NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye en 3 rubrieke.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)




Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 November 2024 NSC Memo
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the November 2024 NSC, 23 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 430.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
November NSC 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 15 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)30 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)30 marks
- Question 3.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
- Question 3.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)20 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ALGEMEEN
1. Gebruik die rubrieke soos volg:
AFDELING A: VRAAG 1 OPSTEL
AFDELING B: VRAAG 2.1 INFORMELE BRIEF
VRAAG 2.2 FORMELE BRIEF
VRAAG 2.3 HULDEBLYK
VRAAG 2.4 DIALOOG
AFDELING C: VRAAG 3.1 PLAKKAAT
VRAAG 3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
VRAAG 3.3 INSTRUKSIES
2. Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.
3. Indien 'n kandidaat se INHOUD glad nie in ooreenstemming met die
onderwerp is nie, is die hele skryfstuk ONVOLDOENDE en verdien die
kandidaat GEEN punte nie; dus ook nie punte vir taal en struktuur nie.
4. Indien 'n kandidaat se INHOUD vaagweg in ooreenstemming met die
onderwerp is, maar 'n swak interpretasie met baie min fokus, is die respons
steeds ONVOLDOENDE en verdien die kandidaat lae punte vir inhoud, taal
en struktuur.
5. Indien 'n kandidaat se INHOUD gedeeltelik in ooreenstemming met die
onderwerp is, maar die fokus word nie goed behou nie, is die idees
onduidelik en die samehang wisselvallig. Dus is die
respons ELEMENTÊR.
6. Indien daar twyfel oor 'n onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan,
moet dit met die senior nasiener bespreek word.
7. Indien 'n skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die kandidaat geen
punte nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.
8. Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) by die nasien van
'n skryfstuk gebruik.
9. Vraag 1.6, 1.7 en 1.8:
• Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
• Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
• Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd
of argumenterend wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
Die volgende simbole/tekens moet deur die onderskeie provinsies gebruik word:
VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING
Woordorde ( ) Hakies en pyltjie
Spelfout = Twee kort strepies onder 'n woord
Woordkeuse / Haal met 'n streep deur
Tydfoute T (in die kantlyn) Hoofletter T
Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken
Taalfoute _____ Enkelstreep onder die taalfout
Paragraafindeling // Dubbele skuinsstreep
Paragraaf is een lang, lomp sin [ Begin van 'n nuwe sin
Woorde uit ander tale/ X Trek 'n X bo die verkeerde woord.
nie-funksionele/vreemde woorde:
- Standaardafrikaans bly die
norm.
- Gebruiksafrikaans moet
vermy word.
- Aanvaar terminologie
waarvoor Afrikaans nog nie
ekwivalente het nie.
Erkenning van taaljuweeltjies ✓ (bo die woord) Regmerkie bo goeie taalgebruik,
idees of uitdrukkings
Herhaling hh (in die kantlyn) Dubbele hh
Onduidelik/Onverstaanbaar ∫ (in die kantlyn) Kronkelstreep
Saamgeflans uit vraestel Vr (in die kantlyn) Hoofletter V kleinletter r
Punktuasie O Omkring
NEERSKRYF VAN PUNTE
1. Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.
2. Assesseer die kandidaat se skryfstukke na aanleiding van die vyf
VAARDIGHEIDSVLAKKE volgens:
AFDELING A: INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte)
AFDELING B: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (12 punte)
AFDELING C: INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en
TAAL, STYL en REDIGERING (8 punte)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3. • Bepaal eers in watter vaardigheidsvlak die skryfstuk val, bv. KNAP.
• Bepaal vervolgens of die skryfstuk in die hoë- of laevlaksubkategorie val,
bv. KNAP hoog.
• Assesseer dan watter punt die skryfstuk verdien. Skryf slegs een punt
neer, bv. uit die kategorie (22–24) kies en skryf die nasiener 22 uit 30 vir
Inhoud en Beplanning.
• In Afdeling A word dieselfde werkswyse by Taal, Styl en Redigering sowel
as Struktuur gevolg.
• In Afdeling B en C word dieselfde werkswyse by Inhoud, Beplanning en
Formaat sowel as Taal, Styl en Redigering gevolg.
4. Hou die puntetoekenning by die onderskeie vaardigheidsvlakke in gedagte.
Dis 'n hulpmiddel.
5. Let daarop dat by Struktuur in AFDELING A sowel as die kategorieë in
AFDELING B en C nie onderskei tussen hoë en lae vlakke nie.
6. Skryf die punte soos volg neer:
AFDELING A Kode Punt AFDELING B Kode Punt
IB Knap + 22 IBF Gemiddeld 9
TSR Uitsonderlik - 13 TSR Elementêr 5
S Knap 4 TOTAAL: 14
TOTAAL: 39
AFDELING C Kode Punt
IBF Gemiddeld 7
TSR Elementêr 3
TOTAAL: 10
TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED
Hierdie nasienriglyne moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-assesserings-
rubrieke vir AFDELING A, B en C gebruik word.
LET WEL: Kandidate word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want die
rubrieke maak daarvoor voorsiening.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: OPSTEL
1.1 EK HET NIE GELUISTER NIE EN TOE ...
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n lewendige wyse van die dag
toe hy/sy nie geluister het nie en die gevolge daarvan/wat daarna gebeur het.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat die dag toe hy/sy nie geluister
het nie en die gevolge daarvan/wat daarna gebeur het op 'n lewendige wyse.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.2 EK SAL DAARDIE ONDERWYSER ALTYD ONTHOU!
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat 'n onderwyser wat hy/sy altyd
sal onthou op 'n lewendige wyse.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat van 'n interessante insident(e)/
verhouding(s) rondom 'n onderwyser, wat hom/haar laat besef het dat hy/sy die
onderwyser altyd sal onthou.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die impak wat
'n onderwyser op sy/haar lewe gehad het.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.3 SLAGGATE OP MY PAD
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die kwessie
van slaggate op 'n mens se pad vanuit 'n letterlike en/of figuurlike oogpunt.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
werklike (letterlike) en/of figuurlike slaggate op sy/haar pad, bv. emosionele
probleme en uitdagings.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat werklike (letterlike) en/of
figuurlike slaggate op sy/haar pad, bv. emosionele probleme en uitdagings op 'n
lewendige wyse.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.4 SUKSES IS NET GROOT HUISE EN DUUR MOTORS.
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
standpunt in, nl. dat sukses net gekoppel is aan groot huise en duur motors of
nie en motiveer die standpunt.
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
opstel of sukses net gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie. Die
kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
sy/haar ervaring rondom sukses wat hom/haar laat besef het dat sukses net
gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat sy/haar ervaring rondom
sukses wat net gekoppel is aan groot huise en duur motors of nie op 'n
lewendige wyse.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor wat sukses vir
verskillende mense beteken.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.5 INFLUENCERS (SMAAKMAKERS) IS DIE NUWE ROLMODELLE
• Hierdie onderwerp leen hom die beste tot die volgende opsteltipes:
o Beredeneerde opstel: Hier beredeneer die kandidaat in 'n gebalanseerde
opstel of influencers (smaakmakers) wel die nuwe rolmodelle is of nie. Die
kandidaat mag uiteindelik 'n standpunt inneem.
o Argumenterende opstel: Hier neem die kandidaat reg van die begin af
standpunt in, nl. dat influencers (smaakmakers) wel die nuwe rolmodelle is of
nie en motiveer die standpunt.
o Bespiegelende opstel: Hier bespiegel/wonder die kandidaat oor die kwessie
van influencers (smaakmakers) as die nuwe rolmodelle.
o Verhalende opstel: Hier vertel die kandidaat op 'n interessante wyse van
dinge/ervaringe rondom 'n influencer (smaakmaker) wat 'n rolmodel is.
o Beskrywende opstel: Hier beskryf die kandidaat dinge/ervaringe rondom 'n
influencer (smaakmaker) wat 'n rolmodel is op 'n lewendige wyse.
• Die opstel kan ook elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
VISUELE PRIKKELS
• Die inhoud van die opstel moet by die visuele prikkel pas. Die nasiener moet
onthou dat hierdie visuele prikkels oop is vir 'n verskeidenheid interpretasies. Die
kandidaat se perspektief moet by assessering oorweeg word, maar slegs wanneer
dit by die prikkel aansluit.
• Verskillende persoonlikheidstipes en belangstellingsvelde word in ag geneem.
• 'n Opstel kan elemente van verskillende tipes opstelle bevat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.6 PRENTJIE: RUGBYLEGENDES WAT SAAMSTAAN
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Voorbeelde: rugby; Springbokke; Springbokspan; 2023-
Wêreldbeker; Springbokke in Frankryk; rugbylegendes (as 'n groep of individue);
rugbytruie, ens.
• Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: Trots Suid-Afrikaans; die groen en goud;
nasiebou; Springbokke wat saamstaan/verenig; die voorreg/verantwoordelikheid
om 'n Springbok te wees; die Springbokke kry sterstatus in die wêreld; die passie
vir dit wat jy doen; kapteinskap; broederskap; rolmodelle/mentors; fiksheid/gesonde
leefstyl; die rol van die media in sport/sportspelers se lewens, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.7 PRENTJIE: BOOMPIE IN GLOEILAMP EN SONPANELE
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Voorbeelde: elektrisiteit; beurtkrag; nuwe maniere om krag
op te wek; groen energie; die impak van tegnologie op die natuur, ens.
• Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: die natuur ly onder die mens se strewe na
vooruitgang/gevorderde tegnologie; mens vs. natuur; die natuur is besig om te
versmoor en is vasgevang/gaan aanhou versmoor; korrupsie en die impak daarvan,
ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
1.8 PRENTJIE: KUNSMATIGE INTELLIGENSIE
• Die kandidaat kan enige tipe opstel aanbied.
• Letterlike interpretasie: Voorbeelde: robotte wat verskillende take in en om die huis
verrig, ens. Die kandidaat kan op net een van/meer as een van/al die robotte fokus.
• Figuurlike interpretasie: Voorbeelde: kunsmatige intelligensie; robotte vervang
mense; robotte doen mense se werk; mense word al luier/gemakliker; mense
verloor hulle werk/waarde in die lewe; die negatiewe gevolge van tegnologie; die
voordele wat dit wel vir mense mag inhou, bv. vir bejaardes wat nie self meer dinge
kan doen nie, ens.
• Assesseer die opstel sonder vooroordeel vanuit die kandidaat se oogpunt en
volgens sy/haar interpretasie. [50]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS
2.1 INFORMELE BRIEF
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar maat om sy/haar opinie
oor 'n brugjaar/gapjaar te gee.
KENMERKE
• Die informele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om die kandidaat se opinie
oor 'n brugjaar/gapjaar aan die maat te gee.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit.
• 'n Gepaste groet.
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Toegewing: 'n Reël mag tussen die datum en aanhef oopgelaat word of
nie.
• Die datum word voluit geskryf: 29 November 2024.
• Let op die verskillende wyses waarop die adres geskryf kan word.
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Aanhef: "Beste" of "Liewe" word gebruik; dit word teen die linkerkantlyn
geskryf.
• Groete/Liefdegroete kry 'n punt aan die einde.
• Daar word nie 'n reël tussen byvoorbeeld Jou maat/vriend/vriendin en die
naam oopgelaat nie.
• Die omskrywing, bv. Jou maat/vriend/vriendin voor die briefskrywer se
naam is opsioneel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen elke paragraaf oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, byvoorbeeld dat
die briefskrywer vir die maat wil vertel wat hy/sy van 'n brugjaar/gapjaar
dink.
• Die liggaam van die brief brei uit op die rede vir die brief. Die briefskrywer
vertel in detail wat hy/sy van 'n brugjaar/gapjaar dink.
• Die slotparagraaf moet die brief saamvat en treffend wees.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adres geskryf kan word.
Voorbeelde van die briefskrywer se adres:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Pleknaam Kode Kode Kode
Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling
van TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam
en 'n soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat,
Arcadia Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017, bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is informeel en gemaklik.
• Die toon is vriendelik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.2 FORMELE BRIEF (VERSOEKBRIEF)
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n formele brief aan die hoof van Hoërskool Blinkklip
waarin die kandidaat die hoof vra of daar matriekleerders is wat
laerskoolleerders na skool by die naskoolsentrum kan help.
KENMERKE
• Die formele brief het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is formeel met bepaalde skryfkonvensies.
• Die opskrif gee 'n aanduiding van die doel.
• Die doel van die brief moet duidelik wees, nl. om vir hulp by die
naskoolsentrum te vra.
• Die inhoud moet in paragrawe aangebied word.
• Die brief behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die brief moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit:
o Waar die sentrum geleë is
o Die doel van die sentrum
o Vereistes waaraan die matriekleerders moet voldoen, bv.
karaktereienskappe, sin vir verantwoordelikheid, ens.
o Die verantwoordelikhede van die matriekleerders
o Die tye wanneer die hulp benodig word
o Volledige kontakbesonderhede
FORMAAT
Die formaat van die brief moet korrek wees.
Leestekens
• Geen leestekens word in die adres, aanhef of slot gebruik nie.
Die adres en datum
• Die adres van die briefskrywer moet regs boaan in blokvorm geskryf word.
• Daar word nie 'n reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
• Die datum word voluit geskryf: 29 November 2024.
• Die adres van die ontvanger word links, teen die kantlyn in blokvorm
geskryf.
• 'n Reël word tussen die adres van die briefskrywer en die ontvanger
oopgelaat.
• 'n Reël word tussen die adres van die ontvanger en die aanhef van die
brief oopgelaat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
Die aanhef, doel, afsluiting en slot
• Die aanhef word teen die linkerkantlyn geskryf en is formeel.
• Die doel van die brief word in hoofletters geskryf OF dit kan in kleinletters
geskryf en onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat.
• Geen leestekens word na "Die uwe" gebruik nie.
• Die brief word deur die persoon wat die brief skryf, onderteken. Die
briefskrywer kan ook sy/haar noemnaam en van gee.
• Die briefskrywer se voorletters en van kan onder die handtekening
uitgeskryf word.
Die paragrawe
• 'n Reël word tussen paragrawe oopgelaat.
• Die inleidingsparagraaf stel die rede vir die brief duidelik, nl. dat die
briefskrywer hulp by 'n naskoolsentrum benodig.
• Die liggaam van die brief brei uit deurdat die kandidaat die nodige detail
verskaf om die versoek te ondersteun.
• Die slotparagraaf moet die inhoud saamvat en treffend wees. Die
briefskrywer kan die hoop uitspreek om spoedig van die hoof te hoor.
Let op die verskillende wyses hieronder waarop die adresse geskryf kan word.
Voorbeelde van hoe die adresse geskryf word:
Kerkstraat 1 Posbus 88 Huis 342 Plot 588
Uitbreiding/Voorstad Pleknaam Pleknaam Pleknaam
Kode Kode Kode Kode
Rusthof Sewende laan 10/Sewende Laan 10/Sewendelaan 10
Pleknaam Westdene
Kode Kode
Let op die volgende: Kerkstraat is altyd een woord omdat dit 'n samestelling van
TWEE soortname is. Arcadia Straat is 'n samestelling tussen 'n eienaam en 'n
soortnaam en daarom kan dit soos volg geskryf word: Arcadiastraat, Arcadia
Straat, Arcadia-straat, Arcadia-Straat. (AWS, 2017 bl. 173)
Geen Engels, behalwe amptelike Engelse name, bv. Mandela Square, word
aanvaar nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die taal en styl van die brief is formeel, bv. die skoolhoof word as ''u''
aangespreek. Aanvaar ook ''jy/jou''.
• Die toon is hoopvol op 'n manier wat die skrywer se versoek ondersteun.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die skryfstuk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
2.3 HULDEBLYK
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n huldeblyk vir die maat se ouma se gedenkdiens.
KENMERKE
• Die huldeblyk het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is formeel en waarderend.
• Die doel van die huldeblyk moet duidelik wees, nl. om hulde te bring aan
die ouma by wie die maat grootgeword het.
• Die huldeblyk moet in die verlede tyd geskryf word en die
vertroosting/bemoediging in die teenwoordige of toekomende tyd.
• Die mense wat die gedenkdiens bywoon, moet 'n geheelbeeld van die
maat se ouma kry.
• Die huldeblyk behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die huldeblyk moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word gegee.
• Gepaste detail brei die idees uit:
o Bekendstelling van die maat se ouma
o Oorsig oor die ouma se lewe
o Enkele staaltjies uit die tyd toe hy/sy die ouma geken het
o Waardering vir die ouma se liefde en ondersteuning aan die maat en
sy/haar vriende
o Die familie moet bemoedig word.
• Kultuurkontekste moet in ag geneem word. In hierdie geval kan dit
aanvaar word as 'n kandidaat praat van 'n ouma/hulle ouma i.p.v.
pertinent 'n vriend se ouma.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Opskrif
Die huldeblyk moet 'n opskrif hê en dit mag 'n subopskrif insluit.
• Inleidende paragraaf
Die inleidende sin is baie belangrik. Die huldeblyk word met die groet
ingelei en die aanwesiges se aandag word vasgevang. Die spreker gee
die rede vir die samekoms.
• Paragraaf 2
Die volgende besonderhede van die maat se ouma kan gegee word: naam
en van en oorsig oor haar lewe.
• Paragraaf 3 en verder
Die huldeblyk sluit verskillende hoogtepunte in wat persoonlike gebeure en
staaltjies van die ouma se lewe bevat. Dit word in verskillende
daaropvolgende paragrawe bespreek. Elke paragraaf handel (verkieslik)
oor 'n nuwe feit/gedagte. Die spreker bemoedig hier of in die slotparagraaf
die ouma se familie.
• Slotparagraaf
In die slot kan die spreker waardering uitspreek vir die ouma se liefde en
ondersteuning oor die jare. Die spreker moet hier of in een van die ander
paragrawe die ouma se familie bemoedig.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is informeel, vriendelik, waarderend, liefdevol, vertroostend,
bemoedigend en taktvol.
• Die taal en styl van die huldeblyk stem met die toon ooreen.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat die huldeblyk vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek. [30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.4 DIALOOG
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n dialoog tussen hom/haar en een van sy/haar vriende
oor die vriend/vriendin se verbreekte verhouding en hoe die kandidaat
probeer help.
KENMERKE
• Die dialoog het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die dialoog is om oor die verbreekte verhouding te gesels en
hulp aan te bied.
• Elke spreekbeurt dra by tot die doel van die dialoog.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die dialoog behoort 120–150 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die dialoog moet die fokus ondersteun.
• 'n Verskeidenheid volwasse en intelligente idees word duidelik uiteengesit.
• Gepaste detail dra by tot die ontwikkeling van die gesprek:
o Hoekom die verhouding verbreek is
o Hoe die vriend/vriendin daaroor voel
o Die kandidaat se opinie oor die saak
o Hoe die kandidaat probeer om te help
• Kultuurverskille moet te alle tye in ag geneem word.
FORMAAT
• Die name van die sprekers word netjies onder mekaar geskryf, teenaan
die linkerkantlyn.
• Die kandidaat se naam kan met "Ek" vervang word.
• Daar kom 'n dubbelpunt na elke naam.
• Geen aanhalingstekens word gebruik nie.
• Laat 'n reël na elke spreekbeurt oop.
• Spreekbeurte is in blokvorm.
• Die kandidaat behoort 'n konteks te skep voordat die dialoog geskryf word.
• Ekstra inligting word tussen hakies en direk voor die spreker se woorde
geskryf, waar dit toepaslik is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon getuig van eerlikheid, simpatie en openhartigheid.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse getuig van goeie woordeskat en dit pas by die toon en
register wat hierdie dialoog vereis.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die
teks.
o Vermy slordige taal, sleng en sms-taal. [30]
ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose onderwerp van
die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING B: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS
VRAAG 3
3.1 PLAKKAAT
FOKUS
Die kandidaat ontwerp 'n plakkaat om die dag waarop die skool se 100ste
verjaarsdag gevier word, bekend te stel.
KENMERKE
• Die plakkaat het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek moet
wees.
• Die aanslag is informatief, uitnodigend en oorredend.
• Die doel van hierdie plakkaat is om mense in te lig oor die verjaarsdag wat
gaan plaasvind en hulle te oorreed om die dag by te woon.
• Daar is 'n definitiewe teikenmark, nl. mense wat graag die 100ste
bestaansjaar van die skool wil vier.
• Die nodige inligting word in die plakkaat gegee.
• Die krag van 'n plakkaat lê in sy eenvoud.
• Die leser moet die plakkaat maklik verstaan.
• Hierdie plakkaat berus op die sogenaamde ABBA-beginsel:
o Dit moet die leser se aandag trek deur verskillende lettertipes en
lettergroottes.
o Die leser se belangstelling moet gewek word deur middel van
interessante inhoud en uitleg.
o Hierdie plakkaat moet 'n begeerte by die leser wek om die dag by te
woon.
o As die plakkaat in sy doel slaag, sal die leser tot aksie oorgaan en die
dag bywoon. Die plakkaat moet hierdie aksie vergemaklik deur
volledige inligting soos bv. kontaknommers, ens. te verskaf.
• Die plakkaat behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die plakkaat moet die fokus ondersteun.
• Die volgende inligting behoort in die plakkaat gegee te word:
o Wie is die teikengroep?
o Wat word gevier?
o Wanneer is die verjaarsdagviering?
o Wat gaan alles op die dag gebeur?
o Hoekom is dit belangrik om die funksie by te woon?
o Kontakbesonderhede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Die plakkaat moet die indruk van 'n advertensie skep.
• Verskillende lettertipes (fonts) word gebruik.
• Verskillende lettergroottes word gebruik.
• Die belangrikste inligting trek dadelik die leser se aandag.
• Geen omslagtige paragrawe nie.
• Inligting kan puntsgewys gegee word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is informatief, uitnodigend en oorredend en spreek die leser direk
aan.
• Die taal en styl is informeel en gemaklik.
• Die woordkeuse, styl en register is slim en oorredend van aard en getuig
van goeie woordeskat.
• Die grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinsbou is funksioneel.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling van woorde is korrek.
o Funksionele gebruik van leestekens verhoog die waarde van die teks. [20]
3.2 KORT TEKSBOODSKAP (WhatsApp)
FOKUS
Die kandidaat skryf 'n kort teksboodskap aan die maat waarin die kandidaat
verduidelik waarom hy/sy die maat nie na skool ontmoet het om saam huis
toe te stap nie.
KENMERKE
• Die kort teksboodskap het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel.
• Die doel van die kort teksboodskap moet duidelik wees, nl. om te
verduidelik waarom hy/sy nie die maat na skool ontmoet het nie.
• Die kort teksboodskap behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die kort teksboodskap moet die fokus ondersteun.
• Die inhoud is persoonlik van aard.
• 'n Verskeidenheid interessante idees word gegee. Die kandidaat se
verduideliking moet duidelik wees.
• Gevoelens en gedagtes word beskryf.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Dit is beleefd om eers te groet voordat jy die boodskap skryf.
• Die uiteensetting mag in paragraafvorm wees.
• Die tyd wanneer die boodskap gestuur is, word in die laaste reël of
onderaan in die regterkantste hoek geskryf.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is persoonlik.
• Die styl is informeel.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om sy/haar gedagtes
en emosies met min woorde te beskryf.
• Beskrywende woorde word fyn gekies.
• Die persoon skryf in die teenwoordige/toekomende tyd.
• Grammatika:
o Sinne word korrek gebou.
o Taalstrukture en -konvensies word korrek aangebied.
o Spelling is korrek.
o Vermy sms-taal en afkortings. [20]
3.3 INSTRUKSIES
FOKUS
Die kandidaat skryf die ma se instruksies oor wat die kandidaat Saterdag
alles binne of buite die huis moet doen.
KENMERKE
• Hierdie instruksies het 'n bepaalde formaat wat herkenbaar en korrek
moet wees.
• Die aanslag is informeel en informatief.
• Die doel van hierdie instruksies is om opdragte te gee oor dinge wat binne
of buite die huis gedoen moet word.
• Die instruksies se doel is om te sê wat gedoen moet word.
• Die instruksies moet maklik verstaanbaar uiteengesit word.
• In hierdie instruksies kan tipiese bevelsinne gegee word. Dit kan met
stelsinne afgewissel word.
• Die instruksies behoort 80–100 woorde te hê.
INHOUD, INSLUITEND IDEES EN DETAIL
• Die inhoud van die instruksies moet die fokus ondersteun.
• 'n Reeks verskillende idees word gegee.
• Hierdie teks leen hom nie tot uitbreiding van idees met onnodige detail nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 19 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
FORMAAT
• Die instruksies kan genommer word, met kolpunte aangedui word of slegs
as sinne geskryf word. LET WEL: Deel van die opdrag by hierdie vraag is
dat kandidate die instruksies puntsgewys, onder mekaar en in volsinne
moet neerskryf.
• Die instruksies moet in volsinne aangebied word.
TAAL EN STYL, INSLUITEND TOON EN REGISTER
• Die toon is verduidelikend/informatief.
• Die aanspreekvorm, taal en styl is informeel en gemaklik.
• Instruksies word in die teenwoordige tyd geskryf.
• Die woordkeuse getuig van die kandidaat se vermoë om met die gebruik
van min woorde inligting te gee. Omdat daar nie te veel detail gegee kan
word nie, moet die kandidaat hier bewys lewer dat hy/sy met gepaste
bywoorde/byvoeglike naamwoorde kan werk.
• Grammatika en spelling geniet aandag:
o Sinne begin gewoonlik met 'n werkwoord (bevelsin) of ''Jy moet ...'' of
''Onthou om ...''
o Persoonlike voornaamwoorde word in plaas van eiename gebruik.
o Lydende vorm mag gebruik word.
o Spelling moet korrek wees.
o Taalstrukture en -konvensies moet korrek wees. [20]
ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE
Die vrae is sό geformuleer dat 'n persoonlike inkleding van die gekose
onderwerp van die kandidaat verwag word.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 20 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
LET WEL:
• Gebruik altyd dié rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
• Punte van 0–50 is in VYF vaardigheidsvlakke verdeel.
• Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vaardigheidsvlakke in 'n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
• Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD EN 28–30 22–24 16–18 10–12 4–6
BEPLANNING -Respons is -Respons baie goed; -Respons bevredigend -Wisselvallige -Respons heeltemal
uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid -Idees redelik samehang in respons irrelevant
Respons en idees en bo verwagting -Idees heeltemal samehangend en -Idees onduidelik, nie -Idees deurmekaar en
Organisering van idees -Idees is intelligent, relevant, baie oortuigend oorspronklik nie nie op onderwerp
vir beplanning volwasse en interessant en lewer -Redelike organisasie -Min bewys van gefokus nie
Hoë vlak
Bewustheid van doel, stem leser tot bewys van en redelik organisasie en -Vaag en herhalend
gehoor en konteks nadenke volwassenheid samehangend, samehang -Geen organisasie nie
-Uitsonderlike -Organisasie baie insluitend inleiding, en is onsamehangend
30 PUNTE organisasie en goed en liggaam en
samehang, insluitend samehangend, samevatting/slot
inleiding, liggaam en insluitend inleiding,
samevatting/slot liggaam en
samevatting/slot
25–27 19–21 13–15 7–9 0–3
-Respons uitmuntend, -Respons goed; getuig -Respons -Respons is grootliks -Geen poging
maar uitsonderlik van vaardigheid bevredigend, maar irrelevant. aangewend om in
treffende eienskappe -Idees relevant, verval soms in -Idees begin los staan ooreenstemming met
van 'n opstel ontbreek interessant onduidelikheid en kan verwarrend onderwerp te wees nie
Lae vlak
-Idees intelligent en -Organisasie goed en -Idees redelik wees -Heeltemal irrelevant en
volwasse samehangend, samehangend en -Skaars 'n bewys van ontoepaslik
-Knap organisasie en insluitend inleiding, oortuigend organisasie en -Deurmekaar en geen
samehang, insluitend liggaam en -'n Mate van samehang fokus nie
inleiding, liggaam en samevatting/slot organisasie en
samevatting/slot samehang, insluitend
inleiding, liggaam en
samevatting/slot
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 21 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
TAAL, STYL EN 14–15 11–12 8–9 5–6 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, styl, register -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat gepas en woordeskat minder woordeskat nie gepas
Toon, register, styl en gepas vir doel, gepas vir doel, vir doel, gehoor en gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en
woordeskat is geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks en konteks konteks nie
Hoë vlak
doel/effek en konteks -Taalgebruik getuig -Taalgebruik effektief -Gepaste taalgebruik -Taalgebruik baie -Taal onverstaanbaar
Woordkeuse van vertroue, -Grammatika en om betekenis oor te basies -Woordeskat so beperk
Taalgebruik en indrukwekkend spelling grootliks dra -Woordkeuse skaars dat dit onmoontlik is om
konvensies, punktuasie, -Grammatika en foutvry -Retoriese middele toepaslik sin te maak
grammatika en spelling spelling feitlik foutvry -Baie goed gedoen gebruik om betekenis -Baie beperkte
-Knap gedaan te versterk woordeskat
15 PUNTE
13 10 7 4
-Toon, register, styl -Toon gepas en -Toon oor die -Taalgebruik
en woordeskat is effektief algemeen gepas en onvoldoende
effektief -Taalgebruik toepaslik beperkte gebruik van -Weinig indien enige
Lae vlak
-Taalgebruik en oor die algemeen retoriese middele sinsverskeidenheid
uitstekend effektief -Voldoende -Woordeskat baie
-Grammatika en -Enkele foute in taalgebruik, maar beperk
spelling feitlik foutvry grammatika en teenstrydighede word
-Baie goed tot knap spelling opgemerk
gedaan -Goed gedoen
STRUKTUUR 5 4 3 2 0–1
-Uitstekende -Logiese ontwikkeling -Relevante detail -Sommige detail -Noodsaaklike detail
Kenmerke van teks ontwikkeling van van relevante detail ontwikkel relevant ontbreek
Paragraafontwikkeling onderwerp -Samehangend -Sinne en paragrawe -Sommige sinne en -Sinne en paragrawe
en sinskonstruksie -Uitsonderlike detail -Sinne en paragrawe goed gekonstrueer paragrawe foutief foutief gekonstrueer
-Sinne en paragrawe logies en toon -Opstel maak nog sin gekonstrueer -Opstel maak nie meer
5 PUNTE uitsonderlik variasie -Opstel maak nog sin nie
gekonstrueer effens sin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 22 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 15–18 11–14 8–10 5–7 0–4
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer goeie en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die soort
verwagting kennis van kenmerke kennis van kenmerke van kenmerke van die teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en van die soort teks van die soort teks soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees vir volwasse -Behou fokus – geen -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
beplanning, doel, gehoor, -Grondige kennis van afwyking nie gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
kenmerke, konvensies kenmerke van die -Samehang in inhoud afwykings afwykings en inhoud nie
en konteks soort teks en idees; baie goed -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
-Skryfwerk behou uitgebrei met detail in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
18 PUNTE fokus wat die onderwerp -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
-Samehang in inhoud ondersteun ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees -Gepaste formaat met onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik onbeduidende foute -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute begaan
formaat
TAAL, STYL EN 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie en woordeskat is en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, geskik vir doel, minder geskik vir ooreen met doel, gehoor en
woordeskat geskik vir doel gehoor en konteks gehoor en konteks gehoor en konteks doel, gehoor en konteks nie
en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en konvensies, akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
woordkeuse, punktuasie en gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
spelling -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
12 PUNTE -Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 23 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]
Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende
INHOUD, 10–12 8–9 6–7 4–5 0–3
BEPLANNING EN -Respons -Respons baie goed -Respons voldoende -Basiese respons -Respons toon geen kennis
FORMAAT uitsonderlik, bo en demonstreer en toon voldoende toon geringe kennis van kenmerke van die
verwagting goeie kennis van kennis van kenmerke van kenmerke van soort teks nie
Respons en idees -Idees intelligent en kenmerke van die van die soort teks die soort teks -Betekenis onduidelik met
Organisering van idees volwasse soort teks -Nie heeltemal -Aanduiding van groot afwyking
vir beplanning, doel, -Grondige kennis van -Behou fokus – geen gefokus nie – enkele fokus, maar met -Geen samehang in idees
gehoor, kenmerke, kenmerke van die afwyking nie afwykings afwykings en inhoud nie
konvensies soort teks -Samehang in inhoud -Redelike samehang -Inhoud en idees nie -Baie min detail ondersteun
en konteks -Skryfwerk behou en idees; baie goed in inhoud en idees altyd samehangend die onderwerp
fokus uitgebrei met detail -Sommige detail nie -Nodige reëls van formaat
12 PUNTE -Samehang in inhoud wat die onderwerp ondersteun die -Min detail nie toegepas nie
en idees ondersteun onderwerp ondersteun die
-Idees behoorlik -Gepaste formaat -Formaat oorwegend onderwerp
uitgebrei met detail met onbeduidende gepas, maar met -Nodige reëls van
wat die onderwerp foute. enkele foute formaat vaagweg
ondersteun toegepas
-Gepaste en akkurate -Kritiese foute
formaat begaan
TAAL, STYL EN 7–8 5–6 4 3 0–2
REDIGERING -Toon, register, styl -Toon, register, styl -Toon, register, styl en -Toon, register, styl -Toon, register, styl en
en woordeskat hoogs en woordeskat baie woordeskat is geskik en woordeskat woordeskat stem nie
Toon, register, styl en geskik vir doel, geskik vir doel, vir doel, gehoor en minder geskik vir ooreen met doel, gehoor
woordeskat geskik vir gehoor en konteks gehoor en konteks konteks doel, gehoor en en konteks nie
doel en konteks -Grammatika -Grammatika oor die -Enkele konteks -Besaai met foute en
Taalgebruik en akkuraat en goed algemeen korrek en grammatikafoute -Grammatika verwarrend
konvensies, gekonstrueer goed gekonstrueer -Voldoende onakkuraat met etlike -Woordeskat nie geskik vir
woordkeuse, punktuasie -Feitlik foutloos -Baie goeie woordeskat foute doel nie
en spelling woordeskat -Foute belemmer nie -Basiese woordeskat -Betekenis ernstig
-Oorwegend foutloos betekenis nie -Betekenis belemmer belemmer
8 PUNTE
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2024 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2021 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2017 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC Supplementary 2016 Memo
More from Grade 12 Afrikaans FAL

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%202024%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670/v1-2b1cbcc2c4220d1b6e79/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP

Question paper