
Phillipi is 'n (veilige) plek vir kinders. (1)
5.1.11 Gee die KORREKTE Afrikaans vir "gangs". (1)
5.1.12 Gebruik die HOMONIEM van die woord tussen hakies in 'n sin
sodat die betekenis duidelik is.
(Deur) die stories wat Thandeka vir die kinders lees, leer hulle ook
van ander dinge. (1)
5.1.13 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Dit wys vir hulle dat daar (goed) dinge buite hulle eie wêreld is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
[Bron: googleimages]
5.2.1 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Die kinders se (hemp) lyk dieselfde. (1)
5.2.2 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Die kinders gooi die gemors in sakke. (1)
5.2.3 Gee die VERLEDE DEELWOORD van die werkwoord tussen
hakies.
Die kinders gooi die (gebruik) blikkies in die sakke. (1)
5.2.4 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Daar is 'n lae (heining) om die parkie. (1)
5.2.5 Skryf die sin in die ONTKENNING.
Die kinders is al klaar met die werk. (1)
5.2.6 Skryf die sin hieronder oor in die korrekte WOORDORDE.
Die twee kinders werk (fluks) (in die parkie) (elke Saterdag). (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Memo
%20Memo_hlayiso.com_--f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2/v1-3402f49811797967484c/card.webp)
Memorandum