Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 70
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 44 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
%20QP_hlayiso.com_--f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc/v1-0e377079145295aa7336/card.webp)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)





Afrikaans FAL Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper
Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the November 2024 NSC, 44 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 44 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 44
- File size
- 913.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 44
This exam
November NSC 2024
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1Letterkunde (Literature / Set Works)34 marks
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)39 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)42 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)34 marks
- Question 6Letterkunde (Literature / Set Works)35 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van
die vrae oor die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en
kies die vrae wat jy wil beantwoord.
2. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
AFDELING D: Gedigte (35)
3. Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.
4. Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.
5. Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
8. Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings. Nov
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.
VRAAGNOMMER PUNTE BLADSYNOMMER
1. Kringe in 'n Bos 35 5
2. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom 35 9
3. Meeulanders 35 13
4. Lien se Lankstaanskoene 35 17
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.
5. Poppie – Die Drama 35 21
6. Paljas 35 26
7. Fiela se kind – Die Drama 35 32
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 "Opdrag" 18 37
EN
8.2 "Kringloop" 17 39
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 "Die dans van die reën" 18 41
EN
9.2 "Eksamenlokaal" 17 43
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
AFDELING VRAAGNOMMERS GETAL VRAE DUI AAN
BEANTWOORD ()
A: Roman 1–4 1
B: Drama 5–7 1
C: Kortverhale 8 1 (2 kortverhale)
D: Gedigte 9 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS A
"Leen my die geweer."
"Jy kan dit nie loop doen nie!"
"Jy mors my tyd, Maska!"
"Moenie dit van my vra nie, baas Saul. Toe almal in hierdie bos jou wou stenig, het
ek vir jou gepleit." 5
"Dankie. Net jammer dit het nie gehelp nie," sê hy spottend. "Ek dink as hulle kon,
sou hulle Freek vra om mý ook sommer te skiet."
"Dis nie nou tyd vir daardie klas praatjies nie! Draai om en loop klim op die skip – jy's
te lank al nie meer een van onse mense nie, baas Saul."
"As jy nie vir my die geweer gee nie, sal ek een op die dorp loop kry. Maar Terblans 10
sal Oupoot nie skiet nie, dit sê ek jou nou vir die laaste keer."
"Jy was van altyd af eiewys en annerster."
"Nes julle."
"Wat?"
"Toe maar. Gaan jy vir my die geweer leen, of moet ek teruggaan dorp toe om een te 15
kry?"
"As ek vir jou die geweer gee," sê ou Maska radeloos, "sal jy my dan belowe lat jy by
Gert Oog sal loop probeer om 'n paar koeëls te kry?"
"Dit sal nie nodig wees nie!" keer Saul ongeduldig. "Watter kant toe is hy? Oupoot?"
Die ou man haak eers die koeëlsak en kruitbus tydsaam van die draadhaak af. 20
"Hulle sê hy skuil Homtini se kant toe," sê hy amper onhoorbaar.
1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) neer.
Die bosmense het Saul 'n (1.1.1) ... genoem. Daarom het Saul besluit om
die dorp, (1.1.2) ..., finaal te verlaat. Hy was alreeds op die skip toe Maska
hom kom vertel het dat Freek Terblans vir Oupoot gaan skiet. Oupoot het
die skuld vir (1.1.3) ... se dood gekry. Aangesien daar nog (1.1.4) ... dae
voor Vrydag was en die skip nie voor die Maandag sou vertrek nie, het
Saul besluit om self vir Oupoot te gaan skiet. (4)
1.2 Lees reël 2.
Waarom wou Maska nie hê dat Saul vir Oupoot moes skiet nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 " – jy's te lank al nie meer een van onse mense nie, baas Saul." (Reël 8 en 9)
1.3.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde van Maska is (sarkasties/ironies). (1)
1.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1. (1)
1.4 Waarom kan ons sê dat dit tot Saul se voordeel was dat hy die Bos goed
geken het? (1)
1.5 Saul het in die Bos gebly tot hy 14 jaar oud was. Nadat hy MacDonald se
diens verlaat het, het hy op Knysna gebly.
Hoe het sy lewe in die Bos verskil van sy lewe in Knysna as ons dink aan die
rol wat geld gespeel het? (2)
1.6 Daar was baie konflik tussen Saul en die ander karakters.
Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(1.6.1 tot 1.6.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.6.1 Joram Barnard A ... het nie verstaan waarom Saul nie
wou geld maak uit die Bos nie.
1.6.2 MacDonald
B ... het direk vir Saul gesê dat hy
1.6.3 Kate verkeerd optree teenoor die ander
mense in die Bos.
1.6.4 Die gouddelwers
C ... het nie verstaan dat Saul anders
dink en doen as die Bosmense nie.
D ... het nie verstaan waarom Saul
Engels wou leer nie.
E ... het die Bosmense bedrieg en
beledig.
(4 x 1) (4)
1.7 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.7) neer.
In die roman is die Pictor vir Saul 'n simbool van ...
A mag.
B status.
C rykdom.
D vryheid. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8) neer.
Maska se woorde en optrede in hierdie uittreksel wys dat hy ... voel.
A kwaad
B geïrriteerd
C bekommerd
D teleurgesteld (1)
1.9 Waarom was dit verkeerd van Saul om so met Maska te praat? (1)
1.10 Lees weer die hele uittreksel.
Hoe kry die skrywer dit reg om vir die leser te wys dat Saul nou genoeg
gehad het van die Bos? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS B
... Omdraai en op die Pictor gaan klim of die res van jou lewe jou lyf tussen Oupoot
en Jozef hou? Nee, dis meer as Oupoot. Veel meer. Dis vir die res van jou lewe veg
om die bloubokkie se gal uit sy kop te kry.
Die dink het hom deurmekaar! Êrens loop Oupoot om voor te kom en weg te kom.
Goed beteken om hom te laat loop. Kwaad om hom te skiet. Só eenvoudig. Só 5
verskriklik ingewikkeld. Want jy's dik geëet aan die pluksels van kwaad, jy sleep jou
voete daarin, jy versmoor daarvan ...
Hy hoor Maska bokant hom teen die helling in die skemer deur die onderbos aankom
en staan op.
"Hulle weet jy's hier." Die ou man kom staan gedaan voor hom. "Jy moet omdraai, 10
hulle wou nie lat Sanna die kos gee nie."
Goed, kwaad, goed, kwaad.
"Ek het myself deurmekaar gedink terwyl jy weg was, Maska," erken hy. "Dit voel vir
my ek kan nie meer onderskei tussen reg en verkeerd nie. Ek dink nie ek gee meer om
nie." 15
"Ek het Hans Oukas bo by Groot Eiland gekry. Hy't sononderkant uit die Bos gekom
en hy sê Oupoot is Meulbos se kant toe, hy het hom by Kleindraai gekry."
"Hulle kan hulle kos hou."
"Jy moet omdraai, baas Saul."
"Hoekom?" 20
"Omlat ek bang geword het," erken Maska gelate.
1.11 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die roman gebeur:
Saul het vir Patterson Bos toe geneem.
Saul het in MacDonald se skuur gaan bly.
Kate het die hoekerf namens Saul gekoop.
Saul het op Swellendam geleer hoe om meubels te maak. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.12 " ... die res van jou lewe jou lyf tussen Oupoot en Jozef hou?" (Reël 1 en 2)
Verduidelik die figuurlike betekenis van Saul se gedagtes. (1)
1.13 Wat het met Saul gebeur nadat hy die bloubokkie se kop oopgekap het? (1)
1.14 Saul ervaar baie innerlike konflik oor Oupoot.
1.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs
die vraagnommer (1.14.1) en die antwoord neer.
Nadat Saul dae lank vir Oupoot agtervolg het om hom te skiet, was
hy (seker/onseker) of hy moet voortgaan met sy plan. (1)
1.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.14.1. (1)
1.15 "Want jy's dik geëet aan die pluksels van kwaad ..." (Reël 6)
1.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
''pluksels van kwaad'' is 'n (vergelyking/metafoor). (1)
1.15.2 Wat beteken dit binne die konteks van die roman? (1)
1.16 "... hy sê Oupoot is Meulbos se kant toe ..." (Reël 17)
Oupoot is Meulbos toe omdat hy daar wou wegkruip.
Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.17 "Hulle kan hulle kos hou." (Reël 18)
1.17.1 Noem EEN van die karakters na wie ʺhulleʺ verwys. (1)
1.17.2 Wat bedoel Saul hiermee binne die konteks van die teks? (1)
1.18 Waarom kan Kate vir jou 'n goeie rolmodel wees van iemand wat probeer om
altyd die regte ding te doen? (1)
1.19 Saul se soektog na Oupoot is een van die hoofmomente in hierdie roman.
1.19.1 Watter positiewe gevolg het Saul se soektog tot in Meulbos op sy
toekomsplanne gehad? (1)
1.19.2 Watter les oor familie leer jy by Saul? (1)
1.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
aan Kate dink? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
Marita van der Vyver
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS C
En toe wieg daardie proefbuisperd my sommer aan die slaap gisteraand. In die middel
van die nag word ek wakker met 'n vel papier wat aan my wang vassit en 'n pen wat
my een neusgat versper. Ek was seker moeër as wat ek besef het.
Die skool het gister gesluit vir die wintervakansie. En elke keer as ek aan my ma se
plan vir die volgende drie weke dink, besef ek weer dat ek nie haar dogter kan wees 5
nie. Nie rêrig nie. Iemand het 'n fout gemaak in die kraaminrigting, ek is omgeruil met 'n
ander baba, ek het aan die verkeerde bors begin suig. Mana sê alle kinders wonder
soms of so iets nie dalk met hulle gebeur het nie. Ek wonder lankal nie meer nie. Ek is
seker ek is die verlore dogter van 'n tandarts.
Die reën raas teen die ruit langs my bed. Ek het nog altyd van ons nat Kaapse 10
winters gehou, gedog dis 'n heerlike verskoning om heeldag te lê en lees, maar van ek
saam met my nuwe gesin in hierdie nuwe huis woon, laat die reën my vasgekeer voel.
Te veel mense, te veel diere, te veel rumoerigheid om my. 'n Skrywer het stilte nodig!
2.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(2.1.1 tot 2.1.4) neer.
Hanna dink haar ma is vreemd, want sy dra (2.1.1) ... in haar hare. Hanna bly
saam met haar gesin in 'n nuwe huis aan die gatkant van (2.1.2) ... Hanna
skryf stories waarin Fabienne haar (2.1.3) ... is. (2.1.4) ... is haar stiefpa. Sy
hou baie van hom. (4)
2.2 ''En toe wieg daardie proefbuisperd my sommer aan die slaap gisteraand.''
(Reël 1)
2.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
''proefbuisperd'' is 'n (vergelyking/metafoor). (1)
2.2.2 Wat beteken dit binne die konteks van die teks? (1)
2.3 ''En elke keer as ek aan my ma se plan vir die volgende drie weke dink, besef
ek weer dat ek nie haar dogter kan wees nie.'' (Reëls 4 tot 6)
2.3.1 Na watter plan van Mana verwys Hanna hier? (1)
2.3.2 Waarom dink Hanna dat dit 'n simpel plan is? (1)
2.4 Waarom is dit verkeerd van Hanna om so negatief oor Mana se plan te wees? (1)
2.5 '' ... laat die reën my vasgekeer voel.'' (Reël 12)
Verduidelik die figuurlike betekenis van ''vasgekeer voel''. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.6 Waarom wou Hanna so graag die dogter van 'n tandarts wees? (1)
2.7 Dink aan die hele uittreksel.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7) neer.
Hanna se gedagtes wys dat sy ... is.
A hartseer
B tevrede
C geïrriteerd
D opgewonde (1)
2.8 Hoe slaag die skrywer daarin om Hanna se ontevredenheid met Mana aan
die leser oor te dra? (1)
2.9 Hanna is in konflik met haar omgewing en ander karakters.
Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(2.9.1 tot 2.9.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
2.9.1 Mana A ... het nie Hanna se privaatheid
gerespekteer nie.
2.9.2 Yann
B ... het Hanna as 'n teleurstelling
2.9.3 Tibo gesien.
2.9 4 Die Heks van Endor C ... het aggressief teenoor Hanna
opgetree.
D ... het besluite namens Hanna
geneem.
E ... het nie veel van Hanna se
skryftalent gedink nie.
(4 x 1) (4)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS D
... My wange het 'n gesonde blos gekry, my oë het groter geword, my lippe voller. Jy
sou sweer 'n goeie fee het 'n toorstaffie oor my geswaai.
''Nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek,'' beveel Margot, ''dan wag jy in die kamer
tot ons jou roep vir ete. En dan maak jy 'n dramatiese verskyning.''
En sy gooi haar arms oop en lig haar ken om te wys hoe ek veronderstel is om te 5
verskyn.
''Ag nee, ek dink nie dit sal nodig wees nie,'' protesteer ek.
''Trust me,'' sê sy. ''Ek is 'n aktrise. Ek wéét van dramatiese verskyning.''
''Maar ek is nie 'n aktrise nie. Ek sal soos 'n gek voel.''
''Gavin sal mal wees daaroor,'' sê Sharon. ''Doen dit vir hom, toe?'' 10
Met die gevolg dat ek die volgende twee uur in my kamer deurbring. So
senuweeagtig soos 'n aktrise wat wag dat die gordyn lig. En toe Margot my roep,
begewe my moed my heeltemal en ek loop sleepvoet en kop onderstebo by die kamer
uit.
''Lig jou ken, poplap!'' beveel Margot soos 'n sirkusbaas wat 'n hond deur 'n hoepel 15
wil laat spring. ''Wys ons wat jy het!''
Wat het ek nou eintlik? Ek kyk sugtend op – en Yann bars uit van die lag. Maar my
pa snak melodramaties na sy asem.
''Jy's gemáák vir swart!'' roep hy uit.
2.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die roman gebeur:
Mana en Beyers het gehoor dat Margot ook sou kom kuier.
Hanna het die sussie gekry wat sy so graag wou hê.
Gavin het vol modder by die huis op die berg opgedaag.
Sharon se pa het haar na Hanna-hulle toe gebring. (4)
2.11 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (2.11) neer.
Die swart trui waarvan Margot in reël 3 praat, word vir Hanna die simbool van
Gavin se ...
A eie klerestyl.
B aanvaarding van haar as mens.
C keuse om Mana se raad oor Hanna te volg.
D hoop dat Hanna in die modewêreld sal werk. (1)
2.12 ''Doen dit vir hom, toe?'' (Reël 10)
2.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde van Sharon is (ironies/kritiserend) as 'n mens aan
Hanna en Gavin se verhouding tot nou toe dink. (1)
2.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.12.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.13 ''Wat het ek nou eintlik?'' (Reël 17)
2.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die vraag wat Hanna hier vra, verwys na haar innerlike konflik oor
haar (voorkoms/skryftalent). (1)
2.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.13.1. (1)
2.14 Ná die vakansie op die berg moes Margot dadelik teruggaan Hollywood toe.
Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
2.15 Wat het Gavin en die kinders gedoen nadat die helikopter weg is? (1)
2.16 Hoe het Hanna se gesin se interaksie by die huis in Kaapstad verskil van
hulle interaksie by die huis op Botterberg? (2)
2.17 Waarom is Sharon 'n goeie rolmodel vir jou tydens die kuier op die berg? (1)
2.18 Waarom was dit goed vir Hanna om Margot te leer ken? (1)
2.19 Een van die hoofmomente in hierdie roman is Hanna se vyftiende verjaardag.
2.19.1 Watter positiewe gevolg het dit vir Yann en Tibo gehad? (1)
2.19.2 Watter les oor die keuse van geskenke het jy by Beyers in hierdie
situasie geleer? (1)
2.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
aan Hanna se nuwe opinie oor haar familie dink? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS E
... Ek kan nie terugdraai nie. Ek kan nie terugdraai nie. Dit was te erg, te swaar om
tot hier te kom. Om Janka by Ryna te los ... om te sien hoe sy op Ryna se matjie sit en
speel met 'n plastiekteesiffie en 'n bekertjie ... om Ryna se niksvermoedende gesig te
sien. Goddank vir Ryna.
Die jettietrap sak. Dis twee minute voor twaalf. En dan hoor sy die veraf gebrom van 5
'n boot se enjin. Hy's op pad. Hy't woord gehou. Die boot kom nader en nader en maal
die water deurmekaar in strepe wit skuim. Sy kyk vir oulaas om: Attie en Jannerik is
besig om haastig van die dak af te klim. Hulle roep haar met swaaiende arms. Die
twaalfuurson skyn verblindend wit op die geboue. 'n Meeu duik neer en gryp 'n
duikerkuiken uit 'n onbewaakte nes. Dit word 'n prentjie, soos 'n foto, 'n laaste foto, wat 10
in haar brein vasvries. Sy klim die trappie af.
Wanneer die gemaal van die water tot bedaring kom, is Meeuland in beroering.
"Het jy iets geweet?" staan Jacob magteloos voor Ryna.
"Sy was hier ... ek het gedog sy gaan 'n ent stap. Sy't Janka hier gelos ..."
Hy glo haar nie en kry haar ru aan die arm beet: "Het sy met jou gepraat?" 15
"Nee. Nie onlangs nie."
3.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) neer.
Elsabet se lewe op Meeuland was goed en sleg; daarom pas haar CB-naam,
(3.1.1) ... goed by haar. Sy het Meeuland verlaat om in die hotel op
(3.1.2) ... te gaan bly. Die boot wat haar kom haal het, was 'n ander boot as
Die (3.1.3) ..., wat die mense gewoonlik land toe gevat het. Ryna sou mooi na
Janka kyk, veral omdat haar eie seun, (3.1.4) ... dood is. (4)
3.2 Waarom het Ryna Meeuland toe gekom? (1)
3.3 Wat het later in die roman, voor Kersfees, met Janka gebeur toe daar weer 'n
vreemde boot by die jettie was? (1)
3.4 Waarom is dit verkeerd van Elsabet om Meeuland op so 'n manier te verlaat? (1)
3.5 " 'n Meeu duik neer en gryp 'n duikerkuiken uit 'n onbewaakte nes."
(Reël 9 en 10)
3.5.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie prentjie wat Elsabet raaksien, dui op (stereotipering/ironie). (1)
3.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.5.1. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.6 " 'n laaste foto, wat in haar brein vasvries." (Reël 10 en 11)
3.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
" 'n laaste foto" is 'n voorbeeld van ('n metafoor/personifikasie). (1)
3.6.2 Wat beteken dit binne die konteks van die teks? (1)
3.7 "Hy glo haar nie en kry haar ru aan die arm beet." (Reël 15)
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.7) neer.
Jacob se reaksie teenoor Ryna was ..., want sy het ook nie geweet wat
aangaan nie.
A onregverdig
B aanvaarbaar
C manipulerend
D bevooroordeeld (1)
3.8 Hoe het Elsabet se verhoudings met die Blanckenbergs verskil van haar
verhoudings met die mense op Meeuland? (2)
3.9 Die karakters in hierdie roman het almal uiterlike konflik ervaar.
Kies die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (3.9.1 tot 3.9.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
3.9.1 Jacob A ... het op Elsabet geskree omdat sy
Sheila se portret verwyder het.
3.9.2 Bernard
B ... het Fred afgepers om die
3.9.3 Hermanus seegraskonsessie te kry.
3.9.4 Skalla C ... het met Fred baklei omdat hy
sonder 'n permit op die eiland was.
D ... het Matthys oor die rooi koekies
gekonfronteer.
E ... het Elsabet aangespreek omdat
sy te veel gedrink het.
(4 x 1) (4)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS F
..."... My werk is klaar, ant Ousanna. Maar nee, ek wil nie regtig graag gaan nie. Hier
is bande hier, ant Ousanna."
"Dit weet ek."
Ryna kyk na die blinde oë en wens meteens dat die oë haar kan sien. Daar volg 'n
intense stilte. Ousanna se bors dein op en af. Sy steek haar hand soekend uit. Ryna 5
neem dit. Die vingers voel warm, sweterig.
Het Jannerik jou vertel wat van Kinnie se kind geword het, ant Ousanna? Wat weet
jy van die nag toe ons 'n ingryp op die pad van die noodlot gemaak het? Ek en Jacob
en Jannerik? Of glo jy maar deur al die jare dat dit Kinnie se kind is wat begrawe is?
Sy voel hoe die oë deur haar boor en stuur die gesprek weg. 10
"Hoekom is Doreen by die skool weg, ant Ousanna?"
"Sy gaan deur 'n moeilike tyd. Sy voer die stryd van 'n vrou wat verskriklik liefhet."
Die oë dwaal deur die venster tot buite, oor die rivier. "Ek wonder soms of daar 'n
groter stryd op aarde is. As die stryd van die liefde."
"Ek dink nie daar is nie, ant Ousanna." 15
"Jy moet haar help."
"Hoe kan ek haar help, ant Ousanna?"
"Jy moet jou ore vir haar gee. Sy't iemand nodig."
"Ek sal, ant Ousanna."
3.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die roman gebeur:
Ryna en Jannerik het 'n wildevy geplant.
Ryna het vir Jacob van haar verlede vertel.
Ryna en Janka het saam in Ousanna se huis gaan bly.
Ryna het vir Fred vertel dat Janka sy kind is. (4)
3.11 ʺWat weet jy van die nag toe ons 'n ingryp op die pad van die noodlot gemaak
het?ʺ (Reël 7 en 8)
3.11.1 Van watter ʺingrypʺ praat Ryna hier? (1)
3.11.2 Waarom was dit nodig om dit te doen? (1)
3.12 Waarom was die ʺingrypʺ goed vir Jannerik? (1)
3.13 Hoe kry die skrywer dit reg om te wys dat daar 'n band tussen Ousanna en
Ryna is? (1)
3.14 Doreen het bedank omdat sy 'n ander werk gekry het.
Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.15 Ryna het innerlike konflik oor haar verlede in die Kaap gehad.
3.15.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Ryna se innerlike konflik oor (die rede waarom professor Van
Keulen haar Meeuland toe gestuur het/wie vir haar man en kind se
dood verantwoordelik was), is uiteindelik opgelos. (1)
3.15.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.15.1. (1)
3.16 "Jy moet jou ore vir haar gee." (Reël 18)
Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde? (1)
3.17 Daar word deur die roman na Ousanna se oë verwys.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.17) neer.
Ousanna se blinde oë is simbolies van die feit dat sy ...
A nie meer mooi kon sien nie.
B ander mense bang gemaak het.
C kon aanvoel as iets nie reg is nie.
D ander mense se hulp nodig gehad het. (1)
3.18 Waarom kan ons sê dat Jannerik in hierdie roman 'n goeie voorbeeld vir
ander mense stel? (1)
3.19 Een van die hoofmomente in hierdie roman is toe Ryna besluit het om na
Meeuland op Salamanderbaai te gaan bly.
3.19.1 Watter positiewe gevolg het hierdie besluit vir Ryna gehad? (1)
3.19.2 Watter les kan jy hieroor by Ryna leer? (1)
3.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
aan Ryna se toekoms dink? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 17 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS G
... Lien weet sy sal nie eet nie. Sy eet omtrent nooit meer iets nie.
"Nighty night!" roep haar ma.
Braam brom iets, maar Lien sê niks.
Sy dink aan Braam se skoolbroek wat nog steeds oor een van die sitkamerstoele
hang. Braam hou die broek se soom al die hele week met staples bymekaar. Daar is 5
nie 'n manier hoe haar ma die soom vanaand gaan insit nie.
Braam sak weer op die bank neer en sit die televisie harder.
Haar ma lê reeds en snork, dwarsoor die bed, sommer met klere en al. Lien sug en
soek na die naaldwerktrommeltjie onder in haar ma se ingeboude kas. Sy sit die lig af
en maak die deur toe. Haar ma sal waarskynlik môre weer nie by die werk uitkom nie. 10
Sy gaan haal die broek in die sitkamer en maak haar kamerdeur toe. Sy sit 'n CD in
haar Walkman en die oorfone op haar kop. Norah Jones.
Soos sy vermoed het, is daar nie grys gare in die amper leë trommeltjie nie en sy
moet maar 'n blouerige kleur gebruik wat sy hoop nie sal wys nie. Sy sukkel om die
gare in die naald te kry, steek haar vinger raak. 15
Lien kyk op: "Ek haat jou," sê sy vir hóm in die spieël. "Ék ... háát ... jóú," sê sy weer,
stadiger, afgemete, klem op elke woord.
4.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die roman neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(4.1.1 tot 4.1.4) neer.
Vandat die Joostes meer as 'n (4.1.1) ... (tydperk) gelede woonstel toe getrek
het, is Lien en Braam albei in Hoërskool (4.1.2) ... Lien word gedwing om die
huishouding oor te neem, maar Braam lê eerder voor die televisie. Hy kyk oor
en oor na die (4.1.3) ... oor die gesin se lewe toe hulle nog gelukkig was.
Tannie (4.1.4) ... het vir Lien werk by 'n koffiewinkel gekry, sodat sy geld kan
verdien. (4)
4.2 Waarom eet Lien se ma omtrent nooit meer iets nie? (1)
4.3 Wat het later in die roman met Lien se ma en haar werk gebeur nadat sy so
dikwels nie by die werk was nie? (1)
4.4 ''Braam brom iets, maar Lien sê niks.'' (Reël 3)
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.4) neer.
Uit hierdie woorde lei ons af dat die kinders ...
A bang was vir hulle ma.
B besig was met hulle eie dinge.
C te moeg was ná die lang dag by die skool.
D gewoond was aan hierdie optrede van hulle ma. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 18 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.5 Hoe verskil die Jooste-kinders se lewe in die woonstel van die lewe waaraan
hulle vroeër gewoond was? (2)
4.6 4.6.1 Na wie verwys ''hóm'' in reël 16? (1)
4.6.2 Wat bedoel Lien as sy sê dat sy ''hóm'' haat? (1)
4.7 Lien ervaar baie innerlike konflik oor haar ma.
4.7.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Al voel Lien opstandig teenoor haar ma, tree sy sorgsaam en
(verantwoordelik/onverantwoordelik) teenoor haar ma en Braam
op. (1)
4.7.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.7.1. (1)
4.8 Waarom kan ons sê dat Braam verkeerd optree in hierdie situasie waarin die
gesin hulle bevind? (1)
4.9 Lien moes leer om uiterlike konflik te hanteer.
Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter
in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(4.9.1 tot 4.9.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
4.9.1 Christien Jooste A ... het Lien eers as kompetisie by die
bedelplek beskou.
4.9.2 Tant Malie
B ... het vir ander kinders vertel wat in
4.9.3 Roos Lien-hulle se huis aangaan.
4.9.4 Sproet C ... het probeer om werkers uit te buit.
D ... het heeltemal die verkeerde idee
gehad van wat Lien op die straathoek
doen.
E ... het veroorsaak dat Lien meer
pligte gehad het om uit te voer.
(4 x 1) (4)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 19 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS H
... ''Ek wil so gou as ek kan iets verdien om julle te help. Oom Frank sê julle sukkel. Ek
is jammer.''
Lien sien hy bedoel dit.
''Ek sal dalk maar iets soos meubels begin maak,'' sê hy met 'n effense glimlag.
Lien kan nie help om self te glimlag nie. Haar onhandige pa wat nie eers 'n muurprop 5
kan aansit nie. Die simpel videokamera wat nooit klank gehad het nie en hy nooit kon
regkry nie en nooit sover gekom het om te laat regmaak nie.
''Ek gaan nie meer regte swot nie,'' verander sy die onderwerp.
Hy lyk teleurgesteld.
''Maar daar is mos geld vir julle studies. Niemand het aan julle studiepolisse geraak 10
nie ... En nie alle prokureurs is skelm nie!'' sê hy heftig.
''Dis nie dit nie. Ek weet nie eintlik wat ek wil doen nie. Ek wil travel, gaan kyk hoe
lyk die wêreld.''
Hy sê niks nie. Dit lyk asof hy nie kan ophou om na haar te kyk nie.
''Jy het lank geword,'' sê hy nadat hulle 'n rukkie in stilte gesit het. ''En groot. Ek 15
bedoel ... jy is nie meer my poplap nie.'' Lien druk haar hare agter haar ore in.
Die bewaarder beduie hy moet terug. Besoektyd is verby. Lien stoot verleë die
pakkie droëwors wat sy met 'n gesukkel toegelaat is om in te bring, oor die tafel.
4.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die roman gebeur:
Lien het by Miemie se huis gaan kuier.
Lien se ma het dronk by die skool opgedaag.
Lien het Hein se hulp met Tibbey se karretjie gevra.
Lien het 'n pruik en 'n brilletjie uit die rekwisietekamer geleen. (4)
4.11 ''Oom Frank sê julle sukkel. Ek is jammer.'' (Reël 1 en 2)
4.11.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde van Lien se pa is (ironies/manipulerend) as 'n
mens dink aan hoe die Jooste-gesin in hierdie situasie beland het. (1)
4.11.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.11.1. (1)
4.12 ''Niemand het aan julle studiepolisse geraak nie.'' (Reël 10 en 11)
Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde? (1)
4.13 Lien se pa is in die tronk omdat hy dronk was.
Gee 'n feit uit die roman om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 20 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.14 ''... jy is nie meer my poplap nie.'' (Reël 16)
4.14.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
''my poplap'' is (personifikasie/'n metafoor). (1)
4.14.2 Wat beteken dit binne die konteks van die teks? (1)
4.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.15) neer.
Lien het moeite gedoen om vir haar pa 'n pakkie droëwors te bring. In hierdie
situasie is die pakkie droëwors 'n simbool van ...
A die tronke wat so iets toelaat.
B Lien se behoefte om haar pa te vergewe.
C die bewaarders se begrip vir mense in die tronk.
D Lien wat genoeg geld verdien om so iets te koop. (1)
4.16 Waarom kan ons sê dat Lien se optrede teenoor haar pa tydens hierdie
besoek 'n goeie voorbeeld vir ander stel? (1)
4.17 Hoe weet ons dat Lien se besoek aan haar ma in die kliniek 'n positiewe
invloed op Lien gehad het? (1)
4.18 Hoe slaag die skrywer daarin om jou as leser te laat voel dat Lien se pa tog
ook goed was vir sy gesin? (1)
4.19 Een van die hoofmomente in hierdie roman is die skoolkonsert.
4.19.1 Watter positiewe gevolg het dit vir Lien se lewe gehad? (1)
4.19.2 Watter les oor kanse in die lewe het jy by Lien in hierdie situasie
geleer? (1)
4.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die roman aan as jy
aan Christien Jooste as karakter dink? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING A: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 21 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS I
MOSIE. En toe kom ouma Hannie van Upington om by ons te bly, en Plank is vyftien
jaar oud en gaan werk op die skuide.
PLANK. Ek is mos nou 'n man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa moet bly
nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die lot by my bly.
MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas, totdat ouma 5
Hannie siek geword en afgesterwe het . . .
Ouma Hannie sit eenkant op trommel. Poppie en Mosie na haar.
OUMA HANNIE (probeer orent kom). Daar's 'n hoë boom. 'n Boom sonder end, dit
groei op en op in die hemel in op. Die boom buig af en kom af na my, die takke van die
boom kom en sê vir my: jou tyd is nie meer ver nie. 10
POPPIE. Stil, Ouma, Ouma moet nou rus ...
OUMA HANNIE. Sing vir my. Sing "Guide me, o thy great Jehovah".
Hulle begin sing. Ouma Hannie lê terug. Lig doof uit op haar. Singend beweeg ander
af. Poppie bly agter.
POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek en 15
Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my gebring om op te
pas terwyl sy in die fabriek gewerk het.
5.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(5.1.1 tot 5.1.4) neer.
Poppie se verhaal begin in (5.1.1) ... waar sy grootgeword het. As jong dogter
het sy ook haar gunstelingboetie, (5.1.2) ..., opgepas. As gevolg van die
(5.1.3) ... moes Poppie en haar gesin Nyanga toe trek. Toe Poppie (5.1.4) ...
jaar oud was, het Ma Lena gedink dit is tyd dat sy trou. (4)
5.2 ʺMoenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa moet bly nie.ʺ (Reël 3 en 4)
5.2.1 Na wie verwys Plank as hy praat van ʺdie stiefpaʺ? (1)
5.2.2 Wat sê dit vir ons dat hulle hom ʺdie stiefpaʺ noem en nie sy naam
gebruik nie? (1)
5.3 Watter positiewe gebeurtenis het in Poppie se lewe gebeur nadat ouma
Hannie dood is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 22 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.4 ʺ... en ma Lena se kinders opgepas ...ʺ (Reël 5)
5.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die feit dat Poppie later vir Kindjie gevra het om na Vukile te kyk, is
(ironies/manipulerend). (1)
5.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.4.1. (1)
5.5 Lees weer reëls 7 tot 14.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.5) neer.
Die beelde, musiek en beligting op die verhoog word deur die skrywer gebruik
om ʹn ... atmosfeer te skep.
A rustige
B hartseer
C gejaagde
D vyandige (1)
5.6 ''Die boom buig af en kom af na my, die takke van die boom kom en sê vir
my: jou tyd is nie meer ver nie.'' (Reël 9 en 10)
5.6.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Ouma Hannie se beskrywing hier is ʹn goeie voorbeeld van
(onomatopee/personifikasie). (1)
5.6.2 Wat beteken dit binne die konteks van die teks? (1)
5.7 Hoe het ouma Hannie dit vir Poppie makliker gemaak om by haar
skoonfamilie in te pas? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 23 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.8 In hierdie drama is daar uiterlike konflik tussen karakters.
Kies die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (5.8.1 tot 5.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
5.8.1 Ouma Hannie A ... is deur die kinders verneder omdat hy
gedrink het.
5.8.2 Plank
B ... het die trek moeilik gemaak vir Poppie
5.8.3 Jakkie omdat hy by sy pa wou bly.
5.8.4 Bonsile C ... was ontevrede omdat die kinders vir
Oompie Pengi gelag het.
D ... het verkeerde besluite geneem, wat sy
familie negatief beïnvloed het.
E ... het baklei om ʹn beter lewe vir die kinders
te kry.
(4 x 1) (4)
5.9 Hoe kry die skrywer dit reg om vir ons te wys dat Poppie vir ouma Hannie
omgegee het? (1)
EN
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS J
POPPIE. Dis ou klere. Is dit omdat hy al sy geld vir ons gestuur het, en niks gehou het
om vir homself iets mee te koop nie?
MAMA. Die klere wat morgue toe is, waarin hy uitgelê is, was darem beter.
POPPIE. Tata-ka-Bonsile het vir my geskrywe dat sy maag hom nog pla, Mama. Maar
hy het nog nie platgelê nie. Hoe is dit dan dat hy afgesterwe het? 5
MAMA. Die dokter het gedink hy het ʹn ulcer in die maag, maar kon niks kry nie. En hy
vra hom toe wat hinder jou. Toe sê Stone dit hinder hom dat hy hier so alleen woon en
sy vrou en kinders is van hom af weg. Toe sê die dokter: Daarvoor is daar nie
medisyne nie.
PLANK. Toe gaat hy na ʹn igqira, ʹn herbalist, en die man het hom ʹn medisyne gegee, 10
hulle sê daarvoor ukugapa. As jy dit drink, moet jy jou maag vol water drink, dan
steek hulle ʹn veer in jou keel af en dan bring jy dit uit.
MOSIE. Die medisyne was te sterk vir hom.
PLANK. Hy het die hele nag so opgestaan en uitgeloop toilet toe, en later was hy so
swak, hy moet loop en vashou aan die muur as hy uitgaan. 15
MAMA. Ek het hom probeer help, ek het hom Oxo-sous gemaak en probeer ingee,
want ek kon sien hyʹs baie swak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 24 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur:
Poppie het in Mdantsane gaan bly.
Poppie-hulle het 'n erf in Jakkalsvlei gekry.
Poppie het by Mrs. Swanepoel begin werk.
Poppie het inslaapwerk in Constansie gekry. (4)
5.11 Hoe was Poppie se omstandighede in Mdantsane anders as haar
omstandighede in Nyanga? (2)
5.12 Poppie het by Mama uitgevind dat Stone dood is.
Gee ʹn feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
5.13 ʺPOPPIE. Dis ou klere. Is dit omdat hy al sy geld vir ons gestuur het, en niks
gehou het om vir homself iets mee te koop nie?ʺ (Reël 1 en 2)
5.13.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Poppie ervaar hier innerlike konflik omdat sy (skuldig gevoel
het/kwaad was) oor Stone se optrede. (1)
5.13.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.13.1. (1)
5.14 ʺMaar hy het nog nie platgelê nie.ʺ (Reël 4 en 5)
Wat is die figuurlike betekenis van Poppie se woorde? (1)
5.15 Waarom het Stone so siek geword? (1)
5.16 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (5.16) neer.
Stone se besoek aan die igqira is vir Stone ʹn simbool van ...
A goedkoper medisyne.
B die hoop om gesond te word.
C makliker toegang tot die dokter.
D ander mense se vertroue in die dokter. (1)
5.17 Waarom kan Mama gesien word as ʹn goeie moederfiguur in die tyd toe Stone
siek was? (1)
5.18 Ná Stone se dood het Poppie die meisies Herschel toe gestuur.
Waarom was hierdie besluit van Poppie goed vir haar dogters? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 25 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.19 Een van die hoofmomente in die drama is toe Poppie aan die einde met die
Here gepraat het.
5.19.1 Watter positiewe gevolge het dit vir Poppie gehad? (1)
5.19.2 Watter les oor die lewe het jy by Poppie geleer? (1)
5.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die drama aan waar
Nkosi sikelel' iAfrika gesing word? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 26 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
… Emma hou die skottel met lou water vas.
Klein Willem sit wydsbeen op die ander end van die stoepmuurtjie met sy rug na
hulle toe. Hy is besig met iets.
Hendrik kom op die stoep uit met 'n bottel brandewyn en twee glase.
HENDRIK: Donderdag ofte not – vandag vat ons 'n knertsie. Wat sê jy, Nollie? 5
(Hy lag.) As jy nou wou gesien het hoe lyk 'n ou wat gefoeter is, dan moes jy daardie
sirkusapie gesien het netnou.
KATRIEN: Wag, hier by jou oog is dit ook stukkend.
NOLLIE: Nee wat, dis niks, Tannie. (Hy keer.)
HENDRIK: Dis net woep-wap, toe lê hy en skop soos 'n afkophoender. 10
KATRIEN: Hou stil. Dit bloei.
Hendrik skink die bottel se doppie vol en gooi in sy glas; dieselfde in Nollie se
glas.
HENDRIK: Ja, kry hom reg. Hy moet my nog vanaand help die kar se briekskoene
aansit. (Hendrik gooi water by die dop, sommer uit die plastiekgietertjie wat op die 15
stoeptrap staan.) As die briekskoene op is en ons kry die naweek die ringe in, dan loop
die ou tjorrietjie voor Maandag.
KATRIEN: Dit hoor ons al weke lank.
HENDRIK: Wag maar.
Hendrik gee vir Nollie sy dop. 20
NOLLIE: Het jy nie seergekry nie, Emma?
Emma skud haar kop.
NOLLIE: Gelukkig.
HENDRIK: Wat ek wil weet is wat het sy oorkant die spoor geloop maak.
EMMA: Ek sê mos ek wou vir die perde kyk. 25
6.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.4) neer.
Die sirkustrein moes eintlik op (6.1.1) ... gestop het en nie op Hendrik se
stasie nie. Nadat die trein weer weg is, het Willem die nar in die veld gekry
toe hy met sy (6.1.2) ... op pad was huis toe. Willem en die nar het maats
geword. Die nar het vir Willem geleer dat dit beter is om te (6.1.3) ... as om te
huil. Nadat (6.1.4) ... die nar geskiet het, het die ander McDonalds ook die nar
leer ken. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 27 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.2 ʺ... dan moes jy daardie sirkusapie gesien het netnou.ʺ (Reël 6 en 7)
6.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
ʺdaardie sirkusapieʺ is ʹn (vergelyking/metafoor). (1)
6.2.2 Wie is hierdie ʺsirkusapieʺ? (1)
6.3 ʺ... dan loop die ou tjorrietjie voor Maandag.ʺ (Reël 16 en 17)
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.3) neer.
In hierdie drama is die ʺou tjorrietjieʺ vir Katrien die simbool van ...
A iets waarvan die hele gesin hou.
B Hendrik se stokperdjie om motors reg te maak.
C die ou goed wat Hendrik bymekaargemaak het.
D haar gesin se sukkelbestaan op die klein stasietjie. (1)
6.4 ʺDit hoor ons al weke lank.ʺ (Reël 18)
6.4.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie situasie ervaar Katrien innerlike konflik, want sy is
(tevrede/ontevrede) met dinge wat Hendrik doen. (1)
6.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.4.1. (1)
6.5 ʺHet jy nie seergekry nie, Emma?ʺ (Reël 21)
Waarom het Nollie gedink dat Emma seergekry het? (1)
6.6 Willem en Manuel het saam gekuier.
Hoe was Willem anders as hy saam met Manuel in die skuur was as wanneer
hy saam met sy gesin in die huis was? (2)
6.7 Hoe kry die skrywer dit reg om in hierdie uittreksel te wys dat Nollie welkom is
in die McDonald-huis? (1)
6.8 Waarom was dit tot Emma se voordeel dat Nollie nie moed opgegee het met
haar nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 28 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.9 In hierdie drama is daar uiterlike konflik tussen karakters.
Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter
in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(6.9.1 tot 6.9.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
6.9.1 Sambo A ... het die McDonalds oor verhoudings
laat twyfel.
6.9.2 Skoolkinders
B ... het nie seker gemaak van die feite oor
6.9.3 Frans die McDonald-gesin nie.
6.9.4 Dominee C ... het Willem eensaam laat voel.
D ... het Hendrik 'n dikdom Dirk genoem.
E ... het gereeld met Hendrik geraas omdat
hy nie vir Willem kon uitlos nie.
(4 x 1) (4)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 29 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS L
HENDRIK: Ons ... kry ons skoon. Ons – Nollie, sit op vir ons ʹn plaat. Ons was ons en
ons trek aan en – Emma, loop maak jou mooi. Ons sal iets uitdink. Ons gaan nie slaap
nie. Ons sal iets uitdink.
EMMA: ... Ek moet wat doen?
HENDRIK: Jyʹt gehoor wat ek gesê het. 5
EMMA (ontsteld): Ek moet my loop mooimaak? Om te wat? (Sy is skielik yskoud en
woedend.) Om te wat?
HENDRIK: Ons gaan net aan, Emma; ons maak of niks gebeur het nie.
EMMA: Dis al wat ons doen heeltyd. Ons maak of niks gebeur het nie.
HENDRIK: Wat, wil jy weer op ʹn hoop loop sit? 10
EMMA: Kyk hoe lyk Ma – lyk dit vir Pa of niks gebeur het nie? Kyk hoe lyk ons almal!
HENDRIK (meer verbaas as iets anders): Emma!
EMMA (nou onbeheersd kwaad): Hulle jaag ons soos melaatses van die Volstruisdans
af weg, maar ons moet maak of niks gebeur het nie.
HENDRIK: En wat doen jy? Jy hol in die veld in. 15
EMMA: Hoekom sit ons op hierdie gat-stasietjie, Pa? Ek vra – hoekom? Oor niks
gebeur het nie?
Nollie probeer tussenbeide tree.
NOLLIE: Wag nou.
Maar sy stoot hom weg en kom staan vlak voor haar pa. 20
EMMA: Ma loop bedags agter die huis en tjank as sy dink niemand sien nie. Hoekom?
KATRIEN: Emma ...
EMMA: Willem maak twee jaar lank nie sy mond oop nie. Maar almal maak of niks
gebeur het nie. Hoekom, Pa?
KATRIEN: ... Emma. 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 30 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur:
Manuel het uit die kerk gevlug.
Manuel het teruggegaan sirkus toe.
Katrien het die gate in Manuel se narrepak heelgemaak.
Die konstabels het Willem en Manuel se tekeninge in die skuur gesien. (4)
6.11 Lees weer reëls 1 tot 3.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (6.11) neer.
Hendrik se toon en woorde sê vir ons dat hy wil hê sy gesin moet nog ... voel.
A opgewonde
B onseker
C angstig
D tevrede (1)
6.12 ʺHENDRIK: Wat, wil jy weer op ʹn hoop loop sit?ʺ (Reël 10)
6.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hendrik se woorde teenoor Emma kan gesien word as
(eufemisties/ironies). (1)
6.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.12.1. (1)
6.13 ''Kyk hoe lyk ons almal!ʺ (Reël 11)
Waarna verwys Emma letterlik met hierdie woorde? (1)
6.14 Lees reël 13.
Verduidelik die figuurlike betekenis van die woorde ''soos melaatses'' binne
die konteks van hierdie uittreksel. (1)
6.15 Wat bedoel Emma as sy na die stasie verwys as ʹn ʺgat-stasietjieʺ? (Reël 16) (1)
6.16 Waarom kan Emma hier gesien word as iemand wat dinge in haar gesin beter
wil maak? (1)
6.17 Wanneer Emma en haar pa stry, doen Katrien nie veel om dit te stop nie.
Waarom was dit goed dat Katrien nie hier ingemeng het nie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 31 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.18 Dit was ouderling Bothma wat vir Hendrik gesê het dat hy alles probeer reg
raas.
Gee 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
6.19 Wat het ná die Volstruisdans tussen die McDonalds en die dorpsmense
gebeur? (1)
6.20 Een van die hoofmomente in hierdie drama is toe Manuel saam met die
sirkustrein op Hendrik se stasie aangekom het.
6.20.1 Watter positiewe gevolg het Manuel se paljas vir Willem gehad? (1)
6.20.2 Watter les oor die stereotipering van narre het Manuel vir jou
geleer? (1)
6.20.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die drama aan as jy
na die paljas in Hendrik en Katrien se verhouding kyk? (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 32 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS M
ELIAS: As ʹn man in die nag tot by die skippe kan kom en lewer wat jy het.
WILLEM terug.
WILLEM: Pa, Lukas is nie by tant Malie nie.
ELIAS: Het jy by tant Anna gevra?
WILLEM: Nee, Pa. 5
ELIAS: Nou vir wat moet ek julle alles voorsê?
WILLEM: Ja, Pa.
WILLEM af.
ELIAS: 'n Man sukkel tot sy kinders die dag groot genoeg is om te kan help, maar ek
sal nou nog lank moet sukkel. Willem is maar ses, Kristoffel is vyf, Lukas is drie en 10
Nina nog aan die tiet.
BARTA kom soos 'n gedaante deur die mis aan.
BARTA: Elias?
ELIAS: Wat is dit nou weer, vrou? Kan julle nie sien ek is besig nie?
BARTA: Was die kind nie hier by jou nie? 15
ELIAS: Ek het jou mos gesê hy was nie hier nie.
BARTA: Ek was by Sofie, hy's nie daar nie.
MALIE, TANT GERTJIE en SOFIE op.
TANT MALIE: Dit het my oorle antie agter in Karatara se bos oorgekom. Sy het gedink
die kind is saam met die ander om te gaan vuurhout kap en so kom sy dit eers die 20
middag agter dat hy wég is. Meer as 'n week later het hulle die verkluimde liggaampie
gekry. Ons is nog die dag begrafnis toe.
BARTA druk 'n vuis in haar mond en byt op haar kneukels.
ELIAS: Ek sê vir julle, die kind is nie weg nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 33 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
7.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
uit die drama neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
(7.1.1 tot 7.1.4) neer.
Lukas van Rooyen het in die Bos weggeraak. Op die (7.1.1) ... dag was hy
steeds weg. Op die plaas, (7.1.2) ..., het Fiela Komoetie 'n klein seuntjie voor
haar deur gekry. Sy het hom Benjamin genoem en as haar eie kind
grootgemaak. Jare later het die sensusmanne veroorsaak dat die magistraat,
Mister (7.1.3) ..., besluit het dat Benjamin eintlik Lukas is. Die magistraat het
so besluit omdat Benjamin wit en die Komoeties (7.1.4) ... was. (4)
7.2 ''BARTA kom soos 'n gedaante deur die mis aan.'' (Reël 12)
7.2.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
''kom soos 'n gedaante deur die mis aan.'' in reël 12 is 'n
(metafoor/vergelyking). (1)
7.2.2 Wat beteken dit binne die konteks van die uittreksel? (1)
7.3 Dit was maklik om in die Bos weg te raak, want daar was baie mis. Noem nog
EEN rede waarom iemand maklik in die Bos kon wegraak. (1)
7.4 Lees Elias se woorde in reëls 6 tot 16.
Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.4) neer.
Uit hierdie woorde lei ons af dat Elias ... was.
A bang
B kalm
C ongeduldig
D agterdogtig (1)
7.5 Waarmee moes Lukas vir Elias help nadat hy by die Van Rooyens in die Bos
gaan bly het? (1)
7.6 Benjamin het in die Lange Kloof en in die Bos grootgeword.
Hoe het sy lewe in die Lange Kloof van sy lewe in die Bos verskil as ons dink
aan skoolwerk wat hy geleer het? (2)
7.7 Lees tant Malie se woorde in reël 19 tot 22.
Waarom kan ons sê dat tant Malie se woorde in hierdie situasie onsensitief
was? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 34 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
7.8 In hierdie drama is daar uiterlike konflik tussen karakters.
Kies die oorsaak van die konflik uit KOLOM B wat by die karakter in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(7.8.1 tot 7.8.4) neer.
KOLOM A KOLOM B
7.8.1 Elias A ... het verkeerd opgetree deur ander
mense se goed sommer net te vat.
7.8.2 Barta
B ... het sonder simpatie opgetree toe
7.8.3 Nina hulle die kind van die plaas af
weggevat het.
7.8.4 Dikke en Lange
C ... het Lukas in die Bos beskerm en dit
het die ander karakters ontstel.
D ... het die magistraat aangevat oor sy
keuses.
E ... se aggressie het sy kinders van hom
weggestoot.
(4 x 1) (4)
7.9 Hoe kry die skrywer dit reg om jou te laat voel dat Elias eenkant staan en nie
regtig deel is van die situasie in die uittreksel nie? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 35 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS N
MAGISTRAAT: Die kind is by sy regte ouers. Wat hy die dag toe hy weggeraak het,
aanhad, kan geen verskil maak nie. Jy kan hom enigiets staan en aantrek en daarby
sweer met die hoop dat ek jou sal glo. Jy kan selfs vir my kom sê jy het die klere
gebêre en dit uithaal en wys en ...
FIELA: Die jaar met die kriekplaag in die Kloof is dit ongelukkig opgevreet, baas, maar 5
ek sal nie vir baas lieg nie. Ek sal op die Grootboek sweer. Ek vra baas net hierdie een
guns: laat roep die bosvrou en laat haar kom sê.
MAGISTRAAT: Dis genoeg. Jy kan besluit of jy self gaan loop en of ek die konstabel
moet roep.
FIELA: Here, baas, jy kan my nie wegjaag nie. 10
MAGISTRAAT: Konstabel!
FIELA (op band): Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) Asseblief, weledele heer, ek sal
loop, ek wou nie kom moeilikheid maak het nie. (Loop agteruit.) Ek sal loop, baas – ek
loop. Sê my dan net waar die kind is, baas. Sê my net wie die mense is by wie hy is.
MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag nog aan die 15
magistraat op Uniondale skryf om jou te laat dophou, en om stappe teen jou te neem
as jy enige moeilikheid veroorsaak.
Ligte begin uitdoof.
7.10 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte VOLGORDE
soos wat dit in die drama gebeur:
Lukas het Nina tot by Diepwalle geneem toe sy op Knysna moes gaan
werk.
Boswagter Kapp het gaan hoor hoe dit met Lukas in die Bos gaan.
Die magistraat het gesê Benjamin moes in die hof verskyn.
Benjamin is saam met die Van Rooyens Bos toe. (4)
7.11 ʺEk sal op die Grootboek sweer.ʺ (Reël 6)
7.11.1 Waarna verwys Fiela as sy van die ʺGrootboekʺ praat? (1)
7.11.2 Wat bedoel Fiela as sy sê dat sy op die Grootboek sal sweer? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 36 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
7.12 ''... laat roep die bosvrou en laat haar kom sê.'' (Reël 7)
7.12.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Hierdie woorde van Fiela dui op (ironie/sarkasme). (1)
7.12.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.12.1. (1)
7.13 ''Seil, Fiela, seil.'' (Reël 12)
Verduidelik die figuurlike betekenis van hierdie woorde wat Fiela vir haarself
sê. (1)
7.14 Fiela het nooit uitgevind waar Benjamin was nie.
Gee 'n feit uit die drama om te sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
7.15 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (7.15) neer.
In hierdie uittreksel is die magistraat 'n simbool van ...
A mense se omgee.
B mense se hulpvaardigheid.
C die onregverdige politieke situasie van die tyd.
D die mense by die hof wat te veel werk het om te doen. (1)
7.16 Fiela is 'n sterk vrou wat nie maklik stilbly en terugstaan as iets nie reg is nie.
7.16.1 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
In hierdie situasie ervaar Fiela sterk innerlike konflik, want sy is
bekommerd oor Benjamin, maar sy moet ook (gehoorsaam wees
aan die wet/doen wat sy self dink is reg.) (1)
7.16.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.16.1. (1)
7.17 Waarom kan ons sê dat Fiela in hierdie situasie 'n goeie rolmodel is? (1)
7.18 Fiela sou alles vir haar hanskind doen. Waarom kan ons sê dat Selling ook 'n
positiewe rol in Benjamin se lewe gespeel het? (1)
7.19 Een van die hoofmomente in hierdie drama was toe Lukas ná Dawid se dood
besluit het om na die Komoeties toe te gaan.
7.19.1 Watter positiewe gevolg het dit vir Lukas se lewe gehad? (1)
7.19.2 Watter les het jy by Lukas in hierdie situasie geleer? (1)
7.19.3 Hoe sluit hierdie hoofmoment by die slot van die drama aan as jy
aan Fiela dink? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 37 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 8: SPIEËLBEELDE
8.1 ''OPDRAG'' – Rike Olivier
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS O
Dus: as E se ouers nou nie ongelukkig was nie, sou E nie ''seks'' gesoek
het nie?
Kommunikasie tussen ouers en kinders oor huweliksituasie nul.
Hiermee kan sy tog 'n bietjie identifiseer. Soms is haar ma-hulle darem baie
tóé. Nie dat moeilike goed tuis nie openlik bespreek word nie, veral saans aan 5
tafel. Dis so lékker om veral met haar pa te debatteer. Hy kan so tergend
duiwel-se-advokaat speel om haar uit te lok. ''Tot dénke,'' spot hy dan as sy
heftig raak, ''nie emosie alleen nie.'' Dit gaan dikwels oor wat aangaan in die
land, of oor godsdiens, of oor wat nie hierdie maand bekostig kan word nie.
Maar daar ís 'n blinde kol: sy kan nie na haar ouers toe gaan oor Gerrie nie. 10
Sy sweer haar ma het nooit so gevoel toe sy jonk was nie. Of as sy het (?),
het sy vergeet. En nou ja, haar pa verpes pop en partytjies, hy sien haar nie
eers as 'n méisiekind nie, verstaan nie van klere en lipstick nie. En van seuns
nie.
E ervaar gebrek aan (huislike) liefde intens. Soek dit elders en kry troos 15
en warmte by kêrel, Kurt (K). E dink eintlik hy pas nie by haar nie, dis net
physical attraction (soek Afr) weens traumas tuis en bang vir alleenwees.
Hier werk iets nie, dink Sarah.
8.1.1 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) uit die kortverhaal neer te skryf. Skryf slegs die
woord(e) langs die vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer.
Sarah is die hoofkarakter in hierdie kortverhaal. Sy is (a) ... jaar
oud. Juffrou (b) ... is die onderwyser wat vir haar Afrikaans gee.
Haar opdrag is dat die leerders 'n boek moet bestudeer en dan 'n
(c) ... daaroor skryf. Sarah het die jeugroman, 'n Pot vol (d) ...,
gekies. (4)
8.1.2 ''Dus: as E se ouers nou nie ongelukkig was nie, sou E nie 'seks'
gesoek het nie?'' (Reël 1 en 2)
(a) Wie is die ''E'' van wie Sarah in reël 1 praat? (1)
(b) Waarom word die verwysings na E verder deur die verhaal
kursief geskryf? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 38 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
8.1.3 ''Soms is haar ma-hulle darem baie tóé.'' (Reël 4 en 5)
(a) Wat is die figuurlike betekenis van ''baie tóé''? (1)
(b) Wat is die gevolg van VRAAG 8.1.3(a) vir Sarah wat so baie
vrae het? (1)
8.1.4 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
''Maar daar ís 'n blinde kol: ...'' in reël 10 is 'n (eufemisme/
metafoor). (1)
8.1.5 Hoe verskil E se verhouding met Kurt van Sarah se verhouding
met Gerrie? (2)
8.1.6 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.1.6) neer.
Sarah se siening van haar ouers in reëls 11 tot 14 is simbolies
van ...
A dinge wat onderwysers op skool vir kinders leer.
B inligting wat op sosiale media versprei word.
C die gaping tussen generasies.
D hegte gesinsverhoudinge. (1)
8.1.7 Waarom is Sarah se ouers se verhouding 'n goeie voorbeeld van 'n
gesonde liefdesverhouding? (1)
8.1.8 Sarah se eie innerlike konflik het haar gehelp om 'n spesifieke
aanbeveling oor die boek te maak.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Sarah het 'n baie (objektiewe/subjektiewe) aanbeveling oor
die boek gemaak. (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.1.8(a). (1)
8.1.9 Sarah se aanbeveling oor die boek is 'n hoogtepunt in hierdie
kortverhaal.
(a) Watter positiewe gevolg het dit vir Sarah gehad? (1)
(b) Watter les kan jy uit hierdie situasie by Sarah leer? (1)
(c) Hoe sluit hierdie hoogtepunt by die slot van die kortverhaal
aan as jy aan Sarah as karakter dink? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 39 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
8.2 ''KRINGLOOP'' – Ruto Vambo
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS P
Die AAND breek aan. Helder en skoon. Perfekte lansering. Perfekte
beeldsending. Manjifieke kleurskouspel, vlamme so hoog soos die
Chrysler-gebou en die sampioenwolk sonder weerga. Maar diep in die hart
van die rooi planeet heers pandemonium. Lank, lank gelede – toe die son
begin afkoel het – het lewe op Mars se oppervlak onbestaanbaar geraak. 5
Daar was nie genoeg hitte om verdamping te veroorsaak nie, die reën het
weggebly, die vog het diep onder die kors van die planeet verdwyn. Dit het
kouer en kouer geword. Oorlewing was in die weegskaal. Oorloë om kos het
uitgebreek. Uiteindelik is alles wat die samelewing deur eeue opgebou het,
stelselmatig vernietig. Bendes het gefloreer in 'n klimaat van totale anargie. 10
Dié wat wou oorleef en dit kon bekostig, het ondergronds gegaan, letterlik.
Geleidelik is water- en energiebronne ontwikkel teen enorme onkoste. Nuwe
boerderymetodes is gevolg. 'n Hele nuwe samelewing het sy beslag gekry.
Die kennis wat hulle gehad het, was nutteloos. Die inwoners moes nuwe
planne maak, oplossings bedink. Die ondergrondse bestaan het bitter min in 15
gemeen gehad met die luukse van sonskyn en oorvloedige water wat hulle
eers geken het. Wurms en fungi het die stapelvoedsel uitgemaak. Mars het
die Donker Eeue ingegaan.
Maar geleidelik groei 'n nuwe kultuur. Grondverskuiwings en lawa
veroorsaak al groter probleme. Die wetenskaplikes beplan eindeloos ... tot die 20
BOM.
8.2.1 Skryf die volgende gebeure onder mekaar neer in die korrekte
VOLGORDE soos wat dit in die kortverhaal gebeur:
Gideon de la Mer is geteer en geveer.
Mars se mense het lewe op Aarde vernietig.
Gideon de la Mer het voorgestel dat hulle toetse op Mars moes
doen.
Lande het besluit dat hulle nooit weer kerntoetse op die Aarde
sou uitvoer nie. (4)
8.2.2 Waarom het Aarde se mense na Gideon se raad geluister? (1)
8.2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (8.2.3) neer.
'' 'n Hele nuwe samelewing het sy beslag gekry.'' (Reël 13)
'n Mens kan die mense van Mars ..., want hulle het probeer om
hulle omstandighede weer te verbeter.
A uitlag
B blameer
C kritiseer
D respekteer (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 40 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
8.2.4 Watter negatiewe effek was daar vir die mense van Mars nadat die
Bom op Mars gegooi is? Noem EEN ding. (1)
8.2.5 Die mense van Mars het nie geweet wie hulle planeet aangeval het
nie.
Gee 'n feit uit die kortverhaal om te sê waarom hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
8.2.6 Die gevolge van Aarde se aanval op Mars was eintlik ironies vir die
Aarde se voortbestaan.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Die aanval op Mars het (alles op die rooi planeet totaal
vernietig/die mense van Mars laat besef wat hulle moet doen
om Aarde te vernietig). (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.6(a). (1)
8.2.7 Die skrywer gebruik sekere tegnieke om die gevolge van geweld
en vernietiging aan die leser oor te dra.
Kies die funksie uit KOLOM B wat by die tegniek in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers
(8.2.7(a) tot 8.2.7(d)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) Titel A lei tot afwagting en verwagting
dat dinge gaan ontwikkel
(b) Kort sinne
B beklemtoon die karakters se
(c) Beskrywende woorde idees
(d) Gebruik van woorde C dramatiese effek om fokus te
soos 'En', 'Maar' en versterk
'Toe' aan die begin van
paragrawe D gee vroeg reeds die idee van
iets wat herhaal gaan word
E gee duidelike prentjies vir die
leser
(4 x 1) (4)
8.2.8 Waarom kan ons sê dat Gideon in hierdie kortverhaal
onverantwoordelik opgetree het? (1)
8.2.9 Die Donker Eeue was 'n spesifieke tydperk in die geskiedenis.
(a) Wat het in die Donker Eeue gebeur? (1)
(b) Waarom is Donker Eeue gepas in hierdie kortverhaal? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 41 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte uit die bundel wat jy bestudeer het.
VRAAG 9: VERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL
9.1 "DIE DANS VAN DIE REËN" – Eugène N Marais
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
DIE DANS VAN DIE REËN – Eugène N Marais
Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans, uit die Groot Woestyn
1 O die dans van ons Suster!
2 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3 en haar oge is skaam;
4 en sy lag saggies.
5 En van ver af wink sy met die een hand;
6 haar armbande blink en haar krale skitter;
7 saggies roep sy.
8 Sy vertel die winde van die dans
9 en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
10 Die grootwild jaag uit die vlakte,
11 hulle dam op die bulttop,
12 wyd rek hulle die neusgate
13 en hulle sluk die wind;
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16 en hulle kruip nader en sing saggies:
17 ʺOns Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!ʺ
18 En haar krale skud,
19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
21 sy trap af van die hoogte;
22 sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
23 die asem van die wind raak weg.
24 O, die dans van ons Suster!
[Uit: Versamelde gedigte, JL van Schaik, 1936]
9.1.1 Na watter spesifieke ruimte verwys "Groot Woestyn" in hierdie
gedig? (1)
9.1.2 Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
woord(e) uit die gedig neer te skryf. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommers (9.1.2(a) tot 9.1.2(d)) neer.
Hierdie gedig is ʹn (a) …, en almal is baie bly oor die reën wat kom.
Die grootwild kom op die (b) … bymekaar om vir die reën te wag.
Die kleiner diertjies is so bly oor die reën dat hulle (c) …
Uiteindelik raak die (d) … weg en die wind stop. Die reën het
gekom! (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 42 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
9.1.3 Met watter vrolike gebeurtenis word die koms van die reën in
strofe 1 vergelyk? (1)
9.1.4 Haal EEN reël uit die gedig aan wat vir ons sê dat die grootwild die
reën ruik. (1)
9.1.5 Lees reël 17.
Watter TWEE tegnieke gebruik die digter om die kleinvolk se
blydskap oor die koms van die Suster te beklemtoon? (2)
9.1.6 Daar is baie voorbeelde van personifikasie in hierdie gedig.
Gee TWEE aparte woorde uit strofe 3 wat op die Suster se
liggaamsdele fokus. (2)
9.1.7 Gee EEN rede waarom hierdie gedig ʹn vrye vers is. (1)
9.1.8 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (9.1.8) neer.
Die toon in hierdie gedig sê vir ons dat die diere ... is oor die reën.
A kwaad
B hartseer
C dankbaar
D bekommerd (1)
9.1.9 Beskryf die koms van die reën deur die volgende gebeure in die
korrekte VOLGORDE neer te skryf:
Daar is weerlig en blitse.
Die reën val hard en oor ʹn wye gebied.
Almal sien die reën van ver af oor die berg.
Die diere sien die eerste reëndruppels op die grond. (4)
9.1.10 Watter les het jy oor die belangrikheid van reën geleer? (1)
EN
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 43 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
9.2 "EKSAMENLOKAAL" – Suzaan Laing
Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
EKSAMENLOKAAL – Suzaan Laing
1 Haar skoene klik hard op die houtvloer
2 soos sy op en af stap
3 tussen die rye tjoepstil banke
4 Nou en dan kraak die blaai van ʹn blad
5 die Septembereksamenlug.
6 hande bewe met rukke oor skoon wit velle
7 los ʹn inkwarboel agter.
8 Die horlosie tel twee ure af.
9 Sy stap stadig en oes die stelle een vir een
10 Blou op wit:
11 Ryp met gistermiddag se kennis.
[Uit: Poort, Via Afrika, 1986]
9.2.1 Watter kontras kry ons in strofe 1? Verduidelik dit in jou eie woorde
sodat die kontras duidelik is. (2)
9.2.2 Haal EEN woord uit die gedig aan wat verwys na die eksamen
waarmee die kandidate besig is. (1)
9.2.3 Die vraestel in die gedig is drie uur lank.
Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
9.2.4 Lees strofe 3.
(a) Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.
Uit hierdie strofe kan ons aflei dat die kandidaat (ontspanne/
gespanne) oor die vraestel is. (1)
(b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 9.2.4(a) in jou eie
woorde. (1)
9.2.5 Lees strofe 3 en strofe 5.
(a) Wat is die geïmpliseerde betekenis van die ʺskoon wit velleʺ
in strofe 3? (1)
(b) Hoe verskil dit in strofe 5? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V2 44 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
9.2.6 ʺoes die stelle een vir eenʺ (Reël 9)
(a) Wat is die TWEE betekenisse van ʺoesʺ binne die konteks
van die gedig? (2)
(b) Watter ander woord in strofe 5 hou direk verband met ʺoesʺ? (1)
9.2.7 Kies die begrip uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(9.2.7(a) tot 9.2.7(c)) neer.
KOLOM A KOLOM B
(a) ʺDan kraak die blaai van die bladʺ A alliterasie
(b) ʺlos ʹn inkwarboel agterʺ B ʹn vergelyking
(c) ʺSy stap stadigʺ C ʹn metafoor
D onomatopee
(3 x 1) (3)
9.2.8 Die gedig begin en eindig met strofes wat uit drie versreëls
bestaan. Wat noem ons 'n strofe wat uit DRIE versreëls bestaan? (1)
9.2.9 Waarom is "Eksamenlokaal" ʹn gepaste titel vir hierdie gedig? (1)
9.2.10 Waarom kan jy met die inhoud van die gedig identifiseer? (1)
[35]
TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP
%202021%20QP_hlayiso.com_--46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129/v1-1cd846040556a2ffac6b/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Question Paper
%20QP_hlayiso.com_--f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc/v1-0e377079145295aa7336/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 GP Prelim 2023 Question Paper
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30/v1-8965279848f0c6864b7c/card.webp)
Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper
More from Grade 12 Afrikaans FAL
%20June%202025%20Possible%20Answers--548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360/v1-8afba796e6c931b94fa2/card.webp)
Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape June 2023 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2023 QP

Memorandum